Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2012
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 275.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather10 marks
- Question 1.2Geomorphology10 marks
- Question 1.3Climate and weather18 marks
- Question 1.4Climate and weather20 marks
- Question 1.5Geomorphology24 marks
- Question 1.6Geomorphology18 marks
Show all 23 questions
- Question 2.1Climate and weather10 marks
- Question 2.2Geomorphology10 marks
- Question 2.3Climate and weather20 marks
- Question 2.4Economic geography of South Africa20 marks
- Question 2.5Geomorphology20 marks
- Question 2.6Geomorphology20 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements10 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements20 marks
- Question 3.4Economic geography of South Africa20 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa26 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa10 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa10 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements24 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa26 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk.
3. Vir die paragraaftipe vraag mag jy verwys na EEN idee wat jy deeglik
moet bespreek OF na verskillende idees wat jy minder deeglik moet
bespreek.
4. ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.
5. Nommer AL jou antwoorde in die MIDDEL van die reël.
6. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
7. Begin elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. MOENIE in die kantlyne van jou ANTWOORDEBOEK skryf nie.
10. OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad
van jou ANTWOORDEBOEK.
11. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE PROSESSE EN STRUKTUUR-
LANDVORME
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat toon hoe temperature oor 'n stad en sy
omliggende gebiede verskil. Dit is 'n voorbeeld van mikroklimaat.
1.1.1 Gee die begrip wat gebruik word om die toestand te beskryf wat in
FIGUUR 1.1. getoon word. (1 x 2) (2)
1.1.2 Noem die benaderde oppervlaktemperatuur wat oor die
stadsentrum ervaar word. (1 x 2) (2)
1.1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.3(a)–1.1.3(c)) in
jou ANTWOORDEBOEK neer.
(a) Temperatuur neem uitwaarts vanaf A (af/toe).
(b) Temperatuur neem snags opwaarts vanaf A (af/toe).
(c) Besoedeling laat die temperatuur by A (afneem/toeneem).
(3 x 2) (6)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat 'n rivier en sy sytakke toon en beantwoord die
vrae wat volg.
1.2.1 Gee die begrip wat gebruik word om 'n gebied te beskryf wat deur
'n hoofrivier en sy sytakke gedreineer word, soos aangedui in
FIGUUR 1.2 (1 x 2) (2)
1.2.2 Noem die dreineringspatroon wat in die skets getoon word. (1 x 2) (2)
1.2.3 Wat is die term wat gebruik word om te beskryf waar die rivier in
die oseaan invloei, soos deur die letter A aangedui? (1 x 2) (2)
1.2.4 Watter letter dui 'n sytak aan? (1 x 2) (2)
1.2.5 Gee die term wat gebruik word om 'n hoogliggende gebied te
beskryf wat twee strome in dieselfde dreineerbekken skei, soos
deur die letter C aangedui. (1 x 2) (2)
1.3 Bestudeer die sinoptiese weerkaart (FIGUUR 1.3) en beantwoord die vrae
wat volg.
1.3.1 Identifiseer die laagdrukstelsel gemerk A. (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik waarom daar na drukstelsel A as 'n laagdruksel verwys
word. (1 x 2) (2)
1.3.3 Watter bewys is daar op die kaart dat dit winter is? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2012
NSS
1.3.4 Waarom is die weerstoestande wat langs die ooskus van Suid-
Afrika ervaar word ideaal vir buitemuurse aktiwiteite? (1 x 2) (2)
1.3.5 Gee 'n rede vir die bewolkte toestande by Marion-eiland. (1 x 2) (2)
1.3.6 Verwys na weerstelsel B.
(a) Noem EEN wyse waarop dit die weer in Kaapstad binne die
volgende 24 uur waarskynlik sal beïnvloed. (1 x 2) (2)
(b) Waarom beweeg hierdie siklone oor die algemeen in 'n
oostelike rigting? (1 x 2) (2)
(c) Lewer kommentaar op die invloed wat hierdie siklone op
toerisme in die Suidwes-Kaap sal hê. (1 x 2) (2)
1.4 Verwys na die koerantartikel (FIGUUR 1.4) getitel 'SA se pikkewyne op dun
ys' en beantwoord die vrae wat volg.
1.4.1 Wat beteken globale klimaatsverandering? (1 x 2) (2)
1.4.2 Gee EEN rede vir die styging in seetemperature. (1 x 2) (2)
1.4.3 Behalwe die styging in temperatuur, noem TWEE faktore wat deur
wetenskaplikes geïdentifiseer is as redes vir die dalende
pikkewyngetalle. (2 x 2) (4)
1.4.4 Die invloed van klimaatsverandering is 'n bekommernis vir almal
wat in Suider-Afrika woon. In ongeveer 12 reëls, stel 'n paar
maatreëls voor wat ingestel moet word om hierdie probleem op te
los. (6 x 2) (12)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat stroomroof illustreer.
1.5.1 Definieer die term stroomroof. (1 x 2) (2)
1.5.2 Rivier C is by aktiewe terugwaartse erosie betrokke.
(a) Wat beteken terugwaartse erosie? (1 x 2) (2)
(b) Gee 'n moontlike rede waarom terugwaartse erosie
plaasvind. (1 x 2) (2)
1.5.3 Sal stroomroof 'n invloed hê op die vloeikenmerke van rivier B by
sy oorsprong? (1 x 2) (2)
1.5.4 Noem die verskynsels gemerk D en E wat ontstaan as gevolg van
stroomroof. (2 x 2) (4)
1.5.5 Stroomroof bring veranderinge in beide rower- en geroofde strome
mee. Verduidelik (ongeveer 12 reëls) sommige van die fisiese
veranderinge wat in die rower- en geroofde strome onderskeidelik
sal voorkom. (6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2012
NSS
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n rivierprofiel toon en beantwoord die vrae wat
volg.
1.6.1 Watter tipe rivierprofiel word hier getoon? (1 x 2) (2)
1.6.2 Noem TWEE dimensies (vorme) van 'n rivier wat in die
geïllustreerde rivierprofiel gesien kan word. (2 x 2) (4)
1.6.3 Noem die dominante (hoof-) tipe erosie wat in die riviervallei
plaasvind. (1 x 2) (2)
1.6.4 Die riviervallei toon tekens van verjonging.
(a) Wat beteken verjonging? (1 x 2) (2)
(b) Gee TWEE bewyse uit FIGUUR 1.6 om die stelling te steun
dat verjonging plaasgevind het. (2 x 2) (4)
1.6.5 Verduidelik hoe en waarom die dimensies (vorme) van die
riviervallei, in FIGUUR 1.6 geïllustreer, sal verander sodra
verjonging plaasvind. (2 x 2) (4)
[100]
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat faktore wat die weer en klimaat van Suid-Afrika
beïnvloed, toon. Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te
skryf. Skryf die woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.5) neer.
2.1.1 Die …-seestroom hou die ooskus van Suid-Afrika warmer as die
weskus.
2.1.2 Die … veroorsaak dat plekke in die binneland laer temperature
ervaar as gevolg van die hoër hoogte.
2.1.3 Die posisie van Suid-Afrika in terme van sy … veroorsaak oor die
algemeen stabiele toestande.
2.1.4 Die steil hellings van die … voorkom dat vog die binneland in die
winter bereik.
2.1.5 Die …-seestroom dra by tot droë, ariede toestande langs die
weskus van Suid-Afrika. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2012
NSS
2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2 wat 'n tipiese helling verteenwoordig. Pas die stellings
hieronder by die byskrifte op die diagram.
2.2.1 Hierdie hangelement is konveks.
2.2.2 Stroompies en slote kom algemeen op hierdie helling voor.
2.2.3 Grondkruip kom algemeen op hierdie hangelement voor.
2.2.4 Daar word na hierdie hangelement as 'n konstante helling verwys.
2.2.5 Die hangelement is vertikaal. (5 x 2) (10)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat die frekwensie van voorkoms van tropiese siklone
toon.
2.3.1 Noem die oseaan met die meeste tropiese siklone. (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik waarom daar 'n gebrek aan tropiese siklone langs die
ewenaar (nul grade breedte) is. (1 x 2) (2)
2.3.3 Wat is die verwantskap tussen die voorkoms van tropiese siklone
en 'n seetemperatuur wat 26,5 °C oorskry? (1 x 2) (2)
2.3.4 Gee TWEE redes waarom tropiese siklone nie in die gebied
gemerk A voorkom nie. (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik waarom tropiese siklone verdwyn (uitsterf) wanneer
hulle oor land beweeg. (2 x 2) (4)
2.3.6 Noem die gevolge wat hierdie tropiese siklone sal hê op die
ekonomie van lande wat in hulle pad lê. (3 x 2) (6)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n spotprent oor droogte is.
2.4.1 Verduidelik die term droogte. (1 x 2) (2)
2.4.2 Wat is die boodskap van die stelling: 'Ons sal nie meer so groot
kan word nie'? (2 x 2) (4)
2.4.3 Waarom is veral mielieboerdery 'n risiko vir kleinskaalse
(bestaans-)boere? (1 x 2) (2)
2.4.4 Afrika moet dringend aandag gee aan die probleem van droogtes.
Maak voorstelle (ongeveer 12 reëls) oor hoe om die gevolge van
droogtes volhoubaar te verminder. (6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2012
NSS
2.5 FIGUUR 2.5 toon landvormverskynsels wat uit canyon-landskappe ontstaan.
2.5.1 Identifiseer die verskynsels gemerk A en B. (2 x 2) (4)
2.5.2 Identifiseer die onderliggende gesteentestrata van beide
landvorme A en B op die landskap. (1 x 2) (2)
2.5.3 Noem EEN verskil tussen verskynsel A en verskynsel B. (1 x 2) (2)
2.5.4 Wat is die hoofproses van erosie wat by verskynsel A en B
onderskeidelik plaasvind? (2 x 2) (4)
2.5.5 Beskryf EEN kenmerk van 'n canyon-landskap wat op die diagram
duidelik is. (1 x 2) (2)
2.5.6 Bespreek hoe die landskap in FIGUUR 2.5 deur die mens gebruik
kan word. Jy mag verwys na positiewe en/of negatiewe invloede.
(3 x 2) (6)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat 'n spotprent oor rivierbesoedeling is.
2.6.1 Noem TWEE wyses waarop 'n stedelike gebied tot die besoedeling
van riviere bydra. (2 x 2) (4)
2.6.2 Stel TWEE maatreëls voor wat ingestel kan word om
waterbesoedeling vanaf stedelike gebiede te verminder. (2 x 2) (4)
2.6.3 Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die negatiewe
gevolge van menslike aktiwiteite op riviere beoordeel. (6 x 2) (12)
[100]
AFDELING B: MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE EN STEDELIKE
NEDERSETTINGS, MENSE EN HULLE BEHOEFTES
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat 'n verskeidenheid nedersettings en
grondgebruiksones toon. Pas die letters A tot E in die FIGUUR by die
beskrywings (3.1.1–3.1.5) wat hieronder gegee word.
3.1.1 Informele nedersetting
3.1.2 Verspreide landelike nedersetting
3.1.3 Tradisionele nedersetting
3.1.4 Sentrale Sakekern (SSK)
3.1.5 Kern landelike nedersetting (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2012
NSS
3.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n woord/term in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.5) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Agglomerasie A ontwikkel nywerhede in voorheen
afgeskeepte en onderontwikkelde
3.2.2 Nywerheidsdesentralisasie gebiede
3.2.3 Ruimtelike Ontwikkelings- B geen beperkinge op die invoer en
inisiatiewe (ROI's) uitvoer van goedere en dienste nie
3.2.4 Vrye handel C konsentrasie van nywerhede naby
3.2.5 Handel mekaar
D die uitruil van goedere en dienste
vir wins
E nywerhede wat uit kerngebiede
uitbeweeg
F nywerhede wat gebou word om
ekonomiese groei aan te moedig
deur nuwe beleggings te lok
(5 x 2) (10)
3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 wat grondgebruik in 'n stedelike gebied toon.
3.3.1 Beskryf EEN kenmerk van die SSK. (1 x 2) (2)
3.3.2 Noem EEN faktor wat die ligging van die streekswinkelsentrum kon
beïnvloed het. (1 x 2) (2)
3.3.3 Gee 'n kort beskrywing van die landelik-stedelike oorgangsone.
(1 x 2) (2)
3.3.4 Ontspanningsfasiliteite word oor die algemeen in die landelik-
stedelike oorgangsone gevind.
(a) Gee bewyse uit die diagram om die stelling hierbo te steun.
(1 x 2) (2)
(b) Waarom word die ontspanningsfasiliteite wat in
VRAAG 3.3.4 genoem is, in die landelik-stedelike
oorgangsone gevind? (2 x 2) (4)
3.3.5 Beskryf EEN manier waarop nywerhede geleë in die landelik-
stedelike oorgangsone 'n negatiewe uitwerking op die omgewing
het. (1 x 2) (2)
3.3.6 Beskryf TWEE planne wat die plaaslike regering (stadsraad) kan
gebruik om die skade veroorsaak deur hierdie nywerhede reg te
stel. (2 x 2) (4)
3.3.7 Noem EEN manier waarop die groengordel-grond en die Oak
Green Woods Country Park (landelike park) 'n rol kan speel in die
volhoubare ontwikkeling van die landelik-stedelike oorgangsone.
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2012
NSS
3.4 Verwys na TABEL 3.4 wat Suid-Afrika se hoofhandelsvennote in 2010 toon.
3.4.1 Watter land is Suid-Afrika se hoofinvoervennoot? (1 x 2) (2)
3.4.2 Watter land is Suid-Afrika se hoofuitvoervennoot? (1 x 2) (2)
3.4.3 Verduidelik die term handelsbalans. (1 x 2) (2)
3.4.4 Het Suid-Afrika 'n positiewe of negatiewe handelsbalans in 2010
ervaar? (1 x 2) (2)
3.4.5 Skryf 'n paragraaf, ongeveer 12 reëls, en stel moontlike maniere
voor om op die 2010-handelsbalans te verbeter. (6 x 2) (12)
3.5 Verwys na die artikel getiteld 'Bitter Koffie' in FIGUUR 3.5.
3.5.1 Waarom voel Pedro so bitter oor die wins wat hy uit die plant van
koffie maak? (1 x 2) (2)
3.5.2 Wie kry die grootste deel van die wins uit die koffiebedryf? (1 x 2) (2)
3.5.3 Koffie word as 'n onverwerkte produk uit Brasilië verkoop.
Verduidelik hoe dit Brasilië se ekonomiese groei beïnvloed. (2 x 2) (4)
3.5.4 Globalisering het daartoe gelei dat baie ontwikkelde lande
goedkoop hulpbronne by ontwikkelende lande koop.
(a) Wat beteken globalisering? (1 x 2) (2)
(b) Stel TWEE wyses voor waarop globalisering vir
ontwikkelende lande nadelig kan wees. (2 x 2) (4)
3.6 Lees die koerantartikel oor voedselproduksie in FIGUUR 3.6.
3.6.1 Wat beteken voedselonsekerheid? (1 x 2) (2)
3.6.2 Beskryf die ongeregtigheid wat in die artikel voorkom. (2 x 2) (4)
3.6.3 In baie dele van die wêreld word geneties gemodifiseerde gewasse
beskou as 'n manier om voedselproduksie te verhoog.
(a) Verduidelik die begrip genetiese modifisering. (2 x 2) (4)
(b) Bespreek TWEE voordele van genetiese modifisering.
(2 x 2) (4)
3.6.4 Die toenemende vraag na voedsel is 'n kommerwekkende
ontwikkeling. Gee 'n gedetailleerde verklaring (ongeveer 12 reëls)
waarom baie Suider-Afrikaanse lande sukkel om in hulle
voedselbehoeftes te voorsien. (6 x 2) (12)
[100]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4
4.1 Pas die sketse hieronder by die beskrywings wat gegee word. Skryf slegs die
letter (A–F) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK
neer.
SKETSE BESKRYWINGS
4.1.1 A stervormige nedersetting
4.1.2 B nedersettings wat halfsirkelvormig is
4.1.3 Geboue C het baie stopstrate en robotte
Grond
4.1.4 D laat gladde vloei van verkeer toe
SSK
See
4.1.5 Pad E stedelike profiel
SSK
F kruisvormige nedersetting
(5 x 2) (10)
4.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.5) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
4.2.1 (Primêre/Sekondêre) aktiwiteite verwys na die onttrekking van
grondstowwe uit die aarde.
4.2.2 (Kommersiële/Bestaans-)boerdery het te doen met verbouing vir
huishoudelike gebruik.
4.2.3 Die (handelsbalans/betalingsbalans) is die finansiële staat wat die
waarde van 'n land se transaksies met die res van die wêreld toon.
4.2.4 (Kwaternêre/Tersiêre) aktiwiteite behels hoë-orde-dienste, soos
navorsing.
4.2.5 Die waarde van goedere en dienste wat in 'n jaar in 'n land
geproduseer word, staan bekend as die (bruto nasionale/bruto
binnelandse) produk. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2012
NSS
4.3 Bestudeer die tabel hieronder wat die veranderende verdeling van die wêreld se
stedelike bevolking oor die afgelope 60 jaar toon.
JAAR STEDELIKE BEVOLKING % TOTALE
ONTWIKKE- ONTWIKKEL- BEVOLKING
LENDE LANDE DE LANDE (MILJOENE)
1950 38,4 61,6 730
1970 48,1 51,9 1 350
1990 63,4 36,6 2 380
2010 (beraam) 75,1 24,9 3 030
[Bron: Google]
4.3.1 (a) Lewer kommentaar oor die tendens van die stedelike
bevolkingspersentasie vir ontwikkelde lande oor die
afgelope 60 jaar. (1 x 2) (2)
(b) Gee 'n moontlike verduideliking vir die tendens genoem in
VRAAG 4.3.1(a). (2 x 2) (4)
4.3.2 Wat is die term wat gebruik word om die tendens waar 'n
toenemende getal mense in stedelike gebiede woon te beskryf?
(1 x 2) (2)
4.3.3 Bespreek TWEE ekonomiese stootfaktore wat mense aanmoedig
om landelike gebiede te verlaat. (2 x 2) (4)
4.3.4 Die styging in die stedelike bevolkingspersentasie in ontwikkelende
lande het agteruitgang in stadskerns laat ontstaan (stedelike
agteruitgang). In 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) stel maniere voor
waarop die plaaslike regering (stadsraad) die probleem kan oplos.
(6 x 2) (12)
4.4 FIGUUR 4.4 beklemtoon sekere wyses waarop besoedeling op die aarde se
oppervlak voorkom.
4.4.1 Identifiseer EEN oorsaak van lugbesoedeling in die diagram.(1 x 2) (2)
4.4.2 Stel EEN gevolg van lugbesoedeling en die moontlike gevolg
daarvan, sigbaar op die diagram, voor. (2 x 2) (4)
4.4.3 Informele nedersettings is algemeen op die oewers van riviere in
Suid-Afrika. Hierdie informele nedersettings dra ook by tot
besoedeling op die aarde se oppervlak.
(a) Wat is informele nedersettings? (1 x 2) (2)
(b) Waarom ontwikkel informele nedersettings op die oewers
van riviere? (1 x 2) (2)
(c) Noem EEN probleem (behalwe besoedeling) wat hierdie
nedersettings op die rivieroewers veroorsaak. (1 x 2) (2)
(d) Bespreek TWEE metodes wat in Suid-Afrika gebruik word
om die getal informele nedersettings te verminder. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2012
NSS
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5 gebaseer op die Oranjerivier-projek. Een van die
redes waarom hierdie projek ontwikkel is, was om die droogtegeteisterde
Oos-Kaap van meer waterhulpbronne te voorsien.
4.5.1 Noem EEN dam wat 'n belangrike rol speel om water vanaf die
Oranjerivier na die Oos-Kaap oor te plaas. (1 x 2) (2)
4.5.2 In watter rivier in die Oos-Kaap vloei die water van die Oranjerivier
uiteindelik in? (1 x 2) (2)
4.5.3 Bespreek die positiewe impak wat die Oranjerivier-projek op die
ekonomiese ontwikkeling in die Oos-Kaap gehad het. (3 x 2) (6)
4.5.4 Die Oranjerivier-projek is ook ontwikkel om landelik-stedelike
migrasie te vertraag. Verduidelik die rol van die Oranjerivier-projek
in die vertraging van landelik-stedelike migrasie. (2 x 2) (4)
4.6 FIGUUR 4.6, 'n artikel en kaart, is gebaseer op nywerheidsaktiwiteit in die
Durban-gebied.
4.6.1 Die meeste van die nywerhede wat naby die hawe geleë is, is
brugnywerhede. Wat is brugnywerhede? (1 x 2) (2)
4.6.2 Waarom kan die Durban-hawe as 'n vragverbrekingspunt beskryf
word? (1 x 2) (2)
4.6.3 Waarom word die ligging van die nywerhede as 'n sosiale
ongeregtigheid beskou? (1 x 2) (2)
4.6.4 Noem waarom hierdie gebied ideaal is vir die ligging van
olieraffinaderye. (1 x 2) (2)
4.6.5 Evalueer die belangrikheid van nywerheidsaktiwiteit vir die
ekonomie van KwaZulu-Natal. (3 x 2) (6)
4.6.6 Die ligging van nywerheidsgebiede word deur 'n aantal faktore
beïnvloed. Bespreek (in ongeveer 12 reëls) die rol van vervoer en
arbeid in die ontwikkeling van Durban as 'n nywerheidsgebied.
(6 x 2) (12)
[100]
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC November 2012 Addendum (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum