You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 12202416 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10) AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4. Trek ʼn streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 50 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL DIE BRUG SE AVRIL ALBETTI: VAN PLAASMEISIE TOT TIKTOK- EN TV-STER 1 Dis oukei as jou dorpie Loerie, in die Oos-Kaap, nét twee 1 strate het. Dan loop jy daardie strate plat. Jy stop nie. Jy loop verder die lewe in – al is jy bang – dan skep jy vir jou die wêreld wat jy wil hê. Só sê Albetti (38). 2 Sy dra altyd die beste: Gucci, Chanel, noem op. En “antie 5 Avril” se sêgoed laat haar 112 600 volgelinge lag, soveel só dat sy met 5,9 miljoen likes op haar video’s spog. 3 Mense verkyk hulle aan die fyngeboude, modelmooi ma wat die Onse Vader in Italiaans kan bid en nou aan kykNET se nuwe realiteitsprogram, Die Brug, deelneem. 10 4 Deelnemers moet letterlik ʼn brug bou om by die R1-miljoen in die middel van ʼn dam uit te kom. Hiermee wil sy in Loerie iets vir die jongmense as ʼn simbool van hoop bou, want in Loerie is absoluut niks nie. 5 Avril het by haar ouma, Maria van Gent, op Loerie, grootgeword omdat haar ma, Julia Mama (63), in Johannesburg moes werk. Sy het haar pa 15 nooit geken nie. 6 “My ouma was my grootste rolmodel,” sê Avril. “Dis sy wat my drome losgemaak het.” Avril het aan alles wat sy kon, deelgeneem. Sy het ook aan die Congregational Kerk in Loerie behoort waar haar ouma ʼn predikant was. 20 7 “My ouma was ʼn regte ‘Hollandse vrou’. Sy is al oorlede; tog is ek geseënd, want ek voel haar elke dag. Sy was die Mother Theresa van ons woonbuurt. Elke aand het sy ʼn ekstra bord geskep, want jy weet nooit wie kom wat honger is nie. Sy’t vir my gesê om nooit op te hou droom nie, maar ek moet oppas wat ek met my groot mond sê!” 25 8 Avril was nege toe die sangeres Amor Vittone haar in Jeffreysbaai gesien het. Amor het haar net één kyk gegee en haar toe aanbeveel om na ʼn modelskool te gaan. Sy’s toe ingeskryf en vier jaar later het sy verhuis om by ʼn modelhuis in Norwood, Johannesburg, te gaan werk. Haar wêreldreise het daarna begin. 30 9 “Ek bid nog altyd. Daar is sekere goed waarmee jy nooit ophou nie, al gaan jy New York, Milaan of Parys toe. Aan die Here het ek vasgehou – stééds,” sê Avril. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 4 10 Sy vertel dat dit broekskeur in haar kinderjare gegaan het. Hulle belangrikste skoene was Krismisskoene wat hul nét Kersfees en 35 Sondagskool toe aangetrek het. As kind het sy haar eie hoëhakskoene van Coca-Colablikkies gemaak. Sy het die blikkie ʼn bietjie gebuig en kleeflint daarom gedraai. Haar handsakke was Omo-bokse met sykouse as handvatsels. Nou het Avril mooi dinge, maar dis alles aardse goed volgens haar. 40 11 Avril voel dat jy in jouself en in God moet glo; jy moenie bang wees om nuwe of moeilike dinge te probeer nie. Sy sê altyd vir mense om nie struikelblokke as die einde te sien nie. Daar was tye dat hulle ander meisies bo haar gekies het, maar sy het net weer probeer en harder gewerk. 45 12 Sy is al 17 jaar lank dolgelukkig met Aris, ʼn 39-jarige Italianer (39) getroud. Hulle het twee seuns, Adriano (8) en Armando (4). 13 Hy het Avril deur vriende aanlyn ontmoet terwyl sy in Londen gebly het. Aris, ook ʼn model, raak toe op haar verlief voordat hy haar ontmoet het. Sy dog dié mal man is ʼn stalker en het hom summier geblok. Maar ʼn jaar later 50 was hy Kaapstad toe vir ʼn fotosessie en het sy hom toe in Sandton City ontmoet. Die liefde het dadelik geblom. Hulle is na ʼn paar maande getroud, maar het tien jaar gewag voordat hulle kinders gehad het. 14 Terug in Suid-Afrika het sy haar modelagentskap begin. Aris besit die sokker-akademie, Socca Dream, waardeur hy sokkertalent hier en in Italië 55 ontwikkel. 15 Sy noem dat haar ouma wit en haar oupa swart was. Haar ouma het gesê hulle is nie wit óf bruin óf swart nie: hulle is African en dat hulle enige iets kan bereik waarop hulle hul harte sit. Sy sien nie kleur nie, en wil 60 meer vir die jeug doen. Sy inspireer jong meisies met haar rol in Die Brug, want as “antie Avril” dit kan doen, kan hulle ook. 16 “As iemand nie vir jou ʼn deur oopmaak nie, bid, en dan trap jy self daardie deur oop!” 65 [Verwerk uit Kuier, 23 November 2023] LET WEL: • Beantwoord AL die vrae. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 In watter dorpie in die Oos-Kaap het Avril grootgeword? (1) 1.2 Watter tipe klere dra Avril? (1) 1.3 Watter woord in paragraaf 1 sê dat Avril baie in die dorpie se strate geloop het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5 1.4 Avril se sêgoed is baie ernstig. Motiveer in ʼn volsin waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.5 Wat beteken dit dat jy nie in die dorp se strate stop nie, en dat jy verder die lewe moet inloop? (paragraaf 1) (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer 1.6 en die antwoord neer. Die woorde volgelinge en likes verwys na (kykNET/TikTok). (1) 1.7 Indien Avril sou wen, wat beplan sy om met die wengeld te doen? (1) 1.8 Hoekom het Avril by haar ouma gebly? (1) 1.9 Haal EEN WOORD uit paragraaf 6 aan wat dieselfde beteken as “ʼn persoon wat iemand as ʼn voorbeeld beskou om te volg”. (1) 1.10 Waar was die modelskool geleë wat Avril in Johannesburg bygewoon het? (1) 1.11 Waaruit lei ons af dat Avril se nuwe lewe in Johannesburg na iets groter gelei het? (1) 1.12 Noem die EEN ding wat Avril altyd in haar lewe behou. (1) 1.13 Avril vertel dat dit broekskeur in haar kinderjare gegaan het. (paragraaf 10) Sê hoe word die vetgedrukte woorde hierbo figuurlik bedoel. (1) 1.14 Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4 neer), byvoorbeeld 1.14.5 F. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Maria van Gent A Was diensbaar in baie gemeenskappe in die wêreld 1.14.2 Amor Vittone B Deel haar passie vir modelwerk 1.14.3 Mother Theresa C Was ʼn konstante inspirasie in haar lewe 1.14.4 Aris D Het haar talent ontdek E Het nooit ophou droom nie (4 x 1) (4) 1.15 Avril sien struikelblokke as motivering om nog harder te werk. Stem jy saam met haar siening? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 6 1.16 Digitale platforms vir kommunikasie het voor- en nadele. 1.16.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Indien iemand jou op ʼn digitale platform teister, pla of jou lewe versuur (moet jy die persoon dadelik blok/moet jy eers uitvind hoekom die persoon dit doen voor jy die persoon blok). (1) 1.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.16.1. (1) 1.17 Dink jy dit was goed dat Avril en Aris 10 jaar gewag het om kinders te hê? Motiveer jou antwoord. (1) 1.18 Watter positiewe invloed het Avril se ouma op haar loopbaan gehad? (1) 1.19 Waarom is dit goed vir ʼn egpaar (ʼn man en vrou) om dieselfde loopbaan te hê? (1) 1.20 Kan jy met Avril identifiseer? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7 TEKS B: VISUELE TEKS Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TYDLYN VAN DIE GESKIEDENIS VAN DIE MODE [Bron: https://cutt.ly/dwVsaO1U]] 1.21 Wanneer het vroue kort hare begin dra? (1) 1.22 Gedurende watter tydperk was die mode-ontwikkeling stil? (1) 1.23 Hoe verskil die damesdrag van 1890–1910 met dié van die 1960’s–1970’s? (2) 1.24 Help die prente/foto’s by die teks jou om dié teks beter te verstaan? Motiveer jou antwoord. (1) 1.25 Die mode het in 1990 minimalisties geword. Verduidelik wat hierdie stelling beteken. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 8 AFDELING B: OPSOMMING Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit. VRAAG 2 Om in slegte weer te ry, is nie snaaks nie, maar hier is ʼn paar idees oor hoe om veilig in slegte weersituasies te bestuur. INSTRUKSIES 1. Skryf SEWE WENKE oor hoe om VEILIG IN SLEGTE WEER TE BESTUUR in jou EIE VOLSINNE neer. 2. Skryf die wenke puntsgewys neer. 3. Nommer die wenke van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C WAT JY MOET DOEN OM VEILIG IN SLEGTE WEER TE BESTUUR Motoriste moet voorbereid wees om in slegte weer te bestuur en weet wat om in sulke weersomstandighede te doen. Hier volg ʼn paar wenke. Wanneer dit reën en die kar gly, moet jy jou voet van die versneller afhaal asook die rem stadig trap. Dit verhoed dat die kar nie rol nie. Jy moet ook nie deur vinnig vloeiende water jaag nie. Die water kan sterk genoeg wees om ʼn vragmotor mee te sleur. Wanneer die wind sterk waai en jy op ʼn snelweg ry, dink voor jy ʼn groot vragmotor verbysteek. Die skielike windstilte langs die vragmotor kan veroorsaak dat jy beheer oor jou kar verloor. Mis kan dieselfde gevare inhou as sterk reën. Skakel jou kar se hoofligte aan, maar hou hulle gedomp; indien jou kar misligte het, skakel hulle eerder aan. ʼn Mens kan nie altyd skade aan ʼn pad sien nie. Dit is veral wanneer dit baie gereën het en die slaggate vol water is. Ry daarom stadig as jy nie die pad ken nie. Die kanse dat jou kar sal seerkry indien jy ʼn slaggat hard tref, is goed. Indien jy voel dat iets fout is, skakel jou noodflikkerligte aan en trek van die pad af sodra dit veilig is. Baie motoriste wil vroegoggend uit Kaapstad ry en later die aand in Johannesburg stilhou. Hoe langer jy agter ʼn kar se stuurwiel sit, hoe moeër word jy en hoe stadiger sal jy reageer. Jy moet dus gereeld stop om bene te rek net om van die erge moegheid ontslae te raak. [Verwerk en aangepas uit Weg, Februarie–Maart 2024] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer van die vraag wat beantwoord moet word. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D [Eie teks] 3.1 Wie is die teikenmark van die advertensie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 10 3.2 “Laat jou eie besigheid vinnig groei!! Noem EEN tegniek wat in die advertensie gebruik word om die bostaande sin te beklemtoon. (1) 3.3 Waarom is die gebruik van die blommetjie so effektief? (1) 3.4 Die prentjie van die geld in die advertensie is funksioneel. Motiveer hierdie stelling. (1) 3.5 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies in die onderstaande sin. Laat jou eie besigheid (vinnig) groei. (1) 3.6 Wat dink jy is die funksie van die ALLITERASIE in die volgende gedeelte? Studente, die sleutels tot sukses is: (1) 3.7 Hoekom is die gebruik van die sleutel-ikoon beter as om net gewone kolpunte te gebruik? (1) 3.8 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. (Digitaal) bemarking (1) 3.9 Noem TWEE moontlike redes waarom mense versigtig sal wees om op hierdie advertensie te reageer. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E [Verwerk en aangepas https://cutt.ly/9wVIoFdO] 4.1 Andy se emosies verskil in RAAMPIE 1 en RAAMPIE 5. Watter emosies, dink jy, ervaar hy onderskeidelik in RAAMPIE 1 en in RAAMPIE 5? (2) 4.2 Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat in jou antwoord. Andy sê vir Flo: “Ek is by die huis.” Begin so: Andy sê vir Flo dat … (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 12 4.3 Kyk na RAAMPIE 2. 4.3.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.3.1) neer. Flo se woorde verskil van haar gesigsuitdrukking en liggaamshouding. Haar gesigsuitdrukking en liggaamshouding wys dat sy … is. A sarkasties B entoesiasties C kwaad D teleurgesteld (1) 4.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur na beide haar gesigsuitdrukking en liggaamshouding te verwys. (2) 4.4 Skryf die sin hieronder in die VERLEDE TYD. Wel, ek het baie wasgoed. (1) 4.5 Hoekom is daar ʼn ellips na Andy se woorde in RAAMPIE 4? (1) 4.6 Noem EEN visuele teken (RAAMPIE 4) wat aandui dat Flo die deur in Andy se gesig toeklap. (1) 4.7 Kyk na RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4. Motiveer hoekom jy dink Flo nie vir Andy wil terugvat nie. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. 5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae. TEKS F: ARTIKEL JAKKALS EN WOLF SE BEWIND 1 In ʼn woud het ʼn slim jakkals en ʼn magtige wolf hul gebied gedeel. Jakkals, vol (5.1.1) (skelm/skelem) planne, het Wolf oortuig om saam met hom te werk om oor die ander (5.1.2) (bos + diere) te regeer. Wolf het na Jakkals geluister. 2 Vir ʼn tyd het dit goed gegaan, maar teen (5.1.3) (November) het die ander diere opstandig begin word. (5.1.4) (Die klein diere het in die geheim planne teen Jakkals en Wolf gemaak.) 3 (5.1.5) (Die dag van die opstand het aangebreek. Die diere het hul moed bymekaar geskraap.) Jakkals en Wolf wat baie (5.1.6) (arrogant) was, het nie besef wat gaan gebeur nie. Hulle het (5.1.7) (onrustig) onder ʼn boom gelê en slaap. 4 Die diere het ʼn aanval op die huis (5.1.8) (…) Jakkals en Wolf geloods. (5.1.9) Baie diere het Jakkals en Wolf aangeval. Wolf het dapper baklei, maar die slim jakkals het besef dat tye verander het en het hom nie moeg gemaak om te baklei nie. 5 Uiteindelik is die mag van Jakkals en Wolf gebreek en hulle moes die aftog (5.1.10) (blaas). Hulle het toe besef dat ware (5.1.12) (leier) nie vrees afdwing nie, maar hul onderdane met respek moet hanteer. 6 (5.1.13) Die diere het (saggies) (in die bos) (die aand) feesgevier. Jakkals en Wolf het toe ʼn nuwe pad met respek vir ander diere begin stap. [Verwerk uit mondelingse oorlewering soos in 1960 deur Lia Dube vertel.] 5.1.1 Kies die KORREKTE WOORD uit die woorde tussen hakies. Jakkals het baie (skelm/skelem) planne. (1) 5.1.2 Gee die SAMESTELLING vir die woorde tussen hakies. Jakkals het Wolf oortuig om saam met hom te werk om oor die ander (bos + diere) te regeer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 14 5.1.3 Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies. Vir ʼn tyd het dit goed gegaan, maar teen (November) het die ander diere opstandig begin word. (1) 5.1.4 Identifiseer die GESEGDE in die volgende sin. Die klein diere het in die geheim planne teen Jakkals en Wolf gemaak. (1) 5.1.5 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies en plaas die komma op die korrekte plek. Die dag van die opstand het aangebreek. Die diere het hul moed bymekaar geskraap. (toe) Begin so: Toe die dag … (2) 5.1.6 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE. Jakkals en Wolf wat baie (arrogant) was, het nie besef wat gaan gebeur nie. (1) 5.1.7 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Hulle het (onrustig) onder ʼn boom gelê en slaap. (1) 5.1.8 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in. Die diere het ʼn aanval op die huis … Jakkals en Wolf geloods. (1) 5.1.9 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM. Baie diere het Jakkals en Wolf aangeval. (1) 5.1.10 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in ʼn sin sodat die betekenis duidelik blyk. Uiteindelik is die mag van Jakkals en Wolf gebreek en hulle moes die aftog (blaas). (1) 5.1.11 Lees weer paragrawe 3–5. Skryf ʼn woord neer wat DIESELFDE BETEKENIS het as: geweet. (1) 5.1.12 Gee die korrekte MEERVOUD van die woord tussen hakies. Hulle het besef dat ware (leier) nie vrees afdwing nie. (1) 5.1.13 Skryf die HELE sin hieronder in die korrekte WOORDORDE. Die diere het (saggies) (in die bos) (die aand) feesgevier. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15 VRAAG 5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae. TEKS G: PRENT [Bron: https://cutt.ly/QwVPZmRY] 5.2.1 Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin. Sociale media word met angs en depressie verbind. (1) 5.2.2 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM. Die meisie lê met haar skoene op die bed. (1) 5.2.3 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies in die volgende sin. Baie tieners spandeer (in die aand) baie tyd op hul selfone. (1) 5.2.4 Skryf die sin oor en begin soos aangedui. Die meisie lê elke dag op haar bed. Begin so: Elke dag … (1) 5.2.5 Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF. Die meisie lê elke dag op haar bed (speel met haar foon). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 16 5.2.6 Skryf die GETAL tussen hakies as ʼn woord. Die meisie het (80) kontakte op haar foon. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all