Skip to content

Physical Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 12201324 pages

Grade 12 Physical Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2013

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *PHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende vier gegewensbladsye en een antwoordblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou volle NAAM en VAN (en/of Eksamennommer indien nodig) in die betrokke spasies op die ANTWOORDBLAD en ANTWOORDEBOEK. 2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: 25 punte. AFDELING B: 125 punte. 4. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD en AFDELING B in die ANTWOORDEBOEK. 5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 6. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word. 7. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Gegewensbladsye en ʼn Periodieketabel is vir jou gebruik aangeheg. 9. Waar motiverings, besprekings, ens. gevra word, wees kort.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 3 AFDELING A Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegde ANTWOORDBLAD. VRAAG 1: EENWOORDITEMS Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.1–1.5) op die ANTWOORDBLAD. 1.1 Alle organiese verbindings wat slegs koolstof en waterstof atome bevat (1) 1.2 ʼn Stof wat veroorsaak dat ewewig vinniger gevestig word maar geen effek op die ewewigskonsentrasies het nie (1) 1.3 ʼn Chemiese reaksie waarin ʼn elektronoordrag plaasvind (1) 1.4 Addisie van broom (Br2) tot ʼn alkeen (1) 1.5 Batterye wat nie herlaai kan word nie (1) [5] VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) op die ANTWOORDBLAD. 2.1 Beskou die organiese verbinding wat volg. H H H C C H H Cℓ H H C C C H H H H C H H Die IUPAC-naam van hierdie verbinding is ... A 2-chloor-1-etiel-1-metielpropaan. B 2-chloor-3-metielpentaan. C 4-chloor-3-metielpentaan. D 2-chloor-3-etiel-3-metielpropaan. (2)
Downloaded from hlayiso.com 4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) 2.2 Identifiseer die verbinding wat aan dieselfde homoloëreeks as C2H6 behoort. A C4H8 B C3H6 C C2H4 D C3H8 (2) 2.3 Watter EEN van die volgende verbindings sal die laagste kookpunt het? A propanol B propanoësuur C propeen D propaan (2) 2.4 Identifiseer die stelling wat KORREK is. A Buteen is ʼn goeie voorbeeld van ʼn versadigde koolwaterstof. B Propeen kan hidrogenasie ondergaan om propyn te vorm. C Eteen kan reageer met broom tydens ʼn addisiereaksie. D Buteen kan nie ʼn vertakte isomeer het nie. (2) 2.5 ʼn Mengsel van H2 (g) en I2 (g) word in ʼn gasspuit verseël. Die mengsel word toegelaat om ewewig te bereik teen ʼn konstante temperatuur volgens die vergelyking: H2(g) + I2(g) ⇌ 2HI(g) Wat sal met die konsentrasie en opbrengs van HI gebeur as die suier ingedruk word terwyl die temperatuur dieselfde bly? [HI] Opbrengs van HI A Verhoog Verlaag B Verlaag Bly dieselfde C Verlaag Verhoog D Verhoog Bly dieselfde (2) 2.6 Die ewewigskonstante vir die reaksie: 2NO2 (g) ⇌ N2O4 (g) + energie is afhangend van die … A massa NO2 wat aanvanklik gebruik word. B druk op die gasmengsel. C temperatuur waarteen ewewig bereik word. D katalisator wat gebruik word. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 5 2.7 Vir ʼn sekere reaksie, is Kc = 0,001. Dit beteken dat by ewewig, … A die reaksie ʼn lae konsentrasie produkte het. B gaan die reaksie teen ʼn stadige tempo voort. C die reaksie ʼn hoë konsentrasie produkte het. D die pH van die oplossing onder 7 is. (2) 2.8 Watter van die volgende standaard elektrochemiese selle sal die hoogste emk het? A 2I- │ I2 ║ Ag+ │ Ag B Mg │ Mg2+ ║ Mn2+ │ Mn C Cr │ Cr2+ ║ Cu2+ │ Cu D Pb │ Pb2+ ║ Hg2+ │ Hg (2) 2.9 Die anode in ʼn sinkkoolstofsel (battery), is die anode… A die koolstofstaaf. B die buitenste sinkhouer. C die mengsel van koolstof en mangaanpasta. D Geeneen van die bogenoemde. (2) 2.10 In watter EEN van die volgende industriële prosesse word stikstofoksied (NO) by een of ander stadium gevorm? A die Haber-proses. B die Ostwald-proses. C die kontak-proses. D Fraksionele distillasie van lug. (2) [20] TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com 6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) AFDELING B INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. 2. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 3. Laat ʼn lyn oop tussen twee onderafdelings, byvoorbeeld, tussen VRAE 3.1 en 3.2. 4. Die formules en vervangings moet in ALLE berekeninge getoon word. 5. Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af. VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Beskou die tabel onderaan en beantwoord dan die vrae wat volg. Verkorte Homoloë Naam van Struktuur van struktuurformule reeks voorbeeld funksionele groep van voorbeeld alkaan A C C CH3CH2CH2CH3 alkeen 3-metiel-2-penteen C C B O C propanoësuur D C O H E etanaal F CH3CHO 3.1 Gee die naam en molekulêreformule vir die voorbeeld by A. (1 + 1) (2) 3.2 Gee die verkorte struktuurformule vir B en D. (2 + 2) (4) 3.3 Noem die homoloëreeks by C en E. (1 + 1) (2) 3.4 Teken die funksionele groep wat by F moet verskyn. (1) 3.5 Definieer die term isomeer. (2) 3.6 Verwys na D in die tabel. 3.6.1 Teken die struktuurformule vir ʼn isomeer van hierdie verbinding. (2) 3.6.2 Gee die IUPAC-naam vir die isomeer wat by VRAAG 3.6.1 geteken is. (2) 3.6.3 Noem die homoloëreeks waaraan hierdie isomeer behoort. (1) [16]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 7 VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 4.1 ʼn Alkeen, opgelos in ʼn nie-polêre solvent met ʼn Pt-katalisator, reageer met waterstofgas om propaan te vorm. 4.1.1 Noem die alkeen wat in hierdie reaksie deelneem. (1) 4.1.2 Gebruik struktuurformules om die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie aan te toon. (3) 4.1.3 Watter soort chemiese reaksie vind hier plaas? (2) 4.1.4 Identifiseer die verbinding in die reaksie wat ʼn voorbeeld van ʼn versadigde koolwaterstof is. (1) 4.1.5 Gee die algemene formule vir die alkene. (2) 4.2 Esters is bekend vir hul aangename reuke en kan berei word deur gebruik te maak van ʼn karboksielsuur as een van die reaktanse. ʼn Ester met ses koolstofatome word berei deur gebruik te maak van die apparaat onderaan. Butanoësuur is een van die reaktanse. 4.2.1 Noem die ander reaktant nodig vir die bogenoemde ester om gevorm te word. (1) 4.2.2 Gee die molekulêreformule van die katalisator wat nodig is vir hierdie reaksie. (1) 4.2.3 Gee die naam EN struktuurformule vir die ester wat gevorm word tydens hierdie bereiding. (2 + 2) (4) [15]
Downloaded from hlayiso.com 8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Metielmetanoaat en etanoësuur is twee organiese verbindings met verskillende eienskappe, tog het hulle dieselfde molekulêreformule, C2H4O2. 5.1 Watter EEN van die bogenoemde verbindings sal die hoër kookpunt het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3) 5.2 Identifiseer die verbinding wat die hoër dampdruk sal het. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3) 5.3 Watter EEN van etanoësuur of butanoësuur sal ʼn hoër dampdruk het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3) [9] VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 6.1 Die reaksie tussen magnesiumlint en soutsuur word gebruik in ʼn eksperiment deur leerders om die faktore wat die tempo van ʼn chemiese reaksie beïnvloed te ondersoek. Die reaksie wat plaasvind is: Mg (s) + 2 HCℓ (aq) → MgCℓ2 (aq) + H2 (g) (∆H < 0) Die diagram onderaan toon die basiese opstelling vir hierdie ondersoek. 6.1.1 Gee die byskrif vir enige EEN van die apparaat A, B of C. (1) 6.1.2 Noem EEN apparaat wat nie in die diagram verskyn nie wat belangrik is vir hierdie ondersoek. (1) 6.1.3 In TWEE stappe, beskryf die prosedure wat die leerders moet volg om die tempo van die reaksie te meet. (4) 6.1.4 Op watter manier sal die tempo waarteen H2-gas gevorm word, beïnvloed word as hitte by apparaat A gevoeg word? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE as jou antwoord. (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 9 6.1.5 Gebruik die botsingsteorie en verduidelik hoe jy tot die gevolgtrekking in VRAAG 6.1.4 gekom het. (2) 6.1.6 In terme van energie, watter soort reaksie is hierdie? Verduidelik jou antwoord. (3) 6.1.7 Teken ʼn sketsgrafiek om die energieveranderinge, waarna verwys word in VRAAG 6.1.6, aan te dui. (2) 6.1.8 Aanvaar dat die leerders magnesiumpoeier (met dieselfde massa as die magnesiumlint) in plaas van die magnesiumlint gebruik. Sal die tempo van die reaksie TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY? (1) 6.1.9 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 6.1.8 deur na die botsingsteorie te verwys. (2) 6.2 In een eksperiment (A), gebruik die leerders 50 cm3 HCℓ met ʼn bekende konsentrasie en in ʼn ander, eksperiment (B), gebruik hulle 25 cm3 van dieselfde HCℓ verdun tot 50 cm3 met gedistilleerde water. Die grafiek wat volg verteenwoordig die resultate wat verkry is: 6.2.1 Stel ʼn ondersoekvraag vir hierdie ondersoek. (2) 6.2.2 Watter volume gas was tydens die eerste twee minute by Eksperiment B gevorm? (1) 6.2.3 Hoeveel tyd (in minute) het verloop voordat Eksperiment A voltooiing bereik het? (1) 6.2.4 Watter eksperiment (Eksperiment A of Eksperiment B) het teen die vinniger tempo plaasgevind? Verwys na die grafiek en gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 6.2.5 Watter gevolgtrekking kan vanaf die resultate verkry word? (2) [25]
Downloaded from hlayiso.com 10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Tydens die tweede stap in ʼn belangrike industriële proses, reageer swaweldioksied met suurstof in die teenwoordigheid van ʼn katalisator, vanadium(V)oksied, om swaweltrioksied te vorm volgens die chemiese vergelyking wat volg. 2 SO2 (g) + O2 (g) ⇌ 2 SO3 (g) ∆H = −193 kJ 7.1 Skryf neer die gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie wat plaasvind tydens die eerste stap van hierdie proses. (2) 7.2 Die temperatuur van die reaksiehouer word verhoog. 7.2.1 Sal die voorwaartse of terugwaartse reaksie bevoordeel word? (2) 7.2.2 Gebruik Le Chatelier se beginsel om jou antwoord in VRAAG 7.2.1 te verduidelik. (2) 7.3 Sekere veranderinge, wat onderaan benoem word, word aan die ewewigsisteem aangebring. Gebruik slegs die woorde NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE as jou antwoord om aan te dui watter effek die verandering sal het op die hoeveelheid SO2 by ewewig. 7.3.1 Die druk op die mengsel was vergroot deur die volume te verklein. (1) 7.3.2 Addisionele O2 was in die houer ingespuit teen konstante volume. (1) 7.3.3 Meer vanadium(V)oksied was bygevoeg. (1) 7.4 Aanvaar dat 0,3 mol SO2 gas en 0,15 mol O2 gas in ʼn stewige houer met ʼn volume van 2 dm3 verseël word. Die reaksie vind plaas teen ʼn sekere temperatuur en by ewewig word gevind dat 0,10 mol SO2 nog teenwoordig is in die houer. Bereken die ewewigskonstante vir die reaksie teen hierdie temperatuur. (8) [17]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 8.1 ʼn Galvaniese sel (voltaïese sel) wat ʼn onbekende metaal elektrode (X) bevat, word in die diagram onderaan verteenwoordig. Die aanvanklike lesing op die voltmeter is 0,93 V. Aanvaar dat die sel onder standaard toestande werk. 8.1.1 Noem die TWEE standaard toestande waaronder hierdie sel werk. (2) 8.1.2 Identifiseer metaal X deur die standaard reduksiepotensiaal van die onbekende metaal te bereken. (5) 8.1.3 Gee die selnotasie vir hierdie sel. (3) 8.1.4 Identifiseer die oksideermiddel by hierdie sel. (1) 8.1.5 Skryf die half-reaksie wat by die anode plaasvind. (2) 8.1.6 In watter rigting, vanaf halfsel X na die Pb halfsel of vanaf die Pb halfsel na halfsel X, beweeg katione in die soutbrug om elektriese neutraliteit te handhaaf? Verduidelik hoe jy by jou antwoord uitgekom het. (4) 8.2 Elektrolise is ʼn belangrike industriële proses en word gebruik om aluminium uit sy mineraalerts, bauxiet, deur die Hall-Heroult-proses, te ekstraheer. Na yster, is aluminium die metaal wat die tweede-meeste gebruik word. Die hoofkoste wat gepaard gaan met aluminiumproduksie lê by die elektriese energie wat gebruik word. ʼn Aluminium-smelter maak gebruik van groot hoeveelhede elektrisiteit. 8.2.1 Watter soort energie verandering vind by die produksie van aluminium plaas? (2) 8.2.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van aluminium teenoor die gebruik van yster. (2) 8.2.3 Omgewingsbewaringskenners argumenteer dat die produksie van aluminium ʼn groot bydraer is tot die kweekhuiseffek en aardverwarming. Op watter manier dra die produksie van aluminium by tot die kweekhuiseffek en/of aardverwarming? (2) [23]
Downloaded from hlayiso.com 12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 9.1 Beskou die diagram van ʼn membraansel en beantwoord dan die vrae wat volg. 9.1.1 Watter elektrode (A of B) is die anode? (1) 9.1.2 Noem die gas wat by die anode gevorm word. (1) 9.1.3 Noem EEN risiko wat gepaard gaan met die gas wat gevorm word in VRAAG 9.1.2. (2) 9.1.4 Skryf die half-reaksie wat by die anode plaasvind. (2) 9.1.5 NOEM die ione wat toegelaat word om deur die selektiewe ioon- uitruilingsmembraan te beweeg. (1) 9.2 Ammoniumnitraat en ammoniumsulfaat is twee belangrike stikstofbevattende anorganiese bemestingstowwe. Beide ammoniumsoute word berei met behulp van PRODUK A, wat ʼn produk van die Haberproses is. Ammoniumsulfaat word gevorm wanneer PRODUK A reageer met PRODUCT B, wat ʼn produk van die kontakproses is. Ammoniumnitraat word berei wanneer PRODUK A en PRODUK C, wat ʼn produk van die Ostwaldproses is, met mekaar reageer. 9.2.1 Identifiseer PRODUK A. (1) 9.2.2 Wys deur middel van ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking hoe ammoniumsulfaat OF ammoniumnitraat gevorm word. (3) 9.2.3 Hoekom word na hierdie bemestingstowwe as anorganies verwys? (1) 9.2.4 Gee EEN rede waarom stikstof so ʼn belangrike primêre voedingstof vir plante is. (2)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 13 9.3 Sinkkoolstof en alkali batterye (selle) is relatief goedkoop, tog nuttige batterye. Hulle is basies dieselfde behalwe vir die feit dat die elektroliet in die sinkkoolstof battery ammoniumchloried is terwyl dit by die alkali battery kaliumhidroksied is. Die netto chemiese vergelyking vir die reaksie by EEN van die twee selle is: Zn(s) + 2MnO2(s) + 2NH4+(aq) ⟶ Mn2O3+(s)+ H2O + Zn2+(aq) + 2NH3(aq) 9.3.1 Identifiseer die tipe sel (sinkkoolstof OF alkali) waar die bostaande netto reaksie sal plaasvind. (2) 9.3.2 Watter van hierdie twee batterye lewer die hoër stroom vir ʼn langer tydperk? (1) 9.3.3 Noem EEN toebehoor wat hierdie tipe battery gebruik. (1) 9.3.4 Noem EEN nadeel van hierdie soort batterye. (2) [20] TOTAAL AFDELING B: 125 GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE Standard pressure p 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume teen STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES or Eθcell = Eθcathode - Eθanode / Eθsel = Eθkatode - Eθanode q = I ∆t Eθcell = Eθreduction - Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie - Eθoksidasie W = Vq Eθcell = Eθoxidising agent - Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel - Eθreduseermiddel
Downloaded from hlayiso.com
15 Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) KEY/ SLEUTEL Atoomgetal 1 Atomic number 2 2,1 H He 1 29 4 3 4 Elektronegatiwiteit Simbool 5 6 7 8 9 10 1,0 Li 1,5 Be Electronegativity 1,9 Cu Symbol 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 63,5 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Approximate relative atomic mass 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 16 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE θ Half-reactions/Halfreaksies E (V) F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87 Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81 +  H2O2 + 2H +2e ⇌ 2H2O +1,77  MnO 4 + 8H+ + 5e 2+ ⇌ Mn + 4H2O + 1,51   Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 2 Cr2O 7 + 14H+ + 6e 3+ ⇌ 2Cr + 7H2O + 1,33 +  O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23 +  2+ MnO2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H2O + 1,23 Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07   ⇌ + NO 3 + 4H + 3e NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë  Hg 2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80   ⇌ + NO 3 + 2H + e NO2(g) + H2O + 0,80 3+  2+ Fe +e ⇌ Fe + 0,77 +  O2(g) + 2H + 2e ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45   2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34 2 SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 2+  + Cu +e ⇌ Cu + 0,16 Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 +  2H + 2e ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e ⇌ Fe  0,06 Pb2+ + 2e ⇌ Pb  0,13  Sn 2+ + 2e ⇌ Sn  0,14 Ni2+ + 2e ⇌ Ni  0,27 Co2+ + 2e ⇌ Co  0,28 Cd2+ + 2e ⇌ Cd  0,40  Cr 3+ +e ⇌ Cr 2+  0,41 Fe2+ + 2e ⇌ Fe  0,44 Cr3+ + 3e ⇌ Cr  0,74 Zn2+ + 2e ⇌ Zn  0,76   2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Cr2+ + 2e ⇌ Cr  0,91 Mn2+ + 2e ⇌ Mn  1,18 Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ  1,66  Mg 2+ + 2e ⇌ Mg  2,36 Na+ + e ⇌ Na  2,71 Ca2+ + 2e ⇌ Ca  2,87  2+ Sr + 2e ⇌ Sr  2,89 Ba2+ + 2e ⇌ Ba  2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92 K+ + e ⇌ K  2,93  + Li + e ⇌ Li  3,05
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 17 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2013) TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies E θ (V) Li + e  3,05 + ⇌ Li K + e  2,93 + ⇌ K Cs + e  2,92 + ⇌ Cs Ba + 2e  2,90 2+ ⇌ Ba Sr + 2e  2,89 2+ ⇌ Sr   2,87 2+ Ca + 2e ⇌ Ca Na + e  2,71 + ⇌ Na Mg + 2e  2,36 2+ ⇌ Mg Aℓ + 3e  1,66 3+ ⇌ Aℓ Mn + 2e  1,18 2+ ⇌ Mn Cr + 2e  0,91 2+ ⇌ Cr Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë 2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë   0,76 2+ Zn + 2e ⇌ Zn Cr + 3e  0,74 3+ ⇌ Cr Fe + 2e  0,44 2+ ⇌ Fe Cr + e  0,41 3+ 2+ ⇌ Cr Cd + 2e  0,40 2+ ⇌ Cd Co + 2e  0,28 2+ ⇌ Co   0,27 2+ Ni + 2e ⇌ Ni Sn + 2e  0,14 2+ ⇌ Sn Pb + 2e  0,13 2+ ⇌ Pb Fe + 3e  0,06 3+ ⇌ Fe 2H + 2e + ⇌ H2(g) 0,00 +  S + 2H + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn + 2e 4+ 2+ ⇌ Sn + 0,15 Cu + e 2+ + ⇌ Cu + 0,16 2 SO 4 + 4H + 2e ⇌ + SO2(g) + 2H2O + 0,17 2+  Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 SO2 + 4H + 4e + ⇌ S + 2H2O + 0,45 +  Cu + e ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 O2(g) + 2H + 2e + ⇌ H2O2 + 0,68 Fe + e 3+ 2+ ⇌ Fe + 0,77  NO 3 + 2H + e ⇌ + NO2(g) + H2O + 0,80 +  Ag + e ⇌ Ag + 0,80 Hg + 2e 2+ ⇌ Hg(ℓ) + 0,85  NO 3 + 4H + 3e ⇌ + NO(g) + 2H2O + 0,96 Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 2+  Pt + 2 e ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H + 2e + 2+ ⇌ Mn + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H + 4e + ⇌ 2H2O + 1,23 2 3+ Cr2O 7 + 14H + 6e ⇌ + 2Cr + 7H2O + 1,33   Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36  2+ MnO 4 + 8H + 5e ⇌ + Mn + 4H2O + 1,51 +  H2O2 + 2H +2 e ⇌ 2H2O +1,77 Co + e 3+ 2+ ⇌ Co + 1,81 F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) FISIESE WETENSKAPPE V2 18 PHYSICAL SCIENCES – PAPER 2 FISIESE WETENSKAPPE – VRAESTEL 2 ANSWER SHEET/ANTWOORDBLAD NAME/NAAM: …………………………………………………………….. SECTION A/AFDELING A QUESTION 1: ONE WORD ITEMS/VRAAG 1: EENWOORD-ITEMS 1.1 …………………………………………………………. (1) 1.2 …………………………………………………………. (1) 1.3 …………………………………………………………. (1) 1.4 …………………………………………………………. (1) 1.5 …………………………………………………………. (1) [5] QUESTION 2: MULTIPLE CHOICE QUESTIONS/ VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2.1 A B C D 2.2 A B C D 2.3 A B C D 2.4 A B C D 2.5 A B C D 2.6 A B C D 2.7 A B C D 2.8 A B C D 2.9 A B C D 2.10 A B C D (10 x 2) [20] TOTAL SECTION A/TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all