You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020 hlayiso.com

Subject: Afrikaans FalGrade 1220207 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ʼn streep deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Ek werk aan ʼn blink toekoms vir my. [50] 1.2 Sy/haar laaste woorde aan my sal ek nooit vergeet nie. [50] 1.3 Covid-19 het my die volgende laat besef ... [50] 1.4 ʼn Dag in my ma/pa/ouma/oupa se skoene. [50] 1.5 Moet ons almal help om water te bespaar? [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van die opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron: www.google images.com 2020] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.6.2 [Bron: pinterest 2019] [50] 1.6.3 [Bron :Color by number 2020] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 BEDANKINGSBRIEF Covid-19 het jou laat besef hoe kort die lewe is en hoe vinnig dinge kan verander. Skryf ʼn BEDANKINGSBRIEF aan jou ouers/familielid wat ʼn sleutelrol in jou lewe speel. [30] 2.2 CV EN DEKBRIEF Jou naam is Ben Faltein en jy het die volgende advertensie in julle plaaslike koerant gesien. Gebruik die advertensie en CV hier onder om ʼn DEKBRIEF te skryf waarin jy aansoek doen as assistent by die Eet Lekker bakkery. Jy rig die brief aan die bestuurder van die Eet Lekker bakkery. POS BESKIKBAAR Eet Lekker bakkery het ʼn pos beskikbaar vir ʼn assistant wat kan help met ʼn verskeidenheid van take by die bakkery. VEREISTES: 1. Goeie menseverhoudings 2. Jy moet van bak hou 3. Goeie spanwerk 4. Stiptelikheid Belangstellendes kan ʼn dekbrief aan die bestuurder van Eet Lekker bakkery rig, Retiefstraat 5, Port Elizabeth, 6001. Aansoeke sluit om 12h00 op 28 September 2020. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020) CURRICULUM VITAE VAN BEN FALTEIN Volle naam en van: Ben Faltein ID-nommer: 200325 0024 085 Kontaknommer: 071 563 4012 Belangstellings: Die natuur, musiek, draf, kos en bak Hoogste graad geslaag: Graad 11 Vorige werkondervinding: Gewerk as kassiere by Spar. Referent: Nellie Steyn (Selfoonnommer: 082 344 5621) [30] 2.3 INFORMELE VERSLAG Die inperking het met ʼn klomp reëls en regulasies gekom. Skryf ʼn informele verslag oor enige van die inperkingsreëls wat jy dink onregverdig was. [30] 2.4 DIALOOG ʼn Seun/meisie van wie jy baie hou vra jou om sy/haar meisie/kêrel te wees. Skryf die gesprek tussen julle in dialoogvorm neer. Skryf die DIALOOG neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jy wil graag jou ou rekenaar en selfoon verkoop. Ontwerp ʼn ADVERTENSIE om dit te adverteer. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWING Jy het planne gehad om by jou beste vriend/vriendin vir die vakansie te gaan kuier. Die president kondig toe die inperking aan. Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:  Die dag toe die president die aankondiging maak. Sê hoe jy op daardie oomblik gevoel het.  Dis nou ses maande later. Sê hoe jy nou voel. [20] 3.3 WENKE Al jou vriende/inne wil ʼn bietjie gewig verloor en gesonder wees vir die somervakansie. Skryf AG (8) WENKE neer wat jy vir hulle sal gee om dit te bereik. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all