Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201915 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2019 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER: SENTRUM- NOMMER: M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In V1 V2 V3 V4 TOT Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk en berekeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/November 2019 NSS BRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2731BC PONGOLA. 2. Ortofotokaart 2731 BC 13 PONGOLA. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die voorblad. 2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf is. 3. Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2731BC PONGOLA) en 'n ortofotokaart (2731 BC 13 PONGOLA) van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die oop bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid in jou finale antwoord van die berekeninge aan, bv. 10 km, 2,1 cm. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 10. Die gebied wat met ROOI EN SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 11. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die topografiese kaart aangetoon. AFRIKAANS ENGLISH Vliegveld Aerodrome Uitgrawings Diggings Kanaal Canal Gholfbaan Golf Course Hospitaal Hospital Rivier River Rioolwerke Sewerage Works Suikermeule Sugar Mill Waterval Waterfall Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/November 2019 NSS ALGEMENE INLIGTING OOR PONGOLA Pongola (in isiZulu staan dit ook as uPhongola bekend) is 'n klein dorpie in die noorde van KwaZulu-Natal, slegs 10 km vanaf die Swaziland-grens. Pongola word deur 50 km² suikerriet- en subtropiesevrugte-plantasies omring. Die dorpie het as gevolg van die besproeiingstelsel (kanaal) en 'n suikermeule gefloreer. Pongola is in 'n rustige, subtropiese omgewing geleë en ontvang gewoonlik ongeveer 519 mm reën per jaar, met die meeste reënval in die somer. N [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/pongola] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/November 2019 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2731BC PONGOLA), sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Pongola is in ... geleë. A die Oos-Kaap B die Wes-Kaap C Gauteng D KwaZulu-Natal 1.2 Die internasionale grens noord op die topografiese kaart skei Suid-Afrika (Pongola) van ... A Lesotho. B Swaziland. C Zimbabwe. D Namibië. 1.3 Die kontoerinterval van die ortofotokaart is ... meter. A 2 B 5 C 10 D 20 1.4 Die kaartkode/-indeks suidoos op die ortofotokaart 2731 BC 13 Pongola is … A 2731 BC 17. B 2731 CB 17. C 2731 DB 16. D 2731 BC 19. 1.5 Die verskynsel by 27°23'21"S 31°35'55"O op die topografiese kaart is 'n ... A plaasopstal. B uitgrawing. C reservoir. D dam. 1.6 Die Mzinyanerivier by K wat in blok F3 en F4 op die topografiese kaart vloei, vloei in 'n … rigting. A noordoostelike B suidwestelike C suidoostelike D noordwestelike Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/November 2019 NSS 1.7 Die verskil in hoogte tussen peilbaken 89 in blok C7 en peilbaken 83 in blok B9 op die topografiese kaart is ... meter. A 6 B 24,4 C 24,5 D 4 1.8 Die grondgebruik by 1 op die ortofotokaart is ... A industrieë. B bewerking. C ontspanning. D bosbou. 1.9 Die fluviale landvorm by L in blok B4 op die topografiese kaart is 'n ... basisvlak van erosie. A tydelike B permanente C uiteindelike D laagste 1.10 Die mensgemaakte verskynsel wat die vorm van die nedersetting vanaf M in blok E3 tot by N in blok D1 op die topografiese kaart beïnvloed het, is 'n ... A roete. B berg. C spoorlyn. D rivier. 1.11 Pongola kan volgens sy dominante stedelike funksie as 'n ... nedersetting geklassifiseer word. A poort- B gespesialiseerde C sentraleplek- D deurgang- 1.12 Die dominante straatplan (patroon) van die Ncotshane residensiële gebied by O op die topografiese kaart is ... A onreëlmatig. B radiaal. C liniêr. D rooster. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/November 2019 NSS 1.13 Die onderliggende gesteentestruktuur van die dreineringspatroon wat by P op die topografiese kaart omsirkel is, is ... A afwisselende lae van harde en sagte gesteentes. B eenvormig in weerstand tot erosie. C stollingsgesteentes met nate. D plooiberge. 1.14 Watter diagram hieronder sal die vorm van die ruwe dwarsprofiel van die meander van 2 tot 3 op die ortofotokaart verteenwoordig? A B C D 1.15 Die landvorm by 4 op die ortofotokaart is 'n ... A tafelkop/butte. B spitskop. C mesa. D plato. (15 x 1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2: KAARTBEWERKINGS EN -TEGNIEKE 2.1 Verwys na die ortofotokaart. 2.1.1 Bereken, in m², die gemiddelde oppervlakte (area) van die Pongola- vliegveld by 9 op die ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan. Formule: Oppervlakte = lengte (L) × breedte (B) ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (5 x 1) (5) 2.1.2 Waarom lyk die grootte van die Pongola-vliegveld anders op die topografiese kaart as op die ortofotokaart? ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.2 Verwys na die inligting op die topgrafiese kaart. 2.2.1 Bereken die magnetiese deklinasie (afwyking) vir 2019 deur die inligting op die topografiese kaart te gebruik. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die rigting in verhouding met ware noord duidelik in jou finale antwoord aan. Verskil in jare: ______________________________________________ Gemiddelde jaarlikse verandering: ______________________________ Totale verandering: __________________________________________ __________________________________________ Magnetiese deklinasie vir 2019: _________________________________ ________________________________ (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/November 2019 NSS 2.2.2 Bepaal die magnetiese peiling vir 2019 vanaf peilbaken 89 in blok C7 tot by peilbaken 83 in blok B9. Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie __________________________________________________________ __________________________________________________________ __________________________________________________________ (2 x 1) (2) 2.3 Hieronder is 'n dwarsdeursnee wat van 7 na 8 op die ortofotokaart geteken is. 2.3.1 Gebruik die ortofotokaart om verskynsel A en verskynsel B op die dwarsdeursnee te identifiseer. A: _______________________________________________________ B: _______________________________________________________ (2 x 1) (2) 2.3.2 Verwys na intersigbaarheid. (a) Is daar intersigbaarheid tussen A en B? ______________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Gee TWEE redes vir jou antwoord. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/November 2019 NSS 2.3.3 Die horisontale skaal van die dwarsdeursnit is 1 : 10 000. (a) Skakel die vertikale skaal van die dwarsdeursnee om na 'n verhoudingskaal. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Watter gradiënt, 1 : 23 of 1 : 66, sal waarskynlik by helling C pas? ______________________________________________________ (1 x 1) (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na die Phongolarivier op die topografiese kaart. 3.1.1 Watter tipe rivier is die Phongolarivier? ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.1.2 Sal 'n hoefystermeer eerste by meanderboog R of eerder by meanderboog S ontstaan? Gee 'n rede vir jou antwoord. R of S: __________________________________________________ Rede: __________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ (1 + 2) (3) 3.2 Verwys na die nedersetting by 10 op die ortofotokaart. 3.2.1 Noem die nedersettingpatroon by 10. __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.2 Noem EEN fisiese (natuurlike) faktor wat die tipe nedersettingpatroon wat in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is, sou bepaal. ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.2.3 Noem TWEE ekonomiese voordele van die tipe nedersettingpatroon wat in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is. ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/November 2019 NSS 3.3 Verwys na die vliegveld in blok D7 op die topografiese kaart en 9 op die ortofotokaart. 3.3.1 In watter grondgebruiksone is die vliegveld geleë? ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.3.2 Waarom is hierdie grondgebruiksone 'n geskikte ligging vir die vliegveld? __________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na die landbouaktiwiteite in die gekarteerde gebied. 3.4.1 Is suikerrietboerdery, soos op die kaart getoon, 'n voorbeeld van grootskaalse of kleinskaalse boerdery? ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.4.2 Bespreek hoe die besproeiingnetwerk in die oostelike deel van die gekarteerde gebied die groei van suikerriet ondersteun. ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.4.3 Verwys na die Pongola-suikermeule in blok F10 op die topografiese kaart. (a) Is die suikermeule 'n grondstof- of markgeoriënteerde nywerheid? ______________________________________________________ (1 x 1) (1) (b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.3(a). ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 12 DBE/November 2019 NSS 3.5 Verwys na die nedersetting, Phakamisa (hieronder vergroot), wat in die vallei in blok J4 op die topografiese kaart geleë is. 3.5.1 In watter rigting front die Phakamisa-nedersetting? ___________________________________________________________ (1 x 1) (1) 3.5.2 Verduidelik die klimatologiese voordeel van die ligging van die Phakamisa- nedersetting. ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.5.3 Verduidelik waarom die impak van katabatiese winde minimaal (laag) op die Phakamisa-nedersetting sal wees. ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1 x 2) (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Verwys na die topografiese kaart. 4.1.1 Is die topografiese kaart 'n voorbeeld van raster- of vektordata? __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.1.2 Wat is die verskil tussen rasterdata en vektordata? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.2 Beeld A en beeld B is met 'n afstandwaarnemingsapparaat afgeneem. 4.2.1 Wat is afstandwaarneming? __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.2 Noem EEN faktor in die afstandwaarnemingsproses wat die resolusie van 'n beeld sal beïnvloed. __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.2.3 Waarom het beeld A 'n hoër resolusie as beeld B? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 14 DBE/November 2019 NSS 4.3 Verwys na bufferskepping in blok H8 op die topografiese kaart. 4.3.1 Wat is 'n bufferskepping? __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.3.2 Waarom sou die gebrek aan bufferskepping as swak rivierbestuur in blok H8 beskou word? __________________________________________________________ __________________________________________________________ __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.4 Verwys na data-integrasie in blok H10 op die topografiese kaart. 4.4.1 Wat is data-integrasie? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1 x 1) (1) 4.4.2 'n Boer in blok H10 wil sy plaas se grootte na blok I10 uitbrei. Bespreek TWEE fisiese (natuurlike) lae wat die boer sal moet integreer om 'n besluit te kan maak. __________________________________________________________ __________________________________________________________ __________________________________________________________ __________________________________________________________ (2 x 2) (4) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/November 2019 NSS ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: Moet NIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.] Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all