Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2023, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 537.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)33 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
ALGEMENE NASIENRIGLYNE
Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien
die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
verdien die punt.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
TWEE/DRIE na – eers horisontaal en dan vertikaal.
Aanvaar dialektiese variasies.
Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 1
TEKS A: SUID-AFRIKANERS SE SMULKOS
[Verwerk uit google, wikipedia,e.a.]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.1 amasi 1
frikkadelle
malvapoeding
walkie talkies
(Enige EEN)
1.2 LekkeSlaap 1
1.3 ''inheems'' 1
(Penaliseer nie as die woord nie tussen aanhalingstekens is nie)
1.4 Die gatsby ... 1
het op die Kaapse Vlakte ontstaan.
kom uit die Wes-Kaap/Kaap/Suid-Afrika.
Aanvaar ook die aanhaling: ''As jy egter dié Wes-Kaapse eetding wil
geniet ... ''
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.5 polonie 1
1.6 Dit is vullend./Dit maak jou (gou) vol/versadig/dik. 1
Jy kry verskillende/meer as een vulsel(s) in een broodjie. (Kandidaat
kan ook spesifiseer wat jy alles op die broodjie kry.)
Dit is goedkoop./Meer as een persoon kan van een gatsby eet./Jy
eet dit nie alleen nie.
Dit is 'n lang brood (nie gewone porsie nie).
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.7 (Op/In die) suikerrietplantasies 1
1.8 Dit is die gereg waarvoor KZN regtig bekend is. 1
Hierdie gereg is die gewildste/baie gewild/populêr/gunsteling kos/
beste kos (in KZN).
Die gereg is oral in KZN beskikbaar.
Baie mense koop dit.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.9 meer vleis wou verkoop 1
1.10 Albei geregte word met pap bedien./Pap 1
Pap is die gemeenskaplike gereg.
In albei provinsies word pap saam met 'n vleisgereg/vleis
bedien/geëet.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.11 askoek 1
1.12 Anton Goosen 1
1.13 Potjiekos was deel van die Groot Trek/was saam op die Groot 1
Trek/was al op die Groot Trek gemaak.
Dit is deel van ons geskiedenis/erfenis.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.14 (Hulle maak) pap/bier. 1
(Enige EEN)
1.15.1 voordelig 1
1.15.2 Dit is ekonomies/goedkoop/nie duur nie. 1
Dit bevat baie proteïene./Dit het (drie keer) meer proteïene as
beesvleis./Dit is gesond.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op Vraag 1.15.1 moet
korrek wees om die punt by Vraag 1.15.2 te verdien.)
1.16.1 E/Dié gereg neem lank om voor te berei. 1
1.16.2 D/Hierdie gewilde gereg het naam gemaak oorsee. 1
1.16.3 A/In die Vrystaat gebruik hulle veral lamsvleis vir hierdie gereg. 1
1.16.4 F/Die Nederlanders het hierdie gereg na ons land toe gebring. 1
1.16.5 B/Hierdie is 'n heerlike kerriegereg van die Wes-Kaap. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.17 LekkeSlaap het dit gedoen om hulleself/hulle diens te bemark. 1
Dit het toeriste se belangstelling geprikkel om deur Suid-Afrika te
toer.
Dit het mense gemotiveer om die verskillende provinsies te
besoek/die geregte te gaan proe.
Dit is informatief/bemagtigend./Dit gee inligting.
Dit het Suid-Afrika se koskultuur aan almal bekendgestel.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.18 Ja. 1
Mense leer jou ken deur dit wat jy eet.
Dit wat jy eet, sê iets van wie jy is/waarin jy belangstel/wat jou
voorkeure is.
Die kos wat jy eet, wys vir ander van watter kultuur jy is/wat jy
aangeleer het.
As jy vet is, eet jy dalk baie.
As jy gesond eet, lyk jy goed.
As jy gesonde kos eet, sal jy gesond wees en as jy ongesonde kos
eet, sal jy ongesond wees.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
OF
Nee.
'n Mens behoort nooit te veralgemeen nie.
Jy kan nie altyd kies wat jy eet nie./Die keuse van wat jy eet, lê nie
altyd by jou nie.
Persoonlike situasies/gesondheid bepaal dikwels wat mense mag
eet/nie mag eet nie.
Sommige mense eet gesond, maar word nog siek.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.19 Kandidate kan 'n oorhoofse/algemene motivering gee waarom die 1
woord by die inhoud pas, bv.:
Baie van hierdie kosse waarvan ons lees, gee vir mense die kans
om lekker saam te kuier.
Kos bring geselligheid; daarom kuier mense lekker saam as hulle
eet.
LekkeSlaap wou juis hê dat mense lekker kuier terwyl hulle die kos
in die verskillende provinsies geniet.
In die meeste gevalle waar mense kuier, is daar iets om te eet.
Mense kuier as hulle hierdie tipe kos eet.
Kos bring mense saam.
Toeriste sal graag kuier as hulle in die provinsies rondtoer en die
kos probeer.
Aanvaar ook die aanhaling: ''In Suid-Afrika beteken lekker eet
dikwels ook lekker kuier!''
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.19 OF
(vervolg) Kandidate kan 'n voorbeeld gee waarom die woord gepas is, bv.:
In paragraaf 3 word daar direk gesê dat jy nie die gatsby alleen eet
nie; dit is kuierkos.
In paragraaf 5 lees ons dat shisa nyama tot lekker kuier om die
braaivleisvuur lei.
In paragraaf 8 kuier mense saam om 'n lekker potjie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
TEKS B: TV-GIDS
[Verwerk uit verskeie gidse en google]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.20 Dit wys/dui aan dat dit 'n fliek/film/rolprent is. 1
(Of soortgelyk aan bogenoemde)
1.21 Daar is 'n O-simbool langs die program. 1
Dit is 'n omnibus (wat deur 'n O aangedui word).
Daar word aangedui dat dit 'n herhaling van 'n paar episodes in die
reeks is.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.22 C/die probleme tussen hom en sy geliefde. 1
1.23 Die prentjie pas, want dit wys ... 1
dat hulle sing/daar mikrofone in hulle hande is/dat daar 'n
sangkompetisie is.
dat daar twee mense/'n duo sing.
waaroor die program gaan/dat die program iets met musiek te doen
het.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.24 Daar is verskillende programme/meer as een program op SABC 2 1
wat nuus en sake van die dag aanbied.
Die nuus word van vroegoggend af al aangebied.
Die nuus word op verskillende tye aangebied.
Die nuus word in verskillende tale aangebied.
Ek kan die nuus ook op Facebook volg.
Via het geen nuus/sakeprogramme nie./Via het net programme oor
kos, musiek, reis, huise en die lewe.
Morning Live is op SABC 2.
Nuus
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
1.25 Dit is gebruikersvriendelik, want 'n mens... 1
o hoef nie baie te lees nie/kan van soeklees/vluglees gebruik
maak.
o kan dadelik sien watter programme alles aangebied word.
o kan sien wanneer programme aangebied word.
o kan jou kyktyd beplan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
o kan dadelik sien watter en wanneer programme herhaal word
(indien jy dit dalk gemis het).
o kan kortliks sien waaroor die verskillende programme gaan/wie
die aanbieders is.
Daar is ook prente/simbole/sleutels by (daarom verstaan jy
makliker).
Die inligting is duideliker in twee tabelle./Netjiese uitleg/lees
makliker.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming
Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur die
teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:
Puntetoekenning:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
o 3 punte vir taal
o Totaal punte: 10
Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 korrekte feite: 1 punt
o 4–5 korrekte feite: 2 punte
o 6–7 korrekte feite: 3 punte
(Indien selfs net één van die feite 'n direkte aanhaling is, ignoreer hierdie kategorie en
beoordeel volgens die volgende kategorie.)
Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
o Toegewing: Indien die kandidaat slegs één korrekte feit gee en daardie feit is 'n
direkte aanhaling, verdien die kandidaat net 1 punt vir die feit (aanhaling) en geen
punte vir taal nie.
o 'n Direkte aanhaling is woord vir woord. Indien een woord uitgelaat of omgeruil is, is
dit nie 'n direkte aanhaling nie.
LET WEL:
Getal woorde:
Nasieners moet die getal woorde verifieer.
Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik is, aan
te dui of verkeerd aandui nie.
Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener VYF
woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van die opsomming.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
TEKS C: VREEMDE FEITE OOR SELFONE
[Verwerk uit af.kuzminykh.org en af.inditics.com]
DIREKTE AANHALING EIE WOORDE
Vandag gebruik miljarde mense wêreldwyd 1 Daar is meer selfone in Suid-Afrika as
selfone om te kommunikeer. Hier is 'n paar taxi's, televisiestelle en radio's
vréémde feite oor selfone. (saam)./Daar is minder taxi's,
televisiestelle en radio's (saam) as wat
Ons sien taxi’s om elke hoek en draai in daar selfone is./Meer selfone as wat daar
Suid-Afrika. Dan is dit moeilik om te glo dat taxi's, televisiestelle en radio's in Suid-
daar meer selfone in Suid-Afrika is, as wat Afrika is.
daar taxi's, televisiestelle en radio's saam
is. Mense raak ongelukkig as hulle nie hulle 2 (Die meeste) mense gebruik 110 keer
selfone kan gebruik nie. Dan kan 'n mens per dag hulle selfone./(Die meeste)
verstaan dat die meeste mense 110 keer mense kyk 110 keer per dag op hulle
per dag op die een of ander manier hulle selfone.
selfone gebruik.
3 Selfone het 19 keer meer/meer
Mense sit hulle selfone orals neer sonder om bakterieë as wat jy op toilethandvat-
daaroor na te dink. Dalk sal mense sels kry./Selfone is vuiler as
versigtiger wees as hulle weet dat daar 19 toilethandvatsels.
keer meer bakterieë op selfone as op
toilethandvatsels is. 4 201 000 dollar is die meeste
geld/hoogste bedrag wat nog op 'n
Dit is duur om 'n selfoon te besit en te selfoonrekening betaal is./Celina
gebruik. Die hoogste bedrag op 'n Aarons se 201 000 dollar is die hoogste
selfoonrekening was dié van Celina Aarons selfoonrekening ooit.
van Florida. Sy het in 2011 'n rekening van
201 000 dollar gekry. Daar word duisende 5 Die rekord vir/Die meeste diamante op
selfone gesteel. Tog hou 'n juwelier in 'n selfoon is 6 576 (diamante)./'n
Hongkong die rekord vir die 6 576 Juwelier in Hongkong hou die rekord vir
diamante wat op 'n selfoon aangebring is. 6 576 diamante op 'n selfoon./6576 is die
meeste diamante nog op 'n selfoon.
Kan jy glo dat mense selfone ook vir 'n sport
gebruik? Inderdaad. In Finland is 6 Selfoongooi is 'n (amptelike) sportsoort
selfoongooi nou 'n amptelike sportsoort. in Finland.
Een van die probleme wat selfoongebruikers 7 Urine kan gebruik word om
dikwels het, is dat hulle nie hulle selfone kan selfone/batterye te laai./Wetenskaplikes
laai nie. Wetenskaplikes van die Bristol van Engeland laai selfone met urine.
Robotics Laboratory in Engeland het 'n
oplossing hiervoor gevind: daar is 'n manier
om selfone met urine te kan laai.
Net wanneer jy dink jy het nou alles gehoor,
is daar nuwe, vreemde feite oor selfone. (72 woorde)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAAL
ALGEMENE NASIENRIGLYNE
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd. Die fout
mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar woordstrukture getoets
word, moet dit korrek gespel word.
o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur is wat getoets word.
o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
o Aanvaar fonetiese spelling van woorde waar (sp) nie as vereiste aangedui is nie. Indien
die fonetiese spelling die sinsbetekenis verander, word dit nie aanvaar nie.
Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
instruksies.
Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
[Verwerk uit google images]
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 Suid-Afrikaanse (sp) 1
3.2 grasgroen (sp) 1
3.3 A/geld nie slim gebruik nie. 1
3.4 Dit is nie deur navorsing/statistiek bewys nie. 1
Dit is slegs die adverteerder se opinie/mening./Die adverteerder is
bevooroordeeld.
Die adverteerder gebruik die woorde om die leser te manipuleer om
die produk te koop.
Nie almal gaan dink hierdie T-hemp is die beste nie.
Die adverteerder wil net sy T-hemp beter laat klink.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
3.5 NOU/hoofletters 1
nou/NOU/vetdruk/donkerder skrif
nou!/uitroepteken/!
nou/ander lettertipe
nou/groter gedruk
nóú/aksenttekens
Kleur/skuinsdruk
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die verbetering moet werklik meer
trefkrag verleen.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.6 Die vingerafdruk is effektief, want dit skep die idee dat ... 1
die naam van die produk uniek is soos wat 'n vingerafdruk is.
die hemp net so uniek is soos 'n vingerafdruk.
jy 'n sekere indruk by mense sal skep as jy hierdie T-hemp dra (net
soos jou vingerafdruk 'n merk maak).
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
3.7 Dit beeld die produk uit./Dit wys onmiddellik wat verkoop word. 1
Die feit dat dit anders lyk as ander advertensies trek die leser se
aandag.
Dit maak die advertensie so uniek soos die produk.
Dis kreatief.
Dit pas by die inhoud van die advertensie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
3.8 "kwaliteit" 1
(Penaliseer nie as die woord nie tussen aanhalingstekens is nie)
3.9.1 Mense wat ... 1
nie (toegang tot) internet/rekenaars/selfone/data het nie.
nie rekenaargeletterd is nie.
nie tegnologie gebruik nie.
nie die aanlynbestellings vertrou nie.
nie aanlyn wil bestel nie.
eers die produk wil sien.
persoonlike diens verkies.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
3.9.2 Minder mense sal reageer/koop. 1
Die adverteerder verloor besigheid/verkoop nie so baie T-hemde as
wat hy sou wou nie/sal minder geld maak/het minder kopers.
Mense sal nie die advertensie kan sien nie en gevolglik nie bestel nie.
Nie almal sal daarvan weet nie.
Hy sou meer T-hemde verkoop het as hy 'n winkel gehad het/op ander
plekke ook (wou) adverteer.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
[10]
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
[Verwerk uit google images]
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 Boet sê vir Jan dat sy groentetuin fluks vorder. 1
(Die hele sin moet korrek wees.)
4.2 Albei Boet se duime is in die lug./Hy wys met sy hande/vingers dat hy 2
tevrede is./Boet wys ''shap/sharp/tjap.''
Boet se mond is groot oop./Boet lag/glimlag.
(Of soortgelyk aan bogenoemde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.3.1 B/sarkasties 1
4.3.2 Brak dink nie regtig dat die water lekker is nie. 1
Daar is vuil water in Brak se bak.
Vuil water kan nie lekker wees nie.
Dis nie die eerste keer dat daar vuil water in Brak se bak is nie.
Brak kan nie glo dat Boet alweer vuil water in sy bak laat val het nie/nie
oplet waar die water val as hy die plante natgooi nie.
Niemand hou van vuil water water in hulle bakke nie.
Boet het vir die tweede keer vir Brak vuil water gegee.
Brak is nie gelukkig dat Boet vir hom vuil water gegee het nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord op Vraag 4.3.1 moet
korrek wees om die punt vir Vraag 4.3.2 te verdien.)
4.4 mooiste (sp) 1
4.5 B/baie vir sy groentetuin omgee. 1
4.6 Daar is oral waterdruppels./Daar is baie waterdruppels. 1
Brak se bak staan naby/langs die wortels.
'n Mens kan sien dat Boet nie versigtig gooi nie.
Die water spat as Boet dit uitgooi.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
4.7 In RAAMPIE 3 dink Brak dat hy kan verstaan waarom Boet vuil water 2
op sy groente gooi (omdat water skaars is) , maar in RAAMPIE 4
hoop hy dat Boet ook sal proe hoe seep smaak.
In RAAMPIE 3 dink Brak iets positiefs, want hy het begrip vir wat Boet
doen , maar in RAAMPIE 4 dink hy iets negatiefs, want hy hoop die
wortels gaan sleg proe/na seep smaak.
Albei antwoorde in een sin met duidelike betekenis, sonder spesifieke
verwysing na beide raampies.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. 1 punt vir net een kant van die ironie.
Dus 1 of 2 of 0).
[10]
VRAAG 5.1
TEKS F: SOETE SUKSES VIR DIE NDLOVU JEUGKOOR MET HULLE EIE LIEDJIE
[Verwerk uit Vrouekeur, 08 November 2019 en Die Burger, 25 Januarie 2023]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.1 koorlede (sp) 1
5.1.2 veertien (sp) 1
5.1.3 eerste/enigste (sp) 1
5.1.4 Alhoewel hulle nie die kompetisie gewen het nie, was mense mal oor 2
hulle musiek.
(Let wel: Die kandidaat verdien 1 punt vir die woordorde – twee werkwoorde wat geskuif
het – en een 1 punt vir die komma wat op die korrekte plek tussen die 2 sinsdele is.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2023
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.5 Nov. (Die punt moet daar wees.) 1
5.1.6 landstale 1
5.1.7 daagliks (sp) 1
5.1.8 vier 1
5.1.9 aan 1
5.1.10 beoordelaar (sp) 1
5.1.11 regte (sp) 1
5.1.12 Voorbeelde waar van in 'n ander betekenisverband gebruik word, bv.: 1
My van is Ndlovu./Ek het my van verander toe ek sestien geword het./
My van is verkeerd gespel. (Selfstandige naamwoord)
Ek is van Kaapstad af./Ek is een van vyf kinders./Ek kom van ver af.
(Voorsetsel met ander betekenis)
(Aanvaar enige korrekte sin waar van nie die betekenis het van to take note of nie.)
5.1.13 vol-gen-de of vol+gen+de of vol/gen/de 1
(Aanvaar enige korrekte manier van verdeling.)
VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Bron: google images]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.2.1 Die kind op die stoel is besig om op die rekenaar te werk./Die kind op die 1
stoel is besig om te werk op die rekenaar.
(Die gedeelte waar die infinitief getoets word, moet korrek wees.)
5.2.2 Die twee kinders op die bed het die werk bespreek. 1
Die twee kinders het op die bed die werk bespreek.
Die twee kinders het die werk op die bed bespreek.
(Enige EEN. Die hele sin moet korrek wees.)
5.2.3 venster/ruit/vensters/ruite 1
(Aanvaar spelling van fonetiese uitspraak)
5.2.4 Die kinders se kamer is nie altyd deurmekaar nie. 1
Die kinders se kamer is nooit deurmekaar nie.
(Enige EEN)
5.2.5 Die kinders pak die boeke netjies op die boekrak. 1
(Die hele sin moet in die korrekte woordorde geskryf word.)
5.2.6 sosiale media/Sosiale media/sosiale-media/sosiale netwerke/sosiale 1
platforms
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper