You're offline
Skip to content
Question paper

GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final hlayiso.com

Subject: GeographyGrade 12202216 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS. AFDELING A: VRAAG 1: Landelike en Stedelike Nedersettings (60) VRAAG 2: Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30) 2. Beantwoord al DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël tussen onderafdelings van vrae oop. 5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart 3025AD PHILIPPOLIS en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart 3025 AD 01 PHILIPPOLIS word verskaf. 15. Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 3 AFDELING A: LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1: LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Die onderstaande skets toon verskeie landelike nedersettings. Pas die beskrywings in VRAE 1.1.1 tot 1.1.8 met die letters (A–F). Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 G. Letters mag herhaal word. [Aangepas en vertaal uit Success with exams] 1.1.1 ʼn Nedersetting wat geïsoleerd is. 1.1.2 ʼn Nedersetting wie se vorm deur ʼn stervormige pad beïnvloed is. 1.1.3 ʼn Nedersetting wat ʼn waterpunt is. 1.1.4 ʼn Nedersetting wat ʼn lineêre vorm het. 1.1.5 ʼn Droë-punt nedersetting. 1.1.6 ʼn Nedersetting wat in ʼn poort/pas gebou is. 1.1.7 ʼn Nedersettingspatroon wat minder sosiale kontak tot gevolg het. 1.1.8 ʼn Keuse van standplaas van hierdie nedersetting is deur grondvrugbaarheid beïnvloed. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat in hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.2.8 drempelbevolking. 1.2.1 (Stedelike uitbreiding/Verstedeliking) verwys na die toename in die persentasie mense wat in stedelike gebiede woon. 1.2.2 (Sentrale stad/Sentrale plek) is ʼn stedelike gebied wat goedere en dienste aan die omliggende landelike bevolking verskaf. 1.2.3 (Lae-orde/Hoë-orde) dienste word daagliks benodig. 1.2.4 Maksimum afstand wat ʼn verbruiker bereid is om te reis om goedere te koop, is die (drempelbevolking/reikwydte van goedere). 1.2.5 Oorbevolking is ʼn gevolg van stedelike (groei/uitbreiding). 1.2.6 Die (reikwydte van goedere/drempelbevolking) verwys na die aantal mense wat nodig is vir ʼn besigheid om ʼn wins te maak. 1.2.7 Ontwikkelde lande het ʼn (hoë/lae) tempo van verstedeliking. (7 x 1) (7) 1.3 Verwys na die onderstaande uittreksel oor grondhervorming. SUID-AFRIKA SE GRONDHERVORMINGSPOGINGS ONTBREEK FOKUS OP SUKKELENDE BOERE Suid-Afrika se grondhervormingsprogram het baie mislukkings gely en sy begunstigdes het in baie gevalle min of geen verbeterings aan hul lewensbestaan gesien nie. Grondhervorming bly ʼn betwiste “onopgeloste historiese grief”. Suid-Afrika het ʼn geskiedenis van kolonisasie, rasse oorheersing en rasgebaseerde grondonteiening. Die grondrestitusieproses is deel van die breër grondhervormingsprogram wat herverdeling en grondeienaarhervorming insluit. Daar is ʼn algemene ooreenkoms dat grondhervorming ʼn mislukking was en opgeskerp moet word. Navorsing toon dat tussen 70% tot 90% van die projekte (insluitend grondrestitusieprojekte) misluk het. Grondhervorming het min bygedra om begunstigdes te help om ʼn bestaan uit die grond te verdien en selfversorgende boere te skep. Die redes hiervoor sluit in onvoldoende na-nedersettingsondersteuning, gebrek aan vaardighede, swak beplanning en binnegevegte in gemeenskappe in. [Aangepas uit https://theconversation.com/south-africas-land-reform-efforts-lack-a-focus-on- struggling-farmers] 1.3.1 Definieer die term grondhervorming. (1 x 2) (2) 1.3.2 Volgens die uittreksel, waarom het die grondhervormingsprogram misluk? (1 x 1) (1) 1.3.3 Verduidelik TWEE redes waarom grondhervorming in Suid-Afrika noodsaaklik is. (2 x 2) (4) 1.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel metodes voor wat die regering in plek kan stel om ondersteuning te bied aan die mense wat ná grondhervorming op die grond hervestig is. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 5 1.4 Verwys na die infografika oor ʼn kommersiële desentralisasie in die Buffalo City Metropolitaanse gebied. MDANTSANE STAD WORD AGT EN DEMONSTREER DIE VERANDERENDE GESIG VAN TOWNSHIP KLEINHANDEL “Sedert kleinhandelaars in die laat 1990’s die woonbuurt-ruimte begin betree, en meer so in die afgelope jaar het woonbuurt-inwoners geweldig baat gevind,” het die Mdantsane Stad se AB, Dean Dreary gesê, wie se sentrum ʼn steunpilaar in een van Suid-Afrika se grootste woonbuurte, Mdantsane buite Oos-Londen geword het. Afgesien van hulp met werkskepping, het die woonbuurt-gebaseerde winkelsentrum inwoners se behoefte om lang afstande na en van die middestad te pendel, verlig. [Bron: bizcommunity.com] [Aangepas uit za.toponavi.com] 1.4.1 Die beweging van kommersiële funksies uit die SSK is kommersiële (sentralisering/desentralisering). (1 x 1) (1) 1.4.2 Die winkelsentrum in Mdantsane is ʼn (kommersiële subsentrum/ beplande buurtwinkelsentrum). (1 x 1) (1) 1.4.3 Noem DRIE faktore wat die ligging van die winkelsentrum bevorder het. (3 x 1) (3) 1.4.4 Hoe sal die ontwikkeling van die Mdantsane-winkelsentrum ʼn positiewe sosiale impak op die gebied hê? (2 x 2) (4) 1.4.5 Verduidelik die negatiewe faktore in die SSK wat gelei het tot die hervestiging van besighede na Mdantsane en sy omliggende gebied. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.5 Verwys na die onderstaande uittreksel oor informele nedersettings. STUDENTE-ONDERWYSERS DEEL IDEES OOR DIE VERBETERING VAN INFORMELE NEDERSETTINGS IN SUID-AFRIKA In Suid-Afrika woon 25,6% van die bevolking in informele wonings en die getalle neem jaarliks in die stedelike gebiede toe. Informele wonings is tydelike strukture wat met materiale soos hardebord, asbes en sinkplate gebou is. Hulle is geneig om nie aan bouregulasies te voldoen nie. Hierdie onbeplande nedersettings het ʼn gebrek aan hulpbronne, infrastruktuur en basiese dienste. Afval word in skoon waterbronne ontlaai en mense moet energiebronne soos steenkool, onwettige gekoppelde elektrisiteit, gas en paraffien gebruik. Dit hou ʼn risiko in vir brande en die vrystelling van skadelike gasse in die atmosfeer. Die groei van onbeplande nedersettings skep ook uitdagings vir gesondheids- orgvoorsiening, sekuriteit, onderwysvooruitsigte en omgewings- volhoubaarheid. Regeringsbeleide moet hierdie kwessies aanspreek, maar opvoeding is die sleutel tot die bevordering van respek vir die omgewing. [Vryvertaal uit https://theconversation.com/student-teachers-share-ideas-about-improving- informal-settlements-in-south-africa-166854] Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.2) in die ANTWOORDE- BOEK neer. 1.5.1 Informele nedersettings is in (landelike/stedelike) gebiede geleë. (1 x 1) (1) 1.5.2 Informele nedersettings lei tot (teen-verstedeliking/stedelike uitbreiding). (1 x 1) (1) 1.5.3 Gee EEN rede waarom mense hulle in informele nedersettings vestig. (1 x 1) (1) 1.5.4 Gee TWEE sosiale ongeregtighede wat mense, wat in informele nedersettings woon, in die gesig staar. (2 x 1) (2) 1.5.5 Beskryf TWEE maniere waarop krotbewoners dikwels hul toenemende ontevredenheid (ongelukkigheid) in Suid-Afrika toon. (2 x 2) (4) 1.5.6 Stel maatreëls voor wat die regering kan implementeer om die maatskaplike ongeregtighede wat mense in informele nedersettings in die gesig staar, aan te spreek. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 7 VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord uit die sirkelgrafiek hieronder en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 A. [Bron: http://www.statssa.gov.za] 2.1.1 Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar in ʼn land geproduseer word. A Bruto Nasionale Produk B Bruto Binnelandse Produk C Handelsbalans D Handelsooreenkoms 2.1.2 ... vorm deel van die tersiêre sektor van die ekonomie. A Elektrisiteit, gas en water B Landbou, bosbou en visvang C Konstruksie D Vervaardiging 2.1.3 Konstruksie vorm deel van die ... sektor. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.1.4 Watter tersiêre aktiwiteit het die grootste persentasie tot die Suid- Afrikaanse ekonomie bygedra? A Algemene regeringsdienste B Vervaardiging C Groothandel, kleinhandel en motorbedryf D Finansies, eiendom en besigheidsdienste 2.1.5 ... het die minste tot die primêre sektor bygedra. A Mynbou en steengroewe B Landbou, bosbou, visvang C Vervoer, berging en kommunikasie D Konstruksie 2.1.6 ... oorheers die sekondêre sektor. A Algemene regeringsdienste B Vervaardiging C Handel, spyseniering en akkommodasie D Persoonlike dienste 2.1.7 ... het die minste tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra. A Persoonlike dienste B Algemene regeringsdienste C Elektrisiteit, gas en water D Vervoer, berging en kommunikasie 2.1.8 Watter persentasie het die tersiêre sektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra? A 7,4% B 18,4% C 54,4% D 63,5% (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 9 2.2 Die foto’s hieronder toon voorbeelde van ʼn FORMELE en ʼn INFORMELE sektor. Pas die beskrywing in VRAE 2.2.1 tot 2.2.7 met die foto’s. Skryf slegs FORMEEL of INFORMEEL langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 2.2.8 Formeel. FORMEEL INFORMEEL [Bron: easterncapeindustrialnews.co.za] [Bron: startupafrica.co.za] 2.2.1 Baie mense het eie besighede in hierdie sektor. 2.2.2 Die sektor wat die grootste bydrae tot die BBP van ʼn land lewer. 2.2.3 Die sektor wat oor die algemeen ʼn klein winsgrens toon. 2.2.4 Besighede is op strate met tydelike skuilings. 2.2.5 Groter werksekerheid en voordele heers in hierdie sektor. 2.2.6 Ondernemings is nie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geregistreer nie. 2.2.7 Masjinerie en huidige tegnologie word in hierdie sektor gebruik. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.3 Verwys na die infografika oor suikerrietboerdery en produksie. FAKTORE WAT SUIKERRIETPRODUKSIE DEUR KLEINSKAALSE PRODUSENTE BEÏNVLOED Suikerriet is ʼn belangrike gewas wêreldwyd as gevolg van sy vele voedings- en ekonomiese gebruike. Kleinskaalse suikerrietkwekers (KSK’e) is ʼn belangrike sektor van suikerrietproduksie in Suid-Afrika. Die aantal KSK’e het egter van 50 000 in die 2000’s tot minder as 13 000 in 2017 gedaal. Resultate toon dat laat oeste, laat kunsmistoediening en chemikalieë toediening primêre uitdagings was wat KSK’e in die gesig staar, wat waarskynlik tot dalende suikerrietopbrengs sal lei. Ander probleme wat ingesluit is, was ʼn tekort en hoë arbeidslone wat gevolg is deur ʼn hoë prys van insette (saad, kunsmis, insekdoder, plaagdoder); lae prys van riete; nie-beskikbaarheid van kunsmis, insek, plaag en siektes; gebrek aan skoon saad ... [Aangepas uit https://www.mdpi.com] [Aangepas uit USDA, SASA] 2.3.1 Identifiseer ʼn fisiese faktor in die uittreksel wat ʼn negatiewe impak op die suikerrietproduksie in 2013–2017 gehad het. (1 x 1) (1) 2.3.2 Met hoeveel metrieke ton (MT) het die suikerrietproduksie van 2013/14 tot 2016/17 afgeneem? (1 x 2) (2) 2.3.3 Stel TWEE maniere voor waarop die regering kleinskaalse suikerrietboere kan help om produksie te verhoog. (2 x 2) (4) 2.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT lyne, verduidelik die ekonomiese uitdagings wat tans ʼn negatiewe impak op die suikerrietbedryf het. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 11 2.4 Verwys na die uittreksel oor op die PWV/Gautengse nywerheidsgebied. SUID-AFRIKA SE ELEKTRISITEITSPROBLEME PLAAS STEEDS VERVAARDIGING IN DIE GAUTENGSE KERN-NYWERHEIDSGEBIED (PWV) IN GEVAAR Die gebrek aan betroubare elektrisiteitsvoorsiening lei nie net tot verlore produksie en verhoogde koste in Suid-Afrika se krimpende vervaardigingsektor nie, maar het ondernemings nie in staat gestel om te beplan, te belê en te groei nie. Die streek was op ʼn ‘kantelpunt’ en het die risiko om ʼn ‘roesgordel’ te word, met beduidende fabrieksluitings, stygende werkloosheid en misdaad, asook lae tariewe van plaaslike en buitelandse belegging. Die Gautengse kern-industriële streek in Gauteng (PWV) het egter sy status as die hoofstad van SA se motorvoertuig vervaardigingsbedryf gesementeer deur sy eerste motor spesiale ekonomiese sone (SES) bekend te stel. Die motorvoertuigvervaardiger Ford Motor Maatskappy sal minstens R3,6 miljard se geprojekteerde belegging in die projek sien. Die eerste fase van die projek is ingestel om byna 7,000 direkte werksgeleenthede te skep. Wanneer die projek in 2021 voltooi is, sal honderde meer indirekte werksgeleenthede na verwagting geskep word, aangesien die SES met motorkomponentverskaffers en verwante diensverskaffers sal gons. [Aangepas uit sowetanlive.co.za/news/south-africa/2019-11-11-gauteng-revs-engine-to-take- over-car-industry/] 2.4.1 Watter energiebron het daartoe gelei dat die Gauteng/PWV-kern nywerheidsgebied afgeneem het? (1 x 1) (1) 2.4.2 Gee TWEE ekonomiese probleme wat die vervaardigingsbedryf in die gesig staar, volgens die uittreksel. (2 x 1) (2) 2.4.3 Hoe sal die motorbedryf met verloop van tyd die groei van ander bedrywe in die streek stimuleer? (1 x 2) (2) 2.4.4 Hoe sal energievoorsiening ʼn groot uitdaging vir die motor se spesiale ekonomiese sone (SES) word, wat in die volgende drie jaar in die PWV/Gautengse kern-nywerheidsgebied geleë is. (2 x 2) (4) 2.4.5 Verduidelik waarom die PWV/Gauteng Nywerheidsgebied ʼn voorkeurbestemming vir internasionale beleggers van die Ford Motormaatskappy is. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.5 Verwys na die infografika oor die Dube Handel Industriële Ontwikkelingsone. [Aangepas deur Eksaminator] 2.5.1 Noem die provinsie waarin Dube Handelshawe IOS geleë is. (1 x 1) (1) 2.5.2 Gee EEN tipe bedryf uit die infografika wat in die Handelshawe Industriële Ontwikkelingsone gevind word. (1 x 1) (1) 2.5.3 Noem die internasionale lughawe wat naby die Dube Handelshawe Industriële Ontwikkelingsone is. (1 x 1) (1) 2.5.4 Verduidelik EEN ekonomiese voordeel van die lughawe (antwoord op VRAAG 2.5.3). (1 x 2) (2) 2.5.5 Watter positiewe ekonomiese voordele sal die Dube Handelshawe Nywerheidsontwikkelingsone vir die streek hê? (2 x 2) (4) 2.5.6 Verduidelik hoe toeganklikheid as gevolg van die infrastruktuur wat aan die Dube Handelshawe gekoppel is, vinnige ekonomiese groei in hierdie IOS sal ondersteun. (3 x 2) (6) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 13 AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE AGTERGROND INLIGTING OOR PHILIPPOLIS Koördinate: 30° 15' S : 25°16' O Philippolis is ʼn klein dorpie in die Motheo- en Xhariep-streek van die Vrystaatse provinsie in Suid-Afrika. In 1823 het dit as ʼn sendeling buitepos vir die Boesman gedien. Dit maak Philippolis die oudste nedersetting in die Vrystaat provinsie. In die 1960’s het Afrika se weergawe van Asië se Grand Trunk Highway – die Groot Noordpad – gedreig om 'n klein dorpie in die Suide van die Vrystaat op sy optog van Kaapstad na Kaïro in te sluk. In plaas daarvan, het die N1 Philippolis omseil en daar was groot hartseer in die dorp. Geen toeriste-oplewing nie. Geen konsessie (francise) winkelsentrum. Geen motelle en geen onmiddellike werk bonanza vir plaaslike inwoners nie. Die indrukwekkende (vir daardie dae) 3 vulstasies waarmee die dorp gespog het, het tot 1 gedaal, en baie geboue en plase is verlaat toe inwoners na meer winsgewende plekke vertrek het. Vyf-en-sewentig van Philippolis-geboue is tot nasionale monumente verklaar. Die dorp dien egter steeds as ʼn sentrale plekdorp vir die gemeenskap. [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Philippolis. Free State] Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart vertoon: ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Sewerage works Rioolwerke Library Biblioteek Furrow Voor Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verwys na die trigonometriese stasie 249 by 1 in blok A2 en punthoogte 1387 in blok B3 wat op die ortofotokaart gevind word. Die deursnit hieronder verteenwoordig die gradiënt. 3.1.1 Die hoogste mensgemaakte verskynsel by trigonometriese stasie 249 is die ... A punthoogte. B pad. C reservoir. D kommunikasietoring. (1 x 1) (1) 3.1.2 Die hoogste hoogte op die dwarssnit is ... A 249. B 1 390. C 1 455 D 1 380. (1 x 1) (1) 3.1.3 Die horisontale skaal van 1 : 10 000 op die dwarssnit is ʼn ... -skaal. A verhouding B breuk C lyn D woord (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GEOGRAFIE V2 15 3.1.4 Bereken die vertikale vergroting van die dwarssnit. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Vertikale Skaal (VS) Formule: Vertikale Vergroting (VV) = Horisontale Ekwivalent (HE) (4 x 1) (4) 3.1.5 Vertikale vergroting op dwarssnitte maak interpretasie van die landskap meer (makliker/moeiliker). (1 x 1) (1) 3.1.6 Gee redes vir jou antwoord op VRAAG 3.1.5. (2 x 1) (2) 3.2 KAART-INTERPRETASIE Verwys na die area S in blokke A2 en B2 op die topografiese kaart. 3.2.1 (a) Gee die vorm van die beboude area by F. (1 x 1) (1) (b) Gee EEN rede vir hierdie algemene vorm. (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem TWEE situasiefaktore wat die ligging van Philippolis kon beïnvloed het. (2 x 1) (2) 3.2.3 Gee EEN bewys op die topografiese kaart wat aandui dat Philippolis ʼn sentrale plek/dorp is. (1 x 2) (2) 3.2.4 Hoe beïnvloed die paaie wat Philippolis verbind die invloedsfeer van die dorp? (1 x 2) (2) 3.2.5 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.4. (1 x 2) (2) 3.2.6 Noem EEN voordeel van die 717 wat deur Philippolis gaan, vir motoriste. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die onderstaande foto. [Bron: https://montgomerylandsurveying.com/drone-surveying] 3.3.1 Watter GIS-metode het die vliegtuig hierbo gebruik om inligting in te samel? (1 x 1) (1) 3.3.2 Beelde vanaf die vliegtuig is gebruik om die topografiese kaart te maak. Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse topografiese kaarte gestandaardiseer word. (1 x 2) (2) Verwys na die topografiese kaart. 3.3.3 Noem EEN manier waarop primêre data versamel kan word om ʼn omgewingsimpakstudie te doen om die invloed van gronderosie in blok D5 te evalueer. (2 x 1) (2) 3.3.4 Gronderosie in blok D5 kan die boerderygebied T affekteer. Noem TWEE data-lae in blok D5 wat GIS-spesialiste kan gebruik om die verspreiding van gronderosie te stop. (2 x 1) (2) 3.3.5 Identifiseer die lynverskynsel wat gebruik is om die impak van erosie op plaasgebied T te beperk. (1 x 1) (1) [30] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Geography

Explore more published documents in this catalogue.

View all