Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12201631 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016, 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2016

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 2016 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/2016 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Moenie die hele vraestel deurlees nie. 2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. 3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 4. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat jy bestudeer het. 5. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat jy bestudeer het, aan. 6. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het. 7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 10. Vrae moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ʼn ander taal nie. 11. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/2016 SSE INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn Bos 35 4 2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 8 3. Meeulanders 35 12 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 4. Poppie – die drama 35 16 5. Paljas 35 20 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. 6. “Die storie van Piet se Oupa” 18 24 EN “Die pakkie” 17 26 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. 7. “Things that go bump in the night” 17 28 EN “Wie’s hy?” 18 30 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN () BEANTWOORD A: Roman 1–3 1 B: Drama 4–5 1 C: Kortverhale 6 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 7 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/2016 SSE AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A 1 Soms het hy die gevoel gekry dat daar eintlik net ʼn dun gordyn tussen die 2 mens en die Bos is. Wasemdun. Soos onsigbare mis waardeur jy sal kan sien 3 as jy net jou oë groot genoeg kon oopkry. Die volgende oomblik het hy geweet 4 dis net ʼn droom. Die Bos is soos iemand wat jy hoor praat en wie se taal jy nie 5 verstaan nie: jy hoor hom, jy sien hom, jy raak hom aan, hy maak gebare, maar 6 jy weet nie wat hy vir jou sê nie. 7 Dis erger. 8 Vir ʼn mens kan jy ʼn tolk gaan roep of sy taal aanleer. Vir die Bos is daar nie ʼn 9 tolk nie. Net vir die mens. Want die mens is nie verborge nie. Hou hom lank 10 genoeg dop, werk lank genoeg in sy houtskuur … 11 Twee jaar het hy vir MacDonald gewerk. Hy was agtien toe hy daar begin het. 12 Kate was veertien. 13 En soos die Bos sy liggaam sterk en taai gebrei het, so het die twee jaar in 14 MacDonald se houtskuur hom van binne taai gemaak. 15 Dis twee jaar van sy lewe wat hy, ten spyte van alles, vir niks sal verruil nie, 16 want Kate lê in daardie twee jaar. 17 Kate. 18 Dit het winter geword in die houtskuur. Die koue en die klamte het soos muf in 19 sy liggaam ingetrek sodat sy lyf soggens stadig reguit moes kom. 20 Dit was Sondagmiddag en hy het agter die skuur in die son gesit om warm te 21 kom. 1.1 In reël 1–6 beskryf Saul die Bos. Verduidelik in jou eie woorde wat Saul hier vir ons van die Bos vertel. (1) 1.2 In reël 8 sê Saul dat ʼn mens iemand anders se taal kan aanleer. 1.2.1 Wie het vir Saul Engels leer praat? (1) 1.2.2 Waar het Saul as volwassene vir die eerste keer gevoel hy hoef nie skaam te wees om sy eie taal te praat nie? (1) 1.3 “Twee jaar het hy vir MacDonald gewerk.” (Reël 11) Waarom het MacDonald nie vir Saul betaal nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/2016 SSE 1.4 Lees reël 13 en 14. 1.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die vraagnommer (1.4.1) en die antwoord neer. Saul se liggaam is sterk en taai gemaak in die Bos deur (uit te kyk vir olifante/swaar hout uit te sleep). (1) 1.4.2 MacDonald het in die twee jaar wat Saul by hom gewerk het, nie reg teenoor mense opgetree nie. Wat sê dit vir ons van MacDonald se karakter? (1) 1.5 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.4) neer. Bos; gouddelwers; houtkopers; winkeleienaars houtkappers; goudkopers; meubelmakers; olifante Saul het in die twee jaar by MacDonald baie lesse oor die lewe buite die Bos geleer. Saul het veral geleer dat die lewe ʼn skewe sirkel was. Hy het gesien dat die (1.5.1) … die (1.5.2) … onregverdig behandel het. Op hierdie manier is die (1.5.3) … verniel. Saul het probeer om hierdie vernietiging te keer deur die (1.5.4) … met Arend se beeshoring uit die Bos te verjaag. (4) 1.6 Werkers het in 2016 baie meer regte as wat Saul in sy tyd gehad het. Oor watter TWEE werkersregte sou Saul kon kla as hy in 2016 vir MacDonald gewerk het? (2) 1.7 Lees reël 15–16. Vertel waarom Kate se besoeke aan die skuur vir Saul so spesiaal was. Gee DRIE redes. (3) 1.8 As MacDonald reg aan die begin uitgevind het dat Kate Sondae vir Saul besoek het, sou MacDonald hom weggejaag het. Hoe sou dit Saul se lewe vorentoe negatief beïnvloed het as MacDonald hom weggejaag het? (1) 1.9 Wat het ʼn mens, volgens Saul, nodig gehad sodat die dorpsmense jou moes aanvaar? Noem EEN ding. (1) 1.10 Saul is as ʼn opstandeling gebrandmerk. Dink jy dit was regverdig teenoor Saul? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/2016 SSE 1.11 Kate het die geleentheid gehad om formeel skool te gaan, maar Saul nie. Bespreek hierdie stelling deur te verwys na wat Saul by die volgende mense geleer het: 1.11.1 Saul se pa (1) 1.11.2 Saul se ma (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B 1 … “Ek moet hom Maandag die geld gee en ek het dit 2 nie,” bieg sy tot by die waarheid en haar vrees. 3 “Kate …,” sê hy en skud sy kop soos een wat te veel het om te sê en nie 4 kan nie. 5 “As jy vir my die geld gee, is die erf joune, Saul!” 6 Hy weet ineens dat hy die punt van omdraai nie gister of eergister of 7 oomblikke gelede bereik het nie, maar dat hy op hierdie oomblik die punt 8 bereik en dat daar ʼn hek vir hom oopgehou word … Terselfdertyd roer daar 9 diep in hom ʼn ou koppigheid en dit voel soos nuwe krag. 10 “Waarom het jy dit gedoen, Kate?” 11 “As jy weggaan, staan alles sonder genade. Ek ook.” 12 “Besef jy die gevolge by jou pa as ek jou die geld sou gee?” 13 “Ja.” 14 “Jy sien kans daarvoor?” 15 “As dit saam met jou is.” 16 Al sy liefde vir haar, twee jaar se verlange na haar, skiet soos pyn deur 17 hom. Dis die enigste werklikheid op dié oomblik. Thompson se hoekerf is nog 18 nie deel van die werklikheid nie, net Kate. 19 “Ek weet nie wat om te sê nie, Kate, ek weet net dat ek ʼn halwe mens 20 sonder jou is.” 1.12 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die vraagnommer (1.12) en die antwoord neer. Toe Saul en Kate mekaar hier in Meulbos gesien het, was die atmosfeer gespanne omdat (hulle nog onseker oor die pad vorentoe was/Kate nie regtig in die Bos belanggestel het nie). (1) 1.13 Hoekom kon Saul nie self die erf gekoop het nie? (Reël 5) (1) 1.14 Lees reël 6–8. Saul was ʼn paar keer op die punt om eerder om te draai en die Bos agter te laat. Noem TWEE dinge wat Saul gekeer het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/2016 SSE 1.15 “dat daar ʼn hek vir hom oopgehou word” (Reël 8) 1.15.1 Wat beteken die “oop hek” in die uittreksel? (1) 1.15.2 Waarom kan ons respek hê vir Saul wat dit ook as ʼn “oop hek” vir sy gesin gesien het? (1) 1.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.16) neer, byvoorbeeld 1.16 E. Net soos Kate het Maska ook ʼn belangrike rol in Saul se lewe gespeel. Saul het aan die einde weer eens besef dat Maska sy … was. A hart-broer B mens-broer C bosbroer D werkbroer (1) 1.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E. Saul kon aan die einde van die verhaal vir Jozef laat glo dat … A Saul al die houtkopers sou ondersteun. B Jozef reg was oor Oupoot. C Saul vir Jozef nodig gehad het. D Jozef se trots altyd tussen hulle sou staan. (1) 1.18 Waarom kan die leser aan die einde van die verhaal saam met Saul en Kate gelukkig voel? (1) 1.19 Kies die gevolg/resultaat uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.19.1–1.19.5) neer, byvoorbeeld 1.19.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.19.1 Saul het geglo die kalander het A Saul het leer delf. seergekry. B Saul het leer meubels maak. 1.19.2 Die dorpsmense het teen Saul gediskrimineer. C Saul se pa het hom geslaan. 1.19.3 Saul het saam met Patterson D Saul het ’n besige sosiale in die Bos geloop. lewe gelei. 1.19.4 Saul het by Abraham Steyn in E Saul was die oppasser van Swellendam gebly. Meulbos. 1.19.5 Die ryk mense in Knysna het F Saul is uit die biblioteek vir Saul aanvaar. weggejaag. (5 x 1) (5) 1.20 Sê waarom dit realisties is om te glo dat Saul ʼn sukses van sy meubelbesigheid sou maak. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/2016 SSE VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C 1 Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal wou begin. Toe kom loer Tibo oor 2 my skouer en sê ek is simpel, dis nie hoe mens ʼn storie begin nie. 3 “Wat weet jy?” vra ek hom. “Hoeveel stories het jy al geskryf?” 4 Tibo is agt. Gans te oud vir sy ouderdom, soos my ma altyd sê. Hy’s my 5 halfbroer. Ek het ook twee stiefbroers. 6 “Wie wil jy hê moet jou stories lees?” vra Tibo. 7 “Nie jy nie,” snou ek hom toe. “Loop speel met jou poppe.” 8 Hy speel nie rêrig pop nie. Wel, ek het hom laas jaar een keer betrap dat hy 9 my ou Barbie-pop aantrek, maar toe ek hom daaroor terg, het Mana woedend 10 geword. Mana is my ma. Sy hou daarvan dat ek haar op haar naam noem. Sy 11 glo dis sleg vir mens se gesondheid om normaal te wees. 12 “Niks verkeerd daarmee as seuns met poppe speel nie!” het sy uitgeroep. 13 “Maar jy’t niks daarvan gehou toe ék met ʼn Barbie gespeel het nie,” het 14 ek gesê. “Hoekom is dit nou skielik oukei as hý met ʼn Barbie wil speel?” 15 “Dit het te doen met rolle,” het Mana met rollende oë gesê. “Ek sal nie 16 daarvan hou as Tibo rugby speel nie, …” 2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die vraagnommer (2.1) en die antwoord neer. Toe Hanna begin skryf, wou sy oor (hul vakansie/stralende geluk) skryf. (1) 2.2 Watter TWEE eienskappe van Hanna het haar as skrywer gehelp? (2) 2.3 Waaruit kan jy aflei dat Tibo en Amos nie Hanna se privaatheid gerespekteer het nie? Gee TWEE feite. (2) 2.4 “Nie jy nie,” snou ek hom toe. “Loop speel met jou poppe.” (Reël 7) 2.4.1 Hoe sal jy Hanna se reaksie hier teenoor Tibo beskryf? (1) 2.4.2 Hoekom sou ʼn mens kon sê dat Hanna se optrede teenoor haar jonger boetie Tibo, realisties was? (1) 2.5 Hoe pas Hanna se siening oor Mana (reël 11) by die volgende: 2.5.1 Die manier waarop Mana ʼn tweede kind wou hê (1) 2.5.2 Die naam van die ongebore baba (1) 2.6 Hanna se bynaam was Hanna Hoekom. Wie het hierdie bynaam vir Hanna gegee? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/2016 SSE 2.7 Die verteller speel ʼn belangrike rol in ʼn roman. 2.7.1 Wie is die verteller in hierdie verhaal? (1) 2.7.2 Waarom is dit goed dat hierdie persoon die verteller is? (1) 2.8 Mana wou nie hê Tibo moes rugby speel nie, maar Mana sou nie omgee as Hanna rugby wou speel nie. Waarom, dink jy, is Mana se opinie oor geslagsrolle in 2016 baie relevant? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D 1 Dit was ʼn uitgemergelde groepie, op die rand van hongersnood en 2 wanhoop, wat gisteroggend daarin geslaag het om ʼn verbygaande helikopter 3 nader te lok. Die geselskap het verskeie ander bekende persoonlikhede 4 ingesluit: me. Hoekom se vader, Gavin Taylor, ʼn vooraanstaande mode- 5 ontwerper van Johannesburg; me. Hoekom se vriendin, Sharon Bester, dogter 6 van die gewese politieke aktivis Jonathan Bester; me. Hoekom se stiefbroer, 7 Yann Theron, bekende … 8 Liewe leser, hier haak my koerantberig vas. Waarvoor is Yann bekend? 9 Hartebreker van Hoërskool Tafelberg? 10 “Dis my pa!” roep Sharon uit en gryp my arm vas terwyl die helikopter ʼn ent 11 anderkant Gavin se geleende rooi MG land. “En my ma!” 12 Die volgende oomblik verskyn Sharon se pa en ma in die deur van die 13 helikopter. Hulle lyk soos twee rolprentsterre met sonbrille en kameelkleur 14 jasse. Of soos die Amerikaanse president en sy vrou wat voor ʼn klomp TV- 15 kameras uit hul persoonlike helikopter klim. Hulle wuif vir ons en drafstap 16 nader, so half geboë in die wind wat steeds deur die draaiende skroef 17 veroorsaak word. 18 Ons enigste regte rolprentster (wel, met ʼn bietjie verbeelding) staan daar in 19 haar glimmende lemmetjiegroen sportpak en haar vuil drafskoene en gaap 20 hulle oopmond aan. 21 Ek vermoed ons voel almal ewe belaglik. 2.9 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer. positief; talentvol; vervelig; afwesig; dramaties; belaglik; negatief; besig Die koerantberig wat Hanna uitgedink het, begin baie (2.9.1) … Die manier waarop sy haar gesinslede in die berig beskryf, wys hoe (2.9.2) … sy nou oor hulle voel. Hanna noem Gavin “vader” wat aandui dat hy nie meer die pa is, wat met elke verjaarsdag (2.9.3) … was nie. Hanna het eers gedink dat alles aan Margot plastiek was, maar nou erken sy in die koerantberig dat Margot (2.9.4) … is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/2016 SSE 2.10 Waarom verskyn die woorde “Liewe leser” (reël 8) dikwels in die verhaal? (1) 2.11 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.11) neer. Die toon van die laaste vier reëls in die uittreksel is (ernstig/humoristies). (1) 2.12 Waarom was die gesin op die berg vasgekeer? (1) 2.13 Die groep het ʼn helikopter in die lug gesien. Vertel wat hulle gedoen het om die vlieënier se aandag te trek. Gee DRIE feite. (3) 2.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.14) neer, byvoorbeeld 2.14 E. Gavin het gesê dat Hanna as baba perfek was. Dit het Hanna se … verbeter. A selfbeeld B voorkoms C kleresmaak D verbeelding (1) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer, byvoorbeeld 2.15 E. Gavin sou vir Hanna (as baba) die naam Fabienne gekies het, want vir hom was die naam … A eenvoudig. B vreemd. C gewoon. D eksoties. (1) 2.16 Ons leer vir Hanna ken as ʼn tiener wat nie altyd tevrede was met hoe sy gelyk het nie. Noem TWEE dinge waaroor sy ontevrede was. (2) 2.17 Hoekom het Hanna al hoe minder aan Fabienne gedink soos die verhaal ontwikkel het? (1) 2.18 Het die Fabienne-stories wat Hanna geskryf het die roman interessant gemaak? Verduidelik jou antwoord. (1) 2.19 Hoekom is die slot van die roman gepas veral vir tieners wat ʼn stiefpa of -ma het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/2016 SSE 2.20 Kies 'n karakter uit KOLOM B wat by ’n stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (2.20.1–2.20.5) neer, byvoorbeeld 2.20.6 G. KOLOM A KOLOM B 2.20.1 Hierdie karakter se geskenk op Hanna A Luke se vyftiende verjaarsdag het haar liefde vir lees versterk. B Gavin 2.20.2 Hierdie karakter het Hanna ondersteun C Beyers tydens die baba se geboorte. D Margot 2.20.3 Hierdie karakter het aan die einde van die roman Hanna se skryftalent E Mana aangemoedig. F Sharon 2.20.4 Hierdie karakter het die leiding op Botterberg geneem nadat die helikopter vertrek het. 2.20.5 Hierdie karakter het die gesin op Botterberg gered. (5 x 1) (5) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/2016 SSE VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E 1 “Duiker, ek sal kyk wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier 2 baadjietjies klaar. Ek stuur dit môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets 3 pienks hê. Nou goed dan, Duiker, hoor. Oor en uit!” 4 Hansie sit die mikrofoon neer voordat die stem nog iets kan kwytraak. Sy kyk 5 skaam na Ryna, duidelik ontsteld oor Jacob se tirade. 6 “Ag, juffrou,” probeer sy verduidelik, “dis nou seker maar ʼn misverstand. Jy weet, 7 dinge op Meeuland is maar moeilik. Jacob se assistent, wat met die onderhoud 8 van die geboue gehelp het, is al maande lank weg. En sy ou vroutjie is in die 9 ander tyd. Hulle eerstetjie. Maar hy sal wel weer bedaar. Heidenland, juffrou. Jy 10 weet mos die mans kan so maklik moeilik raak oor niks.” 11 Ryna kry haar jammer. “Ant Hansie,” sê sy sag, “my naam is Ryna.” 12 En sy kyk in Hansie se begrypende bruin oë. Dis oë wat al seergekry het, weet 13 sy. Dis oë wat al die wêreld se swaar kant gesien het. 14 Maar Die Stem het haar tog ontstel. 15 Ek het nêrens anders om heen te gaan nie. My verlede is weg. En ek is nie 16 welkom in die nuwe lewe waarheen ek op pad is nie. 3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (3.1) neer. Ryna het in (professor Van Keulen se blyplek/die Green Shadows-gastehuis) gebly voordat sy Salamanderbaai toe gegaan het. (1) 3.2 Ryna het op Meeuland kom werk. Vertel van die tragiese gebeure in haar lewe voordat sy Meeuland toe gekom het. Gee DRIE feite. (3) 3.3 Lees weer reël 6. Jacob het twee feite oor Ryna se koms na Meeuland verkeerd gehad. Noem die twee feite. (2) 3.4 Wie was Twilight in hierdie roman? (1) 3.5 Lees weer reël 12. 3.5.1 Hoekom, dink jy, kon Ryna die seer in Ant Hansie se oë raakgesien het? (1) 3.5.2 Noem TWEE insidente wat in Ant Hansie se gesin gebeur het wat haar seergemaak het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/2016 SSE 3.6 Kies ʼn gevolg/resultaat uit KOLOM B wat by ʼn gebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.6.1–3.6.5) neer, byvoorbeeld 3.6.6 G. KOLOM A KOLOM B 3.6.1 Ryna het na die trauma ʼn nuwe A Meeuland moes verlaat. lewe begin toe sy … B en Jason vriende geword 3.6.2 Ryna het dadelik gasvryheid het. ervaar toe sy … C Stellenbosch besoek het. 3.6.3 Ryna het geleer om haar pyn te verwerk toe sy … D Ant Hansie vir die eerste keer ontmoet het. 3.6.4 Ryna se werk as kunstenaar is raakgesien toe sy … E op Salamanderbaai aangekom het. 3.6.5 Daar het weer ʼn groot verandering in Ryna se lewe F en Jannerik saam ʼn boom gekom toe sy … geplant het. (5 x 1) (5) 3.7 Stem jy saam dat Elsabet meer kon doen om vir Ryna tuis te laat voel op Meeuland? Motiveer jou antwoord. (1) 3.8 “Maar Die Stem het haar tog ontstel.” (Reël 14) 3.8.1 Die Stem verwys na Jacob. Waarom het Jacob Ryna ontstel? (1) 3.8.2 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.8.2) neer. ʼn Voorbeeld van (innerlike/uiterlike) konflik was toe Ryna vir die eerste keer met Die Stem gepraat het. (1) 3.9 Hoekom kan ons met Ryna saamstem as sy sê “My verlede is weg”? (Reël 15) (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/2016 SSE Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F 1 Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie 2 afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie 3 gedruk en sy kop geskud. 4 En toe het Kinnie se kind ʼn skree-geluidjie in die bruin sak gegee. 5 Daar was meteens ʼn heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op 6 Meeuland. 7 Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een 8 het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of papier. 9 En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik sou vir 10 Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, het Jacob 11 ʼn kissie gemaak. Ons het Elsabet se babatjie gaan begrawe met sonopkoms. 12 Die storm het stil geword. Daar was swartrugmeeue teen die oggendhemel. Ek 13 het van ʼn afstand af staan en kyk hoe Jannerik die gat spit by die oorhangende 14 rots ver van die huis af. En hoe Jacob die kissie neerlê. En biddend in die hemel 15 in opkyk. 16 Ek het Jannerik saggies hoor huil. Ek het geweet dat my lewe nooit weer 17 dieselfde sou wees nie. En dat ek vir ewig aan die mense van Meeuland verbind 18 sou wees. 3.10 Waarom was dit reg van Jannerik om Kinnie se baba Meeuland toe te bring? (1) 3.11 “Ons het kontrak geteken sonder pen of papier.” (Reël 8) Wat beteken hierdie woorde? (1) 3.12 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.12.1–3.12.4) neer. gehaat; gestry; weggeneem; versorg; gejok; geken; vertrou; gepraat Vandat Ryna op Meeuland aangekom het, het sy en Jannerik oor hulle emosies (3.12.1) … Nadat Elsabet die eiland verlaat het, moes Ryna Janka dikwels (3.12.2) … Sy het nooit vir Attie oor haar gevoelens vir hom (3.12.3) … nie. Uiteindelik moes sy erken dat sy Jacob nie kon (3.12.4) … nie. (4) 3.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.13) neer, byvoorbeeld 3.13 E. Kinnie het vir haar kind ʼn … as erfstuk agtergelaat. A hangertjie B wekkertjie C kledingstuk D porseleinpop (1) 3.14 Wat kan jy by Ryna leer oor haar besluit om Jacob enduit te ondersteun? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/2016 SSE 3.15 Ryna het Janka in haar lewe gekry en dit het gehelp om Ryna se pyn oor die verlede minder te maak. Motiveer hierdie stelling. (1) 3.16 Hoe het Skalla Jacob se lewe ongelukkig gemaak? Noem TWEE dinge. (2) 3.17 Hoe het Fred tydens die hofgebeure vir Jacob probeer help? (1) 3.18 Ryna het die kontrak wat sy met Jacob en Jannerik op Meeuland gesluit het, aan die einde van die verhaal verbreek. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 3.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.19) neer, byvoorbeeld 3.19 E. Almal is weg van Meeuland af en Ryna het as onderwyseres gaan werk, want sy … A het terugverlang na haar jare as onderwyseres. B kon nie haar kunswerke verkoop nie. C wou in Ousanna se huisie bly. D wou naby Jacob wees. (1) 3.20 Ons het vir Ryna in die roman goed leer ken. Sê watter karaktereienskap van Ryna jy die meeste waardeer het. (1) 3.21 Janka se identiteit is lank geheim gehou. Waarom, dink jy, was dit effektief in die roman? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/2016 SSE AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G 1 STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir 2 ons sê, ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, maar ons Xhosa-mense moet 3 net weg uit Lambertsbaai uit. 4 JAKKIE. Die mense was baie ontevrede. 5 MOSIE (spring driftig op, loop heen en weer, beweeg na Stone en Poppie). 6 Ek gaan nie hierso weg nie. Ek het hier grootgeraak … ek werk by die garage 7 en ek leer by die Union College. Bhuti Mbatane het twaalf jaar in Lambertsbaai 8 gewerk en voor dié tyd in Lüderitzbucht. Waarnatoe moet hy nou gaan? 9 POPPIE (aan Mama). En Ouma … en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle 10 versorg? 11 MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.) 12 Almal “vries”. Luister na stem oor megafoon. 13 STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet 14 weggaan na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk 15 soek. 16 HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. 17 Die poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur 18 so ʼn skop na binnetoe en dan word die mêtjie getrek. 19 MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die 20 huis wat brand. (Die hele groep kyk na ʼn huis wat brand.) *** 21 Kollig doof tot donker. Stone gaan sit op die blik regs. 4.1 Na watter woonbuurt in die Kaap moes die Xhosa-mense later in die drama trek? (1) 4.2 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.2) neer. Met Mosie se reaksie op Stone se woorde (reël 5–8) wys Mosie dat hy die verskuiwing na ʼn nuwe woonbuurt (verwerp/aanvaar) het. (1) 4.3 Poppie het besluit om nie saam met haar ma-hulle uit Lambertsbaai weg te trek nie. Verduidelik waarom dit die regte besluit was. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/2016 SSE 4.4 Poppie het ʼn jaar later nie ʼn keuse gehad nie, want sy moes Lambertsbaai verlaat. Vertel hoekom Poppie nie langer in Lambertsbaai kon bly nie. Gee DRIE feite. (3) 4.5 Wie is die Ouma na wie Poppie in reël 9 verwys? (1) 4.6 Mama het Poppie vir ʼn kort rukkie saam met haar en Mbatane in die sinkhuis in Elsies laat bly en dit was nie maklik nie. Hoe is Mama se optrede hier ʼn goeie voorbeeld vir ander ma’s? Gee TWEE feite. (2) 4.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer, byvoorbeeld 4.7 E. Poppie het inslaap-werk by ʼn … in Constantia gekry. A kleuterskool B kwekery C melkery D sjebeen (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H 1 MAMA. Ons kan nie tel nie. Mosie het gehelp met die pellets uithaal uit die 2 kinders se arms waar hulle geskiet is. Party mense sê vyf is dood, party mense 3 sê tien. Hoe kan ons tel? Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se 4 mense nie. 5 Albei plaas gehoorbuise terug op die mik. 6 MOSIE. Woensdag was dit die riots, en Donderdag en Vrydag was dit stiller, en 7 Saterdag het Poppie haar off gevat en huis toe gegaan. 8 POPPIE. Wat gaan aan, Mama? Wat wil die kinders hê as hulle so breek 9 maak? 10 MAMA. Jou swaar is nie die swaarste nie, Poppie, dat jou kinders weg is van 11 jou. Maar ons weet nie waar ons kinders is nie. Hulle praat nie met ons nie. 12 Hulle sê nie waar hulle gaan of wat hulle gaan doen nie. Ons is moeg, ons wag 13 heeldag vir die kinders, as hulle die dag uitgaan, weet ons nie of ons hulle weer 14 in die lewe gaan sien nie. En Jakkie hou hom met hierdie troewel besighede 15 op. 16 Jakkie kom binne, gooi sy goed neer, sit en begin eet. Mama beweeg weg. 17 POPPIE. Hoekom is jy so ʼn groot worrie vir Mama? 18 JAKKIE. Ons doen nie slegte goed nie, Sisi. 19 POPPIE. Die busse is flenters en die skole brand en die kinders is dronk op 20 straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê, Jakkie? Phendula! 21 Jakkie stap weg. 22 MAMA (begin weer huil). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/2016 SSE 4.8 “Maar ek self ken nie die kinders wat dood is se mense nie.” (Reël 3–4) 4.8.1 Waarom was hierdie woorde van Mama later in die drama nie meer waar nie? (1) 4.8.2 Was dit reg dat die kinders in 1976 in opstand gekom het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 4.9 Lees weer reël 14–21. 4.9.1 Wat was Jakkie se reaksie op die politieke onreg? (1) 4.9.2 Hoekom het Poppie anders as Jakkie daarop gereageer? (1) 4.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.10) neer, byvoorbeeld 4.10 E. Jakkie het die rol van ʼn … in die opstand gespeel. A leier B staker C volgeling D vredemaker (1) 4.11 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.11.1–4.11.4) neer. regering; kerkleiers; migrants; city borners; ouers; onderwysers; weermag; polisie Uit die kinders se protesaksies kan die leser aflei dat hulle ook oor sosiale sake ongelukkig was. Hulle was byvoorbeeld ongelukkig oor die (4.11.1) … se drinkery en dat hulle die kinders alleen by die huis gelos het. Hulle was ook moeg daarvoor dat die (4.11.2) … onwettig drank verkoop het en dat die (4.11.3) … saam met dié groep gewerk het. Tydens die opstande was die kinders aan die (4.11.4) … se kant. (4) 4.12 Wat het die kinders hulleself in hierdie tyd begin noem? (1) 4.13 “POPPIE. Hoekom is jy so ʼn groot worrie vir Mama?” (Reël 17) 4.13.1 Wat het Jakkie later gedoen wat veroorsaak het dat Poppie oor hom bekommerd was? Gee TWEE feite. (2) 4.13.2 As Jakkie in 2016 geleef het, sou hy goed ingepas het by sommige jongmense. Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/2016 SSE 4.14 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.14) neer. Die feit dat Poppie se kinders verplig was om ver van haar af te bly, was volgens Mama die rede waarom Poppie (vrede/opstand) oor haar kinders kon hê. (1) 4.15 Ons lees van twee opstande, een in 1960 en die ander in 1976, in die drama. 4.15.1 Watter mense het aan elk van die opstande deelgeneem? Beantwoord die vraag só: In 1960 het die … en in 1976 het die … aan opstande deelgeneem. (2) 4.15.2 Hoe het Jakkie gedurende die 1960-opstande gewys dat hy nie respek vir Plank gehad het nie? (1) 4.15.3 Hoekom het die kinders vir Plank gedurende die 1976-opstande geslaan? (1) 4.16 Hierdie vraag verwys na TEKS G en TEKS H. Kies die funksie van die neweteks (woorde in skuinsdruk) uit KOLOM B wat by die neweteks/aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (4.16.1–4.16.5) neer, byvoorbeeld 4.16.6 G. KOLOM A KOLOM B 4.16.1 (aan Mama) (TEKS G; reël 9) A Dit dui die atmosfeer aan. 4.16.2 Kollig doof tot donker. (TEKS G; B Dit dui aan wat die reël 21) handeling is. 4.16.3 Stone gaan sit op die blik regs. C Dit dui aan met wie gepraat (TEKS G; reël 21) word. 4.16.4 Jakkie stap weg. (TEKS H; D Dit dui aan wat die karakter reël 21) sê. 4.16.5 (begin weer huil) (TEKS H; E Dit dui aan hoe die dekor reël 22) gebruik word. F Dit dui die karakter se emosie aan. (5 x 1) (5) 4.17 Aan die einde van die drama gee Poppie haar opinie oor haar omstandighede en haar toekoms. Watter TWEE dinge wat Poppie gesê het, kan ʼn mens as universele boodskappe beskou? (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/2016 SSE VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I 1 Die landskap is die Karoo. ʼn Uitgestrekte, eenselwige, eensame omgewing met 2 gannabos, skaap en koringlande. En dansende lugspieëlings. 3 Deur die middel van hierdie landskap loop ʼn grondpad en ʼn spoorlyn, en 4 langs die spoorlyn is ʼn spoorweghalte. Dis skaars ʼn halte. Dis ʼn perron, 5 ʼn sinkwagkamer en -kantoor, ʼn watertoring, ʼn paar bloekom- en peperbome, 6 ʼn paar vervalle skure, ʼn laaiplek vir diere, ʼn windpomp en ʼn spoorweghuis met 7 ʼn wye voorstoep. 8 Dis die soort plek waar treine nie stop nie. 9 Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg. 10 ʼn Klompie kilometer suid van die halte is ʼn kleinerige dorp met ʼn paar winkels, 11 ʼn koöperasie, klompie huise en ʼn massiewe kerk. 12 1. ʼn Uitgestrekte Karoolandskap. Dis net ná dagbreek. Op die oostelike horison 13 is ʼn stoomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug. 14 2. Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig val deur die venster. 15 Katrien klim uit haar enkelbed en maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê. 16 Sy sit ʼn oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende Hendrik op die 17 enkelbed oorkant haar. Die lig val effens oor sy gesig. 5.1 Wie was die enigste McDonald-gesinslid vir wie dit lekker was op hierdie stasie in die Karoo? (1) 5.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.2) neer, byvoorbeeld 5.2 E. TEKS I (hierbo) gee inligting oor die ruimte. Hierdie inligting skep ʼn … atmosfeer. A vrolike B verlate C gejaagde D feestelike (1) 5.3 Verwys na reël 6. 5.3.1 Wie het later in die een skuur gebly? (1) 5.3.2 Die polisie het gedink dat daar verkeerde dinge in daardie skuur aan die gang was. Vertel van DRIE dinge wat die polisie gesien het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/2016 SSE 5.4 “Dis die soort plek waar treine nie stop nie.” (Reël 8) 5.4.1 Watter trein het wel op Hendrik McDonald se stasie stilgehou? (1) 5.4.2 Hoe het Hendrik en Willem se reaksies op hierdie trein verskil? (2) 5.5 Hendrik het later die sirkusmense gaan konfronteer terwyl Emma nuuskierig daar rondgeloer het. 5.5.1 Het Hendrik reg opgetree teenoor Sollie toe hy hom teen die treintrok sien uitklouter het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 5.5.2 Waarom moes Emma liewer nie alleen op die stasie gaan rondloer het nie? (1) 5.6 “Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg.” (Reël 9) 5.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.6.1) neer. Die boer wat gereeld kom hoor het of Katrien iets nodig gehad het, was (Jan Mol/Frans). (1) 5.6.2 Hendrik het gesien dat die boer dikwels by Katrien gekom het. Hoekom was Hendrik bekommerd hieroor? (1) 5.6.3 Hoekom het Hendrik, volgens Katrien, nie rede gehad om bekommerd te wees nie? (1) 5.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E. Die feit dat daar ʼn “massiewe kerk” op die kleinerige dorpie was, dui aan dat … A daar baie boere in die omgewing gewoon het wat na daardie kerk toe gekom het. B die mense van die dorpie gehoop het dat daar nog baie meer mense na hulle kerk sou kom. C die kerk so ʼn goeie predikant gehad het dat hulle ʼn groter kerk moes gebou het. D die kerk as baie belangrik beskou is en die kerkleiers baie invloed in die dorp gehad het. (1) 5.8 Aan die begin van die drama kan die leser sien dat Hendrik en Katrien ongelukkig is. Vir watter karakter voel jy jammer? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/2016 SSE 5.9 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.9.1–5.9.4) neer. bly; verbaas, gefrustreerd; tevrede; nuuskierig; trots; geduldig; verveeld In hierdie drama kry ons verskillende karakters. Katrien was (5.9.1) … oor die feit dat hulle op hierdie stasie moes bly. Hendrik was (5.9.2) … oor hoe dit in oorsese lande gelyk het. Emma wou niks van Nollie weet nie, maar Nollie het (5.9.3) … bly hoop dat sy tog in hom sal belangstel. Manuel was (5.9.4) … oor die feit dat kerkmense nie hul medemens met liefde behandel het nie. (4) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J 1 142. Drie, vier motors kom op die werf aan. Hulle ry stadig. 2 Hulle hou langs mekaar stil – hulle kopligte verblindend op die huis. 3 Hendrik verskyn op die werf. Hy staan vir die motorligte en kyk. Katrien 4 kom tot langs hom, met Emma en Nollie agter hulle op die stoep. 5 HENDRIK: Gaan in die huis in, Katrina. Julle almal. 6 Die motorligte word die een na die ander afgeskakel. 7 Dis Sakkie du Toit wat eerste uit sy motor klim. Nog twee motors kom aan 8 en hou stil. 9 Ouderling Bothma klim uit ʼn tweede motor en Thys Briekman uit die derde 10 motor. Ander mense bly in die motors sit. Hendrik kom nader. 11 Die drie mans stap na hom toe. Nog ʼn motor hou stil. 12 HENDRIK: Naand . . . 13 Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan en kyk. 14 OUDERLING BOTHMA: Naand, Hendrik. 15 Hulle kom tot by hom. Hulle lyk ongemaklik. 16 HENDRIK: Kan ek help? 17 SAKKIE: Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie spul. Dit was 18 nie nodig nie. 19 HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk. (Hy hou sy arms oop.) Ons makeer niks. 20 OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant. Die dans is in sy 21 kanon in. 22 HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ʼn knertsie in te gooi. 23 SAKKIE: Die vrouens sit in die kar. 24 HENDRIK: Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle. 5.10 Verwys na reël 1–5. Hoe het die motorligte wat in Hendrik se oë geskyn het, spanning geskep? (1) 5.11 Waar was die besoekers voordat hulle na Hendrik-hulle toe gekom het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/2016 SSE 5.12 Lees weer reël 5. Was Hendrik se optrede hier vir jou aanvaarbaar of nie? Motiveer jou antwoord. (1) 5.13 Verwys na reël 13. Wat sê Katrien en Emma se optrede hier vir jou oor wat gesinne behoort te doen? (1) 5.14 “Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie spul. Dit was nie nodig nie.” (Reëls 17–18) 5.14.1 Wat het “daardie spul” gedoen waaroor die besoekers jammer gevoel het? (1) 5.14.2 Die dorpsmense het voor daardie aand ook al negatief teenoor die McDonalds opgetree. Noem TWEE verkeerde dinge wat hulle gedoen het. (2) 5.15 Waarom kan die leser Hendrik se optrede teenoor die besoekers in reël 22 respekteer? (1) 5.16 Hierdie vraag verwys na TEKS I en TEKS J. Kies die funksie uit KOLOM B wat by die aanwysing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (5.16.1–5.16.5) neer, byvoorbeeld 5.16.6 G. KOLOM A KOLOM B 5.16.1 Dis ʼn perron, ʼn sinkwagkamer A Dit dui op ʼn vrolike en -kantoor … (TEKS I, reël 4–5) atmosfeer. 5.16.2 Die lig val effens oor sy gesig. B Dit dui aan wat die karakter (TEKS I, reël 17) moet doen. 5.16.3 142. Drie, vier motors kom op die C Dit dui die ruimte aan. werf aan. (TEKS J, reël 1) D Dit dui ʼn nuwe toneel aan. 5.16.4 Hulle lyk ongemaklik. (TEKS J, reël 15) E Dit dui die kameraskoot aan. 5.16.5 (Hy hou sy arms oop.) (TEKS J, F Dit dui op emosie. reël 19) (5 x 1) (5) 5.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die vraagnommer (5.17) en die antwoord neer. Aan die begin van die drama is die windpomp stukkend, maar Hendrik het dit later reggemaak. Die herstel van die stukkende windpomp het daarop gedui dat (Hendrik voorsiening gemaak het vir die droogte wat kom/die verhoudings in die gesin begin regkom het). (1) 5.18 Die drama eindig met Willem wat konsertina speel. Wat simboliseer dit in Willem se lewe? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/2016 SSE AFDELING C: KORTVERHALE STORIEJOERNAAL Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 6 “DIE STORIE VAN PIET SE OUPA” – Abraham de Vries Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 1 “Hier by ons op die plaas wou Pa mos nie bly nie. Hy lewe darem nog, het 2 hy gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die reine 3 waarheid. Pa het dié Sondag ná kerk van die dorp af uitgekom hier na ons 4 toe. Maar daardie middag toe pak die ongedurigheid hom en toe ek weer sien, 5 is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg toe ek 6 op pad is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd van die 7 oggend? Want toe kom daar bo van die teerpad af darem ʼn bekende motor 8 met die deurpad in. En háástig! Dog seker hy kon inkom voor die huismense 9 opstaan …” 10 “Dog g’n niks, Thys,” sê Oupa bedaard. “Dit was twee-uur. Ek is eenuur op 11 Calitzdorp weg. G’n mens kan slaap by daardie kerkklok nie. Hy lawaai elke 12 kwartier. Toe ry ek maar.” 13 Ja, en toe bloos daardie weduwee met die netjiese bolla wat langs hom sit 14 bloedrooi, maar sy sê kliphard: “Dis waar, ek het op my horlosie gekyk toe ek 15 hom hoor opstaan in die vrykamer!” 16 Ramkat! dog die kuiermense, en jy kan aan hulle gesigte sien hulle dink: 17 Ramkat, daardie oumatjie is Oupa se toom. Sy gaan vir hom mak maak. 6.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.1) neer, byvoorbeeld 6.1 E. In die eerste paragraaf van die uittreksel is … die spreker. A Piet B Oupa C Matthys D Doon (1) 6.2 “(Ek) lewe darem nog, het (Oupa) gesê.” (Reël 1–2) Wat het Oupa vir sy gesin met hierdie woorde probeer sê? (1) 6.3 Trudie het ʼn goeie sitplek vir Oupa in die restaurant gekies. Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 6.4 Gee EEN moontlike rede waarom Oupa skielik in die restaurant flou geword het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/2016 SSE 6.5 Oupa het in die restaurant van sy stoel afgegly. Vertel wat daarna gebeur het totdat Oupa in die ambulans beland het. Gee DRIE feite. (3) 6.6 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (6.6.1–6.6.5) neer, byvoorbeeld 6.6.6 G. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Hierdie persoon het gevoel dat Oupa A Trudie sorgvry/sonder bekommernisse gelewe het. B dokter 6.6.2 Hierdie persoon het moeite gedoen om C Matthys Oupa op uitstappies te neem. D Oupa 6.6.3 Hierdie persoon het prakties bly dink ten spyte van ʼn krisis. E Doon 6.6.4 Hierdie persoon het goeie nuus aan F ambulansman Trudie oorgedra. 6.6.5 Hierdie persoon is ʼn ramkat genoem. (5 x 1) (5) 6.7 Hoe het dit gebeur dat Oupa se hart in die ambulans weer begin klop het? Gee TWEE feite. (2) 6.8 Waarom moes Oupa amper die hele middag in die hospitaal bly? (1) 6.9 Wat het Oupa altyd onthou van daardie dag se amper-dood-ervaring? (1) 6.10 Watter karakter in die verhaal sorg, volgens jou, vir die meeste humor in die verhaal? Noem EEN feit om jou antwoord te verduidelik. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/2016 SSE “DIE PAKKIE” – Leonard Koza Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 1 Die straat is vol baljarende, skoolgaande en nie-skoolgaande jongspan van 2 soggens vroeg tot saans laat. 3 “Mirrag, Mammie,” groet Esther, Sally Filander se beeldskone dogter wat nog 4 op hoërskool is. 5 Mevrou Filander is besig om uie fyn te sny en in ʼn pot te gooi. Kort-kort lig sy 6 die deksel op om seker te maak dat die uie nie vasbrand nie. Die skerp geluid 7 van die kombuisdeur trek haar aandag en sy draai stadigies om. 8 Esther groet en verdwyn in haar kamer, voordat haar ma ordentlik kan 9 teruggroet. Gewoonlik vertoef Esther in haar kamer totdat aandete gereed is. 10 Sy is dan ook net mooi klaar met haar huiswerk. Na ete ontspan sy gewoonlik 11 ʼn bietjie voor die TV voordat sy begin met voorbereiding vir klastoetse. 12 Mevrou Filander is besig om die tafel skoon te vee. Sy maak aartappel- en 13 uieskille bymekaar om in die vullisdrom te gooi. Met die skielike oopmaak van 14 die agterdeur gewaar sy iemand by die hekkie wat allerhande soorte 15 handgebare maak. Eers dink sy die man het nie al sy varkies op hok nie. 16 Sy gaan loer skelmpies deur haar kamervenster. Tot haar verbasing moet sy 17 sien dat die snaakse handgebare vir Esther gemaak word. 18 Esther skrik tot in haar tone toe haar ma skielik basuin: … 6.11 In watter area het Sally en Esther Filander gebly? (1) 6.12 Motiveer waarom dit vir Sally moeilik moes gewees het om Esther in hulle omgewing groot te maak. (1) 6.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.13) neer. Esther het geskrik toe sy Sally hoor skree het, want sy was bang haar ma sou … A die seun onmiddellik weggejaag het. B uitgevind het wat regtig in die pakkie was. C haar dadelik uit die huis gejaag het. D uitgevind het wat die seun se naam was. (1) 6.14 Sally wou weet watter pakkie Esther onder haar arm gehad het. Wat het Esther toe vir haar ma oor die pakkie gesê? (1) 6.15 Die seun by die hekkie (reël 14) se naam was “Jakkals”. Wat impliseer hierdie bynaam oor sy aksies/karakter? (1) 6.16 Wat was regtig in die pakkie wat Esther gehad het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/2016 SSE 6.17 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (6.17.1–6.17.4) neer. dwelms; sigarette; motors; familie; diefstal; moord; bendes; kerkgroepe Pang was ʼn belangrike karakter in die verhaal. Sy bynaam het met (6.17.1) … verband gehou. Hy het (6.17.2) … verkoop en hy was bekend onder die (6.17.3) … Sally het sommige lede van sy (6.17.4) … geken. (4) 6.18 Hoekom was Pang en Miena later so bang toe hulle uitgevind het Jakkals het nie die pakkie gehad nie? (1) 6.19 Sally Filander het vir Pang ongemaklik laat voel toe sy hom herken het. 6.19.1 Watter rol het Sally vroeër in Pang se lewe gespeel? (1) 6.19.2 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (6.19.2) neer. Pang het meer (aggressief/sentimenteel) teenoor Sally opgetree nadat Sally hom herken het. (1) 6.20 Kies die KORREKTE antwoord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs antwoord langs die vraagnommer (6.20) neer. Slang het vir Pang gesê sy tweede naam was (bang vir niks/slim soos min). (1) 6.21 In hierdie kortverhaal het die leser Esther leer ken. Watter raad sou jy na al hierdie gebeure vir Esther gee? Noem TWEE dinge. (2) 6.22 Motiveer waarom die titel van hierdie kortverhaal gepas is. (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/2016 SSE AFDELING D: GEDIGTE VERSJOERNAAL Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 7 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet 1 jy los my alleen 2 in ʼn huis vol geluide 3 en hoe minder ek probeer luister 4 hoe harder klink die klank 5 van ʼn onbekende voetstap 6 op die donker trap 7 bang vaak verdwaal ek laat 8 in die gange op soek 9 na slaap 10 wat om elke naghoek verdwyn 11 ek skrik 12 vir die naaldekokerstraatlig 13 deur skaars bewegende blare 14 jou jas aan die kapstok 15 is ʼn man sonder bene 16 ek is bang 17 vir die stofsuierslang 18 op die vloer van die spens 19 en tot jy terugkom 20 sleep ek my vrees 21 soos ʼn kis agter my aan 7.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.1) neer, byvoorbeeld 7.1 E. Die woorde “jy los my alleen” (reël 1) wys dat die spreker … die “jy” is. A opgewonde oor B tevrede met C kwaad vir D jaloers op (1) 7.2 Vertel van DRIE dinge waarvoor die spreker in die gedig bang was. (3) 7.3 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (7.3) neer. Die geluide waarvoor die spreker bang was, was (verbeelde/werklike) geluide. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/2016 SSE 7.4 Haal EEN woord uit reël 1-6 aan wat daarop dui dat die spreker nie ʼn lig in die huis aangeskakel het nie. (1) 7.5 Kies die KORREKTE woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (7.5) neer. “Om elke naghoek” verdwyn die (slaap/spreker). (1) 7.6 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (7.6.1–7.6.2) neer. stadiger; enjambement; alleenplasing; vinniger Wanneer een versreël in die volgende versreël oorloop, is dit ʼn voorbeeld van (7.6.1) … Die funksie hiervan is om die tempo in die gedig (7.6.2) … te maak. (2) 7.7 Daar was ʼn stormwind buite wat die spreker bang gemaak het. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 7.8 Haal EEN woord uit die gedig aan wat aandui dat die spreker slaperig voel. (1) 7.9 Kies elke keer 'n verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (7.9.1–7.9.2) neer, byvoorbeeld 7.9.3 D. KOLOM A KOLOM B 7.9.1 “bang vaak verdwaal ek laat” A Die spreker kon nie ophou bang wees nie. 7.9.2 “sleep ek my vrees soos ʼn kis agter my aan” B Die spreker was moeg, maar het nie tot rus gekom nie. C Die spreker het eensaam in die huis gevoel. (2 x 1) (2) 7.10 Noem TWEE kenmerke van ʼn vrye vers wat in die gedig voorkom. (2) 7.11 Verduidelik waarom dit effektief is dat daar ʼn eerstepersoonspreker in hierdie gedig is. (1) 7.12 Hoe sluit die titel aan by die tema van hierdie gedig? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/2016 SSE Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. WIE’S HY? – Adam Small 1 Die poet, 2 wie’s hy? 3 Djulle het so baie bek oorie poet, 4 ma wie’s hy? 5 Is hy rêrag soes djulle dink 6 die ou moerie pen ennie ink 7 wat in sy study sit en poems dink? 8 Nai, 9 djulle’s mistaken, 10 nie hy nie, 11 ma djúlle is die poets, 12 djulle wat innie straat in loep 13 ennie gladde bek verkoep 14 ma die dinge sien 15 en soema net daa God tien hulle roep! 7.13 Na wie verwys die “hy” in die titel van die gedig? (1) 7.14 Waarom, dink jy, was ʼn studeerkamer vir die “hy” in strofe 1 ʼn goeie plek om ʼn gedig te skryf? (1) 7.15 Kies die KORREKTE antwoord om die stelling mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.15) neer, byvoorbeeld 7.15 E. “Djulle het so baie bek oorie poet” (reël 3) beteken die mense het … A baie oor die digter te sê gehad. B leuens oor die digter vertel. C alles van die digter geweet. D die digter heeldag geprys. (1) 7.16 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (7.16.1–7.16.2) neer. godsdienstige; gewone; kreatiewe; geleerde Volgens die spreker in strofe 2 kan ʼn (7.16.1) … persoon taal op ʼn (7.16.2) … manier gebruik. (2) 7.17 Noem EEN manier waarop die woord “Nai” (reël 8) in die gedig beklemtoon word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/2016 SSE 7.18 “ennie gladde bek verkoep” (Reël 13). 7.18.1 Word hierdie woorde LETTERLIK of FIGUURLIK bedoel? (1) 7.18.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 7.18.1. (1) 7.19 Wat is die funksie van die aksentteken in die woord “djúlle”? (Reël 11) (1) 7.20 Benoem die rympatroon in reël 12–13. (1) 7.21 Kies die term uit KOLOM B wat by die funksie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.21.1–7.21.3) neer, byvoorbeeld 7.21.4 E. KOLOM A KOLOM B 7.21.1 Die funksie hiervan is om te beklemtoon. A ʼn vraag (Reël 2 en 4) B ʼn komma 7.21.2 Die funksie hiervan is om emosie uit te druk. (Reël 15) C ʼn uitroepteken 7.21.3 Die funksie hiervan is om die leser te D ʼn herhaling betrek en te laat nadink. (Reël 2, 4–7) (3 x 1) (3) 7.22 Na watter plek verwys “daa” in reël 15? (1) 7.23 Hoekom kan ʼn mens die gebruik van Kaapse Afrikaans in hierdie gedig aanvaar? (1) 7.24 Hoe behoort hierdie gedig die leser se idees oor digters te beïnvloed? Noem TWEE dinge. (2) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all