Skip to content

Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201615 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur *GEOGA1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en ʼn 9 bladsy-bylaag.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte. 3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Nommer vrae die volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn. 5. Laat ʼn lyn tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word, oop. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Moet nie in die kantlyn van die ATWOORDEBOEK skryf nie. 8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar nodig. 9. Puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN punt elk vereis word (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir TWEE punte elk vereis word. 10. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer in ʼn vraag gebruik word, is EEN woord antwoorde aanvaarbaar. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ʼn vraag gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag. Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord. VRAAG 1 1.1 FIGUUR 1.1 toon ʼn grafiek van die atmosferiese verandering wat plaasvind soos ʼn tropiese sikloon oor ʼn gebied beweeg. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die onderstaande meervoudigekeuse-vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 C. 1.1.1 Lugdruk word in … gemeet. A millimeter B millibaar C grade celsius D kilometer per uur 1.1.2 In hoeveel uur sal ʼn persoon, wat by punt Y staan, die oog van die tropiese sikloon ervaar? A 12 B 24 C 36 D 48 1.1.3 Die winde wat verantwoordelik is vir die beweging van die tropiese sikloon, is ... -winde. A passaat B weste C berg D polêre 1.1.4 Watter sinoptiese weerkaart simbool illustreer die area by X? A B C D Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.1.5 Die wolke wat die gebied by ongeveer 25 uur sal domineer soos die sisteem in ʼn westelike rigting beweeg, is … -wolke. A cumulonimbus B cumulus C stratus D nimbostratus 1.1.6 Die ontwikkeling van tropiese siklone is moontlik tussen die volgende breedtes. A 0° ─ 5° noord en suid van die ewenaar B 60° ─ 90° noord en suid van die ewenaar C 15° ─ 20° noord en suid van die ewenaar D 35° ─ 55° noord en suid van die ewenaar 1.1.7 Die temperatuurverskil tussen 21 uur en 24 uur is ongeveer … A 25 °C. B 10 °C. C 5 °C. D 15 °C. 1.1.8 Watter stelling is ʼn kenmerk van die ontbindingsstadium van die weersisteem? A Temperatuur neem toe B Windspoed neem toe C Reënval neem toe D Druk neem toe (8 x 1) (8) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, wat TWEE rivierprofiele, A-B en C-D aantoon. Kies die korrekte antwoord tussen hakies verskaf om elke stelling WAAR te maak. 1.2.1 (A-B/C-D) verteenwoordig ʼn rivierprofiel waar erosie oor die algemeen meer as deponering is. 1.2.2 Die (waterval/see) verteenwoordig die uiteindelike/permanente basis van erosie. 1.2.3 Laminêre vloei sal in die (F/H) loop van die rivier domineer. 1.2.4 Die (G/H) loop het ʼn U-vormige riviervallei. 1.2.5 Stroomversnellings word oor die algemeen in die (F/G) loop van die rivier aangetref. 1.2.6 Die lengteprofiel (A-B/C-D) wys ʼn rivier in ekwilibrium. 1.2.7 Onder gunstige toestande sal (alluviale waaiers/deltas) by E ontwikkel. (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 5 1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 wat ʼn satellietbeeld en ʼn koerantartikel toon en beantwoord die volgende vrae. 1.3.1 Wat word met die term ‘hittegolf’ bedoel? (1 x 1) (1) 1.3.2 Benoem die hoogdruksisteem waarvan in die artikel melding gemaak word. (1 x 1) (1) 1.3.3 Verduidelik hoe die satellietbeeld die impak van die hoogdruksisteem uitbeeld. (1 x 2) (2) 1.3.4 Bespreek hoe die volgehoue atmosferiese toestande tot die ontstaan van veldbrande mag bydra. (2 x 2) (4) 1.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat veldbrande op die mense van die binneland van Suid-Afrika sal het. (4 x 2) (8) 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat ʼn foto van mis in ʼn vallei voorstel en beantwoord die volgende vrae. 1.4.1 Noem die tipe mis wat in die vallei gevorm het. (1 x 1) (1) 1.4.2 Gedurende watter tyd van die dag is die foto heelwaarskynlik geneem? (1 x 1) (1) 1.4.3 Verskaf EEN rede vir jou antwoord by VRAAG 1.4.2. (1 x 2) (2) 1.4.4 Verskaf TWEE atmosferiese toestande wat bevorderlik vir die vorming van die tipe mis, waarvan in VRAAG 1.4.1 melding gemaak is. (2 x 2) (4) 1.4.5 Verduidelik die rol wat katabatiese winde in die vorming van die tipe mis, waarvan in VRAAG 1.4.1 melding gemaak word, speel. (2 x 2) (4) 1.4.6 Verskaf EEN positiewe impak wat hierdie mis, sigbaar op die foto, op die mense wat in die vallei lewe, sal het. (1 x 2) (2) 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat twee dreineringsbekkens met verskillende stroomordes aantoon. 1.5.1 Verskaf die geografiese term wat gebruik word om die volgende hoogliggende areas te beskryf: (a) P tussen twee verskillende dreineringsbekkens (1 x 1) (1) (b) Q tussen twee sytakke in dieselfde dreineringsbekken (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.5.2 Watter bewys in FIGUUR 1.5 stel voor dat beide riviersisteme vloei oor gesteentes wat eenvormig weerstandbiedend teen erosie is. (1 x 2) (2) 1.5.3 Waarom kan daar gesê word dat dreineringsbekken T ʼn hoër dreineringsdigtheid as dreineringsbekken S het? (1 x 2) (2) 1.5.4 Met verwysing na FIGUUR 1.5, beskryf die verhouding tussen dreineringsdigtheid en die hoogste stroomorde in ʼn dreinerings- bekken. (1 x 2) (2) 1.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik enige TWEE faktore wat kon veroorsaak het dat dreineringsbekken T ʼn hoër stroomorde as dreineringsbekken S het. (4 x 2) (8) 1.6 Bestudeer die diagramme in FIGUUR 1.6, wat die proses van verjonging uitbeeld en beantwoord die vrae wat volg. 1.6.1 Definieer die term verjonging. (1 x 1) (1) 1.6.2 Identifiseer die onderskeie verskynsels A en B wat met verjonging geassosieer word. (2 x 1) (2) 1.6.3 Wat sal oor tyd met die posisie van landvorm B in die loop van die rivier gebeur? (1 x 1) (1) 1.6.4 Verduidelik die posisionele verandering van landvorm B soos melding gemaak in VRAAG 1.6.3. (2 x 2) (4) 1.6.5 Noem EEN negatiewe impak van verjonging op boerdery-aktiwiteite stroomaf vanaf B. (1 x 2) (2) 1.6.6 Evalueer die ekonomiese belangrikheid van verskynsel B na verjonging. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 7 VRAAG 2 2.1 FIGUUR 2.1 illustreer ʼn middelbreedte sikloon in die okklusie-stadium. Kies die korrekte antwoord, uit die opsies tussen hakies verskaf, om elke stelling WAAR te maak. 2.1.1 Die temperatuur by B word deur (weste/polêre) winde beïnvloed. 2.1.2 Die gebied by C staan as die (koue/warm) sektor bekend. 2.1.3 Hierdie weersisteem beweeg in ʼn (oos na westelike/wes na oostelike) rigting. 2.1.4 Die weerstasies 1 tot 3 by (D/E) illustreer die rigting waarin die wind sal verander soos G oor die gebied beweeg. 2.1.5 Die verandering van die windrigting waarvan melding in VRAAG 2.1.4 gemaak word, staan as (ruiming/krimping) bekend. 2.1.6 (Cumulonimbus/Nimbostratus) -wolke sal by F ontwikkel. 2.1.7 Die geïllustreerde okklusie is ʼn (koue/warm) front okklusie. (7 x 1) (7) 2.2 FIGUUR 2.2 toon die verskynsels nadat stroomroof plaasgevind het. Na watter letter op die skets verwys die volgende beskrywings? Skryf SLEGS die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.8) neer, bv. 2.2.9 F. LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys. 2.2.1 Die verskynsel wat die dreineringsbekkens skei 2.2.2 Die stroom wat verjonging sal ondergaan 2.2.3 Die plek waar ʼn waterval mag ontwikkel 2.2.4 Die gebied waar die vallei te groot is vir die rivier wat daarin vloei 2.2.5 Die plek waar stroomroof plaasgevind het 2.2.6 Die stroom wat van sy water geroof word 2.2.7 Die stroom wat oor ʼn steil gebied vloei 2.2.8 Die gebied waar riviergruis waargeneem kan word (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3, wat die weerstoestande gedurende ʼn betrokke seisoen in Suid-Afrika uitbeeld en beantwoord die volgende vrae. 2.3.1 Watter seisoen word deur FIGUUR 2.3 uitgebeeld? (1 x 1) (1) 2.3.2 Verskaf EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.1. (1 x 1) (1) 2.3.3 Identifiseer die hoogdruksel by P. (1 x 1) (1) 2.3.4 Onderskei tussen die twee lugmassas X en Y onderskeidelik in terme van hulle voginhoud en temperature. (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik waarom lyndonderstorms by Q op die plato sal ontwikkel. (2 x 2) (4) 2.3.6 Evalueer die negatiewe impak wat lyndonderstorms op boerdery- aktiwiteite op die plato mag het. (2 x 2) (4) 2.4 ‘n Foto van besoedeling word in FIGUUR 2.4 getoon. Verwys na die foto wanneer die volgende vrae beantwoord word. 2.4.1 Definieer die term besoedelingskoepel. (1 x 1) (1) 2.4.2 Die besoedelingskoepel sal suurreën oor die stad veroorsaak. Verduidelik hoe die suurreën die plantegroei by A, sowel as die geboustrukture by B, onderskeidelik sal affekteer. (2 x 2) (4) 2.4.3 Stel voor hoe motorvervaardigers kan help om die besoedelingskoepel oor die stedelike gebied te verminder. (1 x 2) (2) 2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik met redes hoe die besoedelingskonsentrasies vanaf 06h00 tot 18h00 op die aardoppervlakte sal verander. (4 x 2) (8) 2.5 Bestudeer die sketse in FIGUUR 2.5 wat dreineringspatrone uitbeeld en beantwoord die volgende vrae. 2.5.1 Identifiseer die dreineringspatrone wat deur die onderskeie sketse by A en B uitgebeeld word. (2 x 1) (2) 2.5.2 Identifiseer die landvorm wat by C ontwikkel, waar die rivier deur die rug sny. (1 x 1) (1) 2.5.3 Bespreek hoe die landvorm wat in VRAAG 2.5.2 geïdentifiseer is, vir mense van nut kan wees. (2 x 2) (4) 2.5.4 Verduidelik waarom dreineringspatroon by B ouer is as die plooiberge op die skets. (1 x 2) (2) 2.5.5 Waarom is dit moontlik vir beide riviere in hierdie dreinerings- patrone om hulle loop te behou? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 9 2.6 Lees die koerantartikel met die opskrif, ‘Die impak van die mens op die waterkwaliteit in die Oranje-Senqu rivierbekken’ in FIGUUR 2.6 en beantwoord die volgende vrae. 2.6.1 Wat is ʼn waterskaars land? (1 x 1) (1) 2.6.2 Haal TWEE redes uit die koerantartikel aan, waarom water meer gereeld in die Oranje-Senqu rivierbekken hergebruik moet word. (2 x 1) (2) 2.6.3 Verskaf TWEE redes waarom die Senqu riviersisteem hoë kwaliteit varswater tot die Oranje-Senqu rivierbekken verskaf. (2 x 1) (2) 2.6.4 Bespreek die negatiewe impak van verhoogde kommersiële landbou op die waterkwaliteit van die Oranjerivier dreinerings- bekken. (2 x 2) (4) 2.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verskaf volhoubare strategieë wat deur die regering geïmplementeer kan word om hoë kwaliteit waterbeskikbaarheid langs die Oranje-Senqu rivierbekken te verseker. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING B beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord. VRAAG 3 3.1 FIGUUR 3.1 verteenwoordig verskillende stedelike nedersettings. Verskaf ʼn letter vanaf die skets wat die beste by onderstaande beskrywings pas. Skryf SLEGS die letter van jou keuse langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) neer LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys. 3.1.1 Die nedersetting wat ʼn voorbeeld van ʼn tipiese deurgangdorp is 3.1.2 Die nedersetting wat dienste aan ʼn oorwegende landelike gemeenskap verskaf 3.1.3 Die nedersetting waar een tipe vervoer met ʼn ander tipe vervang word 3.1.4 Die nedersetting wat ʼn gespesialiseerde dorp voorstel. 3.1.5 Die nedersetting waar ʼn aansluitingsdorp aangetref kan word 3.1.6 Die nedersetting wat nooit sirkelvormig sal ontwikkel nie 3.1.7 Oos-Londen en Port Elizabeth is tipiese voorbeelde van hierdie nedersetting (7 x 1) (7) 3.2 FIGUUR 3.2 is ʼn kaart wat Suid-Afrika se kern nywerheidstreke voorstel, en aangedui word deur die letters A tot D. Pas die letters by die onderstaande beskrywings. LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys. 3.2.1 Daar is goeie bron van natuurlike watervoorsiening, omdat reënval dwarsdeur die jaar in die streek voorkom 3.2.2 Die streek spog met Koega, die diepste hawe in Suid-Afrika 3.2.3 Hierdie streek het ʼn Mediterreense klimaat wat aangename werkstoestande bevorder 3.2.4 Goud was die stimulus vir hierdie streek se aanvanklike groei 3.2.5 Die sout- en motor-industrie maak deel uit van die belangrikste nywerheidsaktiwiteite in hierdie streek 3.2.6 Olie-raffinaderye is in hierdie streek gebaseer omdat die hawe die naaste aan die Midde-Ooste is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 11 3.2.7 Termiese elektrisiteit is baie duur in hierdie streek, maar kernkrag verminder elektrisiteitspryse 3.2.8 Hierdie industriële streek is landomringend (8 x 1) (8) 3.3 Bestudeer noukeurig FIGUUR 3.3, ʼn strokiesprent wat ʼn bespreking tussen inwoners van ʼn landelike gebied en ʼn ontwikkelaar aantoon, en beantwoord die volgende vrae. 3.3.1 Die mense van die area is huiwerig om die ontwikkelaar te help om die produktiwiteit van die grond te verhoog. Verskaf ʼn rede vir hierdie huiwerigheid. (1 x 1) (1) 3.3.2 Stel TWEE moontlike sosio-ekonomiese toestande van die inwoners van hierdie gebied voor. (2 x 1) (2) 3.3.3 Grondhervorming was deur die regering bekend gestel om landelike mense met grondeise te help en die ongeregtighede van die verlede reg te stel. (a) Noem die grondhervormingsbeleid wat die regering toelaat om onbewoonde grond te koop en dit gelyk op te deel tussen die landelike bevolking. (1 x 1) (1) (b) Verduidelik waarom die ontwikkelaar sê dat grond ʼn sleutel is om armoede te beveg. (2 x 2) (4) (c) In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek maatreëls wat die regering moet implementeer om die grondhervormings- beleide meer effektief te maak. (4 x 2) (8) 3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4 wat verkeersopeenhopings voorstel en beantwoord die vrae wat volg. 3.4.1 Identifiseer die dominante stratepatroon sigbaar op die skets. (1 x 1) (1) 3.4.2 Verskaf EEN voordeel van die stratepatroon wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is. (1 x 1) (1) 3.4.3 Verduidelik hoe die stratepatroon, in VRAAG 3.4.1 genoem, tot die verkeersopeenhoping probleem in die geïllustreerde stad bygedra het. (1 x 2) (2) 3.4.4 Bespreek TWEE moontlike oplossings vir die verkeersopeenhopings probleem in die spesifieke stad. (2 x 2) (4) 3.4.5 Noem EEN impak van verkeersopeenhopings op die infrastruktuur van die geïllustreerde stad. (1 x 2) (2) 3.4.6 Ondersteun die stelling dat stedelike uitbreiding omgewings- probleme in die geïllustreerde stedelike gebied veroorsaak het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 wat die handelsdata van Suid-Afrika aantoon om die volgende vrae te beantwoord: 3.5.1 Bereken die persentasie wat grondstowwe bydrae tot Suid-Afrika se uitvoere. (1 x 2) (2) 3.5.2 Deur na die data te verwys, verduidelik waarom goud so belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie is. (1 x 2) (2) 3.5.3 Analiseer die algemene tendens van Suid-Afrika se uit- en invoere van vervaardigde goedere. (1 x 2) (2) 3.5.4 Stel redes voor waarom Suid-Afrikaanse vervaardigde goedere die gevaar loop om ʼn ekonomiese las in die toekoms te word. (2 x 2) (4) 3.5.5 Bespreek hoe ʼn vaardigheidsgedrewe program ʼn meer volhoubare vervaardigingsektor sal skep. (2 x 2) (4) 3.6 Bestudeer FIGUUR 3.6, ʼn skets en ʼn uittreksel wat handel oor voedselsekerheid en beantwoord die volgende vrae. 3.6.1 Definieer die term voedselsekerheid. (1 x 1) (1) 3.6.2 Volgens die skets, noem EEN natuurlike hulpbron wat voedsel- sekerheid beïnvloed. (1 x 1) (1) 3.6.3 Verduidelik hoe die natuurlike hulpbron in VRAAG 3.6.2 genoem, voedselsekerheid beïnvloed. (1 x 1) (1) 3.6.4 Stel TWEE ekonomiese strategieë voor om voedselsekerheid aan te spreek. (2 x 2) (4) 3.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van voedselsekerheid op Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 13 VRAAG 4 4.1 FIGUUR 4.1 toon sommige stoot- en trekfaktore wat vir landelik-stedelike migrasie verantwoordelik is. Verskaf die spesifieke faktor waarna die onderstaande beskrywing verwys. Skryf SLEGS die letter (A–J) van die faktor langs die vraagnommer (4.1.1‒4.1.8) neer, byvoorbeeld 4.1.9 K. 4.1.1 Mense sal ʼn permanente en bestendige inkomste verdien 4.1.2 Plase word in een groot boerdery eenheid gemaak 4.1.3 Tersiêre instansies veroorsaak dat mense migreer 4.1.4 ʼn Omgewingsprobleem lei tot ʼn afname in produksie 4.1.5 Werksgeleenthede word deur modern tegnologie beïnvloed 4.1.6 Instandhouding van die plase word minder volhoubaar. 4.1.7 Plaaswerkers kan nie hul gesinne met hulle inkomste onderhou nie. 4.1.8 “Helder liggies” van die area dra by tot die migrasie-proses. (8 x 1) (8) 4.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–G) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) neer, byvoorbeeld 4.2.9 H. KOLOM A KOLOM B 4.2.1 ʼn Makro-ekonomiese raamwerk wat groei, A Groeipunte werk en herstrukturering sal stimuleer 4.2.2 Gemik op die bevordering van beleggings in B Dekonsentrasie-punte streke van Suid-Afrika wat onder ontwikkeld is, maar potensiaal vir groei toon 4.2.3 Nywerheidsontwikkeling was rondom die C Industriële tuislande gemik ontwikkelingspunte 4.2.4 Die hoofdoel is om armoede en werkloosheid D HOP teen 2014 te halveer, asook om gelyke indiensneming te versnel 4.2.5 Industriële ontwikkeling was buite die hoof E GEAR metropolitaanse gebiede geleë 4.2.6 ʼn Aanvanklike sosio-ekonomiese program om F ROI armoede en die tekortkoming in sosiale dienste te adresseer 4.2.7 Industriële ontwikkeling was gedoen in afgeleë G Good Hope Plan gebiede waar die infrastruktuur in plek is H Asgisa (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 4.3 Verwys na FIGUUR 4.3, wat ʼn aantal landelike nedersettingpatrone uitbeeld, voordat jy die volgende vrae beantwoord. 4.3.1 Identifiseer die nedersettingspatroon by A. (1 x 1) (1) 4.3.2 Verskaf EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 4.3.1. (1 x 2) (2) 4.3.3 Verduidelik TWEE faktore wat ʼn rol in die keuse van die standplaas van nedersetting A gespeel het. (2 x 2) (4) 4.3.4 Die lang afstand tussen nedersettings B en C het beide voor- en nadele vir boere wat in die gebied woon. Staaf hierdie stelling deur EEN voordeel en EEN nadeel te verskaf. (2 x 2) (4) 4.3.5 Evalueer die positiewe impak van moderne boerdery-tegnieke op die boerdery in hierdie hele landelike gebied. (2 x 2) (4) 4.4 Die foto in FIGUUR 4.4 illustreer ʼn groot probleem wat voorkom in die binnestad van groot stedelike gebiede. Gebruik die foto om die volgende vrae te beantwoord. 4.4.1 Identifiseer die stedelike probleem wat deur die foto geïllustreer word. (1 x 1) (1) 4.4.2 In watter grondgebruik sone word hierdie probleem gewoonlik in groot stedelike gebiede aangetref? (1 x 1) (1) 4.4.3 Noem EEN sosio-ekonomiese probleem wat hier bestaan en die situasie in die geïllustreerde foto, vererger. (1 x 1) (1) 4.4.4 Ten spyte van die swak toestande sigbaar in die foto, is die grondwaardes van die grondgebruiksone waar hierdie foto geneem is, hoog. Verduidelik waarom dit die geval is. (2 x 2) (4) 4.4.5 Hierdie sigbare swak toestande asook die infrastruktuur is ʼn groot probleem vir stedelike beplanners, omdat dit belegging in stede ontmoedig. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf voorstelle wat jy sal aanbied as deel van ʼn stedelike vernuwings- strategie. (4 x 2) (8) 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, en lees die artikel ‘Uitvoere put SA se mielievoorrade uit’ en beantwoord die volgende vrae. 4.5.1 Haal EEN rede uit die uittreksel aan, waarom Suid-Afrika graan sal moet invoer. (1 x 1) (1) 4.5.2 Waarom het wit en geel mielies ʼn gelykbreekpunt bereik? (1 x 1) (1) 4.5.3 Noem EEN van Suid-Afrika se hoof internasionale mielie- handelsvennote. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GEOGRAFIE V1 15 4.5.4 Bespreek TWEE faktore wat ʼn negatiewe impak op mielie- produksie in Suid-Afrika mag het. (2 x 2) (4) 4.5.5 Verduidelik waarom dit belangrik vir Suid-Afrikaanse boere is om aan te hou met die uitvoer van mielies, alhoewel die mielie- voorrade baie laag is. (2 x 2) (4) 4.5.6 Bespreek hoe ʼn handelstekort van mielies ʼn negatiewe impak op die armste mense in Suid-Afrika sal het. (2 x 2) (4) 4.6 Lees die uittreksel oor die informele ekonomie in FIGUUR 4.6 en beantwoord die volgende vrae. 4.6.1 Noem enige EEN tipe informele aktiwiteit. (1 x 1) (1) 4.6.2 Verduidelik waarom geleerdes, sowel as praktisyne in die ontwikkelende wêreld die beduidende rol van die informele sektor, erken. (1 x 2) (2) 4.6.3 Verduidelik waarom was dit moontlik vir die informele ekonomie om ‘uit te brei met moderne industriële groei’. (2 x 2) (4) 4.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf moontlike negatiewe effekte op die formele ekonomie, as die informele ekonomie nie gereguleer word nie. (4 x 2) (8) [75] GROOTTOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all