Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 850.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)33 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinkonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
SUID-AFRIKANERS SE SMULKOS
Amasi, frikkadelle, malvapoeding, walkie talkies ...
1 Suid-Afrikaners hou van lekker eet. Ons land het 'n ryk
koskultuur. Lande wat 'n rol in ons geskiedenis gespeel
het, het ook hulle kossoorte Suid-Afrika toe gebring.
Daar is egter ook geregte (eetgoed) wat inheems aan
ons land is. 5
2 LekkeSlaap is 'n organisasie wat vir toeriste inligting
gee oor plekke waar hulle kan bly en dinge wat hulle
daar kan doen terwyl hulle met vakansie is. Hierdie organisasie het onlangs 'n
ondersoek gedoen en geregte geïdentifiseer wat eie aan elk van ons nege
provinsies is. 10
3 Die Wes-Kaap is bekend vir geurige kerriegeregte soos bobotie en heerlike
soetgoed, byvoorbeeld koesisters. As jy egter dié Wes-Kaapse eetding wil
geniet, is 'n gatsby die ding waarna jy soek. Hierdie toebroodjie het in die 1970's
op die Kaapse Vlakte ontstaan en is 'n goedkoop ete wat jou gou vul. Jy eet nie
hierdie lang broodrol, gevul met masala-biefstuk, polonie of Russiese wors, 15
gebakte eiers, slaptjips en blaarslaai met 'n mes en 'n vurk nie. Jy eet dit ook nie
alleen nie. Dit is kuierkos!
4 In KwaZulu-Natal kraai die bunny chow, wat uit die
1940's dateer, beslis koning. Die mense vertel dat
werkers op die suikerrietplantasies 'n manier moes 20
vind om hulle kos werk toe te neem. 'n Uitgeholde
brood was 'n praktiese oplossing. Deesdae is hierdie
uitgeholde brood gevul met kerrie oral beskikbaar en
'n móét vir enige besoeker aan Durban.
5 Suid-Afrikaners het geen rede of verskoning nodig om te kan braai nie. Ons het 25
dan selfs 'n braaidag! Ons sal in die wind en die weer, binne of buite, met
steenkool of hout braai. Shisanyama het hierdie braai-ding 'n bietjie verder
gevoer. Dit het in Gauteng se township-slaghuise begin om verkope te verbeter,
maar dit het vinnig gegroei om veel meer as net pap en gebraaide vleis te wees.
Waar shisa nyama bedien word, word daar ook lekker gekuier. 30
6 Baie mense trek dalk hulle neuse op vir mogudu en ting, maar in Noordwes is dit
koningskos. Mogudu is skaap- of beesafval en word ure lank gekook totdat dit
heerlik sag is. Dit word saam met ting, 'n suur pap, bedien. In die Oos-Kaap kan
jy 'n gesonde bord pap en wors geniet en dit met 'n tradisionele mieliebier afsluk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2023
NSS
7 In 2019 is Tannie Poppie van Touwsrivier amptelik uitgenooi om haar beroemde 35
roosterkoek by 'n fietswedren in Italië te gaan bedien. Roosterkoek, of askoek,
is deel van die Nama-kultuur en die mense van die Noord-Kaap is baasbakkers
van hierdie gereg.
8 Potjiekos is byna sinoniem met die Vrystaat. Dit is deel van hulle geskiedenis en
hulle erfenis. In sy liedjie, Potjiekos, sing Anton Goosen dat hierdie gereg selfs 40
op die Groot Trek was. Daar is nie net een resep vir potjiekos nie; daar is baie
resepte. Jy kan 'n potjie met seekos maak of een heeltemal sonder vleis. In die
Vrystaat kan jy egter nie verkeerd gaan met 'n pot vol lamsvleis, groente, knoffel
en lekker rooiwyn nie.
9 Mpumalanga spog met pragtige natuurskoon en ook met sorghum. Dit is 'n 45
graansoort wat in moeilike weersomstandighede kan groei en word gebruik om
'n pap te maak wat met melk bedien word. Hulle gebruik dit ook om bier te
maak.
10 Limpopo is in die verre noorde van ons land. Hierdie
provinsie is bekend vir sy platteland. Daarom kan 'n 50
mens verstaan dat die eetgoed in hierdie provinsie
meer natuurlik van aard is. Baie mense mag dalk nie
van mopaniewurms hou nie, maar dié beenlose
lekkerny is nie net ekonomies nie, dit bevat ook drie
keer meer proteïene as beesvleis. 55
11 Dan is daar ook baie gewilde geregte wat oral in ons land geniet word. Die
melktertresep het in die 1600's saam met die Nederlanders in die Kaap
aangekom. Vandag word hierdie lekkerny met kaneelsuiker landwyd geniet. En
wat is lekkerder as 'n vars vetkoek met maalvleis of stroop? Dis net glad nie
bedoel vir mense wat op 'n dieet is nie. 60
12 Party van ons grootste gunstelinge is selfs in die buiteland gewild. Biltong word
van beesvleis of wildsvleis gemaak en met speserye gegeur. En ... jy sal dit op
rakke in Nederland en Nieu-Seeland ook kry.
13 Jy is wat jy eet, word daar gesê. Die beste manier om mense te leer ken, is deur
kos. In Suid-Afrika beteken lekker eet dikwels ook lekker kuier! 65
[Verwerk uit google, wikipedia, e.a.]
LET WEL:
Beantwoord AL die vrae.
Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Noem EEN voorbeeld van Suid-Afrikaners se smulkos, soos dit in die subtitel
van hierdie artikel gegee word. (1)
1.2 Watter organisasie het onlangs 'n ondersoek gedoen om uit te vind watter
kosse eie aan Suid-Afrika is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.3 Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat dieselfde beteken as ''eie'' aan
Suid-Afrika (paragraaf 2). (1)
1.4 Die gatsby is 'n gereg wat uit Engeland kom.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.5 Wat kan jy in die plek van Russiese wors gebruik as jy 'n gatsby wil maak? (1)
1.6 Waarom is 'n gatsby waarde vir jou geld? (1)
1.7 Waar het die Natalse werkers gewerk wat jare gelede met die bunny chow
begin het? (1)
1.8 In KwaZulu-Natal kraai die bunny chow koning. (Paragraaf 4)
Sê hoe word die vetgedrukte woorde hierbo figuurlik bedoel. (1)
1.9 ''Shisanyama het hierdie braai-ding 'n bietjie verder gevoer.'' (Paragraaf 5)
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die mense het met shisanyama begin omdat hulle (meer vleis wou verkoop/
meer mense na Gauteng wou lok). (1)
1.10 In watter opsig is die twee geregte van Noordwes en die Oos-Kaap dieselfde?
(Paragraaf 6) (1)
1.11 Wat word roosterkoek ook in die Noord-Kaap genoem? (1)
1.12 Watter sanger het 'n liedjie oor potjiekos gemaak? (1)
1.13 Waaruit lei ons af dat potjiekos al eeue lank deel van ons koskultuur is? (1)
1.14 Noem EEN ding waarvoor die mense in Mpumalanga sorghum gebruik. (1)
1.15 Almal hou dalk nie van mopaniewurms nie, maar in Limpopo is dit 'n lekkerny.
1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Mopaniewurms is (nadelig/voordelig) vir mense wat dit eet. (1)
1.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.15.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2023
NSS
1.16 Ons lees in die teks van die geregte wat ons in die verskillende provinsies kry.
Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die gereg in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.16.1 tot 1.16.5) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.16.1 mogudu A In die Vrystaat gebruik hulle veral lamsvleis
vir hierdie gereg.
1.16.2 roosterkoek
B Hierdie is 'n heerlike kerriegereg van die
1.16.3 potjiekos Wes-Kaap.
1.16.4 melktert C Ons kry hierdie gereg net in Gauteng.
1.16.5 bobotie D Hierdie gewilde gereg het naam gemaak
oorsee.
E Dié gereg neem lank om voor te berei.
F Die Nederlanders het hierdie gereg na ons
land toe gebring.
(5 x 1) (5)
1.17 Waarom was dit 'n slim idee van LekkeSlaap om hierdie inligting oor
Suid-Afrika se kos aan die publiek bekend te maak? (1)
1.18 ''Jy is wat jy eet, word daar gesê.'' (Paragraaf 13)
Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord. (1)
1.19 Waarom pas die woord ''kuierkos'' so goed by die inhoud van hierdie artikel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2023
NSS
TEKS B: TV-GIDS
Bestudeer die gids hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JOU TV-GIDS
SABC 2 en VIA
Maandag 27 November 2023
H Herhaling O Omnibus (herhaling van 'n Flieks
paar episodes in die reeks)
SABC 2 VIA
07:00 Morning Live 13:00 Musiekpaniek
Bly ingelig met die nuus Musiekvasvra
en ander sake van die
dag
O 08:30 Good People H 17:00 Stoofstories met Marinda
Seisoen 1
13:00 Stand Up South Africa 18:00 Wys my 'n Huis
Sangkompetisie waar Opwindende reeks
familie-duo's met mekaar vir mense wat huis
kompeteer wil koop
18:30 Nuus (Afrikaans) H 20:00 Konings van Kitskos
Alvin Bruinders en
Gerhard Steyn reis deur
SA om die beste 'burger' te vind.
Seisoen 7
20:00 Nuus (Sesotho/Setswana/ H 23:00 Kies die lewe
Sepedi) Met Ivor Swartz; gee jou die
kans om te praat en raad te vra
oor emosionele sake
20:30 Fiela se Kind
2019. Familiedrama
120 min.
Met Zenobia Kloppers
en Wayne Smith
[Verwerk uit verskeie gidse en Google]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2023
NSS
1.20 Waarom is daar 'n in die gids langs Fiela se Kind geplaas? (1)
1.21 Hoe weet ons dat daar van 08:30 af 'n paar episodes van Good People op
SABC 2 uitgesaai word? (1)
1.22 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.22) neer.
Uit hierdie prentjie kan ons aflei dat die man raad nodig het oor ...
A die plek waar hy sy bestuurderslisensie kan hernu.
B die universiteit waar hy aansoek moet doen.
C die probleme tussen hom en sy geliefde.
D die nuwe huis wat hy wil koop. (1)
1.23 Waarom pas die prentjie by die spesifieke program?
(1)
1.24 Waarom is dit beter om na SABC 2 as na Via te kyk indien jy wil weet wat
elke dag in die wêreld rondom jou gebeur? (1)
1.25 Verduidelik waarom die uitleg van hierdie TV-gids gebruikersvriendelik is. (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Selfone is niks vreemds nie, maar daar is 'n paar vreemde feite oor selfone.
INSTRUKSIES
1. Som SEWE VREEMDE FEITE OOR SELFONE in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die feite puntsgewys neer.
3. Nommer die feite van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
VREEMDE FEITE OOR SELFONE
Vandag gebruik miljarde mense wêreldwyd selfone om te kommunikeer. Hier is 'n paar
vréémde feite oor selfone.
Ons sien taxi's om elke hoek en draai in Suid-Afrika. Dan is dit moeilik om te glo dat
daar meer selfone in Suid-Afrika is, as wat daar taxi's, televisiestelle en radio's saam
is. Mense raak ongelukkig as hulle nie hulle selfone kan gebruik nie. Dan kan 'n mens
verstaan dat die meeste mense 110 keer per dag op die een of ander manier hulle
selfone gebruik.
Mense sit hulle selfone orals neer sonder om daaroor na te dink. Dalk sal mense
versigtiger wees as hulle weet dat daar 19 keer meer bakterieë op selfone as op
toilethandvatsels is.
Dit is duur om 'n selfoon te besit en te gebruik. Die hoogste bedrag op 'n
selfoonrekening was dié van Celina Aarons van Florida. Sy het in 2011 'n rekening van
201 000 dollar gekry. Daar word duisende selfone gesteel. Tog hou 'n juwelier in
Hongkong die rekord vir die 6 576 diamante wat op 'n selfoon aangebring is.
Kan jy glo dat mense selfone ook vir 'n sport gebruik? Inderdaad. In Finland is
selfoongooi nou 'n amptelike sportsoort.
Een van die probleme wat selfoongebruikers dikwels het, is dat hulle nie hulle selfone
kan laai nie. Wetenskaplikes van die Bristol Robotics Laboratory in Engeland het 'n
oplossing hiervoor gevind: daar is 'n manier om selfone met urine te kan laai.
Net wanneer jy dink jy het nou alles gehoor, is daar nuwe, vreemde feite oor selfone.
[Verwerk uit af.kuzminykh.org en af.inditics.com]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2023
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
Kry 20%-afslag op (3.4) (die beste T-hemp
in Suid-Afrika).
[Verwerk uit Google Images]
3.1 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Jou eg (Suid-Afrika) T-hemp! (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2023
NSS
3.2 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Beskikbaar in ...
rooi, (groen) en geel! (1)
3.3 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (3.3) neer.
Dames word in die advertensie gestereotipeer as mense wat ...
A geld nie slim gebruik nie.
B geld op onnodige dinge bestee.
C tyd mors om na winskopies te soek.
D nie die pryse van produkte dophou nie. (1)
3.4 Kry 20%-afslag op die beste T-hemp in Suid-Afrika.
Waarom is die onderstreepte gedeelte nie 'n FEIT nie? (1)
3.5 Koop nou
Gebruik enige advertensietegniek om die onderstreepte woord meer trefkrag
te gee. (1)
3.6 Waarom is die gebruik van die vingerafdruk effektief as jy na die naam van die
produk kyk? (1)
3.7 Waarom, dink jy, word die produk in die vorm van 'n T-hemp geadverteer? (1)
3.8 Watter EEN woord gebruik die adverteerder om vir die leser te sê dat 'n mens
die T-hemp vir 'n lang tyd sal dra? (1)
3.9 Die pryse is net op www.UNIEK.co.za beskikbaar.
3.9.1 Watter groep mense, dink jy, word hierdeur uitgesluit? (1)
3.9.2 Waarom, dink jy, sal hierdie uitsluiting die adverteerder se
besigheid benadeel? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2
(4.1) Ou Jan,
my groentetuin vorder fluks! Lyk my die Lekker!!! Boet het
groente hou van die vuil water. sowaar wéér vuil water
in my bak laat val!
Jan
Boet
Brak
RAAMPIE 3 RAAMPIE 4
Kom worteltjies,
Ek kan verstaan groei nou! Ek wil Ek hoop dat sy
hoekom hy vuil die (4.4) (mooi) wortels ook na
water gebruik. tuin hê. seep sal proe.
sal(smaak)!
wortels
[Verwerk uit Google Images]
4.1 Skryf die sin hieronder in RAAMPIE 1 in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat
in jou antwoord.
Boet sê vir Jan: ''My groentetuin vorder fluks.''
Begin só: Boet sê vir Jan dat ... (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2023
NSS
4.2 Hoe kan ons in RAAMPIE 1 sien dat Boet tevrede is met sy groente wat so
mooi groei? Noem TWEE visuele tekens. (2)
4.3 Kyk na RAAMPIE 2.
4.3.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf
die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.3.1) neer.
Met hierdie woorde is Brak ...
A eerlik.
B sarkasties.
C gehoorsaam.
D entoesiasties. (1)
4.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1. (1)
4.4 Gee die OORTREFFENDE TRAP van vergelyking van die woord tussen
hakies.
Ek wil die (mooi) tuin hê. (1)
4.5 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.
Kom worteltjies, ... (RAAMPIE 3).
Hierdie verkleinwoord sê dat die wortels nog klein is. Dit sê ook dat Boet ....
A nie aandag gee aan die ander groente in sy tuin nie.
B baie vir sy groentetuin omgee.
C daarvan hou om wortels te eet.
D geld uit sy wortels wil maak. (1)
4.6 Kyk na hoe Boet sy wortels natgooi. (RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4)
Waarom kan 'n mens verstaan dat daar vuil water in Brak se bak beland het?
Gee EEN visuele rede. (1)
4.7 Kyk weer na Brak se gedagtes in RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4.
Waarom is Brak se gedagtes ironies? (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
SOETE SUKSES VIR DIE NDLOVU JEUGKOOR MET HULLE EIE LIEDJIE
Die Ndlovu Jeugkoor het in 2009 begin. Dit bestaan uit 30 (5.1.1) (koorlid).
Dit is hoofsaaklik tieners en jongmense tussen (5.1.2) (14) en 24 jaar oud.
In 2019 was die koor die (5.1.3) (een) koor in die geskiedenis van America's
Got Talent (AGT) wat tot by die finale rondte gevorder het. (5.1.4) (Hulle het
nie die kompetisie gewen nie. Mense was mal oor hulle musiek). Daarna het
Sony Music in SA 'n kontrak met hulle geteken. In (5.1.5) (November) 2009
het die koor hulle debuutalbum vrygestel.
Die koor sing in al twaalf (5.1.6) (land+tale). Hulle eintlike genre is afro-pop,
maar hulle probeer om verskillende genres te sing. Deur hulle vertonings is
hulle betrokke by dinge wat (5.1.7) (elke dag) met mense gebeur. In 2021 het
hulle gebaretaal aangeleer en dit in hulle vertoning gebruik om World Hearing
Day te (5.1.8) (fier/vier).
Die koor het onlangs weer met groot sukses (5.1.9) (...) die AGT deelgeneem.
Hulle het hul eie liedjie, We will rise, gesing. Simon Cowell, bekende
(5.1.10) (beoordeel), was beïndruk. Hy het gesê dit was die (5.1.11) (reg)
besluit om hulle eie musiek te sing.
Die wêreld het kennis geneem (5.1.12) (van) ons koor! Hulle gaan nou deel
wees van die (5.1.13) (volgende) AGT: All Stars.
[Verwerk uit Vrouekeur, 8 November 2019 en Die Burger, 25 Januarie 2023]
5.1.1 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Dit bestaan uit 30 (koorlid). (1)
5.1.2 Skryf die GETAL tussen hakies as 'n woord.
Dit is hoofsaaklik tieners en jongmense tussen (14) en 24 jaar oud. (1)
5.1.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
In 2019 was die koor die (een) koor in die geskiedenis van
America's Got Talent wat tot by die finale rondte gevorder het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/November 2023
NSS
5.1.4 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies en
plaas die KOMMA op die korrekte plek.
Hulle het nie die kompetisie gewen nie. Mense was mal oor hulle
musiek. (alhoewel).
Begin só: Alhoewel hulle nie ... (2)
5.1.5 Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies.
In (November) 2009 het die koor hulle debuutalbum vrygestel. (1)
5.1.6 Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Die koor sing in al twaalf (land+tale). (1)
5.1.7 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.
Deur hulle vertonings is hulle betrokke by dinge wat (elke dag) met
mense gebeur. (1)
5.1.8 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
In 2021 het hulle gebaretaal aangeleer en dit in hulle vertoning
gebruik om World Hearing Day te (fier/vier). (1)
5.1.9 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Die koor het onlangs weer met groot sukses (...) die AGT
deelgeneem. (1)
5.1.10 Vorm 'n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die woord tussen
hakies.
Simon Cowell, bekende (beoordeel), was beïndruk. (1)
5.1.11 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Hy het gesê dit was die (reg) besluit om hulle eie musiek te sing. (1)
5.1.12 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in 'n sin sodat
die betekenis duidelik blyk.
Die wêreld het kennis geneem (van) ons koor! (1)
5.1.13 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
Hulle gaan nou deel wees van die (volgende) AGT: All Stars. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/November 2023
NSS
5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
[Bron: google images]
5.2.1 Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF.
Die kind op die stoel is besig (werk op die rekenaar). (1)
5.2.2 Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD.
Die twee kinders op die bed bespreek die werk. (1)
5.2.3 Gee die korrekte AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Ons sien mooi bome deur die (window). (1)
5.2.4 Skryf die sin oor in die ONTKENNING.
Die kinders se kamer is altyd deurmekaar. (1)
5.2.5 Skryf die HELE sin hieronder in die korrekte WOORDORDE.
Die kinders pak (op die boekrak) (die boeke) (netjies). (1)
5.2.6 Gee die ALGEMENE NAAM (versamelnaam) wat mense vir die woorde
tussen hakies gebruik.
Terwyl die kinders lees, is hulle nie besig met (Facebook, Instagram of
Twitter) nie. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper