Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 19 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 410.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 6Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
Show all 11 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
NASIENRIGLYNE
1. ʼn Kandidaat mag nie meer as EEN vraag uit dieselfde genre beantwoord nie.
2. As ʼn kandidaat meer as die vereiste aantal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien.
3. Indien die antwoord in meer as een sin aangebied word en die antwoord nie
in die eerste sin voorkom nie, maar dit tot die antwoord in die tweede sin lei,
word die antwoord in die tweede sin nagesien.
4. Vir oop vrae waar JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE plus ʼn
motivering vereis word, word slegs die rede/motivering oorweeg. Indien die
kandidaat nie JA/NEE skryf nie, maar die motivering is korrek, word die punt
toegeken.
5. Indien die kandidaat JA/NEE sê, moet die motivering korrek wees, anders
verloor die kandidaat die punt.
6. Vir WAAR/ONWAAR – of FEIT/LUG JOU MENING vrae, word die punte
verdeel:
Slegs ʼn punt vir die motivering word toegeken.
As die leerder se WAAR/ONWAAR korrek is, en die motivering is
korrek, verdien die kandidaat slegs EEN punt.
As die leerder se WAAR/ONWAAR verkeerd is, maar die
motivering is korrek, word GEEN punte toegeken nie.
7. Fals (Vals) kan aanvaar word. (False is egter verkeerd, want dit is Engels).
8. Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin
die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die
antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie.
Indien die vreemde woorde in die antwoord vereis word, word dit
aanvaar.
9. Aanvaar dialektiese variasies.
10. Indien die kandidaat kru taal gebruik, word die kru woorde geïgnoreer.
Indien die antwoord sonder die kru woord sinvol is, word die kandidaat
nie gepenaliseer nie.
11. Waar een-woord antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee,
is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of
ander wyse uitgelig word.
12. Vir meervoudige keuse-vrae word sowel die letter as die korrekte
antwoord wat ten volle uitgeskryf is, aanvaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3
13. As die kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
tweede antwoord word geïgnoreer.
14. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
15. As ʼn spelfout die betekenis van ʼn antwoord beïnvloed, word dit
verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord
beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – DALENE MATTHEE
1.1 MacDonald (die houtkoper) (1)
1.2 1.2.1 Onwaar
1.2.2 Hy het haar een of twee keer uitgeneem. (1)
1.3 Hulle was verlief op mekaar. (1)
1.4 Sondagmiddae by die houtskuur √√ toe Saul vir haar pa gewerk het. (Kan
ook as wanneer vir 1 punt aanvaar word). (2)
1.5 Saul was nog steeds lief vir Kate. (1)
1.6 Kate se pa (MacDonald) het Saul verbied om vir Kate te sien. (1)
1.7 JA – Kate was sy dogter en hy wou net die beste vir haar hê.
OF
NEE – Hy was onregverdig, want geen mens is benede ʼn ander nie./Hy
het Saul verneuk omdat hy gedink het dat hy dom was./Hy het
neergesien op die bosmense. (1)
1.8 Dat hy nie Saul se broers (die Barnards) se hout sou koop nie. (1)
1.9 Dat hout in sy bloed was. (1)
1.10 MacDonald het sy pa minderwaardig behandel.
Hy het agtergekom hoe MacDonald die houtkappers met hul hout verkul.
MacDonald het sy geld gevat (toe hy vir hom gewerk het) vir sy pa se
skuld.
Die neerhalende manier waarop MacDonald hom minderwaardig laat voel
het.
MacDonald het Saul en Kate se verhouding vernietig.
Dat hy Saul dreig om nie sy broers se hout te koop nie.
(ENIGE DRIE OF SOORTGELYK) (3)
1.11 JA – MacDonald het hom en sy familie van die begin af as
minderwaardig behandel.
OF
NEE – Saul kon sy man teen MacDonald gestaan het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5
1.12 1.12.1 C Charles Gray
1.12.2 F Abraham
1.12.3 A Beth
1.12.4 E MacDonald (4)
1.13 1.13.1 susters (1)
1.13.2 konsert (1)
1.13.3 derde (1)
1.14 Die roman se naam is Kringe in die Bos en met Saul se terugkeer na die
Bos is dit simbolies van ʼn kringloop wat hy voltooi. (2)
1.15 Ek sou dieselfde opgetree het en so gou moontlik Knysna verlaat het en op
ʼn ander plek vir my ʼn besigheid gaan begin het.
OF
Nee, ek sou hulle gewys het dat ek ook ʼn reg het om daar ʼn besigheid oop
te maak.
(ENIGE SOORTGELYKE ANTWOORD.) (2)
1.16 Maska kom vertel hom dat Oupoot Jozef se seun, Joram, doodgetrap
het
Freek Terblans gaan vir Oupoot skiet.
Saul besluit dat hy Oupoot die vernedering gaan spaar en daarom sal
hy self vir Oupoot skiet. (Enige TWEE) (2)
1.17 Ja, hy het vir Freek en Jozef verby Oupoot gelei, √ maar ongelukkig het die
delwers vir Oupoot geskiet. √ (2)
1.18 Oupoot wou hê Saul moes vir homself sien watter verwoesting die delwers
veroorsaak het. (1)
1.19 Vandat Saul klein was, was Maska altyd daar vir hom./Hy het baie by Maska
geleer van die olifante en veral van Oupoot./Maska het vir Saul respekteer.
(Enige EEN) (2)
1.20 Alomteenwoordige verteller (1)
1.21 Oupoot het Saul kringe deur die Bos laat loop om die verwoesting te
aanskou.
Saul en Kate se kringloop is voltooi en hulle kom weer bymekaar uit.
Saul en Jozef verstaan mekaar uiteindelik.
Saul verstaan eindelik dat Oupoot sy dierbroer is en dat Maska sy hart-
broer is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der
Vywer
2.1 Mana (1)
2.2 Hanna (1)
2.3 Vakansie op die berg/Vakansie/Wittebrood (1)
2.4 Beyers (1)
2.5 Botterberg (1)
2.6 2.6.1 Onwaar
2.6.2 “Miskien is hulle ook nie lus vir hierdie wittebrood nie.” (1)
2.7 eerstepersoonverteller (1)
2.8 Hanna (1)
2.9 ʼn nare ondervinding (1)
2.10 Sy noem haar ma op haar naam/Haar ma trek eienaardig/snaaks aan/
Haar ma steek haar hare met verfkwaste vas/Haar ma ruik na paraffien.
Haar pa dra soms maskara/Haar pa het peroksiedestrepe in sy hare/Haar
pa dra stywe broeke/Haar pa is ʼn moffie. (2)
2.11 JA – Haar het sonder haar toestemming in haar kamer gegaan en in
hulle goed gekrap.
OF
NEE – Dit het oop en bloot in haar kamer gelê so enige een kon dit lees. (1)
2.12 2.12.1 C Margot
2.12.2 D Mana
2.12.3 E Fabienne
2.12.4 A Sharon (4)
2.13 Tibo dink dit is fantasties dat sy van Amerika af kom. Hy wil ook graag in
Amerika woon.
Amos dink nie dis goed dat sy ma in Amerika bly en hom by sy pa gelos het
nie.
(Daar moet ʼn vergelyking wees. Albei se siening.) (2 punte of nul) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7
2.14 JA – Sy gee nie om oor haar hare nie en druk sommer verfkwaste in
haar hare om dit bymekaar te hou./Sy voel vere oor hoe haar
hare lyk.
OF
NEE – Mana moet kan insien dat ander meer begaan is oor hul hare en
daarom ʼn haardroër sal wil gebruik. (1)
2.15 Sy kom van Amerika af en hy wil eendag Amerika toe gaan./Sy lees Tarot
kaarte en hy wil graag meer oor sy pa uitvind en hy glo hy sal die antwoord
by Margot kry. (1)
2.16 Sharon se hare was swart en krullerig./Sharon se vel was koffiekleurig./
Sharon se tande was mooi wit.
Hanna se hare was muisvaal./Hanna het ʼn gaping tussen haar tande
gehad. (Verskille moet aangedui word.) (2)
2.17 B boek (1)
2.18 Sy het nie gedink hy sou vir haar iets gee nie./Yann het gewoonlik geen
aandag aan haar gegee nie. (1)
2.19 Sy het nie gedink daar sou geld wees vir geskenke nie, aangesien hul ʼn
huis gekoop het en ook omdat daar ʼn nuwe baba oppad was. (1)
2.20 Sy wou haar naels afknip sodat sy nie die baba tydens die geboorte sou
seermaak nie. (1)
2.21 Sy wou nie die baba seermaak nie./Sy dink nie net aan haarself en haar
voorkoms nie./Sy is hulpvaardig met die geboorte van die baba./Sy is
onselfsugtig. (ENIGE IETS SOORTGELYKS) (1)
2.22 Sy wou nie haar ma se pyn aanskou nie. (1)
2.23 Sy kon meer tyd saam met Yann deurbring. (1)
2.24 Hy sou nou nie iets oor sy pa uitvind nie. (1)
2.25 JA – Dit was vir hom belangrik om te weet wie sy pa is. ʼn Mens wil tog
weet wie jou pa is.
OF
NEE – Daar is sekere dinge in die lewe wat jy maar net moet aanvaar
omdat jy dit nie kan verander nie. (2)
2.26 Sy het al voorheen haar beloftes verbreek. (1)
2.27 Dat jy jouself moet aanvaar soos jy is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
3.1 Die windlaaier se lem was gebreek./Hy kon nie batterye vir CB-radio laai
nie./Daar was geen elektrisiteit vir CB-radio nie. (3)
3.2 Elsabet se dogtertjie en Kinnie se dogtertjie. (2)
3.3 Haar oupa/Kinnie was sy dogter. (1)
3.4 Om Kinnie se kind vir Elsabet te gee toe Elsabet se kind sterf. (2)
3.5 Om woordeliks of woordeloos √ ʼn ooreenkoms aan te gaan. √ (2)
3.6 Sy het geweet dat Elsabet se babatjie dood en begrawe is dat hulle Kinnie
se babatjie in haar plek vir Elsabet gegee het, en die waarheid van Elsabet
weerhou het. (2)
3.7 Janka (1)
3.8 3.8.1 E Sheila
3.8.2 C Janka
3.8.3 D Fred
3.8.4 A Ryna (4)
3.9 3.9.1 Onwaar
3.9.2 Jannerik het haar gehelp. (1)
3.10 Haar man het hul huis aan die brand gesteek en niks het oorgebly nie.
Haar man het hulle seun en daarna homself doodgeskiet.
Haar man het met dwelms gesmokkel.
Ryna het as gevolg daarvan in ʼn inrigting beland. (Enige DRIE) (3)
3.11 JA – Sy het ingehok gevoel en was nie gelukkig op die eiland nie.
Sy het na die lewe op die wal verlang.
Sy was op Fred Blankenberg verlief.
Sy was nooit lief vir Jakob nie en het met hom getrou omdat Fred
reeds getroud was.
OF
NEE – Geen ma los haar baba nie.
Sy was oneerlik teenoor Jakob om met hom te trou terwyl sy
iemand anders lief het.
Sy het van die begin af geweet dat die lewe op die eiland baie
eensaam sou wees. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9
3.12 JA – Ek sou dieselfde gedoen het en na die man wat ek lief het, gegaan
het.
Die eiland is nie ʼn plek vir ʼn vrou nie, want dis baie eensaam daar.
OF
NEE – Sy het van die begin af geweet dat die eiland baie eensaam is.
Sy het vir Jakob oor haar gevoel gejok.
Geen ma los sommer haar kind nie. (2)
3.13 3.13.1 Emily
3.13.2 Bernard
3.13.3 Janka (3)
3.14 Hy het albei met ander vroue verkul. (1)
3.15 Hulle wou dit spesiaal vir Janka maak, veral omdat haar ma die eiland
verlaat het. (1)
3.16 Jacob en ʼn kreefdief het opmekaar geskiet en toe hardloop sy oor die jettie
en toe skiet die kreefdief haar raak. (2)
3.17 Ryna se seun is doodgeskiet en sy verstaan die hartseer om ʼn kind te
verloor./Sy was lief vir Jacob en daarom kon sy hom met enige iets bystaan. (2)
3.18 D sig (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
4.1 Herschel (1)
4.2 Mdantsane (1)
4.3 Bonsile se kind/Vukile (1)
4.4 4.4.1 Onwaar
4.4.2 “Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma van die
kind gegee (en toe Kaap toe vertrek).” (1)
4.5 Sy moes in Mdantsane saam met haar kinders gaan woon, terwyl haar
man en familie in die Kaap kon bly.
Stone is dood, terwyl sy in Mdantsane was.
Sy het haar dogters Herschel toe geneem.
Sy moes al die reëlings vir haar huis en kinders alleen behartig.
(Enige DRIE) (3)
4.6 protagonis (1)
4.7 4.7.1 Vukile
4.7.2 Kindjie (2)
4.8 4.8.1 C Katie
4.8.2 D Constance
4.8.3 B Plank
4.8.4 E Jakkie (4)
4.9 Jakkie is ʼn jaar na haar seuntjie wat dood is, gebore en sy het hom groot-
gemaak totdat hy drie jaar oud was. (2)
4.10 Poppie is ʼn sterk vrou.
Haar kinders kom eerste in haar lewe.
Sy wil net die beste vir hul hê.
Sy het swaargekry sodat hulle in vrede kon skoolgaan.
(Enige een of soortgelyks) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11
4.11 JA – Die kinders kon met hul skoolwerk aangaan.
Sy het nie ʼn pas gehad nie en hulle sou nie veilig in die Kaap
wees nie.
Hulle sou veilig weg van die Kaap wees.
Hulle sou nie betrokke by die opstande in die Kaap wees nie.
(Of soortgelyk)
OF
NEE – Nee, kinders moet by hul ouers bly.
Sy het die gesin opgebreek met die dogters in Herschel, die
seuns in Mdantsane en die kleintjies by haar.
(Of soortgelyk) (2)
4.12 Vukile was swak en agter in sy vordering op skool.
Hy het vordering by Mosie en Rhoda getoon.
(Of soortgelyk) (2)
4.13 Gee hulle slae met latte.
Laat hulle baie water drink en druk dan vere in hul kele om hulle te laat
opbring. (2)
4.14 Deur die polisie by die hoenderhok.
Deur die kinders ook by die hoenderhok. (2)
4.15 JA – Hulle doen slegs hul werk.
Hulle wou uitvind waar Jakkie is en het gedink die kinders sou
weet waar hy is.
(Of soortgelyk)
OF
NEE – Bonsile en Nomvula was nie in die Kaap nie en het niks met die
onluste te doen nie.
(Of soortgelyk) (2)
4.16 Die migrants besit die biersale en die sjebeens waar die grootmense hul
geld uitdrink.
Die kinders sê hul kry nie geleerdheid nie as gevolg van die grootmense
se drinkery.
(Of soortgelyk) (2)
4.17 Die polisie verteenwoordig die regering en die regering is vir die migrants
verantwoordelik. (2)
4.18 Bonsile en Nomvula is deur die polisie gevang.
Sy weet nie waar Fezile is nie. (2)
4.19 Jou lewe is in die Here se hande.
Die Here se wil is nie jou wil nie.
Jy moet jou omstandighede aanvaar.
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
5.1 Een van die sirkusmense. (1)
5.2 Hy was in ʼn vuisgeveg met Bertie betrokke. (1)
5.3 klanknabootsing (1)
5.4 Uniondale (1)
5.5 5.5.1 Onwaar
5.5.2 “Emma hou die skottel met lou water vas.” (1)
5.6 Dat sy nie gaan trou nie/Dat sy ʼn oujongnooi gaan word/Dat sy soos haar
ma gaan word. (1)
5.7 Hendrik probeer om vir Emma aan hom afsmeer (aan hom verkoop). (1)
5.8 B Hy het moeilikheid gesoek. (1)
5.9 Hy het niks daarvan geweet nie. Niemand het hom iets van die trein laat
weet nie en dit is sy stasie. (2)
5.10 Emma is sy dogter en ʼn pa het die reg om oor sy dogter bekommerd te
wees. Geen man (Bertie) het die reg om aan ʼn vrou te vat sonder haar
toestemming nie.
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)
5.11 JA – Hy bring dikwels plate waarna hulle kan luister.
Hy help Hendrik met sy kar.
Hy hou van Hendrik se geselskap.
OF
NEE – Hy gebruik dit slegs as rede om vir Emma te sien. (1)
5.12 Die nar/Hy is die nar van die sirkustrein. (1)
5.13 Willem (1)
5.14 Manuel (die nar) het vir Willem genooi om die olifant te lei. (1)
5.15 Hendrik wou Willem gedurig dwing om te praat.
Hendrik het gedurig geraas en baklei.
Manuel het met Willem gespeel.
Manuel het vir Willem aanvaar soos hy is.
(Daar moet ʼn vergelyking wees – 2 punte of nul.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13
5.16 Manuel, die nar was sy vriend en hy was hartseer omdat hy weg is
sonder om hom te groet. (1)
5.17 5.17.1 koringland
5.17.2 blou
5.17.3 narrepak (3)
5.18 5.18.1 C Willem wil weet of dit sonde is om jou gesig te verf.
5.18.2 D Die dorpenaars gaan soek vir Manuel by die McDonalds.
5.18.3 A Manuel hardloop uit die kerk, want hy weet daar is
moeilikheid aan die kom.
5.18.4 F Jan Mol en ʼn paar knape gooi klippe daarna. (4)
5.19 Net nadat gerugte van satanisme en duiwelsaanbidding oor die
McDonalds op die dorp versprei is. (1)
5.20 Sy plig is om hulle in te lig oor dit wat volgens Christelike geloof en
beginsels reg en verkeerd is.
(Of enige gepaste plig wat geassosieer word met die werk van ʼn dominee
wat hierby aansluit.) (1)
5.21 Gefrustreerd/geïrriteerd met die dominee. (1)
5.22 veroordelend (1)
5.23 JA – Die predikant voel dieselfde omdat hy sê dat die nar satanisties
is.
(Of soortgelyk)
OF
NEE – Geen mens het die reg om enigeen te skiet nie.
Elkeen is verantwoordelik vir sy eie dade.
Die dominee is nie verantwoordelik vir jou dade nie.
(Of soortgelyk) (1)
5.24 Hy het die McDonald gesin weer bymekaar gebring en hulle kon weer met
mekaar kommunikeer.
(ENIGE IETS OF SOORTGELYK) (1)
5.25 Jan Mol is ʼn bakleierige soort mens.
Hy wou graag die predikant beïndruk.
Hy wou die mans saam met hom beïndruk. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
5.26 Ek sou by die McDonalds gebly het, want hulle is gelukkig.
Die McDonalds sorg goed vir my.
Ek sou ook weggegaan het, want ek is lief vir die sirkus.
Die sirkus is al lewe wat ek ken.
Ek verdien geld by die sirkus en ek sou nie geld by die McDonalds
verdien het nie. (Enige TWEE) (2)
5.27 Sodat Willem hom nie moet vergeet nie.
Dat Willem moet onthou dis beter om te lag as om te huil.
Willem het begin om dit te bespeel en nou kan hy aanhou om daarop te
speel. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15
AFDELING C: KORTVERHAAL
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
BENEDICTA – Margaret Bakkes
6.1 6.1.1 Sy wou toilet toe gaan. (1)
6.1.2 Onwaar, sy kon haar emosies nie langer beheer nie.
Sy wou huil, maar wou nie voor haar seun huil nie.
(Of soortgelyk.) (2)
6.1.3 Benedicta (1)
6.1.4 Sy het al ervaar hoe dit is om ʼn kind aan die dood af te staan.
Sy luister na die spreker.
Sy sit haar arm om die spreker.
Sy bied haar ʼn sigaret aan. Sy bied haar Wodka (ʼn drankie) aan.
Sy sê sy sal vir haar bid.
(Enige een vir die tweede punt.) (2)
6.1.5 A Eerstepersoonsverteller (1)
6.1.6 6.1.6.1 C Hannes
6.1.6.2 E Francois
6.1.6.3 D Christiaan
6.1.6.4 A Phillios (4)
6.1.7 Sy het gesê dat sy ook al ʼn kind verloor het en dat sy vir die
spreker sal bid. (2)
6.1.8 Ja, Benedicta was vir die verteller ʼn seën; deur haar het die
verteller hoop gekry/Benedicta het deur haar aksies ʼn ommekeer in
die verteller se gemoed teweeggebring. (Enige EEN) (2)
6.1.9 Sy het moontlik kinders wat sy moet versorg.
Sy werk dalk en het moontlik nie verlof nie.
Sy moet moontlik sorg dat alles by die huis reg verloop.
Daar is moontlik nie plek vir haar nie (veral as die ouers moet
agterbly). (Enige TWEE) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
6.1.10 JA – Ons moet altyd daar wees vir ander.
Ons moet van die grense rondom ons vergeet.
As Christene moet ons daar wees vir mekaar.
OF
NEE – As ek hartseer is, wil ek alleen gelaat word.
Elkeen moet vir hom- of haarself sorg.
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)
[18]
EN
ASTRA CASTRA – Dot Serfontein
6.2 6.2.1 Honderd meter ope (1)
6.2.2 Hanna Dewalt (1)
6.2.3 6.2.3.1 atletiekafrigter (1)
6.2.3.2 druk (1)
6.2.3.3 presteer (1)
6.2.4 “sy koue blou oё” (1)
6.2.5 A bang (1)
6.2.6 Sy moet na ʼn filmopname van haar vorige wedloop kyk.
Eben Bester (haar afrigter) is totaal teen sosiale geleenthede
gekant.
Eben Bester hou nie van geleenthede wat seuns insluit nie.
Eben Bester wil hê Ettie moet net op haar atletiek konsentreer.
(ENIGE TWEE OF SOORTGELYK.) (2)
6.2.7 Hy reël dat sy in die skoolhoof se huis gaan bly.
Sy kry spesiale kos.
Sy kan saans voor die warm kaggel studeer.
Sy kry Eben Bester se volle aandag.
Eben Bester tree as haar persoonlike afrigter op.
(Enige TWEE) (2)
6.2.8 JA – Hy het haar potensiaal (talent) raakgesien.
Hy het gesien dat sy ʼn wenner is.
OF
NEE – Hy het as atleet misluk en wil nou deur middel van Ettie
die roem bereik.
Hy sien in Ettie nou sy kans om sy droom te verwesenlik.
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17
6.2.9 Deur vir Ettie te help, kan hy sy eie onvervulde ideaal verwesenlik. (1)
6.2.10 JA – Sy huil, want dis ʼn teken van opgekropte spanning.
Sy huil moontlik omdat sy verloor het.
OF
NEE – Haar voet het geswik wat ʼn teken is dat sy nie op haar
voet kan trap nie.
ʼn Blaas wat stukkend gaan, is gewoonlik baie seer. (2)
6.2.11 WAAR Want daar sal nou baie minder druk op haar wees/die
kampioenskappe is verby/sy kon nou ontspan.
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK)
OF
ONWAAR Sy het verloor en moet nog hoor wat Eben Bester
verder beplan. (1)
6.2.12 JA– Hulle doen dit om hulle aan te moedig.
Hulle help met die regte oefenprogramme.
Hulle help hulle om die regte kos te eet.
Die kind is nooit alleen nie.
OF
NEE – Die deelnemers verloor hul identiteit.
Deelnemers verloor so hul kindwees.
Ouers en onderwysers wil deur die deelnemers roem
verwerf.
(OF SOORTGELYK) (1)
[17]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING D: GEDIGTE
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG 7.1: Stad in die mis
7.1 7.1.1 gespanne (1)
7.1.2 Hy word deur ʼn gevaarlike dier bedreig, maar hy weet nie presies
waar die dier is nie. (1)
7.1.3 personifikasie (1)
7.1.4 7.1.4.1 E geluide van die stad (1)
7.1.4.2 D besoedeling (1)
7.1.4.3 A oop gebiede tussen geboue (1)
7.1.4.4 B dakke (1)
7.1.5 gespanne of spanningsvol (1)
7.1.6 die digte mis (1)
7.1.7 Die wit duisternis word metafories gebruik vir die mis in die stad/
die wit duisternis sinspeel op die mis in die stad. (1)
7.1.8 oksimoron/teenstelling (1)
7.1.9 Dit beteken iets is verborge of onseker/Dat jy iets nie verstaan
nie/iets onbekend is. (Enige EEN) (1)
7.1.10 Die dier loop nie gemaklik nie omdat hy so groot is./Die dier
waggel omdat hy groot is./Die dier loop swaar omdat hy groot is. (1)
7.1.11 B iemand wat in die stad woon. (1)
7.1.12 Die oorweë wat oor paaie gebou is/die pilare van groot
geboue/groot winkelsentrums. (1)
7.1.13 vrees/bangheid/angstigheid/spanning
(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)
7.1.14 Die moderne stad is ʼn bedreiging vir die mens.
Die stad hou gevare vir die mens in.
Die mens word ʼn gevangene van die stad.
Die nietige mens is weerloos teen die meganiese sielloosheid
van die stad. (Enige EEN) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19
7.1.15 Hy moet die stad leer ken.
Moenie alleen rondloop nie.
Moet weet waar die gevaarlike plekke is. (1)
[18]
EN
VRAAG 7.2: Things that go bump in the night – Rosa Keet
7.2 7.2.1 Die “jy” laat hom/haar alleen by die huis. (1)
7.2.2 “harder klink” (Moet twee woorde wees.) (1)
7.2.3 minder en harder (2)
7.2.4 bang (1)
7.2.5 D assonansie (1)
7.2.6 Die twee woorde word beklemtoon. Omdat rymwoorde se klanke
herhaal word, kry die woorde altyd meer klem. (1)
7.2.7 Dit gee die idee dat sy sonder ophou in die huis ronddwaal. (1)
7.2.8 metafoor (1)
7.2.9 kis/doodskis/die dood (1)
7.2.10 Sy sleep haar vlees soos ʼn swaar kis agter haar aan – ʼn doodskis
of ʼn swaar kis word geïmpliseer – albei dinge is moeilik om te
hanteer. Dit is hartseer of harde fisiese werk. (2)
7.2.11 Die titel is ʼn intertekstuele verwysing na ʼn tradisionele (Skotse)
gebed, waarin God gevra word om iemand teen bangmaakgoed
te beskerm. (2)
7.2.12 In plaas van minder geluide te hoor, word die geluide harder en
hoor sy selfs voetstappe op die trap. (2)
7.2.13 JA – Dit handel oor die irrasionele vrese van enige mens wat
bang is.
OF
NEE – Dis sommer laf/Onnodige vrees
(Of soortgelyk) (1)
[17]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper