You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL P3 May June 2016_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 1220166 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2016 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2016 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy ʼn streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2016 SSE AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Toe het alles verander. [50] 1.2 Die werk wat ek graag wil hê [50] 1.3 Só lyk ʼn wenner. [50] 1.4 Maak selfone die lewe beter? [50] 1.5 Geld is alles. [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband tussen die opstel en die prent wat jy gekies het, wees. 1.6.1 [Bron: www.familylife.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2016 SSE 1.6.2 [Bron: www.magnifyingaids.com] [50] 1.6.3 [Bron: www.savingwater.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2016 SSE AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Een van jou beste vriende/vriendinne het lank werk gesoek en toe uiteindelik werk gekry. Jy is saam met jou vriend/vriendin opgewonde hieroor. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF hieroor aan jou vriend/vriendin. [30] 2.2 HULDEBLYK Een van jou familielede is oorlede. Jy was baie lief vir hom/haar. Omdat jy hom/haar so goed geken het, moet jy namens die familie ʼn huldeblyk by sy/haar begrafnis lewer. Skryf ʼn HULDEBLYK wat jy by die familielid se begrafnis sal lewer. [30] 2.3 KOERANTBERIG Man (93) kry matrieksertifikaat Skryf ʼn KOERANTBERIG met hierdie opskrif. [30] 2.4 ONDERHOUD Jou sportklub het ʼn bekende sportman/sportvrou genooi om by die klub se prysuitdeling te kom praat. Min mense ken hom/haar regtig. Jy voer ʼn onderhoud met hierdie sportman/sportvrou. Jy gaan die inligting gebruik om hom/haar tydens die prysuitdeling bekend te stel. Skryf die ONDERHOUD wat jy met die sportman/sportvrou voer, neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2016 SSE AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jy wil graag ekstra geld verdien deur enige van die volgende werke te doen. Kies EEN van die volgende: • Verfwerk • Tuinwerk • Kleremaak/Klere regmaak • Troeteldiere versorg Ontwerp ʼn ADVERTENSIE om die werk wat jy gekies het, te adverteer. Jy gaan hierdie advertensie by een van die winkels opplak. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jy het ʼn baie goeie vriend/vriendin jare laas gesien. Julle gaan mekaar nou weer ontmoet. Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae soos volg: • Die dag voor die ontmoeting • Die dag nadat julle ontmoet het [20] 3.3 AANWYSINGS Jongmense weet nie altyd van die gevare om hulle nie. Jy is bekommerd oor jou sussie en haar vriende wat nog tot laat in die aand op straat is. Skryf SEWE dinge neer wat jou sussie moet doen om veilig by die huis te kom. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all