Skip to content

Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202217 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10781 GEOGRAFIE VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 2 (Vraestel 1) 10781/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: VRAAG 1: Klimaat en Weer (60) VRAAG 2: Geomorfologie (60) AFDELING B: VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van beantwoorde vrae. 5. Begin ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLLE SINNE, behalwe wanneer jy moet sê, noem, identifiseer of lys. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag van ʼn vergrootglas gebruik maak. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart 2930AC en AD HOWICK en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart 2930AC 25 HOWICK word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 3 (Vraestel 1) 10781/22 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A. 1.1.1 Die helling ... is die hoek waarteen die sonstrale ʼn helling tref. A vorm B aspek C profiel D gradiënt 1.1.2 In die Suidelike Halfrond kry die helling van ʼn vallei wat ... gerig is, die meeste sonlig. A noord B wes C oos D suid 1.1.3 In die Suidelike Halfrond is die ... in ʼn vallei, die helling wat suid wys. A skadu sone B insolasie sone C termiese sone D inversie sone 1.1.4 Katabatiese winde kom snags voor as gevolg van ... van die vallei hange. A insolasie B konveksie C aardradiasie D konduksie 1.1.5 ʼn Temperatuurinversie vind plaas wanneer ʼn laag koue lug ... ʼn laag warm lug ontwikkel. A onder B agter C bo D voor 1.1.6 … sal meer waarskynlik gedurende die winter op die valleivloer voorkom. A Stralingsmis B Dou druppels C Adveksie mis D Rypholtes b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 4 (Vraestel 1) 10781/22 1.1.7 Stralingsmis in ʼn vallei word gevorm deur die ... proses van waterdamp. A sublimasie B kondensasie C verdamping D transpirasie (7 x 1) (7) 1.2 Bestudeer FIGUUR 1.2 hieronder, gebaseer op ʼn dwarsdeursnee van ʼn tropiese sikloon in die Suidelike Halfrond. OSEAAN [Aangepas vanaf: https://www.researchgate.net/figure/Hurricane-structure- met vergunning-van-die-Universiteit-van-Brits-Columbia_fig2_282217676] 1.2.1 Dui die seisoen aan waarin hierdie tropiese sikloon kon voorgekom het. 1.2.2 Noem die minimum oseaantemperatuur wat nodig is vir die ontwikkeling van hierdie tropiese sikloon. 1.2.3 In watter algemene rigting sou hierdie tropiese sikloon beweeg? 1.2.4 Noem die wolktipe wat by A gevind word. 1.2.5 Noem die neerslag wat waarskynlik uit wolktipe A sal vorm. 1.2.6 Is die oppervlaklugdruk by area C laag of hoog? 1.2.7 Sou die lugvloei by C beskryf word as divergerend of konvergerend? 1.2.8 In watter stadium van ontwikkeling sou hierdie tropiese sikloon wees wanneer dit oor land beweeg? (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 5 (Vraestel 1) 10781/22 1.3 Verwys na die infografiek hieronder wat bergwindtoestande oor Suid-Afrika toon. Brandwaarskuwing vir Ooskus KwaZulu-Natal – Die Suid-Afrikaanse Weerdiens beweer dat bergwind- toestande wat gunstig vir wegholbrande is, Dinsdag oor die Ooskus verwag word. PLATORAND Quinton Jacobs, ʼn weervoorspeller, het gesê dat hierdie toestande tot Donderdag sal voortduur. "Bergwindtoestande, met Bron: https://www/wikipedia temperature in die hoë 30's word vir die volgende drie dae verwag." " ʼn Sterk noordoostelike wind word Temperatuur Woensdag in die middel van die oggend en vroegmiddag oor die noordelike binneland verwag, wat soms 40 km/h sal oorskry." Volgens die weerburo sal die reeds droë plantegroei as gevolg van die onlangse Plaaslike tyd goeie weer en afwesigheid van reënval, verder uitdroog en sal toestande wat Outomatiese weerstasieopname van gunstig is vir die verspreiding van oppervlaktemperatuur by Durban tydens ʼn bergwind wegholbrande, ontwikkel. vanaf ongeveer 03:15 tot 10:00 plaaslike tyd. [Bron: https://www.news24.com/news24/fire-warning-for-eastern-cape-20080527] 1.3.1 Watter seisoen word in die diagram uitgebeeld? (1 x 1) (1) 1.3.2 Verskaf bewyse uit die infografiek om jou antwoord in VRAAG 1.3.1 te staaf. (1 x 2) (2) 1.3.3 Noem TWEE atmosferiese toestande sigbaar in die infografiek wat tot die ontwikkeling van bergwinde lei. (2 x 1) (2) 1.3.4 Verduidelik met verwysing na die temperatuurgrafiek, die proses van temperatuurverandering van 03:15 tot 14:00, terwyl bergwinde van die binneland na die kus waai. (1 x 2) (2) 1.3.5 ʼn Weerstasie wat by A geleë is, het wolklose toestande gerapporteer. Verduidelik die huidige weerstoestand. (2 x 2) (4) 1.3.6 Verduidelik waarom stad A, wat aan die Ooskus geleë is, deur die vrystelling van die brandwaarskuwing geraak sal word. (2 x 2) (4) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 6 (Vraestel 1) 10781/22 1.4 Verwys na die infografiek hieronder oor middelbreedte siklone. Oorsig van die weer op 9 Junie Die weervoorspeller, Mike Berridge, voorspel dat die Kaap se suidwestelike berge op Woensdag 10 Junie tot 50 mm reën kan kry, aangesien ʼn middelbreedte sikloon na verwagting naby Kaapstad gaan ontwikkel. Kapenaars kan die komende week vir drie dae reën verwag, met reënbuie wat Dinsdag (9 Junie), Woensdag (10 Junie) en Donderdag (11 Junie) sal voorkom. Daar word voorspel dat ʼn storm Woensdag die land sal bereik, met temperature wat tussen 11 °C en 15 °C sal wissel, tesame met 100% neerslag. Donderdag sal temperature tussen 8 °C en 13 °C wissel, met 100% neerslag. [Bron: https://www.capetownetc.com/cape-town/weather/cape-predicted-to-receive-50mm-rains/] 1.4.1 Watter klimatologiese bewys dui daarop dat hierdie middelbreedte sikloon in die Suidelike Halfrond voorkom? (1 x 1) (1) 1.4.2 Verduidelik die konsep familie van siklone. (1 x 2) (2) 1.4.3 Identifiseer die stadium waarin middelbreedte sikloon A tans verkeer. (1 x 1) (1) 1.4.4 Teken ʼn benoemde dwarsdeursnee van punt B tot punt C deur die koue front. Dui die kouefront, die koue sektor en die warm sektor aan. (3 x 1) (3) 1.4.5 ʼn Groep toeriste wil die staproete tot bo-op Tafelberg aandurf voor die naderende kouefront. Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls aan die organiseerders waarom die geleentheid uitgestel moet word deur na die verwagte weerstoestande en moontlike impakte daarvan te verwys. (4 x 2) (8) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 7 (Vraestel 1) 10781/22 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 hieronder wat ʼn besoedelingskoepel toon. INVERSIE BESOEDELINGSKOEPEL KOUD KOUD [http://www.ibgeographypods.org/uploads/7/6/2/2/7622863/ib_dp_geography_microclimates_urban _heat island_worksheet.pdf] 1.5.1 Definieer die term besoedelingskoepel. (1 x 2) (2) 1.5.2 In die nag is die besoedelingskoepel laer in hoogte as gedurende die dag. Verduidelik hoekom dit gebeur. (2 x 2) (4) 1.5.3 Noem die omgewingsprobleem wat as gevolg van ʼn besoedelingskoepel in ʼn stad naby die oppervlak ontwikkel. (1 x 1) (1) 1.5.4 Beskryf hoe die omgewingsprobleem wat in VRAAG 1.5.3 geïdentifiseer is, ontwikkel. (1 x 2) (2) 1.5.5 Lugbesoedeling verminder die hoeveelheid skoon lug van ʼn stad in die nag. Verduidelik hierdie stelling. (1 x 2) (2) 1.5.6 Verskaf TWEE volhoubare strategieë wat in stede geïmplementeer kan word om die uitwerking van nywerhede op die besoedelingskoepel te verminder. (2 x 2) (4) (15) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 8 (Vraestel 1) 10781/22 VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord in hakies wat die stelling WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.7) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer. 2.1.1 ʼn Toename in reënval in die middelloop van die rivier sal tot verhoogde (laterale/vertikale) erosie lei. 2.1.2 Die hoeveelheid vrag wat ʼn rivier kan dra, word bepaal deur sy (gradiënt/rigting) van afloop. 2.1.3 Die (volume/snelheid) van water is hoër in die bo-loop as in die middelloop van ʼn rivier. 2.1.4 Die V-vormige vallei in die bo-loop van ʼn rivier is ʼn gevolg van (laterale/ vertikale) erosie. 2.1.5 By die riviermond is daar meer (afsetting/erosie) wat tot die vorming van ʼn delta lei. 2.1.6 (Laterale/Vertikale) erosie in die middelloop lei tot die migrasie van ʼn meander stroomaf. 2.1.7 Verjonging nader aan die bron van die rivier sal tot meer (erosie/ afsetting) in die benedeloop lei. (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 9 (Vraestel 1) 10781/22 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 hieronder en kies die korrekte letter (A – G) wat met die beskrywing van ʼn spesifieke dreineringspatroon ooreenstem. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 2.2.9 H. Letters A – G kan meer as een keer gebruik word. [Bron: Aangepas uit lumenlearning.com/geo/chapter/reading-drainage-basins/] 2.2.1 Dreineringspatroon wat gevorm het uit riviere wat in ʼn depressie of meer invloei 2.2.2 Dreineringspatroon gevorm uit rotse met eenvormige weerstand 2.2.3 Dreineringspatroon wat algemeen in smeltende ysstreke voorkom 2.2.4 Dreineringspatroon wat op ʼn algemene helling teen ʼn lineêre bergreeks voorkom 2.2.5 Dreineringspatroon wat op afwisselende harde en sagte rotslae ontwikkel 2.2.6 Dreineringspatroon wat gewoonlik in gebiede met vulkaniese berge vorm 2.2.7 Dreineringspatroon wat vorm waar prominente rante parallel aan mekaar geleë is 2.2.8 Dreineringspatroon waarin die hoofstrome en hul sytakke hoofsaaklik regshoekige draaie vertoon (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 10 (Vraestel 1) 10781/22 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 hieronder wat ʼn kronkelende rivier (meanders) toon. gegradeerde kronkelstroom meandermerk hoefystermeer Aluviale afsetting [Bron: https://za.pinterest.com/pin/405394403936861905/] 2.3.1 Wat is ʼn meandermerk? (1 x 2) (2) 2.3.2 In watter stadium van die rivier kan ʼn meanderlus en meandermerk ontwikkel? (1 x 1) (1) 2.3.3 Benoem die hange wat by X en Y van die meanderlus sal ontwikkel. (2 x 1) (2) 2.3.4 Teen watter helling, X of Y, sal daar meer afsetting as erosie wees? (1 x 2) (2) 2.3.5 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4. (1 x 2) (2) 2.3.6 Verduidelik hoe ʼn meandermerk gevorm word. (3 x 2) (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 11 (Vraestel 1) 10781/22 2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4 hieronder oor stroomroof. Voor Stroomroof Na Stroomroof Terugwaartse erosie Rivier A Rivier B [Bron: Aangepas vanaf 7ef562557e76281032f017d156b13e3c Brainly.com] 2.4.1 Definieer die konsep terugwaartse erosie. (1 x 2) (2) 2.4.2 Noem EEN moontlike faktor uit FIGUUR 2.4 wat daartoe kon gelei het dat rivier A rivier B roof. (1 x 1) (1) 2.4.3 Verduidelik hoe die proses van terugwaartse erosie tot stroomroof bydra. (2 x 2) (4) 2.4.4 Gee die geografiese terme vir kenmerke D en E wat tydens stroomroof ontwikkel. (2 x 1) (2) 2.4.5 Bespreek DRIE fisiese veranderinge wat as gevolg van stroomroof in rivier A sal plaasvind. (3 x 2) (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 12 (Vraestel 1) 10781/22 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 hieronder wat ʼn infografiek van die opvangsgebied van die Jukskeirivier is. Jukskeirivier moniteringsgebiede Hartbeespoort Dam Crocodile Rivier Jukskei Rivier Modderfontein Stroom Jukskeirivier vergiftig met riool Johannesburg Stad Inwoners wat dit as ʼn stortingsterrein en toilet gebruik, het gesê hulle het nie afval- en Een van Gauteng se grootste riviere, die vullisbestuur in die gebied gehad nie. Jukskei, vloei noordwaarts, kronkel deur Bedfordview-uitsig, wat in die hoogs eutrofiese Hartbeespoortdam vloei. Die sowat 50 km-loop deur die stad toon duidelik aan hoe dit ʼn slagoffer van Johannesburg se massiewe verstedeliking is, sy verweerde waterweë, ʼn opgaarplek vir die stad se stroom riool, stormwater, rommel, industriële afval en bourommel. Vir die waterkenner Dr Anthony Turton, is die Jukskei nie net een van die land se mees besoedelde riviere nie, dit is ook een van die "hartseerste" riviere. Sy ondergang, glo hy, is ʼn metafoor vir "alles wat verkeerd is in ons samelewing." Die Jukskeirivier in Alexandra na swaar reën in Johannesburg en ander gebiede, 25 April 2019. [Bron: https://www.citizen.co.za/news/south-africa/2920185/jukskei-river-poisoned-with sewage] 2.5.1 Definieer die konsep rivieropvangsgebied. (1 x 2) (2) 2.5.2 Van watter rivier is die Jukskeirivier ʼn sytak? (1 x 1) (1) 2.5.3 Die watergehalte van die Jukskeirivier versleg. Staaf die stelling deur na die infografiek te verwys. (2 x 2) (4) 2.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel moontlike strategieë voor, wat geïmplementeer kan word om die probleme te hanteer wat in VRAAG 2.5.3 in die Jukskeirivier geïdentifiseer is. (4 x 2) (8) (15) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 13 (Vraestel 1) 10781/22 AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Bestudeer die algemene inligting oor Howick hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ALGEMENE INLIGTING OOR HOWICK N Howick Koördinate: 29°28′S; 30°14′O Howick is ʼn dorp in KwaZulu-Natal. Die dorp is 1 050 m bo seespieël geleë met warm somers en koel droë winters. ʼn Ysige koue daal op Howick neer wanneer sneeu op die nabygeleë Drakensberge val. Die dorp is langs die N3-snelweg geleë wat dit met die res van Suid-Afrika verbind. Die dorp is die ligging van die Howick-waterval, ʼn groot waterval wat ontwikkel wanneer die Umgeni-rivier 95 meter oor dolerietkranse op pad na die Indiese Oseaan, val. [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/ Howick, _KwaZulu-Natal] Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings word op die topografiese kaart getoon. AFRIKAANS ENGLISH Uitgrawings Diggings Gholfbaan Golf course Rivier River Rioolwerke Sewerage works Landgoed Estate Gholf-dryfbaan Golf Driving Range Natuurreservaat Nature reserve b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 14 (Vraestel 1) 10781/22 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op vrae 3.1.1 en 3.1.2 verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers in die ANTWOORDBOEK. 3.1.1 In die 2930AC topografiese kaartindeks, die 29 en 30 dui ... aan. A 29°N 30°W B 29°S 30°O C 29°W 30°N D 29°O 30°S (1 x 1) (1) 3.1.2 Die Howick-waterval is in … provinsie geleë. A KwaZulu-Natal B Limpopo C Noord-Kaap D Mpumalanga (1 x 1) (1) 3.1.3 Wat is die verskil in hoogte tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart? (1 x 1) (1) 3.1.4 Bereken die afstand in meter, tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart uittreksel, in meter. Formule: Werklike afstand x Kaartskaal (2 x 1) (2) 3.1.5 Gebruik die antwoorde in VRAE 3.1.3 en 3.1.4 om die gemiddelde gradiënt tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart uittreksel in meter te bereken. Vertikale Vertikale interval interval (VI)(VI) Gemiddelde Gradiënt = (2 x 1) (2) Horisontale Horisontal afstand e afstand (HE)(HA) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 15 (Vraestel 1) 10781/22 3.1.6 Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande opsies. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer neer. ʼn Dwarsdeursnit van die helling tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart is .... (1 x 1) (1) 3.1.7 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.1.6. (1 x 2) (2) (10) 3.2 KAART INTERPRETASIE Verwys na die vallei by G in blok B2 op die topografiese kaart. 3.2.1 (a) Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande opsies. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer neer. Die wind wat gedurende die nag in hierdie gebied ontwikkel, word ʼn ... wind genoem. A berg B föhn C anabatiese D katabatiese (1 x 1) (1) (b) Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.2.1(a) geïdentifiseer is, die vorming van digte mis by G bevorder. (1 x 2) (2) (c) Hoe sou die ontwikkeling van mis in hierdie gebied vroegoggend verkeer op die sekondêre pad by G beïnvloed? (1 x 1) (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 16 (Vraestel 1) 10781/22 Verwys na die Mgeni-Rivier in die suide van die topografiese kaart. 3.2.2 (a) In watter algemene rigting vloei die Mgeni-Rivier? (1 x 1) (1) (b) Gee bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in VRAAG 3.2.2(a) te staaf. (1 x 1) (1) 3.2.3 Identifiseer die stroomorde by H in blok A4 op die topografiese kaart. (1 x 1) (1) Verwys na die ortofotokaart. 3.2.4 Die landvorm wat deur nommer 8 op die ortofotokaart aangedui is, is ʼn ... (1 x 1) (1) A gaping. B uitloper. C vallei. D saal. 3.2.5 Identifiseer die fluviale kenmerk aan die basis van die Howick-waterval by 9 op die ortofotokaart. (1 x 1) (1) 3.2.6 Verwys na die vryhand-dwarsneeskets van 10 – 11 op die ortofoto. Stadigste Vinnigste vloei vloei (a) Identifiseer die fluviale landvorm waarvan die dwarsdeursnee hierbo ʼn ïllustrasie is. (1 x 1) (1) (b) Noem die fluviale proses wat onderskeidelik by 10 en 11 plaasvind. (2 x 1) (2) (12) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 17 (Vraestel 1) 10781/22 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na blok B1 op die topografiese kaart. 3.3.1 Vektordata is data wat uit punte, lyne en poligone bestaan. Identifiseer die volgende vektordata in blok B1 wat met bewaring verband hou: (a) ʼn Punt kenmerk (1 x 1) (1) (b) ʼn Poligoon kenmerk (1 x 1) (1) Verwys na die Howick-waterval in blok E2. 3.3.2 Die ligging van die Howick-waterval by F in blok E2 op die topografiese kaart, is ʼn voorbeeld van (attribute/ruimtelike) data. (1 x 1) (1) 3.3.3 Verwys na die Mgeni-rivier wat deur die dorp Kwa Mevana in blok E1 loop. (a) Definieer die term bufferskepping. (1 x 2) (2) (b) Dink jy bufferskepping is toegepas in die ontwikkeling van die dorp in blok E1? (1 x 1) (1) (c) Gee ʼn bewys uit die topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.3.3(b) te staaf. (1 x 2) (2) (8) TOTAAL AFDELING B: 30 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all