Skip to content

Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 11201817 pages

Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 75 TYD: 1½ uur NAAM: PUNTE HVD GROEP PROVINSIAAL V1 15 V2 20 V3 25 V4 15 TOTALE MOD. PUNTE 75 75 Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende 1 bladsye vir rofwerk en berekeninge.
2 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) BRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit die topografiese kaart 2926AB MASELSPOORT. 2. Ortofotokaart 2926 AB 6 MASELSPOORT. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur die skole vir hulle eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM en VAN in die spasies wat op die voorblad voorsien word. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2926AB MASELSPOORT) en ʼn ortofotokaart (2926 AB 6 MASELSPOORT), van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die maateenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan. Maak seker dat eenhede regdeur ALLE berekeninge en finale antwoord onderhou word. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik. 9. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Engelse woorde en hul Afrikaanse vertalings verskyn hieronder. ENGLISH AFRIKAANS Landing strip Landingstrook/Aanloopbaan Furrow Voor Caravan Park Karavaanpark Canal Kanaal Sewerage works Rioolwerke Golf Course Gholfbaan Excavation Uitgrawing Nature reserve Natuurreservaat Rifle Range Skietbaan Aerodrome Vliegveld Communication tower Kommunikasietoring Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING OOR MASELSPOORT Maselspoort is ʼn dorp in Mangaung in die Vrystaatse provinsie, Suid-Afrika. Maselspoort is op die oewers van die Modderrivier, 23 km vanaf Bloemfontein, geleë. Maselspoort ontvang gewoonlik ongeveer 540 mm reën per jaar, met die meeste reënval wat hoofsaaklik gedurende die middel van die somer voorkom. Mesas, buttes en koniese heuwels omring die landskap. Dit is ʼn gewilde vakansieoord van Bloemfontein sedert die 1930’s. As ʼn vissers-paradys, bied Maselspoort verskie ontspanningfasiliteite aan. Koördinate: 29°01'40" S 26°24'11" O / 29°01,6' S 26°24,1' O. [Aangepas uit https://en.m.wikipedia.org] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hier onder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2926AB MASELSPOORT) sowel as die ortofotokaart (2926 AB 6 MASELSPOORT) van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer. 1.1 Die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart suidoos van Maselpoort is … A 2926 AC. B 2926 AD. C 2926 BC. D 2826 DC. 1.2 Grondwater word rondom Maselspoort vir landboudoeleindes gebruik. Een bewys om die gebruik van grondwater te bevestig, is die teenwoordigheid van ... A windpompe. B damme. C riviere. D krane. 1.3 Die spoorlyn (blok A5) gaan deur ʼn … A saal. B ravyn. C poort. D kloof. 1.4 Die vloeirigting van die Bloemspruit/Bloemrivier in blok H3 is … A suid. B oos-noordoos. C noordoos. D suid-noordwes. 1.5 Die kontoerinterval van die ortofotokaart is … meter. A 5 B 10 C 15 D 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 5 1.6 Die landvorm wat B (blok C2), op die topografiese kaart gemerk is, is ʼn … A plato. B cuesta. C mesa. D koniese koppie. 1.7 Die benaderde tyd wat die ortofoto geneem is, sal … wees. A tussen 08:00–10:00 B tussen 11:00–13:00 C tussen 14:00–17:00 D tussen 17:00–19:00 1.8 Die verskynsel wat C in blok F3, merk is, is ʼn … A windpomp. B kommunikasietoring. C graf. D monument. 1.9 Die mensgemaakte verskynsel by 1 op die ortofotokaart is ʼn … A skool. B begraafplaas. C gholfbaan. D hospitaal. 1.10 Die landvorm tussen 9 en 10 op die ortofotokaart is ʼn … A poort. B uitloper. C kloof. D vallei. 1.11 Die ligging (koördinate) van die De Bloem stasie gemerk D (blok E1) is … A 29°05'00"S 26°02'12"O / 29°05,0'S 26°02,2'O. B 26°15'52"O 29°04'45"S / 26°15,9'O 29°04,8'S. C 29°04'45"O 26°28'36"S / 29°04,8’O 26°28,6’S. D 29°04'45"S 26°15'52"O / 29°04,8'S 26°15,9'O. 1.12 Die ware peiling van punthoogte 1402 in blok D2 vanaf trigonometriese stasie 171 in blok F5 is … A 129°. B 309°. C 38°. D 116°. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 1.13 Die skaal van die ortofotokaart is … as die skaal van die topografiese kaart. A 5 keer kleiner B 5 keer groter C 40 keer groter D 40 keer kleiner 1.14 Maselspoort is … vanaf Bloemfontein. A 5 km B 13 km C 23 km D 40 km 1.15 Die spoorlyn wat F op die topografiese kaart gemerk is, gaan vanaf De Bloem-stasie D (blok E1) na Glen onder … brûe deur. A 0 B 1 C 2 D 3 (15 x 1) (15) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 7 VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 Verwys na die onderstaande deursnit vanaf 4 tot 5 op die ortofotokaart en beantwoord die vrae wat volg. Die vertikale skaal vir die dwarssnit is 1 cm verteenwoordig 5 m. [Bron: Eksaminator se uittreksel] 2.1.1 Benoem landvorm X op die bostaande dwarssnit. (1 x 1) (1) 2.1.2 (a) Identifiseer die hellingtipe wat Y op die dwarsprofiel gemerk is. (1 x 1) (1) (b) Verwys na ortofotokaart bewyse om jou antwoord in VRAAG 2.1.2 (a) te motiveer. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 2.1.3 (a) Benoem die mensgemaakte verskynsel Z tussen punte 4 en 5. (1 x 1) (1) (b) Die hoogte waarop die verskynsel wat in VRAAG 2.1.3 (a) geïdentifiseer is. (1 x 1) (1) 2.1.4 Bereken die vertikale oordrywing (vergroting) van die dwarsprofiel. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: VE = Vertikale skaal / Horisontale skaal (4 x 1) (4) 2.2 Verwys na die area wat ROOI afgebaken is op die topografiese kaart, wat die area wat deur die ortofotokaart gedek word, verteenwoordig. 2.2.1 Bereken die bostaande area in km2. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: Area = Lengte x Breedte (5 x 1) (5) 2.2.2 Wat sal die area in meter wees? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 9 2.3 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen trigonometriese stasie 11 (1428) tot punthoogte 12 (1409) op die ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. (5 x 1) (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na die onderstaande grafiek, die inligting op bladsy 2 en die topografiese kaart om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1.1 Ontvang Maselspoort somer- of winterreënval? (1 x 1) (1) 3.1.2 Verskaf TWEE bewyse vanaf die grafiek om jou antwoord by VRAAG 3.1.1 te ondersteun. 1. 2. (2 x 1) (2) 3.2 Verwys na nommer 3 op die ortofotokaart. Bestudeer dit saam met die topografiese kaart en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Identifiseer enige EEN tipe massabeweging wat moontlik die klein boerderynedersettings aan die voet van Olive Hill, by 8 op die ortofoto kaart, kan beïnvloed. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 11 3.2.2 Verduidelik die negatiewe impak van massabeweging wat in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is, op die omliggende boerderygemeenskap. (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer die foto van die Maselspoort vakansieoord (blok B10), langs die Modderrivier, en beantwoord die volgende vrae. [Bron: Google earth] 3.3.1 Is hierdie ʼn hoë-skuins of ʼn lae-skuins foto? (1 x 1) (1) 3.3.2 (a) In watter rigting dink jy wys die kamera? (1 x 1) (1) (b) Verskaf ʼn rede vir jou antwoord by VRAAG 3.3.2 (a). (1 x 1) (1) 3.3.3 Identifiseer die verskynsel by X. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 3.3.4 Verwys na die topografiese kaart in blok B10. (a) In watter rigting vloei die Modderrivier? (1 x 1) (1) (b) Verskaf TWEE redes, sigbaar op die foto en die topografiese kaart om jou antwoord in VRAAG 3.3.4 (a) te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.4 Maselspoort ontvang oor die algemeen lae reënval. Noem EEN maatreël, sigbaar op die topografiese kaart wat die boere aangeneem het om watertekorte te oorkom. 3.4.1 (1 x 1) (1) 3.4.2 Identifiseer die omgewingsprobleem wat H (blok C6) genommer is. (1 x 1) (1) 3.4.3 Verduidelik enige TWEE bestuurstrategieë om die omgewingsprobleem by VRAAG 3.4.2 geïdentifiseer, te voorkom of te kontroleer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 13 3.5 Verwys na blokke D6/7 op die topografiese kaart. (a) Identifiseer die verskynsel G. (1 x 1) (1) (b) Watter metode word gebruik om water na die gebied te bring? (1 x 1) (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSISTEME (GIS) 4.1 Noem DRIE prosesse wanneer daar met GIS gewerk word. (3 x 1) (3) 4.2 Klassifiseer die volgende data as ruimtelike- of attribuutdata. 4.2.1 ʼn Kaart wat die uitleg van ʼn residensiële gebied wys. (1 x 1) (1) 4.2.2 Die vorm van ʼn moeras en vlei. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 15 4.3 Bestudeer die kaartuittreksel vanaf die topografiese kaart (blokke F3/4 en G3/4). Die kaart is nie volgens skaal geteken nie. [Bron: topografiese kaart uittreksel Maselspoort] 4.3.1 (a) Is die topografiese kaart uittreksel ʼn vektor- of rasterkaart? (1 x 1) (1) (b) Verskaf EEN rede vir jou antwoord by VRAAG 4.3.1 (a). (1 x 1) (1) 4.3.2 Klassisfiseer elk van die volgende ruimtelike voorwerpe op die topografiese kaart uittreksel: (a) Dam – (b) Trignometriese stasie 171 – (2 x 1) (2) 4.3.3 Noem die ruimtelike verwysingsdata vir lughawe X op die topografiese kaart uittreksel. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 4.4 Onderskei tussen ruimtelike en spektrale resolusie. Ruimtelike resolusie: (1 x 1) (1) Spektrale resolusie: (1 x 1) (1) 4.5 Verduidelik onder watter omstandighede ʼn persoon ʼn hoë resolusie sal gebruik. (1 x 2) (2) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 17 ROFWERK EN BEREKENINGE LET WEL: MOENIE hierdie bladsy vanaf die vraestel verwyder NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Geography

View all