Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a9fc8224-0596-43ea-897e-9b4730291373/v1-4015aa54a8e10b791a04/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2930CA MERRIVALE en 'n 1 : 10 000
ortofotokaart 2930 CA 5 MERRIVALE word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Lyne wat plekke met dieselfde atmosferiese druk op 'n sinoptiese
weerkaart verbind, staan as … bekend.
A isolyne
B isoterme
C isohiëte
D isobare
1.1.2 Die windrigting wat deur die stasiemodel hieronder voorgestel word,
is …
A noordwes.
B suidwes.
C suidoos.
D noordoos.
1.1.3 Watter EEN van die stasiemodelle hieronder toon motreën as 'n
vorm van neerslag?
A B
C D
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2022
NSS
Verwys na die skets hieronder om VRAAG 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.4 Die atmosferiese druklesing by A is … hPa.
A 1004
B 1008
C 1012
D 1016
1.1.5 Verskynsel B staan as 'n … bekend.
A rug
B trog
C wig
D saal
1.1.6 Die laagdruksel oor die binneland het noordwestewinde veroorsaak
as gevolg van … sirkulasie en bewolkte toestande as gevolg van …
lug.
(i) kloksgewyse
(ii) antikloksgewyse
(iii) dalende
(iv) stygende
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2022
NSS
Verwys na die skets hieronder om VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 te beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.7 Die laagdruksel in die skets is 'n …
A middelbreedtesikloon.
B tropiese depressie.
C kus-laag.
D termiese laag.
1.1.8 Die binneland van Suid-Afrika ervaar … toestande met 'n groter
temperatuurvariasie as gevolg van … klimaatstoestande.
(i) onstabiele
(ii) stabiele
(iii) kontinentale
(iv) maritieme
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iii) (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2022
NSS
1.2 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs
Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 1.2.8 Y.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Verhoogde absorbering van hitte in Y natuurlike
stedelike gebiede is as gevolg van Z kunsmatige
… oppervlakke.
1.2.2 Die intensiteit van veelvoudige Y vertikale
weerkaatsings van hitte word Z horisontale
verhoog as gevolg van die …
dimensie van geboue.
1.2.3 Die lugdruk sal oor die algemeen Y laer
… in stedelike gebiede as in Z hoër
landelike gebiede wees.
1.2.4 Die windspoed in stedelike gebiede Y vinniger
is … as in landelike gebiede. Z stadiger
1.2.5 Die relatiewe humiditeit oor Y meer
stedelike gebiede is laer as oor Z minder
landelike gebiede as gevolg van …
verdamping.
1.2.6 Stedelike gebiede het 'n hoër Y higroskopiese deeltjies
frekwensie van neerslag as Z geboustrukture
landelike gebiede as gevolg van …
1.2.7 Temperatuurgrafiek ... stel die Y
verandering in temperatuur vanaf
die stedelike gebiede (S) na die
landelike gebiede (T) voor.
Z
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2022
NSS
1.3 Verwys na die sketse van 'n middelbreedtesikloon hieronder.
BOAANSIG DWARSSNITTE
N Y
Warm sektor
Z
Koue sektor
Beweging van middelbreedtesikloon
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.3.1 Noem die windgordel wat die oostelike beweging van die
middelbreedtesikloon veroorsaak. (1 x 1) (1)
(1 x 1)
Verwys na die boaansig.
1.3.2 Identifiseer front A. (1 x 1) (1)
1.3.3 Watter EEN van front A of B beweeg die vinnigste? (1 x 1) (1)
1.3.4 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3. (1 x 2) (2)
1.3.5 Gee bewyse uit die skets dat die middelbreedtesikloon in die
Suidelike Halfrond aangetref word. (1 x 2) (2)
Verwys na die kouefrontokklusie C en die dwarssnitte.
1.3.6 (a) Watter EEN van die dwarssnitte Y of Z verteenwoordig die
kouefrontokklusie by C? (1 x 2) (2)
(b) Gee 'n bewys dat C 'n kouefrontokklusie is. (1 x 2) (2)
(c) Verduidelik hoe die kouefrontokklusie ontwikkel het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2022
NSS
1.4 Verwys na die infografika hieronder oor Tropiese Sikloon Batsirai.
Satellietbeeld van Tropiese Sikloon Pad van Tropiese Sikloon Batsirai
Batsirai
[Aangepas uit https://twitter.com/kwang/poon/status] [Bron: Eksaminator se eie skets]
Tropiese Sikloon Batsirai – Windspoed wat met Tropiese Sikloon
Februarie 2022 Batsirai geassosieer word
Tropiese Sikloon Batsirai het versterk soos
dit weswaarts oor die Suid-Indiese Oseaan
beweeg het. Die voorwaartse beweging was
ongeveer 19 kilometer per uur (km/h).
Batsirai het Saterdagaand die land bereik.
Tropiese Sikloon Batsirai se wind en reën
het aansienlike skade aan paaie en
vervoerverbindings veroorsaak, en sommige
gebiede wat die ergste geraak is, is
ontoeganklik gelaat. Tropiese Sikloon
Batsirai het verder ook stormstuwings
(stormdeinings) veroorsaak.
[Aangepas en vry vertaal uit
https://reliefweb.int/disaster/tc-2022-000160-mdg] [Bron: Eksaminator se eie skets]
1.4.1 Gee die datum waarop Tropiese Sikloon Batsirai die volwasse
stadium bereik het. (1 x 1) (1)
1.4.2 Volgens die infografika het Tropiese Sikloon Batsirai weswaarts oor
die Suid-Indiese Oseaan beweeg. Gee EEN rede vir hierdie
beweging. (1 x 2) (2)
1.4.3 Stel TWEE redes voor vir die groot afname in windspoed tussen
20 en 25 Februarie 2022. (2 x 2) (4)
1.4.4 Hoe kan stormstuwings (stormdeinings) 'n negatiewe impak op die
fisiese omgewing aan die ooskus van Madagaskar hê? (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik die belangrikheid vir Madagaskar om tropiese siklone
soos Batsirai te monitor. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2022
NSS
1.5 Verwys na die sketse hieronder wat die veranderinge in die posisie van die
inversielaag oor Suid-Afrika toon.
A
B
[Bron: Eksaminator se eie skets]
Verwys na skets A.
1.5.1 Identifiseer die seisoen wat in skets A geïllustreer word. (1 x 1) (1)
1.5.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.1. (1 x 2) (2)
Verwys na skets B.
1.5.3 Identifiseer TWEE faktore, sigbaar in die skets, wat die klimaat van
Suid-Afrika beïnvloed. (2 x 1) (2)
1.5.4 Verduidelik die rol wat dalende lug in die ontwikkeling van die
inversielaag speel. (1 x 2) (2)
Verwys na sketse A en B.
1.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf hoe die posisie van
die inversielaag in sketse A en B die hoeveelheid reënval in die
binneland van Suid-Afrika beïnvloed. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Verwys na dreineringsbekkens A en B hieronder wat verskillende
dreineerdigthede het. Pas die beskrywings in VRAAG 2.1.1. tot 2.1.8 by A
of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (2.1.1. tot 2.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 A.
[Bron: https://www.google.com/search?q=drainage basins]
2.1.1 Hoër dreineerdigtheid
2.1.2 Laer infiltrasietempo
2.1.3 Digter plantegroei
2.1.4 Hoër grondvoginhoud
2.1.5 Ontwikkel op die mins weerstandbiedende (sagter) gesteentes
2.1.6 Laer graad van permeabiliteit (deurlaatbaarheid)
2.1.7 Hoër stroomorde
2.1.8 Die grafiek hieronder verteenwoordig hierdie dreineringsbekken.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2022
NSS
2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 D.
Verwys na die skets hieronder om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.3 te beantwoord.
VOOR STROOMROOF
[Bron: Eksaminator se eie skets]
2.2.1 … erosie by A is vir die verlenging van die rivier verantwoordelik.
A Vertikale
B Sywaartse
C Plaat-
D Terugwaartse
2.2.2 Die landvorm wat deur die tipe erosie by VRAAG 2.2.1 veroorsaak
word, is 'n …
A uitloper.
B stroomversnelling.
C kloof.
D meander.
2.2.3 Rivier C sal uiteindelik rivier B roof omdat dit op 'n ... gradiënt en oor
... gesteentes vloei.
(i) meer geleidelike
(ii) steiler
(iii) sagter
(iv) harder
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2022
NSS
Verwys na die skets hieronder om VRAAG 2.2.4 tot 2.2.7 te beantwoord.
NA STROOMROOF
[Bron: Eksaminator se eie skets]
2.2.4 Rivier C staan as die … stroom bekend.
A gekaapte
B roof-
C geroofde
D verarmde
2.2.5 Daar word na verskynsel D verwys as ...
A 'n waterval.
B riviergruis.
C 'n windsaal.
D 'n roofelmboog.
2.2.6 Die fluviale landvorm wat die gevolg van stroomroof by E is, is 'n ...
A meander.
B waterval.
C verarmde stroom.
D hoefystermeer.
2.2.7 Die kenmerke van rivier F is dat dit in 'n ... vallei vloei en dat die
volume water ...
(i) wye
(ii) nou
(iii) toeneem
(iv) afneem
A (i) en (iii)
B (ii) en (iv)
C (i) en (iv)
D (ii) en (iii) (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2022
NSS
2.3 Verwys na die dreineerbekken hieronder.
Watertafel in die
reënseisoen
Watertafel in die
droë seisoen
[Aangepas uit https://www.buddinggeographers.com/rivers/]
2.3.1 Die rivier wat in die skets geïllustreer word, is (permanent/periodies).
(1 x 1) (1)
2.3.2 Noem TWEE kenmerke van die rivierstelsel sigbaar in die skets.
(2 x 1) (2)
2.3.3 Gee bewyse uit die skets dat die oppervlak-afloop groter by A as by
B is. (2 x 2) (4)
2.3.4 Verwys na C.
(a) Watter EEN van die dwarssnitte Y of Z verteenwoordig die
rivier by punt C? (1 x 2) (2)
(b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4(a). (1 x 2) (2)
2.3.5 Hoe sal 'n afname in neerslag die volgende affekteer:
(a) Watertafel (1 x 2) (2)
(b) Tipe rivier (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/November 2022
NSS
2.4 Verwys na die skets oor fluviale landvorme hieronder.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
2.4.1 Die fluviale landvorme, wat in die skets geïllustreer word, word
hoofsaaklik in die (middel-/benede-)loop aangetref. (1 x 1) (1)
2.4.2 Identifiseer fluviale landvorm A op die skets. (1 x 1) (1)
2.4.3 (a) Teken 'n ruwe dwarssnit vanaf B na C. (2 x 1) (2)
(b) Sal erosie by B of C plaasvind? (1 x 1) (1)
(c) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.3(b). (1 x 2) (2)
2.4.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die prosesse wat
die verandering van fluviale landvorm A in 'n hoefystermeer by D tot
gevolg gehad het. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 15 DBE/November 2022
NSS
2.5 Verwys na die gevallestudie oor opvangs- en rivierbestuur hieronder.
MOOIRIVIER-OPVANGSGEBIED
Donaldson-dam
Carletonville Westonaria
SLEUTEL
Potchefstroom
Industriële gebied
Watertoetspunte
Diamantdelwery
Landbou
Die Mooirivier het twee hoofsytakke, naamlik Wonderfonteinspruit en
Loopspruit. Die Donaldson-dam in die boloop van Wonderfonteinspruit ontvang
water uit verskeie bronne, soos rioolfasiliteite, mynbougebiede en informele
nedersettings, wat 'n negatiewe impak op die watergehalte het.
Die Mooirivier vloei suid, deur landbougrond, vanwaar dit uiteindelik by die
Vaalrivier aansluit. Die hooftipes grondgebruik in die Mooirivier-opvangsgebied
is gewasverbouing en weiding.
Volgens die Departement van Waterwese (DWW) is besproeiing en boerdery,
naas die verwydering van natuurlike plantegroei, die twee belangrikste
aktiwiteite wat die water van die Mooirivier-dreineerbekken besoedel. 'n Paar
kleinskaalse diamantdelwerye kom ook langs die Mooirivier voor, wat die
vloedvlakte en oewerhabitatte (vleilande langs rivieroewers) verwoes.
[Aangepas en vry vertaal uit 'n gevallestudie deur S Barnard, A Venter en CE van Ginkel]
2.5.1 Waarvoor staan die afkorting DWW in die uittreksel? (1 x 1) (1)
2.5.2 Verwys na die gevallestudie en identifiseer TWEE bronne wat 'n
negatiewe impak op die watergehalte van die Donaldson-dam het. (2 x 1) (2)
2.5.3 Waarom is die watertoetspunte belangrik? (1 x 2) (2)
2.5.4 Hoe veroorsaak landboupraktyke in die Mooirivier-opvangsgebied
waterbesoedeling van die rivierstelsel? (2 x 2) (4)
2.5.5 Stel DRIE volhoubare strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
die watergehalte in die Mooirivier-opvangsgebied in stand te hou. (3 x 2) (6)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 16 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR MERRIVALE
Koördinate: 29°31'S; 30°14'O
Merrivale is 'n dorp in die Umgungundlovu Distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal. Dit is
145 km noordwes van Durban en 5 km suidoos van Howick.
Merrivale ervaar warm, nat somers en droë winterseisoene. Die temperature tussen
winter en somer wissel van 5 °C tot 32 °C. Die topografie binne die omliggende dele
van Merrivale wissel in hoogte van 1 018 meter tot 2 308,8 meter bo seevlak.
[Aangepas en vry vertaal uit https://en.wikipedia.org/wiki/Merrivale]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Diggings Delwery
Mooi River Mooirivier
Sewerage Works Rioolwerke
Nature Reserve Natuurreservaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 17 DBE/November 2022
NSS
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Bestudeer die inligting hieronder. Die ortofotokaart-indeksvel wes
van 2930 CA 5 is …
A 2930 CB 1.
B 2930 CA 4.
C 2930 CB 6.
D 2930 CA 9. (1 x 1) (1)
3.1.2 Die skaal van 1 : 50 000 toon 'n … gebied en … inligting omdat dit 'n
kleiner skaal as 1 : 10 000 is.
(i) groter
(ii) kleiner
(iii) minder
(iv) meer
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv) (1 x 1) (1)
Verwys na die ortofotokaart.
3.1.3 Bereken die reguitlyn-afstand in meter (m) wat deur die kraglyn
gedek word, vanaf 6 in blok B3 tot by 7 in blok C5.
Formule: Werklike Afstand = Kaartafstand x Kaartskaal (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 18 DBE/November 2022
NSS
Verwys na die topografiese kaart.
3.1.4 Teken 'n vryhand-dwarsprofiel vanaf die ontspanningsfasiliteit by
punt F in blok D2 tot by punt G in blok D3. Dui F en G op jou
dwarsprofiel aan. (2 x 1) (2)
3.1.5 Is die ontspanningfasiliteit by F in blok D2 intersigbaar vanaf punt G
in blok D3? (1 x 1) (1)
3.1.6 Bereken die magnetiese deklinasie vir 2022. Die verskil in jaar is
6 jaar en die jaarlikse verandering is 9' weswaarts. (3 x 1) (3)
3.2 KAARTINTERPRETASIE
3.2.1 Die wind wat snags in blok C2 op die ortofotokaart waai, is 'n ...
wind.
A anabatiese
B vallei-
C katabatiese
D helling- (1 x 1) (1)
Verwys na blok D4 op die ortofotokaart.
3.2.2 (a) Watter tyd van die dag (oggend/middag) is die foto geneem?
(1 x 1) (1)
(b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a). (1 x 2) (2)
3.2.3 Gee 'n klimatologiese rede vir die groot aantal standhoudende
waterbronne (damme) en vore wat op die topografiese kaart
aangetref word. (1 x 2) (2)
Verwys na rivier H in blok B1 op die topografiese kaart.
3.2.4 (a) Rivier H in blok B1 vloei oor die algemeen in 'n noordoostelike
(1 x 1)
rigting. Gee kaartbewyse om hierdie stelling te ondersteun.
(1 x 1) (1)
(b) Gee bewyse waarom die tipe vloei van rivier H met laminêre
vloei geassosieer word. (1 x 2) (2)
3.2.5 Die dreineringspatroon I wat omkring is in blokke C3 en D3 op die
topografiese kaart is ...
A tralies.
B dendrities.
C radiaal.
D reghoekig. (1 x 1) (1)
3.2.6 Beskryf die onderliggende gesteentestruktuur wat vir die
dreineerpatroon (antwoord op VRAAG 3.2.5) verantwoordelik is.
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 19 DBE/November 2022
NSS
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die foto hieronder wat 'n omgewingskwessie in blok C2 op die
topografiese kaart toon.
[Bron: https://ucanr.edu/blogs/blogcore/postdetail.cfm?postnum=5574]
3.3.1 Watter simbool verteenwoordig die omgewingskwessie wat in die
foto uitgebeeld word?
A B
C D
(1 x 1) (1)
3.3.2 Klassifiseer die foto as óf primêre óf sekondêre data. (1 x 1) (1)
3.3.3 Gee 'n rede vir die hoë resolusie van die foto. (1 x 1) (1)
3.3.4 Hoe sal die hoë resolusie van die foto 'n GIS-spesialis help om 'n
oplossing te vind vir die omgewingskwessie wat uitgebeeld word
(antwoord op VRAAG 3.3.1)? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 20 DBE/November 2022
NSS
Verwys na die skets hieronder van die infrastruktuur-datalaag in blok C3 op
die ortofotokaart.
Infrastruktuur-datalaag
SLEUTEL
Ander pad
3.3.5 Identifiseer die ontbrekende infrastruktuur-datalaag wat op die skets
uitgesluit is (nie aangedui nie). (1 x 1) (1)
3.3.6 Gebruik die korrekte verwysingsimbool, teken die skets oor
en voeg die infrastruktuur-datalaag by wat in VRAAG 3.3.5
geïdentifiseer is. (2 x 1) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a9fc8224-0596-43ea-897e-9b4730291373/v1-4015aa54a8e10b791a04/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum