Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 6 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 338.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer transaksionele teks (30)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn
kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT
jy die finale produk vir elke afdeling skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ʼn streep
deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is.
9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.
10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
• Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou
skryfstuk neer.
1.1 Ons lewe in baie onsekere tye, maar ons is hoopvol. [50]
1.2 Ek het ʼn beurs vir my studies gewen! [50]
1.3 Ek mis ons vakansies by die see. [50]
1.4 My liggaam, my keuse ... [50]
1.5 Kan ons land bekostig om nog lewens aan COVID-19 te verloor? [50]
1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die
vraagnommer (byvoorbeeld. 1.6.1) en die titel van die opstel neer.
LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband wees tussen die opstel en die
prent wat jy gekies het.
1.6.1
[Bron: Pinterest 2021] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.6.2
[Bron: Pinterest 2021] [50]
1.6.3
[Bron: Google Images 2021] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
• Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jy voel die afgelope tyd nie lekker oor hoe dinge by julle huis is nie. Die
situasie maak dat jy baie stres ervaar.
Skryf ʼn vriendskaplike brief aan jou broer/suster waarin jy hom/haar vertel
wat jou pla. [30]
2.2 HULDEBLYK
Jou gunstelingonderwyser(es) tree af en die skool hou ʼn byeenkoms waar
die leerlinge van hom/haar afskeid neem. Jy is gevra om namens die
leerlinge ʼn huldeblyk te doen om hom/haar te vereer.
Skryf die HULDEBLYK neer. [30]
2.3 KOERANTARTIKEL
Daar is talle vermiste kinders in jul omgewing. Die probleem ruk handuit en
daar moet opgetree word.
Skryf ʼn KOERANTARTIKEL waarin jy die probleem van vermiste kinders
aanspreek. [30]
2.4 ONDERHOUD
Een van jou gunsteling-Instagram-sterre besoek julle stad. Jy moet ʼn
onderhoud met hom/haar voer om uit te vind wat sy/haar planne vir die
volgende jaar is.
Skryf die ONDERHOUD in dialoogvorm neer. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
• Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
3.1 PLAKKAAT
Ontwerp ʼn pamflet waarin jy VYF (5) moets en moenies oor hoe om tydens
die pandemie in die openbaar op te tree, demonstreer.
Ontwerp die PLAKKAAT. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
Jy kon na die inperking uiteindelik die buiteland besoek. Jy is op pad na een
van jou gunsteling lande.
Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:
• Die dag van jou vertrek
• Die dag toe jy daar aankom [20]
3.3 AANWYSINGS
Die nuwe graad-8 ouers besoek die skool en jy is een van die leerders wat
die ouers die skool moet wys.
Gee aanwysings na SEWE (7) plekke by julle skool waarin jy dink die ouers
sal belangstel.
Skryf die aanwysings puntsgewys neer. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 KwaZulu Natal Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum