SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
MEI/JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)





Afrikaans FAL P1 May June 2024 MG
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 395.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
ALGEMENE NASIENRIGLYNE
• Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
• Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien
die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
• By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
• Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
verdien die punt.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
TWEE/DRIE na – eers horisontaal en dan vertikaal.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
• Waar byvoorbeeld verskil, kontras, ironie, hoe sluit dit aan gevra word, verdien die
kandidaat EEN punt indien een kant van die saak korrek beantwoord is en TWEE punte
indien beide kante gestel word.
VRAAG 1
TEKS A: HOE LAAT BEGIN MY SEPIE?
[Verwerk uit Wikipedia, News24.com, Maroela media, e.a.]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.1.1 • Binnelanders 2
• Suidooster
• 7de laan
• Isidingo
(Enige TWEE)
1.1.2 seepmaatskappye 1
1.2 Sepies ... 2
• se storielyn ontwikkel (met die verloop van tyd).
• kry gereeld nuwe karakters/se karakters kom en gaan.
• het 'n oop einde/se episodes eindig met 'n probleem of geheim wat
eers later opgelos word.
• word vir 'n tydperk van 12-14 jaar/oor jare uitgesaai.
• word in ateljees opgeneem.
• spreek sosiale kwessies aan.
• is gewild (onder oud en jonk).
• het karakters met wie kykers kan identifiseer.
• vermaak kykers.
• verbeter kykers se taalvermoë.
• laat kykers van hulle probleme vergeet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
• het lewenslesse om uit te leer.
• se storielyne hou kykers nuuskierig/geïnteresseerd
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)
1.3 D/dit die eerste episode van 7de laan was. 1
1.4 • Die woorde "sy glo"/"glo" dui aan dat Aggie so dink. 1
• Daar is geen bewyse/statistiek vir dit wat Aggie glo nie.
• Nie almal stem noodwendig saam met Aggie nie./Daar is mense wat
van Aggie mag verskil.
• Nie almal dink dat 7de laan jou help om verskille en andersheid te
aanvaar nie.
• Nie almal dink dat 7de laan altyd relevant was nie.
• Nie almal dink dat 7de laan hulle vermaak nie.
• Aanhaling: ''Nobuhle Mimi Mahlasela, wat Aggie-Nwenya-Meintjies
speel, sê sy glo dat 7de laan altyd relevant was.''
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.5.1 • Hulle het nuwe woordeskat geleer./Dit het hulle woordeskat 2
verbeter.
• Hulle het die korrekte uitspraak van woorde gehoor./Hulle het
geleer hoe om woorde korrek/reg uit te spreek.
• Daar is Engelse subtitels wat hul woordeskat en gesproke
Afrikaans help verbeter.
(Of soortgelyk aan bogenoemde)
(Slegs die aanhaling ''Hulle het na die Afrikaanse dialoog geluister en dan die
Engelse subtitels gelees.'' verdien geen punte nie. Sou die aanhaling 'n inleidende
sin wees wat tot die antwoord lei, word die punte toegeken.)
1.5.2 • Zoeloe/(isi)Zulu 2
• Engels
1.6 • (Op) die Kaapse Vlakte/Kaap(stad) 1
• (In) 'n semi-privaat hoërskool
(Enige EEN)
1.7 populêre 1
1.8 • 'n Sepie word vir 'n tydperk van 12-14 jaar uitgesaai ✓ en 'n 2
telenovelle tussen 12-18 maande. ✓/’n Sepie word oor jare en ‘n
telenovelle word oor maande uitgesaai.
• Wat in 'n sepie in 'n week/oor 'n paar episodes gebeur ✓, gebeur in
'n dag/een episode in 'n telenovelle. ✓
• Sepies word in ateljees opgeneem ✓, terwyl telenovelles na
verskillende ruimtes verskuif. ✓
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.9 (Op) kykNET (kanaal) 1
1.10.1 E/Skoolgaande kinders voel dat die inhoud van hierdie sepie by hulle 1
eie lewens aansluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.10.2 C/Hierdie sepie wys watter invloed geld en beheer in mense se lewens 1
speel.
1.10.3 A/In hierdie sepie spring die storie tussen hede en verlede om die 1
intrige in karakters se lewens uit te beeld.
1.10.4 B/In hierdie sepie leer kykers meer omtrent die drama wat mense in 1
hulle beroep kan ervaar.
1.11 • In die titel word 'n vraag gevra ✓ en in paragraaf 11 word die rede vir 2
die vraag gegee. ✓
• In paragraaf 11 lees ons dat kykers hulle lewens en hulle aktiwiteite
rondom hulle sepies beplan. ✓ Dis waarom die vraag in die titel sin
maak./Dit gee die rede waarom mense die vraag vra wat in die titel
staan. ✓
• Die titel praat oor tyd (hoe laat begin my sepie?) ✓ en paragraaf 11
sê uitsaaityd, wat beteken hoe die kyker sy/haar aktiwiteite/tyd
rondom sepies moet beplan. ✓
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.12 • Ek gaan nie meer kan onderskei tussen stories en werklikheid nie. 1
• Ek gaan nie meer tussen reg en verkeerd kan onderskei nie.
• Ek kan dalk dink alles wat in sepies gebeur is reg/ek kan ook so
maak.
• Ek kan dink alle probleme word so maklik opgelos soos in die
sepies.
• Ek kan dalk te veel tyd gebruik om sepies te kyk/ander take afskeep
(voorbeelde soos skoolwerk, akademie, ens. kan genoem word).
• Ek kan 'n verkeerde beeld van die werklikheid kry.
• Dit kan my sedes en morele waardes/sosiale interaksie negatief
beïnvloed.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die negatiewe gevolge waarna die
kandidaat verwys, moet sinvol wees. Direkte aanhalings kan nie gebruik word nie
en kandidaat kan nie net die sin uit die teks voltooi nie.)
1.13 Ek leer ... 1
• dinge van sepies waarvan ek dalk glad nie geweet het nie.
• dat daar meer sepies is as dit waarna ek kyk.
• dat ek my taal kan verbeter as ek na sepies kyk.
• dat sepies my lewe kan oorneem as ek nie mooi beplan/versigtig is
nie.
• dat ek nie alles moet glo wat in sepies gebeur nie.
• dat daar lewenslesse in sepies te leer is.
• van diversiteit.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Aanvaar nie aanhalings nie.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
TEKS B: SPOTPRENT
[Verwerk uit Die Burger, 22 Desember 2022]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.14 • Daar is 'n lessenaar/tafel/kantoortafel/werktafel in die agtergrond. 2
• Daar is 'n lessenaarstoel/stoel/kantoorstoel by 'n lessenaar waar
mense werk.
• Daar is 'n man met 'n lêer/boek/papiere/blaaie onder sy arm.
• Daar is 'n vrou met 'n aantekenbord in haar hand.
• Daar is 'n man met 'n aktetas/werktas.
• Daar is papiere wat rondwaai in die kantoor.
• Die mense is formeel/mooi aangetrek/die mans het dasse aan/die
vrouens het baadjies/werksklere aan.
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)
1.15.1 Lyftaal: Gertjie/Hy staan net stil (met sy hand vraend in die lug), terwyl 2
die ander karakters op en af spring/hande in die lug het/lyk of hulle
opgewonde iewers heen loop/dit lyk of een van die dames baie
opgewonde is oor die drankie/koffie in haar hand. ✓
OF
Gesigsuitdrukking:Gertjie/Hy lyk bek-af/verbaas/onseker/verslae/
verward/nie so opgewonde soos die ander nie (sy oë is klein/lyk nie of
hy glimlag nie), terwyl die ander karakters lag/glimlag/oë groot/toe van
opgewondenheid. ✓
(Of soortgelyk aan bogenoemde. Kandidate hoef nie lyftaal en gesigsuitdrukkings in
hulle antwoorde te noem nie; dit kan afgelei word. Indien net een kant van die verskil
genoem word, verdien die kandidaat net een punt.)
1.15.2 • Gertjie het meer belanggestel in die moontlike verhoging. 1
• Gertjie is meer gefokus op werk as op kantoorpraatjies.
• Gertjie het dalk nie (skoolgaande) kinders nie.
• Gertjie voel nie dieselfde (as die ander kantoorpersoneel) oor sy
kinders wat teruggaan skool toe nie.
• Gertjie weet nie wat aangaan nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.16 • Hulle is bly/verlig as hulle kinders teruggaan skool toe. 1
• Hulle wil nie hulle kinders die heeltyd by die huis hê nie.
• Hulle is gelukkiger as hulle kinders iemand anders se probleem is/as
iemand anders hulle kinders moet besig hou.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming
Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur die
teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:
• Puntetoekenning:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
o 3 punte vir taal
o Totaal punte: 10
• Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 korrekte feite: 1 punt
o 4–5 korrekte feite: 2 punte
o 6–7 korrekte feite: 3 punte
(Indien selfs net één van die feite 'n direkte aanhaling is, ignoreer hierdie kategorie en
beoordeel volgens die volgende kategorie.)
• Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
o Toegewing: Indien die kandidaat slegs één korrekte feit gee en daardie feit is 'n
direkte aanhaling, verdien die kandidaat net 1 punt vir die feit (aanhaling) en geen
punte vir taal nie.
LET WEL:
• Getal woorde:
o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik
is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener VYF
woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van die
opsomming.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
TEKS C: DIE VOORDELE VAN LEES
[Verwerk uit www.thereadingclinic.co.za en www.naturalbeachliving.com]
DIREKTE AANHALING EIE WOORDE
Dit is baie belangrik dat kinders goed moet
kan lees. Lees is 'n lewenslange vaardigheid
wat baie voordele vir jou inhou.
Woorde is die boustene van 'n taal. Ons
gebruik woorde om te sê wat ons wil sê. 1 Lees brei jou woordeskat uit./Lees
Lees help 'n mens om jou woordeskat uit verbeter jou woordeskat.
te brei. Die ander sy hiervan is ook waar.
Ons kommunikeer elke dag met mekaar. 2 Lees help jou om (beter) te
Mense wat baie lees, kan hulleself nie net kommunikeer./Lees help jou met
beter uitdruk nie, maar verstaan ook beter kommunikasievaardighede./Lees help
wat ander sê. om jouself beter uit te druk./Lees help jou
om ander beter te verstaan.
Lees gee meer vir jou terug as wat jy insit.
Wanneer jy lees, moet jy fokus en dit
verbeter jou konsentrasie. Lees en 3 Lees help jou om (beter) te konsentreer./
spelling gaan hand-aan-hand. Die een Lees verbeter jou konsentrasievermoë.
ontwikkel die ander. Deesdae is swak
spelling die gevolg van SMS-taal en die feit
dat ons nie genoeg lees nie. Ons kan ook
nie regtig staatmaak op die speltoetsers op
rekenaars nie. Lees gaan jou dus beslis 4 Lees verbeter jou spelling/spelvermoë./
help om jou spelling te verbeter. Lees help jou om (beter) te spel.
Ons almal wil graag 'n wye algemene
kennis hê. Lees stimuleer dit, want hoe 5 Lees brei jou algemene kennis uit./As jy
groter die verskeidenheid tekste wat 'n baie verskillende tekste lees, sal jou
mens lees, hoe meer verbreed jou algemene kennis beter wees.
algemene kennis. Wanneer jy lees, neem jy
alles in, soos mense en gebeure. Jy gebruik
jou geheuespier hiervoor. Hoe meer jy 6 Lees verbeter jou geheue./Lees help jou
hierdie spier gebruik, hoe beter is jou om (beter) te onthou/'n beter geheue te
geheue. Lees help jou dus hiermee. ontwikkel./Lees versterk jou geheuespier.
Ons word elke dag aan baie elektroniese
toestelle se klank en beweging blootgestel. 7 Lees gee vir jou brein tyd om stil te
Deur te lees, kry die brein die stilte wat wees./Lees bring die nodige stilte wat jou
ons nodig het in vandag se gejaagde lewe. brein nodig het.
(41/63 woorde)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAAL
ALGEMENE NASIENRIGLYNE
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd. Die fout
mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar woordstrukture getoets
word, moet dit korrek gespel word.
o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur is wat getoets word.
o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
o Aanvaar fonetiese spelling van woorde waar (sp) nie as vereiste aangedui is nie. Indien
die fonetiese spelling die sinsbetekenis verander, word dit nie aanvaar nie.
• Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
instruksies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D:
[Verwerk uit google images]
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 • Die groot/donker opskrif/donker letters 2
• Verskillende lettertipes/fonte
• Verskillende lettergroottes
• Die aanbod in die vorm van 'n ster
• Sekere woorde in hoofletters/vetdruk (bv. GRATIS)
• Die N in die plek van gewone kolpunte
• Die uitleg/inligting wat kort en bondig genoem word
• Inligting wat amper puntsgewys uiteengesit is
• Die uitroepteken
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde)
3.2 buitengewone (sp) 1
3.3 • Gebruik dit op 10 verskillende toestelle. 1
• Gebruik dit op 10 verskillende toestelle!
• Jy moet dit op 10 verskillende toestelle gebruik.
• Jy moet dit op 10 verskillende toestelle gebruik!
(Enige EEN)
3.4 emotiewe taal 1
3.5.1 effektief 1
3.5.2 voordele 1
3.5.3 oorreed 1
3.6 • ''jy'' 1
• jy
• Aanhaling waar ''jy'' uitgelig is.
(Enige EEN)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.7 • Die kontakbesonderhede 1
• Waar die inligting beskikbaar is/Webadres/Webwerf
• Die datum/tydperk wanneer die aanbod sluit
• Die adverteerder sê nie of dit R550 per maand of per jaar is nie.
• Die prys van die gewone premie
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
[10]
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
[Verwerk uit pinterest.com]
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 Waarna/waarna 1
4.2 • Garfield se woorde staan in 'n denk-/dinkborrel. 1
• Gedagtes staan gewoonlik in 'n wolkie.
• Woorde/dialoog het gewoonlik 'n skerp punt wat na die spreker wys,
nie borrels nie.
• Garfield se mond is nie oop nie.
• Ons kan nie sien dat hy praat nie.
• Die lugblasies wys na sy kop (soos iemand wat dink).
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
4.3.1 • Hy gee nie aandag nie. 1
• Hy fokus/kyk nie regtig (op die) TV nie.
• Hy stel nie belang in die program nie.
• Hy wil nie nou dink/praat/antwoord/gesteur wees nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
4.3.2 • In RAAMPIE 3 gee hy voor dat hy TV kyk. 1
• In RAAMPIE 3 reageer hy anders as wat 'n mens gedink het/is hy
sommer kwaai.
• In RAAMPIE 3 is hy geïrriteerd/wil nie gepla word nie.
• In RAAMPIE 3 verskil sy gedagtes/het hy 'n beter antwoord/dink hy
ander woorde.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
4.4 ongeduldig raak met Garfield 1
4.5.1 geïrriteerd raak 1
4.5.2 • Garfield se kop is (nou) (weg)gedraai. 2
• Sy oë is op skrefies/lyk soos 'n V-vorm/is groot.
• Dit lyk of hy frons.
• Hy druk hard met sy pootjies op die armleunings.
• Dit lyk of hy grom/kwaai is./Garfield se snor/snorbaard lyk anders/sy
mondhoeke trek na onder.
• Hy kyk hom lelik/vuil aan.
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op VRAAG 4.5.1 moet
korrek wees om die punt(e) by VRAAG 4.5.2 te verdien.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.6 Garfield sê dat hy TV kyk. 1
(Die hele sin moet korrek wees.)
4.7 D/die humor in situasies tussen troeteldier en mens te wys. 1
[10]
VRAAG 5.1
TEKS F: GENIET ONS MOOI LAND
[Eie teks]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.1 • Die meeste mense eet graag kerrie en rys. (kossoort) 1
• Die brood rys mooi. (funksie)
• My hare rys as ek dit hoor. (funksie)
• Die son rys in die ooste. (funksie)
• Die vraag rys oor wat hy weet. (beteken ontstaan)
(Enige EEN van bogenoemde of enige ander sin waar die ander betekenis
van rys duidelik is.)
5.1.2 wêreld (sp) 1
5.1.3 opwindende 1
5.1.4 toeristeplekke (sp) 1
5.1.5 pro-vin-sies of pro+vin+sies of pro/vin/sies 1
(Aanvaar enige korrekte manier van verdeling)
5.1.6 met 1
5.1.7 dorpies (sp) 1
5.1.8 Aangesien daar baie olifante is, is daar ook baie miskruiers wat die mis 2
verwerk.
(Let wel: Die kandidaat verdien 1 punt vir die woordorde – twee werkwoorde wat geskuif
het – en 1 punt vir die komma wat op die korrekte plek is.)
5.1.9 Besoekers word (deur die Park) gevra om hulle nie raak te ry nie. 1
(Die hele sin moet korrek wees.)
5.1.10 sonsondergang (sp) 1
5.1.11 Aug. (sp) 1
5.1.12 toerisme/toere 1
5.1.13 Dit beteken weer/opnuut/nog 'n keer/om iets oor te doen. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Bron: images.google.com]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.2.1 groente 1
5.2.2 familie/gesin 1
(Aanvaar fonetiese spelling as korrek)
5.2.3 Die seuntjie sal/gaan sy kos vir die hond gee. 1
(Die hele sin moet korrek wees.)
5.2.4 spekvet/blinkvet/moddervet (sp) 1
5.2.5 gekookte (sp) 1
5.2.6 Ma is besig om haar kos te eet. 1
(Die hele sin moet korrek wees.)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2024

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P1 May June 2018 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P1 May June 2016 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024

Question paper
Afrikaans FAL P2 Nov 2024 MG

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024 MG

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023 hlayiso.com

Question paper
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)



%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
