Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201813 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2018 PUNTE: 225 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 13 bladsy-bylae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 10. Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 11. Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1 020 hPa, 14 °C of 45 m. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat antisiklone oor Suid-Afrika toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Lugdruksel A is in die winter verder (noord/suid) geleë. 1.1.2 Lugdruksel B word die (Suid-Atlantiese/Suid-Indiese) Hoogdruksel genoem. 1.1.3 Wanneer isobare weg vanaf lugdruksel B verleng word, vorm dit 'n (rug/trog). 1.1.4 Die lugdruklesing by C is ongeveer (1 012 hPa/1 016 hPa). 1.1.5 Die windspoed by weerstasie D is (20 knope/10 knope). 1.1.6 Die windrigting by weerstasie D is (noordoos/noordwes). 1.1.7 Lugdrukselle A, B en C verteenwoordig die (ekwatoriale laag-/ subtropiese hoog-)drukgordel. (7 x 1) (7) 1.2 FIGUUR 1.2 toon sketse (1 tot 4) wat op stroomroof gebaseer is. 1.2.1 Verwys na skets 1. Watter een, rivier A of rivier B, is waarskynlik die roofstroom? 1.2.2 Noem die klimaatsfaktor wat daartoe lei dat rivier B in skets 2 teen 'n vinniger tempo erodeer. 1.2.3 Watter tipe erosie het veroorsaak dat die waterskeiding in die rigting van rivier A in skets 2 beweeg het? 1.2.4 Verwys na skets 3. Watter een, rivier A of rivier B, is die geroofde stroom? 1.2.5 Verwys na skets 4. Noem die stroomroofverskynsel by C. 1.2.6 Verwys na skets 4. Noem die stroomroofverskynsel by D. 1.2.7 Watter term word gebruik om rivier A, waarvan die volume in skets 4 verklein is, te beskryf? 1.2.8 Vloei rivier A of rivier B op 'n laer hoogte bo seespieël in skets 2? (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/November 2018 NSS 1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 wat middelbreedtesiklone op 'n sinoptiese weerkaart van suidelike Afrika toon. 1.3.1 Gee die term wat gebruik word om middelbreedtesiklone wat aan mekaar gekoppel is, te beskryf. (1 x 1) (1) 1.3.2 Watter bewys dui daarop dat middelbreedtesikloon A die oudste is? (1 x 2) (2) 1.3.3 Waarom word front D NIE met swaar reënval geassosieer NIE? (1 x 2) (2) 1.3.4 Wat veroorsaak die ontbinding van middelbreedtesiklone? (1 x 2) (2) 1.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik die weerstoestande wat 'n toeris in Kaapstad sal ervaar met die koue front wat in aantog is. (4 x 2) (8) 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n diagram oor valleiklimate toon. 1.4.1 Is die hellingwind by X 'n anabatiese of 'n katabatiese wind? (1 x 1) (1) 1.4.2 Behalwe die byskrif, watter bewys dui daarop dat B die termiese gordel is? (1 x 1) (1) 1.4.3 Watter term word gebruik om 'n styging van die temperatuur, soos wat die hoogte in die vallei toeneem, te beskryf? (1 x 1) (1) 1.4.4 Verduidelik waarom hellingwind X meer intens in die winter sal wees. (2 x 2) (4) 1.4.5 Gee rekenskap van die lae temperatuur wat waarskynlik in die winter op die valleibodem ervaar sal word. (2 x 2) (4) 1.4.6 Hoe sal boere hulle boerderytegnieke (-metodes) moet aanpas as gevolg van die temperatuurverandering op die valleibodem? (2 x 2) (4) 1.5 FIGUUR 1.5 toon 'n rivierstelsel met 'n lae dreineerdigtheid. 1.5.1 Gee 'n bewys wat daarop dui dat die rivierstelsel 'n lae dreineerdigtheid het. (1 x 1) (1) 1.5.2 Beskryf TWEE faktore wat moontlik tot 'n lae dreineerdigtheid aanleiding gegee het. (2 x 2) (4) 1.5.3 Hoe sal 'n toename in dreineerdigtheid die bestaande stroomorde by A beïnvloed? (1 x 2) (2) 1.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek hoe menslike aktiwiteite langs die rivier se loop die dreineerdigtheid van die dreineerbekken kan verhoog. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/November 2018 NSS 1.6 FIGUUR 1.6 toon die veranderende dwarsprofiel van 'n vallei langs die rivier se loop. 1.6.1 In watter loop is die bron van die rivier? (1 x 1) (1) 1.6.2 Noem TWEE elemente van die dwarsprofiel wat van die boloop tot by die benedeloop in FIGUUR 1.6 verander het. (2 x 1) (2) 1.6.3 Onderskei tussen die fluviale prosesse wat die dwarsprofiele van die boloop en benedeloop van die rivier gevorm het. (2 x 2) (4) 1.6.4 Beskryf die redes vir die vormverandering van die dwarsprofiel van die middelloop. (2 x 2) (4) 1.6.5 Verduidelik waarom die vorm van die dwarsprofiel in die boloop van die rivier dit die geskikste plek vir die bou van 'n dam sal maak. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 2 2.1 Bestudeer FIGUUR 2.1, 'n dwarssnit van 'n tropiese sikloon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word wat elke sin geografies KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Die (oog/vorteks) by A word deur dalende lug gekenmerk. 2.1.2 Die gebied by B is 'n (hoog-/laag-)drukgebied. 2.1.3 (Ligte/Swaar) reënval kom by C voor. 2.1.4 Die vertikale lugbewegings by D staan as (stygstrome/daalstrome) bekend. 2.1.5 Die bolug by E (konvergeer/divergeer). 2.1.6 F word met (laag-/hoog-)druk geassosieer. 2.1.7 Die grafiek (G) dui lug-(druk/temperatuur) met die verbybeweeg van die tropiese sikloon aan. 2.1.8 Oppervlak-(lugtemperatuur/windspoed) word deur grafiek H voorgestel. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/November 2018 NSS 2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die fluviale landvorm in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Plat, natuurlike verskynsel wat A stroomversnelling langs 'n rivier voorkom B delta 2.2.2 'n Oewer langs die rivier waar growwe materiaal eerste afgeset C rivierkronkel word D vlegstroom 2.2.3 Kurwes of draaie in die loop van 'n rivier E vloedvlakte 2.2.4 Wanneer 'n meanderboog van die F hoefystermeer rivier afgesny word G oewerwal 2.2.5 Strome met baie kanale en sandeilande tussen die kanale H waterval 2.2.6 'n Vertikale val in die rivierloop as gevolg van sagter rots wat vinniger as harde rots erodeer 2.2.7 'n Afsettingslandvorm wat voorkom wanneer 'n rivier in die see invloei (7 x 1) (7) 2.3 FIGUUR 2.3 toon lyndonderstorms oor Suid-Afrika. 2.3.1 Noem die front oor die binneland waar lyndonderstorms ontstaan. (1 x 1) (1) 2.3.2 Watter bewyse dui daarop dat lyndonderstorms getoon word? (1 x 2) (2) 2.3.3 Waarom word lyndonderstorms oor die algemeen met die somer geassosieer? (1 x 2) (2) 2.3.4 Wat is die bron van vog vir die vorming van lyndonderstorms? (1 x 2) (2) 2.3.5 Waarom is daar gewoonlik 'n digter wolkbank oos van die front? (2 x 2) (4) 2.3.6 Verduidelik waarom die weerstoestande wat met lyndonderstorms geassosieer word, erger as geïsoleerde (normale) donderstorms is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/November 2018 NSS 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n besoedelingskoepel oor 'n Suid-Afrikaanse stad toon. 2.4.1 Wat is 'n besoedelingskoepel? (1 x 1) (1) 2.4.2 Waarom word 'n besoedelingskoepel met 'n stedelike gebied geassosieer? (1 x 2) (2) 2.4.3 Verduidelik waarom die besoedelingskoepel snags meer gekonsentreerd is. (2 x 2) (4) 2.4.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe besoedelingskoepels onderhoudskoste van die beboude omgewing vir mense wat in stede woon, verhoog? (4 x 2) (8) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat rivierverjonging illustreer. 2.5.1 Definieer die begrip rivierverjonging. (1 x 1) (1) 2.5.2 Identifiseer die toestand wat tot stroomverjonging gelei het. (1 x 1) (1) 2.5.3 Noem EEN moontlike fluviale verskynsel wat by die knakpunt in die rivierprofiel kan vorm. (1 x 1) (1) 2.5.4 Verduidelik die uitwerking van rivierverjonging op die gradering van 'n rivier. (2 x 2) (4) 2.5.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en brei verder uit oor die veranderinge wat in die fluviale kenmerke in die geïllustreerde rivierloop as gevolg van rivierverjonging sal voorkom. (4 x 2) (8) 2.6 Verwys na FIGUUR 2.6, 'n uittreksel wat op die uitwerking van ontbossing op rivierbestuur gebaseer is. 2.6.1 Wat is ontbossing? (1 x 1) (1) 2.6.2 (a) Teen watter jaar word daar verwag dat byna alle tropiese woude verlore sal wees? (1 x 1) (1) (b) Watter provinsie se grootte kan met die totale oppervlakte woud wat jaarliks verlore gaan, vergelyk word? (1 x 1) (1) 2.6.3 Noem TWEE negatiewe gevolge van ontbossing op rivierstelsels. (2 x 2) (4) 2.6.4 Stel TWEE maatreëls voor wat deur die regering en nie-regerings- organisasies (NRO) ingestel kan word om rivierstelsels, wat as gevolg van ontbossing in gevaar is, te bestuur. (2 x 2) (4) 2.6.5 Bespreek die negatiewe uitwerking van swak bestuurspraktyke op Suid- Afrika se toekomstige watervoorraad. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/November 2018 NSS AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE VRAAG 3 3.1 Kies EEN woord/term uit die lys hieronder wat by 'n beskrywing van die nedersettingspatroon of -buitelynvorm pas. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. lineêr; T-vormig; kruisvormig; verspreid; spinnerak; rond; stervormig; halfrond; kern 3.1.1 Buitelynvorm van nedersettings wat langs 'n smal kanaal geleë is 3.1.2 Buitelynvorm van nedersettings wat langs baie hoofpaaie ontwikkel wat in verskillende rigtings vanaf 'n sentrale punt uitstraal 3.1.3 Buitelynvorm van nedersetting wat langs 'n hawe geleë is 3.1.4 Buitelynvorm van nedersetting wat ontstaan het as gevolg van huise wat om 'n markplein gegroepeer is 3.1.5 Nedersettingspatroon wat ontstaan het as gevolg van huise wat na aan mekaar is 3.1.6 Buitelynvorm van nedersettings waar twee hoofpaaie mekaar kruis 3.1.7 Nedersettingspatroon wat ontwikkel wanneer huise ver van mekaar geleë is 3.1.8 Buitelynvorm van nedersetting waar 'n sekondêre pad en 'n hoofpad bymekaarkom (8 x 1) (8) 3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 wat die sektorkomposisie van die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2017 toon. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.8 A. 3.2.1 Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar in 'n land geproduseer word: A BNP B BBP C BPP D HOP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/November 2018 NSS 3.2.2 Watter tersiêre aktiwiteit het die meeste tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra? A Algemene regeringsdienste B Vervaardiging C Handel, spyseniering en akkommodasie D Finansies, vaste eiendom en besigheidsdienste 3.2.3 … vorm deel van die tersiêre sektor van die ekonomie. A Landbou, bosbou en visserye B Elektrisiteit, gas en water C Mynbou en steengroewe D Vervaardiging 3.2.4 Noem die kategorie wat in 2017 die minste tot die primêre sektor bygedra het: A Mynbou en steengroewe B Konstruksie C Vervoer, berging en kommunikasie D Landbou, bosbou en visserye 3.2.5 Hierdie kategorie het die sekondêre sektor in 2017 gedomineer: A Algemene regeringsdienste B Vervaardiging C Handel, spyseniering en akkommodasie D Finansies, vaste eiendom en besigheidsdienste 3.2.6 Watter tersiêre aktiwiteit het in 2017 die minste tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra? A Persoonlike dienste B Algemene regeringsdienste C Elektrisiteit, gas en water D Vervoer, berging en kommunikasie 3.2.7 Watter persentasie het die tersiêre sektor in 2017 tot die Suid- Afrikaanse ekonomie bygedra? A 10% B 25% C 77% D 91% (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/November 2018 NSS 3.3 FIGUUR 3.3 toon staafgrafieke wat die vlak en tempo van verstedeliking in Suid- Afrika tussen 2006 en 2016 aandui. 3.3.1 Definieer die begrip verstedeliking. (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem die verband tussen die vlak en die tempo van verstedeliking tussen 2006 en 2016. (1 x 2) (2) 3.3.3 Bespreek TWEE fisiese faktore in die landelike gebied wat moontlik tot die tempo van verstedeliking in FIGUUR 3.3 bygedra het. (2 x 2) (4) 3.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die redes waarom die tempo en vlak van verstedeliking tot toenemende protesaksie teen dienslewering in stedelike gebiede gelei het. (4 x 2) (8) 3.4 FIGUUR 3.4 toon die landelik-stedelike oorgangsone wat A gemerk is. 3.4.1 Wat is die landelik-stedelike oorgangsone? (1 x 1) (1) 3.4.2 Noem TWEE stedelike grondgebruike wat in die landelik-stedelike oorgangsone (A) sigbaar is. (2 x 1) (2) 3.4.3 Gee TWEE redes waarom die landelik-stedelike oorgangsone al meer stedelik van aard word. (2 x 2) (4) 3.4.4 Waarom is die landelik-stedelike oorgangsone 'n aantreklike ligging vir die toegangsbeheerde gemeenskap (veiligheidswoonbuurt met sekuriteitswagte en toegangsbeheer)? (2 x 2) (4) 3.4.5 Die aanvraag na behuising neem vinnig toe en ontwikkelaars oorweeg die landelik-stedelike oorgangsone as 'n oplossing vir die tekort aan bouruimte. Stel TWEE moontlike besware teen beplande behuisingsontwikkelings in die landelik-stedelike oorgangsone voor. (2 x 2) (4) 3.5 Verwys na FIGUUR 3.5, 'n uittreksel oor die Suid-Afrikaanse beesvleisbedryf. 3.5.1 Watter land het die meeste beesvleis in 2016 uitgevoer? (1 x 1) (1) 3.5.2 Haal 'n bewys uit die uittreksel aan wat daarop dui die beesvleisbedryf in Suid-Afrika besig is om te groei. (1 x 1) (1) 3.5.3 Verwys na die stelling hieronder. Deur die uitvoer van hoër gehalte beesvleis kan ons bedryf homself teen skokke, wat tot verlaagde winste lei, beskerm. (a) Waarom verlag die uitvoer van lae gehalte beesvleis winste? (1 x 1) (1) (b) Maak voorstelle oor hoe boere hoër gehalte beesvleis kan lewer. (2 x 2) (4) 3.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik die faktore wat voorkom dat Suid-Afrika met ander topbeesvleisuitvoerders kan meeding. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/November 2018 NSS 3.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 wat na die Oos-Londen NOS ('ELIDZ')verwys. 3.6.1 In watter provinsie is die Oos-Londen NOS ('ELIDZ') geleë? (1 x 1) (1) 3.6.2 Gee TWEE positiewe gevolge van die Oos-Londen NOS wat in FIGUUR 3.6 geïdentifiseer is. (2 x 1) (2) 3.6.3 Hoe het die ontwikkeling van die Oos-Londen NOS die infrastruktuur van die provinsie verbeter? (2 x 2) (4) 3.6.4 Gee TWEE aansporings wat die provinsiale regering kon aangebied het om beleggings na die Oos-Londen NOS te lok. (2 x 2) (4) 3.6.5 Verduidelik waarom dit voordeliger vir die ekonomie van die provinsie waarin Oos-Londen NOS (ELIDZ) geleë is, sal wees indien maatskappye op uitvoergeoriënteerde vervaardiging fokus. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 4 4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 oor verskillende straatpatrone. Pas die beskrywings hieronder by straatpatroon A, B of C. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A, B of C langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.8 A. Jy kan dieselfde letter meer as een keer gebruik. 4.1.1 Word algemeen in die oudste dele van Suid-Afrikaanse stede aangetref 4.1.2 Vervoerroetes straal vanaf 'n sentrale punt uit 4.1.3 Strate kruis teen reghoeke en vergemaklik beplanning 4.1.4 Geassosieer met antieke stede met ringpaaie as 'n kenmerk 4.1.5 Geassosieer met nuwe stedelike ontwikkelings 4.1.6 Kan tot verkeersknope lei 4.1.7 Voorstede met hierdie straatpatroon sal onreëlmatige paaie hê vir beter verkeersvloei (7 x 1) (7) 4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat statistiek oor goudmynbou vir Januarie 2017 toon. 4.2.1 Noem die provinsie waar die meeste goud in Suid-Afrika ontgin word. 4.2.2 Watter goudmyn in Gauteng produseer die meeste goud per ons (oz) in Suid-Afrika? 4.2.3 Noem die mynboumaatskappy wat die meeste goud geproduseer het. 4.2.4 Noem die land met die hoogste goudproduksie ter wêreld. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 12 DBE/November 2018 NSS 4.2.5 Waar lê Suid-Afrika op die ranglys ten opsigte van goudproduksie in die wêreld? 4.2.6 Bereken die bydrae wat Afrika in Januarie 2017 tot die wêreld se goudproduksie gemaak het. 4.2.7 Teen die einde van watter jaar het Suid-Afrika se goudproduksie tot sy laagste vlak gedaal? 4.2.8 Toon die mees onlangse goudproduksie in Suid-Afrika 'n stygende of dalende neiging? (8 x 1) (8) 4.3 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.3 wat na swak openbare vervoer as 'n ekonomiese ongeregtigheid in Suid-Afrika verwys. 4.3.1 Noem die tipe openbare vervoerstelsel wat in die uittreksel beklemtoon word. (1 x 1) (1) 4.3.2 Gee EEN rede waarom die swak openbare vervoerstelsel wat in VRAAG 4.3.1 genoem is as 'n ekonomiese ongeregtigheid beskou word. (1 x 1) (1) 4.3.3 Watter drastiese maatreël het die regering ingestel om die taxi-krisis op te los? (1 x 1) (1) 4.3.4 Waarom vervoer die taxibedryf daagliks 15 miljoen pendelaars? (2 x 2) (4) 4.3.5 Waarom is taxibestuurders teen nuwe ondernemings soos Uber en Taxify gekant? (2 x 2) (4) 4.3.6 Bespreek TWEE moontlike oplossings wat die regering kan implementeer om taxigeweld te verminder. (2 x 2) (4) 4.4 FIGUUR 4.4 toon water as 'n maatskaplike ongeregtigheid in landelike gebiede. 4.4.1 Hoe is water voor die uitvinding van die waterwiel wat in FIGUUR 4.4 getoon word, in landelike gebiede vervoer? (1 x 1) (1) 4.4.2 Hoe het die waterwiel van Wello toegang tot water in landelike gebiede verander? (1 x 2) (2) 4.4.3 Watter rol kan toegang tot water in landelike gebiede speel om armoede te verlig? (1 x 2) (2) 4.4.4 Gee 'n rede vir die swak waterinfrastruktuur in Suid-Afrika se landelike gebiede. (1 x 2) (2) 4.4.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en maak volhoubare voorstelle om toegang tot water in landelike gebiede te verbeter. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 13 DBE/November 2018 NSS 4.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 wat op die PWV/Gauteng-nywerheidstreek gebaseer is. 4.5.1 Haal 'n bewys uit die artikel aan om die stelling te ondersteun dat die PWV/Gauteng-nywerheidstreek 'n kernnywerheidstreek is. (1 x 1) (1) 4.5.2 Bespreek EEN faktor wat daartoe bygedra het dat die PWV/ Gauteng-nywerheidstreek die voorkeurbestemming vir internasionale beleggers is. (1 x 2) (2) 4.5.3 Gauteng se vervaardigingsektor is 'n belangrike kopermark. (a) Waarom is die Phalaborwa ROI 'n hoofverskaffer van koper aan Gauteng? (1 x 2) (2) (b) Hoe sal die Phalaborwa ROI voordeel trek as handelsbande met Gauteng versterk word? (1 x 2) (2) 4.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe energieverskaffing en arbeid groot uitdagings vir die PWV/Gauteng- nywerheidstreek gaan bied om in die volgende drie jaar koper te verwerk. (4 x 2) (8) 4.6 Verwys na die strokiesprent in FIGUUR 4.6 wat die rol van internasionale handel in die Suid-Afrikaanse ekonomie toon. 4.6.1 Wat is internasionale handel? (1 x 1) (1) 4.6.2 Noem die produk wat in groot hoeveelhede in Suid-Afrika ingevoer word. (1 x 1) (1) 4.6.3 Watter staatsdepartement word as die skeidsregter in die strokiesprent voorgestel? (1 x 1) (1) 4.6.4 Verduidelik waarom die strokiesprent te kenne gee dat die geveg nie mooi, skoon en regverdig kan wees nie. (1 x 2) (2) 4.6.5 Noem EEN manier waarop goedkoop invoere negatief op die Suid- Afrikaanse BBP kan inwerk. (1 x 2) (2) 4.6.6 Waarom word goedkoop invoere in Suid-Afrika toegelaat ten spyte van die negatiewe invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2 x 2) (4) 4.6.7 Stel TWEE moontlike maatreëls voor om Suid-Afrika se afhanklikheid van goedkoop invoere te verminder. (2 x 2) (4) [75] TOTAAL: 225 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all