Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)










View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL P3 May June 2024
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 6
- File size
- 263.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Lang transaksionele teks (30)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
die finale produk vir elke afdeling skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.
10. Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
NIE.
11. Moenie met ʹn potlood skryf nie.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
VRAAG 1.1–1.8.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
By VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8 moet jy jou eie titel gee. Jou opstel moet met die prent
verband hou.
1.1 Ek het my selfoon verloor! [50]
1.2 Dié persoon sal ek altyd onthou [50]
1.3 Ek wens ... [50]
1.4 Ek het die reg om te sê wat ek wil [50]
1.5 Helpende hande [50]
1.6
[Bron: twinkl.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.7
[Bron: www.stock.adobe.com] [50]
1.8
[Bron: www.images.goole.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
2.1 INFORMELE BRIEF
Jy het lank gesukkel om werk te kry, want daar is nie baie werk in Suid-Afrika
nie. Nou het jy werk gekry en is baie gelukkig daaroor.
Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou ouma en vertel van hierdie nuwe werk
en waarom jy so gelukkig is. [30]
2.2 FORMELE BRIEF
Jy gaan doen graag jou inkopies by die groot supermark naby jou huis. Daar
is 'n paar dinge by hierdie supermark waarvan jy nie hou nie.
Skryf 'n FORMELE BRIEF (klagtebrief) aan die bestuurder van die supermark
waarin jy oor hierdie dinge kla. [30]
2.3 HULDEBLYK
'n Onderwyser wat vir baie jare ekstra klasse in Afrikaans by die huis
aangebied het, tree nou af. 'n Groep leerders wat by hierdie onderwyser klas
gekry het, hou 'n afskeidsfunksie vir hom/haar. Hulle het jou gevra om 'n
huldeblyk aan die onderwyser namens hulle te lewer.
Skryf hierdie HULDEBLYK. [30]
2.4 DIALOOG
Jy bly nog saam met jou ouers, maar wil nou jou eie blyplek kry. Jou ma hou
nie baie van hierdie idee nie. Julle gesels hieroor.
Skryf die GESPREK tussen jou en jou ma neer. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
3.1 PLAKKAAT
Jy wil jou fiets gebruik om mense se inkopies vir hulle te doen en by hulle
huise af te lewer.
Ontwerp 'n PLAKKAAT om mense van jou diens te vertel. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
Jou vriend se pa het sy werk verloor. Die gesin/familie kry nou baie swaar. Jy
wil jou ouers vra om hulle te help.
Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:
Die aand vóór jy met jou ouers gesels het
Die aand nádat jy vir jou ouers gevra het om jou vriend se gesin/familie
te help [20]
3.3 INSTRUKSIES
Jy en jou vriende beplan ʹn partytjie. Jy moet seker maak dat elkeen weet wat
om te doen om seker te maak dat die partytjie ʹn sukses is.
Skryf die INSTRUKSIES puntsgewys onder mekaar en in volsinne neer. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024 hlayiso.com
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024

Question paper
Afrikaans FAL P2 Nov 2024 MG

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024 MG

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023 hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2023 MG hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2021 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2017 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 May June 2016 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans FAL P1 May June 2024 MG

Memorandum
Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers

Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans EAT V1 Memo hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023 hlayiso.com

Memorandum