Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye wat drie rubrieke insluit.
You're offline
Skip to contentMemorandum View all
AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 20
- File size
- 573.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
SKRYF EN AANBIED
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 KOERANTARTIKEL
VRAAG 2.4 ONDERHOUD
AFDELING C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING
VRAAG 3.3 AANWYSINGS
2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die
inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens die
laagste kode geassesseer.
5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk
gebruik word.
6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.
Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering
gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn afsonderlike
woord(e) binne die konteks van die sin nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (…) → Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, [ Begin van nuwe sin
lomp sin
Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord
nie-funksionele / vreemde
woorde
Standaardafrikaans
bly die norm.
Gebruiksafrikaans
moet vermy word.
Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente
het nie.
Aanvaar ook
gemotiveerde
Afrikaanse
streekswoorde/
streeksuitdrukkings.
Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
onverstaanbaar
Saamgeflans uit die O Omkring
vraestel
Punktuasie Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
3. Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë-of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoog.
Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
Inhoud en Beplanning.
Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens INHOUD,
BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of
ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net
EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt
I/B Knap + 22
T/S/R Uitsonderlik – 13
S Knap 4
TOTAAL: 39
AFDELING B Kode Punt
I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 15
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Ons lewe in onsekere tye, maar ons is hoopvol.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
van dit wat die tye so onseker maak en hoekom hy/sy voel dat daar
tog nog hoop is. Die kandidaat kan in sy/haar vertelling die klem laat
val op die dinge wat ons onseker laat voel en hoekom ons hoopvol is
ten spyte daarvan. Die kandidaat mag ook uitbrei oor hoekom ons
moet hoopvol bly al bly ons in onsekere tye.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die
onsekere tye waarin ons leef en of dit wel onsekere tye is en waarom
ons hoopvol is. Die kandidaat kan ook bespiegel oor wat sy/haar idee
van die onsekerheid van ons tye is. Die kandidaat oordink waarom
ons hoopvol moet wees ten spyte van die onsekere tye waarin ons
lewe.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat dit wat die tye
waarin ons leef so onseker maak. Die kandidaat beskryf ook waarom
ons hoopvol is en brei uit oor hoekom ons optimisties moet bly ten
spyte van ons onsekerheid. Die kandidaat kan ook uitbrei oor die
dinge wat hy/sy doen om positief te bly in hierdie onsekere tye.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 Ek het ʼn beurs vir my studies gewen!
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse hoe hy/sy ʼn beurs vir sy/haar studies gewen het. Daar kan
uitgebrei word oor by watter kompetisie ingeskryf is en wat gedoen
moes word om te wen. Die kandidaat kan ook die reёls van die
kompetisie beskryf en hoekom hy/sy gekwalifiseer het.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante,
lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar hy/sy by ʼn kompetisie
ingeskryf het en sonder verwagting ʼn beurs gewen het. Daar kan
uitgebrei word oor wat die kompetisie behels het en wat verwag is
om te kwalifiseer. Die kandidaat kan vertel van die rigting waarin
hy/sy wil studeer en hoekom dit so ideaal is dat hy/sy die beurs
gewen het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor die beurs wat
hy/sy gewen het en hoe dit sal help om sy/haar studies te voltooi.
Daar kan bespiegel word oor hoekom die beurs kan help om
sy/haar studies te voltooi. Die kandidaat kan ook bespiegel oor
beurse en hoe dit kandidate met finansiёle probleme met hul
studies kan help.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 Ek mis ons vakansies by die see.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar vakansies
by die see en hoekom hy/sy dit mis. Die kandidaat kan fokus op
waar hy/sy gewoonlik vakansies gaan hou het en hoekom hy/sy dit
mis. Die kandidaat kan uitbrei oor hoekom dit so spesiaal was en
hoekom hy/sy dit mis.
Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor
vakansies by die see en hoekom dit so gewild is. Die kandidaat kan
redes en feite gee oor hoekom mense vakansies by die see verkies.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante
wyse ʼn storie oor hul vakansies by die see en hoekom daar daarna
terug verlang word. Daar kan in die vertelling uitgebrei word oor ʼn
spesifieke vakansie of vakansies en hoekom die persoon dit nou
mis.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
1.4 My liggaam, my keuse ...
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse
ʼn storie toe hy/sy ʼn keuse oor sy/haar liggaam moes maak. Die
kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor die wroeging, al dan nie, oor
die keuse wat gemaak moes word.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse keuses oor ons liggame en hoekom dit in die hande van die
individu is. Die kandidaat mag onderwerpe soos aborsies, dwelm- en
drankmisbruik asook tatoes aanraak.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor keuses wat
oor jou liggaam gemaak moet word en wie hierdie
verantwoordelikheid van die keuse moet dra. Die kandidaat kan ook
bespiegel oor hoekom dit belangrik is dat mense die gevolge van hul
keuses moet aanvaar.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 Kan ons land bekostig om nog lewens aan COVID-19 te verloor?
Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin
af ʼn standpunt in, naamlik: “Ons land kan bekostig om nog lewens
aan COVID-19 te verloor, of “Ons land kan nie bekostig om nog
lewens aan COVID-19 te verloor nie. Die kandidaat motiveer sy/haar
standpunt deur voorbeelde en statistieke te noem. Die kandidaat gee
ook grondige redes vir sy/haar standpunt.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse van gevalle waar mense hul lewens aan COVID-19 verloor het
en hoekom hy/sy voel genoeg is nou genoeg. Die kandidaat kan
uitbrei oor wat alles gedoen kan word om die verlies aan lewens te
stop.
Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die kandidaat op
ʼn interessante wyse ʼn storie waar talle mense hul lewens verloor het
as gevolg van COVID-19. Die kandidaat kan in die vertelling uitbrei
oor hoe dit hom/haar geraak het en waarom dit belangrik is dat ons
nie meer lewens moet verloor nie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in ʼn gebalanseerde
opstel waarom dit nodig is om die verlies van nog lewens aan COVID-
19 te stop en wat gedoen moet word om dit moontlik te maak.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die kandidaat
of dit moontlik is om die verlies aan lewens as gevolg van COVID-19
te stop.
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.
1.6 VISUELE PRIKKELS
Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
oorweeg word.
Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
1.6.1 PRENTJIE: KETTING MET SLOT
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: tronke, ʼn geliefde wat agter tralies is,
sekuriteit, inperkings, ensovoorts.
Figuurlike interpretasie: ʼn lewe agter tralies op figuurlike vlak,
die beperkings wat ons onsself oplê, verbode liefde,
ensovoorts.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 PRENTJIE: DIE STAD
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: groot stede en die vinnige lewe
daarvan, vinnige motors, stad versus platteland, ensovoorts.
Figuurlike interpretasie: die gejaagde stadslewe, ons gejaag na
materiёle dinge, ensvoorts.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
1.6.3 PRENTJIE: FAMILIE
Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
Letterlike interpretasie: Die familie, ʼn gelukkige huisgesin,
enkelkinders, ens.
Figuurlike interpretasie: Die belangrikheid van ʼn gelukkige
familie, sekuriteit, ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn vriendskaplike brief aan sy/haar broer/suster om
hulle in te lig oor hoe dinge by die huis is. Die kandidaat kan uitbrei oor die
stres wat hy/sy ervaar as gevolg van die omstandighede tuis.
KENMERKE
Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is vriendelik, persoonlik en
informatief van aard.
Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
Die kandidaat spreek die broer/suster direk aan.
In die brief moet die kandidaat vertel van dit wat dinge tuis nie lekker
maak nie en uitbrei oor hoe stresvol dit vir hom/haar is.
Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die kandidaat
en sy/haar broer/suster pas en moet informeel en liefderyk, dog
bekommerd wees.
Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf
word.
Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
te word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 28 September 2021.
ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bladsy 11.
Die aanhef, afsluiting en slot
Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die
linkerkantlyn geskryf.
Groete/ liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
Daar word nie ʼn reël tussen Jou broer/suster en die naam oopgelaat
nie.
Die omskrywing, bv. Jou broer/suster, voor die briefskrywer se naam,
is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11
Die paragrawe
ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik,
byvoorbeeld dat die briefskrywer die broer/suster wil inlig oor die
situasie tuis wat nie lekker is nie.
Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die
briefskrywer brei uit oor alles wat die situasie tuis problematies maak
en oor hoekom dit stresvol is.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 Of
Pleknaam Westdene Sewendelaan10
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn
samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling
tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf
word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bladsy 121).
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn HULDEBLYK vir die gunstelingonderwyser/es wat
aftree. Die kandidaat kan vertel watter belangrike invloed die
onderwyser/es op die leerders se lewens gehad het en wat hy/sy vir die
skool beteken het.
KENMERKE
Die huldeblyk het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
Die volgende besonderhede van die onderwyser/es kan gegee word:
naam, van en ouderdom, hoogtepunte van die onderwyser/es se lewe,
staaltjies oor die onderwyser/es, die rol wat die onderwyser/es in
sy/haar lewe gespeel het en ook wat die onderwyser/es vir die skool
beteken het.
Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, naamlik om die persoon
te vereer en te onthou.
Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die onderwyser(es) kry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
Die aanslag, inhoud en styl is formeel, versagtend, liefdevol,
waarderend van aard.
Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Die toon, styl en woordkeuse moet pas by die aard van die huldeblyk en
moet by die verhouding tussen die kandidaat en die onderwyser/es pas.
Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die huldeblyk moet korrek wees.
Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif hê.
Die inleidende paragraaf
Die huldeblyk moet met ʼn sin (groet) ingelei word wat alle aanwesiges
se aandag vasvang.
Die inleidende sin is baie belangrik.
Die inleiding moet oor die waardering/verering van die onderwyser/es
gaan.
Die paragrawe
Die huldeblyk sluit verskillende herinneringe en hoogtepunte wat
persoonlike gebeure en staaltjies oor die onderwyser/es bevat. Dit
word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek.
Die slotparagraaf moet die huldeblyk saamvat en treffend wees. [30]
2.3 KOERANTARTIKEL
FOKUS
Die koerantartikel handel oor die talle vermiste kinders in die omgewing en
oor hoe daar opgetree moet word om dit te bekamp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13
KENMERKE
Die koerantartikel se formaat is duidelik herkenbaar.
Die aanslag is objektief/ saaklik, maar nie streng formeel nie.
Die doel van hierdie teks is om oor ʼn insident te berig of te vertel.
Die skrywer vertel objektief van wat gebeur het.
Die koerantartikel word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
insident verwys word.
Die naam van die persoon wat die artikel skryf, moet verskaf word.
Die koerantartikel word in die derde persoon geskryf.
Feite of inligting moet korrek wees.
Dit is kort en bondig.
Kommentaar van ooggetuies kan ingesluit word.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
Die inhoud handel oor wie, wat, waar, wanneer, hoe, ens.
Die inhoud van die koerantartikel moet die fokus ondersteun.
Die inligting is logies, betroubaar en duidelik uiteengesit.
Slegs die nodigste detail word gebruik om die feite uit te brei.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
Die toon is saaklik en informatief.
Die taal is saaklik, maar nie streng formeel nie.
Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
Die grammatika en spelling geniet aandag.
Die koerantberig kan in die lydende of bedrywende vorm geskryf word
en taal moet maklik verstaanbaar wees.
FORMAAT
Die meeste feite word opsommend in die eerste paragraaf gegee:
Wie, wat, waar, wanneer en waarom, hoe, in watter mate?
Die koerantartikel kan in paragrawe of kolomme aangebied word.
Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende
paragrawe uitgebrei.
Die koerantartikel se titel moet gegee word en dit mag ʼn subtitel hê.
Die slot vat die koerantartikel saam. [30]
2.4 ONDERHOUD
FOKUS
Die kandidaat skryf die ONDERHOUD tussen hom/ sy en die Instagram
ster neer. Die fokus moet val op die planne wat die Instagram ster vir die
volgende jaar het. Die kandidaat skryf die gesprek in dialoogvorm neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
KENMERKE
Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die
Instagram ster.
Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om die Instagram
ster uit te vra oor sy/haar planne vir die volgende jaar.
Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.
Duidelike en kort vrae is nodig.
Relevante antwoorde moet verskaf word.
Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik.
Toon, styl en woordkeuse is vriendelik en hoflik wees en by die aard van
die onderhoud pas.
FORMAAT
Kandidaat mag ʼn konteks skep voordat die dialoog geskryf word.
Die sprekers (kandidaat en Instagram ster) word netjies onder mekaar
teenaan die linkerkantlyn aangedui (blokvorm).
Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
Die spreekbeurte is in blokvorm.
Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf
of waar dit toepaslik is. [30]
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die
sprekers word getel.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn plakkaat wat mense moet oortuig hoe om tydens die
pandemie in die openbaar op te tree.
KENMERKE
Die plakkaat is ʼn inligtingsblad wat die moets en moenies van hoe om
tydens die pandemie in die openbaar op te tree, demonstreer.
Die teiken is mense in die omgewing sowel as leerders van die skool.
Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
Die inligting moet logies uiteengesit word.
Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die plakkaat moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om reg in die
openbaar op te tree tydens die pandemie.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die nodige doen wanneer hy/sy in die openbaar is.
Toon, styl en woordkeuses moet die leser oortuig om reg op te tree in
die openbaar. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS
Die kandidaat doen TWEE dagboekinskrywings oor sy/haar reis na die
buiteland.
EEN inskrywing oor die dag van sy/haar vertrek.
EEN inskrywing oor die dag toe hy/sy daar aankom.
KENMERKE
Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
besoek aan die buiteland.
Gevoelens/ervarings word beskryf.
Die dagboek word in die eerstepersoon geskryf.
Die inhoud ondersteun die kandidaat se gevoelens en ervarings tydens
sy/haar besoek aan sy/haar gunsteling land.
Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
FORMAAT
Die kandidaat moet TWEE inskrywings maak.
Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan
geskryf word.
Dis nie nodig om Liewe Dagboek te skryf nie.
Skryf kort en bondig en fokus net op die nodige gedagtes en gevoelens.
Die styl kan informeel wees.
Die uiteensetting van die inskrywing mag in paragraafvorm wees. [20]
3.3 AANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee SEWE aanwysings na plekke op die skool waarin hy/sy
dink die ouers sal belangstel.
KENMERKE
Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om by die plekke uit te
kom.
Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik en
informatief wees.
FORMAAT
Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls moet tussen-in oopgelaat word.
Ander aanduiders soos koeëlpunte kan gebruik word.
Paragraafvorm
Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê.
Die aanwysings moet in volsinne aangebied word.
Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. Die aanwysings kan
met JY ... /Ek ..., ens. begin. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant.
bo verwagting. vaardigheid. samehangend en respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees)
- Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend. - Idees onduidelik, nie en nie op
Organisering van
volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie.
Hoë vlak
idees vir beplanning; onderwerp
Bewustheid van leser tot nadenke. en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie.
doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid. insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en
konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang. herhalend.
samehang, goed en samevatting/slot. - Geen organisasie
insluitend inleiding, samehangend, nie en is
30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend.
samevatting/slot. liggaam en
samevatting/slot.
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
- Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in
treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant. ooreenstemming
van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant, onduidelikheid. - Idees begin los met onderwerp te
- Idees intelligent en - Idees redelik staan en kan
Lae vlak
interessant. wees nie.
volwasse. - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees. - Heeltemal
- Knap organisasie en samehangend, oortuigend. - Skaars ’n bewys irrelevant en
samehang, insluitend insluitend inleiding, - ʼn Mate van van organisasie ontoepaslik.
inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang. - Deurmekaar en
samevatting/slot. samevatting/slot. samehang, geen fokus nie.
insluitend inleiding,
liggaam en
samevatting/slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar.
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register,
woordeskat is geskik en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks styl en
Hoë vlak
vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie. woordeskat
konteks; van vertroue, en ʼn deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas
indrukwekkend gepaste toon word dra. basies. vir doel, gehoor
Woordkeuse;
- Toon retories treffend gebruik. - Toon is gepas. - Toon en en konteks.
Taalgebruik en
en effektief. - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so
konvensies,
- Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik. beperk dat dit
punktuasie,
spelling feitlik foutvry. foutvry. te versterk. - Baie beperkte onmoontlik is
grammatika, spelling - Knap gedaan. - Baie goed gedoen. woordeskat. om sin te maak.
13 10 7 4
15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik
uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende.
retories effektief. algemeen effektief. word opgemerk. - Weinig indien enige
Lae vlak
- Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry. effektief. gepas en beperkte - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk.
gedaan. grammatika en middele.
spelling.
- Goed gedoen.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel. geldig. punte ontbreek.
Paragraafontwikkeling onderwerp. details. - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en
- Uitsonderlike detail. - Samehangend goed gekonstrueer. paragrawe foutief. paragrawe foutief.
en sinskonstruksie
- Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie
uitsonderlik paragrawe logies effens sin. sin. sin nie.
5 PUNTE gekonstrueer. en toon variasie.
VERSPREIDING VAN 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 19
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van
verwagting. kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die
- Idees intelligent en van die soort teks. kenmerke van die die soort teks. soort teks nie.
Respons en idees; volwasse. - Behou fokus – geen soort teks. - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie. - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking.
beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings. - Geen samehang in
gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings. - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie.
konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail
en konteks. fokus. wat die onderwerp in inhoud en idees. nie. ondersteun die
- Samehang in ondersteun. - Sommige detail - Min detail onderwerp.
inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van
18 PUNTE
- Idees behoorlik onbeduidende foute. onderwerp. onderwerp. formaat nie
uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie.
wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg
ondersteun. enkele foute. toegepas.
- Gepaste en - Kritiese foute
akkurate formaat. begaan.
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl
styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en hoogs geskik gehoor en konteks. gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks. nie.
en konteks. die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies;
- Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward
Woordkeuse; akkuraat en gekonstrueer. woordeskat etlike foute. - Woordeskat nie
Punktuasie en spelling. goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie
gekonstrueer. woordeskat betekenis nie. woordeskat - Betekenis ernstig
12 PUNTE - Feitlik foutloos. - Oorwegend - Betekenis belemmer.
foutloos. belemmer.
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van
- Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die
Respons en idees; volwasse. van die soort teks. soort teks. die soort teks. soort teks nie.
- Grondige kennis van - Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van afwyking nie. nie – enkele afwykings. fokus, maar met met groot afwyking
idees; kenmerke van die soort
teks. - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in afwykings. - Geen samehang in
Kenmerke/konvensies idees; baie goed inhoud en idees. - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie.
en konteks - Skryfwerk behou fokus.
uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail
- Samehang in inhoud
die onderwerp ondersteun die nie. ondersteun die
en idees.
12 PUNTE ondersteun. onderwerp. - Min detail onderwerp.
- Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van
uitgebrei met detail onbeduidende foute. gepas, maar met enkele onderwerp. formaat nie toegepas
wat die onderwerp foute. - Nodige reëls van nie.
ondersteun. formaat vaagweg
- Gepaste en akkurate toegepas.
formaat. - Kritiese foute
begaan.
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks. konteks. - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks
doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute. konteks. nie.
Taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos. goed gekonstrueer. - Foute belemmer nie onakkuraat met verward.
konvensies
- Baie goeie woordeskat. betekenis nie. etlike foute. - Woordeskat nie
Woordkeuse; - Basiese woordeskat geskik vir doel nie.
- Oorwegend foutloos.
Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer. - Betekenis ernstig
8 PUNTE belemmer.
VERSPREIDING VAN
17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr 12 Afrikaans P1 (FAL) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans EAT V1 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2023_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT2023_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2023_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2019_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2021_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2021_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Question Paper.pdf
Question paper
Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P1 Nov 2024.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P1 Nov 2024 MG.pdf
Question paper