Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
GEOGRAFIE
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Geography question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Eastern Cape June 2022
- Paper 1Errata
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
VRAAG 1: Klimaat en Weer (40)
VRAAG 2: Geomorfologie (40)
VRAAG 3: Nedersettings (40)
VRAAG 4: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)
2. Beantwoord al VIER vrae.
3. Alle diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv.
1 020 hPa, 14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR VRAAG 4
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart 2820CB AUGRABIES en ʼn ortofotokaart
1 : 10 000 2820CB 7 AUGRABIES word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 3
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Die onderstaande skets illustreer die deursnee en weer kenmerke van ʼn
middelbreedte-sikloon in sy volwasse stadium.Verskeie opsies word as
moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Die area by A sal deur … in die suidelike halfrond, beïnvloed word.
A die koue front
B die warm front
C beide die koue- en warm front
D geeneen van die koue, of warm front
1.1.2 Die lugmassa by B het vanuit die … -winde ontstaan.
A weste
B ekwatoriale
C polêre
D passaat
1.1.3 Wanneer die koue front by die warm front aansluit, is die
middelbreedte-sikloon in die … -stadium.
A golf
B frontale
C okklusie
D warm sektor
1.1.4 Lugdruk sal ... vanaf A na B.
A toeneem
B afneem
C stagneer
D krimp
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
1.1.5 ʼn Lys van redes waarom die koue lug/sektor vinniger as die warm
lug/sektor beweeg, word hieronder verskaf:
(i) Die koue lug agter die koue front
(ii) Die koue lug is digter
(iii) Sterker drukgradiënt
(iv) Swaar reënval by die warm front
Watter EEN van die volgende kombinasies is die redes waarom die koue
front vinniger as die warm front beweeg?
A (i) en (ii)
B (iii) en (iv)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iv) (5 x 1) (5)
1.2 Kies die korrekte letter uit dié wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs die
letter (A of B) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die wind by (A/B) waai gedurende die dag.
1.2.2 Wind (A/B) is ʼn katabatiese wind.
1.2.3 ʼn Hoogdruk ontwikkel op die valleivloer gedurende die ontwikkeling
van wind (A/B).
1.2.4 Rypbestande gewasse is by X as gevolg van die invloed van
wind (A/B) geplant.
1.2.5 Wind (A/B) word met temperatuur-inversies geassosieer. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 5
1.3 Verwys na die infografiek (FIGUUR 1.3) oor die hoof tropiese sikloonsones.
1.3.1 Hoeveel tropiese siklone het in die westelike Noord Stille Oseaan
ontwikkel? (1 x 1) (1)
1.3.2 Verskaf TWEE redes vir die roete/beweging van tropiese siklone in
die suidelike halfrond. (2 x 1) (2)
1.3.3 Noem bewyse vanaf die kaart wat die voorkoms van Eloise rondom
Suider-Afrika verbind. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom was Eloise toe dit in Suid-Afrika land bereik, as ʼn tropiese
storm beskou en nie ʼn tropiese sikloon nie? (1 x 2) (2)
1.3.5 Verduidelik die belangrikheid van Coriolis-krag in die ontwikkeling van
tropiese siklone. (2 x 2) (4)
1.3.6 Lewer kommentaar oor die negatiewe impak van die verhoogde
reënval van Eloise op die infrastruktuur van sekere provinsies in Suid-
Afrika. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
FIGUUR 1.3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
7 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
1.4 FIGUUR 1.4 is ʼn tipiese Suid-Afrikaanse winter sinoptiese weerkaart.
1.4.1 Bepaal die isobariese druk van isobaar A. (1 x 1) (1)
1.4.2 Verklaar die posisie van antisiklone B en C in die seisoen wat deur die
sinoptiese weerkaart verteenwoordig word. (1 x 2) (2)
1.4.3 Die posisie van die Kalahari-hoog veroorsaak baie min kanse vir
reënval gedurende winter. Teken ʼn benoemde dwarsprofiel vanaf D na
E om die redes vir hierdie gebrek aan wolke en reënval in die winter te
illustreer. (4 x 1) (4)
1.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die verskille in
humiditeit/vogvlakke wat by weerstasies F en G ervaar word. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
FIGUUR 1.4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 9
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS X
of SLEGS Y van die terme/begrippe in KOLOM B. Skryf SLEGS X of
SLEGS Y langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 2.1.6 X.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Grondwater wat ʼn rivier voed X Afloop
Y Basisvloei
2.1.2 Harde rots wat nie water toelaat om deur te X Poreus
vloei nie Y Ondeurdringbaar
2.1.3 Die punt waar twee sytakke ontmoet X Samevloeiing
Y Riviersisteem
2.1.4 Die gebied waar reënval naby ʼn rivier X Bron
ophoop Y Opvanggebied
2.1.5 Die hoogste vlak van grondwater X Watertafel
Y Plaatvloei
(5 x 1) (5)
2.2 Die FIGUUR hieronder illustreer rivierstelsels voor en na stroomroof. Kies die
korrekte term/konsep tussen hakies om die stelling WAAR te maak. Skryf
slegs die term/konsep langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in jou
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.6 stroomroof.
[Bron: Eksaminator]
2.2.1 (Rivier A/Rivier B) vloei oor sagter gesteentes.
2.2.2 ʼn Knakpunt sal by C as gevolg van (vertikale/terugwaartse) erosie
ontwikkel.
2.2.3 Die hoogliggende gebied by D, staan as die (interfluviale
skeiding/waterskeiding) bekend.
2.2.4 Stroom E staan as ʼn (verarmde/geroofde) stroom bekend.
2.2.5 (Gepaarde terrasse/windsaal) mag by F ontwikkel. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
2.3 Verwys na die diagram van ʼn dreineringspatroon.
[Bron: coolgeography.co.za]
2.3.1 Identifiseer die dreineringspatroon sigbaar in die skets. (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem TWEE kenmerke van die onderliggende rotsstruktuur van die
dreineringspatroon in VRAAG 2.3.1 genoem. (2 x 1) (2)
2.3.3 Bepaal die stroomorde by A. (1 x 2) (2)
2.3.4 Beskryf die verhouding tussen stroomorde en die volume water.
(1 x 2) (2)
2.3.5 Behuisingsontwikkeling word in die afgebakende area, gemerk B,
beplan. Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls die invloed
van hierdie ontwikkeling op die stroomorde, sowel as die watertafel.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 11
2.4 Die onderstaande FIGUUR toon ʼn ongegradeerde lengteprofiel van ʼn rivier.
[Bron: sageography.co.za]
2.4.1 Noem die stroomvloei wat die bo-loop sal domineer. (1 x 1) (1)
2.4.2 Beskryf die verskil in die vorm van die rivierkanale in die bo- en die
middel-loop. (2 x 1) (2)
2.4.3 Verwys na die helling vanaf A na B van die ongegradeerde
lengteprofiel:
(a) Wat is ʼn knakpunt? (1 x 2) (2)
(b) Waarom is daar ʼn afwesigheid van knakpunte in die benede-
loop van die rivier? (1 x 2) (2)
(c) Hoe sal die knakpunte (in die skets) verwyder word om te
veroorsaak dat die lengteprofiel uiteindelik gegradeer word?
(1 x 2) (2)
2.4.4 Verduidelik hoe die geleidelike gradiënt in die benede-loop en die
see die ontwikkeling van die delta by C bevorder. (3 x 2) (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 3: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
3.1 Die foto’s hieronder klassifiseer verskillende landelike nedersettings. Pas die
beskrywings in VRAE 3.1.1 tot 3.1.5 by foto's A, B of C in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.1.6 A.
[Bron: opentext.wsu.edu]
3.1.1 Nedersetting wat die afstand wat na die sentrum afgelê moet word,
verminder.
3.1.2 Ontwikkel as gevolg van ekstensiewe boerdery.
3.1.3 Nedersetting wat langs ʼn pad/rivier ontwikkel het.
3.1.4 Nedersetting wat die meeste sosiale nadele het.
3.1.5 Versnippering van die boerderygrond beperk intensiewe kommersiële
boerdery. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 13
3.2 Die volgende vrae verwys na die kenmerke van straatpatrone. Verskeie opsies
word as moontlike antwoorde op die vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.6 D.
3.2.1 Die ... -straatpatroon beskik oor paaie wat vanaf ʼn sentrale punt
beweeg.
A rooster
B onreëlmatige
C radiale
D reghoekige
3.2.2 Die straatpatroon waar minder kruisings as die ander straatpatrone
gevind kan word, is die … -straatpatroon.
A reghoekige
B rooster
C onreëlmatige
D radiale
3.2.3 Die straatpatroon wat die duurste is om te bou:
A Radiale
B Reghoekige
C Rooster
D Onreëlmatige
3.2.4 Voordele van die onreëlmatige straatpatroon is:
(i) Maklik om te beplan
(ii) Akkommodeer topografie
(iii) Verbeter verkeersvloei
(iv) Onderverdeling van erwe is makliker
Kies die korrekte kombinasie:
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
3.2.5 Nadele van die rooster-straatpatroon is:
(i) Daar is groot onverbruikte spasie
(ii) Baie moeilik om uit te lê
(iii) Dit verhoog die kanse dat ongelukke kan gebeur
(iv) Eentonig en oud
Kies die korrekte kombinasie:
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iv) (5 x 1) (5)
3.3 Verwys na die hiërargie van stedelike nedersettings in die skets.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
3.3.1 Definieer die konsep stedelike hiërargie. (1 x 2) (2)
3.3.2 Wat sal die dorp verhinder om in ʼn noordelike rigting uit te brei?
(1 x 1) (1)
3.3.3 Sal meer gespesialiseerde goedere by stad A, eerder as stad B gevind
word? (1 x 1) (1)
3.3.4 Verduidelik jou antwoord by VRAAG 3.3.3. (1 x 2) (2)
3.3.5 Verwys na die winkelsentrum.
(a) Is die nuwe winkelsentrum ʼn streek- of buurtwinkelsentrum?
(1 x 1) (1)
(b) Lewer kommentaar oor die geskiktheid van die ligging van
hierdie winkelsentrum (antwoord by VRAAG 3.3.5(a)). (2 x 2) (4)
(c) Verduidelik die impak van hierdie winkelsentrum (antwoord by
VRAAG 3.3.5 (a)) op die drempelbevolking van STAD A. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 15
3.4 Verwys na die infografiek wat op stedelike verval gebaseer is.
President Cyril Ramaphosa het onlangs sy stem gevoeg by oproepe om
die ernstige verval van historiese middestede in die meeste van die land
se groot stede en dorpe aan te spreek. Binnestedelike vernuwing was
belangrik, het hy aangedui, as deel van die ekonomiese herstelproses,
veral aangesien die Covid-19-inperking die land se ekonomiese krisis
vererger het.
[Vry vertaal en aangepas uit: https://www.news24.com/citypress/voices/reversing-inner-
city-decay-20201129]
3.4.1 Wat is stedelike verval? (1 x 2) (2)
3.4.2 Volgens president Ramaphosa, wat het die land se ekonomiese
krisis vererger? (1 x 1) (1)
3.4.3 Noem TWEE bewyse vanuit die foto wat aandui dat stedelike
verval plaasgevind het. (1 x 2) (2)
3.4.4 Hoe kan middestadsvernuwing met ekonomiese herstel in Suid-
Afrika help? (1 x 2) (2)
3.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die hoof
oorsake van stedelike verval in Suid-Afrikaanse stede. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
AGTERGROND INLIGTING OOR AUGRABIES
Koördinate: 28°35'S; 20°20'O
Augrabies is ʼn klein dorpie in die Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika, op die suider
oewer van die Oranjerivier wat sowat 100 kilometer stroomaf van Upington geleë is.
Dit is op die R359-pad net buite die Augrabieswaterval nasionale park, wat die
Augrabieswaterval insluit, waarna die dorp vernoem, is geleë.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Augrabies,_Northern_Cape]
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings verskyn op die topografiese
en ortofotokaarte:
ENGLISH AFRIKAANS
Holiday resort Vakansie-oord
Island Eiland
National park Nasionale park
Mission station Sendingstasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 17
4.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.
4.1.6 A.
4.1.1 Die verskynsel wat by 28°36'13''S; 20°20'27''O, aangetref word
is/ʼn …
A punthoogte.
B boord en wingerd.
C rye bome.
D murasie. (1 x 1) (1)
4.1.2 Augrabies is geleë:
(i) In die Wes-Kaap provinsie
(ii) In die Noord-Kaap provinsie
(iii) Stroom-op vanaf Upington
(iv) Stroom-af vanaf Upington
Kies die korrekte kombinasie:
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (i) en (iii) (1 x 1) (1)
4.1.3 Kies die waarskynlike rowwe dwarsprofiel vanaf 6 tot 7 op die
ortofotokaart.
(1 x 1) (1)
4.1.4 Bepaal die magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 74 (blok
E4) tot punthoogte 652 (blok C5) in 2022. Toon ALLE berekeninge.
Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
4.1.5 Die vertikale interval is 4 m van die gradiënt van lyn 8 op die
ortofotokaart.
(a) Wat is die horisontale ekwivalent (HE) van lyn 8? (2 x 1) (2)
(b) Bereken die gemiddelde gradiënt van lyn 8 deur die inligting van
VRAAG 4.3.1(a) te gebruik.
Vertikale Interval (VI)
Formule: Gemiddelde Gradiënt =
Horisontale Ekwivalent (HE)
(2 x 1) (2)
4.2 KAARTINTERPRETASIE
4.2.1 Die algemene windrigting in die gebied wat deur blok B4 in die
topografiese kaart gedek word, is …
A suidwes.
B suidoos.
C noordwes.
D noordoos. (1 x 1) (1)
4.2.2 Die eilande wat deur G op die topografiese kaart aangedui word, was
veroorsaak deur ... en ... .
(i) slikking
(ii) vlegting
(iii) erosie
(iv) verwering
Kies die korrekte kombinasie:
A (i) en (ii)
B (i) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iii) (1 x 1) (1)
4.2.3 Die tipe nedersetting volgens grootte en kompleksiteit by F in blok E1
op die topografiese kaart, is/ʼn …
A gehuggie.
B dorp.
C verspreid.
D kern. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GEOGRAFIE 19
4.2.4 Verwys na die fluviale landvorm wat tussen blokke B1 en C3 op die
ortofotokaart gevind word.
(a) Identifiseer die fluviale landvorm. (1 x 1) (1)
(b) Beskryf die hellings van hierdie landvorm (antwoord op
VRAAG 4.2.4(a)) deur na bewyse op die ortofotokaart te
verwys. (1 x 2) (2)
(c) Sal die Augrabies-waterval by 9 in ʼn suidoostelike of
noordwestelike rigting terugtrek? Gee ʼn rede vir jou keuse.
(1 + 1) (2)
4.2.5 Verwys na nedersetting H op die topografiese kaart.
(a) Identifiseer die patroon van die nedersetting by H. (1 x 1) (1)
(b) Wat is die vorm van hierdie nedersetting by H? (1 x 1) (1)
(c) Verduidelik EEN faktor wat die patroon van hierdie
nedersetting by H, beïnvloed het. (1 x 2) (2)
4.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
4.3.1 Die datalae wat in blok A4 op die ortofotokaart gevind word, is:
(i) Dreinering
(ii) Infrastruktuur
(iii) Reliëf/topograaf
(iv) Vervoer
Kies die regte kombinasie:
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iii) (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GEOGRAFIE (EC/JUNIE 2022)
4.3.2 Verwys na die skets hieronder wat ʼn GIS-proses illustreer.
[Bron: https://www.google.com/search?qgis&rlz=1C1GCEU]
(a) Noem die GIS-proses wat by A geïllustreer word. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik die GIS-proses wat jy in VRAAG 4.3.2(a) genoem
het. (1 x 2) (2)
4.3.3 Noem die poligoon-verskynsel in blok E2 op die topografiese kaart.
(1 x 1) (1)
4.3.4 Is die poligoon-verskynsel genoem by VRAAG 4.3.3, raster- of vektor-
data? (1 x 1) (1)
4.3.5 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die poligoon-verskynsel
(genoem by VRAAG 4.3.3) vir die inwoners van die Brabeesmond-
nedersetting. (1 x 2) (2)
[30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum