Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOG.1
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2020(2)
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 12 bladsy-bylaag.
OGGENDSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 

_hlayiso.com_--4c59a80f-eefb-4b65-9ca9-51658f6452b0/v1-e79e48ec611b0f079df9/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 397.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Climate and weather8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology15 marks
- Question 1.6Geomorphology15 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa23 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy gevra word om te noem, identifiseer
of 'n lysie moet maak.
10. Dui die maateenheid of kompasrigting aan wanneer syfers of waardes in jou
antwoord aangehaal word, bv. 45 m, 1 020 hPa, 14 °C en noord (N).
11. Gebruik volsinne wanneer paragraaftipe vrae beantwoord.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat lugbeweging wat met valleiklimate geassosieer
word, toon. Pas die beskrywings hieronder by winde A en B. Skryf slegs die
letter A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 B.
1.1.1 Die lugbeweging wat met opwaartse vloei teen hellings geassosieer
word
1.1.2 Lugbeweging wat snags voorkom
1.1.3 Lugbeweging as gevolg van die tempo van insolasie ontstaan
1.1.4 Lugbeweging wat grootliks lugbesoedeling op die valleibodem
verminder
1.1.5 Lugbeweging wat met digte, swaar lug geassosieer word
1.1.6 Lugbeweging geassosieer met die vorming van ryp op die
valleibodem
1.1.7 Die rigting van lugbeweging deur gravitasiekragte bepaal 7 x 1) (7)
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die kenmerk/beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Dreineringspatroon wat algemeen langs steil A tralie
hellings van 'n rug of rif van heuwels voorkom
B dendrities
1.2.2 Dreineringspatroon wat gevind word in gebiede
waar gletsers voorgekom het C radiaal
1.2.3 Die hoofstroom het reghoekige kronkels in D reghoekig
hierdie dreineringspatroon E ontwrig
1.2.4 Dreineringspatroon wat geassosieer word met F antesedente
strome wat na 'n sentrale laagliggende gebied
vloei G sentripetaal
1.2.5 Dreineringspatroon wat met 'n koepel- H geërfde
verskynsel geassosieer word
I parallel
1.2.6 Dreineringspatroon wat in gebiede met
afwisselende lae harde en sagte gesteentes
ontstaan
1.2.7 Dreineringpatroon wat gewoonlik uniformig is
en sytakke wat teen skerphoeke bymekaarkom
1.2.8 Die rivier is jonger as die onderliggende
gesteentestruktuur waaroor dit vloei
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
1.3 FIGUUR 1.3 toon 'n middelbreedtesikloon op 'n sinoptiese weerkaart van
Suidelike Afrika.
1.3.1 Gee bewyse uit die diagram wat voorstel dat weerstelsel A
'n middelbreedtesikloon is. (1 x 1) (1)
1.3.2 Waarom ontstaan hierdie weerstelsel by die polêre front? (1 x 2) (2)
1.3.3 Gee 'n rede vir die beweegrigting van hierdie weerstelsel. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom word die kouefront met uiterste weerstoestande
geassosieer? (1 x 2) (2)
1.3.5 Verduidelik die ontstaan van die ontwikkelingstadium wat in
FIGUUR 1.3 van die middelbreedtesikloon getoon word. (2 x 2) (4)
1.3.6 Waarom het die kouefront van die middelbreedtesikloon 'n positiewe
impak op landbouaktiwiteite in die Wes-Kaap? (2 x 2) (4)
1.4 FIGUUR 1.4 toon die teenwoordigheid van 'n lyndonderstorm dwarsoor
Suid-Afrika.
1.4.1 Ontvang die lyndonderstorm sy bron van vog vanaf oseaan A of B?
(1 x 1) (1)
1.4.2 Waarom word koue, droë lug vanaf die Suid-Atlantiese
Hoogdruksel ingevoer? (1 x 2) (2)
1.4.3 Verduidelik hoe die formasie van die vogfront by C
lyndonderstorms tot gevolg het. (2 x 2) (4)
1.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die
verwoestende (vernietigende) aard van lyndonderstorms. (4 x 2) (8)
1.5 FIGUUR 1.5 is 'n uittreksel oor deltas.
1.5.1 Waar vorm deltas? (1 x 1) (1)
1.5.2 Watter bewys in die uittreksel dui aan dat deltas digbevolk is?(1 x 1) (1)
1.5.3 Volgens die uittreksel, hoe versteur stede die natuurlike formasie
van deltas? (1 x 1) (1)
1.5.4 Bespreek die belangrikheid daarvan om deltas te beskerm. (2 x 2) (4)
1.5.5 'n Onlangse omgewingsimpak-assessering het kommer oor die
toekomstige volhoubaarheid van deltas uitgelig. In 'n paragraaf van
ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor om gebiede soos deltas
teen die negatiewe impak van menslike aktiwiteite te beskerm.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat rivierverjonging toon.
1.6.1 Wat is rivierverjonging? (1 x 1) (1)
1.6.2 Watter fase (loop) van die rivier word in FIGUUR 1.6 geïllustreer?
(1 x 1) (1)
1.6.3 Gee bewyse uit FIGUUR 1.6 om jou antwoord op VRAAG 1.6.2 te
ondersteun. (1 x 1) (1)
1.6.4 Waarom is daar 'n toename in die tempo van erosie in die rivier na
verjonging? (2 x 2) (4)
1.6.5 Identifiseer die veranderinge aan die volgende verskynsels nadat
rivierverjonging plaasgevind het:
(a) Rivierkanaal (1 x 2) (2)
(b) Meander (Kronkel) (1 x 2) (2)
1.6.6 Bespreek die moontlike negatiewe impak van rivierverjonging op
opgaardamme in die benedeloop ná die punt van verjonging
(knakpunt). (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat 'n hoog- en laagdruksel in die Suidelike Halfrond
toon. Pas die stellings hieronder by die hoogdruksel of laagdruksel.
Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 laagdruksel.
2.1.1 Word met stygende lug geassosieer
2.1.2 Lug divergeer op die oppervlak vanaf hierdie druksel
2.1.3 Word met die klokwaartse beweging van lug geassosieer
2.1.4 Onstabiele weerstoestande oor die binneland
2.1.5 Word met inwigging geassosieer
2.1.6 Word met swaar reën en hael geassosieer
2.1.7 Domineer die land in die winter
2.1.8 Bergwindtoestande ontwikkel wanneer dit met 'n kus-laag in
wisselwerking kom (8 x 1) (8)
2.2 Kies 'n konsep/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 Gebied wat deur 'n rivier en sy A opvangsgebied
sytakke gedreineer word
B interfluviale rif
2.2.2 Hoogliggende gebied wat twee
verskillende dreineringsbekkens C samevloeiing
skei
D dreineringsbekken
2.2.3 Beginpunt van 'n rivier
E rivierstelsel
2.2.4 Term wat die hoofstroom en sy
sytakke beskryf F waterskeiding
2.2.5 Punt waar die rivier die see invloei G rivieroorsprong
2.2.6 Verhoogde land wat strome in H riviermond
dieselfde dreineringsbekken skei
2.2.7 Punt langs die rivier waar twee of
meer strome ontmoet
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat die pad van 'n tropiese sikloon toon.
2.3.1 Gee 'n bewys dat hierdie tropiese sikloon in die Suidelike Halfrond is.
(1 x 1) (1)
2.3.2 Waarom is die Mosambiek-kanaal gewoonlik ideaal vir die toename in
temperatuur binne die tropiese sikloon? (1 x 2) (2)
2.3.3 Verduidelik hoe die intensiteit van die tropiese sikloon toegeneem het
soos dit vanaf area A na area B beweeg het. (2 x 2) (4)
2.3.4 Bespreek die toestande wat kon veroorsaak het dat die sikloon
verswak soos dit area C bereik het. (2 x 2) (4)
2.3.5 Evalueer die fisiese (natuurlike) negatiewe impak van tropiese siklone
langs die kuslyn van Mosambiek. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, 'n uittreksel op stedelike hitte-eilande gebaseer.
2.4.1 Definieer die konsep stedelike hitte-eiland. (1 x 1) (1)
2.4.2 Gee TWEE aanhalings uit die uittreksel wat voorstel dat
swak beplanning vir die toename in temperatuur in stede
verantwoordelik is. (2 x 1) (2)
2.4.3 Waarom is die hitte-eiland-effek snags meer gekonsentreerd?(2 x 2) (4)
2.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf volhoubare groen
strategieë, soos daar in die uittreksel na verwys word, wat die hitte-
eiland-effek laat afneem. (4 x 2) (8)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat stroomroof voorstel.
2.5.1 Definieer die konsep stroomroof soos in skets B getoon. (1 x 1) (1)
2.5.2 Identifiseer verskynsels 1 en 2 van stroomroof in skets B. (2 x 1) (2)
2.5.3 Wat kon veroorsaak het dat die rowerstroom deur die waterskeiding
geërodeer het? (2 x 1) (2)
2.5.4 Verduidelik die proses wat die ontwikkeling van die verarmde stroom
veroorsaak het. (2 x 2) (4)
2.5.5 Beskryf die veranderinge in die vloeikenmerke van die rowerstroom.
(3 x 2) (6)
2.6 FIGUUR 2.6 toon 'n rivierprofiel.
2.6.1 Is die rivierprofiel in FIGUUR 2.6 gegradeer of ongegradeer? (1 x 1) (1)
2.6.2 Gee bewyse vir jou antwoord op VRAAG 2.6.1. (1 x 2) (2)
2.6.3 Waarom sal daar meer erosie as afsetting by A wees? (2 x 2) (4)
2.6.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die fluviale
prosesse wat 'n rivier ondergaan om 'n gegradeerde profiel te bereik.
(4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-
AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat modelle van stedelike struktuur voorstel. Kies die
korrekte antwoord uit die opsies wat tussen hakies gegee word om die
stelling WAAR te maak. Skryf slegs jou antwoord langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.8 konsentriese-sone.
3.1.1 Die model wat grondgebruik toon, in wiggies gerangskik, staan as
die (veelvoudige-kern/sektor)-model bekend.
3.1.2 In die (veelvoudige-kern/konsentriese-sone)-model is die SSK die
fokuspunt waarom die stedelike gebied ontwikkel.
3.1.3 Industrieë en lae-kostebehuising ontwikkel langs hoofpaaie of
spoorlyne in die (konsentriese-sone/sektor)-model.
3.1.4 Die (sektor/veelvoudige-kern)-model is die mees toepaslike model
vir moderne stede.
3.1.5 Die (sektor/konsentriese-sone)-model neem nie ontwikkeling langs
vervoerroetes in ag nie.
3.1.6 Stede wat verskeie fokuspunte het waarom stedelike ontwikkeling
voorkom, is voorbeelde van die (konsentriese-sone/veelvoudige-
kern)-model.
3.1.7 Die (sektor/veelvoudige-kern)-model vertoon kenmerke van die
konsentriese-sone-model. (7 x 1) (7)
3.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende stellings
verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.9 D.
3.2.1 Die ekonomiese sektor wat met die verskaffing van vervoer
geassosieer word, staan as die ... -sektor bekend.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
3.2.2 Die totale waarde van alle goedere en dienste wat in een jaar in 'n
land geproduseer word, staan as die ... bekend.
A per kapita inkomste
B bruto binnelandse produk
C bruto nasionale produk
D bruto binnelandse inkomste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
3.2.3 'n Voorbeeld van 'n ekonomiese aktiwiteit wat met die ontginning
van grondstowwe te doen het, is ...
A vervoer.
B konstruksie.
C mynbou.
D navorsing.
3.2.4 'n Uitruil van goedere en dienste tussen lande staan as ... bekend.
A internasionale handel
B binnelandse handel
C buitelandse valuta
D handelsbalans
3.2.5 … verwys na goedere wat in die land ingebring word.
A Uitvoere
B Invoere
C Mark
D Handel
3.2.6 Die binnelandse mark staan ook as die ... mark bekend.
A streeks-
B buitelandse
C provinsiale
D tuis-
3.2.7 Inkomste wat deur middel van uitvoere deur 'n land verkry word,
staan as .. bekend.
A per kapita inkomste
B buitelandse valuta
C uitvoer-georiënteerde industrieë
D uitvoer mark
3.2.8 'n Voorbeeld van 'n kwaternêre ekonomiese aktiwiteit is ...
A visvangs.
B skeepsbou.
C diensverskaffing.
D navorsing. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, 'n grafiek oor landelike ontvolking.
3.3.1 Definieer die konsep van landelike ontvolking. (1 x 1) (1)
3.3.2 Bepaal die aantal mense wat in 2004 in landelike gebiede in
Suid-Afrika gewoon het. (1 x 1) (1)
3.3.3 Toon die landelike bevolking 'n toename of 'n afname vanaf 2004 tot
2020? (1 x 1) (1)
3.3.4 Hoe sal hierdie neiging (die antwoord op VRAAG 3.3.3) 'n negatiewe
impak op die lewenstandaard van die landelike bevolking hê? (2 x 2) (4)
3.3.5 Verduidelik TWEE sosiale faktore wat tot landelike ontvolking in
Suid-Afrika bygedra het. (2 x 2) (4)
3.3.6 Stel TWEE volhoubare strategieë voor wat mense aanspoor om na
landelike gebiede terug te keer. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, 'n spotprent gebaseer op 'n stedelike kwessie oor
vinnige verstedeliking.
3.4.1 Identifiseer die stedelike kwessie wat in die spotprent getoon word.
(1 x 1) (1)
3.4.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1 (1 x 2) (2)
3.4.3 Waarom is die stedelike kwessie in die spotprent algemeen in die
meeste stede? (2 x 2) (4)
3.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die negatiewe
impak van hierdie stedelike kwessie op motoriste. (4 x 2) (8)
3.5 Verwys na die uittreksel in FIGUUR 3.5 wat op beesboerdery in Suid-Afrika
gebaseer is.
3.5.1 Identifiseer EEN probleem uit die uittreksel wat 'n uitdaging vir
beesboere is. (1 x 1) (1)
3.5.2 Waarom, volgens die uittreksel, is die Bonsmara-beeste ideaal vir
beesboerdery? (2 x 1) (2)
3.5.3 Stel TWEE maniere voor waarop die regering kleinskaalse
beesboere kan ondersteun om beesvleisproduksie te verhoog.(2 x 2) (4)
3.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe 'n toename in
beesvleisproduksie tot voedselsekerheid in Suid-Afrika kan bydra.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 en bestudeer die inligting oor die PWV(Gauteng)-
nywerheidstreek.
3.6.1 Watter van die stedelike nedersettings in die PWV(Gauteng)-
nywerheidstreek in FIGUUR 3.4 getoon, het as 'n goudmynbou-
nedersetting begin? (1 x 1) (1)
(1 x 1)
3.6.2 Haal TWEE statistieke uit FIGUUR 3.6 aan wat aandui dat
die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek die ekonomiese hart van
Suid-Afrika is. (2 x 1) (2)
(2 x 1)
3.6.3 Bespreek TWEE faktore wat die ontwikkeling van nywerhede in die
PWV(Gauteng)-nywerheidstreek bevorder het. (2 x 2) (4)
(2 x 2)
3.6.4 Die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek staar verskeie uitdagings in die
gesig, insluitend hoë vlakke van werkloosheid en watertekorte.
(a) Waarom het waterverskaffing die ontwikkeling van die
PWV(Gauteng)-nywerheidstreek verhinder? (1 x 2) (2)
(b) Hoe het die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek die tekort aan
water vir industrieë oorkom? (1 x 2) (2)
(c) Waarom staar die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek uitdagings
van werkloosheid in die gesig, alhoewel daar 'n hoë
konsentrasie industrieë in hierdie nywerheidstreek is? (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 wat landelike nedersettingspatrone en -vorme
voorstel. Kies die korrekte antwoord vanuit die opsies wat tussen hakies
gegee word om die stelling WAAR te maak. Skryf slegs jou antwoord langs
die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
4.1.9 verspreid.
4.1.1 'n (Verspreide/Kern-) nedersettingpatroon word met groot masjinerie
geassosieer.
4.1.2 Die nedersettingpatroon wat meer gemeenskapsaktiwiteite
aanspoor, is (kern/verspreid).
4.1.3 Die gebrek aan veiligheid en 'n toenemende kwesbaarheid tot
misdaad kom oorwegend in (kern-/verspreide) nedersettingpatrone
voor.
4.1.4 (Kern-/Verspreide) nedersettingpatrone word oor die algemeen
geassosieer met land wat privaat besit word.
4.1.5 Die nedersetting wat by die kruisings van vervoerroetes ontwikkel,
het 'n (lineêre/kruispad-) vorm.
4.1.6 (Sirkel/Lineêr)-vormige nedersettings ontwikkel om 'n fokuspunt.
4.1.7 'n (Sirkel/Lineêr)-vormige nedersetting vorm langs vervoerroetes.
4.1.8 Die nedersettingsvorm verantwoordelik vir die grootste
toeganklikheid is 'n (lineêre/kruispad-) nedersetting. (8 x 1) (8)
4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende stellings
verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.8 D.
4.2.1 ... is die stapelvoedsel van baie mense in Suid-Afrika.
A Vrugte
B Mielies
C Koring
D Beesvleis
4.2.2 Landbouaktiwiteite word met die ... ekonomiese sektor geassosieer.
A kwaternêre
B sekondêre
C tersiêre
D primêre
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
4.2.3 … is wanneer mense in 'n land toegang tot genoeg voedsame
voedsel het.
A Voedselonsekerheid
B Wanvoeding
C Hongersnood
D Voedselsekerheid
4.2.4 'n Voordeel van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse is dat dit ...
A minder voedingswaarde het.
B meer voedsel per hektaar produseer.
C 'n korter stoorperiode het.
D goedkoper is.
4.2.5 Monokultuur is 'n kenmerk van ... boerdery.
A kleinskaalse
B tradisionele
C grootskaalse
D bestaans-
4.2.6 Suikerrietboerdery word hoofsaaklik in ... beoefen.
A die Oos-Kaap
B die Wes-Kaap
C KwaZulu-Natal
D Noordwes
4.2.7 ... is faktore wat landbouproduksie in Suid-Afrika bevorder.
A Vloede en klimaatverandering
B Navorsing en klimaatverskille
C Misdaad en werkersonluste
D Wisselende pryse en bestaansboerdery (7 x 1) (7)
4.3 FIGUUR 4.3 toon ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding.
4.3.1 Definieer die konsep ongebreidelde (onbeheerde) stedelike
uitbreiding. (1 x 1) (1)
4.3.2 Gee bewyse uit FIGUUR 4.3 wat voorstel dat ongebreidelde
(onbeheerde) stedelike uitbreiding plaasvind. (1 x 2) (2)
4.3.3 Waarom vind plaaslike owerhede dit moeilik om ongebreidelde
(onbeheerde) stedelike uitbreiding te beheer? (2 x 2) (4)
4.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die ongunstige
omgewingstoestande wat deur ongebreidelde (onbeheerde)
stedelike uitbreiding in die landelik-stedelike oorgangsone
veroorsaak word. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat op 'n stedelike omgewingsgeregtigheidskwessie
gebaseer is.
4.4.1 Definieer die konsep omgewingsongeregtigheid. (1 x 1) (1)
4.4.2 Noem die omgewingsongeregtigheid sigbaar in FIGUUR 4.4. (1 x 1) (1)
4.4.3 Gee bewyse vanuit die foto om jou antwoord op VRAAG 4.4.2 te
ondersteun. (1 x 1) (1)
4.4.4 Waarom word jou antwoord op VRAAG 4.4.2 as
omgewingsongeregtigheid gesien? (2 x 2) (4)
i
4.4.5 Bespreek hoe die omgewingsongeregtigheid die plaaslike
gemeenskap sal affekteer. (2 x 2) (4)
4.4.6 Verduidelik hoe plaaslike owerhede volhoubare oplossings kan
ontwikkel om die impak van hierdie ongeregtigheidskwessie te
beperk. (2 x 2) (4)
4.5 FIGUUR 4.5 is op strategieë vir nywerheidsontwikkeling: die Saldanhabaai
nywerheidsontwikkelingsone (SBNOS) gebaseer.
4.5.1 Noem die nuwe plaaslike belegger in Saldanhabaai. (1 x 1) (1)
4.5.2 Wat sal die kernfunksie van die nuwe belegger in Saldanhabaai-
NOS wees? (1 x 1) (1)
4.5.3 Verskaf die fisiese (natuurlike) faktor wat moontlik die nuwe
belegger na die Saldanhabaai-NOS gelok het. (1 x 1) (1)
4.5.4 Bespreek hoe die nuwe beleggingsprojek in die Saldanhabaai-NOS
'n positiewe impak op die vervoerinfrastruktuur in die sone sal hê.
(2 x 2) (4)
4.5.5 Hoe sal beleggings in die Saldanhabaai-NOS 'n impak hê op die
mense wat in hierdie sone werk soek? (2 x 2) (4)
4.5.6 Stel voor watter sosiale verantwoordelikheidsinisiatiewe 'n nuwe
beleggingsmaatskappy tot die plaaslike gemeenskap behoort te hê.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 15 DBE/November 2020(2)
SS/NSS
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6 wat op die informele sektor gebaseer is.
4.6.1 Watter voorbeeld van informele handel word volgens die uittreksel in
FIGUUR 4.6 uitgebeeld? (1 x 1) (1)
4.6.2 Hoeveel mense in Suid-Afrika is by die informele handelsektor
betrokke? (1 x 1) (1)
4.6.3 Haal bewyse uit die uittreksel aan om te toon dat die informele
sektor 'n veel makliker opsie is om werk te bekom. (1 x 1) (1)
4.6.4 Waarom word soveel vroue, volgens die uittreksel, in die informele
sektor in diens geneem? (2 x 2) (4)
4.6.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe
impak wat die informele sektor op die ekonomie van Suid-Afrika het.
(4 x 2) (8)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Addendum (Afrikaans)
_hlayiso.com_--4c59a80f-eefb-4b65-9ca9-51658f6452b0/v1-e79e48ec611b0f079df9/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum