Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 227.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1.1Geomorphology8 marks
- Question 1.2Geomorphology7 marks
- Question 1.3Geomorphology15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology15 marks
- Question 1.6Geomorphology15 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather7 marks
- Question 2.2Geomorphology8 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology13 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.3Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.6Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Laat ʼn lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.
9. Die puntetoekenning is soos (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN
volg: punt elk verwag word
(2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir TWEE
punte elk verwag word
10. As woorde/aksiewerkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer in ʼn
vraag gebruik word, is EENwoord-antwoorde aanvaarbaar.
As woorde/aksiewerkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer
Kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ʼn vraag gebruik word,
word VOLSINNE of frases verwag.
Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
11. Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1020 hPa, 14 °C of
45 m.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat die beweging van Orkaan Florence aantoon.
1.1.1 Watter bewys toon dat Orkaan Florence in die noordelike halfrond
voorkom?
1.1.2 Dui die seisoen waarin Orkaan Florence heel moontlik ontstaan het,
aan.
1.1.3 Noem die stadium van ontwikkeling van Orkaan Florence op
WOEN VM 150 MPH.
1.1.4 In watter algemene rigting beweeg Orkaan Florence?
1.1.5 Verskaf die nommer wat Orkaan Florence sal voorstel vir die seisoen
wat dit ontstaan het.
1.1.6 Op watter dag het Orkaan Florence begin om te ontbind?
1.1.7 Watter kategorie word Orkaan Florence as geklassifiseer?
1.1.8 Noem die benaderde oseaantemperatuur wat ʼn noodsaaklike toestand
was, vir die ontstaan van Orkaan Florence. (8 x 1) (8)
1.2 FIGUUR 1.2 toon gly- en stootoewers. Pas elk van die onderstaande
beskrywings by een van die oewers.
1.2.1 Die water vloei baie vinniger
1.2.2 Die vorm van hierdie oewer is konveks
1.2.3 Hierdie oewer word deur meer erosie gekenmerk
1.2.4 ʼn Rivierkrans kan heelmoontlik by hierdie oewer ontwikkel
1.2.5 Hierdie oewer staan ook as die binne-oewer bekend
1.2.6 Die vorm van hierdie oewer is konkaaf
1.2.7 Meer neerlating kom op hierdie oewer voor (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.3 FIGUUR 1.3 is ʼn diagram wat die invloed van antisiklone op die weer en
klimaat van Suid-Afrika toon.
1.3.1 Watter seisoen word deur skets X uitgebeeld? (1 x 1) (1)
1.3.2 Noem antisiklone A, B en C. (3 x 1) (3)
1.3.3 Noem EEN kenmerk van antisikloon B. (1 x 1) (1)
1.3.4 Verduidelik waarom antisiklone A en C verskillende posisies in
skets Y aanneem. (1 x 2) (2)
1.3.5 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls wat verduidelik hoe die
veranderde posisies van antisiklone A en C in skets Y die
weerpatrone van Suid-Afrika beïnvloed. (4 x 2) (8)
1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op die vorming van mis in ʼn vallei gebaseer is.
1.4.1 Noem die tipe vog wat op die valleivloer ontwikkel het. (1 x 1) (1)
1.4.2 Lys EEN toestand sigbaar op die skets wat die vorming van mis
bevoordeel het. (1 x 1) (1)
1.4.3 Noem wind A, wat hoofsaaklik snags in die vallei voorkom. (1 x 1) (1)
1.4.4 Waarom beweeg die wind wat by VRAAG 1.4.3 genoem was,
afwaarts? (1 x 2) (2)
1.4.5 Bespreek die rol wat die wind by VRAAG 1.4.3 genoem is, in die
vorming van mis sal speel. (2 x 2) (4)
1.4.6 Verduidelik die negatiewe impak wat die vorming van mis op die
mense wat in ʼn vallei woon, mag hê. (3 x 2) (6)
1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat twee tipes dreineringspatrone aantoon.
1.5.1 Wat is ʼn dreineringspatroon? (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem dreineringspatrone A en B. (2 x 1) (2)
1.5.3 Onderskei tussen dreineringspatrone A en B. (1 x 2) (2)
1.5.4 Gee rekenskap van die kort sytakke in dreineringspatroon B. (1 x 2) (2)
1.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die rol wat
onderliggende gesteentes in die formasie van die verskillende
dreineringspatrone, speel. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 5
1.6 FIGUUR 1.6 toon ʼn profiel van ʼn dreineerbekken.
1.6.1 Definieer die term dwarsprofiel (transversale) profiel. (1 x 1) (1)
1.6.2 Noem die tipe vloei kenmerk in die bo-loop van die
dreineringsbekken. (1 x 1) (1)
1.6.3 Stel EEN moontlik rede voor as motivering, vir jou antwoord in
VRAAG 1.6.2. (1 x 1) (1)
1.6.4 Verwys na die middel-loop van die rivier.
(a) Teken dwarsprofiele (transversale profiele) van die vallei in die
middel- en benede-loop van die rivier. (2 x 2) (4)
(b) Met verwysing na die dwarsprofiele (antwoord by
VRAAG 1.6.4 (a)), bespreek die verskil tussen die vorm van die
vallei in die middel- en benede-loop. (2 x 2) (4)
1.6.5 Bespreek die rol wat fluviale prosesse in die ontwikkeling van deltas
in die benede-loop van die rivier speel. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 2
2.1 Kies ʼn term in KOLOM B wat pas by ʼn klimatologiese beskrywing in
KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 J.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 ʼn Sone tussen lugmassas met A bergwind
verskillende voginhoud
2.1.2 Kom in somer voor, wanneer die land B aflandige winde
intensief verhit word
2.1.3 Die beweging van lug vanaf die see na C vogfront
die land
2.1.4 Warm, droë winde wat vanaf die D kuslaag
binneland waai
2.1.5 Veroorsaak dat vogtige lug tydens die E lyndonderstorms
somer na die binneland ingetrek word
2.1.6 Ontstaan in somer as gevolg van F afgesnyde laag
vogtige lug wat na die binneland vanaf
ʼn noordoostelike rigting, beweeg
2.1.7 ʼn Klein, swak ontwikkelde sel met ʼn G hitte-laag
radius van 100 kilometer
H aanlandige winde
(7 x 1) (7)
2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) van jou keuse langs
die vraagnommer (2.2.1–2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.2.9 A.
2.2.1 Verwys na die hoogste vlak van water wat ondergronds aangetref
word:
A Basisvlak
B Basisvloei
C Watertafel
D Grondwater
2.2.2 Riviere wat slegs na hewige reënval vloei, word ... riviere genoem.
A periodiese
B permanente
C eksotiese
D episodiese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 7
2.2.3 ʼn Aansig van die rivier vanaf die bron tot die monding, staan as ʼn ...
profiel bekend.
A dwars-
B transversale
C lengte-
D dreinering
2.2.4 Die term wat gebruik word om die proses te beskryf wanneer ʼn rivier
afwaarts erodeer nadat dit ʼn gegradeerde stadium bereik het.
A Verjonging
B Stroomroof
C Abstraksie
D Knakpunt
2.2.5 Die rivier is ouer as die onderliggende gesteentestruktuur in ʼn ...
dreineringspatroon.
A ontwrigte
B antesedente
C parallelle
D geërfde
2.2.6 Die punt waar een rivier ʼn ander kaap (vang) staan as die ... bekend.
A onthoofde stroom
B droë poort
C roofelmboog
D riviergruis
2.2.7 ʼn ... is ʼn draai of buiging langs die rivier.
A Levee
B Meander
C Hoefystermeer
D Vloedvlakte
2.2.8 Die hoogliggende gebied wat sy posisie verander gedurende
abstraksie, staan as ʼn ... bekend.
A Interfluviale-skeiding
B terasse-skeiding
C mesa-skeiding
D waterskeiding (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3, ʼn lewensiklus van ʼn middelbreedte-sikloon.
2.3.1 Watter bewyse dui daarop dat hierdie middelbreedte-sikloon in die
noordelike halfrond voorkom? (1 x 1) (1)
2.3.2 (a) Noem EEN kenmerk van die volwasse stadium van ʼn
middelbreedte-sikloon. (1 x 1) (1)
(b) Onderskei tussen die hooftipe wolke, wat met die kouefront en
die warm front in die volwasse stadium, geassosieer word.
(1 x 2) (2)
2.3.3 Bespreek hoe die okklusie-stadium van die middelbreedte-sikloon
bereik word. (2 x 2) (4)
2.3.4 Teken ʼn geannoteerde dwarsprofiel om ʼn kouefront voor te stel.
(3 x 1) (3)
2.3.5 Lewer kommentaar oor die positiewe impak wat middelbreedte-
siklone op boerdery en toeriste van die Wes-Kaap het. (2 + 2) (4)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat op ʼn hitte-eiland gebaseer is.
2.4.1 Wat verstaan jy onder die term mikro-klimaat? (1 x 1) (1)
2.4.2 Noem EEN faktor sigbaar in die skets wat ʼn stedelike mikroklimaat
bepaal. (1 x 1) (1)
2.4.3 Hoe weet ons dat ʼn hitte-eiland in die skets uitgebeeld word? (1 x 1) (1)
2.4.4 Bespreek hoe die hoë digtheid van geboue in die skets, bydra tot die
hoë temperature oor die stad. (2 x 2) (4)
2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel moontlike strategieë
voor wat geïmplementeer kan word, om die effekte van ʼn hitte-
eiland te verminder. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 9
2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, foto’s van twee fluviale landvorme.
2.5.1 In watter stadium van die rivier vorm hierdie TWEE fluviale
landvorme hoofsaaklik? (1 x 1) (1)
2.5.2 Identifiseer die TWEE fluviale landvorme wat deur sketse A en B
geïllustreer word. (2 x 1) (2)
2.5.3 (a) Bespreek hoe fluviale landvorm A ontwikkel. (2 x 2) (4)
(b) Stel ʼn rede voor waarom roeiers (iemand wat ʼn opblaasboot
ry) verkies om langs fluviale landvorm A, eerder as fluviale
landvorm B te roei. (1 x 2) (2)
2.5.4 (a) Noem TWEE ekonomiese voordele van fluviale landvorm B.
(2 x 1) (2)
(b) Verduidelik die proses wat sal veroorsaak dat fluviale
landvorm B stroomop terugwaarts beweeg. (2 x 2) (4)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6 gebaseer op rivierbestuur in Suid-Afrika.
2.6.1 Wat is rivierbestuur? (1 x 1) (1)
2.6.2 Hoe kan die landbou-aktiwiteite sigbaar in die skets ons riviere
besoedel? (1 x 2) (2)
2.6.3 Noem EEN negatiewe impak wat die bome in die skets op die
dreineringsgebied van die rivier mag hê. (1 x 2) (2)
2.6.4 Waarom sal blitsvloede ʼn gevaar inhou vir die mense wat te naby
aan hierdie rivier woon? (1 x 2) (2)
2.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare
bestuurstrategieë voor, wat in plek gesit kan word, om die effek van
industrieë op rivierbesoedeling te verminder. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING B: LANDELIK- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-
AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
VRAAG 3
3.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs
die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK.
3.1.1 Beesboerdery is gewoonlik ʼn voorbeeld van (kleinskaalse/
grootskaalse) boerdery.
3.1.2 (Droë-/Nat-) punt nedersettings is geleë op heuwels omdat water ʼn
bedreiging inhou.
3.1.3 Spoorweë en lughawens beïnvloed die (situasie/standplaas) van ʼn
nedersetting.
3.1.4 Die (HOP/Goeie Hoopplan) is geïmplementeer om sosiale
ongeregtigheidskwessies in landelike gebiede in die post-
apartheidsera aan te spreek.
3.1.5 ʼn Afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon, word
(landelike ontvolking/landelike-stedelike migrasie) genoem.
3.1.6 ʼn Nedersetting met beide landelike en stedelike funksies staan as ʼn
(boeredorpie/gehuggie) bekend.
3.1.7 Tradisie is ʼn faktor wat (standplaas/situasie) beïnvloed.
3.1.8 (Ronde/Lineêre) landelike nedersettingspatrone ontwikkel gewoonlik
as gevolg van sekuriteitskwessies. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 11
3.2 Kies ʼn term in KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 I.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Sektor van die ekonomie aan navorsing A BNP
gekoppel
3.2.2 Totale waarde van goedere wat in Suid- B invoere
Afrika deur die permanente inwoners
van die land in een jaar geproduseer
word
3.2.3 Tariewe en kwotas word gebruik om C tersiêre aktiwiteite
handel te reguleer
3.2.4 Mense in ʼn land het nie toegang tot D voedselonsekerheid
voedsame kos nie
3.2.5 Goedere wat aan oorsese lande E voedselsekerheid
verkoop word
3.2.6 Voorsiening van vervoerdienste F uitvoer
3.2.7 Goedere wat in ʼn land ingebring word G kwaternêre aktiwiteite
H proteksionisme
(7 x 1) (7)
3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3, ʼn spotprent oor grondhervorming.
3.3.1 Wat is die doel van grondhervorming in Suid-Afrika? ( 1 x 1) (1)
3.3.2 Noem enige TWEE grondhervormingsbeleide wat veroorsaak het dat
die eiser suksesvol was. (2 x 1) (2)
3.3.3 Bespreek TWEE uitdagings waarmee die regering gekonfronteer kon
wees, in die uitvoering van die grondhervormingsbeleid vir hierdie
suksesvolle eiser. (2 x 2) (4)
3.3.4 Stel moontlike redes voor waarom hierdie grondeiser, geïllustreer in
die spotprent, hulp benodig. (2 x 2) (4)
3.3.5 Verduidelik die implikasies vir die land indien alle grondeisers nie die
nodige hulp ontvang nie. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
3.4 Bestudeer foto’s A en B oor stedelike ongeregtighede in FIGUUR 3.4.
3.4.1 Wat is sosiale ongeregtigheid? (1 x 1) (1)
3.4.2 (a) Noem die ongelyke toegang tot dienste en hulpbronne wat in foto
A geïllustreer word. (1 x 1) (1)
(b) Waarom word die armes hoofsaaklik deur die ongelyke toegang
tot dienste en hulpbronne geaffekteer? (2 x 1) (2)
(c) Lys TWEE negatiewe impakte wat ongelyke toegang tot dienste
en hulpbronne op ʼn land kan hê. (2 x 1) (2)
3.4.3 Noem die tipe besoedeling wat die omgewingsongelykheid in foto B
veroorsaak. (1 x 1) (1)
3.4.4 Bespreek TWEE negatiewe effekte van hierdie tipe besoedeling wat in
VRAAG 3.4.3 genoem word, op die gesondheid van die gemeenskap.
(2 x 2) (4)
3.4.5 Stel TWEE maatreëls voor wat geïmplementeer kan word om
die gemeenskap te beskerm teen die tipe besoedeling in
VRAAG 3.4.4 genoem. (2 x 2) (4)
3.5 FIGUUR 3.5 is ʼn infografiek op die informele sektor gebaseer.
3.5.1 Wat is ʼn informele verkoper/handelaar? (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem die redes volgens die uittreksel, waarom mense informele
handelaars word. (2 x 1) (2)
3.5.3 Stel moontlike ‘regte en beskerming’ voor, wat vir informele handelaars
geweier word. (2 x 2) (4)
3.5.4 Hoe kan die regering die werksomstandighede verbeter waaronder
informele handelaars werk? (2 x 2) (4)
3.5.5 Verduidelik die ekonomiese ‘interafhanklikheid’ (verhouding) tussen
die formele en informele sektor. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 13
3.6 Bestudeer die kaart en artikel in FIGUUR 3.6 wat na die Saldanhabaai-
Industriële Ontwikkelingsone (IOS) verwys.
3.6.1 Noem die kern-nywerheidsgebied wat naby die Saldanhabaai-IOS
geleë is. (1 x 1) (1)
3.6.2 Lys EEN van die hoofdoelwitte van die Saldanhabaai-IOS. (1 x 1) (1)
3.6.3 Volgens die uittreksel, watter sektor word deur die Saldanhabaai-IOS
bedien? (1 x 1) (1)
3.6.4 Hoe kan die ligging van die Saldanhabaai-hawe as ʼn voordeel vir die
streek beskou word? (2 x 2) (4)
3.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die uitdagings wat die
Saldanhabaai-IOS moes verduur sedert sy verklaring as ʼn IOS.
(4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 4
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 oor stedelike grondgebruiksones. Pas die
beskrywings hieronder by een van die stedelike grondgebruiksones. Jy mag
meer as een keer ʼn stedelike grondgebruiksone gebruik. Kies die antwoord
en skryf slegs die korrekte grondgebruik langs die vraagnommer
(4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Hierdie grondgebruiksone het die hoogste grondwaardes
4.1.2 Beset die meeste hoeveelheid grond in ʼn stedelike nedersetting
4.1.3 Hierdie grondgebruiksone bestaan uit ʼn groot aantal immigrante
4.1.4 ʼn Hoë graad van toeganklikheid is in hierdie grondgebruiksone
sigbaar
4.1.5 Hierdie grondgebruiksone bestaan hoofsaaklik uit woongebiede
4.1.6 Grond is gewoonlik goedkoper in hierdie grondgebruiksone
4.1.7 Hierdie grondgebruiksone het ʼn aantal vervalle geboue (7 x 1) (7)
4.2 Kies ʼn term in KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
4.2.1 Nywerhede wat naby die natuurlike A Goud
hulpbron geleë is
4.2.2 Suid-Afrika produseer tweederdes van B Ongebonde
die globale uitset van hierdie mineraal
4.2.3 Hierdie nywerhede is naby aan die kliënt C Steenkool
geleë
4.3.4 Hierdie mineraal word hoofsaaklik deur D Diamante
die Richardsbaai-terminaal uitgevoer
4.2.5 Nywerhede wat tussen grondstowwe en E Alomteenwoordige
die kliënt geleë is
4.2.6 Die mineraal wat die grootste buitelandse F Grondstof
inkomsteverdiener in Suid-Afrika is
4.2.7 Dit is diensgerigte bedrywe G Mark
4.2.8 Nywerhede wat enige plek geleë kan H Brug
wees, maar op die mark staatmaak
I Platinum
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) GEOGRAFIE V1 15
4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3 wat landelike-stedelike migrasie illustreer.
4.3.1 Wat is landelik-stedelike migrasie? (1 x 1) (1)
4.3.2 Lys EEN fisiese ‘stootfaktor’ sigbaar in die illustrasie. (1 x 1) (1)
4.3.3 Noem EEN diens wat sigbaar is in die illustrasie wat mense na stedelike
gebiede sal ‘trek’. (1 x 1) (1)
4.3.4 Bespreek ʼn negatiewe ekonomiese gevolg wat landelike gebiede sal
ervaar as gevolg van landelik-stedelike migrasie. (1 x 2) (2)
4.3.5 Stel ʼn moontlike strategie voor wat munisipaliteite in landelike gebiede
kan implementeer om teenverstedeliking aan te moedig. (1 x 2) (2)
4.3.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom landelike-
stedelike migrasie oor die algemeen negatiewe uitkomste vir die
meeste stedelike immigrante tot gevolg het. (4 x 2) (8)
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4, ʼn spotprent wat die konsep van ongebreidelde
(onbeheerde) stedelike uitbreiding uitbeeld.
4.4.1 Definieer die term ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding.
(1 x 1) (1)
4.4.2 Noem TWEE oorsake van ongebreidelde (onbeheerde) stedelike
uitbreiding. (2 x 1) (2)
4.4.3 Verduidelik hoe die spotprent aantoon dat ongebreidelde (onbeheerde)
stedelike uitbreiding plaasvind. (2 x 2) (4)
4.4.4 Bespreek TWEE maniere hoe ongebreidelde (onbeheerde) stedelike
uitbreiding die omgewing kan beskadig. (2 x 2) (4)
4.4.5 Verduidelik hoe die gebruik van ‘groen gordels’ beskou kan word as ʼn
moontlike manier om ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding
te bestuur. (2 x 2) (4)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, ʼn uittreksel wat op boerderystelsels in Suid-Afrika
gebaseer is.
4.5.1 Wat is ʼn kommersiële boer? (1 x 1) (1)
4.5.2 Volgens die uittreksel, waarom is industriële boerdery belangrik?
(1 x 1) (1)
4.5.3 Verduidelik hoe die kommersiële landboustelsel die omgewing kan
beskadig. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
4.5.4 (a) Wat is kleinskaalboerdery? (1 x 1) (1)
(b) Waarom is geneties gemodifiseerde gewasse duur vir
kleinboere? (2 x 1) (2)
(c) Lewer kommentaar op die bydrae wat kleinskaalse boere tot die
ekonomie van Suid-Afrika maak. (2 x 2) (4)
(d) Beskryf volhoubare maatreëls wat die regering kan implementeer
om die bestaan van kleinskaalboere te verseker. (2 x 2) (4)
4.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 wat na die ontwikkeling van die Port
Elizabeth-Uitenhage industriële gebied verwys.
4.6.1 In watter provinsie is die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidsgebied
geleë? (1 x 1) (1)
4.6.2 Noem die hoofbedryf in die Port Elizabeth-Uitenhage
nywerheidsgebied. (1 x 1) (1)
4.6.3 Noem die hoofvervoermiddel wat die ligging van hierdie bedryf
beïnvloed het (antwoord by VRAAG 4.6.2). (1 x 1) (1)
4.6.4 Hoe het die hoofindustrie genoem in VRAAG 4.6.2 die groei van ander
nywerhede in die streek gestimuleer? (1 x 2) (2)
4.6.5 Bespreek EEN faktor wat die industriële groei in die streek beperk het.
(1 x 2) (2)
4.6.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
vervoer op die groei van die streek gehad het. (4 x 2) (8)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum