Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202429 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Gauteng Prelim Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2024 10022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (VRAESTEL 2) TYD: 2½ uur PUNTE: 70 29 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 (VRAESTEL 2) 10022/24 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae van die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 (VRAESTEL 2) 10022/24 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn Bos 35 Nie getoets in Gauteng nie 2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 5 3. Meeulanders 35 Nie getoets in Gauteng nie 4. Lien se Lankstaanskoene 35 9 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 5. Poppie – Die drama 35 Nie getoets in Gauteng nie 6. Paljas 35 13 7. Fiela se kind – Die drama 35 17 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. 8.1 Kringloop 17 22 EN 8.2 ʼn Hulpelose Samaritaan 18 24 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. 9.1 Haar uitvaart 18 26 EN 9.2 Sproeireën 17 28 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 4 (VRAESTEL 2) 10022/24 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN BEANTWOORD () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 (VRAESTEL 2) 10022/24 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ʹN BOS – Dalene Matthee HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C "Vra dit," brom Beyers terwyl hy die bokse op die kombuistafel begin uitpak. "Mens sou sweer dis ʼn blerrie hotel." *** Dit voel soos ʼn droom. Vir die eerste keer in tien dae word ek nie douvoordag deur Beyers uit die bed geboender nie. Ek word saggies wakker van ʼn opgewonde gefluister in my kamer. Toe ek my oë oopmaak, staan hulle almal 5 langs my bed, Sharon heel voor met haar Julia Roberts-glimlag en ʼn volgelaaide skinkbord in haar hande, die ander om haar saamgedrom. En hulle sing vir my! "Veels geluk, liewe maatjie …" sing hulle almal saam, uit volle bors, party taamlik vals. 10 Selfs Yann sing saam. Met ʼn spottende trek om die mond, asof hy my wil waarsku om dit asseblief tog net nie ernstig op te neem nie. Die blonde koningin sing ook saam. Nie spottend nie. En ook nie vals nie. Om die waarheid te sê, sy het ʼn fantastiese stem. Sy laat die afgesaagde verjaardagliedjie soos ʼn kabaretnommer klink. 15 Ek vee die slaap uit my oë en trek my vingers deur my hare en hoop ek lyk nie té afskuwelik nie. Ek wil hulle nie afskrik voor hulle kans gekry het om hulle presente te oorhandig nie. Hulle hou omtrent almal geskenkpakkies vas. Nie Yann nie (natuurlik nie), maar al die ander. Selfs Margot. "Baie geluk," sê Sharon met ʼn klapsoen en sit die skinkbord ... 20 2.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) neer. Hanna vier haar (2.1.1) ... verjaarsdag op (2.1.2) ... berg. Die enigste ligpunt vir Hanna is dat haar vriendin, (2.1.3) ..., by haar is. Hanna hou nie baie van haar lewe nie, daarom het sy vir Fabienne as haar (2.1.4) ... geskep. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 6 (VRAESTEL 2) 10022/24 2.2 Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (2.2) neer. "Mens sou sweer dis ʼn blerrie hotel." (Reël 2) Hoekom het Beyers dit gesê? A Beyers moet almal heeltyd besig hou. B Almal sit net en niemand help met die huishouding nie. C Hy en Mana is veronderstel om op hul wittebrood te wees. D Mana het aangekondig dat Yann en Amos se ma kom kuier. (1) 2.3 Gavin het spesiaal van Johannesburg af gekom om by Hanna te wees. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 2.4 Hanna dink dat sy ʼn groot teleurstelling vir haar pa is. Waarom dink sy so? (1) 2.5 2.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Yann en Amos is Hanna se (halfbroers/stiefbroers). (1) 2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1) 2.6 Tydens Hanna se verjaarsdag op die berg het sy verskeie geskenke ontvang. Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing van die geskenk in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.6.1 ʼn Grimeerstel A Yann 2.6.2 ʼn Bundel met Shakespeare-sonette B Hanna 2.6.3 ʼn Pen met ʼn tiervelpatroon op die doppie C Beyers 2.6.4 ʼn Grys trui met GAP voorop in oranje letters D Sharon E Gavin (4 x 1) (4) 2.7 Dink jy Yann was net so opgewonde soos sy broer Amos oor hulle ma se besoek? Motiveer jou antwoord. (1) 2.8 Skryf die volgende vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE neer:  Margot het vir Yann en Amos belowe dat sy gou weer sou kom kuier.  Margot het in die stormweer op die berg aangekom.  Margot het die leiding geneem met die baba se geboorte.  Margot het Hanna mooi laat lyk op haar verjaarsdag. (4) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 (VRAESTEL 2) 10022/24 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D "Kom Hanna," sê Sharon streng en beduie met haar kop na ons kamer. Sy klink so beslis dat ek gedwee opstaan en soos ʼn gevangene tussen haar en Margot kamer toe stap. "Ons wil jou pa verras," sê Margot toe sy die deur agter ons toetrek. "Ons gaan jou stunning laat lyk!" 5 Dit sal omtrent ʼn verrassing wees, dink ek toe ek op die bed gaan sit. Vir my miskien nog meer as vir my pa. Die grimeerstel wat Sharon vir my gegee het, lê langs Margot se badsakkie vol botteltjies en flessies op die ander bed. Dis duidelik dat hulle hierdie besigheid lankal bekonkel het. "Moet dit net nie oordoen nie," prewel ek terwyl Margot iets romerigs aan my gesig 10 begin smeer. "Ek wil nie soos ... soos iemand anders lyk nie." Veral nie soos die blonde koningin nie, dink ek benoud. "Nonsens," lag Margot en vee my vel skoon met ʼn bolletjie watte. "Almal wil soms soos iemand anders lyk!" "Wel, as julle my soos Julia Roberts kan laat lyk ..." 15 "Nee, nie sy nie," sê Margot ewe ernstig. Sy gee ʼn tree agteruit en bestudeer my gesig. "Jy’s ʼn ander tipe ..." Asof ek dit nie weet nie. "Jy’s meer ... meer van ʼn Engelse roos ... meer Kate Winslet?" Ek bars uit van die lag. "Engelse rose het nie puisies nie." 20 2.9 "'Kom, Hanna,' sê Sharon streng en beduie met haar kop na ons kamer." (Reël 1) 2.9.1 Wat kan ons aflei is Hanna se gevoel oor die streng opdrag van Sharon? (1) 2.9.2 Soos wie wil Hanna nie lyk nie? (1) 2.10 Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (2.10) neer. "Dit sal omtrent ʼn verrassing wees, dink ek toe ek op die bed gaan sit. Vir my miskien nog meer as vir my pa." (Reëls 6 en 7) Hoekom dink Hanna so? A Hanna dink sy is nie mooi nie. B Hanna is maar ʼn vaal meisie. C Sy het haar pa lanklaas gesien. D Sy dra nooit grimering nie en nou is sy gegrimeer. (1) 2.11 "'Moet dit net nie oordoen nie,' prewel ek ..." (Reël 10) Wat sê Hanna se woorde hier vir ons oor hoe sy oor grimering voel? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 8 (VRAESTEL 2) 10022/24 2.12 "Veral nie soos die blonde koningin nie, dink ek benoud." (Reël 12) 2.12.1 Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël? (1) 2.12.2 Wat beteken dit binne die konteks van die roman? (1) 2.13 Margot sê vir Hanna: "Jy’s ʼn ander tipe ..." (Reël 17) 2.13.1 Wat impliseer Margot met dié woorde? (1) 2.13.2 Stem jy saam met Margot dat Hanna ʼn "ander tipe" is? Motiveer jou antwoord. (1) 2.14 Gavin het kos saamgebring met sy besoek aan Hanna en haar familie op die berg. Noem EEN van die items wat Gavin saamgebring het. (1) 2.15 Gavin het ʼn konsert voorgestel om besig te bly terwyl dit reën. Verskillende karakters het verskillende items tydens die konsert gelewer. 2.15.1 Watter rol het Yann gespeel? (1) 2.15.2 Gavin en Margot verstom almal. Wat het hulle gedoen? (1) 2.16 Watter belangrike les kan jy uit Hanna se lewensverhaal leer? (1) 2.17 Sharon kom uit ʼn baie welgestelde familie, tog het sy die vakansie saam met Hanna in die eenvoudige huis geniet. Hoekom, dink jy, was dit vir haar so lekker? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 2.18 Verskillende karakters het by die huis op die berg opgedaag. 2.18.1 Wie se koms het almal op die berg onverhoeds betrap? (1) 2.18.2 Waarom was hierdie koms onverwags? Gee EEN rede. (1) 2.19 "Engelse rose het nie puisies nie." (Reël 20) Wat is die letterlike betekenis van Hanna se woorde? (1) [35] VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 (VRAESTEL 2) 10022/24 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Lien is nog bietjie oorbluf oor die uittrap wat sy onverdiend gekry het, maar besluit om nie nou oor Moeilike Malie uit te pak nie. Wouter bestel ʼn Coke en ʼn stuk van die koek van die dag. Lien weet Wouter het nie eintlik ʼn soet tand nie. Die koek is om haar onthalwe. Die res van die middag verloop sonder voorval en Lien is bly toe die tannie sê dis 5 tyd om te sluit. Sy voel soos ʼn aap oor die R10 wat Wouter vir haar op die tafel los toe hy betaal. Sy wil dit nie vat nie, maar hy dring aan. Hy wag vir haar totdat die winkel sluit. "Aag, skryf dit af as experience," probeer Wouter troos toe hulle terugstap en sy vertel van Malie Dry se humeur en die geld wat sy onregverdiglik verloor het. R36,38 is die somtotaal van haar middag se arbeid. 10 "R36,38 is nou nie juis wat ʼn mens ʼn fortuin sal noem nie. Dit gaan nie ʼn vreeslike gat toemaak nie, wat nog te sê ʼn vliegkaartjie koop," sê Lien teleurgesteld. "Relax, man. Môre sal dit beter gaan, jy sal sien," paai Wouter. Hulle groet by die telefoonhokkie en Lien hou hom ʼn rukkie dop terwyl hy die bult opsukkel met die tamaai krieketsak in die een hand en sy rugsak oor die ander 15 skouer. 4.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer. Lien en Wouter is goeie vriende en Lien het ander leerders ook beter leer ken toe hulle saam aan ʼn taak moes werk. Almal wat saam in die groep was, wou (4.1.1) … studeer. (4.1.2) … is baie eensaam en het ʼn behoefte aan geselskap hoewel haar ouers baie ryk is. (4.1.3) ... se pa het sekere verwagtinge van hom, maar hy wil eerder met sy hande werk. Al hierdie karakters is so anders as die (4.1.4) … wat Lien se beste vriendinne was voor haar lewe verander het. (4) 4.2 Waar werk Lien in dié uittreksel? (1) 4.3 "Moeilike Malie" (Reël 2) 4.3.1 Lien gee vir Malie Dry dié bynaam. Watter insident het daartoe gelei dat Lien uitgetrap is? (1) 4.3.2 Dink jy Lien is regverdig behandel? Motiveer jou antwoord. (1) 4.4 Lien en Wouter het mekaar by die skool ontmoet. Wat is die naam van hulle skool? (1) 4.5 "Dit gaan nie ʼn vreeslike gat toemaak nie, ..." (Reëls 11 en 12). 4.5.1 Verduidelik die figuurlike betekenis van "vreeslike gat". (1) 4.5.2 As Lien van die "vreeslike gat" praat, waarna verwys sy? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 10 (VRAESTEL 2) 10022/24 4.6 Dink aan die gebeure in die uittreksel. Ons kan aanvaar dat Wouter ʼn goeie vriend is. Behalwe dat Wouter koek eet, waarvan hy eintlik nie hou nie, waarom anders kan ons sê dat Wouter ʼn goeie vriend is? (1) 4.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.7) neer. Lien het aan die begin van die roman moeilik vriende in haar nuwe skool gemaak omdat … A sy kwaad was oor alles wat gebeur het, wat gelei het tot ʼn nuwe skool vir haar en Braam. B Wouter haar vriend was en sy nie ander vriende wou hê nie. C niemand goed genoeg was vir haar nie. D sy haar ou vriende gemis het. (1) 4.8 Beide Lien en Wouter woon sonder hulle pa’s. Bewys dat hulle situasies eintlik verskil. Noem beide Lien en Wouter se situasies in jou antwoord. (2) 4.9 Lien het haar ma se rol in hulle huishouding oorgeneem. 4.9.1 Waarom moes Lien dit doen? (1) 4.9.2 Dink jy Lien kon anders opgetree het? Verduidelik jou antwoord. (1) 4.10 Behalwe dat Lien vir haar gesin wil sorg, waarom is dit so belangrik vir haar om geld te verdien? (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 (VRAESTEL 2) 10022/24 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H Maria word ʼn verlossing. Sy kan nie wag om Dinsdag- en Donderdagaande in dié weird girl se lewe in te klim nie. Op ʼn manier begin sy Maria verstaan. Wat maak dit tog saak dat die hemelruim vir haar in skakerings van groen bestaan en dat sy graag die bladsye van haar gunstelingboek in die biblioteek wil uitskeur en kou? Wie is Lien Jooste om te sê dis weird? 5 Selfs die deurmekaar juffrou Breytenbach kyk haar soms snaaks aan. "Lien, dit werk my kind, dit werk só goed." Half verbysterd terwyl sy haar brilletjie regskuif en ʼn deurmekaar krul regdruk, asof sy selfs nou eers regtig vir weird Weird Maria verstaan. Een Vrydag omtrent ʼn maand nadat haar ma uit die kliniek ontslaan is, kry sy onder die akasiaboom naby Entertainment Corner die oproep van tannie Bets. 10 "Lien, waar is jy en waar is Braam? Julle moet dadelik huis toe kom!" Soos in nóú dádelik." Tannie Bets klink lelik opgetense. "Wat’s fout, tannie Bets?" "Julle is binne ʼn halfuur in my woonstel!" Lien hoor Dolly Boesem kreun iets op die agtergrond. 15 Dis vieruur. Sy wou nog minstens ʼn uur gestaan het. Sy het nog nie veel gemaak nie. As sy nog die woonstelhuur ook moet bymekaarmaak, gaan die bietjie staan in die middae haar nie help nie. Sy sal ʼn ander plan moet maak. Wat, weet sy nog nie. 4.11 Skryf die volgende vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE onder mekaar neer:  Lien en Braam moet by oom Frank en tannie Poppie gaan bly.  Christien word gearresteer vir winkeldiefstal.  Lien beraam planne om gedurende skooltyd te gaan bedel.  Lien se ma word weer by ʼn sentrum ingeboek vir behandeling. (4) 4.12 Tannie Bets het ʼn baie belangrike rol in Lien se lewe gespeel. Motiveer waarom dié stelling WAAR is. (1) 4.13 Musiek is ʼn deurlopende tema in die roman. Bespreek hoe musiek vir Lien aan die einde van die roman weer hoop vir die toekoms gee. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 12 (VRAESTEL 2) 10022/24 4.14 Lien het waardevolle lesse by mense geleer. Kies die karakter uit KOLOM B wat by die les in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (4.14.1 tot 4.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.14.1 Mens mag nie bevooroordeeld wees nie. A Tibbey 4.14.2 ʼn Positiewe houding is belangrik, selfs in B Roos moeilike tye. C Roos se dogter 4.14.3 Partykeer moet ʼn mens ander se hulp aanvaar. D Kuifie 4.14.4 Vriendskappe spruit uit ongewone E Sproet omstandighede. (4 x 1) (4) 4.15 "Maria word ʼn verlossing." (Reël 1) 4.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Maria het Lien se lewe (vir altyd verander/kortstondig gelukkig gemaak). (1) 4.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1. (1) 4.16 Waarom kan ons sê dat "Lien se Lankstaanskoene" ʼn gepaste titel vir die roman is? Jou antwoord moet na die DENOTATIEWE betekenis van die titel verwys. (1) 4.17 Hoe verskil die toekoms wat Lien aan die begin van die roman wou gehad het van die toekoms wat sy toe wel aan die einde van die roman het? (2) 4.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.18) neer. Die oomblik wat Gerhard vir Lien op straat sien bedel, word as die … van die roman beskou. A verwikkeling B ontknoping C hoogtepunt D slot (1) 4.19 Lees weer reël 13. "Wat’s fout, tannie Bets?" 4.19.1 Die stylfiguur in hierdie reël is (ʼn retoriese vraag/elisie). (1) 4.19.2 Waarom, dink jy, is die gebruik van die stylfiguur in VRAAG 4.19.1 gepas binne die konteks van die gesprek? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 (VRAESTEL 2) 10022/24 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotze HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K DOMINEE: Omdat ons in sonde ontvange en gebore is, is ons horende doof en siende blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie. Die verlossende genade is tot ons beskikking, maar ons maak nie daarvan gebruik nie. Ons kyk dit mis. Ons stel nie daarin belang nie. Maar, liewe gemeente, ek sê vanmôre vir u – God is ʼn toornige god. Hy laat nie met hom spot nie. Dié 5 van ons wat hardkoppig sy genade en sy belofte van verlossing bly verwerp, vir ons bly daar nog net die vuur en die swael van sy toorn oor. Vir dié van ons wat kyk en nie sien nie, bly daar nog net – (Die nar kom by die voordeur in. Hy probeer so saggies en onsigbaar moontlik al teen die muur langs insluip. Hy gaan sit in die heel agterste bank.) Vir dié van ons wat sy verlossende genade 10 nie wil – vir dié van ons – (Maar die dominee het nou heeltemal sy draad verloor. Hy staan vir die nar en kyk. Die nar sit uitdrukkingloos en plegtig voor hom en uitstaar. Een gemeentelid kyk om; twee ander kyk om; nog ses of sewe kyk. Die dominee kyk na die ouderlingbank.) Broer, asseblief. (Niemand roer nie.) Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die 15 dominee.) Verwyder asseblief vir ons die – grapmaker. 6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer. Hierdie gebeure speel af in die omgewing van ʼn klein dorpie in die (6.1.1) … . Daar is botsing tussen die (6.1.2) …-gesin en die bevooroordeelde mense in die dorp omdat Willem en die (6.1.3) … maats geword het, want die mense dink hulle beoefen (6.1.4) … . (4) 6.2 "Omdat ons in sonde ontvange en gebore is, is ons horende doof en siende blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie." (Reëls 1 en 2) Hierdie woorde impliseer dat die mens in sonde gebore is. Wie (of wat), kan ʼn mens aflei, moet die mens op die regte pad lei hier op aarde? (1) 6.3 Dit is duidelik dat die dominee sekere vooroordele ten opsigte van die nar het. Watter karaktereienskap van die dominee word hierdeur blootgelê? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 14 (VRAESTEL 2) 10022/24 6.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.4) neer. Toe die nar die kerk binnegekom het, was die dominee se reaksie die volgende: A Hy was bly dat die nar kerk toe gekom het. B Hy was ongelukkig dat die nar laat was vir die diens. C Hy het vir die gemeente gesê om hom te verwelkom. D Hy was van stryk af en het gevra dat hulle hom verwyder. (1) 6.5 "(Maar die dominee het nou heeltemal sy draad verloor.)" (Reëls 11 en 12) 6.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die dominee het die (gang van sy preek/elektriese mikrofoonkoord) verloor. (1) 6.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.5.1. (1) 6.6 "Vir dié van ons wat sy verlossende genade nie wil – " (Reëls 10 en 11) Dui die ironie in hierdie woorde van die dominee aan. (2) 6.7 (Een gemeentelid kyk om; twee ander kyk om; nog ses of sewe kyk.) (Reëls 13 en 14) Waarom, dink jy, het die gemeentelede na die nar gestaar? (1) 6.8 Elke karakter in hierdie drama speel ʼn belangrike rol om uiteindelik die drama op ʼn hoogtepunt te laat eindig. Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing van die karakter in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (6.8.1 tot 6.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.8.1 Hy het die nar geskiet en bestook die A Emma McDonalds-gesin se motor met klippe by die dans. B Sakkie du Toit 6.8.2 ʼn Tipiese patriarg wat voorgee dat alles goed C Ouderling Bothma gaan. D Jan Mol 6.8.3 Sy bespeel die klavier en kry weer ʼn "stem" en praat oor dinge wat saak maak. E Katrien 6.8.4 Maak ʼn narrepak vir Willem en maak die nar se broek reg. (4 x 1) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 15 (VRAESTEL 2) 10022/24 6.9 "Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die dominee.)" (Reël 15 en 16) 6.9.1 Waarom sou Broer Bothma moontlik "hulpeloos" na die dominee gekyk het? (1) 6.9.2 Ouderling Bothma en die kerkraad het die nar ná hierdie voorval terug verwelkom in die kerk en hom gerus gestel. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L KATRIEN: Gee aan die handdoek. HENDRIK (tot Willem): Het hy saam met die sirkustrein gekom? (Willem knik.) So, dis vir hom wat jy heeltyd kos aangedra het? (Willem knik.) Hoekom het jy hom vir ons weggesteek? WILLEM: Hy was my geheim. 5 Hendrik kyk vir Katrien, en wend hom dan tot Manuel. HENDRIK: Jy moet regkom, jong, dat jy vir ons kan trieks wys. Hoe lyk dit – jy wil nie dalk vir ons ʼn paar tienrandnote uit jou naeltjie uitryg nie? KATRIEN: Hendrik, gedra vir jou! HENDRIK: Wat? 10 Maar hy knipoog vir Willem. En Willem glimlag en sit sy arm om sy pa se nek. 126. Emma by die wasgoeddraad besig om die nar se klere stuk vir stuk uit ʼn skotteltjie water te haal, uit te droog, oop te flap en op te hang. Die stuk of ses voertuie staan nog oorkant die spoor, almal nou langs mekaar geparkeer met hulle neuse na die huis toe. 15 Daar hang uiteindelik ʼn frokkie, ʼn paar wit kouse, ʼn bont hoed met ʼn tossel, en ʼn ewe bont bostuk en broek aan die draad. *** 128. Die gesin om die etenstafel. Manuel is nie by nie. Willem aanvanklik ook nie. Hulle eet. HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.) Wie die moer dink hulle is hulle? KATRIEN: Hendrik. 20 HENDRIK: Nee, ek vra. Ons pla niemand. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 16 (VRAESTEL 2) 10022/24 6.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE neer:  Manuel lyk of hy in ʼn toestand van skok is.  Hendrik sê dit lyk of dit eenkant in is en anderkant uit.  Daar is ʼn wond onderkant Manuel se sleutelbeen en een in sy handpalm.  Katrien was die wond met nat watte en hy vat en gee aan. (4) 6.11 "WILLEM: Hy was my geheim." (Reël 5) Dink jy Willem het reg opgetree om sy vriendskap met Manuel ʼn geheim te hou? Motiveer jou antwoord. (2) 6.12 "HENDRIK: Jy moet regkom, jong, dat jy vir ons kan trieks wys. Hoe lyk dit – jy wil nie dalk vir ons ʼn paar tienrandnote uit jou naeltjie uitryg nie?" (Reëls 7 en 8) 6.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie aanhaling kry ons karakter-(ontwikkeling/stagnering) wat in Hendrik plaasgevind het. (1) 6.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.12.1. (1) 6.12.3 Watter TWEE "trieks" het Manuel vir Willem gewys? (2) 6.13 "Maar hy knipoog vir Willem. En Willem glimlag en sit sy arm om sy pa se nek." (Reëls 11 en 12) ʼn Gevoel van toegeneentheid bestaan hier tussen pa en seun. Hierdie gevoel staan egter in skrille kontras met die gebeure in toneel 126. Dui hierdie kontrasterende gebeurtenis aan. (1) 6.14 "Die stuk of ses voertuie staan nog oorkant die spoor, almal nou langs mekaar geparkeer met hulle neuse na die huis toe." (Reëls 14 en 15) Benoem die stylfiguur wat in hierdie aanhaling voorkom. (1) 6.15 "HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.)" (Reël 19) Verduidelik die figuurlike betekenis van "opgeskroef". (1) 6.16 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.16) neer: "KATRIEN: Hendrik, gedra vir jou!" (Reёl 9) Hierdie woorde wys dat Katrien … A Manuel nie ongemaklik wil laat voel nie. B Hendrik se geldgierigheid geheim wil hou. C ongelukkig is oor hoe Hendrik met Manuel praat. D nie Hendrik se bedoelings met sy woorde verstaan nie. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 17 (VRAESTEL 2) 10022/24 6.17 Watter lewenswaarde leer Toorwater se mense vir ons? (1) 6.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Manuel verlaat die trein om tydelik by die mense van Toorwater te kom bly. Sodoende deel hy sy "paljas" om hulle (te laat vrede maak met/te verlos van) hulle vervelige lewe op Toorwater. (1) 6.19 Hendrik is die pa wat vir sy gesin probeer sorg. Waarom kan jy trots wees op Hendrik as mens? (1) [35] VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M FIELA: (staan op en gaan na die ander in die kombuis): Dawid, kry reg jou voete, jy moet dorp toe. Tollie, breek dunhout en pak ʼn buitevuur aan vir Ma. Emma, maak kleinvuur in die huis en hang vir ons kos oor. Kittie, loop haal die blik met die naaldgoed. (Hulle staar haar verskrik aan.) Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op BENJAMIN se 5 kop.) Dit kan nie anders nie. Ek het oral gedink en ek kry nie ʼn ander pad nie. Maar Saterdag sal hulle hom terugbring, sê ek vir julle. Hoor jy my, Benjamin? Saterdag sal hulle jou terugbring en die Here help hulle as hulle ooit weer hulle pote op hierdie werf sit! Ma stuur jou saam sodat die magistraat en die bosvrou jou kan bekyk en klaar kyk. En Ma belowe 10 jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy as ʼn Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie. Dawid gaan kortpad vat oor Jan Koles se kop dorp toe met die skaapvelle en ʼn paar karwatse, en hy gaan vir mister Pace sê hy moet vir my daarvoor vir jou ʼn mooie hemp en ʼn paar winkelskoene stuur. 15 Selling, trek af die kind se voet op ʼn stukkie vel. Tollie, maak die vuur. Kittie, bring die naaldgoed, daar’s ʼn ... 7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Tydens die Sensusmanne se eerste besoek aan Wolwekraal het Fiela vir hulle inligting oor die (7.1.1) ... (die gesin se van) gesin gegee. Lange en Dikke was geskok toe Benjamin, opgewonde met sy (7.1.2) ... daar aankom en vir Fiela (7.1.3) ... noem. Dikke onthou toe die insident van die Van Rooyen kind wat ongeveer (7.1.4) ... jaar oud was toe hy weggeraak het. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 18 (VRAESTEL 2) 10022/24 7.2 Fiela het hard geveg om haar wit hanskind te behou, maar haar pogings was onsuksesvol. Benjamin moes in die bos gaan bly. Verduidelik die metaforiese gebruik van "hanskind" in die konteks van die uittreksel. (1) 7.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (7.3) neer. Fiela het vir Benjamin ... sodat hy netjies lyk as hy in die magistraat se kantoor is. A gebad B gevoer C geleer D gesoek (1) 7.4 "Dawid, kry reg jou voete, jy moet dorp toe. Tollie, breek dunhout en pak ʼn buitevuur aan vir Ma. Emma, maak kleinvuur in die huis en hang vir ons kos oor. Kittie, loop haal die blik met die ..." (Reëls 1 tot 4) 7.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die sensusmanne het Fiela (toegelaat/verbied) om saam met Benjamin na Knysna toe te gaan. (1) 7.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.4.1. (1) 7.4.3 "Dawid kry reg jou voete ..." (Reëls 1 en 2) Wat bedoel Fiela met hierdie woorde? (1) 7.5 Fiela is vir lang periodes in die drama op die agtergrond, maar tog behou sy en Benjamin ʼn mistieke band. Hoe sluit hulle verhouding by die titel van die drama aan? (1) 7.6 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (7.6.1 tot 7.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.6.1 ... wonder of hy Elias en Barta se verlore kind is. A Fiela 7.6.2 … sorg vir die gesin se emosionele en intellektuele B Benjamin behoeftes. C Lukas 7.6.3 … klou vas aan haar leuen wanneer Lukas haar konfronteer. D Barta 7.6.4 … help vir Lukas om sy nuwe milieu te ontdek en in E Nina die Bos aan te pas. (4 x 1) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 19 (VRAESTEL 2) 10022/24 7.7 Nina het onmiddellik geglo dat Lukas haar verlore broer is. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 7.8 ʼn Mens kan sê dat Fiela ʼn geloofwaardige karakter en rolmodel vir die moderne vrou is. Motiveer waarom ʼn mens so kan sê. (1) 7.9 Lees weer reëls 10 tot 13. "En Ma belowe jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy as ʼn Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie." Waarom was Fiela se belofte aan Benjamin goed vir sy toekoms? (1) 7.10 Waarom kan jy verstaan dat Fiela glo Benjamin gaan weer Saterdag terugkom huis toe? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N MAGISTRAAT: Die kind is by sy regte ouers. Wat hy die dag toe hy weggeraak het, aanhad, kan geen verskil maak nie. Jy kan hom enigiets staan en ... *** FIELA: … baas, maar ek sal nie vir baas lieg nie. Ek sal op die Grootboek sweer. Ek vra baas net hierdie een guns: laat roep die bosvrou en laat haar kom sê. 5 MAGISTRAAT: Dis genoeg. Jy kan besluit of jy self gaan loop en of ek die konstabel moet roep. FIELA: Here, baas, jy kan my nie wegjaag nie. MAGISTRAAT: Konstabel! FIELA (op band): Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) Asseblief, weledele heer, 10 ek sal loop, ek wou nie kom moeilikheid maak het nie. (Loop agteruit.) Ek sal loop, baas – ek loop. Sê my dan net waar die kind is, baas. Sê my net wie die mense is by wie hy is. MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag nog aan die magistraat op Uniondale skryf om jou te laat dophou, en om stappe 15 teen jou te neem as jy enige moeilikheid veroorsaak. Ligte begin uitdoof. FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en toe die skrik en die verslaentheid en die magteloosheid. *** BARTA (die woorde skeur uit haar): Ek het die verkeerde kind gevat, Elias. Ek 20 het iemand anders se kind gevat. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 20 (VRAESTEL 2) 10022/24 7.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE neer:  Fiela wens Pollie wil uitbreek.  Lukas gee die vyf sjielings vir Fiela terug.  Fiela draai die vyf sjielings in ʼn lap toe en pak dit in die trommel.  Lukas bied die vyf sjielings vir Nina aan as sy vir hom die pad wys. (4) 7.12 Fiela het gedink dit is raadsaam dat die magistraat die bosvrou laat roep om te besluit wie die regte ma van die kind is. Waarom kan ons sê dat Fiela in hierdie situasie vir die magistraat goeie raad gegee het? (1) 7.13 Verduidelik waarom Fiela weier om te aanvaar dat Benjamin Barta se verlore kind is. Gee TWEE redes. (2) 7.14 "Seil, Fiela, seil." (Reёl 10) Wat bedoel Fiela met hierdie woorde wat sy vir haarself sê? (1) 7.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (7.15) neer. Barta het geweet dat sy die seuntjie met die blou hempie moet kies, want Lange het … A in haar oё gekyk. B haar hand vasgehou. C in haar nek gefluister. D vir haar ʼn handgebaar gegee. (1) 7.16 Tydens die uitkenningsparade in die hof het Barta vir Lukas met haar vinger uitgewys en direk daarna omgedraai en begin huil. Waarom is dit so ironies? (2) 7.17 Hoe sluit die krisis wat Fiela in hierdie uittreksel ervaar, nadat sy by die magistraat was, by Lukas se innerlike konflik aan toe Barta die waarheid erken? Jy moet in jou antwoord na Fiela se krisis en Lukas se innerlike konflik verwys. (2) 7.18 In reёl 20 lees ons dat die woorde "skeur uit" Barta uit. 7.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die woord "skeur" word hier (letterlik/figuurlik) gebruik. (1) 7.18.2 Verduidelik die betekenis van Barta se woorde in reël 20. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 21 (VRAESTEL 2) 10022/24 7.19 Benjamin het lank gesukkel om sielerus te vind nadat hy by die Van Rooyens moes gaan bly. 7.19.1 Wat dink jy is die skrywer se doel, met jou as leser, om dié probleem as fokuspunt in die drama te gebruik? (1) 7.19.2 Watter lewensles kan jy uiteindelik by Barta leer wat jou lewe beter kan maak? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 22 (VRAESTEL 2) 10022/24 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 KRINGLOOP – Ruto Vambo Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O Sou die lede van die Mars-ekspedisie van weleer daar in die vreemde gemuteer het tot monsters? Of het hierdie gedrogte dalk die ekspedisie gevange geneem en vernietig? So baie vrae, so min antwoorde. Maar daar is lewe en dis vyandig, dit moet vernietig word terwille van voortbestaan. Klaar. Met die kennis wat hulle in die ingewande van die rooi planeet versamel en uitgebrei het, 5 vervaardig die wesens van Mars ʼn middel wat metaal in ʼn oogwink laat verkrummel tot as. Die tegnologie wat gebruik is om die hart van ʼn planeet te splyt, word nou aangewend om deur die ruimte te skeer. Eindelik is Mars gereed om ʼn eenvoudige kapsule te lanseer. Op Aarde merk die astronome ʼn komeet wat in die ruimte ontplof. ʼn 10 Vreemde gelerige skynsel verskyn in die naghemel. Gideon de la Mer word opgespoor om kommentaar te lewer. Hy staar voor hom uit, verwonderd dat hulle hom met sulke beuselagtighede lastig val. Hy is die GROOT wetenskaplike. Die ou skynseltjie is die toevallige gevolg van atmosferiese uitbranding soos elke skaap op sy grootjie se plaas weet. 15 Toe sak die stortreën uit. Binne ure is hele kragsentrales weggespoel. Treine, bote, vliegtuie, staalstrukture roes voor die mense op. Motors val uitmekaar. Nywerheidskomplekse tuimel ineen, sinkdakke verweer tot blink skaafsels en verkrummelende staalrame laat … 8.1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer. Gideon de la Mer het ʼn skitterplan gehad, naamlik om (a) … in die ruimte uit te voer. Dis vir Gideon de la Mer beter om dit op Mars te doen weens sy laer (b) … . Op ʼn (c) … AAND lanseer hy die kernmissiel perfek. Gideon de la Mer se karakter is simbolies van die mens se (d) … . (4) 8.1.2 Die titel van die verhaal is "Kringloop". Som die titel "Kringloop" op deur die volgende te verduidelik: (a) Die betekenis (1) (b) Die gebeure tussen Aarde en Mars (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 23 (VRAESTEL 2) 10022/24 8.1.3 In die verhaal word Aarde en Mars teenoor mekaar gestel soos die verhaal ontwikkel. Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die Marsbewoners het die Aarde die (rooiplaneet/oerplaneet) genoem. (1) 8.1.4 "Met die kennis wat hulle in die ingewande van die rooi planeet versamel en uitgebrei het, …" (Reëls 4 en 5) Benoem die tipe beeldspraak wat hier gebruik word. (1) 8.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.5) neer. As gevolg van die aanval van Aarde op Mars, het Mars ʼn tydperk ingegaan wat die … genoem word. A Millennium B Middeleeue C Donker Eeue D Steentydperk (1) 8.1.6 Die verhaal bestaan uit ʼn struktuur wat twee dele het, met gebeure op Aarde en Mars wat teenoor mekaar gestel word soos die verhaal ontwikkel. Die verhaal verskuif vanaf die Aarde na Mars. Kies die aspekte van die kortverhaal in KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (8.1.6(a) tot 8.1.6(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Die ondergrondse bewoners van Mars glo A Motoriese hulle word aangeval deur "metaalagtige moment monsters" van die aarde af en ontwerp ʼn nuwe wapen om die Aarde aan te val. B Afloop en ontknoping (b) Gideon de la Mer worstel met die besluit waar hy die vuurwerke moet lanseer. C Innerlike konflik (c) Mars val die Aarde aan met tegnologie wat D Uiterlike konflik metaal vernietig en chaos op Aarde veroorsaak. E Klimaks (d) Die agtergrond van die omstandighede op Aarde ná die kernoorlog word duidelik. (4 x 1) (4) 8.1.7 Stem jy saam daarmee dat kerntoetse die aarde help? Motiveer jou antwoord. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 24 (VRAESTEL 2) 10022/24 8.1.8 As jy ʼn Marsbewoner was, sou jy die Aarde as ʼn bedreiging sien? Motiveer jou antwoord. (1) 8.1.9 Dink jy dat die aanval op die Aarde deur Mars regverdig was? Motiveer jou antwoord. (1) EN 8.2 ʼn HULPELOSE SAMARITAAN – T.T. Cloete Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P Hans wou nog iets sê, toe besluit hy al in stilte: "Ek weet ek moet kies. Ek kies …" *** "Kan jy my darem nie vir my honde vergoed en dit aftrek van wat jy van my eis nie? En kan ons nie die verantwoordelikheid vir die beseerde man op ʼn manier saam dra en die totale skade min of meer verdeel nie? Ek bedoel, my honde jou 5 skape …" "Jammer, sekere pligte en barmhartighede word nie gedeel nie … betrokkenheid hou iewers op en strek nie tot in die oneindige nie." *** "Die plig en barmhartigheid en betrokkenheid, ja, maar sulke skade? Word die gevolge, die skade, nie gedeel nie?" vra Hans onseker. Hy kan nie glo wat 10 hom so onvoorspelbaar oorgekom het nie. Die skaapboer bly genadeloos. Geen argumente help nie. Hans slaap daardie nag byna niks nie, en in die kort fases van oppervlakkige slaap word hy geteister deur die vrae wat hy aan homself stel … hoe jy onvoorsiens in baie groot moeilikheid kan beland juis as jy dit wil voorkom. Jy betaal vir wat jy nie wil hê nie, 15 en jy betaal te veel. Iets wat met ʼn geringe beweging aan die gang gekom het, kry vaart, verander van koers en ontspoor. Hans is die volgende oggend douvoordag na die boer se plaas om die saak te bekyk en verder te beredeneer. Hy verbeel hom, toe … 20 8.2.1 Noem EEN rede waarom Hans Vrydae ʼn ent uit die dorp uit ry. (1) 8.2.2 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE neer:  Hans ry stadig sodat sy honde agter sy motor kan hardloop.  Hans lê doodstil langs die pad.  ʼn Groot swart motor ry ʼn dronk fietser raak.  ʼn Skaapboer eis vergoeding van Hans vir sy skape wat dood is. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 25 (VRAESTEL 2) 10022/24 8.2.3 "Jammer, sekere pligte en barmhartighede word nie gedeel nie …" (Reël 7) (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit hierdie woorde kan ons aflei dat die skaapboer (onvriendelik en oneerlik/behulpsaam en eerlik) is. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.3 (a). (1) 8.2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.2.4) neer. Die universele boodskap en tema in hierdie kortverhaal is … A dronkenskap en padveiligheid. B eerlikheid en barmhartigheid. C plaasaanvalle en veeverlies. D dieremishandeling en oneerlikheid. (1) 8.2.5 "Die plig en barmhartigheid en betrokkenheid, ja, maar sulke skade?" (Reël 9) Na watter tipe skade word hier verwys? Noem TWEE tipes. (2) 8.2.6 Hans het die boer se verduideliking oor wat met sy honde gebeur het, aanvaar. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 8.2.7 Wat dink jy sou met die fietser gebeur het as Hans nie daar opgedaag het nie? (1) 8.2.8 Die tema van hierdie kortverhaal is dat mense wat aan ander mense goed doen, dit tot nadeel van hulself kan doen. Hoe simpatiseer jy met Hans met verwysing na die tema van die kortverhaal? (1) 8.2.9 Noem TWEE dinge wat Hans by die boer se plaas gesien het, wat ooreenstem met dit wat die fietser aan hom beskryf het. (2) 8.2.10 Wat het Hans saans gedoen nadat sy honde verdwyn het? (1) 8.2.11 Wat kon Hans anders gedoen het om die honde te beveilig? (1) 8.2.12 Kan ʼn mens Hans se karakter in hierdie verhaal bewonder? Motiveer jou antwoord. (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 26 (VRAESTEL 2) 10022/24 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 HAAR UITVAART – P.J. Philander Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. HAAR UITVAART – P.J Philander 1 Al oor my dak het hul gemaal ... 2 dié voëltjies het vir haar kom haal. 3 Half-toegevoude vuisies klein 4 het ylings na die doodsgordyn 5 gegryp en dan weer moeg verslap ... 6 die sweet het langs haar slapies afgetap. 7 Haar ogies sien ek duidelik nog, 8 hul het vir my gesmeek om tog 9 te help ... die pyn te stil, 10 maar ek was magteloos teen Sy wil, 11 en halfweg na die hospitaal 12 het, asemloos, die dood ons ingehaal. [Uit: Verskuns vir Eerste Addisionele Taal. Macmillan, 2015] 9.1.1 Voltooi die volgende paragraaf korrek deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers (9.1.1(a) tot 9.1.1(d)) neer. Daar is duidelike (a) … in die gedig. Aan die begin is die dogtertjie baie (b) … en haar pa wil haar help. Hy kan egter nie, want hy is (c) … en sy kind (d) … . (4) 9.1.2 In watter ruimte speel die gedig af? (1) 9.1.3 Waarom kan ons sê dat die titel ʼn voorbeeld van ʼn eufemisme is? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 27 (VRAESTEL 2) 10022/24 9.1.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.1.4) neer. Die werkwoord … sluit effektief by die titel aan omdat dit daarop dui dat die dogtertjie gesterf het en haar pa verlaat het. A gesmeek B verslap C gegryp D haal (1) 9.1.5 Hierdie dogtertjie was nog baie jonk. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 9.1.6 "dié voëltjies het vir haar …" (Reël 2) (a) Benoem die skryfteken in die onderstreepte woord. (1) (b) Waarom is die gebruik van die skryfteken effektief? (1) 9.1.7 Die ellips word 3 keer in die gedig gebruik. (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die doel van die ellips is om die onvoltooide (idees/emosies) van die pa uit te beeld. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.1.7(a). (1) 9.1.8 Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (9.1.8(a) tot 9.1.8(c)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) "het, asemloos, die dood …" (Reël 12) A retoriese vraag (b) "en halfweg na die hospitaal" (Reël 11) B alliterasie (c) "Half-toegevoude vuisies klein C inversie het ylings na die doodsgordyn" (Reël 3 en 4) D enjambement (3 x 1) (3) 9.1.9 Verduidelik die innerlike konflik wat die pa ervaar. (2) 9.1.10 Waarom, dink jy, is die tema van die gedig relevant? (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 28 (VRAESTEL 2) 10022/24 9.2 SPROEIREËN – D.J. Opperman Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. SPROEIREËN – D.J. Opperman 1 My nooi is in ʼn nartjie, 2 my ouma in kaneel, 3 daar’s iemand … iemand in anys, 4 daar’s ʼn vrou in elke geur! 5 As ek ʼn stukkie nartjieskil 6 tussen my vingers buig of knak, 7 breek uit die klein sproeireёn 8 wat geurend om my hand uitsak, 9 die boorde weer van Swartfoloos 10 en met die nartjies om my heen 11 weet ek hoe dat ʼn vrou kan troos. 12 O my nooi is in ʼn nartjie, 13 my ouma in kaneel, 14 daar’s iemand … iemand in anys, 15 daar’s ʼn vrou in elke geur! [Uit: Versamelde poësie. Human & Rousseau, 1967] 9.2.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1) 9.2.2 Noem DRIE aangename reuke wat die spreker met vroue assosieer. (3) 9.2.3 Lees reёl 1. (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. "My nooi is in ʼn nartjie" word hier (letterlik/figuurlik) gebruik. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.2.3 (a). (1) 9.2.4 Die gehoorsintuig speel ʼn belangrike rol in die gedig. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 9.2.5 Watter TWEE tegnieke gebruik die digter in strofe 2 om sy mooi jeugherinneringe aan die nartjieboorde in Natal uit te beeld? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 29 (VRAESTEL 2) 10022/24 9.2.6 Lees strofe 3. (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Strofe 3 begin met "O" wat op (progressie/regressie) in die gedig dui. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.2.6 (a). (1) 9.2.7 Verduidelik waarom die gedig siklies is. (2) 9.2.8 Hoekom word die onbepaalde voornaamwoord "iemand" in reёl 14 herhaal? (1) 9.2.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.2.9) neer. Die funksie van die elisie in "daar’s" in reёl 15 is om … A die ritme vinniger te maak. B ʼn idee te beklemtoon. C die reёl te laat vloei. D die leser te skok. (1) 9.2.10 Volgens die spreker deel vroue ʼn universele eienskap, naamlik dat almal lekker ruik. Waarom, dink jy, is dit nie realisties nie? (1) 9.2.11 Waarom, dink jy, is dit belangrik dat vroue in gedigte vereer word? (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 TOTAAL: 70 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all