Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202016 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOG.2 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2020 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In V1 V2 V3 V4 TOT Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge. MIDDAGSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2527CA RUSTENBURG (WEST) 2. Ortofotokaart 2527 CA 15 TLHABANE 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel voorsien is. 3. Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2527CA RUSTENBURG (WEST) en 'n ortofotokaart 2527 CA 15 TLHABANE van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. 5. Jy mag die oop bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid en kompasrigting in die finale antwoord van berekeninge aan, bv. 10 km; 2,1 cm; wes van ware noord. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 10. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 11. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die topografiese kaart getoon. ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings River Rivier Cemetery Begraafplaas Protected Natural Environment Beskermde Natuurlike Omgewing Technical College Tegniese Kollege Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS ALGEMENE INLIGTING OOR RUSTENBURG Rustenburg is in 1815 as 'n sentraleplekdorp gestig om steun aan 'n vrugbare boerderygebied te bied en het sitrusvrugte, tabak, grondboontjies, sonneblomsaad, mielies, koring en beeste geproduseer. Die gebied het, as gevolg van die gunstige klimaat, 'n primêre landboustreek met uitgestrekte sitruslandgoedere geword. Rustenburg is die tuiste van die twee grootste platinummyne ter wêreld en die wêreld se grootste platinumraffinadery wat ongeveer 70% van die wêreld se platinum produseer. Die uitgestrekte sitruslandgoedere is deesdae konstant besig om te krimp as gevolg van besoedeling vanaf verhoogde smeltery- en veredelingsprosesse deur die myne. (Veredeling is wanneer waarde tot die grondstowwe toegevoeg word.) Rustenburg het 'n gematigde klimaat. Dit het baie warm somers en matige winters. As gevolg van die hoogte bo seespieël is die somers nie so warm as wat 'n mens dalk verwag nie. Neerslag kom hoofsaaklik in die somer voor. N [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/rustenburg] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527CA RUSTENBURG (WEST) sowel as die ortofotokaart 2527 CA 15 TLHABANE gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Rustenburg is in ... geleë. A Gauteng B Limpopo C die Noordwes D die Vrystaat 1.2 Die kontoerinterval op die ortofotokaart is ... meter. A 5 B 10 C 20 D 25 1.3 Die kaartindeks van die topografiese kaart, suidwes van 2527CA RUSTENBURG, is ... A 2527CC. B 2526DD. C 2527AC. D 2526BD. 1.4 Die ruitverwysing/koördinate van peilbaken 256 in blok C1 op die topografiese kaart is ... A 25°34'35"S 27°05'19"O. B 27°05'35"S 25°34'19"O. C 27°05'34"S 25°35'19"O. D 25°34'23"S 27°05'33"O. 1.5 Die benaderde afstand vanaf K in blok H10 op die topografiese kaart, langs die spoorlyn tot by Rustenburg in 'n suidoostelike rigting is ... km. A 1 B 1,5 C 2 D 2,5 1.6 Stroom L in blok B2 op die topografiese kaart vloei in 'n ... rigting. A suidwestelike B noordelike C noordoostelike D suidelike Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS 1.7 Die klimaat van Rustenburg word hoofsaaklik deur ... beïnvloed. A hoogte bo seespieël B fronte C die oseaan D aspek 1.8 Die ... wind beïnvloed snags die temperatuur van Geelhoutpark (H8) op die topografiese kaart. A anabatiese B katabatiese C aanlandige D aflandige 1.9 Die N4 gaan deur 'n ... in die Magaliesbergreeks. A rug B vallei C kloof D poort 1.10 Grondgebruiksone 1 op die ortofotokaart is die ... sone. A oorgang- B kommersiële C residensiële D nywerheid- 1.11 Die fisiese uitbreiding van Rustenburg in 'n westelike rigting word meestal deur die ... beperk. A bewerkte landerye B nasionale pad C bergreeks D waterverskynsels 1.12 Rustenburg is oorspronklik as 'n ... dorp geklassifiseer. A sentraleplek- B gespesialiseerde C vragbrekings- D handel- en vervoer- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS 1.13 Die belangrikste aktiwiteit in die Magaliesberg Beskermde Natuurlike Omgewing op die topografiese kaart is deel van die ... sektor. A primêre B sekondêre C tersiêre D kwaternêre 1.14 Die verskynsel by 2 op die ortofotokaart is 'n … A industrie. B inkopiesentrum. C skool. D stasie. 1.15 Die vertikale lugfoto waarvan die ortofotokaart geproduseer is, is tussen ... geneem. A 06:00 en 07:00 B 10:00 en 11:00 C 14:00 en 15:00 D 18:00 en 19:00 (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN TEGNIEKE 2.1 Verwys na die voetslaanpad in blokke A5 en B5 op die topografiese kaart. 2.1.1 Bepaal die 2020 magnetiese peiling (MP) van die voetslaanpad vanaf M na N in blokke A5 en B5 as die opgedateerde (huidige) gemiddelde magnetiese deklinasie (MD) 17°40' wes van ware noord is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: Magnetiese peiling = ware peiling + magnetiese deklinasie _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om die magnetiese peiling in plaas van die ware peiling te gebruik om rigting op topografiese kaarte te bepaal. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.2 Verwys na die ortofotokaart en beantwoord die vrae oor gradiënt. 2.2.1 Bepaal die gemiddelde gradiënt van die helling vir 'n vragmotor wat sy vrag (goedere) vanaf die industrieë by 3 (1 160 m bo seevlak) tot by die spoorwegstasie by 4 (1 148 m bo seevlak) op die ortofotokaart sal vervoer. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. vertikale interval (VI) Formule: Gemiddelde gradiënt = horisontal e ekwivalent (HE) ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS 2.2.2 Vul die korrekte waardes in vir X en Y in die ruimtes op die diagram hieronder met betrekking tot die antwoord op VRAAG 2.2.1. Y _______ X ________ (2 x 1) (2) 2.2.3 Waarom sal dit vir die vragmotor maklik wees om sy vrag oor die berekende gradiënt te vervoer? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.3 Verwys na die lyn wat vanaf punthoogte 1461 in blok C1 tot by die murasie by O in blok C2 op die topografiese kaart geteken is. 2.3.1 Voltooi die ruwe dwarsdeursnee hieronder vanaf punthoogte 1461 in blok C1 tot by die murasie by O in blok C2. (3 x 1) (3) 2.3.2 Is die murasie by O in blok C2 intersigbaar vanaf punthoogte 1461 in blok C1? Antwoord JA of NEE). Gee 'n rede vir jou antwoord. Ja OF Nee: ___________________________________________ Rede: ____________________________________________ ____________________________________________ (1 + 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS 2.3.3 Bereken die vertikale vergroting (VV) van die dwarsdeursnee tussen punthoogte 1461 in blok C1 en die murasie by O in blok C2, indien die vertikale skaal 1 cm verteenwoordig 20 m is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. vertikale skaal (VS) Formule: Vertikale vergroting = horisontal e skaal (HS) _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ _____________________________________________________ (4 x 1) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Die temperatuurgrafiek hieronder illustreer die algemene temperatuur- verandering gedurende die dag vanaf punthoogte 1614 (P) in blok 6 tot by die tegniese kollege (Q) in blok 10 op die topografiese kaart. Temperatuurstyging 6 10 3.1.1 Die algemene neiging (tendens) van die temperatuurverandering vanaf P na Q is (stygend/dalend). ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.2 Gee 'n rede vanaf die topografiese kaart om die verskil in temperatuur by P en Q te verduidelik. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.1.3 Identifiseer en verduidelik EEN strategie wat deur die plaaslike munisipaliteit in blok 10 geïmplementeer kan word. Identifikasie: __________________________________________ Verduideliking: ________________________________________ ________________________________________ (1 + 2) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/November 2020 SS/NSS 3.2 Verwys na die rivierstelsel in blok C7. 3.2.1 Identifiseer die dreineringspatroon van die rivierstelsel in blok C7. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem die onderliggende rotsstruktuur geassosieer met die dreineringspatroon wat in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.3 Bepaal die stroomorde van die rivierstelsel by punt R. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.3 Verwys na die stroom wat suidwaarts in blok G4 vloei. 3.3.1 In watter stadium van die fluviale siklus is die stroom in blok G4? _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.3.2 Gee EEN bewys uit blok G4 om jou antwoord op VRAAG 3.3.1 te ondersteun. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.4 Verwys na blokke C10 en G7 op die topografiese kaart. 3.4.1 Identifiseer die straatplanne (-patrone) by S in blok C10 en by T in blok G7. Straatplan S: __________________________________________ Straatplan T: __________________________________________ (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/November 2020 SS/NSS 3.4.2 Noem TWEE voordele van straatplan (-patroon) T in blok G7. Straatplan T: _________________________________________ _________________________________________ _________________________________________ _________________________________________ (2 x 1) (2) 3.4.3 Gee 'n bewys vanaf die topografiese kaart vir die ontwikkeling van die straatplan (-patroon) by T. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na die mynbou-aktiwiteite van Townlands Platinummyn op die ortofotokaart en topografiese kaart. 3.5.1 Gee EEN rede sigbaar op die topografiese kaart wat aandui dat mynbou by Townlands Platinummyn op groot skaal bedryf word. _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.2 Verduidelik hoe mynbou-aktiwiteite by Townlands Platinummyn 'n omgewingsongeregtigheid in die gebied veroorsaak het. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5.3 Bespreek die positiewe invloed wat Townlands Platinummyn op die ekonomiese ontwikkeling van Rustenburg het. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 KOMPONENTE VAN GIS 4.1.1 Identifiseer komponente A en B. A: ___________________________________________________ B: ___________________________________________________ (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is komponent B belangrik in GIS-prosesse? _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.2 Twee liggings (blokke F10 en H7 op die topografiese kaart) is vir die ontwikkeling van 'n nuwe begraafplaas geïdentifiseer. 'n GIS-spesialis is deur die plaaslike munisipaliteit aangestel om die beste standplaas vir hierdie ontwikkeling voor te stel. 4.2.1 Watter van die TWEE liggings (blok F10 of blok H7) sal die geskikste vir die ontwikkeling van die nuwe begraafplaas wees? _____________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Identifiseer TWEE datalae wat gebruik kan word om oor die nuwe ligging vir die begraafplaas te besluit. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/November 2020 SS/NSS 4.2.3 Gee 'n rede vir jou keuse van EEN van die datalae wat in VRAAG 4.2.2 geïdentifiseer is. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.3 Verwys na blok J1 op die topografiese kaart. 4.3.1 Wat is vektordata? ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.3.2 Gee EEN natuurlike lynverskynsel wat die boer gebruik het om die standplaas van die bewerkte grond in blok J1 te bepaal. ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.3.3 Landbouaktiwiteit in blok J1 op die topografiese kaart is beperk langs die rivier. (a) Teken die simbool van die puntkenmerk wat gebruik word om grondwater te onttrek om watervoorsiening vir landbou te verhoog, op die vergrote illustrasie van blok J1 hieronder. Hierdie verskynsel moet 40 mm suidwes van die Broodskraal-nedersetting (V) wees. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 15 DBE/November 2020 SS/NSS (b) Verduidelik die voordeel van hierdie spesifieke ligging van die puntkenmerk wat in VRAAG 4.3.3(a) geteken is, vir boerdery in die gebied. _______________________________________________ _______________________________________________ _______________________________________________ (1 x 2) (2) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/November 2020 SS/NSS ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all