Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2023 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202322 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2023, 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye en drie rubrieke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VRAAG 2.2 E-POS VRAAG 2.3 NOTULE VAN VERGADERING VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE VRAAG 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit ook met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak. 5. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n skryfstuk gebruik. 6. VRAAG 1.6–1.8  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens moet deur alle provinsies gebruik word: VERDUIDELIKING SIMBOLE/TEKENS BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X bo die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte) AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte) 3.  Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, bv. KNAP hoog.  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne  In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering sowel as Struktuur gevolg.  In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt IB Knap (K) + 22 AFDELING B Kode Punt TSR Uitsonderlik (U) - 13 IBF Gemiddeld (G) 9 S Knap (K) 4 TSR Elementêr (E) 5 TOTAAL: 39 TOTAAL: 14 AFDELING C Kode Punt IBF Gemiddeld (G) 7 TSR Elementêr (E) 3 TOTAAL: 10 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: OPSTEL 1.1 DIT WAS 'N LEKKER VAKANSIE  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van 'n lekker vakansie./Dit was 'n lekker vakansie, totdat/of/maar ... o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat 'n lekker vakansie op 'n lewendige wyse.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.2 MY GUNSTELING TELEVISIEPROGRAM(ME)  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar gunsteling televisieprogram(me) op 'n lewendige wyse deur te beskryf waarom. o Verhalende opstel: Hier kan die kandidaat ook vertel van 'n episode/situasie/ gebeurtenis wat in sy/haar gunsteling televisieprogram(me) afgespeel het deur te vertel waarom. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor hoekom 'n sekere televisieprogram(me) sy/haar gunsteling(e) is deur te bespiegel waarom.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.3 AS MY SKOOLSKOENE KON PRAAT ...  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van dinge wat sy/haar skoolskoene sou vertel as hulle kon praat./Hier vertel die kandidaat vanuit 'n eerstepersoonsperspektief asof hy/sy die skoolskoene is. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse waaroor sy/haar skoolskoene sou kon praat. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat waaroor die skoolskoene sou praat en hoe hulle dit sou oordra.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.4 VRIENDE SAL JOU ALTYD HELP  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat vriende jou altyd sal help en motiveer die standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of vriende jou altyd sal help, al dan nie. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van 'n insident(e) wat hom/haar laat besef dat vriende jou altyd sal help. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n insident(e) wat hom/haar laat besef dat vriende jou altyd sal help. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die rol van vriende wat jou altyd sal help. Fokus moet wees op vriende en help, anders 'n afwyking.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.5 TYD  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die konsep van tyd. o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in oor die waarde van tyd, nl. dat sekere mense streng by tyd hou en ander nie en motiveer die standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel dat tyd nie vir alle mense dieselfde beteken nie. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van dinge/ervaringe wat hom/haar laat besef het dat tyd belangrik is. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n interessante wyse 'n insident(e) wat hom/haar laat besef dat tyd belangrik is; hoe die kandidaat sy/haar tyd verspeel het, ens.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die prikkel aansluit.  Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 1.6 PRENTJIE: MENSE WAT SAAM LAG  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld: o Letterlike interpretasie: mense wat saam lag; mense wat vir 'n grap lag; mense wat iets saam geniet; 'n ongelukkige gebeurtenis verander in iets positief; my beste dag, ens. o Figuurlike interpretasie: lag is die beste medisyne/gesond; sien die positiewe raak; geniet ander se humor; daar is altyd iemand in 'n groep wat dinge probeer opvrolik; die grapjas steek baie pyn weg, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.7 PRENTJIE: EMOJI-DOBBELSTEENTJIES  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld: o Letterlike interpretasie (dobbelsteentjies/gesiguitdrukking): 'n hand plaas een dobbelsteentjie tussen 'n paar ander; dobbelsteentjies met verskillende gesiggies; dobbel en die emosies; ek is gelukkig en help ander mense wat ongelukkig is/probleme het; ek verwyder myself uit negatiewe situasies; ek plaas myself in positiewe situasies, ens. o Figuurlike interpretasie (dobbelsteentjies/gesiguitdrukking): dobbel en die gevolg daarvan bv. dobbel met my lewe/emosies; keuses; verskillende kante van dieselfde mens/saak; verskillende/wisselende emosies; ek besluit self oor my lewe; persoonlikheidstipes (bv. beheervrate); daar is 'n Hoër Hand wat my lewe beheer, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.8 PRENTJIE: STOP  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld: o Letterlike interpretasie: stop die gebruik van plastiek/plastiekbesoedeling; stop ander negatiewe/verkeerde dinge (bv. wegneemetes, produkte van swak kwaliteit, swak eetgewoontes); die stop kan ook dui op iets wat kort, bv. 'n mes, ens. o Figuurlike interpretasie: stop voor dit te laat is; stop, dink, doen die regte ding; stop wanneer jy sien jy doen die verkeerde ding; stop: iets kort; iets/emosies is gebreek ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 INFORMELE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar maat om met die maat te praat oor die lelike dinge wat hy/sy baie keer op Facebook van ander mense sê en die moeilikheid waarin hy/sy kan beland. KENMERKE  Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om met die kandidaat se maat te gesels oor die lelike dinge wat die maat baie keer op Facebook van ander mense sê.  Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.  Die informele brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit.  'n Gepaste groet. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.  Die datum word voluit geskryf: 15 November 2023. Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of nie.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.  Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die naam oopgelaat nie.  Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se naam is opsioneel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne Die paragrawe  'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer met die maat wil gesels oor dinge wat die maat dalk in die moeilikheid kan laat beland.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer vertel in detail wat die maat verkeerd doen.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.  Die toon is vriendelik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.2 E-POS FOKUS Die kandidaat skryf 'n e-pos aan die registrateur van die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) om navraag te doen oor die kursus waarin die kandidaat belangstel en die registrasieproses. KENMERKE  Die e-pos het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.  Die onderwerp gee 'n aanduiding van die e-pos se inhoud.  Die doel van die e-pos moet duidelik wees, nl. om navraag te doen oor die kursus waarin die kandidaat belangstel en die registrasieproses.  Die e-pos behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die e-pos moet die fokus (kandidaat se navraag oor die kursus en registrasieproses) ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en gepaste idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit, bv.: o In watter kursus stel die kandidaat belang? o Wat behels die kursus? o Wat is die duur van die kursus? o Wat is die koste verbonde aan die kursus? o Wanneer begin die akademiese jaar? o Wanneer is die sluitingsdatum vir registrasie? o Watter dokumente word benodig? o Waar kan die registrasievorms verkry word? FORMAAT Die formaat van die e-pos moet korrek wees. Leestekens Geen leestekens word in die aanhef of slot gebruik nie. Elemente van die e-pos  AAN Ontvanger se e-posadres  AA/CC Dit is die ontvangers vir wie se aandag die e-pos ook gestuur word. (Opsioneel)  ONDERWERP Dit is 'n opsomming van die inhoud van die e-pos. Dit moet kort, kragtig en beskrywend wees, bv. NAVRAAG OOR KURSUS EN REGISTRASIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.  Die doel van die e-pos moet duidelik blyk.  Geen leestekens word na "Die uwe" in die slot gebruik nie.  Die skrywer van die e-pos kan sy/haar noemnaam/voorletters en van in die slot gee.  Dit is aanvaarbaar om slegs voorletters en van te gee; m.a.w. die kandidaat hoef nie die e-pos te onderteken nie. Die paragrawe  'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.  In die inleidingsparagraaf behoort die skrywer/versender hom-/haarself vlugtig aan die ontvanger voor te stel en die rede/doel vir die e-pos duidelik noem, nl. dat die kandidaat navraag doen oor die kursus en registrasieproses.  Die liggaam van die e-pos brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail verskaf om sy/haar navraag te ondersteun.  Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die kandidaat spreek die vertroue uit dat hy/sy spoedig antwoord op die navraag sal ontvang. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die e-pos is formeel, bv. die registrateur van die universiteit word as ''u'' aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.  Die toon is vraend om die skrywer se navraag te ondersteun. Dit getuig van hoflikheid.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Vermy die gebruik van onnodige leestekens, bv. hoofletters en uitroeptekens. o Vermy die gebruik van afkortings, verkortings, sleng, emotikons/ emoji's en ander informele terminologie. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne 2.3 NOTULE VAN VERGADERING FOKUS Die kandidaat skryf die notule van 'n vergadering waarin die beplanning van die afskeidsfunksie vir onderwysers genotuleer word. KENMERKE  Die notule se formaat is duidelik herkenbaar.  Die aanslag is formeel en saaklik.  Die doel van hierdie teks is om verslag te lewer oor 'n vergadering.  Die naam van die groep, die datum, tyd en plek van die vergadering en 'n aanduiding van wie tydens die vergadering teenwoordig was, behoort gegee te word.  Die skrywer notuleer die besluite wat tydens die vergadering geneem is, objektief en woord vir woord.  Anders as in Engels, word die notule in die teenwoordige tyd geskryf.  Die notule word slegs in die toekomende tyd geskryf wanneer daar verwys word na die take wat uitgevoer moet word.  Die naam van die persoon wat vir elke taak verantwoordelik is, asook die datum waarop die taak afgehandel moet wees, moet verskaf word.  Die notule word in die derdepersoon geskryf.  Feite of inligting moet korrek wees.  Dit is kort en bondig.  Die notule behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die notule moet die fokus ondersteun.  Die idees/inligting is logies, geloofwaardig en duidelik uiteengesit.  Net die nodigste detail word gebruik om die idees uit te brei. FORMAAT  Die inligting word puntsgewys en in die volgorde, soos aangedui in die agenda, gegee.  Die notule mag subopskrifte (soos in die agenda) hê.  Die naam van die voorsitter en die persone verantwoordelik vir spesifieke take, moet telkens gegee word.  Die afsluiting van die vergadering is die slot van die notule.  Die notule kan deur die voorsitter onderteken en van 'n datum voorsien word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is saaklik en informatief.  Die notule word in die bedrywende en lydende vorm geskryf en die woorde/taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar wees.  Die taal en styl van die notule is formeel.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat. Emosioneelbelaaide woorde is onvanpas.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK FOKUS Die kandidaat skryf sy/haar toespraak oor sy/haar pad na sukses en hoe hy/sy 'n verskil maak, neer/oor hoe TikTok mense positief beïnvloed. KENMERKE  Die informele toespraak het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van hierdie toespraak is om die ander leerders te motiveer met die gebruiker van TikTok se eie pad na sukses.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die informele toespraak behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die toespraak moet die fokus ondersteun.  Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet, gestel, nl. om die gebruiker van TikTok se eie verhaal te gebruik om die ander leerders te motiveer.  'n Verskeidenheid volwasse, gepaste en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die toespraak: o Hoe jy gekom het waar jy nou is o Hoe jy ander mense se lewens positief beïnvloed/'n verskil in ander se lewens maak o Motivering en voorspoedwense word uitgespreek FORMAAT  Begin die toespraak met die groet.  Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.  Die toespraak bestaan uit 'n inleiding, 'n liggaam en 'n slot. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon kan getuig van positiwiteit en motivering.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 ADVERTENSIE FOKUS Die kandidaat ontwerp 'n advertensie om die klas se hamburger- en vetkoekverkoping by die skool te adverteer en noem waarom dit so belangrik is om die oumense te help. KENMERKE  Die advertensie het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is oorredend/manipulerend.  Die doel van hierdie advertensie is om mense te oorreed om die klas se verkoping te ondersteun.  Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. almal wat graag vetkoek en hamburgers by die skool wil koop of almal wat graag wil bydra tot die Kersfeesete van die oumense.  Die nodige inligting word in die advertensie gegee.  Die krag van 'n advertensie lê in sy eenvoud.  Die leser moet die advertensie maklik verstaan.  Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel: o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes. o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud en uitleg. o Hierdie advertensie moet 'n begeerte by die leser wek om die klas se produkte te koop en/of die doel te ondersteun. o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die klas se poging ondersteun. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting te gee.  Die advertensie behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die advertensie moet die fokus ondersteun.  Die volgende inligting behoort in die advertensie gegee te word: o Wat word verkoop? o Wie is die teikengroep? o Wie verkoop die produk? o Waar vind die verkope plaas? o Wanneer en hoe laat is die verkoping? o Hoeveel kos die produkte? o Wat is die doel van hierdie verkoping? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.  Verskillende lettergroottes word gebruik.  Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.  Geen omslagtige paragrawe nie.  Inligting kan puntsgewys gegee word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig van goeie woordeskat.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20] 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) FOKUS Die kandidaat skryf 'n kort teksboodskap aan die redakteur van die skoolkoerant waarin die kandidaat sy/haar opinie gee oor die twee leerders wat geld in 'n leeskompetisie gewen het. KENMERKE  Die kort teksboodskap het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel. SMS-taal word nie aanvaar nie.  Die doel van die kort teksboodskap moet duidelik wees, nl. om die kandidaat se opinie te verwoord.  Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die kort teksboodskap moet die fokus ondersteun.  Die inhoud is persoonlik van aard.  'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Die kandidaat se opinie moet duidelik wees.  Gevoelens en gedagtes word beskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.  Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.  Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan in die regterkantste hoek geskryf. (Opsioneel) TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is persoonlik.  Die styl is informeel.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.  Beskrywende woorde word fyn gekies.  Die persoon skryf in die teenwoordige/toekomende tyd.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Vermy die gebruik van sms-taal, verkortings en afkortings. [20] 3.3 RIGTINGAANWYSINGS FOKUS Die kandidaat gee rigtingaanwysings vir vriende hoe om van die garage buite die dorp tot by die kandidaat se huis te kom. KENMERKE  Rigtingaanwysings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en informatief.  Die doel van hierdie teks is om rigting aan te dui.  Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word.  In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan afgewissel word met bakenaanduidings in die vorm van stelsinne.  Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die teks moet die fokus ondersteun.  'n Reeks rigtingaanwysings wat gevolg moet word, word gegee.  Gebruik woorde wat rigting aandui, name van padtekens en noem bakens.  Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.  Rigtingaanwysings behoort chronologies gegee te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word.  LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die aanwysings puntsgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is informatief/verduidelikend.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Rigtingaanwysings word in die teenwoordige tyd geskryf.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of "Julle moet ..." of "Onthou om ..." o Sinne word korrek gebou. o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename. o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant Respons en idees en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks konteks nie Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie -Taal onverstaanbaar konteks van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk Woordkeuse indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat grammatika en spelling 13 10 7 4 15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid -Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk -Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word gedaan spelling opgemerk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer 5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie gekonstrueer effens sin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie Respons en idees -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking beplanning, doel, gehoor, -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees kenmerke, konvensies kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie en konteks soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp 18 PUNTE fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies, akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend woordkeuse, punktuasie en gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/November 2023 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie Respons en idees -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking vir beplanning, doel, -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees gehoor, kenmerke, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat 12 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees ondersteun onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute formaat begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie doel en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend konvensies, gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir woordkeuse, punktuasie -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer 8 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all