JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2025
GEOGRAFIE
(VRAESTEL 1)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
20 bladsye
Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)

View all


Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper.pdf
Geography · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 20
- File size
- 2.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 2
GR12 0625
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A:
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLLE SINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of ʼn lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart 2821AD UPINGTON en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart
2821 AD 16 & 21 UPINGTON word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 3
GR12 0625
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A.
Verwys na die stedelike hitte-eiland-isotermkaart hieronder om VRAAG 1.1.1 tot
1.1.4 te beantwoord.
SSK
LANDELIK
VOORSTEDELIK
[Aangepas uit Die Verenigde State se Omgewingsbeskermingsagentskap]
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 4
GR12 0625
1.1.1 Die temperatuurspeling tussen die middestad en die landelike gebied
is:
A 2 °C
B 3 °C
C 4 °C
D 5 °C
1.1.2 … verhoog die oppervlakte vir die absorpsie van sonstraling en beperk
die verkoelende effek van wind in die SSK.
A Motorvoertuie
B Teerpaaie
C Hoë geboue
D Natuurlike oppervlaktes
1.1.3 Landelike gebiede het laer temperature omdat hulle ʼn ... albedo en ...
watermassas as stedelike gebiede het.
(i) hoër
(ii) laer
(iii) minder
(iv) meer
A (i) en (iii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iv)
1.1.4 Voorstedelike gebiede is koeler as die SSK omdat hulle ... kunsmatige
oppervlaktes en ... evapotranpirasie het.
(i) minder
(ii) meer
(iii) hoër
(iv) laer
A (i) en (iv)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iv)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 5
GR12 0625
Verwys na die foto van ʼn besoedelingskoepel oor Johannesburg hieronder om
VRAAG 1.1.5 tot 1.1.7 te beantwoord.
[Bron: Joburgetc.com]
1.1.5 Die foto verteenwoordig ʼn besoedelingskoepel tydens ʼn …
A nag in die somer.
B nag in die winter.
C dag in die winter.
D dag in die somer.
1.1.6 In die foto is besoedelingstowwe gekonsentreer ... die Aarde se
oppervlak as gevolg van ʼn ... in die bolug.
(i) verder van
(ii) nader aan
(iii) laagdruksel
(iv) hoogdruksel
A (i) en (iv)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.7 Besoedelingstowwe, in die besoedelingskoepel, meng met stralingsmis
om ... te vorm.
A suurreën
B rookmis
C mis
D adveksiemis
(7 x 1) (7)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 6
GR12 0625
1.2 Kies die korrekte term/konsep oor valleiklimaat in KOLOM B wat ooreenstem
met die beskrywings/stellings in KOLOM A. Skryf slegs Y of Z langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK, neer, bv. 1.2.9 Y.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Hierdie helling is geskik vir bosbou in Y Noordwaarts
die Suidelike Halfrond. Z Suidwaarts
1.2.2 Hierdie neerslag vorm wanneer die Y Dou
temperatuur in die vallei bo vriespunt is. Z Ryp
1.2.3 Dit vang besoedeling in die vallei vas Y Termiese gordel
gedurende die nag. Z Inversielaag
1.2.4 Die neerslag wat boerderyprodukte sal Y Ryp
beïnvloed. Z Mis
1.2.5 Vorm wanneer lug afkoel tot doupunt as Y Rypholte
gevolg van aardstraling. Z Stralingmis
1.2.6 Mense wat op die valleihange woon, Y Katabatiese wind
ervaar hierdie wind gedurende die dag. Z Anabatiese wind
1.2.7 ʼn Wind wat gedurende die nag in ʼn Y
vallei ontwikkel.
Z
1.2.8 Huise word op hierdie plek gebou om
elektrisiteitrekeninge te verlaag.
(8 x 1) (8)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 7
GR12 0625
1.3 Verwys na die sinoptiese weerkaart hieronder oor middelbreedte siklone.
[Bron: Suid-Afrikaanse Weerdienste]
1.3.1 Wat noem ons ʼn reeks opeenvolgende middelbreedte-siklone? (1 x 1) (1)
1.3.2 Benoem front A en sektor B op die sinoptiese weerkaart. (2 x 1) (2)
1.3.3 Watter invloed het die Suid-Indiese Antisikloon, soos aangedui op die
sinoptiese weerkaart, op die pad wat middelbreedte-siklone volg? (1 x 2) (2)
1.3.4 Die middelbreedtesikloon by C is in die koue okklusiestadium. Teken ʼn
benoemde deursneeskets by C op die sinoptiese weerkaart. Punte sal
toegeken word vir die volgende:
(a) Dwarssnit (1 x 1) (1)
(b) Koue lug (1 x 1) (1)
(c) Koel lug (1 x 1) (1)
(d) Warm sektor (1 x 1) (1)
1.3.5 Verklaar die ontwikkeling van die weer wat Kaapstad op 3 Julie 2024
ervaar het. (3 x 2) (6)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 8
GR12 0625
1.4 Verwys na die infografika hieronder oor die Tropiese Sikloon Gamane.
PAD GENEEM DEUR TROPIESE SIKLOON GAMANE
[Bron: GDACS, METEO Madagascar]
Die Tropiese Sikloon (TC) Gamane het op 27 Maart in die Ampisikinana-gemeenskap,
Sava-streek, aan land gekom wat swaar reën en vloede na die noorde en noordooste
gebring het. Die negende tropiese depressiestelsel van die huidige sikloonseisoen het op
25 Maart langs die noordoostelike kus van Madagaskar begin ontwikkel. Sommige
distrikte in die noordooste het die afgelope paar dae groot reënval ontvang. Die Sambava-
distrik het net op 26 Maart 300 mm reën aangeteken. Op 27 Maart het Madagaskar ʼn rooi
waarskuwing uitgereik vir dreigende gevaar in die Diana- en Sava-streke; en ʼn geel
waarskuwing van bedreiging in die Ambatosoa- en Analanjirofo-streke.
[Aangepas uit VN-kantoor vir die koördinering van humanitêre sake, verkrygbaar op 19 November 2024]
1.4.1 Hoeveel tropiese siklone het voor Tropiese Sikloon Gamane
ontwikkel? (1 x 1) (1)
1.4.2 Wanneer het Tropiese Sikloon Gamane die land bereik, volgens die
infograpfika? (1 x 1) (1)
1.4.3 Beskryf die algemene rigting wat deur Tropiese Sikloon Gamane
gevolg is. (1 x 1) (1)
1.4.4 Bespreek die negatiewe omgewingsimpak (natuurlike impak) van Tropiese
Sikloon Gamane op die kusstreke wat in die gevallestudie genoem
word. (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom
Madagaskar steeds kwesbaar is vir die gevolge van tropiese siklone,
ten spyte van groot verbetering in vroeë waarskuwingstelsels en
ramphulpprogramme. (4 x 2) (8)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 9
GR12 0625
1.5 Bestudeer die volgende diagram en gevallestudie oor bergwinde.
SAWD WAARSKUWING VIR DURBAN
Durban – 4 Augustus 2024
Nhlanhla Sithole, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD),
voorspel dat die provinsie Sondag skadelike binnelandse winde kan ervaar. ʼn Geel vlak
2-waarskuwing is uitgereik, weens ʼn kouefront wat oor die suidelike binneland van die
land beweeg.
“Voor die kouefront het ons noordwestelike bergwinde. Hierdie winde lei tot warmer
temperature, veral oor die sentrale en oostelike dele van die provinsie. As gevolg van
hierdie sterk winde en warm temperature, is ʼn BGI (Brand Gevaar Indeks) waarskuwing
ook vir Sondag uitgereik.”
[Aangepas vanaf https://www.iol.co.za/dailynews/news/immediate-warning-of-extreme-heat-and-
elevated-fire-risk-across-kzn-3d15d9db-86f1-4d58-a085-167a03c648ac]
VEREENVOUDIGDE WEERKAART
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.5.1 Definieer die konsep bergwind. (1 x 2) (2)
1.5.2 Volgens die weerkaart, watter TWEE lugdrukselle is verantwoordelik
vir die voorkoms van bergwinde? (2 x 1) (2)
1.5.3 ʼn Bergwind is ʼn (aanlandige/aflandige) wind wat ontwikkel as gevolg
van die lugsirkulasie in die drukselle wat in VRAAG 1.5.2
geïdentifiseer is. (1 x 1) (1)
1.5.4 Verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Weerdiens ʼn Brandgevaar-
indeks op 4 Augustus 2024 uitgereik het. (2 x 2) (4)
1.5.5 Stel strategieë voor wat die plaaslike regering kan implementeer om
die impak van bergwinde op die natuurlike omgewing van die
kusstreke van KwaZulu-Natal te verminder. (3 x 2) (6)
[60]
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 10
GR12 0625
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Verwys na die diagram hieronder oor stroomroof.
Lees die volgende stellings en kies die toepaslike letter/woord tussen hakies om die
stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte letter/woord langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 2.1.8 H.
[Aangepas uit https://digitalteachers.co.ug/river-capture-meaning/]
2.1.1 Rivier F is die (geroofde/roof) stroom.
2.1.2 (Terugwaartse/Sywaartse) erosie is dominant by D.
2.1.3 Die roofelmboog sal heel waarskynlik by (E/C) plaasvind.
2.1.4 ʼn Windgaping sal heel waarskynlik by (E/A) ontwikkel.
2.1.5 ʼn Verarmde stroom sal in rivier (F/G) vorm.
2.1.6 Nadat stroomroof plaasvind, sal (erosie/afsetting) by A toeneem.
2.1.7 Die snelheid van rivier G sal (toeneem/afneem) by B na stroomroof.
(7 x 1) (7)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 11
GR12 0625
2.2 Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in
die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.9 A.
2.2.1 Die water wat by X in die skets hieronder, vloei word beskryf as ...
vloei.
DREINERINGS-
BEKKEN
RIVIER
[Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure]
A plaat
B basis
C laminêre
D kanaal
2.2.2 Die kenmerk by A in die onderstaande foto dui ʼn ... aan.
[Aangepas uit https://stock.adobe.com/za/search/images?k=river]
A gevlegte stroom
B sytak
C samevloeiing
D tussenloop
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 12
GR12 0625
Verwys na die diagram hieronder om VRAAG 2.2.3 en 2.2.4 te beantwoord.
[Aangepas uit https://speedeck.uk/news/]
2.2.3 … word deur die boorgat in die skets onttrek.
A Afloopwater
B Grondwater
C Plaatvloei
D Kanaalvloei
2.2.4 Die vlak van die watertafel sal ... by A wees as gevolg van die ...
van plantegroei bedekking.
(i) hoër
(ii) laer
(iii) teenwoordigheid
(iv) afwesigheid
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 13
GR12 0625
2.2.5 Die skets hieronder toon ʼn ... rivierprofiel.
RIVIEROEWER RIVIEROEWER
RIVIER
[Bron: Eksaminator se eie skets]
A dwars
B universele
C longitudinale
D breedtegraad
2.2.6 Die dominante fluviale proses in die boloop van die rivier is ...
A afsetting.
B sultasie.
C erosie.
D abrasie.
2.2.7 Die teenwoordigheid van ʼn ... in die rivierprofiel dui aan dat hierdie rivier
ongegradeer is.
[Aangepas uit https://www.coolgeography.co.uk/A-
level/AQA/Year%2012/Rivers]
A mond
B bron
C delta
D meer
2.2.8 Die teenwoordigheid van ʼn knakpuntwaterval in ʼn rivierloop dui daarop
dat ... plaasgevind het.
A onderkerwing
B abstraksie
C vernuwing
D afsetting
(8 x 1) (8)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 14
GR12 0625
2.3 Verwys na die volgende diagramme wat verskillende dreineringsbekkens toon.
DREINERINGSBEKKEN A DREINERINGSBEKKEN B
[Aangepas uit https://sageography.co.za/wiki/grade-12-caps/geomorphology/drainage-systems-in-
south-africa/drainage-patterns/]
2.3.1 Noem die dreineringspatroon wat in dreineringsbekken A sigbaar is.
(1 x 1) (1)
2.3.2 Noem EEN kenmerk van die dreineringspatroon wat in
dreineringsbekken A sigbaar is. (1 x 2) (2)
2.3.3 Beskryf die onderliggende rotsstruktuur wat die ontwikkeling van die
dreineringspatroon in dreineringsbekken A beïnvloed het. (2 x 2) (4)
2.3.4 Vergelyk die dreineringsdigtheid van dreineringsbekkens A en B.
(1 x 2) (2)
2.3.5 Bespreek hoe plantegroei bydra tot ʼn laer dreineringsdigtheid in ʼn
dreineringsbekken. (3 x 2) (6)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 15
GR12 0625
2.4 Verwys na die diagram van ʼn meander (rivierkronkel) hieronder.
[Aangepas uit https://link.springer.com/chapter/
10.1007/978-3-642-52338-0_34]
2.4.1 Benoem die loop van die rivier waar ʼn rivierkronkel gewoonlik sou vorm.
(1 x 1) (1)
2.4.2 Teken ʼn benoemde dwarsdeursnit van die meanderboog langs lyn
A – B. Punte sal vir die volgende toegeken word:
(a) Deursneeskets (1 x 1) (1)
(b) Glyoewer (1 x 1) (1)
(c) Stootoewer (1 x 1) (1)
(d) Oppervlakte van die vinnigste stroomvloei (1 x 1) (1)
2.4.3 Verduidelik hoe die voortgesette erosie- en afsettingsprosesse in die
meanderboog tot die ontwikkeling van ʼn hoefystermeer by C sal lei.
(3 x 2) (6)
2.4.4 ʼn Ontwikkelaar het gekies om ʼn vakansieoord by area D te bou.
Verduidelik waarom hierdie keuse van terrein ʼn gunstige (goeie) plek
vir konstruksie is. (2 x 2) (4)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 16
GR12 0625
2.5 Verwys na die volgende uittreksel oor rivierbestuur.
DWS OPEN AMPTELIK DIE BOOTSEISOEN OP DIE VAALRIVIER
Die DWS het die bootseisoen op Saterdag 7 September 2024 amptelik op die Vaalrivier
geopen. Hierdie gebeurtenis was ʼn belangrike prestasie in die stryd teen indringer
(uitheemse) waterplante wat die rivier beskadig het.
Die Vaalrivier is etlike maande lank geteister deur die vinnige verspreiding van
waterblaarslaai en waterhiasinte. Hierdie indringerspesies het groot dele van die rivier
oorgeneem en die inheemse plant- en dierelewe verstik. Die situasie is vererger deur
hoë vlakke van besoedeling in die opvangsgebied, wat die groei van hierdie plante
versnel het.
Die DWS het die erns van die probleem erken en opgetree om die probleem aan te
spreek. Deur gesamentlike pogings is die waterblaarslaai en waterhiasinte suksesvol
verwyder, sodat die rivier die herstelproses kon begin.
Deur ʼn proaktiewe benadering te volg, hoop die DWS om toekomstige besmettings te
voorkom en die gesondheid van die rivier te beskerm.
[Aangepas uit https://www.dws.gov.za/Communications/PressReleases/2024]
2.5.1 Wat is rivierbestuur? (1 x 2) (2)
2.5.2 Waarvoor staan die afkorting DWS ? (1 x 1) (1)
2.5.3 Verskaf ʼn aanhaling uit die uittreksel wat wys hoe waterblaarslaai en
waterhiasinte die Vaalrivier-ekosisteem ontwrig het. (1 x 2) (2)
2.5.4 Verduidelik waarom dit belangrik is om die gesondheid van die
Vaalrivier vir Gauteng te verseker. (1 x 2) (2)
2.5.5 Stel in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls maatreëls voor wat die
DWS kan implementeer om die toekomstige gesondheid van die
Vaalrivier te verseker. (4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 17
GR12 0625
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR UPINGTON
Koördinate: 28,45°S; 21.25°O
Upington is ʼn dorp geleë in die Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika, aan die oewer van die
Oranjerivier. Dit sit op ʼn hoogte van 835 meter bo seespiëel. Upington is die naaste groot
sentrum aan die Augrabies-waterval (waarskynlik die grootste van die Suid-Afrikaanse
watervalle) en die Kgalagadi-oorgrenspark. Die landskap is baie droog, maar die grond is
vrugbaar sodat gewasse soos vrugte in besproeiingslande verbou kan word. Upington het ʼn
warm woestynklimaat met lang, warm somers en kort, matige winters. Neerslag bereik ʼn
hoogtepunt gedurende die laat somer.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Upington#Geography_and_climate]
ENGLISH AFRIKAANS
Rifle range Skietbaan
Sewage works Rioolwerke
Furrow Voor
Canal Kanaal
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 18
GR12 0625
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Die kontoerinterval op die topografiese kaart is …
A 5 m.
B 10 m.
C 15 m.
D 20 m. (1 x 1) (1)
3.1.2 Upington is geleë in die ... provinsie, wat ʼn ... klimaat het.
(i) Wes-Kaap
(ii) Noord-Kaap
(iii) woestynagtige
(iv) subtropiese
A (i) en (iii)
B (ii) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (iii) en (iv) (1 x 1) (1)
3.1.3 Identifiseer die kaart wat wes van 2821 AD geleë is. (1 x 1) (1)
3.1.4 Verwys na die ortofotokaart.
Bereken die oppervlakte van die ontspanningsgrond wat aangedui
word as 6 in blokke A3/A4 en B3/B4, in meter. Gebruik die volgende
inligting: Breedte is 80 m.
Formule: Lengte x Breedte (3 x 1) (3)
3.1.5 Verwys na die topografiese kaart.
Bereken die gradiënt vanaf hoogtepunt 815 in blok C4 tot
trigonometriese stasie 71 in blok D5. Gebruik die volgende inligting:
Hoogtemeting is 24,2m.
Formule: Vertikale interval (VI)
Horisontale afstand (HE) (3 x 1) (3)
3.1.6 Verwys na die gebied tussen kolhoogte 815 (blok C4) tot by
trigonometriese stasie 71 (blok D5).
Die gebied is ongeskik vir gewasboerdery. Verskaf bewyse vanaf die
topografiese kaart om hierdie stelling te ondersteun. (1 x 1) (1)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 19
GR12 0625
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.1 (a) Die temperature by die beboude gebied in blok B1 is warmer as
die omliggende plattelandse gebiede in blok D3. Die konsep wat
hierdie verskynsel beskryf, is …
A besoedelingskoepel.
B stedelike profiel.
C stedelike hitte-eiland.
D temperatuur inversie. (1 x 1) (1)
(b) ʼn Oplossing vir hierdie verskynsel, antwoord op VRAAG 3.2.1 (a), is
om meer groengordels in hierdie beboude gebied te skep.
Definieer die konsep groengordel. (1 x 2) (2)
(c) Lewer bewyse van groengordels in blok B1. (1 x 1) (1)
3.2.2 Verwys na blok C4 en blok D4 op die topografiese kaart.
(a) Bereken die stroomorde by X in blok D4. (1 x 2) (2)
(b) Waar is die dreineringsdigtheid hoër, in blok C4 of in blok
D4? (1 x 1) (1)
3.2.3 Verwys na die ortofoto en topografiese kaart.
(a) Die stroomkanaal wat tussen 7 in blok D1 en 8 in blok E2 vloei, is
gevleg. Verskaf bewyse van die ortofoto om hierdie stelling te
regverdig. (1 x 2) (2)
(b) Wat is die naam van hierdie gevlegte stroom? (1 x 1) (1)
(c) Verduidelik met bewyse, die hoofrede vir die ontwikkeling van die
gevlegte stroom wat in VRAAG 3.2.3 (a) geïdentifiseer is. (1 x 2) (2)
Blaai om asseblief
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) 20
GR12 0625
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.3.1 Kies die korrekte opsie om hierdie stellings waar te maak.
(a) Daar word ook na beskrywende data op ʼn kaart verwys as
(ruimtelike data/attribute data). (1 x 1) (1)
(b) (Datamanipulasie/Data-integrasie) behels die kombinasie van
data uit verskillende bronne om ʼn meer omvattende siening te
skep. (1 x 1) (1)
3.3.2 Verwys na blok C5 op die topografiese kaart en identifiseer die volgende
kenmerke:
(a) ʼn Natuurlike lyn (water) kenmerk (1 x 1) (1)
(b) ʼn Mensgemaakte poligoonfunksie (1 x 1) (1)
(c) ʼn Puntkenmerk (1 x 1) (1)
3.3.3 (a) Verwys na die stelling hieronder oor die Oranjerivier, geleë in blok
B4 op die topografiese kaart.
Bufferskepping is waarneembaar aan weerskante van die
Oranjerivier. Definieer die konsep buffering. (1 x 2) (2)
(b) Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart dat bufferskepping
aan weerskante van die Oranjerivier in blok B4 plaasvind. (1 x 1) (1)
TOTAAL AFDELING B: 30
TOTAAL: 150
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Geography-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf
Question paper
HARTBEESPOORT DAM1 D FINAL.pdf

Question paper
GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans.pdf

Question paper
GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
2023 KZN Prelim P2 QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
3224BC_GRAAFF_REINET_A3 Deb_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans_hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_.pdf
Question paper
GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum_hlayiso.com_.pdf
Addendum
GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2019 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Addendum
GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Geography-Grade-12-NSC-MEMO-P1-May-June-2025-Free-State.pdf
More from Grade 12 Geography
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
GEOGRAPHY GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Question paper
3319AD_CERES_ P2 2023_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
2023 MP June Memo_hlayiso.com_.pdf
Question paper