Skip to content

Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202217 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10782 GEOGRAFIE VRAESTEL 2 TYD: 3 uur TOTAAL: 150 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 2 (Vraestel 2) 10782/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: VRAAG 1: Landelike en Stedelike Nedersettings (60) VRAAG 2: Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. ALLE diagramme word in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is. 5. Begin ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit te doen. 9. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, benoem, identifiseer of lys. 10. Meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv., 1020 hPa, 14°C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy kan ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1:50 000 topografiese kaart 2531BC EMJEJANE en ʼn 1:10 000 ortofotokaart 2531BC 19 EMJEJANE word verskaf. 15. Die area wat in ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 17. Jy moet die topografiese en ortofotokaarte aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inhandig. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 3 (Vraestel 2) 10782/22 AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die hoof kommersiële sone van ʼn stedelike gebied is die ... A sentrale sakekern. B oorgangsone. C industriële sone. D voorstedelike besigheidsdistrikte. 1.1.2 Die … grondgebruiksone word gekenmerk deur die meeste besoedeling. A sentrale sakekern B landelike-stedelike randgebied C industriële D residensiële 1.1.3 Die … grondgebruiksone is onaantreklik, met hoë grondwaardes. A sentrale sakekern B oorgang C industriële D residensiële 1.1.4 Die grondwaarde in hierdie grondgebruiksone is die goedkoopste. A Sentrale sakekern B Oorgangsone C Landelike-stedelike randgebied D Residensiële sone 1.1.5 Die grondgebruiksone wat die hoogste geboudigtheid het. A Sentrale sakekern B Oorgangsone C Landelike-stedelike randgebied D Verwyderde besigheidsdistrik 1.1.6 ʼn Kommersiële sone geleë in die voorstede staan bekend as die ... A sentrale sakekern. B landelike-stedelike randgebied. C voorstedelike besigheidsdistrikte. D industriële sone. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 4 (Vraestel 2) 10782/22 1.1.7 Die grondgebruiksone waar die meeste mense woon. A Industriële sone B Oorgangsone C Sentrale sakekern D Residensiële sone 1.1.8 Lughawens is gewoonlik in hierdie grondgebruiksone geleë. A Sentrale sakekern B Landelike-stedelike randgebied C Residensiële sone D Oorgangsone (8 x 1) (8) 1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 I. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 ʼn Nedersetting wat geleë is in ʼn gebied A Stedelike nedersettings waar water skaars is B Terrein 1.2.2 Enkelfunksionele nedersetting C Kern 1.2.3 Nedersettings en geboue wat ver van mekaar geleë is D Droëpunt 1.2.4 Die werklike grond wat ʼn nedersetting E Ligging beslaan F Verspreid 1.2.5 Nedersettings wat naby mekaar geleë is G Landelike nedersettings 1.2.6 Multifunksionele nedersettings H Natpunt 1.2.7 Die verhouding tussen ʼn nedersetting en sy omliggende omgewing (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 5 (Vraestel 2) 10782/22 1.3 Verwys na die infografika oor Suid-Afrika se landelike bevolkingstendense van 2009 tot 2020 en beantwoord die vrae wat volg. 19 500 000 19 480 000 LANDELIKE BEVOLKING 19 460 000 BEVOLKING 19 440 000 19 420 000 19 400 000 19 380 000 19 360 000 19 340 000 19 320 000 SPOOKDORP Verminder rykdom Afname in tradi- en vraag na sionele landelike landelike dienste indiensneming Bevolkings- Dorpswinkel afname Sluitings- uitverkoping Verander die Alle dienste tempo van natuur- gekansel- Minder werks- like toename leer geleenthede Verswakking in ouderdom en geslagstruktuur Emigrasie [Bronne: https://tradingeconomics.com/south-africa/rural-population-wb-data.html; https://slideplayer.com/slide/4385253/; https://slideplayer.com/slide/7501747/] 1.3.1 Definieer die term landelike ontvolking. (1 x 2) (2) 1.3.2 Verskaf ʼn bewys vanaf die bevolkingsgrafiek dat landelike ontvolking ʼn werklikheid in Suid-Afrika is. (1 x 1) (1) 1.3.3 Beskryf die impak van landelike ontvolking op die ekonomie van landelike gebiede. (2 x 2) (4) 1.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, maak voorstelle aan die plaaslike regering hoe om die tendens van landelike ontvolking te verminder, en verduidelik wat die impak daarvan sal wees op die landelike ekonomie soos in die infografika aangedui word. (4 x 2) (8) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 6 (Vraestel 2) 10782/22 1.4 Verwys na die gevallestudie oor die groei van Suid-Afrikaanse stedelike nedersettings hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE GROEI VAN SUID-AFRIKAANSE STEDELIKE NEDERSETTINGS In 1990 het 52% van Suid-Afrikaners in stedelike nedersettings gewoon, maar ʼn skamele 30 jaar later woon meer as 67% van Suid-Afrika se bevolking in stede en dorpe. Die bevolkingsdigtheid binne die land het gestyg, en staan op 46 inwoners per vierkante kilometer, wat beteken dat meer mense ʼn kleiner ruimte deel. Baie geleenthede vir werk en ontspanning kan in die stedelike dele van Suid-Afrika gevind word. In teorie skep stedelike nedersettings toestande vir verbeterde gesondheid, onderwys en ekonomiese aktiwiteite omdat dienste oor ʼn kleiner gebied gekonsentreer is. In die praktyk, vinnige verstedeliking verswak egter omgewings- en gesondheidstoestande, plaas groot druk op die verskaffing van dienste en moedig misdaad en sosiale spanning aan. Gauteng het die grootste en vinnigste groeiende bevolking van al nege provinsies in Suid-Afrika. Die provinsie het tussen 2010 en 2020 ʼn bevolkingstoename van 33,7% ervaar, wat meer as dubbel is van die gemiddelde nasionale bevolkingstoename. [Bron: Aangepas uit Oxford South African Thematic Atlas for grades 7-9] 1.4.1 Definieer die term verstedeliking. (1 x 2) (2) 1.4.2 Verskaf EEN faktor vanuit die gevallestudie wat aandui waarom mense verkies om in stedelike gebiede te woon. (1 x 1) (1) 1.4.3 Volgens die gevallestudie "verswak vinnige verstedeliking omgewings- en gesondheidstoestande". Beskryf hoe vinnige verstedeliking die agteruitgang van omgewings- en gesondheidstoestande tot gevolg het. (2 x 2) (4) 1.4.4 Verduidelik waarom die gevallestudie na Gauteng verwys as die provinsie met die grootste en vinnigste groeiende bevolking in Suid- Afrika. (1 x 2) (2) 1.4.5 Evalueer die effek van verstedeliking op die verskaffing van dienste in Gauteng. (3 x 2) (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 7 (Vraestel 2) 10782/22 1.5 Verwys na die volgende infografika oor armoede in Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg. Graad van armoede in Suid-Afrika per provinsie Armoede is maklik om te sien, maar minder maklik om te definieer – of om oor ʼn stad, ʼn 44,1% provinsie of ʼn land te meet. Baie maatstawwe van armoede is op geld gebaseer. As ʼn persoon op minder as ʼn sekere drempel van inkomste leef, word dit beskou dat hulle in armoede leef. Robert Haveman INFORMELE NEDERSETTING [Bron: https://southafrica-info.com/people/mapping-poverty-in-south-africa/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 8 (Vraestel 2) 10782/22 1.5.1 (a) Identifiseer die provinsie in die infografika met die hoogste armoedesyfer in Suid-Afrika. (1 x 1) (1) (b) Verklaar die rede vir die hoër armoedekoers in die provinsie wat in VRAAG 1.5.1 (a) geïdentifiseer is. (1 x 2) (2) 1.5.2 Gee TWEE voorbeelde wat aandui dat die mense in die fotobeeld van die infografika in armoede leef. (2 x 1) (2) 1.5.3 Verduidelik hoe werkloosheid bydra tot armoede in stedelike gebiede. (2 x 2) (4) 1.5.4 Stel maniere voor hoe die plaaslike regering wat verantwoordelik is vir die gebied in die fotobeeld hierbo, armoede kan verminder. (3 x 2) (6) (15) [60] VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Gee EEN term om elk van die volgende ekonomiese aktiwiteite in die suikerbedryf te beskryf, deur ʼn term uit die lys hieronder te kies. Jy mag ʼn term meer as een keer gebruik. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. Primêre sektor, Sekondêre sektor, Tersiêre sektor, Kwaternêre sektor 2.1.1 ʼn Suikerboer neem arbeiders in diens om suikerriet te oes. 2.1.2 Suikerriet word per vragmotor na ʼn suikerfabriek vervoer. 2.1.3 Suiker word by die raffinadery vervaardig. 2.1.4 ʼn Advertensie-agentskap word gebruik om die logo vir die verpakking van die suiker te ontwerp. 2.1.5 Verkoopsverteenwoordigers bemark die suiker by kleinhandelwinkels. 2.1.6 Die suiker word na ander lande uitgevoer. 2.1.7 Kliënte koop suiker aanlyn. 2.1.8 Voorbereiding van landbougrond om suikerriet te plant (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 9 (Vraestel 2) 10782/22 2.2 Verwys na die infografika oor goud en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies om die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) en die korrekte antwoord in die ANTWOORDBOEK neer. GOUD – SLEUTELFEITE EN SYFERS  Die Witwatersrandkom bly die wêreld se grootste goudhulpbron.  Goudverkope (bygedra tot BBP) het in Die top mynmaatskappye in goudproduksie 2019 met 3,7% tot R72,6 miljard gestyg.  Goudproduksie het in 2019 afgeneem tot 101,3 ton.  Teen die huidige goudprys is meer as Produksie – ton die helfte van die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf marginaal.  Suid-Afrikaanse goud maak slegs 4,2% van wêreldwye goudproduksie uit.  Indiensneming in die goudsektor het oor die jare afgeneem.  Die goudbedryf het tans 95 130 mense in diens (beide geskoold en ongeskoold).  Totale werknemersverdienste het gestyg van R15,9 miljard in 2008 tot R24,3 miljard in 2019 (27,6 miljard in 2018). [Aangepaste bron: https://www.moneyweb.co.za/mineweb/anglogold-ashanti-bumped-off-list-of- top-10-mining-companies/ en https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold] 2.2.1 Mynbou is die (grootste/kleinste) bydraer tot die primêre sektor. 2.2.2 Die totale waarde van goedere en dienste wat in ʼn land in een jaar geproduseer word, staan bekend as die (BNP/BBP). 2.2.3 Die Witwatersrandkom is in die (Gauteng/Limpopo) provinsie geleë. 2.2.4 Goudmynmaatskappye neem (ongeskoolde en geskoolde/slegs ongeskoolde) arbeiders in diens. 2.2.5 Die lae termiese gradiënt van Suid-Afrika se rotslae (verminder/verhoog) mynboukoste. 2.2.6 Anglo Gold en Khumba Gold gekombineer, het in 2021 (656/489) ton goud geproduseer. 2.2.7 (Anglo Gold/Harmony Gold) mynmaatskappy produseer die meeste goud in Suid-Afrika. (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 10 (Vraestel 2) 10782/22 2.3 Verwys na die infografika hieronder wat inligting verskaf oor die Dube Handelshawe NOS en beantwoord die vrae wat volg. DUBE HANDELSHAWE NOS Strategies geleë aan die ooskus van Suid-Afrika, gekoppel aan twee van Afrika se grootste seehawens, groot nasionale paaie en die tuiste van King Shaka Internasionale Lughawe, is die Dube Handelshawe NOS strategies geposisioneer by die kruising van plaaslike en globale intermodale vervoerroetes. Die Dube Handelshawe NOS is ʼn 50-jaar meesterbeplande lugvrag- en passasierspilpunt, wat uit vyf besigheidsones bestaan: 1. Dube Handelsone : Vir elektronika, farmaseutiese en lugvaartvervaardiging, samestelling en verspreiding. 2. Dube Vragterminaal: ʼn Moderne vraghanteringsfasiliteit met digitale opsporing en veilige vragvloei deur statutêre liggame op die terrein. 3. Dube Agrisone: ʼn Gevorderde landbougebied wat wêreldklasgeriewe bied. 4. Dube Stad: ʼn Premium besigheids- en gasvryheidsgebied van 12 hektaar, net 3 minute van die passasiersterminaal af. 5. Dube iConnect (Konnekteer): ʼn Vooraanstaande telekommunikasieplatform en hoogs aangeskrewe wolkdiensverskaffer. King Shaka Internasionale Lughawe Durban Internasionale Lughawe Agterkant van die hawe [Bronne: file:///C:/Users/GEO/Downloads/208227-Article%20Text-517726-1-10-20210607%20(1).pdf http://www.tikzn.co.za/images/exportweek/presentations/EPW2018/Day%203%20- %20Dube%20TradePort%20Presentation.pd https://www.dubetradeport.co.za/Pages/Special Economic Zone] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 11 (Vraestel 2) 10782/22 2.3.1 Waarvoor staan die afkorting NOS? (1 x 1) (1) 2.3.2 Identifiseer die provinsie waarin die Dube Handelshawe NOS geleë is. (1 x 1) (1) 2.3.3 Noem die hoof fisiese faktor wat die ligging van die Dube Handelshawe NOS beïnvloed het. (1 x 1) (1) 2.3.4 Hoe skep die Dube Handelshawe NOS die geleentheid vir industriële desentralisasie? (1 x 2) (2) 2.3.5 Bespreek hoe die infrastruktuurontwikkeling van die Dube Handelshawe NOS kan bydra tot ʼn positiewe handelsbalans vir die land. (2 x 2) (4) 2.3.6 Evalueer die sosio-ekonomiese impak van die Dube Handelshawe NOS op die plaaslike gemeenskap. (3 x 2) (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 12 (Vraestel 2) 10782/22 2.4 Verwys na die inligting in die infografika oor ʼn kernnywerheidstreek in Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg. FEITE: 2. Die Noordelike Korridor is om Tshwane  20% van SA se bevolking woon geanker as die administratiewe spilpunt hier van die stad en die middelpunt van die  370 mense/km2 motorsektor, navorsing, ontwikkeling,  97% verstedelik innovasie en die kennisgebaseerde  70% van SA se arbeidsmag woon ekonomie. hier  22% bydrae tot mynbousektor 3. Die Oostelike  Bydrae tot 38% van SA se BBP Korridor is geanker rondom die 1. Die Sentrale Korridor is om ekonomie van die die Stad van Johannesburg Ekurhuleni Metro as geanker as die middelpunt die spilpunt van van finansiële dienste, IKT vervaardiging, en farmaseutiese logistiek en vervoer. industrieë. 5. Die Westelike 4. Die Suidelike Korridor Korridor omsluit die sluit die Sedibeng- ekonomie van die distrik en die skepping huidige Wes-Randse van nuwe nywerhede, distrik en die nuwe ekonomiese skepping van nuwe nodusse en nuwe nywerhede, nuwe stede in. ekonomiese nodusse en nuwe stede. TAXISTAKING: Talle Soweto-pendelaars is gestrand gelaat Talle taxi-pendelaars is in dele van Soweto gestrand gelaat nadat ʼn Probleem in operateurs gestaak het. Sommige pendelaars het naby hierdie verkeerskruisings gestaan in die hoop dat ander vorme van openbare vervoer hulle na hulle onderskeie bestemmings sou gebied vervoer. Sommiges het geryloop sodat hulle by die werk kon kom. Die Bara-taxistaanplek, wat gewoonlik gons van bedrywighede, was Woensdag ʼn spookdorp. Straatverkopers is ook deur die staking geraak. [Bron: https://link.springer.com/chapter/10. https://www.news24.com/Tags/Topics/taxi%20] 2.4.1 Identifiseer die kernnywerheidsgebied wat in die bron uitgebeeld word. (1 x 1) (1) 2.4.2 Noem TWEE hoof nywerheidsaktiwiteite uit die infografika wat in hierdie kernnywerheidstreek geleë is. (2 x 1) (2) 2.4.3 Vanuit ʼn ekonomiese oogpunt, verduidelik waarom 20% van die bevolking in Suid-Afrika in hierdie kernnywerheidstreek woon. (1 x 2) (2) 2.4.4 Voorspel vanaf die infografika ʼn uitdaging wat pendelaars in die kernnywerheidstreek sal ervaar weens die bevolkingsdigtheid en taxistaking. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 13 (Vraestel 2) 10782/22 2.4.5 Hierdie nywerheidstreek dra by tot 38% van die land se BBP. Ontleed in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls die ekonomiese impak wat ʼn taxistaking in hierdie kernnywerheidstreek op die BBP van die land sal hê. (4 x 2) (8) (15) 2.5 Verwys na die onderhoud tussen Refiwe Moloto en Zanele Khomo hieronder, oor voedselsekerheid in KwaZulu-Natal en beantwoord die vrae wat volg. Cape Talk Show gasheer Refiwe Moloto gesels met Zanele Khomo van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid oor die plundering in KZN. Die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het gewaarsku dat die burgerlike onrus en openbare geweld in KwaZulu-Natal heel waarskynlik tot werkverliese en voedseltekorte in die land sal lei. “KZN dra spesifiek 16% van Suid-Afrika se BBP by, soveel skade is nadelig vir ons ekonomie,” sêZanele Khomo, die Hoofgroeibeampte van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Khomo sê die plundering en vernietiging sal lei tot voedselonsekerheid en verlies aan lewensinkomste aangesien baie fabrieke en voedselprodusente gesluit het. Volgens die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het die koste van die skade in die provinsie Maandag alreeds R100 miljoen oorskry en dit sou na verwagting in die dae en weke wat kom aanhou styg. Khomo sê amptenare van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Maandag met Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, vergader om ʼn uitslag van die situasie te gee. [Aangepas vanuit bron: https://www.capetalk.co.za/articles/421778/kzn-looting-will-affect- food-securty-job-security-and-livelihoods-durban-chamber-of-commerce, Capetalk 567 AM] 2.5.1 Definieer die term voedselonsekerheid. (1 x 2) (2) 2.5.2 Haal EEN direkte gevolg uit die uittreksel aan, van die burgerlike onrus en openbare geweld in KwaZulu-Natal, op voedselsekerheid. (1 x 1) (1) 2.5.3 Beskryf hoe die onrus tot voedselonsekerheid kon gelei het. (1 x 2) (2) 2.5.4 Bespreek die verband tussen werkloosheid en voedselonsekerheid. (2 x 2) (4) 2.5.5 Watter strategieë kan die regering implementeer om voedselonsekerheid te voorkom in die gebiede wat gemaak word deur die burgerlike onrus en openbare geweld in KwaZulu-Natal? (3 x 2) (6) (15) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 14 (Vraestel 2) 10782/22 AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE AGTERGRONDINLIGTING OOR EMJEJANE Koördinate: 25°26' S 31°41' O Emjejane, voorheen bekend as Hectorspruit, is ʼn klein plaasdorpie geleë tussen Kaapmuiden en Komatipoort op ʼn suidelike sytak van die Krokodilrivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die plase in die streek produseer suikerriet, subtropiese vrugte en groente. Die ligging van Emjejane skep uitstekende geleenthede vir voornemende beleggers en besighede om hulself te vestig in die gebied langs die N4-vervoerroete wat die Maputo Ruimtelike Ontwikkelingskorridor bedien. [Bron: https://mpumalanga.online/emjejane/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 15 (Vraestel 2) 10782/22 Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart gewys. ENGELS AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Firebreak Voorbrand 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Kies die korrekte antwoord vir vrae 3.1.1 – 3.1.3 uit die opsies hieronder. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) neer. 3.1.1 Volgens die stedelike hiërargie word Emjejane geklassifiseer as ʼn ... A stad. B plattelandse dorp. C gehuggie. D metropolitaanse gebied. 3.1.2 Emjejane is in die … provinsie geleë. A Limpopo B Noordwes C Mpumalanga D KwaZulu-Natal 3.1.3 Die plase in die omgewing van Emjejane produseer hoofsaaklik … A suikerriet. B subtropiese vrugte. C groente. D al die bogenoemde. (3 x 1) (3) Verwys na punthoogte 274 (blok A1) en punthoogte 271 (blok B3) op die topografiese kaart. 3.1.4 In watter jaar is die kaart saamgestel? (1 x 1) (1) 3.1.5 Gebruik die antwoord vir VRAAG 3.1.4 om die huidige verskil in jare te bereken. (1 x 1) (1) 3.1.6 Die jaarlikse verandering is 5' weswaarts. Bereken die gemiddelde jaarlikse verandering in 2022. (1 x 1) (1) 3.1.7 Gebruik die antwoord op VRAAG 3.1.6 om huidige magnetiese deklinasie te bereken. (1 x 1) (1) 3.1.8 Bepaal die ware peiling van punthoogte 271 in blok B3 vanaf punthoogte 274 in blok A1. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 16 (Vraestel 2) 10782/22 3.1.9 Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.7 en 3.1.8 om die magnetiese peiling te bereken vanaf punthoogte 274 in blok A1, tot punthoogte 271 in blok B3. (1 x 1) (1) (10) 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na die boerdery gebied (Hectorspruit Sitruslandgoed) in blok D1 van die topografiese kaart. 3.2.1 Wat is die doel van die reguit ry bome op die Hectorspruit Sitruslandgoed? (1 x 1) (1) 3.2.2 Verteenwoordig boerdery in hierdie area grootskaalse of kleinskaalse boerdery? (1 x 1) (1) 3.2.3 Verskaf bewyse vanaf die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 te ondersteun. (1 x 2) (2) Verwys na die N4-hoofweg wat van oos na wes loop op die topografiese kaart. 3.2.4 Identifiseer die ROI wat langs die N4-hoofweg ontwikkel het. (1 x 1) (1) 3.2.5 Gee bewys vanaf die topografiese kaart dat die ROI genoem in VRAAG 3.2.4 infrastruktuurontwikkeling in Emjejane stimuleer. (1 x 1) (1) 3.2.6 Bespreek hoe die ontwikkeling wat in VRAAG 3.2.4 geïdentifiseer is, ekonomiese groei in Emjejane tot gevolg kon hê. (1 x 2) (2) Verwys na Nedersetting 7 en Nedersetting 8 op die ortofotokaart. 3.2.7 Watter van die nedersettings, 7 of 8, word as ʼn informele nedersetting beskou? (1 x 1) (1) 3.2.8 Verskaf bewyse vanaf die ortofotokaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.7 te ondersteun. (1 x 2) (2) 3.2.9 Waar sou die meeste van die inwoners van die informele nedersetting in diens geneem word? (1 x 1) (1) (12) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 17 (Vraestel 2) 10782/22 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die spoorlyne in Blok A1 en B1 op die ortofotokaart. 3.3.1 Data-integrasie is die kombinasie van verskillende tipes data en datalae van ʼn spesifieke area vir die doel van besluitneming. Noem TWEE datalae wat ʼn ingenieur sal oorweeg voor die beplanning van die roete wat die spoorlyne sal volg. (2 x 1) (2) 3.3.2 Verduidelik hoe data-integrasie stadsingenieurs gehelp het toe hulle die ontwikkeling van die spoorlyne beplan het. (1 x 2) (2) Verwys na die ortofotokaart. 3.3.3 Data vir die ortofotokaart is deur die proses van afstandwaarneming ingesamel. Definieer afstandwaarneming? (1 x 2) (2) 3.3.4 Hoe het afstandwaarneming ontwikkelaars gehelp met die ontwikkeling van die Maputo-korridor (N4) langs blokke D4 en D5? (1 x 2) (2) (8) TOTAAL AFDELING B: 30 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all