Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202219 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2022 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60) VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in die finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2931CA VERULAM en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2931 CA 11 VERULAM word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Landelike nedersettings word met ... aktiwiteite geassosieer. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 1.1.2 'n Verspreide nedersettingspatroon ontwikkel waar daar … is. A een dominante waterbron B 'n oorvloed van water C 'n smal riviervallei D gemeenskaplike eienaarskap van grond 1.1.3 'n Voordeel van 'n kern landelike nedersetting: A Deel plaastoerusting B Groot, kommersiële stukke grond C Maak onafhanklike besluite D Maak groot winste 1.1.4 'n … is waar 'n nedersetting in verhouding tot die omliggende gebied geleë is. A Poort B Standplaas C Oorbrugpunt D Ligging 1.1.5 'n Droëpuntnedersetting is … water geleë, want water is … A ver van; skaars. B ver van; 'n bedreiging. C naby; 'n bedreiging. D naby; skaars. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/November 2022 NSS 1.1.6 Die skets hieronder verwys na 'n …-vormige nedersetting. [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=types+of+settlements] A sirkel B halfsirkel C kruispad D lineêr 1.1.7 Die sirkelvorm van die nedersetting hieronder word deur die … beïnvloed. [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=types+of+settlements] A meer B kuslyn C terrein D paaie 1.1.8 Die volgende fisiese faktore bepaal die standplaas van 'n nedersetting: (i) Toeganklik vir vervoer (ii) Afstand na mark (iii) Reliëf (iv) Vrugbare grond A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (ii) en (iv) D (iii) en (iv) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/November 2022 NSS 1.2 Kies die woord/term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Y. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Proses waardeur 'n verhoogde Y verstedeliking persentasie van die land se Z vlak van verstedeliking bevolking in stedelike gebiede gekonsentreer is 1.2.2 Toename in die aantal mense wat Y koers van verstedeliking in stedelike gebiede woon Z stedelike groei 1.2.3 Proses waardeur mense van Y sentralisasie stedelike gebiede na die Z teenverstedeliking omliggende landelike gebiede trek 1.2.4 Toename in die werklike fisiese Y stedelike uitbreiding grootte van 'n stedelike gebied Z stedelike hiërargie 1.2.5 Onbeplande verspreiding van Y ongebreidelde stedelike stedelike gebiede uitspreiding Z stedelike verval 1.2.6 Afname in die aantal mense wat Y landelik-stedelike migrasie in landelike gebiede woon Z landelike ontvolking 1.2.7 Rangskikking van nedersettings in Y hiërargie 'n gebied van die kleinste tot by Z metropolis die grootste (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/November 2022 NSS 1.3 Verwys na die bronne hieronder oor grondhervorming in Suid-Afrika. 'N VARS BENADERING TOT GRONDHERVORMING Suid-Afrika ervaar tans 'n probleem omdat die proses van grondhervorming te stadig gevorder het en baie van die grond wat oorgedra is, ekonomies onaktief geraak het. Teenstrydige (verskillende) menings veroorsaak dat Suid-Afrikaners baie vrae oor grondhervorming het. Wat is die toekoms van grondhervorming in Suid-Afrika? Kan die proses versnel word? Sal dit gelyke uitkomste lewer? In wie se belang sal opgetree word? By 'n Suid-Afrikaanse landboukongres het 'n paneelbespreking oor die toekoms van grondhervorming saamgestem dat wanneer dit by suksesvolle grondhervorming kom, intense onderhandelings en kompromieë noodsaaklik is. Dit kom ooreen met die drie pilare van grondhervorming, naamlik herverdeling, grondbesit en grondrestitusie. Grondrestitusie bied 'n uitdaging omdat fondse toegeken moet word om onteiende gemeenskappe vir die vroeëre verlies van grond te vergoed. Goed bestuurde grondhervorming kan bates vir die armes skep, verhoudings stabiliseer en ontwikkeling bevorder. Aan die ander kant, as dit swak bestuur word, vernietig dit bates, veroorsaak armoede in gemeenskappe en verswak die ekonomie. [Aangepas uit http://www.landreformfutures.org/] Swak bestuur Goed bestuur [Aangepas uit http://www.landreformfutures.org/] 1.3.1 Wat is grondhervorming? (1 x 2) (2) 1.3.2 Volgens die uittreksel, wat is die voordeel van goed bestuurde grondhervorming? (1 x 1) (1) 1.3.3 (a) Waarom word grondrestitusie as 'n uitdaging beskou? (1 x 2) (2) (b) Hoe illustreer B die suksesvolle proses van grondrestitusie? (1 x 2) (2) 1.3.4 Watter faktore het veroorsaak dat die 'proses van grondhervorming' te stadig gevorder het? (2 x 2) (4) 1.3.5 Verduidelik die sosiale voordele van goed bestuurde grondhervorming vir mense wat in landelike gebiede woon. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/November 2022 NSS 1.4 Verwys na die infografika hieronder oor die sentralesakekern (SSK) van Johannesburg as 'n grondgebruiksone. A SSK Die SSK van Johannesburg het in die laaste 20 jaar 'n afname in B Oorgangsone ekonomiese beleggings ervaar. Dit is die gevolg van probleme soos C Hoë-inkomste residensiële Hoëinkomste-residensieel misdaad, oneffektiewe openbare gebied vervoer, verval, 'n afname in toeganklikheid, ens. Hierdie faktore D Afgeleë sakegebied (ASG) dwing besighede om in afgeleë sakegebiede te hervestig, wat tot kommersiële desentralisasie lei. Ten spyte hiervan bly die grondwaardes in die SSK hoog. Die oorgangsone is oor die algemeen vervalle, maar behou hoë grondwaardes. [Aangepas uit businesstech.co.za] [Aangepas uit The Journal of the Helen Suzman Foundation, Issue 69, Junie 2013] 1.4.1 Noem TWEE eienskappe van die Johannesburgse SSK wat op die foto sigbaar is. (2 x 1) (2) 1.4.2 Watter grondgebruiksone het die hoogste grondwaarde, soos op die grafiek aangedui word? (1 x 1) (1) 1.4.3 Hoe beïnvloed die grondwaarde (antwoord op VRAAG 1.4.2) die gebouedigtheid in die SSK? (1 x 2) (2) 1.4.4 Waarom is die oorgangsone oor die algemeen vervalle ten spyte van hoë grondwaardes? (2 x 2) (4) 1.4.5 Waarom is die afgeleë sakegebied (ASG) aantreklik vir die hervestiging van besighede? (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/November 2022 NSS 1.5 Verwys na die uittreksel hieronder oor informele nedersettings. VLOEDE SAAI VERWOESTING IN INFORMELE NEDERSETTINGS IN ETHEKWINI-MUNISIPALITEIT 18 April 2022  12:45 Die onlangse vloede in Ethekwini en omliggende gebiede het honderde lewens geëis. Families is uit informele nedersettings verplaas, wat die behuisingsprobleem wat baie reeds ervaar, vererger het. Snelle verstedeliking en die regering se onbevoegdheid om voldoende formele behuising te verskaf, is onder die dryfvere van die toename in die aantal informele nedersettings. Die onbeskikbaarheid van geskikte grond vir behuising is te wyte aan beperkte vordering ten opsigte van grondbeleid. Dit vertraag weer die vermoë van plaaslike regerings om voldoende behuising te verskaf in gebiede wat nie onderhewig aan rampe, soos vloede, is nie. Die gevolg is dat 'n kwart van Suid-Afrika se stedelike bevolking in informele nedersettings woon wat gebou word waar mense ook al oop ruimtes vind wat onderhewig aan rampe is. Dit het 'n gebrek aan basiese geriewe en infrastruktuur, soos behoorlike paaie en stormwaterafvoerstelsels. Baie informele nedersettings is naby waterbronne en laagliggende gebiede geleë wat die risiko van oorstroming verhoog. [Aangepas uit ewn.co.za] 1.5.1 Wat is 'n informele nedersetting? (1 x 2) (2) 1.5.2 Haal 'n rede uit die uittreksel aan vir die toename in die aantal informele nedersettings in Ethekwini. (1 x 1) (1) 1.5.3 Waarom hou informele nedersettings in Ethekwini die risiko van oorstromings in? (1 x 2) (2) 1.5.4 Hoe sal die gebrek aan behoorlike paaie 'n negatiewe invloed hê op nooddienste om informele nedersettings in tye van rampe, soos vloede, te bereik? (1 x 2) (2) 1.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor om vloedverwante rampe in informele nedersettings in die Ethekwini- munisipaliteit te voorkom. (4 x 2) (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/November 2022 NSS VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Verwys na die tabel hieronder wat op ekonomiese aktiwiteite gebaseer is. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D. 2020 2021 BRUTO BINNELANDSE R301,92 miljard R351,43 miljard PRODUK RANDE IN MILJOENE Nutsprogramme 100 789 104 317 Vervoer 342 443 335 001 Dienste 1 052 692 10 607 113 Publieke administrasie 368 503 369 805 Mynbou 213 459 220 293 Vervaardiging 520 626 506 343 Konstruksie 108 604 111 021 Landbou 127 960 114 030 [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/?p=15273] 2.1.1 Die … van 'n land verwys na die totale waarde van goedere en dienste wat deur die permanente inwoners van die land geproduseer word. A bruto nasionale produk B bruto binnelandse produk C handelsbalans D handelsooreenkoms 2.1.2 Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) stel 'n mens in staat om … te vergelyk. A indiensnemingskoerse B ekonomieë van ander lande C lewenstandaarde D invoere en uitvoere 2.1.3 Die primêre ekonomiese aktiwiteit wat die meeste tot die BBP in 2020 en 2021 bygedra het: A Nutsprogramme B Landbou C Dienste D Mynbou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/November 2022 NSS 2.1.4 Die tersiêre ekonomiese aktiwiteit wat die meeste tot Suid-Afrika se BBP bydra: A Dienste B Nutsprogramme C Publieke administrasie D Vervoer 2.1.5 Konstruksie is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 2.1.6 Die ekonomiese aktiwiteit wat van 2020 tot 2021 'n afname getoon het: A Nutsprogramme B Dienste C Konstruksie D Landbou 2.1.7 Die ekonomiese aktiwiteit wat in 2021 die meeste tot die sekondêre sektor bygedra het: A Konstruksie B Dienste C Vervaardiging D Nutsprogramme 2.1.8 TWEE stellings hieronder is WAAR ten opsigte van die sektorbydraes tot Suid-Afrika se BBP: (i) Primêre sektor dra die minste by. (ii) Sekondêre sektor dra die minste by. (iii) Kwaternêre sektor dra die meeste by. (iv) Tersiêre sektor dra die meeste by. A (i) en (ii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (i) en (iii) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/November 2022 NSS 2.2 Pas elke tipe nywerheid in die diagram hieronder by die beskrywings wat volg. Skryf slegs die tipe nywerheid langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Fabriek. Alomteenwoordige nywerhede Markgeoriënteerde Grondstof- nywerhede georiënteerde nywerhede Swaar nywerhede Onafhanklike/ Ongebonde nywerhede Brugnywerhede Ligte nywerhede [Bron: Eksaminator se eie skets] 2.2.1 Naby aan klante geleë 2.2.2 Die beskikbaarheid van verskillende vorme van vervoer is belangrik 2.2.3 Benodig groot hoeveelhede gelyk grond aan die buitewyke van opgeboude gebiede 2.2.4 Ligging word nie deur enige spesifieke faktore bepaal nie 2.2.5 In opgeboude gebiede geleë, want daar is min lug- en geraasbesoedeling 2.2.6 Ligging word deur bonkige, onverwerkte materiaal bepaal 2.2.7 Telkom is 'n voorbeeld van hierdie tipe nywerheid (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/November 2022 NSS 2.3 Verwys na die uittreksel hieronder oor voedselsekerheid. VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA 20202021 Volgens 'n verslag vrygestel deur Statistiek Suid-Afrika, Measuring Food Security in South Africa: Applying the Food Insecurity Experience Scale, is byna 23,6 persent van Suid-Afrikaners in 2021 deur matige tot erge voedselonsekerheid beïnvloed. Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) werk daaraan om die meting van voedselsekerheid te verbeter en het onlangs die Voedselonsekerheid- ervaringskaal bekendgestel. Aangesien voedselonsekerheid 'n globale verskynsel is, is dit belangrik om dit te meet deur toerusting te gebruik wat vergelykbaarheid oor lande kan waarborg. Gesondheidspandemies, soos Covid-19, het baie Suid-Afrikaners hulle reg tot genoegsame kos ontsê, soos in die Suid-Afrikaanse Grondwet aangedui. Dit het die pogings wat aangewend is om die Nasionale Ontwikkelingsplan se doelstelling van ʹZero Hongerʹ teen 2030 te behaal, ondermyn. [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/?p=15273 2.3.1 Definieer die konsep voedselsekerheid. (1 x 2) (2) 2.3.2 Watter persentasie Suid-Afrikaners het in 2021 voedselonsekerheid ervaar? (1 x 1) (1) 2.3.3 Wat is volgens die uittreksel die belangrikheid van die Voedselonsekerheid-ervaringskaal? (1 x 2) (2) 2.3.4 Stel voor hoe gesondheidspandemies, soos Covid-19, tot voedselonsekerheid in Suid-Afrika lei. (1 x 2) (2) 2.3.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse regering boere kan bystaan om teen 2030 ʹZero Honger' te behaal. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/November 2022 NSS 2.4 Verwys na die infografika hieronder wat op goudproduksie tussen 1970 en 2020 in Suid-Afrika gebaseer is. Suid-Afrika was die wêreld se grootste goudprodusent omdat Suid-Afrika, slegs 50 jaar gelede, meer as 1 000 ton goud per jaar geproduseer het. Produksie het in Ton per jaar geproduseer 1970 'n hoogtepunt bereik, maar het sedertdien bestendig en skerp gedaal. Arbeidskwessies, soos stakings, het ook tot die afname in goudproduksie bygedra. Die daling van byna 80% in Suid-Afrikaanse goudproduksie het daartoe gelei dat Suid-Afrika onlangs deur China, Australië en die Verenigde State van Amerika verbygesteek is. [Aangepas uit https://www.google.com/ search?q=gold+mining+statistics+ South+Africa] VERGELYKING VAN GOUDPRODUKSIE PER TON GEPRODUSEER 1970 1990 2020 Suid-Afrika 1 000 600 101 China 10 100 380 Rusland 0 150 300 Australië 40 230 330 Verenigde State van Amerika 50 300 190 [Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure/Top-Five-Gold-Producing-Countries] 2.4.1 Volgens die grafiek, noem die neiging in Suid-Afrika se goudproduksie van 1970 tot 2020. (1 x 1) (1) 2.4.2 Hoeveel ton goud het Suid-Afrika in 2020 geproduseer, volgens die tabel? (1 x 1) (1) 2.4.3 Volgens die tabel, watter land was die leidende goudprodusent in 2020? (1 x 1) (1) 2.4.4 Noem TWEE fisiese faktore wat Suid-Afrika in 1970 as die belangrikste goudprodusent begunstig het. (2 x 2) (4) 2.4.5 Stel TWEE faktore voor wat van 1990 tot 2020 tot 'n afname in goudproduksie gelei het. (2 x 2) (4) 2.4.6 Verduidelik hoe 'n afname in Suid-Afrika se goudproduksie 'n negatiewe invloed op sy ekonomiese groei sal hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/November 2022 NSS 2.5 Verwys na die infografika hieronder oor die Dube-handelshawe Nywerheidsontwikkeling-sone (NOS). FEITELÊER: DUBE-HANDELSHAWE  Grootste groenveldlughawe-ontwikkeling in Afrika en die enigste een in Suid-Afrika wat meer as 3 800 hektaar (38 km²) beslaan.  30 km noord van Durban geleë.  45 km vanaf die besigste vraghawe in Afrika, naamlik die Durban-hawe.  Bestaan uit vyf besigheidsones: Dube-handelsone, Dube-vragterminaal, Dube- agrisone, Dube-stad, Dube-iConnect. LET WEL: 'n Groenveld-ontwikkeling vind plaas op 'n oop standplaas wat nie voorheen ontwikkel is nie. [Aangepas uit invest@dubetradeport.co.za] ADVERTENSIE OM BELEGGINGS EN NYWERHEDE NA DIE DUBE- HANDELSHAWE-NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE TE LOK King Shaka-lughawe Dube-handelshawe [Aangepas uit DubeTradePort.slideshare.net] 2.5.1 Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone? (1 x 2) (2) 2.5.2 Watter vervoerinfrastruktuur maak die Dube-handelshawe NOS uniek in vergelyking met ander NOS'e in Suid-Afrika, volgens die feitelêer? (1 x 1) (1) 2.5.3 Noem TWEE faktore op die kaart wat tot groter toeganklikheid tot die Dube-handelshawe-NOS gelei het. (2 x 1) (2) 2.5.4 Beskryf TWEE voordele met betrekking tot infrastruktuur wat die Dube-handelshawe-NOS kon bied om nywerhede te lok. (2 x 2) (4) 2.5.5 Verduidelik hoe die Dube-handelshawe-NOS arbeid in die provinsie sal opgradeer (verbeter). (3 x 2) (6) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 15 DBE/November 2022 NSS AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR VERULAM Koördinate: 29°35'S; 31°0'O Die dorp Verulam is 170 jaar oud en noord van Durban geleë. Dit het 'n bevolking van meer as 60 000 mense. Verulam bestaan uit digbevolkte residensiële en industriële areas soos Canelands. Aan die buitewyke is groot boerderygebiede waar die hoofgewas suikerriet is. Daar is stadige, maar bestendige vordering in die modernisering van die dorp deurdat verbeterde infrastruktuur aan die landelike gebiede verskaf word. Die Hazelmere-dam, slegs 'n paar kilometer noord van Verulam, is die hoofbron van water vir die gebied en word vir verskeie aktiwiteite soos watersport en visvang gebruik. Een van die hoofriviere wat deur Verulam vloei, is die Mdloti-rivier waarin die Hazelmere-dam gebou is. 'n Interessante feit is dat Verulam die enigste dorp in die wêreld is waar die hoofstraat (Wickstraat) in 'n rivier eindig. [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=map+of+verulam] Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS International airport Internasionale lughawe River Rivier Bridge Brug Furrow Voor Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 16 DBE/November 2022 NSS 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. 3.1.1 Die kontoerinterval op die ortofotokaart is (5 m/20 m). (1 x 1) (1) 3.1.2 Watter vertikale vergroting sal die mees gedetailleerde voorstelling van die landvorme op 'n deursnit gee? A 2 keer B 5 keer C 10 keer D 20 keer (1 x 1) (1) 3.1.3 Voltooi die ruitverwysing/koördinate van punthoogte 114 in blok C3 op die topografiese kaart. Skryf slegs die ontbrekende inligting neer wat nie by die vraag ingesluit is nie. (a) __º 37ꞌ 42''S (b) 31º __ꞌ __''O (3 x 1) (3) Verwys na die topografiese kaart. 3.1.4 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen F en G. Gebruik die volgende inligting: Vertikale interval (VI): 119 m – 80 m = 39 m (4 x 1) (4) 3.1.5 Bepaal of die gradiënt tussen (F tot G) steiler of meer geleidelik as (H tot I) is. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 17 DBE/November 2022 NSS 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na J in blok D4 op die topografiese kaart. 3.2.1 Is die nedersettingspatroon by J verspreid of kernagtig? (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem EEN standplaasfaktor wat boerdery in die gebied begunstig het. (1 x 1) (1) Verwys na residensiële gebied K in blok E3 op die topografiese kaart en die foto van dieselfde gebied hieronder. [Bron: https://www.google.com/search?q=residential=areas=in=verulam] 3.2.3 Gebied K is 'n (hoë/lae)-inkomste residensiële gebied. (1 x 1) (1) 3.2.4 Gee bewyse uit die topografiese kaart en/of foto om jou antwoord op VRAAG 3.2.3 te staaf. (1 x 2) (2) 3.2.5 Hoe toon die spasiëring van die kontoerlyne dat residensiële gebied K op steil/heuwelagtige grond gebou is? (1 x 1) (1) 3.2.6 Hoe het die heuwelagtige/steil grond die tipe straatpatroon in hierdie gebied op die topografiese kaart beïnvloed? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 18 DBE/November 2022 NSS Verwys na die ortofotokaart. 3.2.7 Verwys na Canelands (6) in blok A5 op die ortofotokaart en noem EEN liggingsfaktor wat die ligging van hierdie industriële gebied beïnvloed het. (1 x 1) (1) Verwys na die Hazelmere-dam in blok A1 en 'n vergrote uittreksel van die topografiese kaart hieronder. Voor Hazelmere- dam Piekniek- terrein Damwal 3.2.8 Noem EEN tersiêre aktiwiteit wat met die Hazelmere-dam geassosieer word. (1 x 1) (1) 3.2.9 Hoe dra hierdie tersiêre aktiwiteit (antwoord op VRAAG 3.2.8) tot die ekonomie van Verulam by? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 19 DBE/November 2022 NSS 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die blok hieronder wat blok D5 op die topografiese kaart verteenwoordig. SLEUTEL Rivier Pad Gebou Bewerkte land Beboste gebied [Bron: Eksaminator se eie skets] 3.3.1 Identifiseer die volgende: (a) Mensgemaakte poligoon-(gebied)verskynsel (b) Natuurlike lynverskynsel (2 x 1) (2) 3.3.2 Die TWEE verskynsels (antwoord op VRAAG 3.3.1) verteenwoordig (vektor-/raster-)data. (1 x 1) (1) Verwys na blok A3 en A4 op die ortofotokaart. 3.3.3 Bufferskepping is die afbakening van 'n gebied rondom 'n verskynsel/ligging. (a) Watter bewys dui aan dat daar bufferskepping langs die Mdloti-rivier plaasvind? (1 x 1) (1) (b) Verduidelik waarom dit nodig was om die Mdloti-rivier te buffer. (1 x 2) (2) Verwys na blok B4 en B5 op die topografiese kaart. 3.3.4 'n Datalaag is 'n laag van inligting wat op 'n spesifieke tema gebaseer is. (a) Identifiseer die infrastruktuur-datalaag wat internasionale verbindings vir die Dube-handelshawe (NOS) skep. (1 x 1) (1) (b) Hoe het die topografiese datalaag gehelp om die ideale ligging van die Dube-handelshawe (NOS) te bepaal? (1 x 1) (1) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all