Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202118 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: VRAAG 1: Landelike en Stedelike Nedersettings (60) VRAAG 2: Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese vaardighede en Tegnieke (30) 2. Beantwoord al DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is binne die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. 'n 1 :50 000 topografiese kaart 2629DB van ERMELO en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2629 DB 5 van ERMELO word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Daar word na die relatiewe ligging van een plek met betrekking tot 'n ander plek as … verwys. A standplaas B relatiewe afstand C ligging D presiese ligging 1.1.2 Die ekonomiese sektor en ekonomiese funksie wat in landelike nedersettings domineer, kan as … beskryf word. A primêr en enkelfunksioneel. B primêr en multifunksioneel C sekondêr en multifunksioneel D sekondêr en enkelfunksioneel 1.1.3 Die tipe nedersetting hieronder geïllustreer, is 'n … A lineêre nedersetting. B droëpuntnedersetting. C verspreide nedersetting. D natpuntnedersetting. 1.1.4 Nedersettings langs die kus het gewoonlik 'n …-vorm. A sirkel B kruis C halfsirkel D ster Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/November 2021 NSS 1.1.5 Die grondgebruiksone-model hieronder kan as 'n veelvuldige kernmodel geïdentifiseer word omdat dit ... het. [Bron: Eksaminator se eie skets] A konsentriese sones B baie fokuspunte C baie wigpunte D een fokuspunt 1.1.6 Die … verwys na die aantal mense wat nodig is vir 'n besigheid om 'n wins te maak. A drempelbevolking B invloedsfeer C reikwydte van goedere D stedelike hiërargie 1.1.7 Die stedelike gebied hieronder is ... [Bron: Eksaminator se eie diagram] A stervormig. B lineêr gevorm. C kruisvormig. D sirkelvormig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/November 2021 NSS 1.1.8 Verstedeliking verwys na die … A afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon. B fisiese groei van 'n stedelike gebied. C persentasie waarmee die stedelike bevolkings toeneem. D onbeheerde uitbreiding van stedelike gebiede. (8 x 1) (8) 1.2 Kies EEN term/konsep vir elk van die beskrywings oor die klassifikasie van nedersettings. Skryf slegs die term/konsep langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 groot stad. gehuggie; dorp; megalopolis; geïsoleerde plaasopstal; konurbasie; klein dorpie; stad; metropool 1.2.1 'n Nedersetting wat die kleinste in 'n hiërargie is 1.2.2 'n Nedersetting wat 'n aaneenlopende stedelike area is en uit dorpe en stede bestaan/saamgestel is 1.2.3 'n Nedersetting wat uit 'n los groepering van 'n paar plaasopstalle bestaan 1.2.4 'n Nedersetting wat uit 'n groot stad en satellietdorpe bestaan 1.2.5 'n Nedersetting wat 'n groot verskeidenheid dienste en gespesialiseerde funksies bied 1.2.6 'n Klein stedelike nedersetting wat stedelike funksies aan die omliggende landelike area bied 1.2.7 'n Nedersetting wat uit baie konurbasies bestaan (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/November 2021 NSS 1.3 Verwys na die skets wat landelik-stedelike migrasie toon. [Bron: https://www.sspcr.eurac.edu/2019/07/03/special-session-on-rural-urban-relationships-for-a-better- territorial-development/] 1.3.1 Noem 'n omgewingsfaktor wat die beweging van mense van A na B veroorsaak. (1 x 1) (1) 1.3.2 Hoe gee landelik-stedelike migrasie aanleiding tot landelike ontvolking? (1 x 2) (2) 1.3.3 Wat is die negatiewe ekonomiese impak van landelik-stedelike migrasie op nedersetting A? (2 x 2) (4) 1.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoekom landelike migrante dit moeilik vind om in gebied B werk te kry en die impak hiervan op hulle lewensgehalte. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/November 2021 NSS 1.4 Verwys na die deursnit oor stedelike grondgebruiksones. [Bron: Aangepas uit https://www.google.com/search?q=land-use/] 1.4.1 Identifiseer die grondgebruiksone by A. (1 x 1) (1) 1.4.2 Hoe sal die afnemende toeganklikheid na grondgebruiksone A, pendelaars negatief beïnvloed? (1 x 2) (2) 1.4.3 Gee TWEE redes vir die onreëlmatige vorm van die grondgebruiksone by B. (2 x 2) (4) 1.4.4 Waarom is geboue by grondgebruiksone B in 'n vervalle (swak) toestand? (2 x 2) (4) 1.4.5 Waarom sal nuwe, hoë-inkomste residensiële ontwikkelings deur area C aangetrek word? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/November 2021 NSS 1.5 Verwys na die infografika oor informele nedersettings. [Bron: https://www.google.com/search?q=infographic+shack+dwellers&tbm=isch&ved] 1.5.1 Hoeveel mense in Suid-Afrika woon in hutjies ('shacks'), volgens die infografika? (1 x 1) (1) 1.5.2 Noem TWEE voordele daarvan om in 'n agterplaashutjie te woon in vergelyking met 'n informele nedersetting, volgens die infografika. (2 x 1) (2) 1.5.3 Waarom verkies 'n groter aantal mense steeds om in informele nedersettings te woon in vergelyking met agterplaashutjies? (1 x 2) (2) 1.5.4 Hoe verhoog die boumateriaal van informele nedersettings die kwesbaarheid (groter risiko) vir uiterste weerstoestande? (1 x 2) (2) 1.5.5 Identifiseer en verduidelik EEN maatskaplike kwessie wat ontwikkel het as gevolg van die groei van informele nedersettings. (2 x 2) (4) 1.5.6 Hoe kan plaaslike munisipaliteite die uitdagings geassosieer met die groei van informele nedersettings, verminder? (2 x 2) (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Die foto's hieronder toon TWEE tipes boerdery. Pas die beskrywings in VRAAG 2.1.1 tot 2.1.7 by foto A of B. Skryf slegs die letter (A of B) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.8 B. 2.1.1 Boerdery wat 'n lae opbrengs per hektaar lewer 2.1.2 Boerdery wat op voedselsekerheid in plaaslike gemeenskappe fokus 2.1.3 Boerdery wat kapitaal-intensief is en gevorderde tegnologie gebruik 2.1.4 Boerdery wat met monokultuur geassosieer word 2.1.5 Boerdery wat as kleinskaalse boerdery beskryf word 2.1.6 Produkte vir tuis- en uitvoermark 2.1.7 Word met grootskaalse boerderypraktyke geassosieer (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/November 2021 NSS 2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D. 2.2.1 Die BBP is die totale waarde van … A goedere en dienste wat in een jaar in 'n land geproduseer word. B goedere en dienste wat in een jaar deur permanente burgers geproduseer word. C uitvoere wat in een jaar die land verlaat. D invoere wat in een jaar die land binnekom. 2.2.2 Die konsep … word gebruik om te verwys na produkte wat in Suid-Afrika verkoop word. A uitvoermark B invoermark C tuismark D internasionale mark 2.2.3 Voedselsekerheid vind plaas wanneer … A daar 'n tekort aan voedsel is wat hongersnood veroorsaak. B daar toegang tot voldoende voedsame voedsel is. C boere droogte en gewasbesmetting (siektes) ervaar. D boere voldoende voedsel produseer. 2.2.4 … is 'n fisiese faktor wat voedselsekerheid in Suid-Afrika beïnvloed. A Navorsing B Handel C MIV/Vigs D Reënval 2.2.5 TWEE tipes nywerhede wat met massavervoer geassosieer word: (i) Alomteenwoordig (ii) Swaar (iii) Lig (iv) Grondstof-georiënteerd A (i) en (iii) B (ii) en (iv) C (ii) en (iii) D (i) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/November 2021 NSS 2.2.6 TWEE tipes nywerhede wat oor die algemeen met laer vlakke van lugbesoedeling geassosieer word: (i) Alomteenwoordig (ii) Swaar (iii) Lig (iv) Grondstof-georiënteerd A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (i) en (iii) D (ii) en (iv) 2.2.7 … is 'n voorbeeld van 'n tersiêre aktiwiteit. A Mynbou B Motorvoertuigmontering C Vervoer D Inligtingstegnologie 2.2.8 … verwys na die verskil in waarde tussen invoere en uitvoere. A Handelsooreenkoms B Handelsbalans C Plaaslike handel D Internasionale handel (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/November 2021 NSS 2.3 Verwys na die uittreksel oor steenkoolmynbou in Suid-Afrika. Suid-Afrika se voorheen florerende steenkoolsektor het 'n opmerklike afname in beleggings oor die afgelope jare gehad volgens statistiek van die Mineraalraad van Suid-Afrika wat 'n R2 miljard-verlies sedert 2010 toon. Omdat die toekoms van Suid-Afrika se steenkoolbedryf donker lyk en disinvestering van steenkoolontginning wêreldwyd voortgaan, het sommige van Suid-Afrika se steenkoolmynmaatskappy-reuse hul ondernemings verkoop of is in die proses om dit te verkoop. Uitdagings waarvoor die steenkoolbedryf staan, sluit in 'n gewysigde kliëntebasis vir die land se steenkooluitvoere aangesien ontwikkelde lande na hernubare energiebronne beweeg. Daar is 'n vyandige befondsingsomgewing vir steenkoolprojekte aangesien finansiële instellings nasionaal en internasionaal nie meer in steenkoolprojekte belê nie as gevolg van die druk wat omgewingsgroepe uitoefen  ook 'n uitdaging vir nuwer steenkoolmynmaatskappye met minder finansiële krag as groot steenkoolmynmaatskappye. Mpumalanga, 'n groot steenkoolverskaffer in Suid-Afrika, ervaar hoë vervoerkoste. Die afname in die ontginning van steenkool het 'n verdere uitdaging vir steenkoolmyne in Mpumalanga geskep. [Bron: https://www.miningforschools.co.za/lets-explore/coal/south-african-coal-mining-today] 2.3.1 Met hoeveel het beleggings in steenkool sedert 2010 verminder, volgens die Mineraalraad van Suid-Afrika? (1 x 1) (1) 2.3.2 Volgens die grafiek, oor watter TWEE-jaar-periode is die grootste afname in produksie aangeteken? (1 x 2) (2) 2.3.3 Hoe veroorsaak die ligging van die steenkoolmyne in Mpumalanga 'n toename in die uitvoerkoste van steenkool? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/November 2021 NSS 2.3.4 Ten spyte van Mpumalanga se ryk steenkoolreserwes, staan die steenkoolbedryf voor 'n donker toekoms. Haal redes uit die uittreksel aan vir hierdie donker toekoms. (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik hoe die afname in die ontginning van steenkool 'n negatiewe ekonomiese impak op Mpumalanga sal hê. (3 x 2) (6) 2.4 Verwys na die infografika oor die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied en die Weskus Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI). Die Suidwestelike Kaap dra sowat 15% tot die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor se uitset by. Alhoewel die provinsie se landbouverwerkingsektor veerkrag (sterkte/krag) in hierdie ekonomies moeilike tye getoon het, word die kernnywerheidsgebied se werklike ekonomie deur vervaardiging en kommersiële landbou oorheers. Die vervaardigingsektor in die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied word ondersteun deur multinasionale maatskappye wat die gebied uitgekies het om voordeel uit die ekonomiese geleenthede van die plaaslike ekonomie sowel as dié in die res van Afrika te trek. Die gebied het groot beleggings van verskeie maatskappye gelok. Om die belangrikheid van die ondersteuning van die vervaardigingsektor te erken, het die Suid-Afrikaanse regering verskeie aansporings vir vervaardigingsbeleggers begin. [Aangepas uit https://www.engineeringnews.co.za/article/manufacturing-in-the -western-cape17-11-07] 2.4.1 Haal bewyse uit die infografika aan wat toon dat die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/November 2021 NSS 2.4.2 Noem TWEE vervoermiddele in die infografika wat die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied vir buitelandse beleggers aantreklik/ aanloklik maak. (2 x 1) (2) 2.4.3 Die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied word deur ligte nywerhede oorheers. (a) Waarom ondersteun die Suidwestelike Kaapse kern- nywerheidsgebied die ontwikkeling van ligte nywerhede?(2 x 2) (4) (b) Gee TWEE faktore wat die ontwikkeling van swaar nywerhede in die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied beperk het. (2 x 2) (4) 2.4.4 Verduidelik hoe die Weskus Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) verhoogde toegang tot internasionale markte vir die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied skep. (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na die uittreksel wat op die informele sektor gebaseer is. INFORMELE SEKTOR IN 'N HAGLIKE TOESTAND; DRA EGTER MILJARDE TOT DIE EKONOMIE BY Regering- en besigheidsingrypings gedurende die krisis het hoofsaaklik op die formele ekonomie gefokus; sodoende is die informele sektor geïgnoreer en is die kwesbaarste mense in die samelewing weerloos gelaat. Voorbeelde sluit in kos- en vlooimarkte, straatverkopers en wasserye, meestal in landelike en informele nedersettings. Dit word as informeel beskou aangesien dit selde op nasionale of streeksvlak geregistreer is, kontant-gebaseer is en dus nie belasting betaal nie, en gewoonlik nie 'n formele ooreenkoms met werknemers het nie. Die informele sektor staan ook as die 'skadu'-ekonomie bekend en dus word dit oorgesien of nie gunstig oorweeg gedurende beleidsformulering nie. Dit word dikwels in besigheidstrategieë geringgeskat en maklik met korrupsie vereenselwig. [Bron: https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/National/informal-sector-in-dire- situation-yet-contributes-billions-to-economy-202004241043] 2.5.1 Definieer die konsep informele sektor. (1 x 2) (2) 2.5.2 Gee 'n voorbeeld van 'n informele aktiwiteit in die uittreksel. (1 x 1) (1) 2.5.3 Waarom word die informele sektor as deel van 'n 'skadu'-ekonomie beskou? Haal uit die uittreksel aan. (2 x 2) (4) 2.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare strategieë voor wat die regering en besighede kan implementeer om die informele sektor te versterk. (4 x 2) (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 15 DBE/November 2021 NSS AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE AGTERGRONDINLIGTING OOR ERMELO N Koördinate: 26°31'S ; 29°58'O Ermelo is 'n opvoedkundige, nywerheids- en kommersiële dorp in die 7,750 km2 Gert Sibande Distrik Munisipaliteit in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 210 km oos van Johannesburg geleë. Dit is beide 'n landbou- en mynboustreek. Gemengde boerdery, soos mielie- en veeboerdery, vind in die distrik plaas. Mynbou is belangrik vir die distrik met antrasiet, steenkool en torbaniet wat gemyn word. [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Ermelo,_Mpumalanga] Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings River Rivier Sewerage works Rioolwerke Opencast mine Oopgroefmyn Prison Tronk Purification Plant Suiweringsaanleg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 16 DBE/November 2021 NSS 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS 3.1.1 Die dorp wat per spoor die naaste aan Ermelo is, is … A Breyton. B Camden. C Chrissiesmeer. D Piet Retief (1 x 1) (1) Verwys na punthoogte 1738, F in blok B1 en die windpomp, G in blok B3 op die topografiese kaart. 3.1.2 Die vryhand deursnit tussen punthoogte 1738 en die windpomp is … (1 x 1) (1) 3.1.3 Gee 'n rede vir die intersigbaarheid tussen punthoogte 1738 en die windpomp. (1 x 2) (2) 3.1.4 Wat is die verskil in hoogte tussen punthoogte 1738 en die windpomp? (1 x 1) (1) 3.1.5 Bereken die afstand tussen punthoogte 1738 en die windpomp in meter. Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Kaartskaal (2 x 1) (2) 3.1.6 Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.4 en 3.1.5 om die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1738 en die windpomp te bereken. Formule: Gemiddelde gradiënt = Vertikale interval (VI) Horisontale ekwivalent (HE) (2 x 1) (2) 3.1.7 Bepaal die verskynsel wat by die volgende koördinaatverwysing geleë is: 26˚31ʹ54ʹʹS;29˚57ʹ25ʹʹO (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 17 DBE/November 2021 NSS 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na die rioolwerke, J in blok A3, op die topografiese kaart. 3.2.1 Die rioolwerke is geleë in die … A oorgangsone. B landelik-stedelike oorgangsone. C kommersiële sone. D nywerheidsone. (1 x 1) (1) 3.2.2 Wesselton is 'n residensiële gebied wat naby die rioolwerke geleë is. Hoekom verlaag die ligging van die rioolwerke die eiendomwaarde van Wesselton? (1 x 2) (2) Verwys na straatpatrone (planne) H en I op die topografiese kaart. 3.2.3 Identifiseer straatpatrone (planne) H en I. (2 x 1) (2) 3.2.4 Waarom is straatpatroon (plan) I nie meer gewild in nuwe ontwikkelings nie? (1 x 2) (2) Verwys na die hospitaal 6 in blok E5 op die ortofotokaart. 3.2.5 Die hoof ekonomiese aktiwiteit by 6 in blok E5 op die ortofotokaart is (sekondêr/tersiêr). (1 x 1) (1) 3.2.6 Verduidelik waarom area 6 vir die ontwikkeling van die ekonomiese aktiwiteit wat in VRAAG 3.2.5 geïdentifiseer is, geskik was. (1 x 2) (2) Verwys na blok D1 en E1 op die topografiese kaart. 3.2.7 Hoe het die oopgroefmyn in blok D1 en E1 op die topografiese kaart 'n omgewingsongeregtigheid veroorsaak? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 18 DBE/November 2021 NSS 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die ruimtelike voorwerpe in blok D1 en E1 op die topografiese kaart. Gee 'n voorbeeld van die volgende: 3.3.1 'n Natuurlike lynverskynsel (1 x 1) (1) 3.3.2 'n Mensgemaakte poligoonverskynsel (1 x 1) (1) Verwys na die beeld (wat deur middel van afstandswaarneming geneem is), van die oopgroefmyn wat in blok D1 en E1 op die topografiese kaart te sien is. [Bron: https://live- production.wcms.abcnet.au/331aa383528239df7238f20fc4a225b9?] 3.3.3 Definieer die konsep afstandswaarneming. (1 x 2) (2) 3.3.4 Gee EEN sigbare attribuut van die oopgroefmyn deur na blok D1 en E1 op die topografiese kaart en die beeld hierbo te verwys. (1 x 2) (2) 3.3.5 Verduidelik hoe hierdie beeld van die oopgroefmyn meer effektief sal wees om die omgewingsongeregtigheid te assesseer as om die topografiese kaart te gebruik. (1 x 2) (2) [30] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all