Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V2
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 75
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)



%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Geography Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 555.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Map work
- Question 1.2Map work
- Question 1.3Map work
- Question 1.4Map work
- Question 1.5Map work
- Question 1.6Map work
Show all 27 questions
- Question 1.7Map work
- Question 1.8Map work
- Question 1.9Map work
- Question 1.10Map work
- Question 1.11Map work
- Question 1.12Map work
- Question 1.13Map work
- Question 1.14Map work
- Question 1.15Map work15 marks
- Question 2.1Map work8 marks
- Question 2.2Map work8 marks
- Question 2.3Map work4 marks
- Question 3.1Climate and weather5 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements6 marks
- Question 3.3Geomorphology4 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements3 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa3 marks
- Question 3.6Rural and urban settlements4 marks
- Question 4.1Map work3 marks
- Question 4.2Map work5 marks
- Question 4.3Map work7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 2 DBE/November 2018
NSS-Nasienriglyne
BRONMATERIAAL
1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2930CB PIETERMARITZBURG.
2. Ortofotokaart 2930 CB 8 PIETERMARITZBURG.
3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
voorblad.
2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf is.
3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB
PIETERMARITZBURG) en 'n ortofotokaart (2930 CB 8 PIETERMARITZBURG)
van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.
4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en
berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.
6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van
toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.
7. Dui die maateenheid in jou finale antwoord van die berekeninge aan, bv.
10 km; 2,1 cm.
8. Jy mag 'n nieprogrameerbare sakrekenaar gebruik.
9. Jy mag van 'n vergrootglas gebruik maak.
10. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied
voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
11. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die
topografiese kaart aangetoon.
AFRIKAANS ENGELS
Brandgordel Firebreak
Gholfbaan Golf Course
Hospitaal Hospital
Kanaal Canal
Rivier River
Rioolwerke Sewerage Works
Staproete Hiking Trail
Uitgrawings Diggings
Vliegveld Aerodrome
Waterwerke Waterworks
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 3 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE INLIGTING OOR PIETERMARITZBURG
Pietermaritzburg (umGungundlovu) is die hoofstad van KwaZulu-Natal. Hierdie tweede
grootste stad in die provinsie is in 1838 gestig. Dit is 'n belangrike nywerheidskern in
die streek wat bekend is vir aluminium-, hout- en suiwelprodukverwerking. Dit het 'n
geskatte bevolking van 500 000 (ingeslote die omliggende townships).
Pietermaritzburg lê op die N3 nasionale roete, die hoofroete tussen die Pretoria-
Witwatersrand-Vereeniging-konurbasie en die hawestad, Durban, wat ongeveer 90 km
van Pietermaritzburg af is. Die Oribi-lughawe is net buite Pietermaritzburg geleë en
bied 'n gereelde geskeduleerde diens na die OR Tambo Internasionale Lughawe in
Johannesburg.
N
[Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/pietermaritzburg]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 4 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB
PIETERMARITZBURG) sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die
gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die
volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie
langs elke vraag neer.
1.1 Pietermaritzburg is die hoofstad van …
A Mpumalanga.
B KwaZulu-Natal.
C Vrystaat.
B
D Limpopo.
1.2 Die hawe naaste aan Pietermaritzburg is …
A Richardsbaai.
B Port-Elizabeth.
C Durban.
C
D Kaapstad.
1.3 As jy met die N3 in 'n noordwestelike rigting reis, sal jy die dorp/stad … bereik.
A New Hanover
B Donnybrook
C Merrivale
D
D Harrismith
1.4 Die ware peiling van punthoogte 1031 (K) in blok B6 vanaf peilbaken 263 (J) in
blok D7 op die topografiese kaart is …
A 341°.
B 161°.
C 140°.
A
D 19°.
1.5 Die ekonomiese aktiwiteit by U in blok A12 is 'n ... aktiwiteit.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre B
D kwaternêre
1.6 Die grondgebruiksone by 1 op die ortofotokaart is die …
A SSK.
B oorgangsone.
C groen gordel. C
D landelik-stedelike oorgangsone.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 5 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
1.7 Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart is 'n …
A veeartsenykliniek.
B meenthuiskompleks.
C winkelsentrum. C
D kantoorpark.
1.8 Die helling by lyn 3 op die ortofotokaart is …
A konkaaf.
B konveks.
C trapvormig. D
D konstant.
1.9 Die hoof mensgemaakte faktor wat die standplaas van die plaasopstal by L in
blok B9 op die topografiese kaart bepaal het, is …
A vervoer.
B 'n mark.
C 'n reservoir. A/C
D gelyk grond.
1.10 Die stroom-/dreineerpatroon wat gebied M in blok B10 en blok B11 op die
topografiese kaart domineer, is 'n … patroon.
A sentripetale
B radiale
C reghoekige D
D tralie-
1.11 Die dominante straatpatroon in blok G2 op die topografiese kaart is …
A radiaal.
B onbeplan onreëlmatig.
C ruitvormig. B/D
D beplan onreëlmatig.
1.12 Die verskynsel wat die hoeveelheid water beheer wat deur die kanaal in blok H8
op die topografiese kaart vloei:
A Brug
B Geboue
C Stuwal C
D Helling
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 6 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
1.13 Swartkop in blok F1 op die topografiese kaart is 'n …
A tafelkop/butte.
B tafelberg/mesa.
C gepunte tafelkop/butte. A
D spitskop.
1.14 Die algemene vloeirigting van die rivier in die vallei wat deur die kronkellyn by 4
op die ortofotokaart voorgestel word:
A Noord
B Wes
C Oos B
D Suid
1.15 Die afstand tussen T in blok A12 en New Hanover op die topografiese kaart is
… kilometer.
A 0,2
B 22
C 20,2
C
D 2
(15 x 1) [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 7 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KAARTBEWERKINGS EN -TEGNIEKE
2.1 'n Toeris wat Town Hill in Pietermaritzburg besoek, het spesifieke inligting oor
die plek se ligging nodig.
2.1.1 Noem die topografiese kaartindeks/-kode van Pietermaritzburg.
2930CB (1 x 1) (1)
2.1.2 Bepaal die ruitverwysing/koördinate van Town Hill by punt N in blok F7 op
die topografiese kaart.
29°35'06''S 30°21'17''O /29°35,10'S 30°21,30'O
(Breedtegraad: 05'' - 07'') (Lengtegraad: 0,08' - 0,14')
(Breedtegraad: 16'' - 18'') (Lengtegraad: 0,23' - 0,33') (2 x 1) (2)
2.1.3 Die toeris wil die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 stap en wil
'n kompas gebruik. Bereken die magnetiese afwyking vir 2018.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui
die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan.
Verskil in jare: 2018 – 2016 = 2 jaar
Gemiddelde jaarlikse verandering: 9' W
Totale verandering: 2 x 9' = 18' W
Magnetiese deklinasie vir 2018: 24o45' W + 18' = 25 o03' W (5 x 1) (5)
[GEE PUNT VIR KORREKTE INLIGTING BENODIG OM DIE FINALE
ANTWOORD TE BEPAAL, AL IS DIT NIE VOLGENS DIE GEGEWE
RIGLYN NIE]
2.2 Verwys na die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 op die topografiese
kaart.
2.2.1 Noem die otofotokaartindeks/-kode wat die toeris sal gebruik wanneer hy
die Voortrekker Wagon-staproete stap.
2930 CB 7 (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 8 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.2.2 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen kontoerlyn O (hoogte 820 m) en
die peilbaken by P op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge
Punte sal vir berekeninge toegeken word.
vertikale interval (VI)
Formule: Gemiddelde gradiënt =
horisontale ekwivalent (HE)
VI = 1057.9 m – 820 m VI = 1057.9 m – 820 m
= 237,9 m = 237,9 m
HE = 3,9 cm x 500 HE = 3,9 cm x 50 000
100
Speling vir mate [3,8 cm – 4 cm]
= 1 950 m OF = 1 950 m
Speling vir HE [1 900 m – 2 000 m]
237,9 237,9
= (Een punt vir =
1 950 1 950
korrekte
237,9 vervanging) 237,9
G= G=
1 950 1 950
1 1
= / 1 : 8,2 / 1 in 8,2 = / 1 : 8,2 / 1 in 8,2
8,2 8.2
Speling vir finale antwoord [1 : 7,9 – 1 : 8,41] (5 x 1) (5)
2.2.3 Beskryf die kronkelroete wat die Voortrekker Wagon-staproete vanaf die
beginpunt by O tot by die peilbaken by World's View volg.
Volg die kronkelbaan van die uitloper
Staproete volg die meer geleidelike roete/Die staproete vermy die baie
syeil hellings
Dit is 'n makliker roete om langs te stap
Dit vermy die moeilike roete om deur valleie en oor uitlopers te stap
Die staproete volg die laagliggende gebiede
Die staproete is opdraand en dus makliker om 'n kronkrltoete te volg
Die helling is ongelyk, daarom 'n kronkelroete
Dit gaan min-of-meer NW/N
Dit loop deur 'm woudlandskap
Dit loop verby standhoudende water/'n dam
Dit loop langs 'n rivier verby
Dit loop langs 'n reservir verby
Dit gaan langs monumente verby
Daar is 'n uitkyktoring naby aan die einde van die staproete
[Enige TWEE] (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 9 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
2.3 Verwys na hoogtemerk 1060.9 by Q in blok D4 en punthoogte 1106 by R in
blok C6 op die topografiese kaart. Die dwarssnitte hieronder verteenwoordig die
lyn tussen Q en R.
X
Q R
Y
Q R
2.3.1 Pas deursnitte X en Y by die vertikale vergrotings hieronder.
25 keer: Y
6.25 keer: X (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik hoe die vertikale vergroting van dwarssnitte die interpretasie
van landskap sal vergemaklik.
Die vorm van verskynsels in die landskap is duideliker wanneer dit
vertikaal vergroot word
Om die topografie van die landskap te verteenwoordig
Om die vertikale kenmerke, wat te klein is om relatief tot die vertikale
skaal te identifiseer, te beklemtoon
Die vertikale vergroting help om die topografie en die gradiëntduideliker te
kan waarneem
Spesifieke verskynsels is duideliker herkenbaar
Sonder vertikale vergroting sou die dwarssnit plat vertoon het
'n Groter vergroting skep 'n duideloke beeld van die landskap
Hoogteverskille tussen kenmerke kan duidelik waargeneem word
Y is duideliker as X
[Enige TWEE] (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 10 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.1 Die valleibodem by gebied M op die topografiese kaart ervaar vroegoggend in
die winter ryp.
3.1.1 Benoem die plaaslike/tersiêre wind wat vir die vorming van ryp
verantwoordelik is.
Katabatiese/Hellingdalende/Gravitasiewind
Bergbries
[Enige EEN] (1 x 1)
3.1.2 Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.1.1 benoem is, ryp vorm.
Die hellings koel af en die lug in kontak met die hellings koel af
Die koeler lug word swaar en dig
Koeler lug daal teen die valleihellings af
Koeler lug versamel op die valleibodem/vasgekeer onder inversielaag
Die koue hellingdalende wind verlaag die temperatuur tot onder
vriespunt
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na helling 5 (lae-inkomste residensiële gebied) en helling 6 (hoë-
inkomste residensiële gebied) op die ortofotokaart.
3.2.1 Verduidelik hoe hellingsaspek die standplaas van die hoë-inkomste
residensiële gebied by gebied 6 bepaal het.
Helling 6 front noord/noordoos en ervaar direkte sonstrale (maak dit
warmer) (1 x 2) (2)
3.2.2 Gee EEN rede, sigbaar op die ortofotokaart, wat die ligging van die lae
inkomste residensiële gebied teen helling 5 bepaal het.
Langs die pad vir vervoer
Toegang tot werksplek
Helling wat suid front het goedkoper grond
In vergelyking met helling 6 het helling 5 'n meer geleidelike helling end
dit is goedkoper/makliker om op te bou
Naby aan die spoorlyn
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 11 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
3.2.3 Stel voor hoe natuurlike plantegroei die grondwaardes van residensiële
gebiede 5 of 6 kon beïnvloed het.
Die plantegroei skep natuurskoon by 6 wat grondwaardes verhoog
OF
Gebrek aan plantegroei by 5 verlaag die waarde van natuurskoon wat
grondwaardes laat daal
Plantegroei skep skoner lug (absorbering van koolstofdioksied) wat meer
mense trek en grondwaarde verhoog
Plantegroei verlaag die tempertuur op hierdie helling wat noord front
tydens die somer
[Enige EEN. DIE REDES MOET NA RELEVANTE WOONGEBIED WAT
GEKIES IS VERWYS] (1 x 2) (2)
3.3 Verwys na die Mabanerivier en die Gordon Falls (Gordon-waterval) in blok H2 op
die topografiese kaart. Direk stroopop van die Gordon Falls kronkel die rivier en
direk stroomaf van die Gordon Falls vloei die rivier reguit. Verduidelik die redes
vir die verskil in die stroomkanaalpatrone van die Mabanerivier soos hierbo
genoem.
Stroomop van die Gordon Falls duie die groter spasie tussen die kontoerlyne dat
die rivier oor pat grond vloe/laer vloeisnelheidi en dit veroorsaak kronkeling
OF
Stroomop van die Gordon Falls is die landskap plat/laer vloeisnelheid en dit laat
die rivier toe om te kronkel
Soos die water oor die waterval vloei, word dit meer energiek as gevolg van 'n
steiler gradiënt/vinniger vloeisnelheid wat 'n meer reguit stroomkanaal stroomaf
van Gordon Falls lei
OF
Rivierverjonging stroomaf van Gordon Falls lei tot vertikale erosie en die
gevolglike smaller vloedvlakte lei tot 'n meer reguit kanaalpatroon (2 x 2) (4)
3.4 Is die inkopiesentrum by 7 op die ortofotokaart 'n buurtinkopiesentrum of 'n
streekswinkelsentrum? Gee 'n rede vir jou antwoord.
Antwoord: Streekswinkelsentrum
Rede: Langs die snelweg (N3) geleë vir toeganklikheid/Naby hoofpad
(R56) se kruising met die N3
Dit is aan die buitewyke van die stad wat tot minder verkeers-
opeenhopings lei en toeganklikheid verhoog
Die geboue is groot
Ruimte is beskikbaar vir uitbreiding
Naby aan middel en hoë-inkomste klante
Daar is baie paaie wat na die winkelsentrum lei vir toeganklikheid/
groter invloedsfeer/rykwydte
Potensieel baie klante/groot drempelbevolking
Groot parkeergebied
[Enige EEN] (1 + 2) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 12 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
3.5 Is die nywerhede by Willowton by 8 op die ortofotokaart markgeoriënteerd of
grondstofgeoriënteerd. Gee 'n rede vir jou antwoord.
Antwoord: Markgeoriënteerd
Rede: Dit is naby aan die mark/klante/verbruikers/voorstede geleë
Daar is geen bewyse van grondstowwe naby Willowton nie
Die goeie vervoernetwerk rondom Willowton skep toeganklikheid na die
mark toe
Die nabyheid aan die diensspoorlyn
[Enige EEN] (1 + 2) (3)
3.6 Die steengroef by S in blok D4 op die topografiese kaart is langs die Leonard-
residensiële gebied geleë. Stel EEN sosiale geregtigheid en EEN sosiale
ongeregtigheid voor wat die inwoners van Leonard as gevolg van die steengroef
kan ervaar.
Sosiale geregtigheid Die steengroef skep werksgeleenthede vir die inwoners
van Leonard en verhoog hulle lewenskwaliteit
Kan die veelvuldigereffek skep wat meer werks
geleenthede sal skep
Skep meer dienste (voorbeelde) in die gebied (2)
Mense kan basiese bekostig omdat meer mense werk
Beter infrastruktuur omdat meer paaie gebou sal word
Sosiale ongeregtigheid: Verskeie vorme van besoedeling sal voorkom
Die gesondheid van mense (asemhalingsiektes) word
beïnvloed deur stof (lugbesoedeling) vanaf die
steengroef
Mense se gehoor kan aangetas word as gevolg van die
geraasbesoedeling veroorsaak deur dinamiet-
ontploffings in die uitgrawing
Grondwater kan besoedel (waterbesoedeling) wat die
waterkwaliteit vir mense sal verlaag
Grondwaardes sal afneem omdat die estetiese
aantrekkingskrag van die gebied afneem
Veiligheidsrisiko vir kinders wat rondom die steengroef
speel
Vibrasies a.g.v. ontploffings mag huise beskadig
Duur om infrastruktuur te herstel
[Enige EEN] (2 x 2) (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 13 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSISTEME (GIS)
4.1 Verwys na blok D8 op die topografiese kaart.
4.1.1 Noem die tipe vektordata wat in blok D8 gebruik is om die sekondêre pad
aan te dui.
Lyn (1 x 1) (1)
4.1.2 Verduidelik die toepaslikheid daarvan om vektordata op die topografiese
kaart te gebruik.
Standardisering van data is makliker, want jy kan 'n verwysing/
sleutelgebruik om na verskynsels op die kaart te verwys
Die gebruik van vektordata op 'n topografiese kaart maak die interpretasie
meer gebruikersvriendelik
Om data met een oogopslag te verkry (vinniger)
Topografiese kaarte is elektroniese weergawes van die werklikheid en
simbole soos lyne, punte en poligone word gebruik om werklike ruimtelike
kenmerke te verteenwoordig
Die gebruik van vektordata maak data-oorlegging makliker
Vektordata bied realistiese vorms van en afstande tussen ruimtelike
voorwerpe
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
4.2 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.
4.2.1 Is skaal 'n voorbeeld van attribuut- of ruimtelike data?
Attribuutdata (1 x 1) (1)
4.2.2 Verduidelik die toepaslikheid van skaal tydens 'n geografiese
navraag/probleem, bv. 'n moontlike veldbrand in blok D8 op die
topografiese kaart.
Skaal laat jou toe om die werklike omvang van die veldbrand te bepaal
Skaal laat jou toe om die werklike oppervlak wat deur die veldbrand
geraak word te bepaal
Skaal sal die reddingswerkers help om die werklike afstand wat hulle
moet reis te bepaal ten einde van hulp te wees
Bepaal die hoeveelheid watertenks wat benodig word
Groter skaal laat mens toe om meer detail te sien
Om die posisionering van die voorbrande te bepaal/bufferskepping
Bepaal die hoeveelheid brandbestryders wat ontplooi moet word
Kan die afstand na die naaste waterbron/dam bepaal
Kan die gradiënt wat die reddingswerkers in die gesig staar bepaal en
hulle sodoende voorberei
Kan die afstand tusen die brand en geboustruture bepaal
Beplanning van moontlike ontsnappingsroetes
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 14 DBE/November 2018
NSS – Nasienriglyne
4.2.3 Hoe kan die skaal van die topografiese kaart en die ortofotokaart
gemanipuleer word om integrasie van die twee kaarte te vergemaklik?
Pas die skaal van die topografiese kaart aan om dit dieselfde (vergroot
die skaal) as die ortofotokaart te maak
Pas die skaal van die ortofotokaart aan om dit dieselfde (verklein die
skaal) as die topografiese kaart te maak
Pas bie skaal van die ortofotokaart en die topografiese kaart na 'n
gemeenskaplike skaal aan
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
4.3 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Die statistiek hieronder
verwys na geselekteerde woonbuurte in Pietermaritzburg en die persentasie(%)-
toename in misdaadvlakke van 2015 tot 2016.
PERSENTASIE(%)-TOENAME IN MISDAADVLAKKE
TIPE MISDAAD WOONBUURTE
Townhill Mountain Rise Plessislaer
(F7) (F1) (I6)
Huisbraak 18,6% 11,3% 23,4%
Motorskakings 100% 177,8% 36,4%
[Aangepas uit SAPD misdaadstatistiek 2015–16 deur Theuns Kruger, Graphic 24]
4.3.1 Noem EEN manier waarop die data hierbo ingesamel kon word.
Inligting vanaf polisiestasies
Opnames/vraelyste/onderhoude/veldwerk
Nasionale misdaadsyfers
Statistiek SA/Sensus
Internet
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
4.3.2 Is die inligting in die tabel hierbo primêre data of sekondêre data?
Sekondêre data (1 x 1) (1)
4.3.3 Watter tipe misdaad het die hoogste persentasietoename in hierdie
voorstede getoon?
Motorskakings (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 16 DBE/November 2018
NSS-Nasienriglyne
4.3.4 Verduidelik waarom dit belangrik is vir die welstand van die gemeenskap
in Pietermaritzburg om hierdie data te ontleed.
Dit kan help om te bepaal hoe gereeld misdaad voorkom
Dit kan die polisie help rakende die ontplooiing van offisiere
Identifiseer misdaadknelpunte
Implementeer strategieë/moontlike oplossings soos bv. 'n
buurtwag/misdaadvoorkomingsforums
Identifisering van misdaadknelpunte en die implementering van strategieë
soos buurtwagte
Ontplooiing van polisie
Ontwikkeling van voorkomingsmaatreëls/sekuriteit om die veiligheid van
die gebied te verbeter (voorbeelde)
Dit kan versekeringsmaatskappye help om hulle misdaadverwante
versekeringsbeleide geldig te verklaar
Help voornemende kopers om misdaadknelpunte te identifiseer
Belangrik om statistiek te analiseer om gebeurlikheidsplanne in plek te
stel
Identifikasie van patrone en neigings om misdadigers aan te keer
Misdaadvoorkoming kan op meer heersende (algemene) tipes misdaad
fokus
Om te bepaal watter tyd van die dag misdaad die meeste of minste is
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
[15]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum