You're offline
Skip to content
Exam guideline

Geography GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com

Subject: GeographyGrade 12202123 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING ....................................................................................................................... 3 2. GRAAD 12 ASSESSERING ............................................................................................ 4 2.1 VRAESTEL 1 .................................................................................................................... 4 2.2 VRAESTEL 2 .................................................................................................................... 4 3. UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE ................................................................ 5 3.1 VRAESTEL 1 ................................................................................................................... 5 3.1.1 Klimaat en Weer ........................................................................................................ 5 3.1.2 Geomorfologie: .......................................................................................................... 7 3.1.3 Geografiese vaardighede -tegnieke ........................................................................... 9 3.2 VRAESTEL 2 ................................................................................................................. 10 3.2.1 Landelike- en Stedelike Nedersettings ..................................................................... 10 3.2.2 Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika .............................................................. 13 3.2.3 Geografiese vaardighede -tegnieke ................................................................... 16 3.3 STRUKTUUR VAN EKSAMENVRAESTEL ................................................................... 18 3.3.1 Besonderhede van eksamenvraestelle ............................................................... 18 3.3.2 Kognitiewe Vlakke............................................................................................ 19 4. ALGEMENE NASIENRIGLYNE ..................................................................................... 19 5. SLOT .............................................................................................................................. 20 6. BYLAE A: AKSIEWOORDE........................................................................................... 21 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Geografie beskryf die aard en doel van die vak Geografie. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Geografie geassesseer gaan word.  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei. Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie. Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Geografie  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12  Die Verkorte en Gewysigde Afdeling 4 van VOO-KABV in Graad 12. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. GRAAD 12 ASSESSERING 2.1 VRAESTEL 1 2.1.1 Dit is 'n 3 uur-vraestel wat NIE op dieselfde dag as Vraestel 2 geskryf word NIE. 2.1.2 Die puntetoekenning vir hierdie vraestel is 150 punte. 2.1.3 Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings naamlik, AFDELNG A en AFDELING B: AFDELING A: Klimaat en Weer en Geomorfologie (Teorie) AFDELING B: Geografiese Vaardighede en Tegnieke 2.1.4 AFDELING A bestaan uit TWEE vrae van 60 punte elk. AFDELING B bestaan uit EEN vraag van 30 punte. 2.1.5 Al DRIE vrae is VERPLIGTEND. 2.2 VRAESTEL 2 2.2.1 Dit is 'n 3 uur-vraestel wat NIE op dieselfde dag as Vraestel 1 geskryf word NIE. 2.2.2 Die puntetoekenning vir die vraestel is 150 punte. 2.2.3 Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings, naamlik AFDELNG A en AFDELING B: AFDELING A: Nedersettings en Suid-Afrikaanse Ekonomiese Geografie (Teorie) AFDELING B: Geografiese Vaardighede en Tegnieke 2.2.4 AFDELING A bestaan uit TWEE vrae van 60 punte elk. AFDELING B bestaan uit EEN vraag van 30 punte. 2.2.5 Al DRIE vrae is VERPLIGTEND. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 5 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE 3.1 VRAESTEL 1 3.1.1 Klimaat en Weer Middelbreedte-siklone (frontale depressies, ekstra-tropiese siklone)  Algemene kenmerke  Gebiede waar middelbreedte-siklone gevorm word  Gunstige toestande vir ontwikkeling  Ontwikkelingstadiums  Deursnit van 'n middelbreedte-sikloon  Verwante weerpatrone: o Kouefronttoestande o Warmfronttoestande o Okklusiefronttoestande  Impak/Invloed op menslike aktiwiteite (sosiale- en ekonomiese-) en die omgewing  Moontlike voorsorgmaatreëls en bestuurstrategieë  Identifikasie op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde: o Identifikasie van ontwikkelingstadiums op sinoptiese weerkaarte o Impak van die Suid Indiese Hoogdruksel en Suid Atlantiese Hoogdruksel op die beweging van siklone o Lees en interpretasie van weersimbole, impak van voorspelde weer Tropiese siklone  Algemene kenmerke  Gebiede van tropiese siklone gevorm word en benaming in verskillende dele van die wêreld  Gunstige faktore vir ontwikkeling  Ontwikkelingstadiums  Verwante weerpatrone  Dersnit van 'n tropiese sikloon (interpretasie)  Impak op menslike aktiwiteite (sosiale- en ekonomiese-) en die omgewing (die impak van die weer met tropiese siklone geassosieer)  Voorsorgmaatreëls- en bestuurstrategieë om die gevolge van tropiese siklone te beheer  Identifikasie op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde: o Identifikasie van ontwikkelingstadium op sinoptiese weerkaarte o Lees en interpretasie van toepaslike weersimbole  Gevallestudie van EEN onlangse tropiese sikloon enige plek in die wêreld Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 6 DBE/2021 Eksamenriglyne Subtropiese antisiklone (hoogdrukselle) en die gepaardgaande weerstoestande oor Suid-Afrika  Ligging en identifisering van die DRIE hoogdrukselle wat Suid-Afrika beïnvloed: o Suid-Atlantiese hoogdruksel o Suid-Indiese hoogdruksel o Kalahari-hoogdruksel  Algemene kenmerke van die DRIE hoogdrukselle  Invloed van antisiklone op Suid-Afrika se weer en klimaat (integreer met plato, inversielaag, seestrome en die inwig van die SAH)- ligging tydens somer en winter  Die lees en interpretasie van inligting rakende die DRIE hoogdrukselle op die sinoptiese weerkaart  Ontwikkeling van bewegende versteurings wat verband hou met antisikloniese sirkulasie: o Vogfront en lyndonderstorms o Kuslaagdrukstelsel o Suid-Afrikaanse bergwind  Gepaardgaande weerstoestande en impak (en strategieë om die impak te verminder) geassosieer met bewegende versteurings  Identifikasie van bewegende versteurings op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde  Die lees en interpretasie van sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde, wat weer geassosieer met antisikloniese toestande illustreer/uitbeeld Valleiklimate  Hellingrigting: o Definisie o Invloed op die verspreiding van temperatuur in 'n vallei  Definisie en ontwikkeling van: o Anabatiese winde o Katabatiese winde o Inversie o Rypholtes o Stralingsmis  Invloed/impak op menslike aktiwiteite (ekonomiese, sosiale en omgewing): o Nedersetting o Landbou Stedelike klimate  Redes vir verskille tussen landelike en stedelike klimate  Stedelike hitte-eilande: o Definisie o Oorsake van stedelike hitte-eilande/faktore wat tot hoër temperature in stede lei o Gevolge van stedelike hitte-eilande (ekonomiese, sosiale en omgewing) o Strategieë om die stedelike hitte-eilandeffek te verminder  Besoelingskoepels: o Definisie o Oorsake van besoedelingskoepels o Effek van besoedelingskoepels (ekonomiese, sosiale en omgewing) o Strategieë om die besoedelingskoepels-effek te verminder Interpretasie van sinoptiese weerkaarte (integreer met relevante inhoud)  Gebruik van internasionale weersimbole  Identifikasie en kenmerke van hoog- en laagdrukselle  Interpretasie van die impak van hoog- en laagdrukselle  Die lees en vertolking van weerstasiemodelle  Satellietbeelde – lees en vertolking  Vergelyk satellietbeelde met sinoptiese weerkaarte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 7 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.1.2 Geomorfologie Dreineerbekkens in Suid-Afrika  Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van: o Dreineerbekken o Opvanggebied o Rivierstelsel/-sisteem o Sytak o Samevloeiing o Waterskeiding o Interfluviale/Tussenrivierse waterskeiding o Bron/Oorsprong o Riviermond o Oppervlakafloop o Infiltrasie o Grondwater o Watertafel  Soorte riviere (definisie, identifisering en toepassing): o Permanent o Periodies o Episodies o Eksoties  Identifisering, onderliggende rotsstrukture, ontwikkeling en kenmerke van die volgende stroompatrone/dreineringspatrone: o Dendrities o Tralie o Reghoekig o Radiaal o Sentripetaal o Ontwrig o Parallel  Definisie en faktore wat dreineerdigtheid beïnvloed: (hoë/lae dreineerdigtheid): o Neerslag o Verdamping o Voginhoud van die grond/Grondvogtigheid o Plantegroei o Helling/Gradiënt o Porositeit o Permeabiliteit/Deurlaatbaarheid LET WEL: Die bogenoemde moet verduidelik word met die begrip van infiltrasie  Bepaling van stroomorde (definisie, identifikasie en interpretasie)  Afloop van 'n rivier: (definisie, identifisering en toepassing) o Laminêre vloei o Turbulente vloei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 8 DBE/2021 Eksamenriglyne Fluviale prosesse  Rivierprofiele: o Definisie, beskrywing en geassosieerde kenmerke, insluitend stroomvrag o Dwars-/Kruisprofiel o Lengteprofiel o Bo-aansig van albei profiele o Verband van beide profiele met die ontwikkelingstadiums van 'n rivier (bo-, middel- en benedeloop)  Identifisering, beskrywing, ontwikkeling, betekenis en impak van fluviale landvorms: o Meanders/Rivierkronkels  Stootoewer  Gly-oewer o Hoefystermeer o Vlegstroom o Vloedvlakte o Natuurlike levée/Oewerwal o Waterval o Stroomversnelling o Delta  Riviergradering: o Definisie (gegradeerde- en ongegradeerde riviere) o Prosesse vir rivier om gegradeerd te word o Onderskei tussen gegradeerde en ongegradeerde strome o Erosiebasisvlak o Tydelike erosiebasisvlak o Permanente erosiebasisvlak  Rivierverjonging: o Definisie o Redes vir verjonging o Verskynsels van verjonging  Knakpunt  Terrasse  Vallei in 'n vallei  Ingekerfde meanders/rivierkronkels o Betekenis van verjongde landskap (ekonomiese, sosiale en omgewing)  Stroomroof: o Konsep (definisie, identifikasie en toepassing) van:  Stroomroof  Abstraksie  Terugkerwing/Terugsnydende erosie o Verskynsels geassosieer met stroomroof (identifikasie, beskrywing en toepassing):  Roofstroom  Geroofde stroom  Verarmde stroom  Roofelmboog  Windsaal/Riviergruis o Impak van stroomroof op die roofstroom en geroofde stroom o Implikasies van stroomroof op menslike aktiwiteite, nedersettings, ontspanning, landbou en ekosisteme o Identifikasie van verskynsels geassosieer met stroomroof op topografiese kaarte  Geërfde en antesedente dreineerpatrone (definisie, beskrywing en oorsake) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 9 DBE/2021 Eksamenriglyne Opvangsgebied en bestuur van rivier  Definisie van rivierbestuur  Oorsake van swak rivierbeheer  Belangrikheid van die bestuur van dreineerbekkens en opvangsgebiede  Impak van mense op dreineerbekkens en opvangsgebiede: o Rivierbesoedeling (bv. eutrofikasie) o Oorbeweiding o Ontbossing o Menslike nedersetting  Bestuurstrategieë van dreineerbekkens en opvangsgebiede  Gevallestudie oor die bestuurstrategie van EEN opvangsgebied in Suid-Afrika 3.1.3 Geografiese Vaardighede en Tegnieke (Topografiese kaart- en ortofotokaartlees en vertolking) Kaartwerktegnieke  Kontoerlyne, kontoerinterval en -hoogte en konvensionele tekens  Kompasrigting peiling  Ware/Geografiese  Magnetiese deklinasie en -peiling  Kaartskale – tipe skale en vergelyking van skale van topografiese kaarte, ortofotokaarte en lugfoto's  Berekening van reguitlynafstande in werklikheid  Berekening van oppervlakte van reëlmatige verskynsels  Kaartverwysingnommers/Kaartindeks  Alfanumeriese verwysings/Ruitverwysing  Kaartkoördinate/Presiese ligging – bepaling van koördinate  Berekening en interpretasie van gradiënt  Dwarssnitte – teken van dwarssnitte, dui die posisies van verskynsels aan en die identifikasie van verskynsels wat deur dwarssnitte voorgestel word  Intersigbaarheid  Berekening van vertikale vergroting Topografiese Kaarte  Interpretasie van 1: 50 000 topografiese kaarte: o Identifikasie en interpretasie van fisies verskynsels, bv. reliëf, dreinering, klimaat en plantegroei  Toepassing van al die inhoud oor Klimaat, Weer en Geomorfologie wat gedek word in die graad 12-vraestel, tot kaartwerk  Interpretasie van temperatuur, reënval, klimaatstreke en -biome, grafieke en tabelle wat betrekking het op die 1: 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart wat geassesseer word  Identifisering van die verskillende tipes riviere, dreineerpatrone, bepaling van stroomorde en dreineerdigtheid op die 1 : 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat geassesseer word.  Identifikasie en interpretasie van struktuurlandvorms en hangelemente op die 1 : 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat geassesseer word. Lugfoto's en Ortofotokaart  Skuins- en vertikale lugfoto's – identifikasie van landvorms en verskynsels  Die gebruik van grootte, vorm, kleurskakering, tekstuur, skaduwee en patrone op vertikale lugfoto's om verskynsels, landvorms en aktiwiteite op foto's en ortofotokaarte te identifiseer  Oriëntering van ortofotokaart met topografiese kaart  Vergelyk ortofotokaarte met topografiese kaarte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 10 DBE/2021 Eksamenriglyne Geografiese Inligtingstelsels (GIS)  GIS (definisie)  Komponente van GIS  Inligtingsbronne van GIS  Konsepte (definisie, identifikasie en toepassing) van: o Afstandwaarneming  Resolusie  Beeldelement/Pixels o Ruimtelike resolusie o Ruimtelike- en attribuutdata o Vektor- en rasterdata o Ruimtelike voorwerpe  Punte/Nodusse  Lyne  Oppervlakte/Poligone  Inligtinglae/tematiese inligtingslae  Inligtinglae (identifikasie en interpretasie)  Datamanipulasie en -analise: o Datamanipulasie o Data-integrasie o Bufferskepping o Bevraagtekening o Statistiese analise  Datastandaardisering  Deel van data  Databeveiliging  Toepassing van GIS deur die: o Regering o Privaat sektor  Ontwikkeling van 'n 'papier-GIS' vanaf bestaande kaarte, foto's en ander inligtingsbronne op lae natrekpapier  Identifiseer en interpreteer konsepte deur gegewe data soos satellietbeelde. topografiese kaarte, lugfoto's, prente en statistieke in grafieke en tabelle te gebruik 3.2 VRAESTEL 2 3.2.1 Landelike- en Stedelike Nedersettings Nedersettingstudie  Definisie van: o Nedersetting o Standplaas o Ligging  Landelike- en stedelike nedersettings  Klassifikasie van nedersettings volgens: o Grootte en kompleksiteit o Patroon o Funksie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 11 DBE/2021 Eksamenriglyne Landelike nedersettings  Hoe standplaas en ligging die vestiging van landelike nedersettings beïnvloed  Klassifisering van landelike nedersettings volgens: o Patroon  Identifikasie van verskillende patrone  Voordele en nadele o Funksie  Identifikasie en redes vir die verskillende buitelynvorme van landelike nedersettings: o Rond o Lineêr o Kruispad o T-vormig  Grondgebruik in landelike nedersettings o Identifikasie van grondgebruik: landbou, bosbou en bewaring Landelike nedersettingskwessies  Konsep van landelike-stedelike migrasie (definisie en toepassing) o Stoot- en trekfaktore  Definisie van landelike ontvolking: o Oorsake en gevolge van landelike ontvolking op mense en die ekonomie o Strategieë om landelike ontvolking te hanteer o Gevallestudie wat die gevolge van landelike ontvolking illustreer en strategieë om dit te hanteer  Sosiale geregtigheid-kwessies wat met landelike gebiede geassosieer word:  Definisie, doel, uitdagings met implementering, suksesstories en impak op die gemeenskap: o Toegang tot hulpbronne (natuurlike: water en mensgemaakte: beperkte beleggings en gebrek aan infrastruktuur) o Grondhervorming (grondbesit, herverdeling van grond en grondeise/restitusie) Stedelike nedersettings  Die oorsprong en ontwikkeling van stedelike nedersettings  Verstedeliking van die wêreldbevolking  Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van: o Verstedeliking o Stedelike groei o Stedelike uitbreiding o Ongebreidelde/Onplanmatige stedelike uitbreiding o Tempo van verstedeliking o Vlak van verstedeliking o Teenverstedeliking  Hoe standplaas en ligging die vestiging van stedelike nedersettings beïnvloed  Klassifikasie (identifisering, beskrywing en doel) van stedelike nedersettings volgens funksie: o Sentrale plekke o Handels- en vervoerstede (Vragbrekingspunte, Aansluitingsdorpe en Poortdorpe) o Gespesialiseerde stede Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 12 DBE/2021 Eksamenriglyne Stedelike hiërargieë  Konsepte (identifisering, beskrywing en interpretasie) van: o Stedelike hiërargieë o Sentrale plekke o Drempelbevolking o Invloedsfeer o Reikwydte van goedere  Konsepte (identifisering, beskrywing en interpretasie) van: o Lae-en hoë-orde-funksies/-dienste o Lae-en hoë-orde-sentrums Stedelike struktuur en -patrone  Interne struktuur en patrone van stedelike nedersettings (insluitend buitelynvorms van stedelike nedersettings)  Neem kennis van die verskil tussen grondgebruik (bv. groengordel en rekreasie) en grondgebruiksone o Grondgebruiksones, insluitend redes vir ligging, doel en kenmerke  Kommersieel (SSK, Afgeleë Sakekern, tipes kommersiële desentralisasie)  Residensieel  Nywerhede  Vervalsone/Oorgangsone  Landelike-stedelike oorgangsone o Faktore wat die morfologiese struktuur van 'n stad beïnvloed  Grondplan/Straatplan  Digtheid van bebouing o Stedelike profiele  Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van stedelike profiel  Redes vir die vorm van stedelike profiel  Modelle van stedelike struktuur (beskrywing en kenmerke): o Veelvuldige kerne (Harris en Ullman) o Moderne Amerikaanse-Westerse stad o Derdewêreld-stad o Suid-Afrikaanse stad o Veranderende stedelike patrone en grondgebruik in Suid-Afrika (buffersone, groen gordel) Stedelike nedersettingskwessies  Onlangse verstedelikingspatrone in Suid-Afrika  Stedelike kwessies wat met snelle verstedeliking verband hou: (definisie, oorsake, impak, moontlike oplossings soos teenverstedeliking) o Besoedeling o Stedelike verval o Verkeersopeenhoping o Gebrek aan beplanning/Ongebreidelde uitbreiding o Oorbesetting o Behuisingstekorte o Dienslewering (basiese dienste) o Maatskaplike kwessies  Informele nedersettings: o Konsep (definisie en identifisering) o Groei van informele nedersettings o Kwessies verwant aan informele nedersettings o Strategieë om kwessies rakende informele nedersettings te benader o Gevallestudies van oor die wêreld en Suid-Afrika  Gevallestudies oor hoe geselekteerde stedelike gebied in Suid-Afrika stedelike uitdagings bestuur Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 13 DBE/2021 Eksamenriglyne  Ongeregtighede in stedelike gebiede Definisie van omgewings-, sosiale- en ekonomiese ongeregtighede o Omgewingsongeregtighede  Lugbesoedeling  Geraasbesoedeling  Vernietiging van ekosisteme o Ekonomiese ongeregtighede  Armoede  Swak openbare vervoerstelsels o Sosiale ongeregtighede  Ongelyke toegang tot dienste  Ongelyke toegang tot hulpbronne (oorsig) 3.2.2 Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika LET WEL: Hierdie afdeling het onderwerpe wat wissel en is geldig vir die volgende vier (4) jaar. Alhoewel al hierdie gespesifiseerde onderwerpe gedek moet word beteken dit nie dat almal geëksamineer gaan word nie. Die struktuur van die ekonomie  Ekonomiese sektore – definisies en voorbeelde: o Primêre aktiwiteite o Sekondêre aktiwiteite o Tersiêre aktiwiteite o Kwaternêre aktiwiteite  Bydrae van ekonomiese sektore tot die Suid-Afrikaanse ekonomie: o Definisie, interpretasie van, waarde en bydrae tot die BNP en BBP o Indiensneming (verbind met verskillende sektore, interpretasie en toepassing)  Gebruik/Interpretasie van statistiese en grafiese inligting Landbou  Bydrae van landbou tot die Suid-Afrikaanse ekonomie  Kleinboere en grootskaal boere: definisie, kenmerke en interpretasie  Vernaamste landbouprodukte verbou (definisie en voorbeelde) – tuismarkte en uitvoermark LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie EKSAMEN JAAR VOORGESKREWE LANDBOUPRODUK November 2021 2021/22 Beesvleis Mei/Junie 2022 November 2022 2022/23 Suikerriet Mei/Junie 2023 November 2023 2023/24 Mielies Mei/Junie 2024  Produksiegebiede op 'n kaart, identifisering en interpretasie  Pas faktore wat landbou in Suid-Afrika begunstig en verhinder op die voorgeskrewe landbouprodukte toe  Bydrae van voorgeskrewe landbouproduk tot die Suid-Afrikaanse ekonomie  Voedselsekerheid/-onsekerheid: o Definisie van voedselsekerheid en -onsekerheid o Belangrikheid van voedselsekerheid in Suid-Afrika o Faktore wat voedselsekerheid in Suid-Afrika beïnvloed o Strategieë om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verbeter  Gevallestudie met betrekking tot voedselsekerheid en -onsekerheid in Suid-Afrika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 14 DBE/2021 Eksamenriglyne Mynbou  Bydrae van mynbou tot Suid-Afrika se ekonomie  Betekenis van mynbou vir ontwikkeling in Suid-Afrika  Gevallestudie van een van Suid-Afrika se vernaamste mynprodukte LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie EKSAMEN JAAR VOORGESKREWE MYNBOUPRODUK November 2021 2021/22 Steenkool Mei/Junie 2022 November 2022 2022/23 Goud Mei/Junie 2023 November 2023 2023/24 Platinum Mei/Junie 2024  Produksiegebied van mynbouproduk op 'n kaart, identifisering en interpretasie  Pas faktore wat mynbou in Suid-Afrika begunstig en verhinder op die voorgeskrewe mynbouprodukte toe  Bydrae van voorgeskrewe mynbouprodukte tot Suid-Afrika se ekonomie Sekondêre en Tersiêre Sektore  Bydrae van sekondêre aktiwiteite tot die Suid-Afrikaanse ekonomie  Tipes nywerhede (definisie, beskrywing, voorbeelde en kenmerke): o Swaar en ligte o Grondstof-georiënteerde o Markgerigte o Onafhanklike o Alomteenwoordige o Brug (Vragverbrekings)  Faktore wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika bevoordeel: o Grondstowwe o Arbeidsvoorsiening o Watervoorsiening o Energievoorsiening o Vervoer o Politieke ingryping o Mededinging/Kompetisie o Handel  Faktore wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika benadeel: o Oorkonsentrasie o Vervoer o Lugbesoedeling o Arbeidsvoorsiening o Watervoorsiening o Energievoorsiening o Grondstowwe o Politieke ingryping o Mededinging/Kompetisie o Handel  Kernnywerheidsgebiede van Suid-Afrika: o Gauteng (PWV), Durban-Pinetown, Port Elizabeth-Uitenhage, Suidwes-Kaap o Ligging van die bogenoemde VIER kernnywerheidsgebiede op 'n kaart Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 15 DBE/2021 Eksamenriglyne LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie EKSAMEN JAAR VOORGESKREWE KERNNYWERHEIDSGEBIED November 2021/ 2021/22 Gauteng (PWV)/Suidwes-Kaap Mei/Junie 2022 November 2022/ 2022/23 Gauteng (PWV)/Durban-Pinetown (eThekwini) Mei/Junie 2023 November 2023/ 2023/24 Gauteng (PWV)/Port Elizabeth-Uitenhage Mei/Junie 2024 LET WEL: Die TWEE voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede moet elke jaar behandel/gedek word. Belangrike aspekte om op te konsentreer met betrekking tot die voorgeskrewe kernnywerheidsgebied:  Kaart wat ligging toon  Faktore wat die ligging van die voorgeskrewe nywerheidsgebied beïnvloed  Belangrikste nywerheidsaktiwiteite van die voorgeskrewe nywerheidsgebied  Faktore wat die voortgesette sukses van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede bevoordeel en benadeel  Ekonomiese- en sosiale impak van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede  Gevallestudie om bostaande te illustreer Strategieë vir Nywerheidsontwikkeling  Oorsig oor apartheid- en post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë: o Die Goeie Hoop-plan  Oorsig oor apartheid- en post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë: o Die Heropbou-en Ontwikkelingsprogram (HOP/'RDP') o Groei, Werkskepping en Herverdeling (GEAR)  Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e/'IDZs') en Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe (ROI'e/'SDIs'):  Gevallestudies van TWEE Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e/'IDZs') en Ruimtelike- ontwikkelingsinisiatiewe (ROI'e/'SDIs'): LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie EKSAMEN JAAR NOS ROI November 2021 2021/22 Saldanhabaai Weskus Mei/Junie 2022 November 2022 2022/23 Dube Handelshawe Maputo- Mei/Junie 2023 ontwikkelingskorridor November 2023 2023/24 Koega Wildekus Mei/Junie 2024 LET WEL: Die voorgeskrewe NOS en ROI vir die spesifieke jaar moet behandel word. Belangrike aspekte om op te konsentreer met betrekking tot die voorgeskrewe NOS'e en ROI'e  Definisie en verskil tussen NOS en ROI  Kaart wat ligging toon van voorgeskrewe NOS en ROI  Faktore wat die ligging van voorgeskrewe NOS en ROI beïnvloed  Belangrikste nywerheidsaktiwiteite  Faktore wat die ontwikkeling van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede bevoordeel en benadeel  Ekonomiese- en sosiale impak  Gevallestudie om bostaande te illustreer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 16 DBE/2021 Eksamenriglyne  Nywerheidsentralisasie en -desentralisasie o Definisie, oorsake, voordele/nadele en oplossings  Bydrae van tersiêre aktiwiteite tot Suid-Afrika se ekonomie: o Definisie van tersiêre aktiwiteite o Voorbeelde van tersiêre aktiwiteite o Die rol van handel (plaaslike en internasionale) in ekonomiese ontwikkeling (definisie, handelsbalans, handelsooreenkomste) o Die rol van vervoer (openbare/private) in ekonomiese ontwikkeling o Interpretasie van grafieke en tabelle van tersiêre aktiwiteite o Gevallestudies oor die bydrae van tersiêre aktiwiteite tot Suid-Afrika se ekonomie Die informele sektor  Konsep van informele sektor  Eienskappe van die informele sektor  Redes vir hoë indiensneming binne informele sektor in Suid-Afrika  Uitdagings wat die informele sektor van Suid-Afrika in die gesig staar  Belangrikheid/Rol van die informele sektor in die ekonomie  Strategieë vir die bemagtiging van die informele sektor  Gevallestudies om die bostaande binne die Suid-Afrikaanse konteks te illustreer 3.2.3 Geografiese vaardighede -tegnieke (Topografiese kaart- en ortofotolees en vertolking) Kaartwerktegnieke  Kontoerlyne, kontoerinterval en -hoogte en konvensionele tekens  Kompasrigting  Ware peiling/Geografiese peiling  Magnetiese deklinasie en -peiling  Kaartskaal – tipes skale en vergelyking van die skale van topografiese kaarte, ortofotokaarte en lugfoto's  Berekening van reguitlynafstand in die werklikheid  Berekening van oppervlakte van reëlmatige verskynsels  Kaartverwysingsnommers/Kaartindeks  Alfanumeriese verwysing/Ruitverwysing  Kaartkoördinate/Presiese ligging – bepaling van koördinate  Berekening en interpretasie van gradiënt  Dwarssnitte – teken van dwarssnitte, dui posisie van verskynsels op dwarssnitte aan en die identifikasie van verskynsels wat deur dwarssnitte voorgestel word  Intersigbaarheid  Berekening van vertikale vergroting Topografiese Kaarte  Gebruik van 1: 50 000 topografiese kaarte: o Identifikasie en interpretasie van fisiese verskynsels, bv. reliëf, dreinering, klimaat en plantegroei, en hoe dit nedersetting en grondgebruik beïnvloed o Identifikasie en interpretasie van kulturele verskynsels, bv. nedersetting, grondgebruik en vervoernetwerke  Toepassing van alle aspekte van die sillabus oor Nedersettings, Ekonomiese Geografie en kaartwerk wat in Vraestel 2 gedek word  Interpretasie van nedersetting- en ekonomiese statistieke, grafieke en tabelle wat betrekking het op die 1 : 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat geassesseer word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 17 DBE/2021 Eksamenriglyne Lugfoto's en Ortofotokaarte  Skuins en vertikale lugfoto's – identifisering van landvorms en verskynsels  Die gebruik van grootte, vorm, kleurskakering, tekstuur, skaduwee en patrone op vertikale lugfoto's om verskynsels, landvorms en aktiwiteite op foto's en ortofotokaarte te identifiseer  Oriëntering van ortofotokaarte met topografiese kaarte  Vergelyk ortofotokaarte met topografiese kaarte Geografiese Inligtingstelsels (GIS)  GIS (definisie)  Komponente van GIS  Inligtingsbronne van GIS  Konsepte (definisie, identifikasie en toepassing) van: o Afstandwaarneming  Resolusie  Beeldelement/Pixels o Ruimtelike resolusie o Ruimtelike en attribuutdata o Vektor en rasterdata o Ruimtelike voorwerpe  Punte/Nodusse  Lyne  Oppervlakte/Poligone  Inligtinglae/tematiese inligtingslae  Inligtingslae (identifikasie en interpretasie)  Datamanipulasie en analise: o Datamanipulasie o Data-integrasie o Bufferskepping o Bevraagtekening o Statistiese analise  Datastandaardisering  Deel van data  Databeveiliging  Toepassing van GIS deur die: o Regering o Privaat sektor  Ontwikkeling van 'n 'papier-GIS' vanaf bestaande kaarte, foto's en ander inligtingsbronne op lae natrekpapier  Identifiseer en interpreteer konsepte deur gegewe data soos satellietbeelde. topografiese kaarte, lugfoto's, prente en statistieke in grafieke en tabelle te gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 18 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.3 STRUKTUUR VAN EKSAMENVRAESTEL 3.3.1 Besonderhede van vraestelle 1. Elke vraestel tel 150 PUNTE, wat beide teorie en kaartwerk assesseer. 2. Albei vraestelle is 'n 3 UUR-eksamen. 3. Die vraestelle mag NIE op dieselfde dag geskryf word NIE. 4. Elke vraestel bestaan uit 3 vrae wat VERPLIGTEND is en moet beantwoord word: AFDELING A bestaan uit Vraag 1 en Vraag 2 en Afdeling B bestaan uit Vraag 3. AFDELING A:  Vraag 1 en 2 is gebaseer op teorie vir 60 punte elk.  Elk van die twee vrae sal met 'n verskeidenheid kort/objektiewe tipe vrae van 15 punte begin. Die formaat van hierdie vrae gaan wissel. Dit sal gevolg word met 3 subvrae van 15 punte elk.  Elk van die twee vrae sal 'n paragraaftipevraag van 8 punte insluit, d.w.s. (4 x 2) = (8). Hierdie paragraafvrae mag NIE puntsgewys beantwoord word NIE en dit sal analitiese denke en insig vereis. Die paragraaftipevrae kan in enige van die subvrae ingesluit word  'n Verskeidenheid bronmateriaal sal gebruik word, bv. satellietbeelde, sinoptiese weerkaarte, grafieke, tabelle, sketskaarte, infografika, strokiesprente, foto's gevallestudies en koerantartikels.  Kandidate moet in staat wees om alle geografiese konsepte wat onderrig word, te illustreer. Illustrasies kan eenvoudige benoemde diagramme/sketse wees of diagramme/sketse met verklarings in besonderhede (met verduidelikende byskrifte).  Let wel dat die inhoud wat getoets word in die 15 punt-subvrae, meer as een aspek van die onderwerp kan dek. AFDELING B: LET WEL: 'n 1:50 000 topografiese kaartuittreksel en 'n 1:10 000 ortofotokaart gaan gebruik word vir assesseringsdoeleindes.  Vraag 3 is gebaseer op kaartwerk, naamlik kaartvaardighede en –tegnieke vir 30 punte en word soos volg onderverdeel: o Kaartvaardighede en berekenings (10 punte) o Kaartvertolking(12 punte) o GIS (8 punte) LET WEL: Meervoudigekeuse-vrae kan met al die bostaande geïntegreer word. 5. Die volgende instruksies en inligting sal op die tweede bladsy van die vraestel verskyn. Kandidate moet van die begin van die jaar van hierdie instruksies ingelig word omdat baie van die kandidate nie gehoor gee aan hierdie instruksies nie:  Die vraestel bestaan uit DRIE vrae.  ALLE diagramme/sketse is by die bylae ingesluit.  Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.  Laat 'n reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.  Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.  Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik.  MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.  Skryf netjies en leesbaar.  Jy mag 'n vergrootglas gebruik.  Dui die maateenheid moet in die finale antwoord aangedui word, waar van toepassing, bv. 10 km, 4 °C, oos. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 19 DBE/2021 Eksamenriglyne 3.3.2 Kognitiewe Vlakke Die kognitiewe vlakke van albei vraestelle is soos volg: Lae orde Middel-orde Hoë-orde 25% 50% 25% (37/38 punte (75 punte) (37/38 punte) Dit is belangrik om daarop te let dat kort objektiewe tipe vrae ook hoë-orde-vrae kan wees. Paragraaftipevrae is altyd middel-orde of hoë-orde-vrae aangesien dit analitiese denke en insig vereis. 4. ALGEMENE NASIENRIGLYNE  Definisies moet nagesien word deur na die konsep te kyk en nie woordeliks soos wat dit in die handboeke gegee word nie. Puntetoekenning is (1 x 2) (2).  Maak 'n regmerkie langs die feit/inligting waarvoor punte toegeken word. Een regmerkie word vir een punt toegeken, bv. waar daar twee punte toegeken word moet daar twee regmerkies wees.  Die hele antwoord moet nagesien word. Moenie net na die eerste feite/inligting kyk en punte, bv. 0 (nul), toeken nie. Daar mag korrekte feite/inligting in die antwoord verskyn en punte moet daarvoor toegeken word.  Lees die antwoord deeglik. Korrekte antwoorde kan gegee word wat nie in die memorandum/nasienriglyne verskyn nie. Kandidate moet punte kry vir hierdie antwoorde.  Wanneer paragraaftipevrae nagesien word, maak seker dat kandidate in volsinne antwoord en nie puntsgewys nie.  GEEN negatiewe nasien word toegelaat NIE>  Berekeninge:  LET WEL: Berekeninge hoef nie noodwendig in die geheel getoets te word, soos aangedui in die voorgestelde puntetoekenning, nie. o Punte mag toegeken word as die korrekte formule verskaf is, as die formule nie gegee is nie. o Punte sal toegeken word vir die korrekte vervanging van waardes in die formule. o Punte sal vir berekenings toegeken word. o As 'n fout tydens vervanging in 'n korrekte formule gemaak word, sal 'n punt vir die korrekte formule toegeken word, maar geen verdere punte sal toegeken word nie. o Punte sal vir die korrekte antwoord toegeken word. o As die antwoord verkeerd is, moet die berekening van die begin af nagesien word en punte moet toegeken word tot by die stap waar die kandidaat verkeerd bereken het. o As 'n eenheid, bv. kilometer, gevra word, moet die antwoord verkeerd nagesien word as dit nie verskaf word nie. Punte moet egter vir al die berekeningstappe toegeken word wat tot die antwoord lei. o Punte word slegs vir 'n formule toegeken indien 'n poging aangewend is om die berekening te doen, m.a.w. vervangings is gedoen of 'n numeriese antwoord is gegee. o Alle berekenings, as dit nie in die vraag gespesifiseer is nie, moet tot 'n minimum van EEN desimale plek gedoen word. o As 'n finale antwoord van 'n berekening korrek is, mag volpunte toegeken word indien die kandidaat die formule, vervangings en berekeningstappe toon, en die maateenheid aangedui is. As die kandidaat slegs die antwoord neerskryf, sal punte slegs vir die antwoord toegeken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 20 DBE/2021 Eksamenriglyne  Voorgestelde puntetoekenning vir graad 12-berekenings: o Afstand (2 punte) – soos vir afstandsberekening van gradiënt  vir korrekte mate op kaart (cm/mm)  vir korrekte antwoord indien korrekte mate aangedui word (m/km) o Area/Oppervlakte (5 punte)  vir korrekte mate van lengte op kaart (cm/mm)  vir korrekte mate van breedte op kaart (cm/mm)  vir korrekte lengte op kaart in werklikheid  vir korrekte breedte op kaart in werklikheid  vir korrekte antwoord indien korrekte mate aangedui word (m2/km2) o Gemiddelde gradiënt (5 punte) vir korrekte vertikale interval  vir korrekte mate van kaartafstand tussen twee punte vir korrekte horisontale ekwivalent vir korrekte vervanging van waardes in formule vir korrekte antwoord as 'n verhouding o Vertikale vergroting (5 punte) vir korrekte omskakeling tot die korrekte eenheid  vir korrekte vertikale skaal gegee as 'n verhouding vir korrekte horisontale skaal gegee as 'n verhouding vir korrekte vervanging van waardes in formule – kan 'n verhouding- of 'n breukskaal wees vir korrekte antwoord en eenheid (in geval van vertikale vergroting is die eenheid keer, bv. 20 keer)) o Magnetiese deklinasie (5 punte) vir korrekte verskil in jaar vir korrekte gemiddelde jaarlikse verandering vir korrekte jaarlikse verandering vir korrekte berekening met korrekte eenheid (magnetiese deklinasie vir jaar waarin kaart gedruk is + () totale jaarlikse verandering) o Magnetiese peiling (5 + 2 punte) Die vyf punte soos hierbo aangedui vir die korrekte afmeting van ware peiling vir die korrekte antwoord en korrekte eenheid 5. SLOT Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV- dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV- dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 21 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE A AKSIEWOORDE (WERKWOORDE/BEVELSWOORDE) VIR ASSESSERING WERKWOORDE BETEKENIS HOE OM TE BEANTWOORD Verantwoording om te antwoord vir – verduidelik die Volsinne oorsaak vir – om te verduidelik waarom Analiseer om af te sonder, ondersoek en krities te Volsinne interpreteer Annoteer Om verduidelikende byskrifte op skets, Voeg byskrifte by skets kaart of tekening by te voeg Evalueer om opinie te lug hoe suksesvol/effektief Volsinne iets is Argumenteer/Redes Om redes aan te voer vir of teen 'n Volsinne aanvoer voorstel/proposisie Assesseer om versigtig te oorweeg voordat jy die Volsinne sukses daarvan beoordeel Kategoriseer om dinge volgens hulle kenmerke in Een woord- groepe te plaas/in klasse te verdeel antwoorde/frases Klassifiseer om in groepe of tipe te verdeel sodat Eenwoord-antwoorde/ dinge met dieselfde kenmerke in dieselfde frases groep is – om volgens soort of tipe te rangskik Kommentaar lewer om oor die algemeen te skryf Volsinne Vergelyk Om beide ooreenkomste en verskille uit te Volsinne wys Konstrueer om 'n vorm/diagram te teken 'n Diagram word benodig Vergelyk Om verskille, ooreenkomste of Volsinne ongelykhede van dinge, kwaliteite of probleme te beklemtoon Ontwerp om 'n nuwe of oorspronklike idee te Volsinne ontwikkel Kritiseer om kommentaar te lewer oor die positiewe Volsinne en negatiewe aspekte Besluit om iets versigtig te oorweeg en tot 'n Volsinne gevolgtrekking kom Verdedig om dinge te sê om iets te Volsinne regverdig/beskerm Definieer om 'n beknopte en duidelike betekenis te Volsinne gee/korrek te beskryf/vermoëns of eienskappe aan te dui Ontwerp om 'n metode te ontwikkel om iets te doen Volsinne Demonstreer om te wys hoe iets gedoen word -of Volsinne duidelik te maak – om te verduidelik en te illustreer– om te bewys deur redenasie en bewyse – voorbeelde kan gegee word Beskryf om die vernaamste kenmerke van iets te Volsinne lys - om weergawe te gee Ontwikkel om 'n nuwe idee of metode suksesvol te Volsinne ontwerp Onderskei om verskille tussen dinge uit te wys Volsinne Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 22 DBE/2021 Eksamenriglyne WERKWOORDE BETEKENIS HOE OM TE BEANTWOORD Diskrimineer om oneweredig te behandel/om op grond Volsinne van 'n spesifieke rede (bv. geslag) uit te sluit Bespreek om deur middel van redenering te Volsinne ondersoek waar beide standpunte gestel word en 'n slotsom bereik word. Onderskei om verskille tussen dinge uit te wys Volsinne Teken om d.m.v. 'n skets aan te toon 'n Diagram word benodig Evalueer om te oorweeg of 'n opinie te lug rakende Volsinne die waarde – om te definieer, analiseer en te bespreek Ondersoek om versigtig na iets te kyk – om te Volsinne analiseer en te bespreek Verduidelik om 'n moeilike begrip so te beskryf dat Volsinne iemand dit maklik kan verstaan Bevinding om 'n formele besluit oor iets te neem Volsinne Formuleer om 'n idee of opinie uit te druk op 'n Volsinne georganiseerde manier Gee/Noem om feite kortliks te gee sonder 'n Een word antwoorde bespreking Identifiseer om vas te stel wie of wat iets of iemand is Een word antwoorde bv. identifiseer die vernaamste kenmerke van Illustreer om te wys hoe iets lyk/om te bewys iets Volsinne waar is Interpreteer om 'n verduideliking te gee vir – om Volsinne betekenis te gee vir Onderskei om die verskil tussen iets raak te sien Volsinne Regverdig om logiese argumente te gebruik om iets Volsinne te bewys of redes te gee vir 'n besluit of slotsom Lys om kort stellings netjies onder mekaar te Eenwoord-antwoorde skryf Ligging/opspoor om die presiese plek te vind Eenwoord-antwoorde Noem om relevante feite te gee Volsinne Gee om iets te noem - identifiseer of noem Eenwoord-antwoorde Uiteensetting om 'n opsomming te gee van die Volsinne hoofpunte en die fynere besonderhede uit te laat Plan om versigtig te dink watter aksies word Volsinne benodig vir 'n sekere uitkoms/resultaat Voorspel om te sê wat jy dink gaan gebeur - om te Volsinne profeteer – om vooraf te sê wat gaan gebeur Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie 23 DBE/2021 Eksamenriglyne WERKWOORDE BETEKENIS WERKWOORDE Voorstel om 'n plan voor te lê – om 'n Volsinne formele plan in te dien Voorsien om feite sonder 'n verduideliking te Volsinne/Eenwoord- gee antwoorde Bevraagteken om bedenkinge oor iets te hê Volsinne Bepaal/Gradeer/Beraam/Rate om te oorweeg of iets 'n sekere Volsinne/Eenwoord- kwaliteit of vlak het antwoorde Herroep om iets te onthou Volsinne/Eenwoord- antwoorde Herken om te aanvaar dat iets waar of Volsinne/Eenwoord- belangrik is – om goedkeuring te antwoorde gee Aanbeveel om aan te beveel dat iets gedoen Volsinne moet word Verslag doen om 'n amptelike stelling of Volsinne geskrewe dokument daar te stel Selekteer om te kies van 'n groot geheel Eenwoord-antwoorde Skets om te illustreer met 'n eenvoudige 'n Diagram word diagram benodig Oplossing om vas te stel wat die probleem Volsinne veroorsaak en 'n manier vind om dit aan te spreek Gee om inligting weer te gee sonder 'n Eenwoord-antwoorde bespreking Voorstel om 'n oplossing of verduideliking Volsinne daar te stel Wys om duidelik te maak – om uit te Volsinne wys – om te verduidelik Ondersteun om aan te toon dat 'n stelling/idee Volsinne waar is Tabuleer om terme of aktiwiteite onder Eenwoord-antwoorde/ spesifieke opskrifte te groepeer frases Vertel om iets te herken op grond van Eenwoord-antwoorde kennis Toets om iets te ondersoek en te bepaal Volsinne of dit bevredigend is of 'n sekere kwaliteit het Gebruik om 'n spesifieke metode of Volsinne vaardigheid te gebruik om iets te doen Waarde om die belangrikheid van iets te Volsinne oorweeg Verifieer om te bevestig/bewys dat iets Volsinne korrek is Skryf om 'n formele dokument te skep Volsinne Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Geography

Explore more published documents in this catalogue.

View all