Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201916 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2019 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys maak. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/November 2019 NSS AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 klimaat. stralingmis; katabaties; temperatuurinversie; anabaties; rookmis; termiese gordel; ryp; aspek 1.1.1 Sone waar 'n warm lugmassa tussen kouer lugmassas vasgevang is 1.1.2 'n Mengsel van rook en mis 1.1.3 Die rigting waarin die helling in verhouding tot die son se strale wys 1.1.4 Vorm wanneer kalm toestande en skoon lug in 'n vallei voorkom 1.1.5 Vorm op die valleivloer wanneer lugtemperatuur tot onder vriespunt daal 1.1.6 Tipe wind wat ontstaan as gevolg van lug wat snags teen die helling in die vallei afdaal 1.1.7 Tipe wind wat ontstaan wanneer lug gedurende die dag teen die valleihelling op beweeg (7 x 1) (7) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 D. 1.2.1 Die dwarsprofiel van 'n rivier toon die vorm van die riviervallei vanaf ... A oorsprong tot monding. B konkaaf tot konveks. C oewer tot oewer. D breedte tot diepte. 1.2.2 Die vorm van die vallei in die boloop van 'n rivier is ... A V-vormig. B wyd. C geleidelik. D U-vormig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/November 2019 NSS 1.2.3 Afsetting is die dominante proses in die ... van die rivier. A boloop B middelloop C benedeloop D jong loop 1.2.4 Die volume water in die middelloop van die rivier sal waarskynlik as gevolg van ... vermeerder. A sywaartse erosie B sytakke wat by die rivier aansluit, C afwaartse erosie D geen sytakke wat by die rivier aansluit nie, 1.2.5 Stroomversnellings sal mees waarskynlik in die ... ontwikkel. A benedeloop B middelloop en benedeloop C boloop D boloop en benedeloop 1.2.6 Die stroomvloei (afvoer) van 'n rivier in die boloop is gewoonlik 'n ... vloei. A gelaagde B laminêre C gladde D turbulente 1.2.7 'n Hoefystermeer kan uit 'n ... in die benedeloop van die rivier gevorm word. A glyoewer B stootoewer C meanderboog D meandermerk 1.2.8 Die prosesse wat 'n rivier vanaf die boloop tot die benedeloop ondergaan, is ... A erosie, vervoer en afsetting. B vervoer, erosie en afsetting. C erosie, afsetting en vervoer. D afsetting, erosie en vervoer. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/November 2019 NSS 1.3 FIGUUR 1.3 is gebaseer op 'n gevallestudie van 'n tropiese sikloon wat onlangs 'n invloed op Suidelike Afrika gehad het. 1.3.1 Verwys na die artikel. Waarmee kan jy hierdie intense tropiese sikloon vergelyk? (1 x 1) (1) 1.3.2 Noem EEN toestand wat nodig was vir die vorming van tropiese sikloon Idai. (1 x 1) (1) 1.3.3 Verwys na die prentjie en bepaal die verwagte windspoed waarmee tropiese sikloon Idai die kus van Mosambiek sal bereik. (1 x 1) (1) 1.3.4 Waarom sal die windspoed afneem soos jy verder van die oog af beweeg? (1 x 2) (2) 1.3.5 Verduidelik hoe die gevaarlike halfsirkel van tropiese sikloon Idai ontstaan (ontwikkel) het. (1 x 2) (2) 1.3.6 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel die negatiewe impak voor wat hoë windsnelhede op die kusgebiede van Mosambiek sal hê. (4 x 2) (8) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op Suid-Afrikaanse bergwinde gebaseer is. 1.4.1 Noem die seisoen waarin Suid-Afrikaanse bergwinde ontwikkel. (1 x 1) (1) 1.4.2 Gee TWEE bewyse in FIGUUR 1.4 om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te ondersteun. (2 x 1) (2) 1.4.3 (a) Waarom word bergwinde as droog beskryf? (1 x 2) (2) (b) Wat veroorsaak dat die Suid-Afrikaanse bergwind 'n warm aflandige wind is? (1 x 2) (2) (c) Hoe beïnvloed 'n steil lugdrukgradiënt Suid-Afrikaanse bergwinde? (2 x 2) (4) 1.4.4 Waarom is nooddienste (brandweer, ambulansdienste en verkeerspolisie) uiters paraat (gereed) wanneer bergwindtoestande voorkom? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/November 2019 NSS 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat op stroomroof gebaseer is. 1.5.1 Definieer die term stroomroof. (1 x 1) (1) 1.5.2 Beskryf die erosie wat met die proses van stroomroof in skets A geassosieer word. (1 x 1) (1) 1.5.3 Identifiseer verskynsels L en M wat as gevolg van stroomroof ontstaan. (2 x 1) (2) 1.5.4 Pas die terme rowerstroom (roofstroom) en verarmde stroom by strome J en K in diagram B. (2 x 1) (2) 1.5.5 (a) Wat is 'n waterskeiding? (1 x 1) (1) (b) Hoe kan die stroomroofproses veroorsaak dat die waterskeiding sy posisie verander? (1 x 2) (2) (c) Watter uitwerking sal stroomroof op die volume water in stroom K hê? (1 x 2) (2) 1.5.6 Wat kan die plaaslike boerderygemeenskap rondom stroom J doen om met hulle daaglikse aktiwiteite voort te gaan nadat stroomroof plaasgevind het? (2 x 2) (4) (2 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat opvangs- en rivierbestuur toon. 1.6.1 Wat is die vernaamste bron van afvalwater? (1 x 1) (1) 1.6.2 Bespreek hoe die verwydering van die natuurlike plantegroei vir menslike aktiwiteite die geërodeerde grond en sedimente in die rivier vermeerder het. (1 x 2) (2) 1.6.3 Verduidelik hoe afloop vanaf beide die nedersetting en bewerkte grond die watergehalte van 'n rivier sal laat afneem. (2 x 2) (4) 1.6.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek waarom volhoubare rivierbestuur vir alle sektore van die ekonomie belangrik is. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae wat op die dwarsprofiel van die middelbreedte-sikloon in FIGUUR 2.1 gebaseer is, gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D. 2.1.1 Die algemene beweegrigting van 'n middelbreedte-sikloon in die Suidelike Halfrond is ... -waarts. A noord B wes C oos D suid 2.1.2 Identifiseer wolk A wat met die warm front geassosieer word: A Stratus B Cumulus C Nimbostratus D Cumulonimbus 2.1.3 Die gebied by B staan as die ... bekend. A warm sektor B koue sektor C polêre front D apeks 2.1.4 Die tipe wolk by C is ... A stratus. B cirrus. C cumulonimbus. D nimbostratus. 2.1.5 Die gradiënt by D kan as ... beskryf word. A steil B geleidelik C swak D vertikaal 2.1.6 Die ... front word by D aangetref. A polêre B koue C okklusie- D warm Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/November 2019 NSS 2.1.7 Die meer aktiewe en vinniger bewegende front is die ... A polêre front. B koue front. C warm front. D vogfront. 2.1.8 Die tipe reënval by E is ... A ligte buie. B frontale reën. C orografiese reën. D konveksie reën. (8 x 1) (8) 2.2 Kies EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 turbulente vloei. watertafel; samevloeiing; riviermonding; dreineerbekken; rivieroorsprong; interfluviale rif; oppervlakafloop; grondwater 2.2.1 Punt waar die rivier in die see invloei 2.2.2 Water wat die grond geïnfiltreer het 2.2.3 Gebied wat deur 'n hoofstroom en sy sytakke gedreineer word 2.2.4 Punt waar 'n rivier ontstaan 2.2.5 Die boonste vlak van die versadigde sone 2.2.6 Water wat oor die oppervlak vloei nadat dit gereën het 2.2.7 Punt waar 'n sytak en die hoofstroom bymekaarkom (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/November 2019 NSS 2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat 'n sinoptiese weerkaart toon. 2.3.1 Wat word die lyne wat lugdruk op die kaart voorstel, genoem? (1 x 1) (1) 2.3.2 Gee TWEE sigbare bewyse dat die seisoen wat uitgebeeld word, somer is. (2 x 1) (2) 2.3.3 Noem die algemene beweging van lugdruksel A. (1 x 1) (1) 2.3.4 Verwys na lugdruksel B. (a) Noem hierdie lugdruksel. (1 x 1) (1) (b) Verduidelik hoe lugdruksel B die somerreënvalpatrone oor die binneland van Suid-Afrika beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.3.5 Verwys na die weerstasiemodel by C. (a) Gee bewyse van weerstasiemodel C wat aandui dat die moontlikheid op reën skraal is. (1 x 2) (2) (b) Gee rekenskap vir die lugtemperatuur en windrigting wat by weerstasie C aangeteken is. (2 x 2) (4) 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat op die verskille tussen landelike en stedelike klimate gebaseer is. 2.4.1 Sal A of B oor die algemeen laer windsnelhede ervaar? (1 x 1) (1) 2.4.2 Watter bewys in die foto toon dat A hoër verdampingtempo's as B ervaar? (1 x 2) (2) 2.4.3 Waarom kry B meer gereeld reën as A? (1 x 2) (2) 2.4.4 Verduidelik hoe die geometriese vorm van die geboue in die stad groter absorbering van hitte veroorsaak. (1 x 2) (2) 2.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe kunsmatige oppervlakke en stedelike aktiwiteite tot hoër temperatuurlesings by B bydra. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/November 2019 NSS 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat rivierprofiele toon. 2.5.1 Definieer die term lengteprofiel. (1 x 1) (1) 2.5.2 Beskryf die vorm van lengteprofiel A. (1 x 2) (2) 2.5.3 Identifiseer 'n uiteindelike (permanente) en 'n tydelike basisvlak van erosie in die diagram. (2 x 1) (2) 2.5.4 Hoe sal die afsetting van sediment die kapasiteit van die dam beïnvloed? (1 x 2) (2) 2.5.5 Beskryf die verskil in gradering tussen die nuwe lengteprofiel en die oorspronklike lengteprofiel. (2 x 2) (4) 2.5.6 Verduidelik die impak van die teenwoordigheid van die dam op die erosie- en afsettingsprosesse. (2 x 2) (4) 2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op die fluviale landvorme in die benedeloop van die rivier gebaseer is. 2.6.1 Noem fluviale verskynsel A. (1 x 1) (1) 2.6.2 Gee 'n rede vir die vorming van verskynsel A. (1 x 2) (2) 2.6.3 Verduidelik waarom die stootoewer by B steil is. (1 x 2) (2) 2.6.4 Verskynsel C is 'n natuurlike oewerwal (leveé). Waarom word hierdie fluviale landvorm algemeen in die benedeloop van 'n rivier aangetref? (1 x 2) (2) 2.6.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die positiewe en negatiewe impak van oewerwalle (leveés) op boerdery op die vloedvlakte. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/November 2019 NSS AFDELING B: LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID- AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE VRAAG 3 3.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A-I) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 J. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Rangskikking van stedelike A invloedsfeer nedersettings vanaf kleinste na grootste B hoë-orde-goedere 3.1.2 Nedersetting wat goedere en dienste C stedelike hiërargie aan die omliggende landelike bevolking verskaf D lae-orde-goedere 3.1.3 Gebied waarvandaan stedelike E sentrale plek nedersettings hulle kliënte trek F lae-orde-sentrums 3.1.4 Minimum getal kliënte wat 'n besigheid nodig het om winsgewend G hoë-orde-sentrums te wees H drempelbevolking 3.1.5 Die maksimum afstand wat mense reis om goedere en dienste te koop I reikwydte 3.1.6 Tipe goedere wat dikwels gekoop word 3.1.7 Min dienste en funksies is beskikbaar 3.1.8 Goedere en dienste wat nie gereeld gekoop word nie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/November 2019 NSS 3.2 Verwys na ekonomiese sektore. Pas die stellings hieronder by die primêre, sekondêre of tersiêre ekonomiese sektore. Skryf slegs die sektor langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.2.1 Mynbou is 'n voorbeeld van hierdie ekonomiese sektor 3.2.2 Hierdie sektor het te doen met die lewering van dienste 3.2.3 Die ontginning van grondstowwe uit die Aarde se oppervlak 3.2.4 Het te doen met die verwerking van grondstowwe 3.2.5 Die verskaffing van elektrisiteit is 'n voorbeeld van hierdie sektor 3.2.6 Die vervaardiging van tekstiele, skoene en klerasie 3.2.7 Lewer die kleinste bydrae tot die BBP van Suid-Afrika (7 x 1) (7) 3.3 Lees die uittreksel uit die Staatsrede ('SONA') in FIGUUR 3.3 oor landelike nedersettingskwessies: grondhervorming. 3.3.1 Wat is grondhervorming? (1 x 1) (1) 3.3.2 Verwys na grondhervormingsbeleid. (a) Noem TWEE grondhervormingsprogramme waarna in die uittreksel verwys word. (2 x 1) (2) (b) Verduidelik die verskil tussen die grondhervormings- programme wat in VRAAG 3.3.2(a) genoem is. (2 x 2) (4) 3.3.3 Gee TWEE oplossings in die uittreksel wat na die sukses van grondhervorming vir ontluikende (opkomende) boere verwys. (2 x 1) (2) 3.3.4 Hoe sal die 'onteiening van grond sonder vergoeding' help om die grondhervormingsproses te bespoedig? (1 x 2) (2) 3.3.5 Bespreek hoe die implementering van grondhervorming Suid-Afrika se landbouproduksie kan affekteer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 DBE/November 2019 NSS 3.4 FIGUUR 3.4 is op verstedeliking gebaseer. 3.4.1 Onderskei tussen die terme verstedeliking en stedelike uitbreiding. (2 x 1) (2) 3.4.2 Noem die verstedelikingstendens vanaf 1970 tot 2020. (1 x 1) (1) 3.4.3 Waarom lei verstedeliking tot stedelike uitbreiding? (2 x 2) (4) 3.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, gee rekenskap van die stedelike probleme wat as gevolg van vinnige verstedeliking in stede in ontwikkelende lande ontstaan. (4 x 2) (8) 3.5 Verwys na die spotprent in FIGUUR 3.5 wat op die belangrikheid van voedselsekerheid gebaseer is. 3.5.1 Wat is voedselsekerheid? (1 x 1) (1) 3.5.2 Waarom pas die gebruik van die woorde 'goeie nuus' nie by die boodskap van die spotprent nie? (1 x 2) (2) 3.5.3 Selfs al was daar voedselsekerheid, waarom sou dit nie die mense in die spotprent gehelp het nie? (2 x 2) (4) 3.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek maniere om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verbeter. (4 x 2) (8) 3.6 FIGUUR 3.6 is gebaseer op strategieë vir industriële ontwikkeling: Richardsbaai. 3.6.1 In watter provinsie is Richardsbaai geleë? (1 x 1) (1) 3.6.2 Gee TWEE voorbeelde van industrieë in Richardsbaai wat op die kaart getoon word. (2 x 1) (2) 3.6.3 Waarom is hierdie gebied 'n toonaangewende vervaardiger van swaar masjinerie? (2 x 2) (4) 3.6.4 Hoe sal industriële ontwikkeling in Richardsbaai die plaaslike gemeenskap bevoordeel? (2 x 2) (4) 3.6.5 Verduidelik waarom Richardsbaai se infrastruktuur aantreklik vir beide plaaslike en internasionale beleggers kan wees. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 14 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 wat landelike en stedelike nedersettings toon. Pas die stellings hieronder by nedersettingstipe (A of B). Skryf slegs die letter langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 Nedersetting wat met sekondêre en tersiêre aktiwiteite geassosieer word 4.1.2 Primêre aktiwiteite domineer in hierdie nedersetting 4.1.3 Staan as 'n enkelfunksionele nedersetting bekend 4.1.4 Hierdie nedersetting bied veelvuldige funksies 4.1.5 Hierdie nedersetting het altyd 'n kernpatroon 4.1.6 'n Voorbeeld van so 'n nedersetting is 'n stad 4.1.7 Die kleinste nedersetting staan as 'n plaasopstal bekend. (7 x 1) (7) 4.2 Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.9 J KOLOM A KOLOM B 4.2.1 Uitruil van goedere en dienste A vervoernetwerk tussen lande B formeel 4.2.2 Inkomste wat 'n land deur uitvoere genereer C tuismark 4.2.3 Fasiliteer die beweging van mense, D handel goedere en inligting vanaf een plek na 'n volgende E veredeling 4.2.4 Verwys na goedere wat in 'n land F BBP ingebring word G buitelandse valuta 4.2.5 Wettig geregistreerde besighede H BNP 4.2.6 Staan ook as die binnelandse mark bekend I invoere 4.2.7 Totale waarde van goedere en dienste wat per jaar deur 'n land geproduseer word 4.2.8 Waarde wat deur verwerking by 'n grondstof gevoeg word (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 15 DBE/November 2019 NSS 4.3 FIGUUR 4.3 is 'n stedelike profiel wat die verhouding tussen grondgebruiksones en gebouedigtheid toon. 4.3.1 Verwys na grondgebruiksone A. (a) Noem die grondgebruiksone. (1 x 1) (1) (b) Noem TWEE kenmerke van grondgebruiksone A. (2 x 1) (2) (c) Waarom is hierdie grondgebruiksone ideaal vir die ligging van ligte nywerhede? (1 x 2) (2) (d) Stel EEN rede vir grondgebruiksone A se hoë grondwaardes voor. (1 x 2) (2) 4.3.2 Gee TWEE bewyse wat voorstel dat grondgebruiksone B 'n hoë- inkomste residensiële sone is. (2 x 2) (4) 4.3.3 Verduidelik waarom grondgebruiksones B en C nie versoenbaar is nie. (2 x 2) (4) 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op 'n informele nedersetting en gepaardgaande kwessies gebaseer is. 4.4.1 Definieer die term informele nedersetting. (1 x 1) (1) 4.4.2 Volgens die koerantartikel, waarom is daar 'n verhoogde risiko van brande in informele nedersettings? (2 x 1) (2) 4.4.3 Waarom vermeerder die voorkoms van verwoestende brande in informele nedersettings in die winter? (2 x 2) (4) 4.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit brandgevare vir mense wat in informele nedersettings woon, kan verminder. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 16 DBE/November 2019 NSS 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, die infografika van Suid-Afrika se nywerheidstreke: Port Elizabeth (Nelson Mandela-metropool). 4.5.1 In watter provinsie in die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidstreek geleë? (1 x 1) (1) 4.5.2 Noem die hoofnywerheid in hierdie streek. (1 x 1) (1) 4.5.3 Gee TWEE fisiese (natuurlike) faktore in die infografika wat tot sy groei as 'n nywerheidstreek bygedra het. (2 x 1) (2) 4.5.4 Waarom is die groot bevolking voordelig vir die Port Elizabeth- Uitenhage-streek? (1 x 2) (2) 4.5.5 Verduidelik hoe die nywerheid in VRAAG 4.5.2 tot die ekonomiese groei van hierdie streek bydra het. (2 x 2) (4) 4.5.6 Bespreek TWEE uitdagings wat deur nywerhede in die Port Elizabeth-Uitenhage-streek ervaar word, in vergelyking met nywerhede in die PWV-streek. (2 x 2) (4) 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 is 'n spotprent wat op die informele sektor gebaseer is. 4.6.1 Definieer die term informele sektor. (1 x 1) (1) 4.6.2 Watter bewys in die spotprent dui aan dat die minister nie ten gunste van die informele sektor is nie? (1 x 1) (1) 4.6.3 Stel 'n moontlike rede voor waarom die minister nie wil hê dat informele straatverkope moet plaasvind nie. (1 x 2) (2) 4.6.4 Gee TWEE redes waarom die informele sektor vir die informele handelaar belangrik is. (2 x 2) (4) 4.6.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek redes vir die groei van die informele sektor in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all