Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GEOGRAFIE V2
2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
TableMountain
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 841.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 1.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 1.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 2.1Economic geography of South Africa8 marks
Show all 13 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60 PUNTE)
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60 PUNTE)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30 PUNTE)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
moet maak.
10. Maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2628AC van ALBERTON en 'n 1 : 10 000
ortofotokaart 2628AC 3 van ALBERTON word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken
word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die werklike grond wat deur 'n plaas beslaan word, staan as …
bekend.
A ligging
B plek
C standplaas
D ruimte
1.1.2 Die keuse van 'n standplaas vir die vestiging van 'n plaas word
deur … beïnvloed.
A bevolkingsgrootte
B topografie
C finansies
D markte
1.1.3 Die ligging van 'n plaas word deur ... beïnvloed.
A grondvrugbaarheid
B waterbronne
C afstand na markte
D hoe steil die landskap is,
Verwys na die patrone van landelike nedersettings (X en Y) om
VRAAG 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.4 Die sosiale voordeel van nedersetting X is …
A veiligheid en sekuriteit.
B die gebruik van tegnologie.
C dat 'n plaaslike mark beskikbaar is.
D die maak van meer wins.
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.5 Nedersettingspatroon Y word as 'n verspreide nedersetting
geklassifiseer as gevolg van die …
A plaaspersele wat ver van mekaar af is.
B afstand weg van die mark af.
C plaasopstalle wat ver van mekaar af is.
D beskikbaarheid van plat grond.
1.1.6 'n Ekonomiese voordeel van nedersetting Y is …
A meer privaatheid.
B die potensiaal vir groot winste.
C die hoë koste om toerusting te koop.
D onafhanklikheid.
Verwys na die skets van die nedersetting om VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 te
beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.7 Die vorm van die nedersetting is …
A lineêr.
B verspreid.
C kruispad.
D rond.
1.1.8 Die hoofrede vir die ontwikkeling van die nedersetting is ...
A toegang tot 'n pad.
B 'n poort in die berg.
C toegang tot water.
D verdediging teen vyande. (8 x 1) (8)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 5 DBE/2022
SS/NSS
1.2 Kies die woord/term uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi.
Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Z.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die proses waar mense van Y verstedeliking
stedelike gebiede na landelike Z teenverstedeliking
gebiede trek, staan as …
bekend.
1.2.2 Die pas (spoed) waarteen Y koers van verstedeliking
verstedeliking plaasvind, staan Z vlak van verstedeliking
as … bekend.
1.2.3 Die vormlose uitbreiding van Y onplanmatige verspreiding
stedelike gebiede word … Z natuurlike groei
genoem.
1.2.4 Die proses waar die persentasie Y landelik-stedelike migrasie
van die bevolking wat in Z verstedeliking
stedelike gebiede woon,
toeneem, staan as … bekend.
1.2.5 Die toename in die aantal mense Y stedelike uitbreiding
in stedelike gebiede staan as … Z stedelike groei
bekend.
1.2.6 'n Stedelike nedersetting met Y gespesialiseerde
een dominante funksie word 'n Z aansluitings-
… dorp genoem.
1.2.7 'n Dorp wat goedere aan die Y sentraleplek-
omliggende landelike bevolking Z poort-
verskaf, staan as 'n … dorp
bekend.
(7 x 1) (7)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 6 DBE/2022
SS/NSS
1.3 Verwys na die infografika wat op landelike ontvolking gebaseer is.
BEVOLKING IN LANDELIKE GEBIEDE VAN 2017 TOT 2020
Landelike ontvolking word hoofsaaklik deur die migrasie van mense uit landelike
gebiede na stedelike gebiede veroorsaak. Hierdie mense soek werk en 'n beter
lewensgehalte. Die beweging van mense na stedelike gebiede skep verskeie
ekonomiese en sosiale uitdagings vir die landelike gebied, bv. die verlaging van
die lewenstandaard. Strategieë moet ingestel word om die aantal mense wat die
landelike gebiede verlaat, te beperk en ook om mense aan te moedig om terug
te keer.
Jaar Bevolking
(in Bus-
duisende) halte
2017 19 479
2018 18 465
2019 17 439
2020 16 408
[Aangepas uit
http://www.ejolt.org]
1.3.1 Definieer die konsep landelike ontvolking. (1 x 2) (2)
1.3.2 Gee 'n bewys uit die skets dat landelike ontvolking plaasgevind het.
(1 x 1) (1)
1.3.3 Verwys na die tabel en gee 'n bewys dat landelike ontvolking
tussen 2017 en 2020 plaasgevind het. (1 x 2) (2)
1.3.4 Wat is die sosiale belangrikheid daarvan om landelike ontvolking te
ontmoedig (te beperk)? (1 x 2) (2)
1.3.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel VIER volhoubare
strategieë voor wat meer werksgeleenthede in landelike gebiede
kan skep. (4 x 2) (8)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 7 DBE/2022
SS/NSS
1.4 Verwys na die foto's wat geboue in twee grondgebruiksones toon.
[Bron: https://www.dreamstime.com/illustration/factory-sketch.html
https://www.google.com/imgres?imgurl=https%3A%2F%2Fimage.shutterstock.com%]
Verwys na foto A.
1.4.1 Klassifiseer die residensiële gebied wat in die foto getoon word as
óf hoë inkomste óf lae inkomste. (1 x 1) (1)
1.4.2 Gee 'n bewys uit die foto om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te
ondersteun. (1 x 2) (2)
Verwys na foto A en B.
1.4.3 Waarom is die tipe residensiële gebied (antwoord op
VRAAG 1.4.1) dikwels naby 'n nywerheidsgebied geleë? (2 x 2) (4)
1.4.4 Gee TWEE sosiale ongeregtighede wat weens die
nywerheidsaktiwiteit by B deur mense in hierdie residensiële
gebied ervaar word. (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik TWEE maatreëls wat deur die nywerhede by B
geïmplementeer kan word om die impak van die sosiale
ongeregtighede te verminder. (2 x 2) (4)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 8 DBE/2022
SS/NSS
1.5 Verwys na die foto's wat 'n stedelike nedersettingskwessie toon.
VERGELYKING VAN DIE AANTAL VOERTUIE IN
1960 EN 2021
[Aangepas uit https://www.google.com/traffic-index-global-traffic-congestion]
1.5.1 Wat is die tendens wat in die foto's oor die aantal voertuie tussen
1960 en 2021 getoon word? (1 x 1) (1)
1.5.2 Gee TWEE moontlike redes vir hierdie tendens (antwoord op
VRAAG 1.5.1). (2 x 2) (4)
1.5.3 Hoe beïnvloed verkeersopeenhopings die daaglikse reisiger?
(2 x 2) (4)
1.5.4 Stel DRIE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
verkeersopeenhopings in stedelike gebiede te verminder. (3 x 2) (6)
[60]
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.
2.1.1 … is voorbeelde van aktiwiteite in die primêre sektor.
A Polisiëring, onderrig en messelwerk
B Kleinhandelswinkels, bankwese en onderwys
C Handel, vervoer en skeepsbou
D Vissery, bosbou en mynbou
2.1.2 Konstruksie is 'n voorbeeld van die … ekonomiese sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
2.1.3 Die tersiêre sektor verwys na …
A die ontginning van grondstowwe uit die natuurlike omgewing.
B die verwerking van grondstowwe na verwerkte produkte.
C die uitruil van goedere en dienste tussen lande.
D navorsing en inligtingstegnologie.
2.1.4 'n Voorbeeld van 'n tersiêre aktiwiteit is …
A boerdery.
B vervaardiging.
C toerisme.
D navorsing.
2.1.5 Hierdie ekonomiese sektor hou verband met die verwerking van
inligting:
A Primêre
B Sekondêre
C Tersiêre
D Kwaternêre
2.1.6 Bruto binnelandse produk (BBP) is die …
A waarde van goedere en dienste wat in een jaar deur
permanente en nie-permanente burgers in 'n land
geproduseer word.
B waarde van goedere en dienste wat in een jaar deur die
permanente inwoners van 'n land geproduseer word.
C bydrae van individuele provinsies tot die BBP in een jaar.
D finansiële staat wat die waarde van 'n land se transaksies in
vergelyking met die res van die wêreld toon.
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 10 DBE/2022
SS/NSS
2.1.7 Voorbeelde van toegevoegdewaarde-produkte is:
(i) Mielies
(ii) Wyn
(iii) Vrugte
(iv) Suiker
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (i) en (iii)
2.1.8 Die TWEE sektore wat die grootste bydraers tot die BBP van
Suid-Afrika is:
(i) Primêre
(ii) Sekondêre
(iii) Tersiêre
(iv) Kwaternêre
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (i) en (iii) (8 x 1) (8)
2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 Koop en verkoop van goedere en A handelsooreenkoms
dienste
B handel
2.2.2 Die verskil in waarde tussen 'n land
se invoere en uitvoere C uitvoere
2.2.3 Kommoditeite of goedere wat van een D invoere
land in 'n ander land ingebring word
E handelsbalans
2.2.4 'n Ooreenkoms tussen lande met
betrekking tot handel F plaaslike handel
2.2.5 Goedere waarmee binne 'n land G buitelandse valuta
handel gedryf word
H internasionale handel
2.2.6 Goedere wat tussen lande vervaardig
en verhandel word
2.2.7 Goedere of dienste wat aan 'n ander
land verkoop word
(7 x 1) (7)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 11 DBE/2022
SS/NSS
2.3 Verwys na die gevallestudie oor beesvleisproduksie in Suid-Afrika.
BEESVLEISPRODUKSIE IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika produseer 85% van sy vleisbehoeftes. Daar is plaaslik 'n groot
vraag na beesvleis. Die plaaslike vraag na beesvleis oorskry gewoonlik
produksie, alhoewel daar onontginde reserwes in gemeenskapsboerdery-
gebiede is.
Beesvleisproduksie in Suid-Afrika word deur sy tweeledige aard van
kleinskaalse en grootskaalse boerdery gekenmerk. Aangesien beeste as 'n
teken van rykdom in sekere gemeenskappe dien, dra gemeenskapsboerdery
nie tot Suid-Afrika se vleisbehoeftes by nie.
Beesvleisproduksie is kenmerkend 'n langtermynonderneming en wins word
selde op kort termyn gemaak. Die klimaattoestande in sommige dele van
Suid-Afrika is ook nie geskik vir beesvleisproduksie nie.
[Aangepas uit https://www.idc.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Beef-Study-Final]
2.3.1 Wat is die persentasie tekort in Suid-Afrika met betrekking tot
vleisbehoeftes? (1 x 1) (1)
2.3.2 Waarom is beesvleisproduksie vir Suid-Afrika belangrik? (1 x 2) (2)
2.3.3 Stel TWEE fisiese faktore voor wat 'n negatiewe impak op
beesvleisproduksie in Suid-Afrika het. (2 x 2) (4)
2.3.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor hoe kleinskaalse
beesboere bygestaan kan word om produksie te verhoog. (4 x 2) (8)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 12 DBE/2022
SS/NSS
2.4 Verwys na die infografika oor die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied.
GAUTENG (PWV) HET BYDRAE TOT DIE BRUTO BINNELANDSE
PRODUK VERHOOG
Die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied het in 2021 35%, of 'n geskatte
R675 miljard, van die bruto binnelandse produk gegenereer wat hulle posisie
as die enkele grootste bydraer tot die ekonomie van die land bevestig.
Alhoewel Gauteng (PWV) die kleinste grondoppervlakte, 1,4% van die land,
beslaan, is hulle ekonomie meer as dubbel dié van die Suidwestelike Kaap.
Naas die tersiêre sektor, is die sekondêre sektor die tweede grootste bydraer
en genereer 24,3% van die provinsiale ekonomie. Die vervaardiging-
subsektor domineer bydraes in die sekondêre sektor. Die Gauteng (PWV)-
kernnywerheidsgebied is verantwoordelik vir die grootste deel van die land se
vervaardigingsektor met byna die helfte van alle fabrieke wat in die provinsie
gevestig is.
[Bron: file://Growing%20Gauteng (PWV) core industrial region%20Together%202030]
2.4.1 Watter persentasie het die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied
in 2021 tot Suid-Afrika se BBP bygedra? (1 x 1) (1)
2.4.2 Gee TWEE hoofnywerhede wat in die Gauteng (PWV)-
kernnywerheidsgebied gevind word. (2 x 1) (2)
2.4.3 Gee 'n rede uit die infografika waarom die vervaardigingsubsektor
die sekondêre sektor in die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied
domineer. (1 x 2) (2)
2.4.4 Wat is die voordeel van Gauteng se hoë bevolkingkonsentrasie vir
die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied? (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik DRIE faktore wat vir die ligging van nywerhede in die
Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied voordelig is. (3 x 2) (6)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 13 DBE/2022
SS/NSS
2.5 Verwys na die infografika oor die informele sektor.
MOTORBEWAKING AS 'N HEENKOME IN DIE INFORMELE SEKTOR
Motorbewaking is 'n beroepsaktiwiteit wat spesifiek in die informele sektor
in Suid-Afrika voorkom. 'n Motorwag (karwag) is iemand wat, in ruil vir 'n
donasie, aanbied om voertuie in 'n openbare of private parkeerarea te
bewaak. Die motoris kan besluit oor die bedrag van die donasie.
Baie Suid-Afrikaners is werkloos. Buitelanders kom na Suid-Afrika op soek
na 'n beter lewe, maar sukkel om werk te kry. Motorbewaking is dus 'n
geleentheid wat talle mense in staat stel om 'n bietjie inkomste te verdien.
Profiel van 'n motorwag
Gemiddelde ouderdom: 38
Gemiddelde aantal jare wat as
motorwag gewerk word: 6
Gemiddelde werksdae per week:
5,4
Gemiddelde werksure per dag: 8,5
Gemiddelde inkomste per dag:
Risiko's en uitdagings
R98,33
[Bron: 'Examining car guarding as a livelihood in the informal sector',
artikel in Local Economy, September 2017]
2.5.1 Waarom word motorwagte as deel van die informele sektor
beskou? (1 x 2) (2)
2.5.2 Volgens die grafiek, wat is die grootste risiko en uitdaging vir
motorwagte? (1 x 1) (1)
2.5.3 Waarom hang motorwagte se inkomste af van die aantal ure wat
hulle werk? (1 x 2) (2)
2.5.4 Gee redes waarom die getal motorwagte in stedelike gebiede oor
die laaste paar jaar toegeneem het. (2 x 2) (4)
2.5.5 Wat kan deur die plaaslike regering gedoen word om die
werkstoestande van Suid-Afrikaners en buitelanders in die
informele sektor te verbeter? (3 x 2) (6)
[60]
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 14 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR ALBERTON
ALBERTON
N
Koördinate: 26º15'S; 28°06'O
Alberton is 'n stad wat in die suidelike deel van die Oosrand van Gauteng in
Suid-Afrika geleë is. Alberton is kenmerkend primêr residensieel en die meeste
werkers pendel daagliks na nabygeleë voorstede en stede.
As gevolg van sy sentrale ligging het Alberton een van die leidende
nywerheidsgebiede geword – met kort reistye na groot sentrums soos Pretoria en
Johannesburg. Toegang tot groot hoofverkeersroetes laat vinnige vervoer van beide
grondstowwe en verwerkte produkte na hul bestemmings toe.
[Bron: https://www.3cubeproperty.co.za/area-profiles/alberton]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Golf Course Gholfbaan
Race Course Resiesbaan
River Rivier
Sewerage Disposal Works Rioolsuiweringswerke
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 15 DBE/2022
SS/NSS
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Die kaartindeks vir Alberton is 2628AC. 28 verteenwoordig …
A 28° suid van die ewenaar.
B 28' suid van die ewenaar.
C 28' wes van die Greenwichmeridiaan.
D 28° oos van die Greenwichmeridiaan. (1 x 1) (1)
3.1.2 Die koördinate van trigonometriese baken 602, F in blok C3 op die
topografiese kaart, is …
A 26°18'45''S; 28°07'55''O.
B 26°17'49''S; 28°08'55''O.
C 26°17'15''S; 28°08'55''O.
D 28°07'52''S; 26°17'55''O. (1 x 1) (1)
3.1.3 Bereken die reguitlynafstand, in kilometer, tussen punt 6 in blok A4
en punt 7 in blok B4 op die ortofotokaart.
Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Kaartskaal (1 x 2) (2)
3.1.4 Bepaal die ware peiling van trigonometriese stasie 602, F in
blok C3, vanaf Kathlehong-spoorwegstasie, G in blok D4 op die
topografiese kaart. (1 x 1) (1)
Verwys na die topografiese kaart en beantwoord die vrae oor magnetiese
deklinasie vir 2022.
3.1.5 Die verskil in jaar is …
A 7.
B 8.
C 9.
D 10. (1 x 1) (1)
3.1.6 Die gemiddelde jaarlikse verandering is … wes van ware noord.
A 3'
B 8'
C 9'
D 10' (1 x 1) (1)
3.1.7 Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.5 en 3.1.6 om die huidige
magnetiese deklinasie te bereken. (3 x 1) (3)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 16 DBE/2022
SS/NSS
3.2 KAARTINTERPRETASIE
3.2.1 Verskynsel 8 in blok C5 op die ortofotokaart verteenwoordig 'n …
A hoofpad.
B standhoudende rivier.
C sekondêre pad.
D resiesbaan. (1 x 1) (1)
3.2.2 Straatpatroon (plan) 9 in blok A2 op die ortofotokaart is …
A onreëlmatig (beplan).
B ruitvorm.
C radiaal.
D onreëlmatig (onbeplan). (1 x 1) (1)
3.2.3 Gee 'n bewys uit blok A2 om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 te
ondersteun. (1 x 2) (2)
3.2.4 'n Skool is by 10 in blok B3 op die ortofotokaart geleë. Hoe
veroorsaak die straatpatroon (plan), wat in VRAAG 3.2.2
geïdentifiseer is, 'n probleem vir die ouers wat hulle kinders skool
toe vervoer? (1 x 2) (2)
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.5 Die nywerhede wat in blok A5 en B5 geleë is, kan as swaar
nywerhede geklassifiseer word.
Gee TWEE bewyse wat in blok A5 en B5 gevind kan word om die
stelling hierbo te staaf. (2 x 2) (4)
3.2.6 Verduidelik die belangrikheid van die N3 (nasionale snelweg) in
blok A3 en A4 om toegang tot die nywerheidsgebied by H vir groot
plaaslike markte te skep. (1 x 2) (2)
TableMountain
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 17 DBE/2022
SS/NSS
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSEL (GIS)
Verwys na die beeld van Ring Road West wat in blok A3 op die ortofotokaart
geleë is.
[Bron: https://www.google.com/maps/@-26.2700631,28. 1204164,145m/
data=!3m1!1e3]
3.3.1 Word die beeld van Ring Road West as vektor- of rasterdata
geklassifiseer? (1 x 1) (1)
3.3.2 Gee 'n rede om jou antwoord op VRAAG 3.3.1 te staaf. (1 x 1) (1)
3.3.3 Waarom word die getal bane op Ring Road West as attribuutdata
beskou? (1 x 2) (2)
Verwys na blok A5 en B5 op die topografiese kaart.
3.3.4 Definieer die term bufferskepping. (1 x 2) (2)
3.3.5 Waarom is bufferskepping noordwes van Union, in blok C5, nodig?
(1 x 2) (2)
[30]
TOTAAL: 150
TableMountain
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (English)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum