NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)




%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 6 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 249.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer transaksionele teks (30)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn
kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ʼn streep
deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is.
9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.
10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
• Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
• Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. By
vraagnommer 1.6–1.7 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die prent
verband hou.
1.1 Is Suid-Afrika nog die land om in te bly? [50]
1.2 Dis waarom ek vandag hier is ... [50]
1.3 Beurtkrag is nou deel van ons daaglikse bestaan. [50]
1.4 Ek gaan skool mis. [50]
1.5 Waarheen na matriek? [50]
1.6
[Bron: Pinterest 2023] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.7
[Bron: Google Images 2023] [50]
1.8
[Bron: Google Images 2023] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
• Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
2.1 INFORMELE BRIEF
Jy het gesien hoe jou beste vriend/vriendin by ʼn partytjie drink en erg dronk
raak. Jy was geskok en voel jy moet jou vriend/vriendin inlig oor hoe jy oor
sy/haar gedrag voel.
Skryf ʼn vriendskaplike brief waarin jy jou teleurstelling en kommer uitspreek. [30]
2.2 KOERANTARTIKEL
Daar is ʼn toename in vandalisme en inbrake in jou gemeenskap en dit is ʼn
groot probleem.
Skryf ʼn KOERANTARTIKEL oor die toenemende probleem. [30]
2.3 E-POS
Jy het kos by Checkers gekoop en van die 60 minute diens gebruik gemaak.
Jy is ontevrede oor die diens en hoe lank dit geneem het om die kos af te
lewer.
Stuur ʼn E-POS aan Checkers oor die swak diens te kla. [30]
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
Dis jou ma en pa se 25ste huweliksherdenking. Jy moet namens die kinders
ʼn toespraak by die partytjie lewer.
Skryf die TOESPRAAK neer. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
• Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
3.1 WHATSAPP BOODSKAP
Jou onderwyser stuur jou die volgende boodskap:
Goeiemôre Sikho. Waarom het jy nie die ekstra Afrikaansklasse bygewoon
nie? Ek let op dat dit nou al die derde klas is wat jy mis.
Skryf ʼn WhatsApp boodskap aan jou onderwyser om te verduidelik waarom
jy nie die ekstra klasse bygewoon het nie. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
Jy was in ʼn geveg/bakleiery by die skool en moet voor die dissiplinêre
komitee verskyn. Skryf jou gevoelens in jou dagboek neer.
Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:
• Die dag voor die dissiplinêre verhoor
• Die dag na die dissiplinêre verhoor [20]
3.3 INSTRUKSIES
Jy het baie vriende en weet hoe belangrik goeie vriendskappe is.
Skryf SEWE (7) instruksies oor hoe om ʼn goeie vriend te wees puntsgewys
neer. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo
%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Memorandum