Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201212 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 1½ uur EKSAMEN- NOMMER SENTRUM- NOMMER PUNT BEHAAL V1 V2 V3 V4 TOTAAL NASIENER SENIOR NASIENER HOOFNASIENER MODERATOR TOTAAL 20 20 40 20 100 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 1 bladsy vir rofwerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 2 DBE/November 2012 NSS HULPBRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2829AC HARRISMITH. 2. Ortofotokaart 2829AC 3 HARRISMITH. 3. LET WEL: Die hulpbronmateriaal moet deur die skole ingeneem word vir hul eie gebruik. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die voorblad. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word voorsien van 'n 1:50 000 topografiese kaart 2829AC van HARRISMITH en 'n ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die toesighouer oorhandig aan die einde van hierdie eksamensessie. 5. Jy moet die blanko bladsy agterin hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 8. Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon. ENGLISH AFRIKAANS Diggings Uitgrawings Caravan Park Karavaanpark Sewage Works Rioolwerke River Mouth Riviermond Golf Course Gholfbaan Wetland Vlei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 3 DBE/November 2012 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is gebaseer op die 1:50 000 topografiese kaart 2829AC HARRISMITH en die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Die hooflandbou-aktiwiteit rondom Harrismith is ... A saaiboerdery. B vrugteboerdery. C beesboerdery. D hoenderboerdery. 1.2 Die ontspanningsverskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is 'n … A park. B natuurreservaat. C gholfbaan. D plantasie. 1.3 Op die topografiese kaart is Phomolong (A) in blok A6/7 'n voorbeeld van 'n … residensiële gebied. A hoë-inkomste- B lae-inkomste- C middelinkomste- D informele 1.4 Watter dorp is ongeveer 60 km vanaf Harrismith? A Van Reenen B Warden C Witsieshoek D Kestell 1.5 Die Sterkfonteindam is … van die dorp Harrismith. A suidwes B suidoos C suid D wes 1.6 Die kaartindeks suid van 2829AC is … A 2828DB. B 2829CA. C 2828BD. D 2829CB. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 4 DBE/November 2012 NSS 1.7 Die rivier in blok C2 op die topografiese kaart vloei in 'n ... rigting. A suidoostelike B noordoostelike C suidelike D noordwestelike 1.8 Die grondgebruiksone genommer 1 op die ortofotokaart is 'n … A ontspanningsgebied. B landelik-stedelike oorgangsone. C residensiële gebied. D plantasie. 1.9 Die straatpatroon van die beboude gebied in blok C1, C2 en D2 op die topografiese kaart is … A bepland onreëlmatig. B 'n rooster. C onbepland onreëlmatig. D radiaal. 1.10 Die verskynsel gemerk E op die topografiese kaart is ('n) … A standhoudende water. B niestandhoudende water. C moeras en vlei. D niestandhoudende rivier. (10 x 2) [20] VRAAG 2: BEREKENINGE EN TOEPASSING 2.1 Harrismith hou jaarliks 'n maraton wat behels dat deelnemers oor Platberg hardloop. Bestudeer beide die foto van Platberg hieronder en die gebied gedek deur blok A/B10, 11, 12 and 13 op die topografiese kaart voordat jy die vrae hieronder beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 5 DBE/November 2012 NSS 2.1.1 Identifiseer die landvorm genaamd Platberg. ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.1.2 Identifiseer die vorm van die helling waarteen die deelnemers sal uithardloop tussen punt C–D (blok A/B10) op die topografiese kaart. Verduidelik jou antwoord met verwysing na die kontoerlyne op die kaart. Helling ______________________________________________________ Verduideliking ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 1) (2) 2.1.3 Bereken die gemiddelde gradiënt van die helling tussen punthoogte 1797 en punthoogte 2263 in blok A10 op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (5 x 1) (5) 2.1.4 Lewer kommentaar oor die moeilikheidsgraad van hierdie helling vir 'n deelnemer. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 1) (1) 2.1.5 Verduidelik waarom 'n kronkelende voetpad (blok A11) oor Platberg uitgetrap is. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 6 DBE/November 2012 NSS 2.2 Gebruik die inligting op die topografiese kaart en bepaal die magnetiese deklinasie vir hierdie jaar. Toon ALLE berekeninge/stappe wat gevolg is. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (4 x 1) (4) 2.3 Verwys na die verskynsel gemerk Blokhuis (4) op die ortofotokaart. Teken 'n dwarsdeursnee van die verskynsel vanaf 2 tot 3 op die assestelsel hieronder. 1720 1710 1700 1 cm tot 10 m 1690 1680 1670 1660 1650 1 : 10 000 (12 x ½) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 7 DBE/November 2012 NSS VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Die Sterkfonteindam vorm 'n belangrike deel van die Tugela-Vaal-skema. Verwys na die diagram hieronder (FIGUUR 3.1) en die dam op die topografiese kaart om die vrae wat volg te beantwoord. Spioenkop Driel Woodstock Killburn Driekloof Sterkfontein Drakensberg Tonnel Turbines S FIGUUR 3.1 3.1.1 Beskryf die verskil in posisie van die Sterkfonteindam in verhouding tot die Spioenkop-, Driel-, Woodstock- en Killburndam. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.1.2 Die Sterkfonteindam het 'n ideale ligging vir die opgaar van water. Gee EEN rede om hierdie stelling te staaf. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.1.3 Noem TWEE maniere waarop die inwoners van Harrismith en die omliggende gebiede voordeel kan trek uit die Sterkfonteindam. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 8 DBE/November 2012 NSS 3.2 Harrismith is in 'n laereënvalgebied geleë. Gee TWEE bewyse uit die kaart om hierdie stelling te staaf. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.3 Identifiseer die dreineringspatroon in blok E/F3, 4 en 5 en gee bewyse uit die kaart om jou antwoord te staaf. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na Nuwejaarspruit in blok G2 op die topografiese kaart. 3.4.1 Is hierdie 'n standhoudende of nie-standhoudende rivier? ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.4.2 Nuwejaarspruit is in sy middelloop, en is besig om na sy benedeloop te verander. Gee TWEE bewyse uit die kaart om hierdie stelling te staaf. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.5 Harrismith is 'n baie ou dorp wat in die koloniale era ontwikkel het. Staaf hierdie stelling met EEN bewys uit die kaart. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.6 Verwys na die oorheersende primêre aktiwiteit wat in blok H1 en H2 beoefen word. 3.6.1 Identifiseer die oorheersende primêre aktiwiteit waarna hierbo verwys word. ______________________________________________________ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 9 DBE/November 2012 NSS 3.6.2 Verduidelik hoe die omgewing waarskynlik negatief beïnvloed sal word deur die aktiwiteit genoem in VRAAG 3.6.1. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.7 Verwys na die N3. 3.7.1 Waarom loop die N3 NIE deur Harrismith NIE? ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) 3.7.2 Wat is die nadeel vir besighede omdat die N3 nie deur Harrismith loop nie? ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.8 Verwys na Wilgerpark op die ortofotokaart. 3.8.1 Wilgerpark het baie later as die oorspronklike dorp Harrismith ontwikkel. Gee EEN rede uit die ortofotokaart om hierdie stelling te staaf. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.8.2 Wilgerpark is 'n hoë-inkomste- residensiële gebied. Gee EEN bewys uit die topografiese kaart om jou antwoord te staaf. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 3.8.3 Gee EEN nadeel van die ligging van Wilgerpark. ______________________________________________________ (1 x 2) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 10 DBE/November 2012 NSS VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Bestudeer die kaart hieronder (FIGUUR 4.1) wat die pad van die tornado toon wat 'n paar jaar gelede deur Harrismith beweeg het. Baie datalae is gebruik om hierdie kaart te teken. Na JHB Heuwel Vliegveld HARRISMITH Plaas Ongeveer 1 kilometer Pad van Na tornado [Bron: Goliger en Van Wyk] FIGUUR 4.1 4.1.1 Definieer die term datalae (oorlegging). ______________________________________________________ ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.1.2 Noem TWEE datalae wat op die kaart (FIGUUR 4.1) sigbaar is. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) 4.1.3 GIS is nuttig in rampbestuur. Verduidelik hoe dit die plaaslike owerhede met hul beplanning kon help nadat die tornado deur die gebied getrek het. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 11 DBE/November 2012 NSS 4.2 Bestudeer die foto (FIGUUR 4.2) van die N3 wat verby Harrismith loop en Durban met Johannesburg verbind. [Bron: Google] FIGUUR 4.2 4.2.1 Onderskei tussen ruimtelike data en attribuutdata. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2 x 2) (4) 4.2.2 Watter tipe ruimtelike voorwerp (punt, lyn of poligoon) is die pad? ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.2.3 Gee EEN attribuut wat vir die N3 vasgelê kan word. ______________________________________________________ (1 x 2) (2) 4.3 Indien 'n voertuig met 'n globale posisioneringstelsel (GPS) Harrismith nader, hoe kan die GPS die bestuurder help om die hospitaal genommer 10 op die ortofotokaart te vind? ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (1 x 2) (2) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V2 DBE/November 2012 NSS ROFWERK EN BEREKENINGE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all