Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12202341 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 41 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 70 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord die vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. BLADSY PUNTE VRAAGNOMMER NR. VRAAG 1: Kringe in ’n Bos 35 5 VRAAG 2: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9 VRAAG 3: Meeulanders 35 13 VRAAG 4: Lien se Lankstaanskoene 35 17 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAG 5: Poppie – Die Drama 35 21 VRAAG 6: Paljas 35 25 VRAAG 7: Fiela se kind – Die Drama 35 29 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale. VRAAG 8.1: “Kom ons stuur vir Tasu” 18 33 EN VRAAG 8.2: “’n Hulpelose Samaritaan” 17 35 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte. VRAAG 9.1: “Ken jy die see” 18 37 EN VRAAG 9.2: “Eksamenlokaal” 17 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. DUI AAN AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE BEANTWOORD (√) A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A Hy was amper twee jaar by MacDonald in die skuur toe Kate die Sondag met die eerste gerug van goud by die skuur aankom. “Het jy geweet daar is goud in die Bos?” “Goud?” het hy gelag en gedink dis weer een van haar baie stories wat sy so gereeld aangedra het. 5 “Ja. Het jy dit geweet?” “Wie sê so?” “Mister Osborne. Hy het gisteraand by ons geëet.” *** “Saul?” Kate het onrustig geklink. “Dit klink of jy skoon weg is . . . Miskien is dit glad nie eers waar nie.” 10 “Ja, miskien is dit glad nie eers waar nie, Kate.” Maar die hoop het skielik soos vrees in hom gelê. “Miskien is dit waar . . .” Daardie Maandag het oom Wiljam se wa die eerste hout van die week gebring. Saul het sy kans afgewag en oor die werf geloop. Die laaste paar maande het hy selde na die boswaens toe geloop; die ding waarvan Jozef 15 hom beskuldig het, het op elke wa ook gesit. “Dag, oom Wiljam.” “As jy kom spaai het of ek tande onder die hout het, kan jy maar omdraai!” het die ou man stuurs gesê. “Ek spaai vir niemand nie, oom. Ek het kom groet en wou sommer vra of oom- 20 hulle dalk iets van die goud-stories gehoor het?” 1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.4) neer. Saul het (1.1.1) ... jaar gewag, voordat hy MacDonald se aanbod om vir hom te kom werk, aanvaar het. Kate het elke (1.1.2) ... middag vir Saul kom kuier, want hy het haar aan (1.1.3) ... laat dink wat ook in ’n skuur gewoon het. Tydens haar besoeke het sy aan haar ouers vertel dat sy by haar boesemvriendin, (1.1.4) ... kuier. (4) 1.2 “toe Kate die Sondag met die eerste gerug van goud by die skuur aankom.” (Reël 1–2) Wat word met hierdie woorde geïmpliseer? (1) 1.3 “Maar die hoop het skielik soos vrees in hom gelê.” (Reël 11) Verduidelik hoekom Saul se gedagtes ironies is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Saul was sy hele lewe lank gebrandmerk. Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Saul het geweier om die kalander A Saul besef die bosmense af te kap. lewe én glo ’n leuen. 1.4.2 Joram het in die hof verskyn. B Saul word “as wild and dirty” beskryf. 1.4.3 Saul vergelyk die bosmense met C Saul word deur sy pa as ʼn wurms wat die appel van binne af opstandeling gesien. vrot vreet. 1.4.4 Saul het die bloubokkie se kop D Jozef beskuldig Saul dat hy oopgekap. ’n verraaier is. E Joram weier om verder saam met Saul te werk. (4 x 1) (4) 1.5 Lees reëls 18–19. Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Uit oom Wiljam se woorde kan ons aflei dat hy Saul (vertrou/nie vertrou nie). (1) 1.6 MacDonald het vir Saul onderskat toe hy gedink het dat die bosmense dom is. Noem TWEE redes waarom hierdie stelling WAAR is. (2) 1.7 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.7) neer. Mister Osborne, wat die gerugte van goud versprei het, was ’n ... A prospekteerder. B voëlkenner. C paaiekontrakteur. D spaaier. (1) 1.8 Waarom kan jy verstaan dat Saul, ten spyte van oom Wiljam se houding, nogtans met hom gaan praat het? (1) 1.9 Stem jy saam met Saul dat die bosmense eerste reg op die goud het? Motiveer. (1) 1.10 Dink jy dat MacDonald ’n goeie werkgewer vir Saul was? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B “Kan ’n grootvoet ’n mens uitsoek en hom dophou? Nie elke dag nie, maar veral wanneer iets met daardie mens gebeur.” “Jou mond vra nog altyd ’n ding wat jou hart nie vra nie.” “Ek kry die gevoel dat Oupoot my dophou. Jare lank al.” Dit het gelyk of ou Maska skrik. Hy het sy eie katotjie vinnig neergesit, 5 omgedraai en vreemd na Saul gekyk. “Oupoot hou jou dop, sê jy?” Daar was skielik iets in die ou man wat hy nie kon peil nie. “Al jare, sê jy?” “Miskien verbeel ek my, Maska, maar elke keer as dinge met my gebeur, is Oupoot iewers in my pad. Die eerste keer was toe Ma weg is. Tussenin elke 10 keer as ek in die moeilikheid was. Vroeër vanaand het ek hom op pad Meulbos toe gekry. Die wind was teen my, hy het my gesien en net daar gestaan.” Maska het hom aangestaar asof dit die eerste keer is dat hy hom sien. “Dan is dit so,” het hy verslae gesê. 15 “Wat?” “Lat hy jou dophou. Lat jy sy broer is. Lat jy die grootman van die Bos se broer is. Ek sal môre met Jozef praat omlat hulle jou so beoordeel omlat jy tussen vreemdes loop staan het en jou eie verraai het.” “Ek het niemand verraai nie, Maska!” 20 1.11 “Ek kry die gevoel dat Oupoot my dophou. Jare lank al.” (Reël 4) Op watter geleenthede het Oupoot vir Saul dopgehou? Noem TWEE geleenthede wat nie in die uittreksel genoem word nie. (2) 1.12 “Die wind was teen my, hy het my gesien en net daar gestaan.” (Reël 12) 1.12.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie stelling beteken dat die wind (na Saul se rigting/van Saul se rigting) waai. (1) 1.12.2 Waarom is die windrigting belangrik wanneer die mense voor olifante te staan kom? (1) 1.12.3 Dink jy dat daar regtig ’n mens-en-dierbroer verhouding tussen die olifant en mens kan bestaan? Motiveer. (1) 1.13 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer. Jozef het altyd geglo dat Saul hulle verraai het omdat hulle gedink het Saul het ... A vir Crompton gesê hulle kap onwettig hout. B vir Harrison gesê hulle bure kap hout. C vir Harrison gesê hulle kap onwettig hout. D vir Harrison vertel hulle skiet olifante. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.14 Maska is, soos baie bosmense, bygelowig en het nooit na Oupoot as ’n olifant verwys nie. Waarom sou hulle nooit die woord olifant gebruik nie? (1) 1.15 Maska het ook nie geglo dat Oupoot skuldig is aan klein Joram se dood nie. Hoe sou hy verhoed dat Jozef en Terblanche vir Oupoot skiet? (1) 1.16 Waarom wou Saul vir Oupoot skiet? (1) 1.17 Verduidelik die ironie in hoe Oupoot uiteindelik gesterf het. (2) 1.18 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer: • Kate vertel Saul dat sy ’n stuk erf gekoop het, maar sy het nie geld om dit te betaal nie. • Martiens het Saul vrygestel van Arend se dood. • Saul leen Maska se geweer om Oupoot te skiet. • Ou Sanna bly nog op groot Eiland en Saul het haar twee goue muntstukke gegee. (4) 1.19 Saul en Jozef het in hulle kinderjare ’n goeie verhouding gehad. Noem EEN insident hoe Jozef hom gehelp het. (1) 1.20 Glo jy dat Saul en Jozef dalk hulle goeie verhouding weer sal herbou? Motiveer. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C Liewe Leser, teen dié tyd het jy seker al agtergekom hoekom my gesin my Hanna Hoekom noem. Mana sê my eerste woorde, toe ek tien maande oud was, was hoetom. (Ek kon nie ’n -k sê tot kort voor my tweede verjaarsdag nie.) Nie mamma of pappa soos normale babas nie, (sê Mana trots) maar die grootste 5 filosofiese vraag van alle tye: Hoekom? Liewe leser, wat anders kon ek sê? Mamma was ’n onbekende woord, want Mana het haarself nooit só genoem nie. En pappa was nie net ’n onbekende woord nie, dit was heeltemal ’n onbekende begrip. Toe ek tien maande oud was, het Gavin lankal nie meer saam met ons gewoon nie. 10 Nee, hulle is nie kwaad uit mekaar nie, hulle het vooraf besluit sy sou my alleen grootmaak. Gavin sou nie babakots op sy modieuse klere kon hanteer nie. As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord ’n gil van woede. Hoekom kan ek nie maar ’n normale baba met ’n normale 15 ma en pa wees nie? En nou is ek vasgekeer op ’n berg waar ek oor tien dae my vyftiende verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my beste vriendin en – wait for this –my pa met die peroksiedhare. Ek was vreeslik dankbaar toe Sharon vra of sy nie ook so ’n stukkie van hierdie 20 vreemde wittebrood saam met my kan kom hou nie. 2.1 “Liewe Leser, teen dié tyd het jy seker al agtergekom ...” (Reël 1) 2.1.1 Watter soort verteller tref ons in die uittreksel aan? (1) 2.1.2 Verklaar waarom Hanna die lesers as “Liewe Leser” aanspreek. (1) 2.1.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hanna het vir haar ’n alter-ego geskep wie se naam (Fabienne/ Fatima) is. (1) 2.1.4 Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord neer te skryf. Die feit dat Mana trots was dat Hanna nie soos ’n normale baba ontwikkel het nie, dui op haar ... geaardheid. (1) 2.2 Hanna beskryf haar gesin as ingewikkeld. Verduidelik die stelling deur na die Hanna en Tibo se oorsprong te verwys. Noem TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.3 Kies die antwoord wat NIE korrek is NIE, om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer. Hanna sien die vakansie saam met haar gesin as ’n straf omdat ... A hulle sonder elektrisiteit is. B hulle elke dag in die vars lug moet gaan stap. C haar biologiese pa hulle gaan besoek. D sy nie vir haar gesin lief is nie. (1) 2.4 “As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord ’n gil van woede.” (Reël 14–15) 2.4.1 Sou jy sê dat Hanna rede het om vir haar ouers woedend te wees? (1) 2.4.2 Noem EEN van die dinge waarop sy, as gevolg van haar eksentrieke ma, uitmis. (1) 2.5 Dink jy Gavin se werk kon sy besluit beïnvloed het om nie deel van Hanna se lewe te wees nie? Motiveer. (1) 2.6 2.6.1 Na wie dink jy, aard Hanna die meeste? Gavin of Mana? Motiveer jou antwoord. (1) 2.6.2 Sou sy, volgens jou, na enigiemand wou aard? Motiveer. (1) 2.7 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies: Hanna het vir haar ma toe-oog afsprake gereël, maar dit het misluk omdat Mana geweier het om ’n verfkol van haar (hande/wang) af te was. (1) 2.8 In enige roman is daar gebeure en gevolge. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Anne Frank het gesterf. A Mana skrop die vloere. 2.8.2 Margot weier om rooivleis te B Die familie kan op die berg eet. wittebrood hou. 2.8.3 Beyers se vriend leen vir die C Hanna se halfbroers sien gesin sy huis. hulle ma na ’n jaar. 2.8.4 Margot kry ’n rol in ’n Suid- D ’n Jong persoon raak ’n Afrikaanse fliek. beroemde skrywer. E Margot het ’n gesonde liggaam. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D “Gavin, poplap, ek woon in Los Angeles,” het sy op ’n baie snedige manier gesê. “Ek kan in dieselfde restaurant as Tom Cruise of Bruce Willis gaan eet. Ek het nie hierdie konsertjie nodig nie.” “Margot, my engel, drop your act. Ons weet almal jy’s nie wat jy voorgee om te wees nie.” 5 “Wat presies bedoel jy? My engel?” “Net wat ek sê, Poplap. Hou op om jou soos ’n bedorwe brokkie uit Hollywood te gedra.” Stel jou dit voor, liewe leser. Twee koninginne wat mekaar takel. “Ek sal eerder ’n bedorwe brokkie in Hollywood wees as ’n ... as ’n modepop in 10 Johannesburg!” “Ek ken my beperkinge, my engel. Anders as sommige van ons. Ek wéét ek het nie genoeg talent vir die buiteland nie.” “Jy bedoel jy weet jy’t nie genoeg guts vir die buiteland nie.” Hulle het mekaar van kop tot tone sleggesê. En net toe ek dog nou’s daar 15 sweerlik niks oor om te sê nie, nou gaan hulle mekaar letterlik in die hare vlieg, toe slaan Gavin Margot se voete onder haar uit. Deur haar ’n kompliment te gee! 2.9 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer: • Sharon vertel vir Hanna van haar ouma in die Karoo. • Hanna kry ’n boek van Beyers vir haar verjaarsdag. • Pampoen en Patat het verdwyn. • Die familie stap elke oggend vroeg in die berge. (4) 2.10 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer. “Stel jou dit voor, liewe leser. Twee koninginne wat mekaar takel.” (Reël 9) Hierdie woorde van Hanna wys dat ... A sy bekommerd is dat Gavin en Margot stry. B sy geamuseerd is dat Gavin en Margot stry. C sy geskok is dat Gavin en Margot stry. D sy die leser op ’n interessante manier by die paartjie se stryery betrek. (1) 2.11 Hoekom is dit ironies dat Hanna na Gavin en Margot as twee koninginne verwys? (2) 2.12 Waarom kan jy verstaan dat Margot nie gelukkig was om in die berge vasgekeer te wees nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.13 “Net wat ek sê, Poplap. Hou op om jou soos ’n bedorwe brokkie uit Hollywood te gedra.” (Reël 7–8) Noem DRIE redes waarom Margot as ’n bedorwe brokkie gesien kon word. (3) 2.14 Waarom kan ons verstaan dat Yann nie, soos Amos, baie spontaan met sy ma was nie? (1) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie verhouding tussen Yann en Sharon het Hanna (jaloers/gelukkig) laat voel. (1) 2.16 Hoe het Margot later Hanna en die res van die familie se siening oor haar verander? (2) 2.17 Gavin het gesê dat hy Hanna se naam Fabienne sou gee as hy ’n keuse gehad het. Hoekom is dit ironies? (1) 2.18 Aan die einde van die boek het Hanna rede gehad om haar pa te bewonder. Motiveer die stelling. (1) 2.19 Wat, dink jy, is die boodskap uit Hanna se aanvaarding van haar omstandighede? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E “Toemaar, kaptein. Dis nie ons weë nie. Die Here sal voorsien.” “Ek hoop jou geloof is groot genoeg vir ons almal, Jannerik.” “Hy’s groot, kaptein,” en sy ou gesig het stil geword in die lig van die vuur. “Baie groot.” Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel gestaan. Sy was 5 besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie toe te pas. Sy’t orent gekom. Ag nee! Ag ... Here, nee! Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob gekyk waar hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste vertel. “Jacob ... “ 10 Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie gedruk en sy kop geskud. En toe het Kinnie se kind ’n skreeu-geluidjie in die bruin sak gegee. Daar was meteens ’n heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op 15 Meeuland. Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of papier. En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik sou vir Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, het 20 Jacob ’n kissie gemaak. 3.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer. Ryna het vir (3.1.1) ... jaar na Meeuland gekom omdat sy kwansuis navorsing oor (3.1.2) ... moes doen. Die eintlike rede is dat sy ontslaan is uit (3.1.3) ... nadat haar man, Vincent (3.1.4) ... gepleeg het. (4) 3.2 Lees reël 1–2. Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Met Jacob se woorde kan ons aflei dat hy baie (gelowig/bekommerd) is. (1) 3.3 “Die Here sal voorsien.” (Reël 1) Wat moes die Here voorsien, volgens Jannerik? (1) 3.4 Verduidelik wat daardie aand met Elsabet gebeur het. Noem TWEE dinge. (2) 3.5 Kinnie het van maaggriep gesterf. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.6 Die volgende persone van Meeuland en Salamanderbaai het ’n rol in Ryna se lewe gespeel. Kies die KORREKTE beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.6.1 Jacob A Kon identifiseer met Ryna se pyn en het ’n boom geplant sodat die pyn daarin kan groei. 3.6.2 Attie B Het gevra dat Ryna namens hom ’n leuen moet vertel. 3.6.3 Jannerik C Het vir Ryna laat voel dat iemand haar nodig het. 3.6.4 Janka D Het aanvanklik gedink Ryna is ’n man. E Het van werk verander om naby Ryna te wees. (4 x 1) (4) 3.7 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer. Jacob kan homself blameer oor wat met Elsabet gebeur het, want ... A sy was op Meeuland vasgevang. B hy wou nie hê sy moes op Salamanderbaai bly om daar geboorte te gee nie. C sy wou nie haar kind op Meeuland grootmaak nie. D hy kon nie ’n groot genoeg vuur maak nie. (1) 3.8 Waarom kan mens verstaan dat Kinnie se kind se gehuil ’n heilige stilte tot gevolg gehad het? (1) 3.9 Wat was die woordelose kontrak wat tussen die drie geteken was? Noem TWEE feite. (2) 3.10 Watter les leer jy uit Jannerik se geloof? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F “Attie sê vir my jy gaan saam troue toe?” “Ek gaan, ja,” sê sy sag en voel onmiddellik sy onderdrukte opstand aan. “Julle weet hoe Fred haar hier kom wegraap het ... maar wat Fred se karre ry, is Attie. Hulle verkiesingskarre ... hulle trou-karre ...” “Elsabet het hom gevra,” sê sy en begin Janka se badgoed opruim. “Hy kon 5 nee gesê het. Jy ook.” Sy bly ’n ruk stil, voel hoe hy antagonisties na haar kyk. ’n Warboel van emosies stoot in haar op. “Sy’s nog altyd my vriendin. En hiér ... lê my verbintenis met haar.” *** Ryna staan oorstelp voor haar: “Elsabet! Jy lyk pragtig. Pragtig.” 10 “Kom in. Dit voel of ek droom.” Sy maak die deur agter hulle toe en vir ’n paar oomblikke staan die twee vroue doodstil teenoor mekaar. “Ek hoop jy gaan gelukkig wees ... hier aan die oorkant.” “Ek sal. Ek weet ek sal. Ek is so bly jy’t gekom. Jy en Attie. Julle twee is 15 ál mense van my ... wat daar sal wees. Ek voel nogal vreemd ... en bangerig.” Sy kyk dringend na Ryna. “Hoe gaan dit ... met Jacob? Hoe gaan dit regtig met hom?” “’n Mens sal seker nooit weet hoe dit regtig met hom gaan nie.” *** “So nou word ons family ... Sussie. Ek mind nie. Ek hou van sulke sexy 20 sussies.” 3.11 Skryf die volgende gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer. • Ousanna gaan bly by Doreen-hulle. • Ryna ontdek vir Janka in Jannerik se kamer. • Sheila pleeg selfmoord. • Elsabet se baba sterf by geboorte. (4) 3.12 Stem jy saam dat Attie en Ryna liewers nie troue toe moes gaan nie? Motiveer. (1) 3.13 Noem TWEE redes waarom ons kan sê dat Fred groot invloed in Salamanderbaai gehad het. (2) 3.14 “Ek sal. Ek weet ek sal.” (Reël 15) Verduidelik hoe haar woorde later ironies geraak het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.15) neer. “ ... En hier ... lê my verbintenis met haar.” (Reël 8) Ryna se verbintenis met Elsabet is dat ... A sy haar eerste aand op Meeuland, by hulle gaan eet het. B sy vir Elsabet gehelp het tydens die geboorte van haar kind. C sy gehelp het om Janka groot te maak. D sy en Elsabet ’n geheim gedeel het. (1) 3.16 Skalla word as die ‘swartskaap’ in die Blanckenberg familie uitgewys. Op watter manier het hy sy skoonsusters se lewens verwoes? Verwys in jou antwoord na Sheila sowel as Elsabet se lewe. (2) 3.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skalla het nie net sy skoonsusters se lewens verwoes nie, maar hy het veroorsaak dat (Matthys/Attie) in die tronk beland. (1) 3.18 Ryna het ook ander goeie vriende op Salamanderbaai gemaak. Sou jy saamstem dat Doreen iemand is wat ’n mens kan respekteer? Motiveer. (1) 3.19 Wat kan jy oor ouerskap uit Hermanus Blanckenberg se optrede leer? (1) 3.20 “’n Mens sal seker nooit weet hoe dit regtig met hom gaan nie.” (Reël 19) Is dit reg dat Ryna hier Elsabet se gevoelens gespaar het? Motiveer. (1) 3.21 Fred Blanckenberg het probeer om op te maak vir al sy sondes wat hy in die verlede gepleeg het. Verskaf TWEE redes hoe hy dit probeer doen het. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Lien skryf byna outomaties “prokureur” op haar vormpie. Sy kyk verbaas na wat sy geskryf het. Prokureur. Dit klink vir haar skielik soos brandweerman of ruimtevaarder of speurder. Prokureur was al die jare die plan gewees, maar al-daai-jare is lankal verby. Sy oorweeg dit om die woord dood te krap en iets soos “tuisteskepper” of “sakkiepakker by 5 Checkers” te skryf. Sy twyfel of meneer Bruwer sal dink dis snaaks. Sy wil eintlik “weg” skryf. Hoe kry ’n mens “weg” reg? *** Lien land in ’n groepie made in hell. Die klein, maer Miemie Spies met die dik bril en die yl haartjies sal sy nog kan handle, al is sy weird verby. Dat Miemie in die regte belangstel, is moeilik om te glo, maar dis dalk 10 moontlik. Die terterige Sally Swanepoel is ’n ander storie. Sy kan die meisie nie verdra nie, en te oordeel na die seuns se geskinder, sal Sally dit ná skool waarskynlik nie verder as Adéle’s Escort Agency maak nie. Regte! En dan is daar Hein Venter. 15 Lien kan nog nie oor Hein besluit nie. Hy lyk ouer as die ander seuns. Hy het al harde baard van jare se skeer. Hy is nie besonder lank nie, maar hy is baie fris. Dit laat hom groter lyk as wat hy is. Hy het ’n prominente neus. Blonde krulhare, bietjie kroeserig. 4.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer. Lien-hulle is besig met ’n taak vir (4.1.1) ... om oor hulle post-matriek (4.1.2) ... navorsing te doen. Lien het gekies om ’n prokureur te word omdat haar (4.1.3) ... ’n prokureur is. Lien glo nie dat sy dit sal word nie en beplan om na matriek (4.1.4) ... te gaan. (4) 4.2 Gee TWEE feite waarom Lien se plan om prokureur te word, verander het. (2) 4.3 Stem jy saam dat Lien negatief teenoor die leerders in haar LO-groep was? Motiveer. (1) 4.4 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer. Lien het geleer dat baie leerders nie perfekte ouers het nie. Sy was dus verbaas toe sy ... se ouers ontmoet en hulle baie normaal voorkom. A Wouter B Sally C Hein D Miemie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.5 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi: Lien het later met Miemie vriende geraak, want Miemie het haar na die (Spur/Wimpy) genooi om haar verjaarsdag te vier. (1) 4.6 Waarom kan jy verstaan dat Lien nie gretig was om met Miemie vriende te word nie? Noem TWEE redes. (2) 4.7 Lien beskryf Miemie as “weird”. Hoekom dink Lien aan Miemie as “weird”? (1) 4.8 Hein is ’n voorbeeld van iemand wie se ouers hom dwing om bo sy potensiaal uit te styg. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 4.9 Is dit aanvaarbaar vir ouers om druk op hulle kinders te plaas om akademies uit te styg? Motiveer. (1) 4.10 Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.10.1 tot 4.10.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.10.1 Lien se ma daag dronk A Lien en Wouter het ’n argument. by die skool op. 4.10.2 Juffrou Breytenbach B Lien kry werk by die praat met Lien oor haar haarkappersalon. houding. 4.10.3 Die rekwisietekamer C Lien en Agnes bots in mekaar. word reggepak. 4.10.4 Sue-Ellen is op D Sally vertel van haar pa wat kraamverlof. dagga rook. E Lien lyk soos ’n prostituut/Julia Roberts. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H “Hoe doen jy vandag?” probeer Lien ’n geselsie aanknoop. Roos sê niks nie. Sy teug aan haar sigaret en kyk vir die karre wat by hulle verbyry. Sy blaas die rook behaaglik in die lug. Sy staan op en trap die stompie met haar hak dood. Dan stap sy in die rigting van die sentrum se toilette. 5 Lien volg haar traag. Sy kan nie verstaan waarom die vrou niks van haar hou nie. Sy wag vir Roos by die deur en hulle stap saam terug. Hulle praat nie ’n woord nie. Skielik begin Roos vinniger stap. Lien moet uithaal om by te hou. Roos buig vooroor en sy knyp die handsakkie al hoe stywer onder haar arm 10 vas. Haar treë word al hoe langer. Sy lyk nogal soos ’n kameel op spoed. Lien kan eers nie verstaan wat aangaan nie, toe sien sy die mannetjie op haar hoek staan. Hy het ’n gryserige broek aan wat heeltemal te groot is vir hom en met ’n flenterbelt om sy middel geryg is. Sy groen hemp is verbleik en hy hou sy hand bak vir die karre wat verbyry. 15 4.11 Skryf die volgende gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Lien kry vir Braam ’n borgskap by Dirkie en Donovan. • Wouter bestuur Christien se kar van die skool af, huis toe. • Lien bedank by Tant Malie se Tuin. • Sue-Ellen keer terug Millennium Creations toe, na haar kraamverlof. (4) 4.12 “Hoe doen jy vandag?” probeer Lien ’n geselsie aanknoop. (Reël 1) 4.12.1 Wat is die ruimte van die bogenoemde uittreksel? (1) 4.12.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (1) Tibbey het nie daardie dag saam met hulle gebedel nie, want hy het (in die rolbalklub se tuin gewerk/by die bofbalklub karre opgepas). 4.12.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.2. (1) 4.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer. Lien het besef Roos is ’n ... vriendin, nadat sy vir Johnny van Lien se staanplek weggejaag het. A ernstige B onvriendelike C lojale D koue (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.14 Wat is ironies aan die situasie met Johnny en die staanplek? (2) 4.15 Lien se bedelaarsvriende het haar gehelp om ’n sukses van haar werk as bedelaar te maak. Motiveer hierdie stelling deur te noem wat elk van die volgende bedelaars vir Lien geleer het: • Tibbey • Roos (2) 4.16 Dit was nie vir Lien maklik om te bedel nie. Motiveer die stelling deur na die volgende te verwys: 4.16.1 Lien se uitdagings wat sy op die straat ervaar het. Noem EEN feit. (1) 4.16.2 Watter les leer jy uit Lien se besluit om aan te hou bedel in plaas van haar vorige werk by Millennium Creations te aanvaar? (1) 4.17 Verduidelik wat Lien se agtiende verjaardag spesiaal gemaak het. Noem slegs EEN feit. (1) 4.18 Noem EEN karakter, wat volgens jou, ’n groot impak op Lien gemaak het. Motiveer jou antwoord. (1) 4.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi: Die verhaal sluit af waar Christien op ’n spesiale manier vir Lien bewys dat sy nog haar ma, die (klavieronderwyseres/kitaaronderwyseres) is. (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I MAMA (roep by die kombuisdeur). Skoonseun! (Draai om na Poppie.) Hy wag al vir jou vandat hy uit die werk gekom het. POPPIE. Het hy dan werk gekry? Hoe hy ook al sukkel, hy kan mos g’n permit kry nie. (Stone kom binne, Poppie gaan staan by hom. Mama skink tee.) Waar is Mosie, Mama? 5 MAMA. Hy sing vanaand. Die kerk-group het hom kom vra om te sing. POPPIE (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie). Sê vir hom hy kan vir my part ook sing. MAMA. Hauk! Wat het jy dan nou teen Mosie? POPPIE. Hy en die ander daar in Sea Point ... hulle is vier wat vir twee 10 mense werk, en ek is een wat vir nege werk. Ek is moeg, Mama. (Sy leun vooroor, drink nie tee nie.) Ek moet nou loop, Mama, anders kry ek nie die bus nie. *** STONE. Ek gaan saam met haar terug. Eers met die bus van Nyanga na Claremont, dan met die trein na Wynberg, dan met die bus na 15 Constansie. Ons wag ieder keer lank, maar dit gee ons kans om te praat met mekaar, soos ons nie by die huis kon praat nie. (Aan Poppie.) Jy moet nou stilbly. Ek het my permit gekry. POPPIE. Hoe’t jy dit gekry? STONE. Ek het kontrak gevat. 20 5.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer. Poppie se probleme het begin omdat sy met Stone getrou het wat van (5.1.1) ... kom. Sy het by haar ouma op Upington grootgeraak, maar het Lambertsbaai toe getrek en by die (5.1.2) ... gewerk. Hulle is gedwing om Kaapse vlakte toe te trek, deurdat die munisipaliteit die huise (5.1.3) ... het. Volgens wet kon die (5.1.4) ... aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeggelê het, moes weggaan. (4) 5.2 Verduidelik waarvoor Stone ’n permit nodig gehad het. Gee TWEE redes. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.3) neer. Poppie se eerste woonplek in die Kaap was in ... A Nyanga. B Langa. C Philippi. D Elsiesrivier. (1) 5.4 (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie.) (Reël 7) Wat kan ons oor Poppie se karakter uit hierdie woorde aflei? (1) 5.5 Die lewe in die Kaap het Poppie onregverdig behandel. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.5.1 Mevrou Retief probeer A Mama kry elke 6 maande, daarna Poppie help. elke jaar ‘extention’. 5.5.2 Mama gaan sien vir Mr. B Poppie en Stone betaal ‘Damage’ Strydom oor haar papiere. geld. 5.5.3 Bonsile maak ’n meisie in C Stone kry ’n naweek uit die Mdantsane swanger. hospitaal af. 5.5.4 Poppie verwag vir “Week- D Poppie kry ’n telegram was sê: end”. verwag geld. E Poppie se legger is “Under Investigation”. (4 x 1) (4) 5.6 Stone het die verkeerde keuse gemaak om kontrak te vat. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 5.7 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Ons kan uit die uittreksel aflei dat Poppie (jaloers/trots) op Mosie was omdat sy lewe in die Kaap, makliker as hare was. (1) 5.8 “Sy leun vooroor, drink nie tee nie.” (Reël 12) Waarom is hierdie toneelaanwysings effektief? (1) 5.9 Waarom kan ons verstaan dat Stone en Poppie se huwelik onder hulle omstandighede gely het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23 5.10 Hoe sou jy reageer, as jy in Poppie se skoene was, op die nuus wat Stone haar oor die kontrak meegedeel het? (1) 5.11 Stem jy saam met Poppie se optrede dat haar kind haar nie moet sien wanneer sy loop nie? (1) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J POPPIE. Hoekom is jy so ’n groot worrie vir Mama? JAKKIE. Ons doen nie slegte goed nie, Sisi. POPPIE. Die busse is flenters en die skole brand en die kinders is dronk op straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê, Jakkie? Phendula! Jakkie stap weg. 5 MAMA (begin weer huil). En hulle sê hy’s ’n leader. MOSIE. My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat die kinders die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en skree donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs uittap nie. Maar my sustertjie, ek kan dit nie help nie, daar’s iets in my 10 hart wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want hierdie manier is nie die Here se manier nie. En dan kom dit weer in my hart: At last. POPPIE. Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar gekry het nie? JAKKIE (staan by kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en 15 jou kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet. 5.12 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die regte VOLGORDE neer. • Poppie vertrek Mdantsane toe. • Poppie kry inslaap werk in Constantia. • Mevrou Swanepoel help Poppie met haar pasboekie. • Stone kry werk in Philippi. (4) 5.13 Noem DRIE dinge wat Jakkie gedoen het (wat NIE in die uittreksel genoem word NIE) waarmee Poppie nie saamgestem het nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.14 “Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar gekry het nie?” (Reël 13–14) 5.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit hierdie woorde kan ons aflei dat Poppie vir Jakkie (blameer/bedank) dat hulle nie vroeër baklei het nie. (1) 5.14.2 Waarna verwys Poppie as sy sê dat sy “swaar gekry het”? Noem TWEE feite. (2) 5.14.3 Watter respekvolle aanspreekvorm gebruik Jakkie wanneer hy met Poppie praat? (1) 5.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.15) neer. Poppie is gewoonlik ’n sterk vrou, maar na haar man se dood, het sy vir ’n ... siek gelê. A dag B week C maand D ses maande (1) 5.16 “die kinders is dronk op straat” (Reël 3–4) Waarom is dit ironies dat die kinders dronk op straat is? (1) 5.17 Alkoholmisbruik is een van die grootste probleme in ons samelewing. Hoe sou jy teenoor hierdie probleem reageer as jy een van die skoolkinders in daardie tyd was? (1) 5.18 Kan jy verstaan waarom Mosie gemengde gevoelens oor die kinders se optrede gehad het? Motiveer. (1) 5.19 “Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.” (Reël 16) 5.19.1 Na watter “wet” verwys Jakkie spesifiek hier? (1) 5.19.2 Stem jy saam met Jakkie? Verduidelik. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25 VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 64. Hendrik se motor staan langs die pad met die kap oop. Net Hendrik se bene steek onder die kap uit. Willem staan in die middel van die pad, agter die motor, besig om met drie klippe te probeer goël. *** KATRIEN: Ek is klaar gesukkel. Ek gaan nou vir myself begin sorg. 5 Hendrik beweeg agter om die motor na haar kant toe – eerder verbaas as aggressief. HENDRIK: Maar, jisses, vroumens ... KATRIEN: Vat net aan my. Probeer net en kyk wat gebeur. HENDRIK: Wat – is jy gewoond ek vat aan jou? 10 KATRIEN: Nee, jy’s te treurig. Jy’s net bek en dis al. HENDRIK: Jy’s moeg gesukkel. So nou wat? Ek sloof my af, maar jy’s moeg gesukkel. KATRIEN: Jy’s vyf en veertig en wat het jy? Niks. (Sy praat skielik gedemp, met ingehoue woede.) Net mooi niks. Jy’s vyf en veertig en jy pas 15 ’n stasietjie op waarvan almal al vergeet het. Jy’s grootmeneer en jy’t baie te sê, maar jy kan nie eers twee simpel oorbelle bekostig nie. Jy slaap allenig oor jy nie weet van vroumense nie, Hendrik. Oor jy niks verstaan van vroumense nie! Al waarvan jy verstaan, is ou stukkende karre! ’n Vrou is nie ’n kar nie, Hendrik! (Sy loop.) 20 Hendrik staan haar verbyster en agterna kyk. 6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer. In die begin van die drama kan ons sien dat Katrien en Hendrik (6.1.1) ... probleme het deurdat hulle in (6.1.2) ... beddens slaap. Hierdie probleme het veroorsaak dat hulle seun, Willem vir (6.1.3) ... jaar nie praat nie en dat hulle dogter, Emma, bang vir (6.1.4) ... is. (4) 6.2 Die dorpenaars het geskinder oor die probleme by die McDonalds se huis. Noem DRIE dinge wat hulle oor die McDonalds gesê het. (3) 6.3 Katrien het slegs oorbelle vir haarself gekoop en dis waarom Hendrik so kwaad is. Sê waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 6.4 Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies. Die sirkustrein het (toevallig/opsetlik) by Toorwater gestop. (1) 6.5 Die volgende karakters het konflik by die McDonalds veroorsaak. Kies die gebeurtenis in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (6.5.1 tot 6.5.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.5.1 Bertie A Gooi die jagmes in ’n groot houtkrat. 6.5.2 Ouderling Bothma B Skiet vir Manuel. 6.5.3 Barnie C Leer vir Willem toertjies maak. 6.5.4 Jan Mol D Knyp Emma se boud. E Jaag Manuel uit die kerk. (4) 6.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.6) neer. Katrien het vir Hendrik gesê dat almal geglo het hy sou stasiemeester wees voor hy ... jaar oud word. A 25 B 30 C 35 D 40 (1) 6.7 Wat was die gevolg van Hendrik en Katrien se argument op Willem? (1) 6.8 Oudokter het vir Hendrik raad gegee oor Willem se probleem. 6.8.1 Wat was die raad wat Oudokter vir Hendrik gegee het? (1) 6.8.2 Sou jy sê dat Hendrik die raad aanvaar het? Motiveer. (1) 6.9 Dink jy dis reg dat Katrien vir Hendrik so oor sy ambisie verneder het? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 27 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 125. Manuel lê op die spaarbed in Willem se kamer. Sy bolyf is kaal. Daar is ’n wond onderkant sy sleutelbeen en een in sy handpalm. Katrien en Hendrik is besig om die wonde te versorg. Sy was met nat watte en hy vat en gee aan. Willem staan by Manuel se kop. Manuel se oë is oop. Maar hy lyk of hy in 5 ’n toestand van skok is. Hy staar net na die dak. KATRIEN: Ek hoop nie daar het van die goed agtergebly nie. HENDRIK: Ek twyfel. Dit lyk of dit eenkant in is en anderkant uit. Hê, Manuel? Hoe voel jy? Dit lyk nie of hy hoor nie. 10 HENDRIK (tot Willem): Is hy uitlands of praat hy Afrikaans? WILLEM: Afrikaans. Manuel reageer op Willem se stem. Sy oë soek tot hy Willem kry. *** HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef) Wie die moer dink hulle is hulle? 15 KATRIEN: Hendrik. HENDRIK: Nee, ek vra. Ons pla niemand. Ons sukkel aan op ons eie manier. Ek laat verdomp niemand my rondneuk met ’n spul mausers nie. KATRIEN: Dis hoekom ek sê: gaan polisie toe. HENDRIK: Nee, Katrina. Die polisie is saam met hulle. Ek het gesien 20 daardie dag toe die polisie hier was. Hulle verstaan g’n niks van ons af nie. EMMA: Pa, ons is nie so ingewikkeld nie. HENDRIK: Presies! Ons is maar net mense. Wat ons ding op ons eie manier doen. Maar daar’s ’n groot wêreld daar buitekant, my kind, wat sê: Julle doen dit soos ons almal dit doen, of ons maak ons mausers leeg ... 25 6.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer: • Manuel gee sy konsertina vir Willem. • Dominee waarsku Hendrik en Katrien teen duiwelsaanbidding. • Willem neem Hendrik-hulle na die skuur. • Die dorpsmense verneder die McDonalds by die Volstruisdans. (4) 6.11 “Ek hoop nie daar het van die goed agtergebly nie.” (Reël 7) 6.11.1 Waarna verwys Katrien met hierdie woorde? (1) 6.11.2 Hoeveel skote is op Manuel geskiet? (1) 6.11.3 Hoe het die polisie die McDonalds in hierdie situasie gefaal? (1) 6.11.4 Hoe voel jy oor die dorpenaars se optrede? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 6.12 “Is hy uitlands of praat hy Afrikaans?” (Reël 11) Verduidelik waarom Hendrik niks van Manuel geweet het nie. Gee EEN feit. (1) 6.13 Hoe het Manuel ’n positiewe verandering in die huishouding van die McDonalds gebring? Noem TWEE feite. (2) 6.14 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.14) neer. Met die woorde “Pa, ons is nie so ingewikkeld nie.” (Reël 22), bedoel Emma dat hulle ... A anders as die ander dorpsmense is. B nie gevaarlik is nie. C nie baie ryk is nie. D eenvoudige, gewone mense is. (1) 6.15 Dink jy dat Hendrik ’n fout gemaak het om na Toorwater te trek? Motiveer. (1) 6.16 Kies die korrekte antwoord uit die tussen hakies. 6.16.1 Die koms van die sirkus het ook ’n positiewe verandering in Emma gebring deurdat sy beter (klavier/konsertina) kon speel. (1) 6.16.2 Noem nog EEN verandering wat die koms van die sirkus in Emma se lewe gebring het. (1) 6.17 Na die Volstruisdans, het Emma meer volwassenheid as haar pa getoon. Motiveer waarom jy met die stelling saamstem. Gee EEN rede. (1) 6.18 Wat kan jy, as ’n jongmens, uit Emma se volwasse optrede leer? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 29 VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M MAGISTRAAT: Wag nou, seun, dit is nie vir my ’n maklike taak hierdie nie. Aan die begin sal dit vir jou vreemd wees om weer onder jou eie mense terug te wees. BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se hanskind. MAGISTRAAT: Ekskuus? 5 *** ELIAS (kom in met LUKAS se goed; kortaf): Hulle het vandag jou goed gebring, Lukas. LUKAS: Wie het dit gebring? Wie het my goed gebring? ELIAS: Sy sê haar naam is Fiela Komoetie. As ek vandag ’n hond gehad het, het ek hom agter haar gesteek dat sy nou nog gehardloop het. 10 LUKAS (skreeu): Waar’s sy? Waar is my ma? ELIAS: Daar staan jou ma by die vuur! Die bruinvel is weg en ek het vir haar en die een wat by haar was, gesê as hulle weer ’n voet op hierdie eiland sit, gaat ek magistraat toe en laat ek hulle vang. Elias van Rooyen laat nie met hom van ’n bruinvel mors nie. 15 LUKAS: Wie was by haar? ELIAS: ’n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy. LUKAS: Laat my verbykom! ELIAS: Jy bly waar jy is! LUKAS: Laat my verbykom, asseblief! 20 ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bietjie bruingeid uit jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word en wit mens sal jy bly! 7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Benjamin Komoetie (7.1.1) ... om by sy ma, Fiela, te bly, nadat hy as (7.1.2) ... jarige seun voor haar (7.1.3) ... gelos is. Fiela het hom voorgesê om vir die magistraat te sê dat die (7.1.4) ... hom aan haar toevertrou het. (4) 7.2 Dit wil vir die sensusmanne blyk asof Fiela die kind vir die mense weggesteek het. 7.2.1 Noem TWEE redes waarom Fiela niemand van Benjamin kon laat weet het nie. (2) 7.2.2 Wat meer, dink jy, kon Fiela gedoen het om die owerhede van Benjamin te laat weet? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 7.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.3) neer. Fiela het gesê die bosvrou lieg toe sy sê dat Benjamin haar kind is. Daarmee het sy bedoel dat ... A ’n mens nie bosmense kan glo nie. B Benjamin nie soos die bosmense lyk nie. C ’n klein seun nie so ver kan loop nie. D daar nie ’n pad tussen die berg en die bos was nie. (1) 7.4 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Fiela het onder andere vir Benjamin ’n (skaapwolkombers/dasvelkombers) gebring. (1) 7.5 Wat kan jy oor Elias se houding teenoor ander rasse uit sy verwysing na Fiela as “die bruinvel” aflei? (1) 7.6 Fiela het ’n risiko geneem om na die bos te gaan. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (1) 7.7 Die volgende plekke het sekere gevoelens in Benjamin se lewe voortgebring. Kies die gevoel uit KOLOM B wat Benjamin ervaar het om by die plek in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (7.7.1 tot 7.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.7.1 Die bos A geliefd 7.7.2 Wolwekraal B senuweeagtig 7.7.3 Noetzie C ongeliefd 7.7.4 Die magistraat se kantoor D teleurstelling E opgewonde (4 x 1) (4) 7.8 Op watter manier wou Elias vir Benjamin stop om soos ’n bruinmens op te tree? (1) 7.9 Dink jy daar is beter metodes as Elias s’n om dissipline toe te pas? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 31 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N NINA: Ek wil nie op die dorp gaan werk nie, Lukas. Ek is bang. LUKAS: Ek was ook bang toe hulle my die slag Knysna toe gevat het. NINA (kwaai): Ek wil hier in die Bos bly. LUKAS: Kom nou. (Vat haar arm). Vir al wat jy weet, is die boswagter se seun ook by die pad en dan kyk jy nie eers om om vir my te waai nie. 5 NINA: Gaan bars! LUKAS: Jy sal nou moet leer om soos ’n lady te praat, ek sê jou. Jy gaan nou ’n dorpsmeisie word. NINA: Die dorpenaars spot met ons bosmense. LUKAS: Dis niks. Hou net jou kop in die lug. Die vrou wat my grootgemaak 10 het, het altyd gesê: solank jou kop nie sak nie, sak jou hart ook nie. NINA: Jy moet my mondfluitjie gaan haal en by jou hou. LUKAS: Waar steek ek hom weg? NINA: Miskien moet jy hom dan maar los waar hy is. LUKAS: Dit sal die beste wees. 15 NINA: As iemand weer dorp toe kom, gaan haal hom en stuur hom vir my saam. LUKAS: Ek sal kyk wat ek kan doen. NINA: En as ek wegloop van die dorp af, moet jy vir my keer as Pa my wil slaan. 20 LUKAS: Ek sal. Ek meen, jy moenie wegloop nie, jy moet op die dorp bly. 7.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer: • Benjamin soek die spookskip by Noetsie. • Elias sny Nina se hare met ’n stomp skêr. • Nina loop uit die dorp uit weg. • Benjamin loop uit die bos weg. (4) 7.11 “... solank jou kop nie sak nie, sak jou hart ook nie.” (Reël 11) 7.11.1 Wat bedoel Benjamin met hierdie woorde? (1) 7.11.2 Glo jy dat dit goeie raad vir Nina in haar situasie is? Motiveer. (1) 7.12 Kan jy verstaan waarom Nina bang gevoel het? Motiveer. (1) 7.13 Verduidelik waarom Lukas na Fiela as die vrou wat hom grootgemaak het, verwys. Gee TWEE redes. (2) 7.14 “Ek wil hier in die Bos bly.” (Reël 3) 7.14.1 Waarom is dit ironies dat Nina in die Bos wil bly? (2) 7.14.2 Watter verandering sal Nina moet ondergaan om ’n dorpsmeisie te word? Noem EEN verandering. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 7.14.3 Op watter manier suggereer Lukas dat Nina nuwe vriende op die dorp sal maak? (1) 7.15 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.15) neer. Nina het op die dorp gaan werk vir ... A kos, klere en tien sjielings per week. B kos, klere, slaapplek en vyf sjielings per maand. C kos, klere en vier sjielings per week. D kos, klere, slaapplek en vier sjielings per maand. (1) 7.16 Kies die korrekte antwoord om die stelling te voltooi. Barta het altyd gekeer as Elias vir (Nina/Lukas) wou slaan. (1) 7.17 Nina en Lukas word albei as buitestaanders in die drama uitgebeeld. Watter boodskap, volgens jou, probeer die dramaturg oordra oor mense wat dalk as buitestaanders gesien word? (1) 7.18 Barta het ’n leuen in die hof oor Lukas se identiteit vertel. 7.18.1 Hoe het dit vir Barta fisies geaffekteer? (1) 7.18.2 Watter les leer jy uit Barta se lewe oor leuens? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 33 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 “KOM ONS STUUR VIR TASU” – M. Maartens Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O “Gedra vir jou,” sê Ma. “Moenie wilde goed aanvang nie.” “Ma moet eerder sê hy moenie sy babagesig opsit nie,” sê Sterkman uit die bloute. “My babagesig? Ek sit nooit ’n babagesig op nie!” “Ha-ha,” sê Sterkman. “Kyk maar vir jouself in die spieël. 5 Jy’s bang vir mense. Nes jy tussen mense vasgekeer raak, kry jy daardie babagesig.” Sterkman praat die waarheid. Daar is niks wat ’n mens so benoud maak soos mense se skouers en asems en lywe teen jou en oor jou en langs jou nie. “Los my net uit,” sê Tasu nukkerig. 10 Oom Jollyman druk die toeter en almal rondom hom begin groet en boodskappe afgee en lawaai. Tasu klim in die taxi. Die bussie is reeds vol; dit word by die oomblik voller. Jy kry mense se reuke en voel hul skouers en heupe teen jou skuur. Daar is stapels bagasie in die bagasiebak en op die dak; jy kan niks deur die 15 agterste ruit sien nie. Die vrou langs hom hou ’n sak mieliemeel op haar skoot en ’n man voor hom sit op ’n hoop klein matjies. Agter hom sit daar vyf mense in kerkklere. Hy is vasgekeer tussen koppe en skouers en bene en bondels. Oom Jollyman trek weg. Tasu se arms is klaar vasgeknyp. Dis onmoontlik om vir Ma en Sterkman en Evelina te waai. 20 Oom Jollyman ry vinnig. Die mense swaai heen en weer. Die goed agter in die bussie skuif rond en val oor die ruglenings. 8.1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (8.1.1 (a) tot 8.1.1 (d)) neer. Tasu, ’n (a) ... jarige seun moet ’n alleenrit per taxi na sy siek ouma op (b) ... neem om vir haar (c) ... medisyne te neem, wat sy (d) ... self gekook het. (4) 8.1.2 Tasu was die beste persoon om die medisyne na sy ouma te neem. Noem redes hoekom die ander drie nie kon gaan nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
34 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 8.1.3 Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (8.1.3(a)–8.1.3(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Tasu smous by die A Tasu het 57 bottels vol petrolpomp. tieroogklippe. (b) Die medisyne is klaar. B Ouma se brief is nat op die kombuistafel. (c) Oom Pypies drink graag C Ouma kan snags nie slaap van die brandewyn. pyn nie. (d) Ma ly aan depressie. D Daar is nou geld om vir oom Jollyman se taxi te betaal. E Sterkman is streng oor sy slypsteen. (4 x 1) (4) 8.1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. “Los my net uit,” sê Tasu nukkerig. (Reël 10) Hieruit lei ons af dat Tasu (kwaad/senuweeagtig) was. (1) 8.1.5 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.5) neer. Tasu raak benoud wanneer hy tussen baie mense is, want hy ... A hou nie van vreemde mense nie. B hou nie van publieke taxi’s nie. C kry karsiekte/naarheid wanneer hy taxi ry. D was in ’n taxi-ongeluk op vyfjarige ouderdom. (1) 8.1.6 Tasu het bewys dat hy meer volwasse as al die ander kinders in die huis is. Gee TWEE redes waarom die stelling WAAR is. (2) 8.1.7 Sterkman en Evelina het albei vir Tasu onderskat omdat hulle na sy fisiese karaktertrekke gekyk het. Sou jy saamstem dat Tasu geestelik sterker is as wat almal gedink het? (1) 8.1.8 Watter les het Tasu uit sy taxirit geleer? (1) 8.1.9 Watter les kan ons uit die taxi-passassiers se optrede teenoor Tasu leer? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 35 8.2 “ ’n HULPELOSE SAMARITAAN ” – T.T. Cloete Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P Hans staan voor ’n nare keuse. Hy oorweeg verskeie moontlikhede. Die man moet in elk geval versorg word. “Dit is goeie honde. Hulle gaan jou byt. As ek eers my honde huis toe vat en jou dan kom haal ...” “Jou honde,” sê die man. “As jy vir jou honde gaan sorg, is ek lankal dood van 5 die koue en pyn. Jy wil my nie help nie ...” “Hoe kan ek my honde hier iewers vasmaak? As ek hulle kon vasmaak, kon ek jou opgelaai het om hulp te gaan soek en hulle later kom haal het. Hier is bowendien geen boom om hulle aan vas te maak nie. Ek sou hulle nie aan draadpale langs die pad kon vasmaak nie, hulle sal in die doringdrade verstrik 10 raak, verwurg ... Hulle is duur, opregte honde. Hulle kan gesteel word.” “Jou honde ...” Hans wou nog iets sê, toe besluit hy al in stilte: “Ek weet ek moet kies. Ek kies jou,” sê hy asof hy met homself praat. *** Die insig voel vir Hans na ’n morele triomf. 15 *** Hans voel hy is sonder verdere argument aan die verloorkant, vas. Het hy dan iets verkeerds gedoen? Hy weet nie wat nie. “Ek sal betaal as dit is soos jy sê. Ek kom môre na jou plaas toe en dan bekyk ons die saak, beduie my net waar jy woon.” “Natuurlik sal jy betaal.” Die man is aggressief, brutaal. 20 Byna het hy die groot vraag vergeet... 8.2.1 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Hans ry stadig sodat sy honde agter sy kar kan hardloop. • ’n Groot swart motor ry ’n dronk fietser raak. • ’n Boer eis vergoeding van Hans. • Die dronk fietser word lelik gevloek. (4) 8.2.2 Hans voel dat hy ’n “morele triomf” met sy keuse bereik het. (Reël 15) Verduidelik wat Hans hiermee bedoel. (1) 8.2.3 Watter verduideliking het die fietser vir sy dronkheid, aan Hans gegee? Gee TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
36 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 8.2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.4) neer. Die boer het vir Hans gesê dat die honde sy ... gebyt het. A skape B beeste C kampioenooi D koeie (1) 8.2.5 Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies: (a) Die ou man het deur (oorreding/manipulasie) Hans se hulp gekry. (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.5 (a). (1) 8.2.6 “... hy is sonder verdere argument aan die verloorkant, vas.” (Reël 16) Verduidelik waarom Hans voel dat hy aan die verloorkant is. Noem TWEE dinge wat hy verloor het. (2) 8.2.7 Hoe beskryf die verteller die boer, in teenstelling met Hans? Jy moet in jou antwoord na die boer en Hans verwys. (2) 8.2.8 Sou jy sê dat Hans ’n tipiese Bybelse Samaritaan was? Motiveer. (1) 8.2.9 As jy tussen jou honde en ’n hulpelose vreemdeling moes kies, wat sou jou keuse wees? Motiveer. (1) 8.2.10 Kies enige karakter in die verhaal met wie jy identifiseer en verduidelik waarom jy met die persoon identifiseer. (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 37 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 “KEN JY DIE SEE ...” – Uys Krige Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Ken jy die see ... – Uys Krige 1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur 3 en kalm soos min dinge hier benee, 4 maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur. 5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 6 Dié vrede, kalmer as ’n stil, soet kind, 7 lyk of dit dae, dae lank sal duur. 8 Maar word dié bries ’n bulderende wind, 9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur. 10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee, 12 waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur? 13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree, 14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur. 15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 16 Wat van die storms wat nooit ophou raas? 17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur, 18 en hoor die wind al woester, wreder blaas. 19 En daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur. 20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 21 Was jy al van jou bootjie soos ’n veer gevee 22 deur ’n grys golf hoog soos ’n tronk se muur. 23 Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!” 24 sluk jy eers daardie waters sout en suur? 25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap? 27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur. 28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes ’n krap. 29 Hy’s koud soos ys, heet soos die hellevuur! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
38 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, 33 ons wat net één ou misstappie moet gee 34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur! 35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee 37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur? 38 Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee. 39 Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur. 40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur… 9.1.1 Wie is die spreker in die gedig? (1) 9.1.2 (a) Noem TWEE natuurelemente wat, volgens die spreker, die see gevaarlik kan maak. (2) (b) Stem jy saam dat die see gevaarlik kan wees? Motiveer. (1) 9.1.3 Kies die korrekte antwoord uit die tussen hakies. (a) Die spreker is (geskok/opgewonde) dat die mense oor die prys van vis kla. (1) (b) Dink jy dat die mense rede het om oor die prys van vis te kla? (1) 9.1.4 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde uit die gedig te kies. Baie mense ervaar die see as ’n plek waar hulle kan ontspan en rustig wees. Die spreker gebruik die beeld van ’n huis se (a) ... en ’n (b) .... kind om hierdie idee te gee. Hy sê ook dat hierdie kalmte vir baie (c) ... kan duur, maar die ligte (d) ... kan ’n sterk wind word. (4) 9.1.5 Lees weer strofe 5. (Reël 11) (a) Wat is die funksie van die herhaling van die kleur swart? (1) (b) Watter gevoel word deur die kleur “swart” uitgebeeld? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 39 9.1.6 Lees weer strofe 7. (Reël 16–19) Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) en die vraagnommer (9.1.6) neer. Die spreker gebruik die ... sintuig om te beklemtoon hoe die stormagtige see hulle soms in die huise gevange kan hou. A sig B tas C smaak D gehoor (1) 9.1.7 Kies die begrip in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommers (9.1.7(a)–9.1.7(c)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) “Hy’s koud soos ys, heet soos die A Klanknabootsing/ hellevuur!” (Reël 29) onomatopea (b) “Hy wat met groen jaloerse oë na ons B Kontras gluur ” (Reël 32) (c) “Sy dink dié briesie bring haar seuns C Personifikasie betyds vir tee.” (Reël 38) D Alliterasie (3 x 1) (3) 9.1.8 Sou jy met Mevrou Mathee kon simpatiseer? Motiveer. (1) 9.1.9 Nadat jy die gedig gelees het, sal jy ooit weer oor die prys van vis kla? Motiveer. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
40 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 9.2 “EKSAMENLOKAAL” – Suzaan Laing Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. EKSAMENLOKAAL – Suzaan Laing 1 Haar skoene klik hard op die houtvloer 2 soos sy op en af stap 3 tussen rye tjoepstil banke 4 Nou en dan kraak die blaai van ’n blad 5 die Septembereksamenlug. 6 hande bewe met rukke oor skoon wit velle 7 los ’n inkwarboel agter. 8 Die horlosie tel twee ure af. 9 Sy stap stadig en oes die stelle een vir een 10 Blou op wit: 11 Ryp met gistermiddag se kennis. 9.2.1 Hierdie gedig is ’n tipiese vrye vers. Skryf TWEE kenmerke van ’n vrye vers neer. (2) 9.2.2 Watter woorde is in direkte kontras met mekaar in strofe 1? (1) 9.2.3 In watter ruimte speel die gedig af? (1) 9.2.4 (a) Skryf die personifikasie in strofe 1 neer. (1) (b) Verduidelik wat die digter met hierdie beeld wou verduidelik. (1) 9.2.5 Wat onderbreek soms die stilte van die eksamenlokaal? (1) 9.2.6 Dit is duidelik dat die leerders in die gedig senuweeagtig is. Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde neer wat hierdie stelling bewys. (1) 9.2.7 Die atmosfeer in die gedig is ... A vrolik. B hartseer. C gespanne. D ontspanne. (1) 9.2.8 Sou jy sê dat die kinders goed vir die eksamen voorbereid was? Motiveer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 41 9.2.9 Lees strofe 5. (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die spreker gebruik die beeld van ’n (boerdery/besigheid) om die leerders se kennis van hulle werk te beskryf. (1) (b) Motiveer jou antwoord in VRAAG 9.2.9 (a) deur EEN woord uit strofe 5 aan te haal. (1) 9.2.10 Lees strofe 4. Die belangrikheid van tyd word hier beklemtoon. (a) Noem EEN tegniek wat die spreker gebruik om die strofe te beklemtoon. (1) (b) Vir hoe lank het die leerders geskryf? (1) 9.2.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) en die vraagnommer (9.2.11) neer. Die funksie van die dubbelpunt in reël 10 is om ... A die woorde blou op wit te verduidelik. B die kleure te beklemtoon. C die inhoud van die vraestelle te beskryf. D die spreker se direkte woorde aan te haal. (1) 9.2.12 Kan jy enigsins met die leerders identifiseer? Motiveer. (1) 9.2.13 Watter raad kan jy vir die leerders gee om hulle eksamentyd makliker te maak? (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all