Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202117 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V2 2021 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In V1 V2 V3 V4 TOT Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/2021 SS/NSS BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 3419AC HERMANUS 2. Ortofotokaart 3419 AC 20 HERMANUS 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel voorsien is. 3. Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3419AC HERMANUS) en 'n ortofotokaart (3419 AC 20 HERMANUS) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid of kompasrigting in die finale antwoord van berekeninge aan, bv. 10 km; 2,1 cm; wes van ware noord. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 10. Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 11. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die topografiese kaart getoon. ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Onrus Mountain Onrusberge Golf Course Gholfbaan River Rivier Sewerage Works Rioolwerke Estate Landgoed Salt Pan Soutpan Nature Reserve Natuurreservaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/2021 SS/NSS ALGEMENE INLIGTING OOR HERMANUS Hermanus lê langs Walkerbaai aan die suidkus van die Wes-Kaap. Dit is ongeveer 115 km suidoos van Kaapstad geleë en word met die Moederstad verbind deur die R43-snelweg (of die skilderagtige R44-roete langs die kus) en die N2-deurpad. Hermanus het 'n Mediterreense klimaat met warm somers. Dit ontvang ongeveer 520 mm reënval per jaar, waarvan die meeste gedurende die wintermaande van Junie tot Augustus in die vorm van frontale neerslag voorkom. Somer- en wintermaande word onderskeidelik deur sterk suidoostelike en noordwestelike winde gekenmerk. Die dorp Hermanus beslaan 'n gelyke vlakte tussen die berge en die see. Gevolglike verlaging van die seevlak het gelei tot die kransformasie wat die kuslyn domineer. N [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/hermanus] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3419AC HERMANUS sowel as die ortofotokaart 3419 AC 20 HERMANUS van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Hermanus is in .... geleë. A die Noord-Kaap B die Oos-Kaap C die Wes-Kaap D Gauteng 1.2 Die vernaamste tipe reënval wat Hermanus gedurende die winter ontvang, is ... reën. A orografiese B konveksie- C frontale D adveksie- 1.3 Die manier waarop hoogte by 34°19ꞌ08ꞌꞌS 19°08ꞌ48ꞌꞌO op die topografiese kaart aangedui word, is 'n ... A kontoerlyn. B hoogtemerk. C punthoogte. D peilbaken. 1.4 Die algemene vloeirigting van die Leeurivier in blok C9 op die topografiese kaart is in 'n ... rigting. A noordelike B suidelike C noordwestelike D suidoostelike 1.5 Die afstand vanaf A na B op die lynskaal hieronder is ... meter. A 2 600 B 2 400 C 2,6 D 2,4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/2021 SS/NSS 1.6 Die ware peiling vanaf die plek van aanbidding 1 tot by die skool 2 op die ortofotokaart is ... A 38° B 55° C 235° D 252° 1.7 Mensgemaakte verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n ... A kommunikasietoring. B windpomp. C sekondêre pad. D monument. 1.8 Die boorde en wingerde by M in blok C10 op die topografiese kaart is hoogs waarskynlik rypbestand omdat hulle in/op die ... gevind word. A helling wat noord front B helling wat suid front C valleibodem D skadusone 1.9 Die hoogliggende gebied by N in blok D7 op die topografiese kaart is 'n ... A samevloeiing. B interfluviale rif. C sytak. D waterskeiding. 1.10 Die vernaamste kenmerk van die strome in blok D8 op die topografiese kaart: A Erosie domineer B Plaatvloei kom voor C Afsetting domineer D Wyer kanale kom voor 1.11 Die dominante stroompatroon in blok H8 op die topografiese kaart is ... A radiaal. B reghoekig. C tralievormig. D dendrities. 1.12 Die vernaamste aktiwiteit wat 'n omgewingsongeregtigheid in blok B5 op die topografiese kaart veroorsaak, is ... A boerdery. B visvangs. C voetslaan. D uitgrawing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/2021 SS/NSS 1.13 Die vernaamste faktor wat die verspreide patroon van die nedersetting by 4 op die ortofotokaart beïnvloed het, is die ... A gradiënt. B bewaringsgebied. C brug. D ander pad. 1.14 Die fisiese (natuurlike) verskynsels wat vir die lineêre vorm van die beboude gebiede in blok J10, K9 en K10 op die topografiese kaart verantwoordelik is, is die ... A hoofverkeersroete en kraglyn. B kuslynrotse en berg. C hoofverkeersroete en berg. D kraglyn en berg. 1.15 New Harbour by 5 op die ortofotokaart is 'n voorbeeld van 'n ... ekonomiese aktiwiteit. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN TEGNIEKE 2.1 Verwys na die topografiese kaart. Bereken die magnetiese deklinasie (afwyking) vir 2021. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die rigting in verhouding met ware noord duidelik in die finale antwoord aan. Verskil in jare: __________________________ Gemiddelde jaarlikse verandering: __________________________ Totale jaarlike verandering: __________________________ Gemiddelde magnetiese deklinasie vir 2021: __________________________ __________________________ __________________________ (5 x 1) (5) 2.2 Verwys na die topografiese kaart. 2.2.1 Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf peilbaken 31 (O) in blok I4 tot hoogtemerk 36.4 (P) in blok J5. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. vertikale interval (VI) Formule: Gemiddelde gradiënt = horisontal e ekwivalent (HE) _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/2021 SS/NSS 2.2.2 (a) Waarom het die gradiënt wat in VRAAG 2.2.1 bereken is, die konstruksie van 'n pad tussen O (in blok I4) en P (in blok J5) op die topografiese kaart bemoeilik? _________________________________________________ _________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Hoe het ingenieurs die R43 vanaf blok I4 tot blok J5 gebou om die uitdaging in jou antwoord op VRAAG 2.2.2(a) te oorkom? _________________________________________________ _________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/2021 SS/NSS 2.3 Die blok hieronder bestaan uit 'n vertikale en horisontale skaal, sowel as die hoogtes van die kontoerlyne vanaf 6 tot 7 wat op die ortofotokaart aangetref word. Gebruik die blok hieronder vir ALLE antwoorde op VRAAG 2.3.1. Vertikale skaal - Riviervallei 1 cm verteenwoordig 20 m Horisontale skaal: 1 : 10 000 2.3.1 (a) Dui die hoogte van U op die vertikale skaal van die dwarsdeursnee hierbo aan. (1 x 1) (1) (b) Voltooi die dwarsdeursnee hierbo wat 'n gebied vanaf 6 tot 7 op die ortofotokaart verteenwoordig, deur die gegewe kontoerhoogtes op die horisontale skaal te gebruik. (2 x 1) (2) (c) Identifiseer mensgemaakte verskynsel V op die dwarsdeursnee. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/2021 SS/NSS 2.3.2 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsdeursnee wat in VRAAG 2.3.1(b) geteken is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in die finale antwoord aan. vertikale skaal (VS) Formule: Vertikale vergroting = horisontal e skaal (HS) ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (4 x 1) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na die topografiese kaart. 3.1.1 Ontvang die gekarteerde gebied oor die algemeen seisoenale reënval of reënval dwarsdeur die jaar? Antwoord: _____________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.2 Gee TWEE bewyse vanaf die topografiese kaart om die antwoord op VRAAG 3.1.1 te ondersteun. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 1) (2) 3.2 Verwys na die topografiese kaart. Hermanus is tussen die oseaan en 'n hoogliggende gebied (berg) geleë. 'n Suidelike wind waai gedurende die dag. 3.2.1 Is die suidelike wind aflandig of aanlandig? Antwoord: _____________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.1 _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/2021 SS/NSS 3.3 Verwys na die Botrivier vanaf blok C6 tot blok D4 op die topografiese kaart. 3.3.1 In watter stadium (loop) van ontwikkeling is die Botrivier? _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.3.2 Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.3.1 te ondersteun. _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.3.3 Hoe het die geomorfologiese proses in hierdie stadium (loop) van die rivier die akkerbou in die gebied beïnvloed? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na die grondgebruiksone tussen Hawston en Fisherhaven in blok H3 en H4 op die topografiese kaart. 3.4.1 Identifiseer die grondgebruiksone tussen Hawston en Fisherhaven in blok H3 en H4 op die topografiese kaart. ______________________________________________________ (1 x 1) (1) (1 3.4.2 Gee EEN bewys vanaf die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.4.1 te ondersteun. _______________________________________________________ _______________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/2021 SS/NSS 3.5 Verwys na 9 op die ortofotokaart. 3.5.1 Identifiseer die straatplan (patroon) by 9. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.2 Gee EEN voordeel van die straatplan (patroon) by 9. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.3 Hoe het die straatplan (patroon) by 9 ontwikkel? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.6 Verwys na 10 op die ortofotokaart, wat 'n nywerheidsgebied is. 3.6.1 Is die nywerhede swaar of ligte nywerhede? Antwoord: _____________________________________________ (1 x 1) (1) (1 x 1) 3.6.2 Bespreek waarom die nywerhede wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is, se ligging geskik is. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Die volgende inligting oor die Klei Dam by Q (blok G8) op die topografiese kaart word verskaf: Ligging: 34°21ꞌ45ꞌꞌS 19°12ꞌ45ꞌꞌO Diepte: 10 m 4.1.1 Is die Klei Dam by Q in blok G8 'n punt-, lyn- of poligoon- verskynsel? Antwoord: _____________________________________________ (1 x 1) (1) 4.1.2 Noem of die volgende ruimtelike data of attribute data is: (a) Die diepte van die Klei Dam by Q ________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Die ligging van die Klei Dam by Q ________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.1.3 Verduidelik die belangrikheid daarvan om die diepte van die Klei Dam by Q vir boerderyaktiwiteite in die gebied te bepaal. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 15 DBE/2021 SS/NSS 4.2 Verwys na die vergrote insetsel van blok F4 op die topografiese kaart, wat 'n kombinasie van verskillende datalae toon. 4.2.1 Wat is 'n datalaag? ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Gebruik die topografiese kaart en identifiseer die datalaag wat op die insetsel uitgelaat is. ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.3 Wat is die belangrikheid van die datalaag wat in VRAAG 4.2.2 geïdentifiseer is vir die ekonomiese ontwikkeling van die boerdery- gemeenskap in blok F4? ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 16 DBE/2021 SS/NSS 4.3 Verwys na blok D4 en D5 op die topografiese kaart. Die watergehalte in die blokke wat geïdentifiseer is, kan deur menslike aktiwiteite beïnvloed word. Hoe sal 'n GIS-spesialis data-bevraagtekening kan gebruik om die watergehalte in hierdie gebied te evalueer? ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 2) (4) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/2021 SS/NSS ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all