Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 2.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A:
VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
VRAAG 2: Geomorfologie (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Bewerkings (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2331CC PHALABORWA en 'n 1 : 10 000
ortofotokaart 2331 CC 18 PHALABORWA (NOORD) word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 'n Middelbreedtesikloon kom tussen … noord en suid van die
ewenaar voor.
A 5° en 25°
B 30° en 60°
C 0° en 5°
D 60° en 90°
1.1.2 'n Middelbreedtesikloon word deur die … aangedryf.
A oostewinde
B polêre oostewinde
C passaatwinde
D westewinde
1.1.3 Die verandering in windrigting van die middelbreedtesikloon in die
Suidelike Halfrond word … genoem.
A ruiming
B krimping
C rotering
D konvergering
1.1.4 Die front hieronder is 'n … front.
A koue-
B okklusie-
C warm
D stilstaande
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2021
NSS
1.1.5 Die middelbreedtesikloon hieronder is in die … stadium.
[Bron: https://www.google.com/search?q=mid-latitude]
A ontwikkeling-
B golf-
C volwasse
D okklusie-
1.1.6 Die toestande wat agter 'n kouefront ervaar word, is 'n …
A toename in druk en 'n afname in temperatuur.
B afname in druk en 'n afname in temperatuur.
C toename in druk en 'n toename in temperatuur.
D afname in druk en 'n toename in temperatuur.
1.1.7 Watter simbool hieronder illustreer waar die koue- en warm front
saamvloei?
A B
C D
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.1.8 Die stasiemodel wat algemeen met 'n kouefront in die Suidelike
Halfrond geassosieer word:
A B
C D
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2021
NSS
1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.2.1 Lug by A koel af as gevolg van (son-/aard-)straling.
1.2.2 Afwaartse beweging van lug teen die valleihellings vind gedurende
die (nag/dag) plaas.
1.2.3 Lugbeweging van A na B het 'n (anabatiese/katabatiese) wind tot
gevolg.
1.2.4 Doupunttemperatuur val snags by (A/B) tot onder vriespunt.
1.2.5 Neerslag wat by B vorm wanneer die doupunttemperatuur tot onder
0 °C daal, is (ryp/stralingsmis).
1.2.6 Verplaaste lug uit die vallei veroorsaak dat 'n (inversielaag/termiese
gordel) by C ontwikkel.
1.2.7 Laag C is gedurende die (dag/nag) meer ontwikkeld. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2021
NSS
1.3 Verwys na die infografika oor Tropiese Sikloon Eloïse hieronder.
BESKRYWING VAN DIE RAMP ELOISE IN GETALLE
Tropiese Sikloon Eloïse het op Beïnvloed
23 Januarie 2021 die land 20 km suid
van Beira in Mosambiek as 'n kategorie 2
tropiese sikloon bereik. Windspoed van tot
160 km/h is opgeteken. Eloïse het ook
swaar reënval met 250 mm reën in
24 uur veroorsaak. Ander gebiede was
reeds oorstroom voordat Eloïse land bereik
Onbegaanbare paaie
het, wat duisende verplaaste mense tot
Oorstroomde gebiede
gevolg gehad het.
BEWEGING VAN ELOISE
1.3.1 Gee EEN bewys in die infografika dat die tropiese sikloon in die
Suidelike Halfrond is. (1 x 1) (1)
1.3.2 Noem TWEE weerstoestande geassosieer met tropiese siklone wat in
die infografika aandui word. (2 x 1) (2)
1.3.3 Gee EEN rede vir die afname in windspoed van 19 Januarie tot
20 Januarie 2021. (1 x 2) (2)
1.3.4 Verduidelik die toename in windspoed van Tropiese Sikloon Eloïse
van 20 Januarie tot 22 Januarie 2021. (2 x 2) (4)
1.3.5 Volgens die infografika was die negatiewe uitwerking van Tropiese
Sikloon Eloïse vernietigend. Stel DRIE strategieë voor wat ingestel
kan word om hierdie impak te verminder. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2021
NSS
1.4 Verwys na die Suid-Afrikaanse sinoptiese weerkaart.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.4.1 Identifiseer laagdrukstelsel A op die sinoptiese weerkaart. (1 x 1) (1)
1.4.2 Gee 'n rede vir die vorming van hierdie laagdrukstelsel oor die
binneland. (1 x 2) (2)
1.4.3 Gee bewyse uit die sinoptiese weerkaart dat die Suid-Atlantiese hoog
inwig ('n rug vorm). (1 x 2) (2)
1.4 4 Waarom het die inwigging van die Suid-Atlantiese hoog aanlandige
winde tot gevolg gehad? (2 x 2) (4)
1.4.5 Beskryf die weerstoestande by Port Elizabeth as gevolg van die
aanlandige winde. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2021
NSS
1.5 Verwys na die infografika oor die Suid-Afrikaanse bergwind.
Hittegolf wat rekords laat spat tref
Oos-Londen
Matthew Field
18 Maart 2021
Oos-Londen-inwoners is verlede Saterdag
aan smoorhitte blootgestel nadat
'n rekordbrekerhittegolf tot 'n top-
temperatuur van 43,9 °C gelei het.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens
(SAWD) was die hittegolf 'n gevolg van
bergwindtoestande, wanneer warm, droë
winde van die land se hoë, sentrale plato
na die kus afwaai.
Sinoptiese weerkaart, 13 Maart 2021
Temperatuur °C
Ure
'n Grafiek wat die temperatuurveranderings in Oos-Londen op Saterdag 13 Maart volg
Skets: SA Weerdiens
1.5.1 Noem TWEE drukstelsels wat nodig is vir bergwinde om te ontwikkel.
(2 x 1) (2)
1.5.2 Bepaal die hoogste temperatuur wat op 13 Maart 2021 opgeteken is.
(1 x 1) (1)
1.5.3 Watter rol het die eskarp (platorand) in die styging in die
bergwindtemperatuur tussen 10:00 en 14:00 gespeel? (2 x 2) (4)
1.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak van
bergwindtoestande op die fisiese (natuurlike) omgewing. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.
Punt X, Y en Z toon die verskillende stadiums (lope) van die bron na die mond
van 'n rivier en punte S-T, wat al langs die meander by Z gevind word.
[Bron: Eksaminator se skets]
2.1.1 Die profiel van die bron na die mond toon die … van die rivier.
A volume
B lengte
C breedte
D diepte
2.1.2 Die stadiums (lope) wat deur X, Y en Z verteenwoordig word, is ...
A middel, bo, benede.
B benede, middel, bo.
C bo, middel, benede.
D bo, benede, middel.
2.1.3 … beskryf die riviervallei by X.
A Wyd en vlak
B Wyd en diep
C Smal en vlak
D Smal en diep
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2021
NSS
2.1.4 By Z het die rivier 'n laminêre vloei as gevolg van 'n … rivierbed.
A growwe en ongelyke
B steil en gladde
C geleidelike en gladde
D rotsagtige (rotsgevulde)
2.1.5 Helling T van die meander is die ... helling (oewer).
A gly-
B konvekse
C stoot-
D geleidelike
2.1.6 Helling S van die meander word met 'n … geassosieer.
A steil gradiënt en afsetting
B geleidelike gradiënt en erosie
C konkawe helling met erosie
D konvekse helling met afsetting
2.1.7 Die vernouing van die nek in die meander sal uiteindelik 'n … vorm.
A gevlegte stroom
B hoefystermeer
C vloedvlakte
D rivierdelta
2.1.8 Die meander sal … op die vloedvlakte migreer.
A stroomop
B lateraal
C stroomaf
D terugwaarts (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2021
NSS
2.2 Verwys na die diagram wat 'n waterval met 'n plonspoel toon. Voltooi die
stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of Y langs die
vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 Watervalle vorm wanneer … X: daar alternatiewe lae harde en
sagte rots is.
Y: daar slegs sagte rots is.
2.2.2 Watervalle kom gewoonlik X: benedeloop
in die … voor. Y: boloop
2.2.3 ... verwys na die sagter rots X: Rotstipe A
wat vinniger erodeer. Y: Rotstipe B
2.2.4 Die plonspoel word deur … X: afsetting
gevorm. Y: erosie
2.2.5 Wanneer die sagter rots by X: die rots by A in die plonspoel
C erodeer, sal dit ineenstort.
veroorsaak dat … Y: watervalle stroomaf terugtrek.
2.2.6 Die terugtrekking van die X: kloof
waterval sal die vorming van Y: stroomversnelling
'n … veroorsaak.
2.2.7 'n Voordeel van 'n waterval X: hidroëlektrisiteit.
is ... Y: die bevordering van watervervoer.
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2021
NSS
2.3 Verwys na die diagramme wat dreineerpatrone toon.
1
A B
[Verwerk uit https://www.google.com/search?q=trellis+and+dendritic+drainage+patterns]
2.3.1 Identifiseer dreineerpatrone A en B. (2 x 1) (2)
2.3.2 Onderskei tussen die onderliggende rotsstruktuur van dreineerpatroon
A en B. (2 x 2) (4)
2.3.3 Waarom is die sytakke van die hoofstroom parallel aan mekaar in
dreineerpatroon A? (1 x 2) (2)
2.3.4 Bepaal die stroomorde by punt 1 in dreineerpatroon B. (1 x 2) (2)
2.3.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies om die stelling WAAR te
maak.
Hoe hoër die stroomorde, hoe (hoër/laer) die dreineerdigtheid. (1 x 1) (1)
2.3.6 Verwys na dreineerpatroon B en beskryf die verband tussen:
(a) Dreineerdigtheid en lae reënval (2)
(b) Dreineerdigtheid en steil gradiënt (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/November 2021
NSS
2.4 Verwys na die diagram van 'n vloedvlakte.
2.4.1 Noem die geomorfologiese proses wat aanleiding gegee het tot die
ontwikkeling van die vloedvlakte. (1 x 1) (1)
2.4.2 Beskryf die gradiënt by X. (1 x 2) (2)
2.4.3 Gee TWEE redes vir die breë vloedvlakte by X. (2 x 2) (4)
2.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die fisiese
(natuurlike) impak van oorstromings op die vloedvlakte. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 15 DBE/November 2021
NSS
2.5 Verwys na die sketskaart van riviere Y en Z voordat stroomroof plaasgevind
het.
[Bron: Eksaminator se skets]
2.5.1 Definieer die konsep stroomroof. (1 x 2) (2)
2.5.2 Noem EEN toestand wat nodig is vir stroomroof om plaas te vind.
(1 x 2) (2)
2.5.3 Teken 'n skets om die gebied, nadat stroomroof plaasgevind het, te
illustreer.
Punte sal vir die akkuraatheid van die skets en die aanduiding van
die volgende byskrifte toegeken word:
Roofelmboog
Verarmde rivier
Windsaal (1 + 3) (4)
2.5.4 Sal rivier Y of Z na stroomroof verjonging ondervind? (1 x 1) (1)
2.5.5 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.4. (1 x 2) (2)
2.5.6 Verwys na die antwoord op VRAAG 2.5.5. en verduidelik die impak
van hierdie verandering op die roofstroom(rowerstroom).
(2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 16 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR PHALABORWA
N
Koördinate: 23⁰ 52’ S ; 31⁰ 04’ O
Phalaborwa is 'n dorp in Limpopo, Suid-Afrika. Dit is naby die samevloeiing van die
Ga-Selati-rivier en die Olifantsrivier geleë, al langs die westelike grens van die Kruger
Nasionale Park in die Laeveld. Toerisme en die natuurlewe speel dominante rolle in die
lewe van hierdie dorp. Aantreklikhede, soos die Blyderivier Canyon, die Drie
Rondawels, God's Window, Bourke's Luck Kolkgate en rivierbootvaarte op die
Olifantsrivier, maak van Phalaborwa 'n belangrike toeriste-bestemming in hierdie
provinsie.
[Verwerk uit https://en.wikipedia.org/wiki/Phalaborwa]
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Diggings Uitgrawings
Golf course Gholfbaan
River Rivier
Sewerage works Rioolwerke
Estate Landgoed
Salt pan Soutpan
Nature reserve Natuurreservaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 17 DBE/November 2021
NSS
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS
3.1.1 In watter provinsie is Phalaborwa? (1 x 1) (1)
3.1.2 31 in die kaartindeks 2331CC verwys na ...
A lengtegraad.
B breedtegraad.
C graadnet.
D kode. (1 x 1) (1)
3.1.3 Wat is die kaartindeks suidwes van 2331CC?
A 2331CD
B 2431AB
C 2430BB
D 2330DB (1 x 1) (1)
3.1.4 Bereken die oppervlakte van verskynsel 6 in blok D4/5 en E4/5 op die
ortofotokaart in m².
Gebruik die volgende inligting:
Lengte gemeet (kaartafstand) = 2 cm
Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B) (4 x 1) (4)
3.1.5 Waarom vertoon verskynsel 6 groter op die ortofotokaart as op die
topografiese kaart? (1 x 1) (1)
3.1.6 Bepaal die ware peiling van punthoogte 445, I in blok A4 na
punthoogte 421, J in blok C4 op die topografiese kaart. (1 x 1) (1)
3.1.7 Die magnetiese deklinasie vir 2021 is 17°10' wes van ware noord.
Gebruik die ware peiling in jou antwoord op VRAAG 3.1.6 om die
magnetiese peiling te bereken.
Formule: MP = Ware peiling (WP) + Magnetiese deklinasie (MD)
(1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 18 DBE/November 2021
NSS
3.2 KAART-INTERPRETASIE
Verwys na die seisoenale reënvalgrafiek en die topografiese kaart van
Phalaborwa.
[Bron: https://www.google.com/search?q=rainfall graph Phalaborwa]
3.2.1 (a) In watter seisoen word die laagste reënval in Phalaborwa
ervaar? (1 x 1) (1)
(b) Identifiseer die tipe rivier wat toon dat die gekarteerde gebied
seisoenale reënval ontvang. (1 x 1) (1)
(c) Noem EEN strategie in blok A2 wat geïmplementeer is om
waterskaarste te oorkom. (1 x 2) (2)
3.2.2 Die windrigting in blok B4 en C4 op die topografiese kaart is óf noord-
noord-wes óf suid-suid-oos. Gee bewyse uit die blokke hierbo om
hierdie stelling te staaf. (1 x 2) (2)
3.2.3 Landvorm 7 in blok B1 op die ortofotokaart is 'n …
A gaping.
B pas.
C kloof.
D (saal)nek. (1 x 1) (1)
3.2.4 Die verskynsel by F in blok C5 op die topografiese kaart is 'n …
A interfluviale rif.
B samevloeiing.
C waterskeiding.
D opvangsgebied. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 19 DBE/November 2021
NSS
3.2.5 Pas landvorm 8 in blok C1 op die ortofotokaart by die korrekte vryhand-
deursnit.
(1 x 1) (1)
Verwys na blok A4 op die topografiese kaart.
3.2.6 Gee die algemene rigting waarin rivier G vloei. (1 x 1) (1)
3.2.7 Hoe help sytakke met die identifisering van die vloeirigting van
rivier G? (1 x 2) (2)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die afgebakende gebied in blok A1 op die topografiese kaart.
3.3.1 Die niestandhoudende riviere in die afgebakende gebied is 'n
voorbeeld van (raster/vektor)-data. (1 x 1) (1)
3.3.2 Watter GIS-konsep beskryf die proses van afbakening in blok A1?
A Bufferskepping
B Omheining
C Veiligheid
D Bevraagtekening (1 x 1) (1)
3.3.3 Gee bewyse om te toon hoe hierdie proses geïmplementeer is om die
niestandhoudende riviere af te baken. (1 x 2) (2)
Verwys na blok B4 op die topografiese kaart.
3.3.4 Identifiseer TWEE voorbeelde van datalae wat voor die ontwikkeling
van die landingstrook in blok B4 deur GIS-kundiges in ag geneem is.
(2 x 1) (2)
3.3.5 Waarom was dit vir GIS-spesialiste belangrik om die lae wat in
VRAAG 3.3.4 geïdentifiseer is, te gebruik? (1 x 2) (2)
[30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN June 2021 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum