Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum %20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)







View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)


Afrikaans FAL P1 Nov 2017 Memo_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 346.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
ASSESSERINGSRIGLYNE
• Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
• Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien die
vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
• By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
• Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
verdien die punt.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die
eersteTWEE/DRIE na.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.1 Sonvanger/sonvanger 1
1.2 Sy ouers en sy ouma/Hulle het ...
• Refentse in 'n Afrikaanse laerskool geplaas.
• Refentse na Afrikaanse musiek laat luister. 2
1.3 (Aan) Vereeniging Gimnasium 1
1.4 (Refentse het beplan om) Regte (te gaan studeer). 1
1.5 • Refentse het nie net op een aktiwiteit gekonsentreer nie.
• Refentse het aan sport-/leierskaps-/kultuuraktiwiteite deelgeneem.
• Refentse se skoolloopbaan het ook uit buitemuurse
aktiwiteite/leierskapsposisies bestaan.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.6 Refentse het dit geniet omdat ...
• hy passievol oor musiek/sy taak as regisseur is.
• hy sy medeskoliere kon lei.
• 'n ander/nuwe wêreld vir hom oopgegaan het./hy 'n nuwe uitdaging
gekry het. (Aanvaar ook die aanhaling)
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.7 • (sy) nederigheid/hardwerkendheid/passievolheid/veelsydigheid
• (sy passie) om mense te lei/gebore leier
• Hy het sy taak ernstig/toegewyd opgeneem.
• Hy kon uitdagings goed hanteer.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.8 (Refentse speel) kitaar/ghitaar. 1
1.9 “toevallig” 1
1.10 Etiese aspek:
• Cecilia Kruger het Refentse se toestemming gevra om die video-
opname te versprei./Sy het Refentse gevra of sy dit kon doen.
• Cecilia Kruger het nie net eiereg gebruik om die video-opname te
versprei/op Facebook te plaas nie.
Bekendheid:
• Sy het reg opgetree, want deur sy musiek te versprei, het hy
bekendheid verwerf.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.11 • Refentse het skielik baie bekend/besig geraak.
• Refentse het iemand nodig gehad om sy sake te hanteer./Hy kon nie
alles self doen nie.
• Iemand moes Refentse se geldsake/program/optredes bestuur.
• Iemand moes die skakeling met sy ondersteuners hanteer.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
(Antwoorde moet verband hou met sy bekendheid/besige lewe.) 1
1.12.1 (Tydens die) Klein-Karoo Nasionale Kunsfees/KKNK 1
1.12.2 Na hierdie optrede saam met Karen Zoid het Refentse ...
• 'n CD-kontrak gekry.
• 'n musiekvideo gemaak.
• baie ander uitnodigings (om op te tree) ontvang.
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) 2
1.13 • A
• geen ander kunstenaar so goed soos Karen Zoid is nie.
• A geen ander kunstenaar so goed soos Karen Zoid is nie.
(Enige EEN) 1
1.14 nederig 1
1.15.1 konnotatief 1
1.15.2 • Refentse is (baie) lief vir sy sussie. (Nie verlief nie).
• Refentse se sussie is (baie) spesiaal/belangrik vir hom.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
(Indien 1.15.1 verkeerd is, is 1.15.2 ook verkeerd) 1
1.16.1 Die skool het leerders soos Refentse die geleentheid gegee om ...
• in ‘n koor te sing.
• aan kunswedstryde/kultuuraktiwiteite deel te neem.
• aan produksies soos Afrikaans is Groot deel te neem.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.16.2 • Dit (Facebook/Sosiale media) het vir Refentse aan baie mense
bekendgestel.
• Refentse het deur Facebook/daardeur bekend geraak./Baie mense het
vir Refentse op Facebook/daarop gesien en van sy stem gehou.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.17 Iets om op terug te val:
• As Refentse se sangloopbaan nie (meer) suksesvol is nie, moet daar
iets anders wees wat hy kan doen (om geld te verdien).
• Refentse moet hom voorberei om iets anders te doen in tye
wanneer sy sangloopbaan nie (meer) genoeg geld maak nie.
Sy droom:
• Dan kan hy nog steeds doen waaroor hy gedroom het voordat hy as
sanger bekend geword het.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.18 "Hy hoop dat mense deur sy musiek van hulle verskille sal vergeet."
(Penaliseer nie as die sin nie tussen aanhalingstekens is nie) 1
1.19 • Dit voorspel wat die leser in die teks kan verwag/maak die leser
nuuskierig/prikkel die leser se belangstelling/motiveer die leser om
verder te lees.
• Dit som die teks op.
• Dit gee die kern van die teks./Gee (meer) inligting oor dit wat in die
leesstuk staan/oor Refentse.
(Enige EEN oof soortgelyk aan bogenoemde) 1
TEKS B: VISUELE TEKS
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.20 Koeldrank is ook 'n nie-alkoholiese drankie. 1
1.21 • A
• boere het nie baie graan geproduseer nie.
• A boere het nie baie graan geproduseer nie.
of
• C
• baie mense kan net brood en graanprodukte bekostig.
• C baie mense kan net brood en graanprodukte bekostig.
of
• D
• as dit duurder word om brood te verskaf, verloor mense hulle werk.
• D as dit duurder word om brood te verskaf, verloor mense hulle werk.
(Enige EEN) 1
1.22 Suiwelprodukte en vrugte se pryse het ewe veel/albei (5,3%) gestyg.
(Ons aanvaar nie net 5,3% as antwoord nie. Kandidate moes sê WAT eners is, m.a.w. die
5.3% interpreteer – vlak 3)
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.23 Vis/vis/seekos
(Ons aanvaar nie spesifieke vissoorte nie) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.24 • Die blokkie/grafiekkolom lê links van die middel/aan die anderkant/nie in
die ry nie.
• Die minusteken/(-)/negatiewe persentasie
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.25 nie 'n noodsaaklikheid is nie. 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
LET WEL:
Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die feite soos deur die vraag
oor die teks voorgeskryf.
Die opsomming moet soos volg nagesien word:
• Puntetoekenning:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
o 3 punte vir taal
o Totaal punte: 10
• Toekenning van taalpunte as leerders NIE woordeliks aangehaal het nie:
o 1-3 korrekte feite: 1 punt
o 4-5 korrekte feite: 2 punte
o 6-7 korrekte feite: 3 punte
• Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
o 6-7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
o 1-5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken
LET WEL:
• Antwoorde moet in volsinne wees.
• Getal woorde:
o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
o Geen punte word afgetrek indien die kandidaat nalaat om die getal woorde wat
gebruik is, aan te dui, of dit verkeerd aandui nie.
o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener
tot by die laaste volsin na die 70-woordegrens nasien en die res van die
opsomming ignoreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
TEKS C: HOEKOM 'N BRUGJAAR GOED IS
DIREKTE AANHALING EIE WOORDE
Jy is agtien jaar oud. Geen universiteit het jou
aansoek aanvaar nie. Dan is dit dalk 'n goeie
idee om aan 'n brugjaar te dink.
'n Brugjaar gee jongmense eerstens die 1 'n Brugjaar gee jou blaaskans/kans om te
kans om 'n blaaskans te neem na twaalf rus na matriek/12 jaar op skool.
jaar op skool. As jy eers begin werk, gaan jy
nooit weer die kans kry om so avontuurlustig,
selfs waaghalsig, te reis en te leef soos 2 'n Brugjaar gee jou die kans om nuwe
tydens jou brugjaar nie. Dit is 'n kans om 'n avonture te ervaar/beleef./Dit gee jou kans
bietjie te waag en nuwe avonture te om avontuurlustig/waaghalsig te reis/leef.
ervaar. Vir 'n jongmens is dit maklik om in 'n
partytjieleefstyl vasgevang te word. As jy
egter eers meer van die wêreld ervaar het, 3 Jy ontwikkel 'n besef van wat belangrik is
verstaan jy beter waaroor die lewe gaan. in die lewe./Jy kry jou prioriteite reg./Jy
Dan sal jy byvoorbeeld besef dit hoef nie besef partytjies is nie meer ‘n prioriteit nie.
'n prioriteit te wees om elke partytjie by te
woon nie.
Studente skryf dikwels in vir 'n kursus en
verander later na iets heeltemal anders. Dit 4 'n Brugjaar gee jou die kans om seker te
kan baie duur wees. 'n Brugjaar kan jou maak wat jy wil studeer/met die res van jou
help om seker te maak wat jy wil studeer lewe wil doen.
voor jy jou tyd en geld belê. 'n Studie aan
universiteite in Amerika het getoon dat die 5 'n Brugjaar kan help dat studente beter
punte van studente wat 'n brugjaar gehad presteer./'n Brugjaar kan beteken dat jy
het, gemiddeld 6% beter as dié van die res gemiddeld 6% beter kan doen.
is. 'n Brugjaar kan dus beter resultate
beteken. Jy kan ook 'n interessante werk 6 Tydens 'n brugjaar kan jy iets interessants
in jou brugjaar doen. Dit is die ideale doen/'n interessante werk te doen.
geleentheid om nuwe vaardighede aan te
leer. Jong gegradueerdes wat werk soek, het 7 Jy kan nuwe vaardighede aanleer.
min of geen werkservaring nie. As jy tydens
jou brugjaar werk, lyk dit goed op jou CV. 8 As jy tydens jou brugjaar werk, kan dit jou
Ten slotte sal dit ook vir werkgewers wys later help om werk te kry/kan jy dit op jou
dat jy nie bang is om te werk nie. CV skryf/kan dit jou CV goed laat lyk.
(werkservaring)
9 As jy tydens jou brugjaar gewerk het, sal
werkgewers sien jy is nie lui/bang vir werk
nie. (indruk op werkgewers)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAAL
ASSESSERINGSRIGLYNE
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde moet korrek gespel word waar ons woordstrukture toets.
o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur is wat getoets word.
o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
• Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
instruksies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meerkeusevrae.
• Indien een woord gevra word, bv. die korrekte vorm van die woord tussen hakies, mag
die kandidaat die hele sin uitskryf soos dit op die vraestel gegee word. Dis slegs by
Leesbegrip en Vraestel 2 waar kandidaat gepenaliseer word indien die korrekte woord nie
uitgelig/onderstreep word nie. Waar daar in Vraestel 1 spesifiek gevra word vir een woord
vir ..., geld hierdie toegewing egter NIE.
VRAAG 3
TEKS D: ADVERTENSIE
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 Ek het iets/die nuus gehoor./Mense het vir my iets/dinge vertel. 1
3.2 Tshwane 1
3.3 • D
• beklemtoon dat hierdie diens slegs vir Tshwane is.
• D beklemtoon dat hierdie diens slegs vir Tshwane is.
(Enige EEN) 1
3.4 Vuurwarm/vuurwarm/witwarm 1
3.5 gratis 1
3.6 alliterasie 1
3.7 vinniger 1
3.8 die 1
3.9 Die mans ...
• glimlag./lag.
• sit ontspanne/lekker/rustig.
• lyk bly/gelukkig.
• se aandag is net by hul selfone.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
3.10 altyd beter wil doen 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
TEKS E: STROKIESPRENT
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 (skoot)rekenaar/sleutelbord/tablet 1
(Die antwoord kan ook in ‘n sin gegee word.)
4.2 Klik/slurp/S-L-L-U-R-R-P 1
4.3 • Daar is 'n yskas/DEFY in die prentjie.
• Die naam DEFY verwys na 'n yskas/vrieskas.
(Enige EEN) 1
4.4 Mooi!/Goed!/Koel!/Geluk! Pragtig!/Welgedaan!/Lekker!
(Uitroepteken is nie nodig nie)
(Of soortgelyk aan bogenoemde)
(Die uitroep moet op goedkeuring dui.) 1
4.5 • Dit dui aan dat daar musiek speel.
• Dit dui aan dat die meisie na musiek luister.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
4.6 • (Daar is 'n) vraagteken/?
• klik?
• Ma se lippe tuit/Die ma glimlag nie.
• Die ma tik met een vinger.
(Enige EEN) 1
4.7 Die ma vra vir die dogter: "Wil jy dit nie vir my doen nie?"
OF
Die ma vra vir die dogter: "Wil jy nie dit vir my doen nie?"
(ook aanvaar indien slegs die direkte rede korrek gegee word) 1
4.8.1 • Die ma weet nie veel daarvan/(van sosiale media/Facebook/Twitter/
Instagram/rekenaars) nie.
• Die ma sukkel (met sosiale media/rekenaars).
• Die ma is nie rekenaarvaardig nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
4.8.2 Die boetie/Hy sien die kans om geld te maak/te verdien/om voordeel te trek.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
4.9 • A
• tevrede
• A tevrede
(Enige EEN) 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5.1
TEKS F: LEESTEKS
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.1 eetplekkie 1
5.1.2 heerlike/smaaklike/geurige
(Kandidaat moet die korrekte verbuiging van die b.nw. gee.) 1
5.1.3 jaar 1
5.1.4 • Ek het die deur gesluit.
• Ek is deur.
(Of soortgelyk)
(Ons aanvaar nie: “Ek sukkel om “deur” reg te spel” nie. Rede: die betekenis blyk nie
duidelik nie.) 1
5.1.5 toegangsfooi 1
5.1.6 per 1
5.1.7 jonk 1
5.1.8 vrolike 1
5.1.9 foto's 1
5.1.10 • Die vleis word sommer op die sypaadjie gebraai omdat daar nie
genoeg plek in die tent is nie.
• Die vleis word sommer op die sypaadjie gebraai omdat daar nie
genoeg plek is in die tent nie.
• Omdat daar nie genoeg plek in die tent is nie, word die vleis sommer
op die sypaadjie gebraai.
• Omdat daar nie genoeg plek is in die tent nie, word die vleis sommer
op die sypaadjie gebraai.
(Of soortgelyk aan bogenoemde)
(Indien kandidaat net een deel van die sin neerskryf, het hy nie die opdrag uitgevoer nie.
Die sin is nie verbind nie.) 1
5.1.11 • ... word saam met pap, wors en tjakalaka bedien.
• “... word saam met pap, wors en tjakalaka bedien.”
(Antwoord word aanvaar indien die leesteken nie onderstreep is nie) 1
5.1.12 resep 1
5.1.13 sy 1
5.1.14 Hiervoor kry Mzoli beslis volpunte!
(Kandidaat mag nie woorde uitlaat nie, maar ons kan toegewing maak indien
uitroepteken/punt weggelaat word.) 1
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.2.1 skryfbehoeftes/skryfbenodig(d)hede/skryfgereedskap/skryfgoed/skoolgoed/(ook
–goete/-goeters/-goeterse) 1
5.2.2 • Die prente is deur die leerders ingekleur.
• Die prente is ingekleur deur die leerders.
(Enige EEN) 1
5.2.3 Skêr/skêr (nie meervoud nie) 1
5.2.4 Leerders gebruik Pritt om die prente in te plak.
(Kandidaat mag nie enige ander woord behalwe “om” en ”te” inlas nie.) 1
5.2.5 potlood 1
5.2.6 Die leerders het groot rugsakke gedra. 1
[6]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans EAT V1 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans P2 2021 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AFR FAL P1 GR11 MEMO SEPT2021_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Afrikaans FAL P1 Nov 2020 Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Afrikaans FAL P1 Nov 2016 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans FAL P1 Nov 2015 Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024_hlayiso.com_.pdf
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P1 Nov 2024.pdf

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P2 Nov 2024 MG.pdf

Question paper