Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
*AFRFA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers %20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)




%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 32 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 527.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35) Beantwoord vrae op albei kortverhale.
AFDELING D: Gedigte (35) Beantwoord vrae op albei gedigte.
4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.
5. Beantwoord TWEE vrae: EEN VRAAG uit elkeen van die TWEE afdelings wat
julle behandel het. LET WEL: Indien jy AFDELING C (Kortverhale) of
AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy BEIDE vrae uit hierdie afdelings
beantwoord.
6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Laat ʼn reёl oop na elke antwoord.
9. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3
INHOUDSOPGAWE
Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om
deur die hele vraestel te lees.
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: Kringe in ʼn bos Kontekstuele vraag 35
OF
VRAAG 2: Die ongelooflike avonture van Kontekstuele vraag
35
Hanna Hoekom
OF
VRAAG 3: Meeulanders Kontekstuele vraag 35
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 4: Poppie – die drama 35
VRAAG: 5 Paljas 35
AFDELING C: Kortverhaal Beantwoord albei kortverhale
VRAAG: 6.1 Kid Khumalo 19
EN
VRAAG: 6.2 Rooi kombersie 16
AFDELING D: Gedigte Beantwoord Albei Gedigte
VRAAG: 7.1 Brief 18
VRAAG: 7.2 Thumela 17
AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE BEANTWOORD MERK
A Roman 1–3 1
OF
B Drama 4–5 1
OF
C Kortverhale 6 1
OF
D Gedigte 7 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING A: ROMAN
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Geester, ons was besuide Vlierdraai aan upright kap, ʼn ou
2 boom. Jou pa het nog self uitgekyk waar ons hom sou laat
val,
3 maar toe hy moet val, toe ruk hy hom soos ʼn kwaai koei om,
4 kop eerste en daar was nie wegkom vir jou pa nie, Saul. Hy
was
5 klaar af toe ons sy kop oophad.”
6 Saul het omgedraai en water toe geloop. Hy was naar. Dat dit
7 Joram Barnard se einde moes wees! Here, dat dit hóm moes
8 oorkom.
9 Tussen hom en sy pa was ʼn hek wat nooit wou oop nie.
10 Hulle moes met die hek tussen hulle leef omdat die een nie na
11 die ander se kant wou oorklim nie. Ten einde het hy omge-
12 draai en weggestap; diep in sy hart het hy egter geglo dat hy
13 eendag sou teruggaan en vir Joram Barnard gaan wys waar-
14 voor hy omgedraai het. Soms, wanneer sy gedagtes geloop
het
15 waar hulle wil, het hy hom voor sy pa sien staan, nie ʼn verlore
16 seun wat berouvol teruggekom het nie, maar een wat kom sê:
17 Hier is ek, Pa, kyk na my! Kan Pa nou sien waarom ek moes
18 wegdraai? Alle houtkappers is nie wild en vuil nie en hulle
19 kinders ook nie. Ek het dit bewys! Ek móés dit bewys, Pa.
Bl. 194
1.1 Wie is die persoon wat hier met Saul praat? (1)
1.2 Waarom, dink jy, het hierdie persoon vir Saul gaan opsoek? (1)
1.3 Wat, dink jy, word bedoel met die woorde “Joram Barnard het een boom te
veel gekap”. (1)
1.4 Alle houtkappers is wild en vuil en so ook hulle kinders.
Wie is die persoon wat hierdie gewraakte woorde gesê het? (1)
1.5 Wat, dink jy, was die rede waarom Saul moes bewys dat die stelling in
VRAAG 1.4 nie waar is nie? (1)
1.6 Verduidelik watter emosie hierdie gewraakte woorde by Saul veroorsaak
het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5
1.7 Stem jy saam met Saul om te bewys dat alle houtkappers en hul kinders nie
wild en vuil is nie? Motiveer jou antwoord. (1)
1.8 Indien jy in Saul se situasie was, sou jy soos hy opgetree het? Motiveer jou
antwoord. (2)
1.9 Saul se pa het hom weggejaag en niks vir hom omgegee nie.
1.9.1 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
1.9.2 Motiveer jou VRAAG op VRAAG 1.9.1. (1)
1.10 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
gebruik.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.10.1–1.10.3) neer.
Jozef; pa; Anneries; Jozef se kind; ma; Maska; Arend
Saul het Oupoot die eerste keer gesien toe sy (1.10.1) … dood is en na sy
(1.10.2) … se begrafnis het hy hom weer raakgeloop. Saul het net daar
omgedraai en die ding met Oupoot met (1.10.3) … gaan bespreek wat gesê
het dat Oupoot vir Saul as sy mensbroer gevat het.
1.11 Saul se pa verkoop ook nou ivoor. Wat sou jy gedoen het as jy in Joram se
situasie was? Motiveer jou antwoord. (2)
1.12 “Dit was die eerste keer dat ou Maska vir hom ‘baas’ gesê het.”
Gee ʼn rede waarom jy dink dat ou Maska Saul so aangespreek het. (1)
1.13 Voltooi die stelling met die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Maska wou hê dat Saul met sy broer … vrede moet maak voordat hy met
die skip weggaan.
A Izak
B Arend
C Jozef
D Esau (1)
1.14 Kies die EEN wat nie pas nie.
Saul verskil van sy mense oor verskeie sake wat ons uit die verhaal aflei.
A Die uitroei van die bos
B Sy liefde vir Kate
C Die bloubokkie se gal
D Die gebruik van goodfors (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
1.15 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die woord neer.
Kate se pa sê hulle vang die olifante en trek hul tande uit.
Saul voel (verontwaardig/minderwaardig) toe Kate dit vir hom vertel. (1)
1.16 Wat dink jy sou die rede wees waarom Kate se pa vir haar vertel het dat
hulle die olifante vang en hul tande uittrek? (1)
1.17 Waarom dink jy neem Saul die skets van Oupoot saam met hom op die
Pictor? (2)
1.18 Watter skokkende nuus het Maska vir Saul vertel toe Saul Knysna met die
Pictor wou verlaat? Noem die DRIE dinge wat Saul weer aan land laat
gaan het. (3)
1.19 Waarom dink jy het die bosmense altyd van die grootvoete en dikbene
gepraat, maar nooit die woord olifant gebruik nie? (1)
1.20 Kies die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (1.20.1–1.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.20.1 Die persoon kap al jare in Saul A Maska
se pa se span
1.20.2 Hy het die delwers se goud B Esau
gekoop
1.20.3 Saul se vriend by die delwerye C Anneries
in die bos
1.20.4 Hy het Oupoot ʼn paar kanse D Crompton
gegee om weg te kom
E Barkley (4)
1.21 MacDonald was skelm en het nie vir Saul betaal nie. Gee TWEE redes
waarom hy nie vir Saul betaal het nie. (2)
1.22 Waarom dink jy het Oupoot, toe Saul hom wou skiet, hom in sirkels laat
loop? (1)
1.23 Dink jy dat Saul se kringloop aan die einde voltooi is? Motiveer jou
antwoord. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der
Vywer
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Dis wreed, ek weet, ek skaam my. Maar dit het gewerk. My
2 pen met die sebravelpatroon het wonderbaarlik langs die tande-
3 borsels in die badkamer verskyn. Hierdie huis is ʼn oerwoud, sê
4 Yann. En hy’s die koning van die oerwoud.
5 Terug by Tibo se vraag: Ek sou natuurlik wou hê miljoene men-
se moet my storie lees.
6 Maar toe Tibo vanaand aan tafel vir Yann vertel dat ek my
7 lewensverhaal begin skryf het, proes Yann in sy preiesop. Ons eet
8 gereeld sop. Dis goedkoop en gesond, sê Mana, en mens kan dit
9 van enigiets maak. Soms, veral teen die einde van die maand,
10 proe haar sop of dit van dooie akkedisse gemaak is.
11 “Wie wil nou ʼn veertienjarige skrywer se storie lees?” vra Yann
12 en lag dat die sop spat.
13 “Vyftienjarige,” lig ek hom in. “Oor ʼn paar dae is ek vyftien.”
14 “Mens sou dit nooit raai nie,” sê hy met sy oё iewers onder my
15 ken. Min of meer waar my borste sou gewees het as ek borste
16 gehad het om van te praat. Yann is my sestienjarige stiefbroer. Hy
17 glo dis sleg vir mens se gesondheid om nice te wees.
18 “Daar was al tienderjarige skrywers wat beroemd geraak het,”
19 stry ek terwyl my wange warm word. “Wat van Anne Frank of …
20 of …”
21 “Anne Frank het ʼn lewe gehad waarin iets gebéúr het. En sy
22 moes doodgaan voor sy beroemd geword het.”
Bl. 18 – 19
2.1 Wie is besig om sy/haar lewensverhaal te skryf? (1)
2.2 Wie is Mana? (1)
2.3 Wat is die verhouding tussen Mana en Yann? (1)
2.4 Verduidelik waarom Mana nie wou hê dat Hanna draadjies vir haar tande
moes kry nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
2.5 Kies die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (1.20.1–1.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.5.1 Hy ondersteun Hanna in haar ideaal A Gavin
om te skryf
2.5.2 Hierdie persoon vis ʼn kwas uit die B Yann
pampoensop
2.5.3 Hierdie persoon kan ʼn begrafnis in ʼn C Tibo
partytjie verander
2.5.4 Wil graag hê Margot moet sy kaarte D Mana
lees
E Beyers (4)
2.6 Dink jy Yann se reaksie op die nuus dat sy ma gaan kom kuier regverdig is?
Motiveer jou antwoord. (2)
2.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die woord neer.
Die hele gesin is ontstig deur die koms van Margot. Dit beteken hulle is
(vererg/vrolik) oor haar koms. (1)
2.8 Waarom dink jy het Amos by Margot in die motor geklim toe sy by die huis
op die berg aangekom het? (2)
2.9 Kies die antwoord wat NIE PAS NIE. Skryf slegs die vraagnommer en die
letter (A–D) neer. Hanna het met haar verjaarsdag mooi geskenke gekry
van ...
A Margot.
B Sharon.
C Fabienne.
D Mana. (1)
2.10 Dink jy die wittebrood wat Mana wou gehad het, het die gesin goed
gedoen? Motiveer jou antwoord.
2.11 Waarom, dink jy, sê Beyers dat Margot nie van die huis op die berg gaan
hou nie? (1)
2.12 Wat is die skrywer se motivering om Margot ʼn “Koningin” te noem? (1)
2.13 Dink jy Hanna was selfsugtig omdat sy graag soos Fabienne wou wees?
Motiveer jou antwoord. (2)
2.14 Hoekom dink jy was Sharon nie juis geskok oor die primitiewe geriewe op
die berg nie? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9
2.15 Met die geboorte van die baba het Margot geweier om haar naels af te sny.
2.15.1 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.
2.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.15.1. (1)
2.16 Beyers sê dat Margot met niks in die huis sal help nie.
Verduidelik in DRIE sinne hoe Margot hom verkeerd bewys het. (3)
2.17 Waarom dink jy wou Mana graag hê dat die baba se naam iets met water te
doen hê? (2)
2.18 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die antwoord neer.
kalm; ongelukkige; senuweeagtige; sigaar;
sigaret; bemoeisieke; moeilike omstandighede; noodgevalle
Die insident met die geboorte van die baba was Margot baie (2.18.1 …).
Gavin het opgetree soos ʼn (2.18.2 …) pa en heen en weer geloop, terwyl
hy die een na die ander (2.18.3 …) rook. Hy sê vir Yann dat hy slegs in
(2.18.4 …) rook. (4)
2.19 Kies die KORREKTE antwoord wat die beste by die stelling pas. Skryf net
die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die tema van die verhaal is:
A ʼn Mens moet altyd net aan jouself dink.
B ʼn Mens moet jou omstandighede aanvaar.
C ʼn Mens moet ander mense belangriker as jouself ag.
D ʼn Mens moet aanvaar dat die lewe soms wreed kan wees. (1)
2.20 As jy Hanna was, sou jy ook aan die einde jou boek “Die ongelooflike
avonture van Hanna Hoekom” genoem het? Motiveer jou antwoord. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die onderstaande uittreksel deur en antwoord die vrae wat daarop volg.
1 Skalla loop behoedsaam uit die kombuis en wys vir Billie om te bly
2 waar hy is. Hy loop af in die gang en wanneer hy die voordeur oop-
3 maak, is dit nie Tjop Tredoux nie. Dis die Langhansbroers wat soos
4 dreigende onweer voor sy voordeur op die stoepie staan. Dis moei-
5 likheid, weet hy.
6 “A-ha, die Meeulanders,” klink hy vol bravade.
7 Dis Attie wat eerste praat: “Wat sê jy vir jouself, Skalla? Jy laat ʼn ou
8 man jou vuilwerk doen en dan sit jy skotvry op ʼn Saterdagoggend,
9 nè? Maar jy maak ʼn fout …”
10 Skalla se oё trek op dun skrefies. Attie kry hom aan die arm beet en
11 trek hom by die huis uit tot op die stoep. Skalla skud sy arm los.
12 “Wag, wag, kom ons kry dit straight, boys. Ek het nie ʼn clue waar-
13 van julle praat nie.”
14 Attie se arm skiet blitsvinnig uit en hy tref Skalla met ʼn voltreffer in
15 die gesig. “Wel, dit sal jou ʼn idee gee.”
16 Toe Skalla mik om terug te slaan, kry Jacob hom in ʼn stewige greep
17 beet: “Jy lieg, Skalla! Jy weet presies waarvan ons praat.”
18 “Julle ouman is mal, man!” skreeu Skalla.
19 En toe kan Attie homself nie keer nie. Hy tref ʼn tweede keer en
20 Skalla steier agteruit. Billie kom onverwags by en slaan vir Attie van
21 agter af met ʼn kragtige hou teen die kop, sodat hy vorentoe struikel en
hard teen die stoepmuurtjie neerval en bly lê.
Bl. 131 –132
3.1 Wie is Skalla? (1)
3.2 Wie is die Meeulanders? (1)
3.3 Waarom, dink jy, is Billy en Skalla bang dat die besoeker dalk Tjop
Tredoux kan wees? (2)
3.4 Waarom haat Jacob vir Skalla? (2)
3.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“Skalla loop behoedsaam uit die kombuis en wys vir Billy om te bly waar
hy is” beteken Skalla is …
A vererg.
B verbaas.
C haastig.
D versigtig. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11
3.6 Waarom dink jy het die twee broers vir Skalla gaan besoek? (2)
3.7 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
en die woord neer. Skalla se houding in reёl 6 kan met een woord
beskryf word as (teregwysend/uittartend). (1)
3.8 Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die uittreksel sê vir jou dat
daar groot moeilikheid is toe Skalla die deur oopmaak? (1)
3.9 Wie het vir Jannerik gehelp om ʼn wildevy te plant? (1)
3.10 Waarom het Jannerik-hulle ʼn wildevy geplant? (2)
3.11 Verduidelik in DRIE sinne waarom Ryna in die inrigting beland het. (3)
3.12 Kies die naam van die karakter uit KOLOM B wat by die sin in KOLOM A
pas. Skryf net die vraagnommer (3.12.1–3.12.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
3.12.1 Het die Meeuland Express gemaak A Kinnie
3.12.2 Voel verantwoordelik vir Janka B Hermanus
3.12.3 Het doodgebloei na baba se C Ryna
geboorte
3.12.4 Wil Ousanna se huis koop D Elzabeth
E Attie (4)
3.13 Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
die vraagnommer (3.13.1–3.13.4) en die antwoord neer.
Jacob; tjekboek; bankkaart; Ousanna se huis; Ryna;
Veronica; Skalla; seegraskonsessie
(3.13.1 …) weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het. Hy het gehoor
toe (3.13.2 …) met Sheila gepraat het. Hy wil nou hê dat Fred die
(3.13.3 …) op sy naam oordra. Fred was benoud en het dadelik sy
(3.13.4 …) uitgehaal. (4)
3.14 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die woord neer. Fred kan nie sy pa in die oё kyk nie, want hy voel
(kwaad/skuldig). (1)
3.15 Jacob het met ʼn klein kissie in sy arms gestaan en Jannerik het met ʼn
bruin sak op die eiland aangekom. Wat was die verband tussen hierdie
twee houers? (2)
3.16 Waarom, dink jy, is almal hier vóór Kersfees in die hospitaal se portaal
bymekaar? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
3.17 Ryna is die enigste persoon wat weet wie Janka se biologiese pa is. Dink
jy sy moes dit daar in die hospitaal openbaar maak? Motiveer jou
antwoord. (1)
3.18 Wat is die rede waarom die volgende persone wraak op Skalla wil neem?
3.18.1 Jacob (1)
3.18.2 Fred (1)
3.19 Ant Hansie Langhans is Janka se biologiese ouma.
3.19.1 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.
3.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.19.1. (1)
3.20 Waarom is dit ironies dat Jacob en Fred albei wraak wil neem op Skalla? (2)
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
1 HOEDJIE. Die skoonmense was tevrede met Poppie . . . en
2 Stone was tevrede.
3 STONE. (kniel langs Poppie, neem haar hande). Poppie . . . as jy
4 eendag kinders kry, dan moet jy jou meisiekinders groot-
5 maak net soos jou ouma vir jou grootgemaak het…
6 PLANK. En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie,
7 maar Bhuti-ka-nombi, uit respek . . . dit het beteken bhuti
8 van haar man se broer se dogtertjie.
9 MAMA. En ek het vir hom gesê: Mkhwenyana . . . wat beteken
10 skoonseun . . . en Plank en Hoedjie en Mosie het gesê swaer.
11 Ons het hom nooit op sy naam gesê nie.
12 STONE. (vertel aan Poppie). Ek het ʼn erf gekry van die munisi-
13 paliteit en gaan saam met my bhuti vir ons ʼn eenkamerhuis
14 van sinkplaat en planke bou. Ek gaan ʼn tuintjie voor die huis
15 maak waar ons pampoen en wortels en mielies kan plant.
16 Aan die einde van die jaar as ek vakansie kry, sal ons plan
17 maak om Herschel toe te gaan, waar my pa en ma woon.
18 (Streel haar arm.)
Spelers bou trein met trommels. Mimiek: stadige geskommel in trein.
19 POPPIE. So ʼn stadige trein het ek nog nooit gesien nie. Toe was
20 daai wêreld nou vir my baie vreemd, want ek het nog nooit
21 daardie soort wêreld gesien nie. Die vreemdste was die baie
22 berge.
Bl. 23
4.1 Het Poppie en haar familie na haar troue vir Stone op sy naam genoem?
Motiveer jou antwoord. (1)
4.2 Verduidelik waarom Poppie en Stone na Herschel gereis het. (1)
4.3 Waaruit kan ons aflei dat Stone met Poppie tevrede was? (1)
4.4 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
ʼn Makoti is ʼn (jong bruid/ou vrou). (1)
4.5 Waarom, dink jy, het Poppie en Stone teruggegaan Kaap toe? (1)
4.6 Verduidelik wat met Poppie se oudste kind gebeur het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
4.7 Poppie het soos ʼn ma vir haar broer Jakkie gevoel. Watter redes sal jy
aanvoer waarom sy so oor hom gevoel het? (2)
4.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer. Poppie het haar seun Bonsile genoem en dit beteken (iets
het reggekom/iets om te gee). (1)
4.9 Noem TWEE redes waarom jy dink dat Poppie ontevrede was omdat hulle
uit Lambertsbaai moes weggaan. (2)
4.10 Hoe het Stone dit reggekry om ʼn permit te kry? (1)
4.11 Verduidelik waarom Poppie se ma haar nie op haar huiskaart kon sit nie. (1)
4.12 Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
die vraagnommer (4.12.1–4.12.3) en die antwoord neer.
Pengi; kinders; mama Lena; polisie; Jakkie; migrants
Bhuti Plank word twee keer by die hoenderhok geslaan. Die eerste keer
deur die (4.12.1 …) en die tweede keer is hy deur die (4.12.2 …) geslaan,
terwyl (4.12.3 …) hom vasgehou het. (3)
4.13 Wie dink jy was die kind van Mama Lena wat vir haar ʼn groot bekommernis
was? (1)
4.14 Kies die naam uit KOLOM B wat by die woorde/frases in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.14.1 Te siek om te veg A Plank
4.14.2 Hy is Veleli se pa B Pengi
4.14.3 Het in die hoenderhok weggekruip C Mosie
4.14.4 Kinders lag vir hom as hy dronk is D Mbatane
E Stone (4)
4.15 Mnr. Strydom sê Poppie kwalifiseer nie om in die Kaap te bly nie. Watter
rede voer hy aan waarom sy nie daar kan bly nie? (1)
4.16 Dink jy mnr. Strydom was regverdig teenoor Poppie? Motiveer jou
antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15
4.17 Watter rede gee mnr. Stevens vir Poppie dat dit beter vir haar is om na
Oos-Londen te gaan? (1)
4.18 Watter voorwaardes stel Poppie aan mnr. Stevens voordat sy Ciskei toe
sal gaan? (Noem EEN voorwaarde.) (1)
4.19 Wat sou jy gedoen of besluit het indien jy soos Poppie in ʼn vreemde dorp
moes gaan bly? Antwoord Ja of Nee en motiveer jou antwoord. (1)
4.20 Stone en Poppie is saam weg na hul nuwe tuiste in die Ciskei.
4.20.1 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.20.1. (1)
4.21 Die treinreis was vir Poppie baie moeilik.
4.21.1 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.21.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.21.1. (1)
4.22 Watter TWEE rampe het Poppie getref toe sy in Mdantsane gebly het? (2)
4.23 Wie is Vukile se pa? (1)
4.24 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Poppie se kinders was deel van die onluste:
A Hulle was in die Ciskei.
B Hulle is gearresteer en is in die tronk.
C Hulle bly in Mama Lena se huis.
D Hulle bly by Poppie. (1)
4.25 Dink jy Poppie het reg opgetree deur haar twee dogters na hul grootouers
in die Ciskei te neem? Motiveer jou antwoord. (1)
4.26 Wat is, volgens jou mening, die klimaks van hierdie drama? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
1 68. Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle
2 sit op ʼn kol waar die son skyn. Die nar is in gewone klere.
3 Hy is besig om Willem met sy hoender-konsert te probeer
4 liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel.
5 Die kind sit net strak en kyk.
6 NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis Oukei.
7 (Die kind kyk weg.) Wat is dit wat pla? (Die kind skud sy kop).
8 Jy kan maar vir my vertel. Ek sal vir niemand sê nie. (Die
9 kind sit net voor hom en kyk). Wil jy vir my skryf? (Hy hou ‘ʼn
10 potlood na Willem toe) Tóé, skryf. (Daar begin nou trane oor
11 Willem se wange loop, maar sy gesig bly uitdrukkingloos.)
12 Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort
13 vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane.
14 Altyd. (Die nar voel in sy sakke rond en haal ʼngrimeerpotlood
15 uit. Hy verf twee groot boё bokant Willem se oё.) Kom. Kom
16 ons teken iets. (Hy soek in sy broeksak en haal ʼn ander kleur
17 uit. Hy verf Willem se mond.) Kom ons teken die trane weg.
18 Ons vee die ou Willem uit en ons teken ʼn nuwe Willem.
Bl. 42
5.1 Verduidelik wat aanleiding gegee het tot Willem se ontsteltenis. (1)
5.2 By wie het Willem gaan troos soek? (1)
5.3 Dink jy die gesin het geweet dat Willem in die skuur was? Motiveer jou
antwoord op VRAAG 5.2. (1)
5.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer en die woord neer.
Die nar probeer Willem met sy hoender-konsert liemaak beteken dat hy
Willem probeer (flous/kwaad) maak. (1)
5.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
“Die lewe is te kort vir trane” is die woorde van …
A Emma.
B Hendrik.
C Manuel.
D Katrien. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17
5.6 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is en motiveer jou
antwoord.
Hendrik het vir Willem op die stoep gekry. (1)
5.7 Waarom dink jy was Willem so ontsteld toe die honde in die skuur blaf? (1)
5.8 Die gesin is bekommerd oor Willem. Kies die EEN wat NIE PAS NIE.
Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
A Hendrik ry om die polisie te verwittig dat Willem weg is.
B Nollie kuier by Emma op die stoep.
C Katrien loop langs die pad en roep.
D Emma soek in die veld. (1)
5.9 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
kombuis; eetkamer; blompot;
koffiepot; teepot; niet; hemelruim
Hendrik, Katrien en Emma sit in die (5.9.1 …). Hulle praat nie. Hulle sit en
staar in die (5.9.2 …). Daar staan ʼn (5.9.3 …) tussen hulle. (3)
5.10 Pas die naam in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die
vraagnommer (5.10.1 – 5.10.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.10.1 “Ek is klaar gesukkel” A Nollie
5.10.2 “maar jy koop oorbelle” B Frans
5.10.3 “Ek sal jou handdoek vir jou C Emma
aangee”
5.10.4 “Die enigste nôie wat ek ooit wou D Katrien
hê is klaar getroud.”
E Hendrik (4)
5.11 Dink jy die stories wat oor Frans in die dorp versprei word is regverdig?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.12 Watter stories het die dorpsmense oor Willem versprei omdat hy nie kon
praat nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
5.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Kies die EEN wat NIE PAS NIE.
A Daar mense in hierdie huis bly.
B Sy vir hom sal bid.
C Dat hulle partykeer hartseer is.
D Dat hy hulle baie goed ken. (1)
5.14 Wat wil Willem hê moet sy ma vir hom maak? (1)
5.15 Verduidelik wat Willem se verskoning is met die kos wat hy so uit die huis
uit dra? (1)
5.16 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die woord neer. Die sirkustrein is op (Uniondale/Toorwater/Twyfelfontein)
afgehaak. (1)
5.17 Wat dink jy was die rede waarom Willem weer begin praat het? (2)
5.18 Wat was die eerste woord wat Willem na jare gesê het? (1)
5.19 Dink jy die predikant het reg opgetree om vir Manuel uit die kerk te jaag?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.20 Verduidelik in TWEE sinne wat met Manuel gebeur het toe hy kerk toe
gegaan het. (2)
5.21 Dink jy dat daar iets positief uit die vriendskap tussen Willem en Manuel
gekom het? Motiveer jou antwoord met die fokus op Willem. (1)
5.22 Wie het vir Manuel huistoe gedra nadat hy geskiet is? (1)
5.23 Watter TWEE bewyse is daar dat die McDonalds Manuel as Willem se
vriend aanvaar het? (2)
5.24 Stem jy saam met die siening dat Manuel se paljas gewerk het vir die
McDonald-gesin? Motiveer jou antwoord deur na elkeen van die
gesinslede te verwys. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19
AFDELING C: KORTVERHAAL
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG 6.1
OP SOEK NA KID KHUMALO – Dolf van Niekerk
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Sy gaan sit op die bank om haar been te laat rus. Sy noem dit die
suikersiektebeen. Op ʼn
2 dag het daar sommer net ʼn wond verskyn – dalk het sy haar been
gestamp. Die wond
3 wil nie genees nie, dit het eintlik al groter geword. Dit lyk ook nie of die
dokters iets vir haar kan
4 doen nie. Haar vriend Frans N’kosi hou aan sy moet ophou werk, maar hoe
kan sy? Miskien tog
5 eendag, as Kid haar wil vat. Want Frans het sy eie familie, hulle twee is
eintlik niks van mekaar
6 nie, al is hulle al agt jaar saam. Baie dae as haar been pyn en sy byna te
siek is om te loop,
7 verlang sy na ʼn plekkie waar sy sal kan rus. Soos by haar familie in
Dennilton in die ou dae toe
8 mense geweet het wanneer dit tyd is om vir mekaar te sorg sodat dié wat
moeg is, kan rus.
9 Sy hoor ʼn motor by die ingang. Dit kan Frans wees.
10 Die Therons is die enigste wit mense in die omgewing wat nie
veiligheidsheinings en goed
11 opgerig het nie.
12 “Dis geldmors,” sê Theron. “As hulle wil inkom, sal hulle inkom.”
13 Hulle het net twee klein Maltese brakke, en dié blaf dag en nag. Nog ʼn
ding wat sy
14 nie van die Therons verstaan nie, is dat hulle die telefoon laat uithaal het.
Hulle praat net met
15 selfone. Maar dit beteken dat nie een van haar mense met haar in
verbinding kan kom nie en
16 sy ook nie met hulle nie. Haar familie sal al dood en begrawe wees voor
sy daarvan sal hoor.
17 Haar niggie Katrien bring so af en toe vir haar nuus, maar sy weet ook nie
aldag wat aan die
18 gang is nie.
19 Frans staan in die deur.
Bl. 225
6.1 6.1.1 Verduidelik waarom dink Johanna dat sy nie eendag by haar seun,
Thomas, kan gaan bly nie? (1)
6.1.2 Johanna gaan eendag, as sy ophou werk, by Frans Nkosi gaan bly.
(a) Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1.2(a). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
6.1.3 Johanna het by haar seun in Soshanguve gaan kuier.
(a) Sê of bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR is.
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1.3(a). (1)
6.1.4 Voltooi die volgende paragraaf. Kies die KORREKTE antwoorde
uit die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer en die antwoord
neer.
Thomas; Kid; vriende; broer;
Soshanguve-stasie; Denneboom-stasie
Frans het Johanna besoek om haar die nuus te vertel dat ((a) …)
is. Hy sê hy het sy vriend, Thabo, by ((b) …) gekry. Johanna sê
hoopvol dat hy seker by sy ((c) …) is. (3)
6.1.5 Kies die naam uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (6.1.5(a)–(d)) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Hy het saam met Kid gewerk A Katrien
(b) Sy naam is Nicholas B Thomas
(c) Bring af en toe nuus vir Johanna C Thabo
(d) Die persoon skakel die televisie D Kid
aan
E Frans (4)
6.1.6 Waarom dink jy wou Johanna nie na die beeld van die
ongelukstoneel op die televisie kyk nie? (1)
6.1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Johanna se enigste kleinkind bly in …
A Soshanguve.
B Mamelodi.
C Dennilton.
D Kalafong. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21
6.1.8 As gevolg waarvan kon Johanna nie dadelik navraag oor Kid
doen nie? (1)
6.1.9 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Johanna het vir tien dae niks weer gehoor nie en dit voel vir haar
asof dit (hartseer/spanning/depressie) veroorsaak wat haar wil
onder kry. (1)
6.1.10 Het jy simpatie met Johanna met haar soektog na Kid? Motiveer
jou antwoord. (1)
6.1.11 Watter TWEE redes kan as bewyse dien dat Kid verantwoordelik
geword het? (2)
6.1.12 Waarom kan die leser seker wees dat dit wel Kid se lyk is? (1)
6.1.13 “Ja, nou het jy jou eie huis,”
Waarom dink jy dat die stelling ʼn vals troos is? (1)
[19]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 6.2
ROOI KOMBERSIE – Rachelle Greeff
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Lila se ma het die kombers destyds vir haar in Port Elizabeth gekoop, die
vakansie voor sy
2 universiteit toe is in die Boland. Hulle het gewoon op ʼn dorp in die Groot-
Karoo waar haar
3 stiefpa, oom Kakie, ʼn klerewinkel gehad het. Hul huis was vas aan die
winkel. Daardie vakan-
4 sie in Port Elizabeth het hulle nóg universiteitsgoed gekoop, maar dis net
die kombers wat sy
5 onthou.
6 Aan die einde van Lila se eerste jaar op universiteit is sy vir die
somervakansie huis toe. Sy
7 moes haar deel van die dubbelkoshuiskamer, waar die kombers heeljaar
op haar bed gelê het,
8 ontruim. Alles is in die bagasiebak van die Rambler Rogue (wat oom
Kakie net ʼn maand tevore)
9 op Springfontein in die Vrystaat gaan koop het) saam terug Karoo toe. Die
kombers het langs
10 haar op die agtersitplek gelê. In sy voue, versteek vir haar ma en oom
Kakie, was die jaar se ver-
11 rassings, die skrik, die nuwe, vreemde drome. Sy sou nog besluit wat sy
met hulle sou deel.
12 Een aand sit sy, haar ma en oom Kakie oudergewoonte om die
kombuistafel en luister radio-
13 nuus terwyl hulle vir die kos in die oond wag. Oom Kakie het vir elkeen ʼn
whisky gegooi; vir
14 hulle ʼn dubbel, vir haar ʼn enkel. Buite is die aarde steeds dor en hittig, al
het die son al amper
15 onder die spinnerakskaduweetjies van sewejaarsoutbosse en die
kankerbossies ingeglip.
Bl. 105
6.2 6.2.1 Noem DRIE dinge wat Lila doen waaruit jy kan aflei dat die rooi
kombersie vir haar baie spesiaal en kosbaar is. (3)
6.2.2 Waarom gooi oom Kakie vir hom en Lila se ma ʼn dubbelsopie
whisky in, maar vir Lila slegs ʼn enkelsopie? (1)
6.2.3 Wat sou jy sê is die skakel tussen hierdie twee gebeurtenisse wat vir
Lila vertroosting gebring het? (1)
6.2.4 Watter TWEE dramatiese gebeurtenisse het in Lila se lewe
plaasgevind? (2)
6.2.5 Om watter rede hardloop Lila in die brandende huis? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23
6.2.6 Indien jy in dieselfde situasie as Lila was, sou jy ook in die
brandende huis gehardloop het? Motiveer jou antwoord. (1)
6.2.7 Vergelyk die mense se optrede tydens die brand teen die optrede
van Lila en haar stiefpa, oom Kakie. (3)
6.2.8 Is die skrywer se argument geldig dat Lila en haar man beskryf
word as groenmense wat hard werk om die omgewing te bewaar?
Stem jy saam met bogenoemde stelling. Motiveer jou antwoord. (1)
6.2.9 Bespreek die ironie ten opsigte van die inbreker se optrede toe hy
vir Lila die rooi kombersie gee. (2)
6.2.10 Watter rol speel die rooi kombersie in Lila se lewe? (1)
[16]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord BEIDE van die volgende gedigte.
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG 7.1
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Brief – Fernal R. Abrahams
1 Mammie, ek skryf ook vir Ma ʼn kaalvoet gedig
2 sommer so, nes Antjie
3 maar ek gebruik soms leestekens
4 en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie
5 want dit hoort vir my
6 nes plastiekblomme en wit skoene
7 nie by Ma nie.
8 Ek het grootgeword, weet Ma –
9 ek skrik soms vir myself
10 want my skoolbaadjie pas nie meer nie
11 my hare is lank
12 ek wil ʼn oorring dra
13 ek bid byna nooit nie
14 en ek glo nie sommer net in God nie
15 ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
16 – ek wonder of Ma van my verse sal hou –
17 Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly –
18 en ek het nie
19 kon nie
20 ‘skuus Mammie
21 maar ek is nog Ma se kind
22 grootmenskind
23 anderster kind
[Uit: Tydskrif vir Letterkunde, 1989]
7.1 7.1.1 Verduidelik wat verstaan jy onder “’n kaalvoet gedig”. (reёl 1) (1)
7.1.2 Watter woord sê vir ons dat hy partykeer leestekens gebruik? (1)
7.1.3 Wie is die persoon wat reeds so ʼn soortgelyke gedig geskryf het? (1)
7.1.4 Wat word met mekaar in strofe 1 vergelyk? (2)
7.1.5 Vir wie word hierdie gedig geskryf? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25
7.1.6 Die spreker in die gedig dra ʼn oorring.
(a) Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1.6(a). (1)
7.1.7 Die spreker noem homself ʼn grootmenskind. Wat, dink jy, het hy
daarmee bedoel? (1)
7.1.8 Dui die progressie wat ons in die tweede strofe kry aan. (3)
7.1.9 Waarom, dink jy, sou hy vir sy ma verskoning vra? (2)
7.1.10 Die spreker het fisies en geestelik gegroei, maar wat omtrent hom
het nie verander nie? (1)
7.1.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys
hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Beskrywing; herskrywing; Ma; Mamma
Hierdie gedig is intertekstueel omdat die digter ʼn ((a) …) van die
gedig ((b) …) van Antjie Krog geskryf het. (2)
7.1.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs
die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die tipografiese opbreek van die laaste reëls kan ʼn aanduiding
wees van die spreker se ... oor hoe sy ma dié brief gaan ontvang.
A kinderlike verwagting
B emosionele onsekerheid
C selfvertroue
D sekerheid (1)
7.1.13 Die woord “maar” in versreёl 3 sê vir ons dat hierdie gedig tog …
Antjie Krog se gedig.
A dieselfde is as
B soortgelyk is aan
C verskil van
D anders is as (1)
[18]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 7.2
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
“Thumela – Elmé Barnard
1 tot siens meneer
2 het jy geskree
3 en vir oulaas gemaak ernstig
4 na ʼn kennisgewingbord
5 met hordes sportaankondigings
6 en lyste eksamenroosters
7 wat jou nie meer kon raak
8 gestaar
9 jou boeksak toe
10 met ʼn wilde tol
11 die lug ingeskiet
12 en ʼn geskiedenisboek gepos
13 sodat die blaaie
14 verward
15 oor die verlate skoolvierkant saai
16 terwyl jy laggend
17 om ʼn hoek verdwyn
18 gemaak geskok
19 het meneer weggedraai
20 maar ek het bly wonder
21 of dit vir jou
22 dan niks beteken
[Uit: Poort, 1983]
7.2 7.2.1 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys
hieronder. Skryf net die vraagnommer ((a)– (c)) en die antwoord
neer.
dankbaarheid; gegroet; bedank; bevryding
die leerder gaan mis; die leerder nie gaan mis nie.
Hierdie gedig handel oor ʼn leerder wat sy skoollewe (a) … het. Hy
het ʼn gevoel van (b) ... beleef. Die onderwysers het al gewoond
geraak aan hierdie gedrag van leerders. Die wyse waarop die
meneer wegdraai, gee die boodskap dat hy (c) ... (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 27
7.2.2 Skryf die KORREKTE woord of frase in KOLOM B by die stellings
in KOLOM A. Skryf net die vraagnommer ((a) – (d)) neer met die
letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) om ʼn hoek verdwyn A gemaak geskok
(b) voor die kennisgewingbord B met ʼn wilde tol
gestaan
(c) die boeksak gegooi C geskree
(d) die onderwyser gegroet D vir oulaas
E laggend (4)
7.2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net
die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die manier waarop die leerder die onderwyser gegroet het, dui
aan dat die leerder …
A baie bly was.
B hoogmoedig was.
C geen respek vir die onderwyser gehad het nie.
D haastig was. (1)
7.2.4 Die leerder het, sonder om te dink, stip na die kennisgewingbord
gekyk.
(a) Sê of bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.2.4(a) met ʼn aanhaling
uit die gedig. (1)
7.2.5 Dui aan watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde vir ons sê dat
die spreker nie seker is nie. (1)
7.2.6 Kies die KORREKTE woord tussen hakies om die sin te voltooi:
Die doel van die spasies in die gedig is om gedagtes te
(beklemtoon/laat rym). (1)
7.2.7 Is die seun se gedrag na jou mening regverdig en aanvaarbaar?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
7.2.8 Om watter rede dink jy word “meneer” (reёl 1) met ʼn klein letter
gespel? (1)
7.2.9 Watter beeldspraak word met die woord “verward” gebruik?
(versreёl) 14. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
7.2.10 Verduidelik wat die simboliek van die geskiedenisboek (reёl 12)
is. (1)
7.2.11 Watter EEN WOORD sê vir ons dat daar baie eksamenroosters
was? (1)
7.2.12 Watter emosie openbaar die seun deur sy boeksak in die lug te
gooi? (1)
[17]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2015 Memo
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum