Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 18 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 395.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)300 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
SKRYF EN AANBIED
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 BEDANKINGSBRIEF
VRAAG 2.2 CV EN DEKBRIEF
VRAAG 2.3 INFORMELE VERSLAG
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING
VRAAG 3.3 WENKE
2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die
inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens
die laagste kode geassesseer.
5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk
gebruik word.
6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.
Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering
gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn afsonderlike
woord(e) binne die konteks van die sin nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (…) → Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, [ Begin van nuwe sin
lomp sin
Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord
nie-funksionele /
vreemde woorde
Standaardafrikaans bly
die norm.
Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook
gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/
streeksuitdrukkings.
Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
onverstaanbaar
Saamgeflans uit die O Omkring
vraestel
Punktuasie Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
3. Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoog.
Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
inhoud en Beplanning.
Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens INHOUD,
BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of
ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net
EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt
I/B Knap + 22
T/S/R Uitsonderlik – 13
S Knap 4
TOTAAL: 39
AFDELING B Kode Punt
I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 15
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Ek werk aan ʼn blink toekoms vir my.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn
interessante wyse van dit wat hy/sy doen om te verseker dat
sy/haar toekoms blink is. Die kandidaat kan in sy/haar
vertelling die klem laat val op die planne en idees wat hy/sy
het om te verseker dat die toekoms suksesvol sal wees. Die
kandidaat mag ook uitbrei oor die bystand en aanmoediging
wat hy/sy kry om dit moontlik te maak dat hy/sy ʼn blink
toekoms het.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor of
dit die moeite werd is om aan ʼn blink toekoms te werk
aangesien daar soveel struikelblokke is om te oorkom. Die
kandidaat kan ook bespiegel oor wat sy/haar idee van ʼn blink
toekoms is. Die kandidaat oordink wat alles nodig is om ʼn
blink toekoms te verseker.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn
lewendige wyse die pad of reis tot nou toe en wat alles hy/ sy
gedoen het oor die jare om te werk aan sy/haar toekoms. Die
kandidaat kan ook uitbrei oor die dinge wat hy/sy moes
oorkom om te verseker dat hy/sy ʼn goeie of blink toekoms het.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 Sy/haar laaste woorde aan my sal ek nooit vergeet nie.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse wat die laaste woorde is wat hy/sy nie sal vergeet nie. Daar kan
uitgebrei word oor waarom die woorde hom/haar so diep geraak het
en hoekom dit so betekenisvol is. Die verhouding tussen die persoon
en die kandidaat kan ook beskryf word.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante,
lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar hy/sy iemand se laaste
woorde aan hom/haar sal onthou en waarom die woorde betekenisvol
of belangrik is. Daar kan uitgebrei word oor die verhouding tussen die
kandidaat en die persoon en wat die konteks vir die woorde was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor die
laaste woorde van ʼn persoon en of hy/sy dit ter harte moet
neem. Daar kan bespiegel word oor hoekom juis hierdie
woorde of oor hoekom hy/sy nooit hierdie woorde sal
vergeet nie. Die kandidaat kan besin daaroor en tot die
slotsom kom dat ʼn mens tog moet ag slaan aan woorde wat
betekenisvol is vir ons lewe. Die kandidaat kan ook
bespiegel oor of mens moet ag slaan aan woorde wat
negatief bedoel word en wat jou afbreek.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 Covid-19 het my die volgende laat besef ...
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die dinge
wat hy/sy besef vandat Covid-19 deel van ons lewens
geword het. Die kandidaat kan fokus op enige aspek van
die pandemie in sy/haar beskrywing. Die kandidaat kan
uitbrei oor hoe die pandemie ons almal affekteer. (negatief of
positief).
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat oor die
Covid-19 pandemie en die impak daarvan op ons daaglikse
lewens. Hy/sy kan redeneer dat die pandemie slegte en
goeie gevolge het en hy/sy brei daarop uit.
Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die
kandidaat die Covid-19 pandemie en hoe dit mense se
lewens verander het.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn
interessante wyse ʼn storie oor iemand wat dalk met die
Corona virus besmet is en hoe die persoon deur die siekte
geaffekteer is. Die kandidaat kan uitbrei oor wat die persoon
besef het.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
1.4 ʼn Dag in my ma/pa/ouma/oupa se skoene ...
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
wat alles sy/haar ma/pa/ouma/oupa doen gedurende die dag en hoe
sy/hy hul rol as ma/pa/ouma/oupa uitleef en vervul.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse sy/haar ma/pa/ouma/oupa en die verantwoordelikhede wat die
ma/pa/ouma/oupa het. ’n Fisiese beskrywing kan gegee word. Daar
kan ook na die ma/pa/ouma/oupa se skoene verwys word (letterlik)
en na alles wat die ma/pa/ouma/oupa in hierdie skoene vir haar/sy
familie doen.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor of die
ma/pa/ouma/oupa werklik so ʼn belangrike rol speel of nie. Die
kandidaat kan bespiegel oor of hy/sy ooit hul ma/pa/ouma/oupa se
skoene sal kan volstaan as sy/hy die dag nie meer daar is nie. Die
kandidaat kan ook bespiegel oor die rol van die ma/pa/ouma/oupa in
die huisgesin en of dit wel so belangrik is.
Die kandidaat kan oor enige volwasse figuur in sy/haar familie skryf.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 Moet ons almal help om water te bespaar?
Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van
die begin af ʼn standpunt in, naamlik: “Ons moet almal help om
water te bespaar, of “Ons hoef nie almal te help om water te
bespaar nie.” Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt deur
voorbeelde en statistieke te noem. Die kandidaat gee dan
grondige redes en motivering vir sy/haar standpunt.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse van gevalle waar mense hard saamwerk om water te bespaar
soos in die gebiede waar daar ʼn watertekort is.
Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die
kandidaat op ʼn interessante wyse van ʼn gebeurtenis waar daar
water bespaar moes word omdat daar droogte was.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in ʼn
gebalanseerde opstel waarom dit nodig is om water te bespaar
en hoe almal kan help om dit te bewerkstellig.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die
kandidaat of dit nodig vir almal is om te help om water te
bespaar en of daar werklik so ʼn tekort aan water is.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.6 VISUELE PRIKKELS
Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
oorweeg word.
Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag
word.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
1.6.1 PRENTJIE: PAARTJIE BY DIE LUGHAWE
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: reis, ʼn paartjie wat dalk op wittebrood
gaan, ʼn nuwe lewe iewers anders, vakansie, die eerste
vliegondervinding, ʼn reis wat kort geknip is, ens.
Figuurlike interpretasie: ʼn nuwe lewe, ontvlugting, verhoudings,
familie, liefde, deernis, ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 PRENTJIE: DIE GLOEILAMP
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: beurtkrag, kan oor die probleme met
elektrisiteit in die land handel. Die kandidaat kan skryf oor
beligting in die algemeen en oor hoeveel mense in ons land
steeds nie toegang tot elektrisiteit het nie.
Figuurlike interpretasie: die idees wat ons het, dalk leiding tot
ander insigte, oplossings vir probleme, ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.3 PRENTJIE: STOEL MET MUSIEKNOOT KUSSING EN KITAAR
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: Musiek of stokperdjies soos kitaar speel.
Meubelering en gunstelingstoel/e en hul doel.
Figuurlike interpretasie: Ontspanning of stokperdjies.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 BEDANKINGSBRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn bedankingsbrief aan sy/haar ouers (enige familielid)
om dankie te sê vir die sleutelrol wat hulle in sy/haar lewe speel. Die
kandidaat kan in die brief uitbrei oor wat alles sy/haar ouers/familielid doen.
KENMERKE
Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is vriendelik, persoonlik en
informatief van aard.
Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
Die kandidaat spreek die ouers/familielid direk aan.
In die brief moet die kandidaat dankie sê vir die ondersteuning en
bystand tot nou.
Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die kandidaat en
sy/haar ouers/familielid pas en moet informeel en liefderyk wees.
Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf
word.
Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 28 September 2020.
ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bladsy 10.
Die aanhef, afsluiting en slot
Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
Groete/liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
Daar word nie ʼn reël tussen Jou seun/dogter en die naam oopgelaat nie.
Die omskrywing, bv. Jou seun/dogter, voor die briefskrywer se naam, is
opsioneel.
Die paragrawe
ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer die ouers/familielid wil bedank vir die ondersteuning en
bystand wat die ouers/familielid oor die jare verleen het.
Die liggaam van die brief brei op die rede vir die brief uit. Die briefskrywer
brei uit oor alles waarvoor hy/sy dankbaar is.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 Of
Pleknaam Westdene Sewendelaan10
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam
en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009
bladsy 121).
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 CV EN DEKBRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn dekbrief (in die afwesigheid van ʼn aansoekvorm) om as
assistent by die Eet Lekker bakkery aansoek te doen. Die kandidaat gebruik
die relevante informasie in die advertensie om die brief te skryf.
KENMERKE
Hierdie dekbrief begelei die CV.
Dit gee ʼn beknopte opsomming van die inhoud in die CV.
Dit moedig die werkgewer aan om die CV te raadpleeg.
Die dekbrief behoort te bevestig dat die aansoeker die ideale kandidaat vir
die werk is.
Die aansoeker verklaar hom/haar bereid om vir ʼn onderhoud te gaan
Die aanslag, inhoud en styl is formeel.
Die toon, styl en woordkeuse moet pas by die aard van die brief en moet
by die verhouding tussen die kandidaat en die ontvanger van die brief pas.
Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef en slot gebruik nie.
Die adres en datum
Die adres van die briefskrywer mag regs boaan in blokvorm geskryf word.
Die bestuurder van die bakkery se adres word links teen die kantlyn in
blokvorm geskryf.
Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en datum oopgelaat te word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 28 September 2020.
ʼn Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
Die aanhef word teen die kantlyn geskryf en is formeel.
Die bestuurder word as “Geagte ...”/“Meneer”/“Mevrou” aangespreek.
Die doel/essensie van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
kleinletters geskryf en onderstreep word.
“Die uwe” en briefskrywer se naam/handtekening vorm die slot.
Die briefskrywer se voorletters en van kan onder geskryf word.
ʼn Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat nie.
Die paragrawe
ʼn Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
doen aansoek om werk as assistent.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. [30]
2.3 INFORMELE VERSLAG
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn informele verslag oor enige van die inperkingsreëls wat
hy/sy dink onregverdig was.
KENMERKE
Die inhoud van die informele verslag is saaklik en opsommend en lig die
besonderhede van die inperking uit en wat onregverdig was.
Die verslag verskaf inligting oor die vrae: wie?, wat?, waar? en wanneer?
Die toon, styl en woordkeuse is saaklik en objektief.
FORMAAT
Daar is ʼn opskrif wat die doel van die verslag aandui.
Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.
Geen emosionele taal nie; die styl is saaklik.
Die kandidaat mag met persoonlike besonderhede begin.
Die paragrawe moet ʼn logiese verduideliking wees van die inperking en
wat onregverdig was.
Die verslag is kort en bondig, maar moet soveel moontlike detail verskaf.
Die inleidingsparagraaf stel die konteks duidelik.
Die liggaam gee meer inligting oor die reëls wat onregverdig was.
Tyd, datum of tydperk van die inperking kan as deel van die detail gegee
word.
Die inligting mag ook onder subopskrifte gegee word.
Die kandidaat gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.
Die verslag word in die verlede tyd geskryf.
Die verslag mag ʼn gevolgtrekking insluit wat kan handel oor die
onregverdigheid van die inperking.
Die verslag word onderteken. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidaat skryf die dialoog wat hy/sy met die seun/meisie het wat
hom/haar vra om sy/haar kêrel/meisie te wees. Die kandidaat skryf die
gesprek in dialoogvorm neer.
KENMERKE
Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die seun/meisie
wat die vraag vra.
Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om die kandidaat te
vra om sy/haar meisie/kêrel te wees.
Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.
Toon, styl en woordkeuse is vriendelik, hoflik en liefdevol.
FORMAAT
Kandidaat mag ʼn konteks skep voordat die dialoog geskryf word.
Die sprekers (kandidaat en seun/meisie) word netjies onder mekaar
teenaan die linkerklantlyn (blokvorm) aangedui.
Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
Die spreekbeurte is in blokvorm.
Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of
waar dit toepaslik is. [30]
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers
word getel.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn advertensie wat mense moet oortuig om hul
rekenaar en selfoon te koop.
KENMERKE
Die advertensie is ʼn inligtingsblad wat mense moet aanmoedig om die
rekenaar en selfoon te koop.
Die teiken is mense in die omgewing sowel as leerders van die skool.
Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
Die inligting moet logies uiteengesit word.
Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die advertensie moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
Hierdie advertensie moet ’n begeerte by die leser wek om die
rekenaar en selfoon te koop.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die rekenaar en selfoon koop.
Toon, styl en woordkeuses moet die leser oortuig om die aankope te
maak.
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS
Die kandidaat doen TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy gevoel het oor
die aankondiging wat die president aangaande die inperking gemaak het.
KENMERKE
Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
gevoelens oor die president se aankondiging aangaande die inperking.
Gevoelens/ervarings word beskryf.
Die dagboek word in die eerste persoon geskryf.
Plekke, familie, vriende word op die naam genoem.
Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
FORMAAT
Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak.
Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
Dis nie nodig om Liewe Dagboek te skryf nie.
Skryf kort en bondig en fokus net op die gevoelens toe die aankondiging
gemaak is en nou, ses maande later.
Die styl kan informeel wees.
Die uiteensetting van die inskrywing is in paragraafvorm. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.3 WENKE
FOKUS
Die kandidaat gee agt wenke wat gebruik kan word indien jy gewig wil verloor
of gesonder wil wees. Die kandidaat mag aandui wat gedoen mag word of nie
gedoen mag word nie of ʼn kombinasie daarvan.
KENMERKE
Die wenke moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
Die inligting is bedoel om leiding te gee wat gewigsverlies en ʼn gesonder
leefstyl betref.
Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik wees.
FORMAAT
Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls moet tussen-in oopgelaat word.
Ander aanduiders soos koeëlpunte kan gebruik word.
Paragraafvorm
Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê.
Die wenke moet in volsinne aangebied word.
Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. Die instruksies kan met
JY ... /Ek ..., ens. begin. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant.
bo verwagting. vaardigheid. samehangend en respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees)
Organisering van - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend. - Idees onduidelik, nie en nie op
volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie.
Hoë vlak
idees vir beplanning; onderwerp
Bewustheid van leser tot nadenke. en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie.
doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid. insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en
konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang. herhalend.
samehang, goed en samevatting/slot. - Geen organisasie
insluitend inleiding, samehangend, nie en is
30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend.
samevatting/slot. liggaam en
samevatting/slot.
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
- Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in
treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant. ooreenstemming
van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant, onduidelikheid. - Idees begin los met onderwerp te
- Idees intelligent en - Idees redelik staan en kan
Lae vlak
interessant. wees nie.
volwasse. - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees. - Heeltemal
- Knap organisasie en samehangend, oortuigend. - Skaars ’n bewys irrelevant en
samehang, insluitend insluitend inleiding, - ’n Mate van van organisasie ontoepaslik.
inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang. - Deurmekaar en
samevatting/slot. samevatting/slot. samehang, geen fokus nie.
insluitend inleiding,
liggaam en
samevatting/slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar.
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register,
woordeskat is geskik en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks styl en
Hoë vlak
vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie. woordeskat
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas
indrukwekkend gepaste toon word dra. basies. vir doel, gehoor
Woordkeuse;
- Toon retories treffend gebruik. - Toon is gepas. - Toon en en konteks.
Taalgebruik en
en effektief. - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so
konvensies,
- Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik. beperk dat dit
punktuasie,
spelling feitlik foutvry. foutvry. te versterk. - Baie beperkte onmoontlik is
grammatika, spelling - Knap gedaan. - Baie goed gedoen. woordeskat. om sin te maak.
13 10 7 4
15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik
uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende.
retories effektief. algemeen effektief. word opgemerk. - Weinig indien enige
Lae vlak
- Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry. effektief. gepas en beperkte - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk.
gedaan. grammatika en middele.
spelling.
- Goed gedoen.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel. geldig. punte ontbreek.
Paragraafontwikkeling onderwerp. details. - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en
- Uitsonderlike detail. - Samehangend goed gekonstrueer. paragrawe foutief. paragrawe foutief.
en sinskonstruksie
- Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie
uitsonderlik paragrawe logies effens sin. sin. sin nie.
5 PUNTE gekonstrueer. en toon variasie.
VERSPREIDING VAN
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van
verwagting. kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die
- Idees intelligent en van die soort teks. kenmerke van die die soort teks. soort teks nie.
Respons en idees; volwasse. - Behou fokus – geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie. - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking.
beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings. - Geen samehang in
gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie.
konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail
en konteks fokus. wat die onderwerp in inhoud en idees nie. ondersteun die
- Samehang in ondersteun. - Sommige detail - Min detail onderwerp.
inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van
18 PUNTE
- Idees behoorlik onbeduidende foute. onderwerp. onderwerp. formaat nie
uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie.
wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg
ondersteun. enkele foute. toegepas.
- Gepaste en - Kritiese foute
akkurate formaat. begaan.
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl
en woordeskat woordeskat baie woordeskat is geskik woordeskat minder en woordeskat stem
Toon, register, styl, hoogs geskik vir geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en geskik vir doel, nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en doel, gehoor en en konteks. konteks. gehoor en konteks. gehoor en konteks
konteks; konteks. - Grammatika oor die - Enkele - Grammatika nie.
- Grammatika algemeen korrek en grammatikafoute. onakkuraat met etlike - Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies;
akkuraat en goed goed gekonstrueer. - Voldoende foute. verward.
Woordkeuse;
gekonstrueer. - Baie goeie woordeskat. - Basiese woordeskat. - Woordeskat nie
Punktuasie en spelling - Feitlik foutloos. woordeskat. - Foute belemmer nie - Betekenis belemmer. geskik vir doel nie.
- Oorwegend foutloos. betekenis nie. - Betekenis ernstig
12 PUNTE belemmer.
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van
- Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die
Respons en idees; volwasse. van die soort teks. soort teks. die soort teks. soort teks nie.
- Grondige kennis van - Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van afwyking nie. nie – enkele afwykings. fokus, maar met met groot afwyking.
idees; kenmerke van die soort
teks. - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings. - Geen samehang in
Kenmerke/konvensies en idees; baie goed inhoud en idees. - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie.
en konteks - Skryfwerk behou fokus.
uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail
- Samehang in inhoud
die onderwerp ondersteun die nie. ondersteun die
en idees.
12 PUNTE ondersteun. onderwerp. - Min detail onderwerp.
- Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van
uitgebrei met detail onbeduidende foute. gepas, maar met enkele onderwerp. formaat nie toegepas
wat die onderwerp foute. - Nodige reëls van nie.
ondersteun. formaat vaagweg
- Gepaste en akkurate toegepas.
formaat. - Kritiese foute
begaan.
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks. konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks
doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die - Enkele grammatika- konteks. nie.
Taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en foute. - Grammatika - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos. goed gekonstrueer. - Voldoende woordeskat. onakkuraat met verward.
konvensies
- Baie goeie woordeskat. - Foute belemmer nie etlike foute. - Woordeskat nie
Woordkeuse; betekenis nie. - Basiese woordeskat. geskik vir doel nie.
- Oorwegend foutloos.
Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer. - Betekenis ernstig
8 PUNTE belemmer.
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper