Skip to content

Geography Grade 12 P1 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)

AddendumGeographyGrade 12202111 pages

Grade 12 Geography Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GEOGRAFIE V1 2021 BYLAE Hierdie bylae bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 2 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 1.1: STEDELIKE HITTE-EILAND-EFFEK GEDURENDE DIE DAG EN NAG [Aangepas uit USA 2020, https://www.epa.gov/heatislands/learn-about-heat-island] FIGUUR 1.3: MIDDELBREEDTESIKLONE MIDDELBREEDTESIKLONE OOR DIE WES-KAAP Suid-Afrika is een van 'n handjievol lande wat winterreënval in sekere gebiede en somerreënval in ander gebiede ontvang. Die suidwestelike punt van die land het 'n Mediterreense klimaat met warm, droë somers en koel, nat winters. Dit is as gevolg van middelbreedtesiklone wat in die winter verder noord migreer en die kant van die kouefront-arm toelaat om dwarsoor die mees suidelike deel van die land te skuif. Dit veroorsaak frontale winterreënval oor die Wes-Kaap. Die beweging van die kouefront oor die Wes-Kaap word oor die algemeen met 'n verskeidenheid weerstoestande geassosieer. Hierdie siklone kan 'n positiewe of negatiewe impak op toerisme hê. [Bron: Eksaminator se uittreksel] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 3 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 1.4: HELLINGASPEK [Aangepas uit https://www.pmfias.com/temperature-distribution-earth-heat-budget-heat-balance] FIGUUR 1.5: DREINERINGSDIGTHEID [Aangepas uit www.civiltee.hu.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 4 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 1.6: STROOMROOF [Aangepas uit https://www.google.com/search?sxsrf=ALeKk03lP8i1JV- ib25usPsiaZj8KuPD4g:1613590555668&source=univ&tbm=isch&q=river+capture+diagram&sa] FIGUUR 2.2: LAMINÊRE EN TURBULENTE VLOEI VAN 'N RIVIER A B LAMINÊR TURBULENT [Bron: bing.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 5 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 2.3: SINOPTIESE WEERKAART [Bron: www.weathersa.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 6 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 2.4: SUID-AFRIKAANSE BERGWINDE BERGWINDE IN KWAZULU-NATAL Blog een Ons ervaar sedert Sondag bergwindtoestande in KwaZulu-Natal. Hierdie winde word veroorsaak deur 'n hoogdrukstelsel wat oor die binneland van Suid-Afrika voorkom en dit forseer lug oor die eskarp en teen die lykant van die Drakensberge af. Temperature kan binne 'n paar uur tot so hoog as dertig grade Celsius styg. Hierdie winde kan snelhede bereik wat wissel van 10 km per uur tot 100 km per uur en dit kan groot verwoesting saai. Blog twee Sondag was die wind baie sterk en temperature het gister en vandag hier in ons distrik vanaf die middel tiene tot die hoë twintigs gestyg. Hierdie tyd van die jaar staan ook in KZN as die brandseisoen bekend. Hierdie warm, droë winde is baie bevorderlik vir brande. 'n Vuur wat deur 'n bergwind van 100 km per uur aangedryf word, is onkeerbaar. Geen boer kan dit waag om sy plaas gedurende hierdie tyd te verlaat nie, aangesien 'n vuur sy lewenslange werk kan verwoes. [Aangepas uit drakensviewblogspot.com] FIGUUR 2.5: DREINERINGSPATRONE [Bron: https://www.bing.com/search?q=drainage+patterns&form] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 7 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 2.6: FLUVIALE LANDVORME [Bron: https://www.bing.com/search?q=fluvial landforms+&form] FIGUUR 3.3: GRONDHERVORMING GRONDHERVORMING SORG VIR VERNUWING Grondhervorming het die potensiaal om, veral in landelike gebiede, nuwe lewe in die ekonomie te blaas deur werkloosheid te verminder en om voorheen benadeelde boere die geleentheid te gun om kommersiële boere te word. Dit het verder die kapasiteit om sosiale onrus te verminder deur die historiese en groot gaping tussen wit en swart grondeienaarskap te verminder. Ten spyte van samesprekings oor die belangrikheid daarvan sedert die 30%-herverdelingsteiken in 1996 gestel is, was grondhervorming nooit 'n politieke prioriteit nie. In plaas daarvan was dit in omstredenheid (geskille) gehul, met miljoene rand wat as gevolg van verskillende redes op mislukte projekte verkwis is. Hierdie redes strek van 'n onbekwame regering tot 'n tekort aan vaardighede en 'n gebrek aan besigheids- en finansiële ondersteuning. Daar heers selfs onsekerheid oor die hoeveelheid hektaar wat oorgedra is. Die regering het verlede jaar aangevoer dat daar nog 'n lang pad voorlê. Daar word geskat dat daar sedert 1994 'n totaal van 17,4 miljoen hektaar wat onder wit eienaarskap was, oorgedra is. Dit is gelykstaande aan 21% van die 82,8 miljoen hektaar wat in Suid- Afrika vir boerdery gebruik word. [Aangepas uit https://www.farmersweekly.co.za/agri-business/empowerment/lessons-learnt-from-land- reform/] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 8 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 3.4: VERSTEDELIKING SUID-AFRIKA SE VERSTEDELIKINGSDATA (Bevolking in duisende) BEVOLKING 1950 2014 2050 Stedelik 5,778 (42,2%) 34,167 (64,3%) 49,102 (77,4%) Landelik 7,905 (57,8%) 18,972 (35,7%) 14,304 (22,6%) Totaal 13,683 53,139 63,405 [Bron: https://businesstech.co.za/news/general/62749/sa-population-flocking-to-cities/] FIGUUR 3.5 GOUDMYNBOU IN SUID-AFRIKA INLIGTING OOR GOUDMYNBOU  Die Witwatersrand-kom bly die wêreld se grootste goudbron.  Goud se winste het van 2018 tot 2019 met 3,7% toegeneem, van R70 miljard tot R72,6 miljard.  Goudproduksie het van 2018 tot 2019 van 117 ton tot 101,3 ton afgeneem.  As gevolg van die huidige goudprys is meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse goudmynbounywerheid marginaal (maak minimale winste).  Suid-Afrikaanse goud is slegs verantwoordelik vir 4,2% van die globale goudproduksie.  Werksgeleenthede in die goudsektor het met verloop van tyd afgeneem.  Die goudnywerheid verskaf tans werk aan 95 130 mense in vergelyking met 100 189 mense in 2018.  Totale werknemerverdienste het van R15,9 miljard in 2008 tot R24,3 miljard in 2019 toegeneem. [Aangepas uit https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 9 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 3.6: PLATINUM-RUIMTELIKEONTWIKKELINGSINISIATIEF (ROI) Die Platinum-Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (Platinum-ROI) is in Noordwes, Suid-Afrika, geleë. Hulle doelwit is om al die gebiede langs die N4-snelweg, wat Suid-Afrika se digsbevolkte gebiede met Lobatse in Botswana verbind, te ontwikkel. Die ontwikkeling van nodes langs die logistieke korridor het ten doel om ekonomiese ontwikkeling te stimuleer. Rustenburg sal voordeel trek uit die verhoogde verkeer langs hierdie roete, wat uiteindelik Namibië en Mosambiek sal verbind. [Aangepas uit https://www.brandsouthafrica.com/investments- investing-in-north-west-province] FIGUUR 4.3: STEDELIKE GRONDGEBRUIKSONES [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=urban%20land%20use %20zones&tbm=isch&hl] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 10 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 4.4: STEDELIKE NEDERSETTINGKWESSIES: INFORMELE NEDERSETTINGS [Bron: Collart Hervé | Credit: Sygma via Getty Images] FIGUUR 4.5: VOEDSELSEKERHEID DIE MATE VAN VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA Terwyl Suid-Afrika op nasionale vlak van voedsel seker is, is die land nog steeds onseker van voedsel op huishoudelike vlak omdat nie alle huishoudings toegang tot genoeg voedsel het nie. Arm huishoudings het 'n tekort aan geld om voedsel te koop en is nie in staat om hulle eie voedsel te produseer nie. Hierdie huishoudings het ook nie die vermoë om werk te verseker of om 'n inkomste te genereer nie. 'n Tipiese kenmerk van arm huishoudings is dat daar min mense is wat 'n inkomste verdien met baie afhanklikes, en hulle is veral kwesbaar vir ekonomiese skokke. Volgens die verslag is meer as die helfte van die huishoudings met jong kinders wat honger is, is in stedelike gebiede. Die betrokkenheid van huishoudings by landbou- aktiwiteite vir bestaansboerdery speel 'n belangrike rol om die kwesbaarheid as gevolg van honger te verminder. Die resultate toon dat sowat 2,5 miljoen huishoudings (15,6%) uit 16,2 miljoen huishoudings in Suid-Afrika by landbou-aktiwiteite betrokke was. Alhoewel die hoofbron van inkomste in landelike huishoudings welsynstoelae was, het die meeste huishoudings wat by landbou-aktiwiteite betrokke was, bevestig dat die hoofrede vir hul betrokkenheid was om voedsel vir die huishouding aan te vul. [Ekonomiese skok: 'n Onvoorspelbare gebeurtenis wat die ekonomie positief of negatief beïnvloed] [Aangepas uit http://www.statssa.gov.za/?p=12135] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geografie/V1 11 DBE/2021 SS/NSS (Bylae) FIGUUR 4.6: PORT ELIZABETH-UITENHAGE (NELSON MANDELA-METROPOOL)- KERNNYWERHEIDSTREEK Port Elizabeth is die sentrum van die outomobielnywerheid in Suid-Afrika. Volkswagen en Ford het aanlegte in die stad. Daar is verder baie motoronderdeelvervaardigers in die stad. Globalisering het hierdie vervaardigers geforseer om mededinger in die wêreld te word, en, in baie gevalle, om 'n rol in die globale strategie van hulle moedermaatskappy te speel. [Globalisering: verbinding van die ekonomieë van die wêreld] [Bron: http://www.isocarp.net/Data/case_studies/cases/cs01_4568/gmpaper.htm] Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all