Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
NASIENRIGLYNE
GEOGRAFIE (VRAESTEL 2) (10782)
28 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers 

%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)

View all%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)





Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 1.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 1.3Rural and urban settlements22 marks
- Question 1.4Rural and urban settlements24 marks
- Question 1.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 2.1Economic geography of South Africa8 marks
Show all 13 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
BEGINSELS VIR NASIEN VAN GEOGRAFIE – 2022
Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om die nasienprosesse te standaardiseer.
NASIEN
• ALLE vrae MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of verkeerd is.
• Waar die maksimum punte vir ʼn spesifieke vraag toegeken is, plaas ʼn M oor die res van die
teks om aan te dui dat die maksimum punte behaal is.
• ʼn Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word: √
o Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word: √
o Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word: √√
o Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor die punt toegeken word.
o Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan
plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met ʼn duidelike, netjiese kruisie gemerk word: X
o Gebruik MEER as een kruisie (x) oor ʼn paragraaf/besprekingstylvrae om aan te dui dat
alle feite in ag geneem is.
o MOENIE ʼn streep deur ʼn verkeerde antwoord trek nie.
o MOENIE die verkeerde feite onderstreep NIE.
LET OP DIE VOLGENDE
• Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, solank die volgorde van antwoorde op
vrae gevolg word, kan kandidate gekrediteer word.
• Spelfoute – as die antwoord herkenbaar is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
• Wees sensitief vir die konteks van ʼn antwoord, wat op ʼn ander manier gestel kan word.
• In vrae waar ʼn letter die verwagte antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord skryf
– ken die punte toe.
TOTALE EN OORDRAG VAN PUNTE
• Elke subvraag moet opgetel word.
o Vrae in Afdeling A het vyf onderafdelings, daarom word vyf subtotale per vraag vereis.
Afdeling B het drie onderafdelings en drie subtotale.
o Onderafdelingtotale moet in die regterkantse kantlyn aan die einde van die
onderafdeling geskryf en onderstreep word.
o Subtotale moet leesbaar geskryf word.
o Laat ruimte oop om gemodereerde punte op verskillende vlakke te skryf.
• Tel subtotale op en dra die totaal oor na die boonste linkerkantse kantlyn langs die
vraagnommer.
• Dra totale oor na die omslag van die antwoordboek.
MODERERING
Nasien moet op elke vlak van moderering geskied op dieselfde manier as die aanvanklike
nasien. Alle riglyne vir nasien moet nagekom word.
Indien ʼn punt vir ʼn subvraag na moderering verander word, moet die moderator die nasiener
se punt doodtrek en die nuwe punt soos volg neerskryf, 12 16.
Die totaal vir die vraag moet herbereken word, en geskrap word, en die nuwe totaal moet soos
volg neergeskryf word, 26 36.
2
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
1.1 Verskeie opsies word verskaf as ʼn moontlike antwoord op die volgende vrae. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die hoof kommersiële sone van ʼn stedelike gebied is die ...
A (1)/sentrale sakekern
1.1.2 Die … grondgebruiksone word gekenmerk deur die meeste besoedeling.
C (1)/ industriële
1.1.3 Die … grondgebruiksone is onaantreklik, met hoë grondwaardes.
B (1)/ oorgang
1.1.4 Die grondwaarde in hierdie grondgebruiksone is die goedkoopste.
C (1)/ Landelik-stedelike randgebied
1.1.5 Die grondgebruiksone wat die hoogste geboudigtheid.
A (1)/Sentrale sakekern
1.1.6 ʼn Kommersiële sone, geleë in die voorstede, staan bekend as die ...
C (1)/Voorstedelike besigheidsdistrik
1.1.7 Die grondgebruiksone waar die meeste mense woon.
D (1)/Residensiële sone
1.1.8 Lughawens is gewoonlik in hierdie grondgebruiksone geleë.
B (1)/ Landelik-stedelike randgebied
(8 x 1) (8)
3
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – H) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.7) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 I.
1.2.1 H (1) Natpunt
1.2.2 G (1)/Landelike nedersettings
1.2.3 F (1)/Verspreid
1.2.4 B (1)/Terrein
1.2.5 C (1)/Kern
1.2.6 A (1)/Stedelike nedersettings
1.2.7 E (1)/Ligging (7 x 1) (7)
4
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.3 Verwys na die infografika oor Suid-Afrika se landelike bevolkingstendense van 2009 tot
2020.
19 500 000
LANDELIKE BEVOLKING 19 480 000
19 460 000
BEVOLKING
19 440 000
19 420 000
19 400 000
19 380 000
19 360 000
19 340 000
19 320 000
SPOOKDORP
Verminder rykdom
Afname in tradi- en vraag na
sionele landelike landelike dienste
indiensneming
Bevolkings-
Dorpswinkel afname
Te koop Sluitings-
uitverkoping Verander die
Alle dienste
gekansel- tempo van natuur-
Minder werks-
leer like toename
geleenthede
Verswakking in
ouderdom en
geslagstruktuur
Emigrasie
[Bronne: https://tradingeconomics.com/south-africa/rural-population-wb-data.html;
https://slideplayer.com/slide/4385253/; https://slideplayer.com/slide/7501747/]
1.3.1 Definieer die term landelike ontvolking.
Die afname in die aantal mense wat in ʼn landelike gebied woon. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
1.3.2 Verskaf ʼn bewys vanaf die bevolkingsgrafiek dat landelike ontvolking ʼn
werklikheid in Suid-Afrika is.
Die grafiek toon ʼn afname in bevolking vanaf 2017 (19 480 000) tot
2020 (19 320 000). (1) (1 x 1) (1)
5
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.3.3 Beskryf die impak van landelike ontvolking op die ekonomie van
landelike gebiede.
Sluiting van skole, klinieke en dienste (bv. plase sal gesluit word)
beteken mense sal hul werk verloor. (2)
Daar sal verminderde welvaart in landelike gebiede wees, dus geen
koopkrag nie. (2)
Die vraag na landelike dienste sal verminder – daar sal mense
sonder werk en sonder ʼn inkomste wees. (2)
Winkels sal sluit aangesien die koopmark baie kleiner sal wees. (2)
Dorpe sal spookdorpe word omdat daar minder ekonomiese
aktiwiteite sal wees om die instandhouding van die infrastruktuur
te ondersteun. (2)
Minder werksgeleenthede dus ʼn kleiner inkomste. (2)
[Enige TWEE. Voorbeelde kan gekoppel word] (2 x 2) (4)
1.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls maak voorstelle aan die
plaaslike regering hoe om die tendens van landelike ontvolking te
verminder, en verduidelik wat die impak daarvan sal wees op die
landelike ekonomie soos in die infografika aangedui word.
Adverteer landelike gebiede om mense na die gebied terug te lok
vir meer koopkrag. (2)
Skep ontspanningsbesienswaardighede in landelike gebiede om
mense na hierdie gebiede te lok/mense in die area te hou. (2)
Ontwikkel die landelike gebiede in toeriste-aantreklikhede om
daardie gebiede ʼn ekonomiese inspuiting te gee. (2)
Herstel ou geboue in toeriste-aantreklikhede of hotelle om mense
na die area te lok. (2)
Ontwikkel dienste (aanvaar voorbeelde van dienste) om die jeug
terug te lok na die landelike gebiede. (2)
Desentralisasie van nywerhede na landelike gebiede om werk te
skep. (2)
Skuif nywerhede na landelike gebiede om meer werkers na die
landelike gebiede te lok. (2)
SDI sal daartoe lei dat die plaaslike regering in ruimtelike
ontwikkeling in die gebied belê. (2)
Infrastruktuurontwikkeling om beleggings in die gebied te lok. (2)
[Enige VIER] (4 x 2) (8)
(15)
6
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.4 Verwys na die gevallestudie oor die groei van Suid-Afrikaanse stedelike
nedersettings hieronder.
DIE GROEI VAN SUID-AFRIKAANSE STEDELIKE NEDERSETTINGS
In 1990 het 52% van Suid-Afrikaners in stedelike nedersettings gewoon, maar ʼn
skamele 30 jaar later woon meer as 67% van Suid-Afrika se bevolking in stede en
dorpe. Die bevolkingsdigtheid binne die land het gestyg, en staan op 46 inwoners
per vierkante kilometer, wat beteken dat meer mense ʼn kleiner ruimte deel. Baie
geleenthede vir werk en ontspanning kan in die stedelike dele van Suid-Afrika
gevind word. In teorie skep stedelike nedersettings toestande vir verbeterde
gesondheid, onderwys en ekonomiese aktiwiteite omdat dienste oor ʼn kleiner
gebied gekonsentreer is. In die praktyk, vinnige verstedeliking verswak egter
omgewings- en gesondheidstoestande, plaas groot druk op die verskaffing van
dienste en moedig dit misdaad en sosiale spanning aan.
Gauteng het die grootste en vinnigste groeiende bevolking van al nege provinsies
in Suid-Afrika. Die provinsie het tussen 2010 en 2020 ʼn bevolkingstoename van
33,7% ervaar, wat meer as dubbel is van die gemiddelde nasionale
bevolkingstoename.
[Bron: Aangepas vanuit: Oxford South African Thematic Atlas for grades 7-9]
1.4.1 Definieer die term verstedeliking.
ʼn Toename in die persentasie of proporsie mense wat in stedelike
gebiede woon. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
1.4.2 Verskaf EEN faktor vanuit die gevallestudie wat aandui waarom mense
verkies om in stedelike gebiede te woon.
Baie geleenthede vir werk en ontspanning (1)
Verbeterde gesondheid (1)
Verbeterde onderwys (1)
Ekonomiese aktiwiteite (1)
Dienste gekonsentreer in ʼn klein area (1)
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.4.3 Volgens die gevallestudie verswak "vinnige verstedeliking omgewings- en
gesondheidstoestande". Beskryf hoe vinnige verstedeliking die agteruitgang
van omgewings- en gesondheidstoestande tot gevolg het.
Omgewing:
Meer mense en aktiwiteite in die stedelike gebiede sal meer
omgewingsprobleme tot gevolg hê, bv., besoedeling. (2)
Hoër bevolkingsdigtheid sal lei tot uitputting van natuurlike
hulpbronne. (2)
Meer infrastruktuurontwikkeling, bv., paaie, huise sal die vernietiging van
die natuurlike omgewing tot gevolg hê. (2)
Meer mense sal lei tot verhoging in temperatuur (stedelike hitte-
eiland/besoedelingskoepel/rookmis) wat lei tot verandering in die
natuurlike omgewing.(2)
Gesondheid:
Meer mense sal ‘n toename in besoedeling veroorsaak wat n negatiewe
uitwerking op die gesondheid van mense sal hê. (2)
Hoër bevolkingsdigtheid lei tot meer stresverwante harttoestande/
angstigheid. (2)
Hoë bevolkingsdigtheid sal lei tot die vinnige verspreiding van siektes,
bv., COVID-19. (2)
Hoë bevolkingsdigtheid sal druk op gesondheidsdienste plaas wat sal lei
tot verslegtende gesondheidstoestande van die bevolking. (2)
[EEN moet op die omgewing wees en EEN moet op
gesondheidstoestande wees]
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
1.4.4 Verduidelik waarom die gevallestudie na Gauteng verwys as die provinsie met
die grootste en vinnigste groeiende bevolking in Suid-Afrika.
Gauteng is sentraal geleë wat beteken dat dit is baie toeganklik wees via
pad, lug en spoor. (2)
Gauteng het ʼn hoë konsentrasie nywerhede. (2)
Gauteng het ʼn goed ontwikkelde infrastruktuur. (2)
Gauteng is die ekonomiese middelpunt van die land. (2)
Baie geleenthede vir werk en ontspanning kan in Gauteng gevind word. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.4.5 Evalueer die effek van verstedeliking op die verskaffing van dienste in Gauteng.
Meer mense sal veilige, redelik beskikbare watervoorrade verminder. (2)
Hoë vraag na water lei tot swak voorsiening van water vir sanitasie,
dreinering en verkryging van vaste afval. (2)
‘n Hoë aanvraag na dienste sal ’n begrotingsdruk op munisipaliteite plaas.
(2)
Hoë vraag na elektrisiteit sal die lewering van elektrisiteit onder druk plaas
as gevolg van die toenemende persentasie mense in stedelike gebiede. (2)
Hoër bevolking vereis dat meer klinieke gebou word om mediese dienste
aan ʼn hoër bevolking in stedelike gebiede te verskaf. (2)
Meer mense in stedelike gebiede beteken meer mense wat rommel strooi
wat op sy beurt beteken dat meer bestee moet word aan die verwydering
van vullis. (2)
Druk op reeds onderdrukte openbare vervoerstelsels – mense maak
gebruik van “Uber/Bolt” – meer druk op pendelaars se sakke. (2)
Groter vraag na opvoedkundige dienste. (2)
[Enige DRIE]
(3 x 2) (6)
[Aanvaar enige stedelike dienste] (15)
9
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.5 Verwys na die volgende infografika oor armoede in Suid-Afrika.
Graad van armoede in
Suid-Afrika per provinsie Armoede is maklik om te sien,
maar minder maklik om te
definieer – of om oor ʼn stad, ʼn
44,1% provinsie of ʼn land te meet.
Baie maatstawwe van
armoede is op geld gebaseer.
As ʼn persoon op minder as ʼn
sekere drempel van inkomste
leef, word dit beskou dat hulle
in armoede leef.
Robert Haveman
INFORMELE NEDERSETTING
[Bron: https://southafrica-info.com/people/mapping-poverty-in-south-africa/]
10
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.5.1 (a) Identifiseer die provinsie in die infografika met die hoogste
armoedesyfer in Suid-Afrika.
Gauteng (1) (1 x 1)
(b) Verklaar die rede vir die hoër armoedekoers in die provinsie wat in
VRAAG 1.5.1(a) geïdentifiseer is.
Groot toestroming van mense uit ander provinsies of lande
verhoog die mededinging om werk. (2)
Laer vergoeding as gevolg van ʼn groot poel van arbeiders. (2)
Werkloosheid as gevolg van ʼn groot aantal immigrante wat
bereid is om te werk vir ʼn laer betaling. (2)
Werkloosheid as gevolg van ʼn gebrek aan vaardighede en
kwalifikasies. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
1.5.2 Gee TWEE voorbeelde wat aandui dat die mense in die fotobeeld van
die infografika in armoede leef.
Swak boustrukture (1)
Kinders is in die strate en nie by die skool nie/gebrek aan
onderwys (1)
Mense wat self take doen omdat hulle nie ʼn professionele persoon
kan bekostig om die werk/ bewyse van handearbeid op foto (1)
Swak infrastruktuur (bv., behuising, paaie) (1)
[Enige TWEE] (2 x 1) (2)
1.5.3 Verduidelik hoe werkloosheid bydra tot armoede in stedelike gebiede.
Mense sonder ʼn inkomste kan nie bekostig om verbande/huur te
betaal nie en wend hulle dus tot informele nedersettings. (2)
Mense sonder ʼn inkomste kan hulself nie voed nie en dit lei tot
meer bedelaars. (2)
Hoë armoedekoers as gevolg van werkloosheid plaas meer druk op
die regering in die uitreiking van maatskaplike toelaes/meer toelaes
sal betaal moet word. (2)
Groter druk op belastingbetalers om toelaes te subsidieer. (2)
Toename in die aantal haweloses aangesien hulle nie ʼn inkomste
het om behoorlike huise te bekostig nie. (2)
Werkloosheid sal lei tot die toename in misdaad in stedelike
gebiede. (2)
Munisipaliteite bestee geld om die armes te voed in plaas daarvan
om geld te bestee aan die verbetering van infrastruktuur, ens. (2)
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
1.5.4 Stel maniere voor hoe die plaaslike regering wat verantwoordelik is vir
die gebied in die fotobeeld hierbo, armoede kan verminder.
Help die inwoners met werkskepping, bv.
entrepreneursprogramme. (2)
Fokus op projekte wat volhoubare inkomste in die gemeenskap kan
genereer. (2)
Verspreiding van kos, klere en basiese benodigdhede aan die
mense wat in die informele nedersetting woon. (2)
Voorsien die inwoners van goedkoper dienste soos elektrisiteit en
water. (2)
Voorsien suksesvolle mentorskapprogramme,
lewensvaardigheidskursusse en loopbaanbeplanningsprojekte aan
die inwoners van die area. (2)
Ontwikkel vroue om uitreikprogramme in die area uit te voer. (2)
Belê geld in vaardigheidsontwikkeling sodat mense ʼn geleentheid
kan kry om ʼn ordentlike werk te kry om ʼn behoorlike inkomste te
verdien. (2)
Verhoog toelaes om meer inflasieverwant te wees. (2)
Verskaf opleidingsgeleenthede aan inwoners om in spesifieke
werke te spesialiseer sodat hulle werk kan kry om ʼn inkomste te
verdien. (2)
Gaan in vennootskap met suksesvolle besighede buite die gebied
om geleenthede in die gebied in te bring vir mense om ʼn inkomste
te verdien. (2)
[Enige DRIE] (3 x 2) (6)
(15)
[60]
12
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
2.1 Gee EEN term om elk van die volgende ekonomiese aktiwiteite in die suikerbedryf
te beskryf, deur ʼn term uit die lys hieronder te kies. Jy mag ʼn term meer as een
keer gebruik. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.8) in die
ANTWOORDBOEK neer.
Primêre sektor, Sekondêre sektor, Tersiêre sektor, Kwaternêre sektor
2.1.1 ʼn Suikerboer neem arbeiders in diens om suikerriet te oes.
Primêre sektor (1)
2.1.2 Suikerriet word per vragmotor na ʼn suikerfabriek vervoer.
Tersiêre sektor (1)
2.1.3 Suiker word by die raffinadery vervaardig.
Sekondêre sektor (1)
2.1.4 ʼn Advertensie-agentskap word gebruik om die logo vir die verpakking
van die suiker te ontwerp.
Kwaternêre sektor (1)
2.1.5 Verkoopsverteenwoordigers bemark die suiker by kleinhandelwinkels.
Tersiêre sektor/ Kwaternêre sektor (1)
2.1.6 Die suiker word na ander lande uitgevoer.
Tersiêre sektor (1)
2.1.7 Kliënte koop suiker aanlyn.
Tersiêre sektor (1)/Kwaternêre sektor (1)
2.1.8 Voorbereiding van landbougrond om suikerriet te plant.
Primêre sektor (1) (8 x 1) (8)
13
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.2 Verwys na die infografika oor goud en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies
om die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommer (2.2.1 – 2.2.7) en die
korrekte antwoord in die ANTWOORDBOEK neer.
GOUD – SLEUTELFEITE EN SYFERS
• Die Witwatersrandkom bly die
wêreld se grootste goudhulpbron.
• Goudverkope (bygedra tot BBP)
het in 2019 met 3,7% tot R72,6
miljard gestyg.
Die top mynmaatskappye in goudproduksie
• Goudproduksie het in 2019
afgeneem tot 101,3 ton.
• Teen die huidige goudprys is
meer as die helfte van die Suid-
Afrikaanse goudmynbedryf
marginaal.
• Suid-Afrikaanse goud maak
Produksie – ton
slegs 4,2% van wêreldwye
goudproduksie uit.
• Indiensneming in die goudsektor
het oor die jare afgeneem.
• Die goudbedryf het tans 95 130
mense in diens (beide geskoolde
en ongeskoolde).
• Totale werknemersverdienste het
gestyg van R15,9 miljard in 2008
tot R24,3 miljard in 2019
(27,6 miljard in 2018).
[Aangepaste bron: https://www.moneyweb.co.za/mineweb/anglogold-ashanti-bumped-off-list-of-
top-10-mining-companies/ en https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold]
14
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.2.1 Mynbou is die (grootste/kleinste) bydraer tot die primêre sektor.
grootste (1)
2.2.2 Die totale waarde van goedere en dienste wat in ʼn land in een jaar
geproduseer word, staan bekend as die (BNP/BBP).
BBP (1)
2.2.3 Die Witwatersrandkom is in die (Gauteng/Limpopo) provinsie geleë.
Gauteng (1)
2.2.4 Goudmynmaatskappye neem (ongeskoolde en geskoolde/slegs
ongeskoolde) arbeid in diens.
ongeskoolde/geskoolde (1)
2.2.5 Die lae termiese gradiënt van Suid-Afrika se rotslae (verminder/verhoog)
mynboukoste.
Verminder (1)
2.2.6 Anglo Gold en Khumba Gold gekombineer, het in 2021 (656/489) ton
goud geproduseer.
656(1)
2.2.7 (Anglo Gold/Harmony Gold) mynmaatskappy produseer die meeste
goud in Suid-Afrika.
Anglo Gold (1) (7 x 1) (7)
15
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.3 Verwys na die infografieka hieronder wat inligting verskaf oor die Dube
Handelshawe NOS.
DUBE HANDELSHAWE NOS
Strategies geleë aan die ooskus van Suid-Afrika, gekoppel aan twee van Afrika se groot
seehawens, groot nasionale paaie en die tuiste van King Shaka Internasionale Lughawe, is die
Dube Handelshawe NOS strategies geposisioneer by die kruising van plaaslike en globale
intermodale vervoerroetes.
Die Dube Handelshawe NOS is ʼn 50-jaar meesterbeplande lugvrag- en passasierspilpunt, wat
uit vyf besigheidsones bestaan:
1. Dube Handelsone : Vir elektronika, farmaseutiese en lugvaartvervaardiging,
samestelling en verspreiding.
2. Dube Vragterminaal: ʼn Moderne vraghanteringsfasiliteit met digitale opsporing en
veilige vragvloei deur statutêre liggame op die terrein.
3. Dube Agrisone: ʼn Gevorderde landbougebied wat wêreldklasgeriewe bied.
4. Dube Stad: ʼn Premium besigheids- en gasvryheidsgebied van 12
hektaar, net 3 minute van die passasiersterminaal af.
5. Dube iConnect (Konnekteer): ʼn Voorpunt-telekommunikasieplatform en vooraanstaande
wolkdiensverskaffer.
King Shaka
Internasionale
Lughawe
Durban
Internasionale
Lughawe Agterkant van
die hawe
[Bronne: file:///C:/Users/GEO/Downloads/208227-Article%20Text-517726-1-10-20210607%20(1).pdf
http://www.tikzn.co.za/images/exportweek/presentations/EPW2018/Day%203%20-
%20Dube%20TradePort%20Presentation.pd
https://www.dubetradeport.co.za/Pages/Special_Economic_Zone]
16
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.3.1 Waarvoor staan die afkorting NOS?
Nywerheidsontwikkelingsone (1) (1 x 1) (1)
2.3.2 Identifiseer die provinsie waarin die Dube Handelshawe NOS geleë is.
KwaZulu-Natal (1) (1 x 1) (1)
2.3.3 Noem die hoof fisiese faktor wat die ligging van die Dube Handelshawe
NOS beïnvloed het.
Naby die Durbanse hawe (1)
Naby die King Shaka Internasionale Lughawe (1)
Goed ontwikkelde infrastruktuur (1)
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
2.3.4 Hoe skep die Dube Handelshawe NOS die geleentheid vir industriële
desentralisasie?
Bied aantreklike diensafslag/regeringsaansporings
(water/elektrisiteit/vervoer) vir hervestigde nywerhede. (2)
Verskaf belastingkortings/toegewings vir nywerhede wat
gedesentraliseer is. (2)
Verskaf goed ontwikkelde infrastruktuur wat die produksiekoste sal
verlaag. (2)
Voorsien goedkoper en oop stukke grond vir toekomstige
ontwikkeling/groei van die bedryf. (2)
Bied toegang tot geskoolde en ongeskoolde arbeidsmag. (2)
Bied toegang tot hawens en vervoerskakels vir uitvoer van
produkte. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
2.3.5 Bespreek hoe die infrastruktuurontwikkeling van die Dube Handelshawe
NOS kan bydra tot ʼn positiewe handelsbalans vir die land.
Die NOS het gehelp met die ontwikkeling van paaie vir die uitvoer
en invoer van meer goedere. (2)
Uitvoer van goedere via die hawe sal handelsbalans verhoog. (2)
Die uitvoer van goedere via die lughawe sal die handelsbalans
verhoog. (2)
As meer goedere in hierdie NOS vervaardig kan word, kan meer
goedere uitgevoer word en sal die handelsbalans verhoog. (2)
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
17
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.3.6 Evalueer die sosio-ekonomiese impak van die Dube Handelshawe NOS
op die plaaslike gemeenskap.
Die Dube Handelshawe sal werksgeleenthede bied wat armoede sal
verminder. (2)
Die opleiding van mense, sal die mense in die omgewing help om
geskoolde werkers te word, daarom sal hulle ʼn beter inkomste
ontvang. (2)
Verlaging van misdaadsyfers omdat mense werk sal hê. (2)
Armoedeverligting/beter lewenstandaard omdat Dube Handelshawe
geld in die area sal inbring. (2)
Verbeterde infrastruktuur as gevolg van die opgradering van die
paaie en geboue wat die gemeenskap kan gebruik. (2)
Verbeterde dienslewering sal die plaaslike gemeenskap help om
toegang tot lopende water en elektrisiteit te kry. (2)
Meer/beter behuising sal vir die gemeenskap voorsien word. (2)
Dra by tot die plaaslike ekonomie omdat meer mense werk sal hê
en meer by die plaaslike winkels sal kan koop/toename in
koopkrag. (2)
Nyweraars is betrokke by maatskaplike
verantwoordelikheidsinisiatiewe om meer skole en
opleidingsfasiliteite te bou. (2)
Die vermenigvuldigingseffek/ontwikkeling van geassosieerde of
gekoppelde bedrywe sal meer werksgeleenthede verskaf. (2)
[Enige DRIE] (3 x 2) (6)
(15)
18
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.4 Verwys na die inligting in die infografika oor ʼn kernnywerheidstreek in Suid-Afrika.
FEITE: 2. Die Noordelike Korridor is om
20% van SA se bevolking woon hier Tshwane geanker as die
370 mense/km2 administratiewe hoofstad van die
97% verstedelik stad en die middelpunt van die
70% van SA se arbeidsmag woon hier motorsektor, navorsing,
22% bydrae tot mynbousektor ontwikkeling, innovasie en die
Bydrae tot 38% van SA se BBP kennisgebaseerde ekonomie
3. Die Oostelike
Korridor is geanker
1. Die Sentrale Korridor is rondom die
om die Stad van ekonomie van die
Johannesburg geanker Ekurhuleni Metro as
as die middelpunt van die spilpunt van
finansiële dienste, IKT vervaardiging,
en farmaseutiese logistiek en vervoer.
industrieë.
4. Die Suidelike Korridor
sluit die Sedibeng-
5. Die Westelike distrik en die skepping
Korridor omsluit die van nuwe nywerhede,
ekonomie van die nuwe ekonomiese
huidige Wes-Randse nodusse en nuwe
distrik en die stede in.
skepping van nuwe
nywerhede nuwe TAXISTAAKING: Talle Soweto-pendelaars is gestrand gelaat
ekonomiese nodusse
en nuwe stede. Talle taxi-pendelaars is in dele van Soweto gestrand gelaat nadat
operateurs gestaak het. Sommige pendelaars het naby
verkeerskruisings staan in die hoop dat ander vorme van
ʼn Probleem in openbare vervoer hulle na hulle onderskeie bestemmings sou
hierdie vervoer. Sommiges het geryloop sodat hulle by die werk kon kom.
Die Bara-taxistaanplek, wat gewoonlik gons van bedrywighede,
gebied was Woensdag ʼn spookdorp. Straatverkopers is ook deur die
staking geraak.
[Bron: https://link.springer.com/chapter/10. https://www.news24.com/Tags/Topics/taxi%20]
19
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.4.1 Identifiseer die kernnywerheidsgebied wat in die bron uitgebeeld word.
Gauteng/PWV/Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging (1) (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem TWEE hoof nywerheidsaktiwiteite uit die infografika wat in hierdie
kernnywerheidstreek geleë is.
Farmaseutiese nywerhede (1)
Motorsektor (Motorvoertuigonderdele en -bykomstighede) (1) (2 x 1) (2)
2.4.3 Vanuit ʼn ekonomiese oogpunt, verduidelik waarom 20% van die
bevolking in Suid-Afrika in hierdie kernnywerheidstreek woon.
Dit is ʼn hoogs verstedelikte gebied, wat beteken dat daar baie
werks/besigheids geleenthede is. (2)
Dit is die ekonomiese spilpunt van die land met twee hoofstede in
die provinsie, naamlik Johannesburg en Pretoria. (2)
Dit dra grootliks by tot die finansiële, vervaardigings-, vervoer-,
tegnologiese- en telekommunikasiesektore. (2)
Hierdie nywerheidsgebied huisves ʼn groot aantal oorsese
maatskappye wat ʼn kommersiële basis in Gauteng benodig. (2)
Dit is die tuiste van die Johannesburgse Aandelebeurs, die
grootste aandelebeurs in Afrika. (2)
Van die grootste maatskappye in Afrika en in die buiteland is in
Gauteng gesetel, of het kantore en takke hier, bv., Vodacom. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
2.4.4 Voorspel vanaf die infografika ʼn uitdaging wat pendelaars in die
kernnywerheidstreek sal ervaar weens die bevolkingsdigtheid en
taxistaking.
Gebrek aan openbare vervoer (2) (1 x 2) (2)
20
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.4.5 Hierdie nywerheidstreek dra tot 38% van die land se BBP by. Ontleed in
ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls die ekonomiese impak wat ʼn
taxistaking in hierdie kernnywerheidstreek op die BBP van die land sal
hê.
Dit sal ʼn beduidende impak hê op mense wat werk toe en
teruggaan – as hulle nie by die werk kan kom nie, verloor hulle
inkomste. (2)
Die taxibedryf gaan geld verloor en hulle maak ʼn groot bydrae tot
die BBP van die land. (2)
As mense nie hul werkplekke kan bereik nie, sal minder handel
plaasvind, daarom sal die BBP daal. (2)
As mense nie kan gaan werk nie, sal fabrieke tot stilstand kom dus
geen produktiwiteit nie. Dit sal beteken dat daar geen inkomste is
nie en die BBP sal daal. (2)
Die bydrae van Gauteng tot die BBP sal afneem omdat mense nie
vervoer sal hê om by die werk te kom nie. (2)
As die werkers nie werk toe gaan nie, sal hulle nie betaal word nie
en hulle sal minder geld hê om aan goedere en dienste te
spandeer. (2)
Die vermenigvuldigingseffek sal geraak word omdat indien mense
nie gaan werk nie, sal hulle nie geld hê om in die winkels te
spandeer nie, wat beteken dat minder winkelwerkers nodig is. (2)
Ander bedrywe wat staatmaak op werkers wat taxi's gebruik, sal ʼn
afname in produksie hê wat ʼn afname in inkomste vir die dag
beteken. (2)
[Enige VIER] (4 x 2) (8)
(15)
2.5 Verwys na die onderhoud tussen Refiwe Moloto en Zanele Khomo hieronder, oor
voedselsekerheid in KwaZulu-Natal.
Cape Talk Show, gasheer Refiwe Moloto gesels met Zanele Khomo van die Durbanse
Kamer van Koophandel en Nywerheid oor die plundering in KZN.
Die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het gewaarsku dat die burgerlike onrus en
openbare geweld in KwaZulu-Natal heel waarskynlik tot werkverliese en voedseltekorte in die
land sal lei.
“KZN dra spesifiek tot 16% van Suid-Afrika se BBP by, soveel skade is nadelig vir ons
ekonomie,” sê Zanele Khomo, die Hoofgroeibeampte van die Durbanse Kamer van Koophandel
en Nywerheid.
Khomo sê die plundering en vernietiging sal lei tot voedselonsekerheid en verlies aan
lewensinkomste aangesien baie fabrieke en voedselprodusente gesluit het.
Volgens die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het die koste van die skade in die
provinsie Maandag alreeds R100 miljoen oorskry en dit sou na verwagting in die dae en weke
wat kom aanhou styg.
Khomo sê amptenare van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Maandag
met Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, vergader om ʼn uitslag van die situasie te gee.
[Aangepas vanuit bron: https://www.capetalk.co.za/articles/421778/kzn-looting-will-affect-
food-securty-job-security-and-livelihoods-durban-chamber-of-commerce, Capetalk 567 AM]
21
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.5.1 Definieer die term voedselonsekerheid.
ʼn Toestand waarin mense nie genoeg voedsame kos het nie en dalk nie
weet waar hul volgende maaltyd vandaan sal kom nie. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
2.5.2 Haal EEN direkte gevolg van die burgerlike onrus en openbare geweld in
KwaZulu-Natal, op voedselsekerheid, uit die uittreksel aan.
Voedseltekorte (1) (1 x 1) (1)
2.5.3 Beskryf hoe die onrus tot voedselonsekerheid kon gelei het.
Die oproer en plundery, veral in KZN, het produksie vanaf plase beïnvloed
aangesien daar geen werkers was nie. (2)
Die oproer en plundering het kritieke aktiwiteite soos oeste belemmer. (2)
Sommige produkte kon nie geoes word nie as gevolg van onlusverwante
vandalisme. (2)
Boere het versuim om produkte na die Durbanse hawens te vervoer vir
uitvoer. (2)
Aflewerings aan die mark was nie moontlik nie. (2)
Baie werkers in die landbousektor in KZN kon nie tydens die oproer vir werk
aanmeld nie. (2)
Verspreidingsentrums was nie toeganklik vir die boeregemeenskap om hul
produkte te lewer nie. (2)
Verspreidingsentrums kon nie voedsel aan hul kliënte lewer om te verkoop
nie. (2)
Oproer en plundery het inkomsteverliese van hoogs bederfbare produkte tot
gevolg gehad. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
2.5.4 Bespreek die verband tussen werkloosheid en voedselonsekerheid.
Werklose mense is minder in staat om genoeg gesonde kos te koop om
hulself te voed. (2)
Wanneer werkloosheid toeneem, word voedselonsekerheid ʼn ernstiger
probleem. (2)
Honger en swak voeding kan fisiese en geestelike swakhede tot gevolg hê
wat sal lei tot afwesigheid van die werk. (2)
Voedselonsekerheid kan werkloosheid en armoede veroorsaak as gevolg
van die swak gesondheid van werkers. (2)
Hoe hoër die werkloosheid, hoe hoër is die koers van
voedselonsekerheid. (2)
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
22
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
2.5.5 Watter strategieë kan die regering implementeer om voedselonsekerheid te
voorkom in die gebiede wat geraak word deur die burgerlike onrus en openbare
geweld in KwaZulu-Natal?
Beskerm voedselvoorsieningskettings en beskou dit as noodsaaklike
dienste. (2)
Prioritiseer die verskaffing van voedsel aan die geaffekteerde gebiede. (2)
Plaas ʼn uitvoerverbod op voedselprodukte en voorsien eers die
geaffekteerde gebiede. (2)
Skep sekuriteit by die voedselmarkte in hierdie gebiede. (2)
Verbeter voedselbeskikbaarheid as ʼn prioriteit in die geaffekteerde
gebiede. (2)
Voedselnoodbestuurstelsels moet in plek gestel word. (2)
Die beweging van goedere, insluitend voedsel en landbouprodukte op die
paaie na hierdie gebiede, moet geprioritiseer word. (2)
Subsidieer voedselpryse sodat mense kan dit bekostig om kos te koop. (2)
[Enige DRIE] (3 x 2) (6)
(15)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
23
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
AGTERGRONDINLIGTING OOR EMJEJANE
Koördinate: 25°26' S 31°41' O
Emjejane, voorheen bekend as Hectorspruit, is ʼn klein plaasdorpie geleë tussen
Kaapmuiden en Komatipoort op ʼn suidelike sytak van die Krokodilrivier in Mpumalanga,
Suid-Afrika. Die plase in die streek produseer suikerriet, subtropiese vrugte en groente. Die
ligging van Emjejane skep uitstekende geleenthede vir voornemende beleggers en
besighede om hulself te vestig in die gebied langs die N4-vervoerroete wat die Maputo
Ruimtelike Ontwikkelingskorridor bedien.
[Bron: https://mpumalanga.online/emjejane/]
24
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
gewys.
ENGELS AFRIKAANS
Diggings Uitgrawings
Firebreak Voorbrand
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 B (1)/plattelandse dorp
3.1.2 C (1)/Mpumalanga
3.1.3 D (1)/Al die bogbenoemde (3 x 1) (3)
Verwys na kolhoogte 274 (blok A1) en kolhoogte 271 (blok B3) op die
topografiese kaart.
3.1.4 In watter jaar is die kaart saamgestel?
2014 (1) (1 x 1) (1)
3.1.5 Gebruik die antwoord vir VRAAG 3.1.4 om die huidige verskil in jare te
bereken.
2022 – 2014 = 8 (1) jare (1 x 1) (1)
3.1.6 Die jaarlikse verandering is 5' weswaarts. Bereken die gemiddelde
jaarlikse verandering in 2022.
8 x 5' = 40’ (1) (1 x 1) (1)
3.1.7 Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.6 om huidige magnetiese
deklinasie te bereken.
18° 28' + 40' = 18° 68' = 19° 08' W of Ware Noord (1) (1 x 1) (1)
3.1.8 Bereken die ware peiling van punthoogte 271 in blok B3 vanaf
punthoogte 274 in blok A1.
106° (2) – omvang (105º – 107º) (1 x 2) (2)
3.1.9 Bepaal die antwoorde op VRAAG 3.1.7 en 3.1.8 om die magnetiese
peiling te bereken vanaf punthoogte 274 in blok A1, tot punthoogte 271
in blok B3.
106° + 19° 08' = 125° 08' (1) Speling (124º 08' – 126º 08') (1 x 1) (1)
(10)
25
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die boerdery (Hectorspruit Sitruslandgoed) in blok D1 van die
topografiese kaart.
3.2.1 Wat is die doel van die reguit ry bome op die Hectorspruit
Sitruslandgoed?
Dien as ʼn windversperring /Die ry bome beskerm die sitrusbome
teen die wind. (1) (1 x 1) (1)
3.2.2 Verteenwoordig boerdery in hierdie area grootskaalse of kleinskaalse
boerdery?
Grootskaalse boerdery (1) (1 x 1) (1)
3.2.3 Verskaf bewyse vanaf die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 te
ondersteun.
Verbouing van gewasse op ʼn groot stuk grond/landgoed (2)
Produksie is op groot skaal. (2)
Oor die algemeen, monokultuur (Een tipe gewas – Sitrus) (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
Verwys na die N4-hoofweg wat van oos na wes loop op die topografiese kaart.
3.2.4 Identifiseer die ROI wat langs die N4-hoofweg ontwikkel het.
Maputo Ruimtelike Ontwikkelings Korridor (1) (1 x 1) (1)
3.2.5 Gee bewys vanaf die topografiese kaart dat die ROI genoem in VRAAG
3.2.4 infrastruktuurontwikkeling in Emjejane stimuleer.
Paaie in aanbou (1)
Padwerke (1) (1 x 1) (1)
3.2.6 Bespreek hoe die ontwikkeling wat in VRAAG 3.2.5 geïdentifiseer is,
ekonomiese groei in Emjejane tot gevolg kon hê.
Verskaf werk aan plaaslike inwoners in die bou van paaie -
opheffing van gemeenskappe. (2)
Verskaf ander infrastruktuurontwikkeling (gee voorbeelde). (2)
Moedig entrepreneurskap aan – plaaslike inwoners open besighede
om die werkers te voorsien wat in diens is om die paaie te bou. (2)
Moedig ander verwante nywerhede aan om rondom die N4 te
ontwikkel en skep dus meer werksgeleenthede en genereer meer
inkomste. (2)
Verbygaande padverkeer sal besigheidsontwikkeling tot gevolg hê
aangesien die pendelaars sal stop en produkte koop (2)
Verbygaande verkeer sal inkomste in die gebied inbring. (2)
Ontwikkeling van paaie moedig vervoer van goedere aan. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
26
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
Verwys na Nedersetting 7 en Nedersetting 8 op die ortofotokaart.
3.2.7 Watter van die nedersettings, 7 of 8, word as ʼn informele nedersetting
beskou?
7 (1) (1 x 1) (1)
3.2.8 Verskaf bewyse vanaf die ortofotokaart om jou antwoord op VRAAG
3.2.7 te ondersteun.
Geen sigbare infrastruktuur, bv., paaie nie. (2)
Geen behoorlike behuisingstrukture nie. (2)
Wonings lyk tydelik/maak skofwonings. (2)
Ontwikkeling lyk onbeplan. (2)
Groepering van boustrukture (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
3.2.9 Waar sou die meeste van die inwoners van die informele nedersetting in
diens geneem word?
Op die sitruslandgoed (1)
In padkonstruksie (1)
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
(12)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die spoorlyne in Blok A1 en B1 op die ortofotokaart.
3.3.1 Data-integrasie is die kombinasie van verskillende tipes data en datalae
van ʼn spesifieke area vir die doel van besluitneming. Noem TWEE
datalae wat ʼn ingenieur sal oorweeg voor die beplanning van die roete
wat die spoorlyne sal volg.
Helling/reliëf van die grond (1)
Dreinering/water (1)
Tipe grond/onderliggende rotsstruktuur (1)
[Enige TWEE] (2 x 1) (2)
3.3.2 Verduidelik hoe data-integrasie stadsingenieurs gehelp het toe hulle die
ontwikkeling van die spoorlyne beplan het.
ʼn Opsomming van geïntegreerde data word gemaak wat dit
makliker maak om data te ontleed om die beste manier vir die
ligging van die spoorlyn te bepaal. (2)
Voorbeelde: Die helling/reliëf sal die dreinering van water
beïnvloed. (2)
Die onderliggende rotsstruktuur en die reliëf van die gebied sal die
bou van spoorlyne ondersteun. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
27
Downloaded from hlayiso.com
10782/22
Verwys na die ortofotokaart.
3.3.3 Data vir die ortofotokaart is deur die proses van afstandwaarneming
ingesamel. Definieer afstandwaarneming?
Kry van data oor die aarde se oppervlak van ʼn afstand af, sonder
om in kontak met die aarde se oppervlak te wees. (2) Verkry data
van bo/vertikaal. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
3.3.4 Hoe het afstandwaarneming ontwikkelaars gehelp met die ontwikkeling
van die Maputo-korridor (N4) langs blokke D4 en D5?
Data kan vir ontoeganklike gebiede ingesamel word om te bepaal
waar die ideale ligging sal wees om die korridor te bou. (2)
Groot areas kan as beelde vasgelê en ontleed word om die ideale
area vir die bou van die korridor te identifiseer. (2)
Waarneming van die area kon vinnig gedoen word. (2)
Ontwikkelaars het, met verloop van tyd, konsekwente beelde van
die area gehad om te bepaal wat die mees koste-effektief sal
wees. (2)
[Enige EEN) (1 x 2) (2)
(8)
TOTAAL AFDELING B: 30
TOTAAL: 150
28
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper