Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GEOGRAFIE V1
2015
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n bylae van 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 377.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology14 marks
- Question 1.6Geomorphology16 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.4Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Nommer die antwoorde in die MIDDEL van die reël.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n stadium in die ontwikkeling van 'n
middelbreedte-sikloon aantoon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen
hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 'n Middelbreedte-sikloon staan ook as 'n
(kuslaagdruk/ekstratropiese sikloon) bekend.
1.1.2 Die middelbreedte-sikloon in FIGUUR 1.1 ontwikkel in die
(Suidelike/ Noordelike) Halfrond.
1.1.3 'n Middelbreedte-sikloon is 'n (hoog/laag)-drukstelsel.
1.1.4 Die stadium van ontwikkeling wat in FIGUUR 1.1 voorgestel word,
is die (golf-/volwasse) stadium.
1.1.5 'n Middelbreedte-sikloon beweeg in 'n (oostelike/westelike) rigting.
1.1.6 In die (somer/winter) het 'n middelbreedte-sikloon 'n groter invloed
in Suid-Afrika.
1.1.7 Lyn A is die (40°/60°)-breedtegraad. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/2015
SSE
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die verlenging van die stroom by sy A watertafel
oorsprong as gevolg van die erosie
van die waterskeiding B dendrities
1.2.2 Rivier in 'n nat klimaat waar die reënval C dreineerpatroon
die verdampingstempo oorskry
D terugwaartse erosie
1.2.3 'n Snit van 'n rivier wat reghoekig met
die rivier oor die vallei geteken is E dwarsprofiel
1.2.4 Die dreineerpatroon wat deur F tralie
plooiberge gevorm word
G episodiese rivier
1.2.5 Kom voor wanneer die posisie van 'n
waterskeiding verander as gevolg van H abstraksie
'n meer energieke stroom wat parallel
langs 'n minder energieke stroom vloei I permanente rivier
1.2.6 'n Dreineerpatroon wat met 'n
eenvormige onderliggende
rotsstruktuur geassosieer word
1.2.7 Die boonste vlak van die
versadigingsone in die onderliggende
rotsstruktuur
1.2.8 Die rangskikking van strome en riviere
in 'n dreineerbekken
(8 x 1) (8)
1.3 Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3 om die vrae hieronder te
beantwoord.
1.3.1 Identifiseer hoogdruksel A. (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer front B. (1 x 1) (1)
1.3.3 Gee die lugdruk by A. (1 x 1) (1)
1.3.4 Watter bewys in gebied C toon dat sterk winde ervaar word? (1 x 2) (2)
1.3.5 Gee 'n rede vir die wolkbedekking oos van die hittelaagdruk. (1 x 2) (2)
1.3.6 Behalwe vir die datum, watter bewyse dui daarop dat dit 'n somer
sinoptiese weerkaart is? (1 x 2) (2)
1.3.7 Met verwysing na die Suid-Indiese (Mauritius) Hoogdruk wat oos van
Durban voorkom, verduidelik die weerstoestande wat in Durban
ervaar word. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/2015
SSE
1.4 FIGURE 1.4 toon die ontwikkeling van 'n bewegende versteuring wat as 'n
lyndonderstorm bekend staan.
1.4.1 Noem die seisoen waartydens lyndonderstorms voorkom. (1 x 1) (1)
1.4.2 Noem die TWEE hoogdrukstelsels wat vir die ontwikkeling van
lyndonderstorms verantwoordelik is. (2 x 1) (2)
1.4.3 Noem TWEE weerstoestande wat met lyndonderstorms geassosieer
word. (2 x 1) (2)
1.4.4 Gee 'n rede vir die verskuiwing van die Kalahari-hoogdruksel tydens
'n lyndonderstorm. (1 x 2) (2)
1.4.5 Evalueer die impak van lyndonderstorms op boere in die binneland
van Suid-Afrika in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls. (4 x 2) (8)
1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat geërfde dreinering (A) en antesedente
dreinering (B) toon.
1.5.1 Onderskei tussen geërfde dreinering en antesedente dreinering.
(2 x 1) (2)
1.5.2 Gee EEN rede waarom geërfde dreinering nie van loop verander
nie. (1 x 2) (2)
1.5.3 Noem EEN unieke kenmerk wat met die vloeipatrone van geërfde
en antesedente dreinering geassosieer word. (1 x 2) (2)
1.5.4 Identifiseer die tektoniese krag wat met die opheffing van die
oppervlak in diagram B geassosieer word. (1 x 2) (2)
1.5.5 Gee die verhouding tussen die tempo van inkerwing en tektoniese
opheffing in antesedente dreinering. (1 x 2) (2)
1.5.6 Verduidelik waarom die geïllustreerde landskappe nie vir menslike
bewoning geskik is nie. (2 x 2) (4)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n vereenvoudigde skets van stroomroof naby die
Pungweravyn in Mpumalanga toon.
1.6.1 Pas die volgende stroomroofverskynsels by letters A, B, C of D:
(a) Verarmde/Beroofde stroom (1 x 1) (1)
(b) Windsaal (1 x 1) (1)
(c) Roofelmboog (1 x 1) (1)
1.6.2 Noem EEN kenmerk van die verarmde/beroofde stroom. (1 x 1) (1)
1.6.3 Verduidelik hoe stroomroof tot die verjonging van die Pungwerivier
gelei het. (2 x 2) (4)
1.6.4 Beskryf in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe
impak van stroomroof op mense wat langs die oewers van die
Nyakupingarivier woon. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/2015
SSE
VRAAG 2
2.1 Dui aan of elk van die stellings hieronder na 'n HOOGDRUKSEL of 'n
LAAGDRUKSEL verwys.
2.1.1 Die lugdruk verhoog uitwaarts.
2.1.2 Winde konvergeer na binne-in die lugdruksel.
2.1.3 Die lugsirkulasie is kloksgewys in die Noordelike Halfrond.
2.1.4 Hierdie lugdruksel staan ook as 'n antisikloon bekend.
2.1.5 Hierdie lugdruksel word met dalende lug geassosieer.
2.1.6 Hierdie lugdruksel word met 'n dun lagie lug waarin temperatuur met
hoogte toeneem, geassosieer.
2.1.7 Winde divergeer uit hierdie lugdruksel uit.
2.1.8 Hierdie lugdruksel word met stabiele weerstoestande geassosieer.
(8 x 1) (8)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat 'n rivierprofiel van 'n Suid-Afrikaans rivier van sy
oorsprong tot sy monding illustreer. Verskeie basisvlakke van erosie word in
die rivierprofiel aandui.
2.2.1 Identifiseer die tipe rivierprofiel in die diagram.
2.2.2 Toon die rivierprofiel 'n GEGRADEERDE profiel of 'n
ONGEGRADEERDE profiel?
2.2.3 In watter loop van die rivier het die waterval ontwikkel?
2.2.4 Sal verjonging stroomop of stroomaf van die knakpunt plaasvind?
2.2.5 Noem die permanente erosiebasisvlak wat in FIGUUR 2.2 sigbaar
is.
2.2.6 Noem 'n tydelike erosiebasisvlak wat in FIGUUR 2.2 sigbaar is.
2.2.7 Sal die waterval STROOMOP of STROOMAF beweeg? (7 x 1) (7)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat die baan van 'n tropiese sikloon in die
Mosambiekkanaal toon.
2.3.1 In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone? (1 x 1) (1)
2.3.2 Die Coriolis-krag is amper nul tussen 0° en 5° suid en noord van die
ewenaar. Hoe sal dit die punt van oorsprong van 'n tropiese sikloon
beïnvloed? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/2015
SSE
2.3.3 Gee die duur van die tropiese sikloon IN figuur 2.3 in dae. (1 x 2) (2)
2.3.4 Gebruik die skaal wat voorsien is en bepaal die geraamde afstand
van hierdie sikloon se pad tussen 20 Januarie en 31 Januarie.
(1 x 2) (2)
2.3.5 Waarom volg tropiese siklone 'n onreëlmatige/wisselvallige pad?
(2 x 2) (4)
2.3.6 'n Skip by A is in die gevaarlike semisirkel van die tropiese sikloon
vasgevang. Voorspel die gevolge vir dié skip wat vasgevang is ten
opsigte van die veilige lewering van sy vrag in die Durban-hawe.
(2 x 2) (4)
2.4 FIGUUR 2.4 illustreer valleiklimate.
2.4.1 Identifiseer wind A. (1 x 1) (1)
2.4.2 Verduidelik waarom hierdie wind snags voorkom. (2 x 2) (4)
2.4.3 Gee EEN rede waarom die warm luglaag by B halfpad teen die
helling op geleë is. (1 x 2) (2)
2.4.4 Verduidelik die impak van die warm luglaag by B op menslike
aktiwiteite in die vallei in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls.
(4 x 2) (8)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat verskynsels van rivierverjonging toon.
2.5.1 Definieer die term rivierverjonging. (1 x 1) (1)
2.5.2 Identifiseer die verskynsels van rivierverjonging in diagram A en
diagram B. (2 x 1) (2)
2.5.3 Waarop dui 'n knakpunt in die loop van 'n verjongde rivier? (1 x 2) (2)
2.5.4 Noem die impak van rivierverjonging op die dwarsprofiel van 'n
rivier. (1 x 2) (2)
2.5.5 Verduidelik waarom 'n ravyn ontwikkel waar 'n rivier verjong is.(2 x 2) (4)
2.5.6 Verduidelik waarom verjongde riviere toeriste lok. (2 x 2) (4)
2.6 FIGUUR 2.6 is 'n foto wat besoedeling langs 'n gedeelte van die Umgenirivier
toon.
2.6.1 Watter bewyse dui daarop dat besoedeling langs hierdie gedeelte
van die rivier voorkom? (3 x 1) (3)
2.6.2 Bespreek die impak van besoedelde water op die bestaan van
mense wat op die oewers van die Umgenirivier woon. (2 x 2) (4)
2.6.3 Stel strategieë voor (in ongeveer AGT reëls) wat ingestel kan word
om besoedeling langs die Umgenirivier te verminder. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/2015
SSE
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1. Dui aan of elk van die volgende stellings na
NEDERSETTINGSTIPE A of NEDERSETTINGSTIPE B verwys.
3.1.1 Hierdie nedersetting is 'n droëpuntnedersetting.
3.1.2 Die moontlikheid van oorstromings is 'n gevaar vir hierdie
nedersetting.
3.1.3 Hierdie nedersetting is op hoogliggende grond geleë.
3.1.4 Hierdie nedersetting het 'n verspreide patroon.
3.1.5 Hierdie nedersetting is op die vloedvlakte geleë.
3.1.6 Hierdie nedersetting het rofweg 'n lineêre patroon.
3.1.7 Hierdie nedersetting leen hom tot grootskaalse boerdery.
3.1.8 Hierdie nedersetting is 'n kernnedersetting. (8 x 1) (8)
3.2 Lees die volgende stellings en kies die geskikte woord(e) tussen hakies om
die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) en die
antwoord neer.
3.2.1 Die waarde van alle goedere, produkte of dienste wat vir 'n tydperk
van 'n jaar binne die landsgrense vervaardig word, staan as die
(bruto binnelandse produk/bruto nasionale produk) bekend.
3.2.2 Landbou is 'n baie belangrike verskaffer van grondstowwe aan die
(sekondêre/tersiêre) ekonomiese sektor.
3.2.3 'n Beplande strategie om nywerhede weg van oorgekonsentreerde
gebiede te verskuif, staan as (dekonsentrasie/desentralisasie)
bekend.
3.2.4 Die versigtige gebruik van hulpbronne om sosiale en ekonomiese
ontwikkeling vir toekomstige geslagte in stand te hou, staan as
(volhoubare ontwikkeling/heropbou en ontwikkeling) bekend.
3.2.5 'n Ruimtelike gebied wat geïdentifiseer is om nywerheids-
ontwikkeling en verwante ekonomiese aktiwiteite net buite die
kernpunt te lok, word 'n (vragverbrekings/groei)-punt genoem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/2015
SSE
3.2.6 Die finansiële ondersteuning wat deur die regering verskaf word om
produksiekoste in die sekondêre sektor te verlaag, word
(subsidies/tariewe) genoem.
3.2.7 (Invoere/Uitvoere) is goedere wat in 'n land ingebring word. (7 x 1) (7)
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n landelike nedersettingspatroon toon.
3.3.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3. (1 x 1) (1)
3.3.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1 x 1) (1)
3.3.3 Identifiseer die primêre ekonomiese aktiwiteit waarby die meeste
mense wat in hierdie nedersetting woon, betrokke sal wees. (1 x 1) (1)
3.3.4 Noem TWEE moontlike standplaasfaktore wat mense beïnvloed het
om in hierdie nedersetting te woon. (2 x 2) (4)
3.3.5 Swak boerderymetodes het tot laer opbrengste in die geïllustreerde
landskap gelei.
Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die impak van
swak boerderymetodes op die ekonomie en landelike ontvolking
ontleed. (4 x 2) (8)
3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4 wat grondgebruik in 'n Suid-Afrikaanse stad aantoon
en beantwoord dan die vrae.
3.4.1 Benoem grondgebruiksone A. (1 x 1) (1)
3.4.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (2 x 1) (2)
3.4.3 Gee 'n gepaste term om gebied B mee te beskryf. (1 x 2) (2)
3.4.4 Gee TWEE kenmerke van die grondgebruiksone wat in VRAAG 3.4.3
genoem is. (2 x 2) (4)
3.4.5 Waarom is die grondgebruiksone in gebied B geneig om onwettige
immigrante na die stad te lok? (2 x 2) (4)
3.4.6 Verduidelik die moontlike hoë grondwaardes in gebied B. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/2015
SSE
3.5 Lees in FIGUUR 3.5 die uittreksel uit 'n artikel wat op voedselonsekerheid
gebaseer is.
3.5.1 Definieer die term voedselonsekerheid. (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem TWEE groepe mense wat, volgens die artikel, die
kwesbaarste vir voedselonsekerheid in landelike gebiede is. (2 x 1) (2)
3.5.3 Noem EEN fisiese faktor wat tot voedselonsekerheid bydra. (1 x 2) (2)
3.5.4 Noem EEN sosio-ekonomiese faktor wat tot voedselonsekerheid
bydra. (1 x 2) (2)
3.5.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maatreëls
voorstel wat ingestel kan word om Suid-Afrika se voedselsekerheid
te verseker. (4 x 2) (8)
3.6 Bestudeer die kaart in FIGUUR 3.6 wat 'n kernnywerheidstreek in
Suid-Afrika aantoon. Beantwoord die vrae wat volg.
3.6.1 Benoem die nywerheidstreek wat in FIGUUR 3.6 getoon word.
(1 x 1) (1)
3.6.2 Noem TWEE belangrike nywerheidsaktiwiteite wat in hierdie streek
domineer. (2 x 1) (2)
3.6.3 Lewer kommentaar op die tipes grondstowwe wat beskikbaar is om
die nywerheidsaktiwiteite in VRAAG 3.6.2 te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.6.4 Hoe pak hierdie streek sy waternood-probleem aan? (2 x 2) (4)
3.6.5 Ontleed hierdie streek se toeganklikheid vir internasionale markte in
vergelyking met ander nywerheidstreke in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 4
4.1 Kies 'n begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 4.1.8 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 'n Stelsel waarvolgens stedelike A stedelike morfologie
gebiede volgens grootte en funksies
rangskik word B stedelike uitspreiding
4.1.2 Beweging van mense van stedelike C landelik-stedelike
na landelike gebiede oorgangsone
4.1.3 Die sy-aansig van 'n stad D stedelike hiërargie
4.1.4 Vormlose uitbreiding van stedelike E stedelike profiel
gebiede in die omliggende landelike
gebiede in F teenverstedeliking
4.1.5 Die veroudering, verval en G stedelike verval
agteruitgang van geboue in die
middestad H landelik-stedelike
migrasie
4.1.6 Die buitelynvorm van 'n stedelike
gebied
4.1.7 Die sone aan die buitewyke van 'n
stad waar stedelike en landelike
funksies met mekaar vermeng
(7 x 1) (7)
4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 A.
4.2.1 Hoë-orde-funksies en diensnywerhede is 'n voorbeeld van die ...
ekonomiese sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
4.2.2 Die bydrae van die landbousektor se bydrae tot die BBP (bruto
binnelandse produk) het afgeneem as gevolg van ...
A die lae produksiekoste van landbougewasse.
B 'n toename in die uitsette van sekondêre en tersiêre aktiwiteite.
C meganisasie wat die aantal plaaswerkers verminder.
D verbeterde klimaatstoestande.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/2015
SSE
4.2.3 Die plaaslike mark waar produkte in Suid-Afrika vervaardig en
verkoop word:
A Tuismark
B Invoermark
C Internasionale mark
D Uitvoermark
4.2.4 'n Voorbeeld van 'n toegevoegdewaarde-produk:
A Mielies
B Sojabone
C Gedroogde vrugte
D Sonneblomsaad
4.2.5 Wisselende mineraalpryse in Suid-Afrika word deur ... veroorsaak.
A buitelandse wisselkoerse
B verbeterde infrastruktuur
C beperkte beskikbaarheid van mineraalreserwes
D swak werksomstandighede
4.2.6 Die vernaamste vervaardigingsnywerheid in die Suidwestelike Kaap:
A Yster- en staalproduksie
B Inmaak van vis
C Motorvoertuigmontering
D Suikerraffinering
4.2.7 'n Nywerheid wat enige plek gevestig kan word, staan as 'n ...
nywerheid bekend.
A vragverbrekingspunt-
B grondstofgeoriënteerde
C brug-
D alomteenwoordige
4.2.8 Die enigste nywerheidstreek in Suid-Afrika wat in die binneland
geleë is:
A Suidwestelike Kaap
B PWV/Gauteng
C Port-Elizabeth-Uitenhage
D Durban-Pinetown (8 x 1) (8)
4.3 Die drempelbevolking wat vir 'n diens benodig word, word deur die orde van
die diens bepaal.
4.3.1 Definieer die begrip drempelbevolking. (1 x 1) (1)
4.3.2 Noem die verskil tussen reikwydte en invloedsfeer. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/2015
SSE
4.3.3 Die inkopiepatrone van mense word bepaal deur die orde van die
diens wat hulle benodig.
(a) Gee 'n voorbeeld van 'n hoë-orde-diens. (1 x 1) (1)
(b) Waarom, dink jy, is mense bereid om groter afstande te reis vir
die hoë-orde-diens in VRAAG 4.3.3(a)? (1 x 2) (2)
(c) Waarom sal 'n hoë-orde-diens 'n groot drempelbevolking
benodig? (1 x 2) (2)
4.3.4 Die ontwikkeling van 'n streekswinkelsentrum aan die buitewyke van
die stad sal die invloedsfeer van die stad verander.
Beskryf hierdie verandering en verduidelik die moontlike
ekonomiese voordele vir die stad in 'n paragraaf van ongeveer AGT
reëls. (4 x 2) (8)
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat globale verstedelikingstendense aantoon.
4.4.1 Definieer die begrip verstedeliking. (1 x 1) (1)
4.4.2 In watter jaar het die globale stedelike bevolkingsyfer die globale
landelike bevolkingsyfer verbygesteek? (1 x 1) (1)
4.4.3 Gee TWEE trekfaktore vir die geprojekteerde toename in die
stedelike bevolking. (2 x 1) (2)
4.4.4 Die grafiek toon dat die landelike bevolking afneem.
Verduidelik hierdie neiging deur na natuurlike bevolkingsgroeifaktore
te verwys. (2 x 2) (4)
4.4.5 Bespreek die impak van landelik-stedelike migrasie op die
uitbreiding van informele nedersettings in stede. (3 x 2) (6)
4.5 Bestudeer die tabel in FIGUUR 4.5 wat seisoenale verkope van minerale in
Suid-Afrika toon.
4.5.1 Watter mineraal toon die laagste seisoenale verkope van Julie tot
September 2014? (1 x 1) (1)
4.5.2 Watter mineraal toon die laagste seisoenale verkope van Oktober
tot Desember 2014? (1 x 1) (1)
4.5.3 Meer steenkool is van Oktober tot Desember 2014 verkoop as van
Julie tot September 2014. Gee TWEE moontlike redes vir hierdie
tendens. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/2015
SSE
4.5.4 Bespreek TWEE faktore wat die mynboubedryf in Suid-Afrika
bevoordeel. (2 x 2) (4)
4.5.5 Bespreek die belangrikheid van die mynboubedryf vir ekonomiese
ontwikkeling in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6 wat indiensneming in die formele en informele sektore
toon.
4.6.1 Beskryf die tendense wat jy onderskeidelik in die formele en
informele sektore van indiensneming tussen 2004 en 2012 opmerk.
(2 x 1) (2)
4.6.2 Waarom is die ekonomiese bydrae van die informele sektor nie by
die BBP ingesluit nie. (1 x 2) (2)
4.6.3 Verduidelik hoe plaaslike munisipaliteite informele handelaars kan
ondersteun om hulle werksomstandighede te verbeter. (2 x 2) (4)
4.6.4 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe informele
handel die formele sektor van Suid-Afrika se ekonomie beïnvloed.
(4 x 2) (8)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum