Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 70
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 41 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)




%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 41
- File size
- 942.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 41
This exam
NSC June Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.
5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos 35 5
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 13
4. Lien se Lankstaanskoene 35 17
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama 35 21
6. Paljas 35 25
7. Fiela se kind – Die Drama 35 29
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Two-step in die Moederstad" 17 34
EN
8.2 " 'n Hulpelose Samaritaan" 18 36
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 " Die heks van Hexrivier" 17 38
EN
9.2 " Hanswors" 18 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 9 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
Sy is soos 'n dier toe sy die geld van die tafel af gryp en tot by haar oë bring om te
probeer uitmaak wat dit is. "Hoeveel is dit?" vra sy en kyk verskrik op.
"Genoeg vir bontgoed en koffie en skoene en 'n paar ander goed wat jy nodig mag
hê."
"God sal jou seën, Saul Barnard!" En die ongeloof staan soos angs in haar oë. 5
Op die onderpunt van Groot Eiland, waar sy ma en Sara en sy pa begrawe lê, gaan
staan hy 'n oomblik stil. Oor sy pa bult die aarde nog effens en hy kan die plek uitken;
oor sy ma en Sara het die onderbos oorgeneem. Waar hulle naasteby moet lê, is die
onderbos uitgekap en daar lê die vars graf van Jozef se kind. 'n Handvol varklelies
hang verlep in 'n verroeste blik. 10
Kort voor halfdag is hy terug op Oupoot se spoor en sukkel hy met 'n skuldgevoel
wat al dieper in hom invreet. 'n Skuldgevoel teenoor al die Sannas van die Bos, al die
Jozefs, die Anneriese en die Maskas. Skuldgevoel waaroor?! skree dit hom later tot
besinning. Hulle het hom as verraaier in hierdie bos besweer, soos hulle Oupoot as
moordenaar besweer het! Saul Barnard skuld niemand nie en niemand skuld hom nie! 15
Waarom het hy dan teruggekom Bos toe?
1.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.4) neer.
Saul Barnard is op sewe Januarie 1860 onder 'n wit-els boom gebore. Op die
ouderdom van vyf het hy geleer dat 'n mens nie van olifante praat nie, maar
van (1.1.1) ... anders dink die olifant jy roep hom en kom trap jou. Toe hy
(1.1.2) ... jaar oud was, het baie dinge in Saul se lewe gebeur. Hy het
uitgevind dat 'n bloubokkie se (1.1.3) ... nie in sy kop sit soos die Bosmense
geglo het nie. Saul het ook vir die eerste keer op (1.1.4) ... gekom waar hy
MacDonald ontmoet het. (4)
1.2 Die Bosmense soos Sanna het nie geld geken nie. (Reël 1 en 2)
Waarom het Joram Barnard ook nooit geld gekry as hy die hout by
MacDonald afgelaai het nie? (1)
1.3 "God sal jou seën, Saul Barnard!" (Reël 5)
Sanna was reg toe sy gesê het dat God vir Saul in die toekoms sal seën.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.4 Baie karakters in die roman het 'n invloed op Saul se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakters in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Harrison A ... het Saul leer meubels maak.
1.4.2 Kate B ... het Saul as tiener al daarvan bewus
gemaak dat die Bos deur oorbenutting
1.4.3 Abraham Steyn vernietig kan word.
1.4.4 Maska C ... het vrede gemaak met Saul na
Arend se dood sodat Saul 'n vriend in
die bos kon hê.
D ... het Saul Engels leer lees en praat.
E ... het geglo dat Oupoot nooit vir Saul
sou uitgekies het as hy 'n verraaier
was nie.
(4 x 1) (4)
1.5 Jozef het net soos die Bosmense geglo Oupoot was verantwoordelik vir
Jorampie se dood.
Watter gevolg sou dit vir Saul gehad het as Jozef dit nie geglo het nie? (1)
1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer.
Saul se keuse om agter Oupoot aan te gaan, was moeilik omdat hy reeds 'n
ander toekoms vir homself gesien het, maar ...
A hy kon nie dat iemand anders vir Oupoot skiet nie.
B Maska het hom gesmeek om met die Bosmense te kom praat.
C hy wou sy medelye aan sy broer oordra.
D daar was iets wat hy vir Terblans wou sê. (1)
1.7 "En die ongeloof staan soos angs in haar oë." (Reël 5)
1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie reël is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1)
1.7.2 Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1)
1.8 In reëls 6 tot 10 word die grafte van Saul se familie beskryf.
Waarom pas die beskrywing by die manier hoe die Bosmense geleef het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.9 Lees reëls 11 tot 14.
1.9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
"Hulle het hom as verraaier in hierdie bos besweer, soos hulle
Oupoot as moordenaar besweer het!" (Reël 14 en 15)
In hierdie reëls ervaar Saul (vrede met/woede oor) die Bos en sy
mense. (1)
1.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1. (1)
1.10 Saul het op hierdie stadium gevoel dat hy niemand iets skuld nie. (Reël 15)
Watter voorbeeld stel Saul tog aan die einde van die roman hieroor? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
"Ek verstaan jou nie, Saul! Hoeveel Sondae het ek jou agter die skuur gekry met
verlange na die Bos deur jou hele lyf en kwaad in jou mond teen dié wat in hom woon?
Die een oomblik het jy gesweer jy sal nooit weer jou voete in hom sit nie en die
volgende oomblik het jy jou goed gevat en teruggekom. Jy het baie verander, Saul,
maar nie in daardie opsig nie – jy hoort in die Bos. By die Bos." 5
Hy het weer langs haar gaan sit. "Nee, Kate. Daar is dinge wat 'n mens vinnig met
jouself uitmaak, ander vat jare. Die tyd toe ek en 'n klompie ander delwers alleen hier
gedelf het, was goeie jare. Ek kon my wil op hulle afdwing om dooihout vir hulle vure te
kap, hulle die verskil tussen die bosbokram en 'n ooi leer en bloubokkies verbode
verklaar. Eintlik het ek my verbeel ek is selfaangestelde wagter oor die Bos en my 10
daarin verlustig. Nou is dinge te anders; die eintlike stormloop lê nou eers voor. Nee,
Kate, ek het dit uitgemaak oor die Bos. Ek loop."
"Jy hardloop weg, Saul Barnard!" het sy hom reguit beskuldig.
"Jy sal my nie só kierang nie. Die Bos is uitgelewer aan die genade van die mens,
en die mens, my liewe Kate, is die mees genadelose wese op aarde." 15
1.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Saul het jare lank goud gedelf.
Saul het Patterson Bos toe geneem.
MacDonald het vir Kate weggestuur Kaap toe.
Arend het gesterf nadat hy in ʹn perdeskoen getrap het. (4)
1.12 Lees die uittreksel.
1.12.1 Waar vind die gesprek tussen Saul en Kate plaas? (1)
1.12.2 Na watter tyd in Saul se lewe verwys Kate as sy van die Sondae
agter die skuur praat? (Reël 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer.
Saul kon die delwers dwing om dooihout vir hul vure te kap en bloubokkies
verbode te verklaar. (Reël 8 tot 10)
Hierdie optrede van Saul sluit aan by die universele tema van natuurbewaring
omdat ... .
A Saul sy wil op die delwers kon afdwing.
B die delwers geleer het om nie skade in die Bos aan te rig nie.
C Saul hom verbeel het hy is 'n selfaangestelde wagter oor die Bos.
D die delwers die verskil tussen die bosbokram en die ooi geleer ken het. (1)
1.14 "... ek het dit uitgemaak ..." (Reël 12)
Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde. (1)
1.15 Hoe slaag die skrywer in hierdie uitreksel daarin om vir jou te wys dat Kate vir
Saul beter geken het as wat hy homself geken het? (1)
1.16 " 'Jy hardloop weg, Saul Barnard!' het sy hom reguit beskuldig." (Reël 13)
1.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde van Kate is beskuldigend, maar daar is na al die
jare 'n gevoel van (vriendskap/vyandskap) tussen Saul en Kate. (1)
1.16.2 Motiveer jou anwoord op VRAAG 1.16.1. (1)
1.17 Kate het anders oor die Bos begin dink nadat sy as volwassene in die Bos
gebly het.
Verduidelik hoe haar idee van die Bos nóú verskil van toe sy die eerste keer
met Saul oor die Bos gepraat het. (2)
1.18 Saul en Kate se tyd alleen in die Bos het die afskeid net moeiliker gemaak.
Wat sou jy anders gedoen het as jy Saul was? (1)
1.19 Saul is die hoofkarakter in die roman.
1.19.1 Verduidelik waarom jy kan sê dat Saul 'n goeie kinderlewe in die
Bos gehad het. (1)
1.19.2 Nadat Saul se pa hom weggejaag het, het Saul 'n baie moeilike tyd
beleef.
Verduidelik hoe hierdie situasie bygedra het tot Saul se sukses. (1)
1.20 Watter les oor jou planne vir die toekoms kan jy by Saul leer? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
''Mana. Ekʹs só bly Beyers het jou ontmoet. Ek het hom nog nóóit so gelukkig sien lyk
nie.''
Ek het hom nog nooit so ongemaklik sien lyk nie. Of so oud nie, moet ek erken. Hy's
waarskynlik nie veel ouer as hierdie stralende blonde koningin nie, maar langs haar lyk
hy skielik soos iemand se oupa. 5
''Tibo?" sê die koningin. ''Hmm, wat het ons hier? Nog 'n toekomstige hartebreker?''
''Ek wil in Amerika gaan woon,'' bieg Tibo dadelik. ''Ek wil 'n regisseur of 'n
kameraman of so iets word. Ken jy enige beroemde rolprentsterre?''
''O, almal van hulle,'' lag die koningin, so 'n tinkelende kristallaggie, en draai na my.
Ek wonder wat sy vir my gaan sê. Dis duidelik dat ek nie 'n hartebreker is nie. 10
''Ek moet erken ek was nogal senuweeagtig om jou te ontmoet,'' sê sy terwyl haar
wang vlugtig teen myne skuur. ''Ek hoor jy’s vrééslik slim.''
''Waar hoor jy dit?'' vra ek. So oorbluf dat ek seker onbeskof klink.
''Yann sê jy’s die brein in die familie.''
"Dis nie wat ek gesê het nie,'' sê Yann dadelik. ''Ek het gesê sy verbéél haar sy's die 15
brein in die familie."
My stiefbroer het sy verleentheid afgeskud; hy's weer sy gewone smalende self.
''As ek na die breins om my kyk,'' sê ek sugtend, ''is dit nie juis 'n prestasie nie.''
2.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.4) neer.
Mana het vreemde idees oor die lewe gehad. Sy wou 'n kind hê, maar nie 'n
man nie. Mana het met (2.1.1) ... haar gay woonstelmaat getrou en Hanna is
gebore. Volgens Mana was Hanna se eerste woord (2.1.2) ... 'n Klompie jare
later wou sy nog 'n kind hê en steeds nie 'n man nie. Sy het besluit om Tibo te
hê. Hy was 'n (2.1.3) ... en daarom het Hanna gesê hy was vervaardig. Hanna
vier nou al haar (2.1.4) ... verjaarsdag en haar ma is nou getroud met Beyers
wat twee seuns gehad het. (4)
2.2 Waarom was Hanna só bly dat haar ma, Mana, met Beyers getrou het? (1)
2.3 Lees die uittreksel.
2.3.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1)
2.3.2 Wie is die "blonde koningin"? (Reël 4) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer.
Hanna ervaar innerlike konflik as sy hoor van die tweede koningin se kuier
omdat sy ...
A bang was dat die kuier vir Mana gaan ontstel.
B nog net gehoor het wat 'n moeilike mens sy kan wees.
C bekommerd was oor die koningin se gevoelens vir Beyers.
D bang was dat sy dalk meer van haar as van Mana gaan hou. (1)
2.5 "maar langs haar lyk hy skielik soos iemand se oupa." (Reël 4 en 5)
2.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie reël is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1)
2.5.2 Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1)
2.6 Baie karakters in die roman het 'n invloed op Hanna se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.6.1 Mana A ... het haar aangemoedig om haar
skryftalent uit te leef.
2.6.2 Sharon
B ... het haar geliefd laat voel deur haar
2.6.3 Fabienne 'n fabulous creature te noem.
2.6.4 Juffrou Liebenberg C ... het haar die waarde van groot
gesinne laat raaksien.
D ... het haar nie in tradisionele rolle
ingedwing nie.
E ... het haar die geleentheid gegee om
uit haar daaglikse lewe te ontsnap.
(4 x 1) (4)
2.7 "Nog 'n toekomstige hartebreker?" (Reël 6)
Die koningin het gedink dat Tibo en Amos die hartebrekers van die gesin was.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.8 Lees reël 17.
2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hanna se woorde sê vir ons dat sy (sarkasties/opgewonde) reageer
op die koningin se opmerking. (1)
2.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.8.1. (1)
2.9 Mana het almal wat wou kom kuier, verwelkom.
Watter voorbeeld stel Mana vir jou hiermee? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
... My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit weer die
knoop loskry nie.
''Ons wil haar 'n naam gee wat iets met water te doen het,'' kondig Mana die volgende
oggend aan terwyl ons in 'n koerende kring om haar bed saamdrom. ''Om die
omstandighede van haar geboorte te onthou.'' 5
''Asof ons dit ooit sal vergeet,'' grynslag Beyers. ''Elke keer as ek dink aan alles wat
kon skeef geloop het ...''
''Dit het nie skeef geloop nie, Bey.'' Mana glimlag trots vir haar kring bewonderaars.
Ons is almal daar, behalwe Yann en Sharon wat kamma gaan kyk het of die water al
gesak het. ''Ek voel piekfyn. En die baba – wel, kyk net na haar!'' 10
Die baba suig met toe oë en 'n salige uitdrukking aan haar ma se bors. Sy is
toegedraai in 'n rooi T-hemp van Tibo en sy dra 'n doek wat Margot uit 'n pers waslap
geprakseer het.
''Dis die bontste baba wat ek nog ooit gesien het,'' giggel Amos wat saam met Tibo op
die voetenent van die bed geklouter het. 15
''Wel, die baba se ma is nie juis 'n vaal voëltjie nie,'' sê Beyers.
Hoewel ek moet erken dat my ma vanoggend die naaste aan vaal lyk wat ek haar nog
ooit gesien het.
2.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Die eerste koningin het gaan werk as 'n gaskunstenaar in 'n TV-reeks in
Johannesburg.
Die tweede koningin het 'n modderige aankoms op die berg gehad.
Gavin het 'n diskodans op die kombuistafel uitgevoer.
Die gesin het 'n spesiale ete vir Hanna se verjaarsdag voorberei. (4)
2.11 "My sussie is skaars 'n paar minute oud en ek is klaar seker ek gaan nóóit
weer die knoop loskry nie." (Reël 1 en 2)
Verduidelik die figuurlike betekenis van die vetgedrukte woorde. (1)
2.12 Die koningin het Mana baie mooi gehelp tydens Ditjie se geboorte.
Wat het die gesin nóú van haar gedink? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.13 Mana het besluit om die baba 'n naam te gee wat iets met water te make het.
Waarom kan ons sê dat hierdie besluit gepas is as ons dink aan Mana se
karakter? (1)
2.14 "Ons is almal daar, behalwe Yann en Sharon wat kamma gaan kyk het of die
water al gesak het." (Reël 9 en 10)
Wat sou jy anders gedoen het as jy Yann was? (1)
2.15 Hoe slaag die skrywer daarin om Tibo en Amos se opgewondenheid in
hierdie uittreksel uit te beeld? (1)
2.16 Sharon se ouers was bekommerd omdat hulle vir lank nie van haar gehoor
het nie.
2.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Sharon se ouers se bekommernis het 'n (positiewe/negatiewe)
impak op Hanna se gesin gehad. (1)
2.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.16.1. (1)
2.17 Volgens Hanna het Mana die vaalste gelyk wat sy haar nog ooit gesien het.
Verduidelik watter verskil daar hier in Mana se voorkoms was teenoor hoe sy
gewoonlik gelyk het. (2)
2.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.18) neer.
Die samekoms van die gesin in Mana se kamer spreek die tema van ... direk
aan.
A familiebande
B aanvaarding
C vooroordeel
D verdraagsaamheid (1)
2.19 Hanna is die hoofkarakter in die roman.
2.19.1 Aan die begin van die roman leer ons Hanna ken as 'n kind wat
ongelukkig was met haar uitgebreide gesin.
Hoe het haar opinie van haar uitgebreide gesin aan die einde van
die roman verander? (1)
2.19.2 Hanna wou nie saam met haar gesin op die berg gaan wittebrood
hou nie.
Verduidelik hoe hierdie ervaring 'n goeie ding vir Hanna se
skryfwerk was. (1)
2.20 Wat leer jy by Hanna se gesin oor die hantering van moeilike situasies in jou
lewe? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
Sy maak haar oë skielik oop en 'n vaag bekende reuk laat haar regop sit. Nog
voordat sy weet wat dit is, voel sy hoedat die paniek elke senuwee snaarstyf laat span.
Iets brand!
Sy klim uit die bad en trek die japon bewend oor haar nat lyf aan en pluk die deur
oop. Rook bondel die badkamer binne. Sy kom in die kombuis waar vlamme uit die 5
houtbalie en oor die vloer en oor die kombuiskas lek. Sy staar verbouereerd na die
vuur.
"Ronnie ... Ronnieeee!" Haar stem sit vas in haar keel. Sy hoes van die rook.
Sy hardloop uit. Sy voel haar kaal voete oor die klipperige koue werf.
Sy pluk Jacob se agterdeur hardhandig oop. Hy staan voor haar en sy hoor haar eie 10
stem histeries gil: "Ronnieee! Ek kan nie vir Ronnie kry nie! Ag Here, dit brand ... help
hom! Dit brand!"
Hy kom nader en skud haar aan die skouers.
"Vincent ..." kyk sy smekend op in sy gesig.
Dan los hy haar en storm by die agterdeur uit. Sy bly bewend staan. 15
In die rook was 'n man. Hy het sy arm teen sy gesig gehou. Daar was 'n tatoeëermerk
op sy arm. Dit was die merk van 'n anker waardeur 'n slang kronkel. Sy hare was lank
en blond en daar was 'n rooi band om sy voorkop.
3.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.4) neer.
Nadat Camilla Calvin uit die Silkwood-kliniek ontslaan is, het prof. Van Keulen
gereël dat sy (3.1.1) ... oor kusvoëls op 'n guano-eiland naby die dorp
(3.1.2) ... gaan doen. Camilla het haar tweede naam en nooiensvan op die
aansoekvorms gebruik en was nou Ryna Van Rensburg. Op hierdie dorp het
(3.1.3) ... haar by die stasie gaan oplaai. Ryna sou eers by hom en sy vrou
oorbly voordat sy vir (3.1.4) ... jaar op Meeuland sou gaan woon. (4)
3.2 Lees reël 1 en 2.
Waarom het die "vaag bekende reuk" (reël 1) vir Ryna paniekerig gemaak? (1)
3.3 Lees reëls 1 tot 3.
Watter gevolg het hierdie brand op Jacob en Ryna se verhouding gehad? (1)
3.4 Lees reëls 9 tot 13.
3.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (realisties/onrealisties) van Ryna om te dink dat sy na
Meeuland gekom het om nie meer pyn te ervaar nie. (1)
3.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.4.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.5 Lees reël 11 en 12.
Daar het 'n brand in Ryna se huis op Meeuland uitgebreek.
Hoe het hierdie brand verskil van die ander brand waaraan sy gedink het? (2)
3.6 Baie karakters in die roman het 'n invloed op Ryna se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.6.1 tot 3.6.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
3.6.1 Jannerik A ... het vir Ryna aangemoedig om terug
te gaan Silkwood-kliniek toe.
3.6.2 Attie
B ... het vir Ryna gehelp om haar blyplek
3.6.3 Jacob op Meeuland reg te maak.
3.6.4 Fred C ... het belowe om saam met Ryna en
nog 'n ander persoon die geheim oor
wie Janka se pa is te bewaar.
D ... was verlief op Ryna, maar het haar
nie gedwing om sy liefde te aanvaar
nie.
E ... het saam met Ryna Janka se
terapiesessie bygewoon.
(4 x 1) (4)
3.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.
Ryna het die oomblik toe sy die rook geruik het, tot aksie oorgegaan.
Hierdie gebeure spreek die universele tema van ... aan.
A verlange en eensaamheid
B brande vernietig huishoudings
C geheime wat jou gevange hou
D die instink om jou geliefdes te beskerm (1)
3.8 In hierdie uittreksel verbeel Ryna haar dat sy terug is in haar brandende huis
voordat sy Silkwood-kliniek toe is.
Waarom pas hierdie beskrywing by iemand wat trauma beleef het? (1)
3.9 "In die rook was 'n man." (Reël 16)
3.9.1 In watter brandende huis het Ryna die man gesien? (1)
3.9.2 Na wie verwys die "man" waarvan Ryna hier praat? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
"Oor julle al vantevore saamgelieg en saamgesmokkel het!"
Reggie voel hy moet vir sy broer intree: "Vetlandfrik, ant Ousanna! Dis nou wragtag
'n wille ding om te sê."
Maar hy bring nie Ousanna van stryk af nie. "Ek praat van die slag toe ou Langhans
gevang is. Jy weet dit so goed as ek, Reginald." 5
Daar volg 'n stilte. Die sersant kyk van Billy na Reggie na Ousanna en weet nie wie
om te glo nie.
"Miskien weet Bonthuys iets," sê Reggie senuagtig.
"Bonthuys is klaar in die Kaap in met sy skyd," weet Billy.
Ousanna se kierie val op die vloer met 'n slag, sodat almal skrik en omkyk. Sy steek 10
haar hande uit en haar blinde oë staar heldersiende in die niet. "Daar lê swart puine
agter Schalkie! Die vlamme wil hom verswelg ... hy wil weg ... maar hy kan nie ... hy is
gebrandmerk met die doodsteken. Julle ... julle moet dit vir Hermanus gaan sê."
Sersant Beukes kyk haar aan asof hy al klaar besluit het dat sy geen betroubare
getuie is nie. Billy roep hom eenkant en praat sag, oortuigend: "Die ou vrou is nie reg 15
by die kop nie, sarge. Trust my, ek sal laat weet as ek iets van Skalla hoor."
Maar Ousanna het blykbaar elke woord gehoor en sy roep uit haar stoel: "Pasop vir
die swart gety, Billy!"
3.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Ryna gaan woon by Doreen Bindeman-hulle.
Janka wag vir Kersvader en word raakgeskiet.
Elsabet vaar na Meeuland op die Shiela Song 2 en verdrink.
Ryna se boek is klaar en sy het drie maande op Meeuland oor. (4)
3.11 Lees weer reël 4 en 5.
Alhoewel Langhans alleen tronk toe is, was Ousanna reg om te beweer dat hy
nie alleen gesmokkel het nie.
Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
3.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.12) neer.
"Die sersant kyk van Billy na Reggie na Ousanna en weet nie wie om te glo
nie." (Reël 6 en 7)
Die sersant luister na almal om hom, maar hy ervaar innerlike konflik omdat
hy ...
A bang was vir die manier waarop Ousanna voor haar uitstaar.
B nie geweet het wie nou regtig die waarheid praat nie.
C ook deur Hermanus-hulle betaal word.
D ou Langhans se storie ook hanteer het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.13 Lees reëls 2 tot 8.
Reggie is in hierdie situasie besig om sy broer te probeer beskerm.
Wat sou jy anders gedoen het as jy Reggie was? (1)
3.14 Lees reëls 10 tot 13.
3.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie voorspelling van ant Ousanna het 'n gevoel van
(bewondering/onheil) geskep. (1)
3.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.14.1 deur na een van ant
Ousanna se vorige voorspellings te verwys. (1)
3.15 Ousanna se blinde oë staar soos dié van iemand wat helder kan sien.
(Reël 11)
3.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die skrywer gebruik 'n (metafoor/vergelyking) om ant Ousanna se
visioen te beklemtoon. (1)
3.15.2 Wat beteken dit binne konteks van hierdie uittreksel? (1)
3.16 "Daar lê swart puine agter Schalkie! Die vlamme wil hom verswelg ... "
(Reël 11 en 12)
Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde. (1)
3.17 "Julle ... julle moet dit vir Hermanus gaan sê." (Reël 13)
Hoe slaag die skrywer daarin om jou jammer te laat voel vir Ousanna as sy
hier praat? (1)
3.18 Lees reël 15 en 16.
Waarom, dink jy, is die uitbeelding van Billy hier gepas as jy dink aan die rol
wat hy in hierdie roman speel? (1)
3.19 Ryna is die hoofkarakter in hierdie roman.
3.19.1 Jannerik het vir Ryna die CB-naam, Mamma-Meeu, gegee.
Hoe was Ryna 'n tipiese Mamma-Meeu op Meeuland? (1)
3.19.2 Ryna het Meeuland toe gegaan om weg te kom van die tragedie
en pyn in haar verlede.
Waarom kan jy sê dat Ryna se koms na Meeuland aan die einde
vir haar goed was? (1)
3.20 Watter les kan jy by Ryna leer hoe om ander mense in moeilike
omstandighede te ondersteun? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
... Lien Jooste, dis nou jy, sê sy vir haarself. Dinge gaan nooit weer dieselfde wees
nie.
Sy sluit haar weer in 'n hokkie toe en begin die munte in die rooi sportsak bymekaar-
maak. Sy sal nie kan wag tot sy by die huis gekom het nie. Dis amper R150, baie geld
vir een middag se hel. Sy sal kan begin spaar. 5
Nadat die bus haar voor hulle sentrum afgelaai het, stap sy stadig huis toe. Mense en
karre ry by haar verby. Die ergste is oor. Dis nou Sewende Laan en macaroni en kaas.
Vir Lien Jooste is dit haar ma en haar broer en Lewenswetenskappe-huiswerk (en
moontlik Brahms) en dalk iets wat tannie Bets oorgestuur het.
In Pep se venster sien sy die skoene. Dis swart en plat en sonder frilletjies en 10
valletjies. Dit lyk sag en gemaklik en dit kos net R38,99. Lien kyk 'n rukkie na die
skoene. 'n Vrou is besig om die deur toe te maak.
"Ek wil asseblief skoene koop," sê sy vir die vrou, wat lyk asof sy 'n lang dag gehad
het.
"We are closing." 15
"Ek sal baie gou maak."
Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop.
"Those in number six." Sy wys na die paar swart skoene in die venster. Die vrou lig
die skoene op en stap agtertoe.
4.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.4) neer.
As gevolg van Lien se omstandighede, het sy besluit om in haar graad
(4.1.1) ...-jaar oorkant 'n besige winkelsentrum te begin bedel. Sy wou van
haar geld spaar om (4.1.2) ... te gaan. By die verkeerslig waar Lien gebedel
het, het sy die eerste dag vir Roos en (4.1.3) ... ontmoet. Roos het vir Lien
gesê dat mense nie sal dink sy is arm nie, want haar plakkaat is te (4.1.4) ... (4)
4.2 Waarom kan ons sê dat Lien se pa die grootste rede is dat sy moes begin
bedel? (1)
4.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (4.3) neer.
"Dis amper R150, baie geld vir een middag se hel." (Reël 4 en 5)
Lien se eerste dag was hel. Sy het innerlike konflik ervaar, want dit was nie
lekker om te bedel nie, maar ...
A sy het baie nuwe mense leer ken.
B dit was 'n kans vir haar om toneel te speel.
C dit was 'n verskoning om nie huiswerk te doen nie.
D sy kon die geld kry wat sy vir die gesin nodig gehad het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.4 "Vir Lien Jooste is dit haar ma en haar broer en ..." (Reël 8)
Hoe het Lien se ma daartoe bygedra dat Lien se lewe by die huis ook "hel"
was? (1)
4.5 Baie karakters in die roman het 'n invloed op Lien se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.5.1 Juffrou Breytenbach A ... het vir Lien uitgewys dat daar
verskillende maniere is om geld te
4.5.2 Wouter verdien.
4.5.3 Kuifie B ... het die inisiatief geneem om 'n mooi
vriendskap met Lien te begin.
4.5.4 Miemie
C ... was van die begin af 'n ware
steunpilaar in Lien se deurmekaar
lewe.
D ... het met Lien identifiseer omdat haar
pa 'n verslaafde was.
E ... het Lien uitgedaag om meer
betrokke by die skoolaktiwiteite te
wees.
(4 x 1) (4)
4.6 In reëls 6 tot 9 dink Lien aan haar en die mense wat by haar verbyry op pad
huis toe.
Hoe dink Lien gaan die atmosfeer by hulle woonstel verskil van die atmosfeer
by die ander mense se huise? (2)
4.7 Roos het vir Lien raad gegee oor haar skoene.
4.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie raad van Roos was (waardevol/nutteloos). (1)
4.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1. (1)
4.8 Hoe slaag die skrywer daarin om die fokus in hierdie uittreksel op die skoene
te plaas? (1)
4.9 "Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop." (Reël 17)
Waarom kan jy sê dat die vrou iemand is vir wie haar werk belangrik is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.10 Lien het begin bedel om geld te verdien.
Wat sou jy anders in hierdie situasie gedoen het? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
"Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." Sy snuif.
Peroxide kyk belangstellend na die skoolseuns wat by haar verbyloop. Sy draai skoon
skeef om vir Christiaan dop te hou, wat met 'n mond vol kos vir Wian iets vertel.
Christiaan kyk belangstellend terug na waar Peroxide terterig vir hom glimlag.
Dis dalk tyd dat Roos-hulle koebaai sê, dink Lien benoud. 5
"Wil julle nie nog iets eet nie?" vra sy. Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit
haar sak en begin pak. En sy pak. Roos beduie na iets in die Tupperware-bak en
Peroxide pak terug. Dis tannie Bets se kerrietertjies, sien Lien dik van die lag. Sy stap
nader.
Lien vryf oor Roos se stywe hare. "Jy is 'n great pel." 10
Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm 'n knypie.
Sy sê niks nie, snuif en draai om. Lien dink hulle besef albei dat Lien Jooste
waarskynlik nie weer met plat skoene iewers op 'n hoek sal staan nie.
"Sien jou wanneer ek jou sien," groet Roos terwyl sy en Peroxide met die
Tupperware-bak buitetoe stap. Hulle verdwyn in die donker. Lien kan nog vaagweg die 15
pienk pakkie uitmaak. Sy staan 'n rukkie na die donker en kyk voor sy omdraai.
Haar ma staan by Kuifie en Valetjie en gesels. Haar ma lyk anders – stiller, rustiger as
vroeër die aand.
4.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Kuifie het Lien by haar bedelplek herken.
Sproet het Lien by die verkeerslig opgelaai.
Lien het by haar ma in die kliniek gaan kuier.
Lien se ma het dronk by die skool opgedaag. (4)
4.12 Dink aan die gesprek tussen Lien en Roos.
4.12.1 Waar vind hierdie gesprek plaas? (1)
4.12.2 Na wie verwys "Peroxide" in reël 2? (1)
4.13 "Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." (Reël 1)
In die Naspel van die roman word gesuggereer dat Roos reg was oor Lien se
vermoë om toneel te speel.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (4.14) neer.
"Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit haar sak en begin pak."
(Reël 6 en 7)
Hierdie optrede van Peroxide sluit aan by die universele tema van ...
A drankmisbruik.
B vooroordeel.
C armoede.
D selfsugtigheid. (1)
4.15 "Lien vryf oor Roos se stywe hare. 'Jy's 'n great pel.' " (Reël 10)
4.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie optrede van Lien wys dat sy Roos se vriendskap (waardeer
het/nie as belangrik geag het nie). (1)
4.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1. (1)
4.16 "Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë ..." (Reël 11)
4.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die vetgedrukte woorde is 'n voorbeeld van 'n
(metafoor/vergelyking). (1)
4.16.2 Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1)
4.17 "... gee Lien se arm 'n knypie. Sy sê niks nie, snuif en draai om."
(Reël 11 en 12)
Waarom pas Roos se optrede in hierdie situasie? (1)
4.18 Lien het Kuifie se vrou "Valetjie" genoem. (Reël 17)
Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie naam soos Lien dit bedoel. (1)
4.19 Lien is die hoofkarakter in die roman.
4.19.1 Aan die begin van die roman leer ons Lien ken as 'n kind wat nie 'n
goeie verhouding met haar ouers gehad het nie.
Hoe het hierdie verhouding aan die einde van die roman verander? (1)
4.19.2 Nadat Kuifie haar op straat sien bedel het, kon Lien haar situasie
verander.
Verduidelik hoe hierdie verandering 'n goeie ding vir Lien was. (1)
4.20 Wat leer jy by Lien oor die hantering van moeilike situasies in jou lewe? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
STONE (plaas sy arm om haar skouers). Toe kom die ding dat hulle nou vir ons sê,
ons moet nou gaan waarnatoe ons wil, maar ons Xhosa-mense moet net weg uit
Lambertsbaai uit.
JAKKIE. Die mense was baie ontevrede.
MOSIE (spring driftig op, loop heen en weer, beweeg na Stone en Poppie). Ek gaan 5
nie hierso weg nie. Ek het hier grootgeraak ... ek werk by die garage en ek leer by
die Union College. Bhuti Mbatane het twaalf jaar in Lambertsbaai gewerk en voor
dié tyd in Lüderitzbucht. Waarnatoe moet hy nou gaan?
POPPIE (aan Mama). En Ouma ... en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle versorg?
MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.) 10
Almal "vries". Luister na stem oor megafoon.
STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet weggaan
na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk soek.
HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. Die
poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur so 'n skop 15
na binnetoe en dan word die mêtjie getrek.
MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die huis wat
brand. (Die hele groep kyk na 'n huis wat brand.)
5.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(5.1.1 tot 5.1.4) neer.
Poppie het by haar Ouma (5.1.1) ... grootgeword. Poppie se mense is
(5.1.2) ... om uit Lambertsbaai weg te gaan. Niemand het vir hulle gesê dat
hulle in die Kaap (5.1.3) ... nodig gehad het om werk te kan kry nie. Nadat
Stone uit Lambertsbaai weg is, het hy werk by 'n (5.1.4) ... in Philippi gekry. (4)
5.2 In reël 1 praat Stone van "hulle".
Na wie verwys Stone hier? (1)
5.3 Waarom moes Poppie ook hier wegtrek? (1)
5.4 Kyk na Poppie se woorde in reël 9.
5.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Poppie se woorde sê vir ons dat sy (bekommerd/opgewonde) was
om te trek. (1)
5.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.4.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.5 Poppie het met Stone getrou.
Hoe het dit Poppie se lewe na sy dood moeiliker gemaak? Noem EEN feit. (1)
5.6 Volgens die STEM (Reël 12) was daar 'n VERSKIL tussen die mans en
vrouens in Lambertsbaai.
Verduidelik hierdie verskil. (2)
5.7 In reëls 14 tot 16 beskryf Hoedjie die huise wat gebrand het.
5.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die herhaling van "dan" in die beskrywing sê vir ons dat die
poeliesse elke keer (dieselfde stappe gevolg het/baie tyd gehad
het) om die huise af te brand. (1)
5.7.2 Watter uitwerking het die opnoem van die aksies op die leser? (1)
5.8 Baie karakters in die drama het 'n invloed op Poppie se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.8.1 Haar skoonouers A ... het Poppie laat besef hoe
magteloos sy is om haar geliefdes
5.8.2 Mrs Retief te beskerm.
5.8.3 Mrs Swanepoel B ... het Poppie gehelp om haar
kinders veilig te hou.
5.8.4 Vukile
C ... het Poppie se siening van mense
verander.
D ... het Poppie gehelp om meer geld
te verdien.
E ... het Poppie herinner aan die plan
wat God met ons almal het.
(4 x 1) (4)
5.9 Familie is vir Poppie baie belangrik.
Watter voorbeeld stel Poppie vir jou as leser hieroor? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
MOSIE. Tweede Kersdag.
HOEDJIE. Die lokasie se mense kom bymekaar.
PLANK. Die kinders en die ou manne en die jong manne. Een vir een.
JAKKIE. Hulle maak klippe bymekaar. Dis nou oorlog teen die migrants van die special
quarters. 5
PLANK. Toe kom 'n bakkie en hulle gaan laai die klippe af by die special quarters.
JAKKIE. Die migrants het wit doeke om hulle koppe, en lakens om die lyf, en kieries in
die hande.
MOSIE. En toe breek die hel los.
In ouditorium begin een trom onheilspellend; daarna ander tromme en klankeffekte 10
(geblaas op pype, geskud van krale, ens.) Bou op totdat gehoor omring is deur
aanvalsklanke. Dan: doodse stilte. Daarna: sang van skoolkinders ver agter verhoog.
Weer stilte. Tromme van migrants in ouditorium bou verder op; stilte. Sang van kinders
harder; stilte. So bou die twee groepe klanke op tot 'n klimaks. Die enigste lig op die
verhoog is kolligte wat swaai soos soekligte. Migrants storm op en baklei met kinders. 15
Die soeklig-effek skep skyn dat skares in geveg betrokke is. Op klimaks "vang" soeklig
vir Jakkie waar hy ongenadiglik met kieries toegetakel word. Hy word afgejaag.
Ligverandering.
POPPIE. Die vrouens en die kinders en die ou mense het die bosse ingevlug. Hulle het
gehoor dat die riot squad die migrants help. Daar was nie kans vir terugbaklei nie. 20
5.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Poppie en haar kinders het net voor Stone se dood Ciskei toe getrek.
Poppie het inslaapwerk gekry nadat sy uit Lambertsbaai weg is.
Poppie het Kersfees by haar kinders in Mdantsane gaan kuier.
Poppie het goeie werk in Rondebosch gekry. (4)
5.11 In watter lokasie (reël 2) speel hierdie "oorlogsituasie" af? (1)
5.12 Lees reëls 16 tot 18.
Jakkie het verdien wat hier met hom gebeur het.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
5.13 Hoe slaag die dramaturg daarin om met die toneelaanwysings 'n gespanne
atmosfeer te skep? (1)
5.14 "MOSIE. En toe breek die hel los." (Reël 9)
Verduidelik die figuurlike betekenis hiervan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.15 Waarom was dit verkeerd van die riot squads om die migrants te help? (1)
5.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (5.16) neer.
Daar was uiterlike konflik tussen die migrants en die city-borners, want die ...
A city-borners wou die sisteem verander.
B migrants is deur die sisteem bevoordeel.
C migrants was meer geleerd as die city-borners.
D city-borners wou in die special quarters gaan woon. (1)
5.17 Die dinge wat Jakkie gedoen het, het die mense om hom benadeel.
Wat sou jy anders gedoen het as jy Jakkie was? (1)
5.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (5.18) neer.
Die gevaar waarin Poppie en haar gesin verkeer het, het lank terug gebeur.
Baie mense kan vandag nog hiermee identifiseer en dit sluit aan by die tema
van ...
A mense glo dat alles van die verlede reg is.
B mense ken die geskiedenis van Suid-Afrika.
C wanneer families by mekaar bly, lei dit tot konflik.
D wanneer mense van mekaar verskil, gebruik hulle geweld. (1)
5.19 "PLANK. Die kinders en die ou manne en die jong manne. Een vir een."
(Reël 3)
5.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die kinders, jong manne en die ou manne het saamgestaan teen
die migrants. Dit het tot (tragiese/goeie) gevolge gelei. (1)
5.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.19.1. (1)
5.20 Die hoofkarakter, Poppie, het deur die drama baie verander.
5.20.1 In watter opsig het Poppie 'n goeie lewe gehad voordat sy
Lambertsbaai verlaat het? (1)
5.20.2 Hoe het die skuif uit Lambertsbaai Poppie se karakter verander? (1)
5.21 Watter les kan jy by Poppie leer oor die hantering van moeilike situasies in jou
lewe? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
KATRIEN: Hendrik, los die kind. (Hy hoor nie; of wil nie hoor nie: hy sit nog steeds en
staar.) ... Hendrik!
HENDRIK: Wat maak ek?
KATRIEN: Los hom net.
Die hele gesprek vind plaas sonder dat Katrien een keer omkyk. Maar op haar 5
gesig is iets soos pyn of dalk frustrasie.
7. Voor die agterdeur op die klipharde kaal werfie hang Katrien vadoeke aan die
wasgoeddraad.
Die passasierstrein kom verby. Sy staan tussen die vadoeke, haar hande op die
draad, en kyk hoe die kompartemente verbyflits. 10
8. Emma, miskien nog in haar nagklere, staan op die stoep en kyk.
9. Klein Willem sit in sy kamer op die vensterbank en kyk. 'n Mens weet dis sy kamer,
want die dak hang vol vliegtuigies en die mure is vol prente van motors en
rugbyspelers.
10. Katrien staan steeds buite by die wasgoeddraad en kyk hoe die laaste 15
kompartemente verbygaan. Haar oë volg die kondukteurswa. Sy staan en kyk hoe die
trein wegraak. Eers dan, ná nog 'n paar tellings, draai sy om en loop die huis in. Maar
haar kop is by die trein.
KATRIEN (roep êrens): Boetie, die trein is verby. (Kort pouse.) Jy gaan laat wees.
(Pouse.) Moenie vergeet om jou pa te groet nie. 20
Die agterdeur bars oop en Willem kom aangehardloop stasie toe.
6.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.4) neer.
Die McDonalds woon op 'n klein stasietjie waar Hendrik die (6.1.1) ... is. Die
gesin het gereeld na 'n nuwe stasie getrek omdat Hendrik nie daarvan gehou
het dat ander (6.1.2) ... aandag aan sy vrou gee nie. Al hierdie dinge het
soveel probleme in die gesin veroorsaak dat Emma nie 'n verhouding met
(6.1.3) ... wou hê nie. Nadat die nar saam met die (6.1.4) ... op Hendrik se
stasie aangekom het, het die McDonalds se lewens verander. (4)
6.2 Na wie verwys "hom" in reël 4? (1)
6.3 Waarom staar Hendrik na "hom" terwyl hulle besig is om te eet? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
6.4 Uit reëls 1 tot 6 kan ons aflei dat Katrien haar man baie goed geken het.
Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
6.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.5) neer.
"Maar op haar gesig is iets soos pyn of dalk frustrasie." (Reël 5 en 6)
Daar is konflik tussen Hendrik en Katrien in hierdie situasie omdat ...
A Katrien voel dat sy te veel werk in die huis moet doen.
B Katrien nie saam met haar gesin aan tafel eet nie.
C Hendrik te veel op Willem se probleem fokus.
D Willem laat gaan wees vir skool. (1)
6.6 In reël 7 word die McDonalds se werf as 'n "klipharde kaal werfie" beskryf.
6.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie beskrywing (is in kontras/stem ooreen) met die McDonalds
se huislike situasie. (1)
6.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.6.1. (1)
6.7 Treine speel 'n belangrike rol in hierdie drama.
Wat het die oggendtrein vir Willem beteken? (1)
6.8 Hoe verskil Hendrik en Katrien in die manier waarop hulle Willem hanteer? (2)
6.9 "Maar haar kop is by die trein." (Reël 17 en 18)
6.9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die feit dat Katrien die hele tyd aan die trein dink, sê vir ons dat sy
wens om (nie elke dag die treine te sien en te hoor nie/saam met
die trein weg te kan gaan). (1)
6.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.9.1. (1)
6.10 Waarom was dit reg van Katrien om Willem daaraan te herinner om sy pa te
groet voordat hy skool toe gaan? (1)
6.11 Hendrik was jaloers op sy vrou en dit het probleme veroorsaak.
Wat sou jy anders gedoen het as jy Hendrik was? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
DOMINEE: Omdat ons in sonde ontvange en gebore is, is ons horende doof en siende
blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie. Die verlossende
genade is tot ons beskikking, maar ons maak nie daarvan gebruik nie. Ons kyk dit mis.
Ons stel nie daarin belang nie. Maar, liewe gemeente, ek sê vanmôre vir u – God is
'n toornige god. Hy laat nie met hom spot nie. Dié van ons wat hardkoppig sy genade 5
en sy belofte van verlossing bly verwerp, vir ons bly daar nog net die vuur en die swael
van sy toorn oor. Vir dié van ons wat kyk en nie sien nie, bly daar nog net – (Die nar
kom by die voordeur in. Hy probeer so saggies en onsigbaar moontlik al teen die muur
langs insluip. Hy gaan sit in die heel agterste bank.) Vir dié van ons wat sy verlossende
genade nie wil – vir dié van ons – (Maar die dominee het nou heeltemal sy draad 10
verloor. Hy staan vir die nar en kyk. Die nar sit uitdrukkingloos en plegtig voor hom en
uitstaar. Een gemeentelid kyk om; twee ander kyk om; nog ses of sewe kyk. Die
dominee kyk na die ouderlingbank.) Broer, asseblief. (Niemand roer nie.) Broer
Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die dominee.) Verwyder
asseblief vir ons die – grapmaker. 15
6.12 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer:
Willem het die nag op die stoep geslaap.
Hendrik en Katrien het oor die oorbelle baklei.
Die dominee het met Hendrik en Katrien gaan praat.
Hendrik en die polisie het gesien wat alles in die skuur was. (4)
6.13 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1)
6.14 In hierdie uittreksel is daar baie woorde wat skuinsgedruk en tussen hakies is.
6.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie skuinsgedrukte woorde is (agtergrondinligting/toneel-
aanwysings). (1)
6.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.14.1. (1)
6.15 "Maar die dominee het nou heeltemal sy draad verloor." (Reël 10 en 11)
Verduidelik die figuurlike betekenis hiervan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
6.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.16) neer.
Die dominee het vir Broer Bothma gevra om die nar uit die kerk te verwyder.
Hierdie optrede van die dominee spreek direk die tema van ... aan.
A verantwoordelikheid
B gesag
C onverdraagsaamheid
D respek (1)
6.17 Baie karakters in die drama het 'n invloed op die McDonalds se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.17.1 tot 6.17.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.17.1 Frans A ... het nie sy plig teenoor die McDonalds
nagekom nie.
6.17.2 Jan Mol
B ... het die verhouding tussen die
6.17.3 Dominee McDonalds en die dorpsmense probeer
herstel.
6.17.4 Sakkie
C ... het skinderstories oor die McDonalds
op die dorp vertel.
D ... het veroorsaak dat Willem ophou praat
het.
E ... was een van die redes waarom
Hendrik weer jaloers was.
(4 x 1) (4)
6.18 Hoe stel Broer Bothma vir jou 'n voorbeeld van iemand wat iets móét doen, al
weet hy nie of dit die regte ding is om te doen nie? (1)
6.19 Hoe slaag die dramaturg daarin om die dinge wat die dominee en die
gemeenskap verkeerd teenoor die McDonalds doen in die dominee se preek
uit te lig? (1)
6.20 Hendrik McDonald speel 'n belangrike rol in hierdie drama.
6.20.1 Wat doen Hendrik wat wys dat hy in beheer wou wees van sy
wêreld? (1)
6.20.2 Hoe het Willem en Manuel se vriendskap Hendrik se lewe
verander? (1)
6.21 Watter les leer jy by Manuel oor omgee vir ander? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
Ligte op. Die Lange Kloof. Buite voor FIELA se huis onder 'n boom. Ons hoor hoe die
kinders die volstruis aanja kamp toe. FIELA en SELLING op die verhoog.
FIELA: Kyk nou daar vir Benjamin, Selling! Al voor die volstruis uit, en ek het hom
uitdruklik gesê hy kan saamgaan as hy agter draf!
SELLING: Los die kind, Fiela, hy's nie een vir agter draf nie. Daardie perdekar is al 5
heelweek op en af hier in die Kloof. Vreemde kar.
FIELA: Smouse. Al hoe meer van die goed hier rond. As dit so aangaan, sal daar op
die ou end vir elke volstruisveer 'n koper wees. (FIELA lag skielik ingenome.) Sy's
mooi, Selling. Bietjie rankerig om die boude, lyk dit my, maar ons sal haar vet kry.
Wag maar. 10
SELLING: Dis nog te ver om te sê hoe sy lyk, vrou – die perdekar het lus vir uitdraai
hiernatoe.
FIELA: As dit smouse is en hulle wil velle en goed koop, sê jy reguit ons deel met
Rossinski.
SELLING: Daar's taamlik dasvelle wat klaar gebrei is. 15
FIELA: Goed, hulle kan dasvelle kry, maar nie vir onder die twee oulap 'n vel nie.
('n Valk skree skielik naby.) Maaifoerie se valk. Gister my mooiste kuiken gevang
toe ek my rug draai, nè? Vandag kan jy maar op 'n ander plek loop aas. Ek het
hulle toegemaak.
SELLING: Die kar draai op, Fiela. 20
7.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(7.1.1 tot 7.1.4) neer.
Die verhaal speel tussen twee families af: die Komoeties van die Lange Kloof
en die (7.1.1) ... aan die ander kant van die berg. Benjamin is Fiela se
(7.1.2) ... kind. Fiela het hom vir ongeveer (7.1.3) ... jaar grootgemaak. Die
twee manne in die perdekar kom van (7.1.4) ... af om die mense te tel. Hulle
gaan later probleme in die drama veroorsaak. (4)
7.2 In watter spesifieke ruimte in die Lange Kloof speel hierdie uittreksel af? (1)
7.3 Waarom was Fiela vies vir Benjamin wat so voor die volstruis gehardloop
het? (1)
7.4 Noem EEN verskil tussen Fiela en Selling wat duidelik uit die teks na vore
kom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
7.5 Lees reël 7 en 8.
7.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit is vreemd dat Fiela kla oor die baie smouse, omdat meer
smouse 'n (positiewe/negatiewe) impak vir haar gesin sou inhou. (1)
7.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.5.1. (1)
7.6 Wie is die "sy" na wie Fiela in reël 8 verwys? (1)
7.7 "Maaifoerie se valk. Gister my mooiste kuiken gevang toe ek my rug draai,
nè?" (Reël 17 en 18)
Verduidelik wat die figuurlike betekenis van die valk in hierdie uittreksel is as
jy in gedagte hou wat volgende met Benjamin gaan gebeur. (1)
7.8 In hierdie uittreksel gebeur daar baie dinge op Fiela se plaas.
7.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Daar is 'n gevoel van (vrees en ongelukkigheid/opgewondenheid
en afwagting) op die plaas. (1)
7.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.8.1. (1)
7.9 Hoe slaag die dramaturg daarin om jou as leser nuuskierig te maak oor die
perdekar wat in die omgewing rondry? (1)
7.10 Baie mense het geglo dat dit verkeerd was van Fiela om 'n wit kind in haar
huis te hê.
Waarom was dit reg van Fiela om Benjamin te hou en as haar eie groot te
maak? (1)
7.11 Waarom kan Fiela gesien word as 'n voorbeeld van iemand wat vir haar gesin
gesorg het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
Toneel in Bos. LUKAS is nou so 19; NINA 17. LUKAS en NINA kom op verhoog.
LUKAS (op band): Die boswagter het kom sê dat hy vir Nina werk op die dorp gekry
het vir vier sjielings die week en kos en klere daarby, en nou moet ek vir haar tot
by Diepwalle by die hardepad neem waar die boswagter haar sal kom kry.
LUKAS: Nina, loop 'n bietjie stadiger. 5
NINA: Hou jou bek!
LUKAS: Jy sal sien, dis lekker op die dorp. Dink net, vier sjielings 'n week en wat jy
alles vir jou daarmee kan koop! Jy gaan baie geld hê.
NINA: Hou jou bek!
LUKAS: Ek weet nie vir wat jy my moet loop en uitskel nie, ek het jou niks gemaak nie. 10
NINA: Julle kan almal hel toe loop!
LUKAS: Jy's dom. Ek woon liewerster sewehonderd keer weg uit hierdie bos uit waar
daar ten minste bloute en son bo my kop is.
NINA: Ek is nie ander se kinderoppasser nie.
LUKAS: Dis beter as balke werk. 15
NINA: En die geld is nie myne nie, dis Pa s'n. (Gekraak in die Bos. Olifantgeluide.
Bome wat gebreek word. Lukas skrik; NINA verstar tot waaksaamheid. Ge-kok-kok-
kok van loerie. NINA fluister met haar mond teen sy oor.) As hulle hierdie kant toe
kom, klim die witels daar anderkant en hou vas. Ek sal hardloop. ...
7.12 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer.
Benjamin het probeer wegloop.
Die magistraat het Benjamin Bos toe gestuur.
Fiela het Benjamin se goed vir hom Bos toe gevat.
Die bosvrou het gesê Benjamin is Lukas van Rooyen. (4)
7.13 Kyk na Lukas se woorde: ʹʹten minste bloute en son bo my kop is.ʹʹ (Reël 13)
7.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1)
7.13.2 Watter emosie van Lukas wou die dramaturg met hierdie woorde
oordra? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
7.14 Terwyl Nina in die dorp gewerk het, het sy weggeloop. Lukas moes haar gaan
soek.
Watter gevolg het Nina se wegloop vir Lukas gehad? (1)
7.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.15) neer.
Nina is hier in konflik met Lukas omdat ...
A hy haar hardhandig hanteer het.
B hy Elias se opdragte uitgevoer het.
C sy niemand op die dorp geken het nie.
D sy nie van die boswagter gehou het nie. (1)
7.16 Nina het uiteindelik die werk geniet wat die boswagter vir haar gekry het.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
7.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.17) neer.
Nina moes in die dorp gaan werk. Dit raak die tema van ... aan omdat sy nie
self oor haar geld kon besluit nie.
A swak huislike omstandighede
B omgee vir 'n mens se ouers
C uitbuiting van kinders
D armoede in die Bos (1)
7.18 Lukas het geweet dat Nina nie in die dorp wou gaan werk nie, maar het
steeds probeer om haar moed in te praat.
Wat sou jy anders gedoen het as jy in Lukas se posisie was? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
7.19 Baie karakters in die drama het 'n invloed op Lukas/Benjamin se lewe gehad.
Kies die invloed uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (7.19.1 tot 7.19.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.19.1 Dawid en Tollie A ... het seker gemaak dat Lukas van
sy broer se dood gehoor het.
7.19.2 Petrus Zondag
B ... het vir Lukas die kans gegee om
7.19.3 Kaliel September sy droom te bewaarheid om op die
see te werk.
7.19.4 John Benn
C ... het vir Lukas 'n heenkome buite
die Bos gebied.
D ... het vir Benjamin leer somme
maak.
E ... het vir Benjamin leer lees en
skryf.
(4 x 1) (4)
7.20 Benjamin Komoetie is die hoofkarakter in die drama.
7.20.1 Hoe weet ons dat Benjamin se kinderlewe (by Fiela) gelukkig was? (1)
7.20.2 Toe Benjamin as kind by Fiela weggevat is, was dit nie goed vir
hom nie.
Verduidelik hoe hierdie verandering later vir Benjamin as
grootmens 'n goeie ding was. (1)
7.21 Wat leer jy by Benjamin oor die hantering van moeilike situasies in jou lewe? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 8: SPIEËLBEELDE
8.1 ''TWO-STEP IN DIE MOEDERSTAD'' – Mioné du Toit
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
... Daardie dag – die mooipraat met die handelaar, die gekibbel, die vinnig
somme maak oor waar die verkoopsbelasting die prys sou heenjaag, die
skelmpies styf mekaar se hande vasdruk in angs en vreugde dat die kas hulle
s'n moet word – waar is die blyheid heen?
By die musiekhandelaar staan sy eenkant en kyk hoe hy sy spesiale 5
kitaarsnare uitsoek. Dit moet die Konzertsaiten uit Oostenryk wees. Verlede
jaar nog, was hierdie inkoop so feestelik; toe hulle die winkel uitstap met die
spesiale snare wat hulle nêrens in die Noorde kry nie, het hy haar buite die
winkel om die lyf gegryp en byna na die motor gesleep. Reguit strand toe,
waar hy die kitaar besnaar en vir haar liefdesliedjies gesing het. Hy betaal 10
belangeloos en druk die klein pakkie in haar skouersak.
''Nou na jou ou boekwinkel, nè?'' Sy stap maar saam na die bekende
winkel. ... maar waar is die sneeu van voorverlede jaar? ... Die geliefde rakke
lyk oes en onopwindend. Sy vroetel pligshalwe. Kry 'n baie mooi twee-volume
Knight-uitgawe van The Works of William Shakespeare. Pragtige gravures. 15
Die kredietkaartprosedure duur lank. Die ou antiekwaar is teensinnig vir die
moderniteit en sukkel.
Buite is dit grys en bewolk. 'n Misreëntjie het begin neerstuif. Uit gewoonte
maak sy seker dat die waardevolle boeke nie nat word nie.
8.1.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die
ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs
die vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer.
Die ryk man en sy vrou, (a) ..., het op 'n reënerige dag deur die
strate van die Moederstad gestap. By die antiekwinkel het die vrou
haarself in die (b) ... gesien en besef hoe ongelukkig sy lyk. In 'n
dwarsstraatjie het hulle 'n ander man en vrou gesien wat vrolik in
die reën (c) ... en gedans het. Hierdie man en vrou het later onder
die (d) ... se stoep gaan sit en drink. (4)
8.1.2 Waarom was die man en vrou wat so vrolik gedans het nie vas op
hulle voete nie? (1)
8.1.3 Dit was altyd lekker vir die ryk paartjie om oral rond te loop en by
die verskillende winkeltjies in te gaan.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie keer was dit anders, want die man en vrou (was
haastig/het nie regtig belanggestel nie). (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.3(a). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
8.1.4 Baie dinge in die ryk mense se lewens het verander.
Kies die optrede uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(8.1.4(a) tot 8.1.4(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Hulle het 'n buffet soos hulle A Die geliefde rakke het nie soos
eie in die antiekwinkel gesien. altyd die vrou se aandag getrek
nie.
(b) Die man het die nuwe
kitaarsnare in sy vrou se B Die sterre het nie die hartseer
skouersak gesit. minder gemaak nie.
(c) Die vrou het deur die boeke in C Die ou blyheid dat hulle iets
die boekwinkel gekyk omdat sy spesiaals kon koop, was weg.
gevoel het sy moes dit doen.
D Hulle het nie daarvan gehou
(d) Hulle het op die lekker stoele in dat hulle reënjasse nat word
die planetarium gesit. nie.
E Die musiek het stil geword.
(4 x 1) (4)
8.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.5) neer.
Die ware rede vir die twee paartjies se hartseer word nie direk
genoem nie.
Waarom is hierdie 'n geslaagde tegniek?
A Dit keer dat die leser verveeld raak.
B Dit maak die storie korter.
C Dit laat die leser oor en oor lees om na die rede te soek.
D Dit is 'n moderne skryftegniek. (1)
8.1.6 Geld is een groot verskil tussen die twee paartjies in hierdie
kortverhaal.
Verduidelik waarom ons so kan sê. (2)
8.1.7 Waarom kan ons sê dat die arm paartjie 'n voorbeeld was van
mense wat die seerkry van die lewe beter kan hanteer as die ryk
paartjie? (1)
8.1.8 Wat sou jy anders as die ryk mense gedoen het om groot hartseer
in jou lewe te hanteer? (1)
8.1.9 Waarom is die gebruik van Kaapse Afrikaans in hierdie kortverhaal
gepas? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
8.2 '' 'N HULPELOSE SAMARITAAN'' – TT Cloete
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
Hans is verslae. Hy verduidelik dat hy goed wou doen aan 'n ellendeling,
dat hy nie 'n keuse gehad het nie.
''Hoeveel skape is doodgebyt?'' vra Hans.
''Weet jy wat gebeur as dom, uitgevrete dorpshonde onder skape begin jag
maak? Soos rooikatte het jou honde hulle doodgebyt en laat lê, en party net 5
moeg gehardloop en laat vrek van vermoeienis en spanning. Dit was 'n
katastrofe.''
Hans voel hy is sonder verdere argument aan die verloorkant, vas. Het hy
dan iets verkeerds gedoen? Hy weet nie wat nie.
''Ek sal betaal as dit is soos jy sê. Ek kom môre na jou plaas toe en dan 10
bekyk ons die saak, beduie my net waar jy woon.''
''Natuurlik sal jy betaal.'' Die man is aggressief, brutaal.
Byna het hy die groot vraag vergeet.
''Waar is my honde nou?''
''Wat verwag jy? Doodgeskiet. En jy skuld my duisende rande.'' 15
Hans verduidelik weer die omstandighede, meer vir homself as vir die
skaapboer ... van die ou man wat van die fiets geval het ...
''Kan jy my darem nie vir my honde vergoed en dit aftrek van wat jy van my
eis nie? En kan ons nie die verantwoordelikheid vir die beseerde man op 'n
manier saam dra en die totale skade min of meer verdeel nie? Ek bedoel, my 20
honde, jou skape ...''
8.2.1 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer.
Hans kon nie sy honde kry nie.
Hans het die beseerde ou man hospitaal toe gevat.
Hans het 'n berig oor sy vermiste honde in die koerant geplaas.
Hans het teruggaan na die plek toe waar sy honde agtergebly
het. (4)
8.2.2 (a) In watter spesifieke ruimte speel hierdie uittreksel af? (1)
(b) Wie is die ''ellendeling'' van wie Hans in reël 1 praat? (1)
8.2.3 ''Soos rooikatte het jou honde hulle doodgebyt en laat lê, ...''
(Reël 5)
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie reël is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). (1)
(b) Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
8.2.4 ''Byna het hy die groot vraag vergeet.'' (Reël 13)
Wat is die ''groot vraag''? (1)
8.2.5 Hans het iemand in nood probeer help sonder om geld daarvoor te
vra. Wat was die direkte gevolg hiervan vir Hans? (1)
8.2.6 Nadat die ou man by die hospitaal behandel is, het Hans hom by
sy huis gaan aflaai.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
8.2.7 Lees reëls 18 tot 20.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Uit hierdie reëls kan ons aflei dat Hans gedink het die boer
was (redelik/onredelik) om te verwag dat Hans hom vir sy
skape moes betaal. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.7(a). (1)
8.2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.8) neer.
Die universele tema van ... kom duidelik in hierdie kortverhaal na
vore.
A mense wat ander mense boelie
B goeie dade wat nie erken word nie
C verkeerde dade wat weggepraat word
D mense wat drink en dan in die moeilikheid beland (1)
8.2.9 Hoe slaag die skrywer daarin om die leser nie baie simpatiek te
laat voel teenoor die ou man wat van die fiets afgeval het nie? (1)
8.2.10 Hans is die hoofkarakter in hierdie kortverhaal.
(a) Beskryf Hans soos ons hom aan die begin van die
kortverhaal leer ken. Noem EEN eienskap van hom. (1)
(b) Hoe, dink jy, het Hans se siening om mense te help,
verander ná sy gesprek met die boer? (1)
8.2.11 Wat leer jy by die newekarakters in hierdie verhaal oor die aard
van die mens? (1)
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 ''DIE HEKS VAN HEXRIVIER'' – Philip Nel
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
DIE HEKS VAN HEXRIVIER – Philip Nel
1 Toe die Hexrivier se heide teen die berghange blom
2 het 'n Hugenote-meisie van Drakenstein gekom.
3 Die lig in haar oë het die jonkmans betower
4 maar net een kon dit regkry om haar hart te verower.
5 Elize, o Elize, met die lieflike oë
6 jou hart sou jy gee vir die rooi orgidee.
7 Elize, o Elize, jy't jou liefde belowe
8 aan hom wat die blom van die berghang sou bring.
9 Toe hy opklim teen die kranse na die rooi orgidee
10 het sy lankal besluit om haar liefde te gee
11 maar sy voet het gegly en onder op rotse
12 met 'n disa in sy hand is sy liggaam gekry.
13 As newels in die maanlig om die rotswande vou
14 staan daar bo die afgrond 'n eensame vrou
15 en saam met winde wat huil deur die klowe
16 roep sy na hom want haar hart was belowe.
17 Elize, o Elize, met die lieflike oë
18 jou hart wou jy gee vir die rooi orgidee.
9.1.1 VOLTOOI die volgende paragraaf korrek deur 'n woord(e) uit die
gedig te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(9.1.1(a) tot 9.1.1(d)) neer.
Die Hugenote-meisie, (a) ..., het al die jong mans se harte gesteel.
Sy het haar liefde belowe aan die man wat vir haar die rooi orgidee
of (b) ... sou bring. Hierdie blom het hoog teen 'n (c) ... gegroei.
Een jong man het die blom vir die meisie gaan haal, maar sy (d) ...
het gegly en hy het na sy dood geval. (4)
9.1.2 In watter deel van ons land het hierdie gebeure volgens die gedig
afgespeel? (1)
9.1.3 Skryf VYF OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 1 neer om te
verduidelik waarmee die meisie die jonkmans so betower het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
9.1.4 Watter tipe rym kry ons in strofe 1? (1)
9.1.5 Die jong man op wie die meisie verlief was, het sy lewe vir haar
gewaag.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die jong man se poging om die blom vir die meisie te kry,
was (suksesvol/onsuksesvol). (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.1.5(a) deur EEN
versreël aan te haal. (1)
9.1.6 Skryf EEN woord uit strofe 3 neer wat vir ons sê dat die meisie al
besluit het om haar liefde vir die man te gee nog voordat hy die
blom gaan haal het. (1)
9.1.7 Waar het die mense die jong man se liggaam gekry? (1)
9.1.8 Benoem die beeldspraak in reël 13. (1)
9.1.9 ''en saam met winde wat huil deur die klowe'' (Reël 15)
Waarom is hierdie beeldspraak so gepas binne die konteks van
hierdie strofe? (1)
9.1.10 Waaruit kan ons aflei dat die meisie regtig lief was vir die jong
man? (1)
9.1.11 ''jou hart sou jy gee vir die rooi orgidee.'' (Reël 6)
''jou hart wou jy gee vir die rooi orgidee.'' (Reël 18)
In hierdie twee reëls plaas die digter klem op ''sou'' (reël 6) en
''wou'' (reël 18). Wat wil die digter hiermee vir die leser sê? (2)
9.1.12 Watter les oor manipulering leer jy uit hierdie gedig? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
9.2 ''HANSWORS'' – SJ Pretorius
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
HANSWORS – SJ Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel,
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.
5 Tussen die diere in 'n hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 ''Met klere wat gedurig gaar is,
8 wat doen die vent met sy salaris?''
9 Hy't maandeliks by die poskantoor
10 'n brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 ''Sou daar tog êrens iemand wees?''
13 En daardie ewige reuk van drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater vir die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.
23 Toe het 'n brief gekom eendag ...
24 Hy't oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl die boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: ''Dankie my kind ...''
9.2.1 Die hanswors het baie pyn verduur.
(a) Watter fisiese pyn het die hanswors ervaar? (1)
(b) Watter emosionele pyn het die hanswors ervaar? (1)
9.2.2 Die hanswors het baie van sy geld gebruik om klere te koop.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
9.2.3 ''Sou daar tog êrens iemand wees?'' (Reël 12)
Wat suggereer hierdie vraag oor wat die sirkusmense van die
hanswors dink? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
9.2.4 Verwys na strofe 4.
Hoe het die ander sirkusmense se idee van die hanswors verskil
van die baas se idee van hom? (2)
9.2.5 In watter spesifieke ruimte het die hanswors vir die ander mense
gaan wegkruip? (1)
9.2.6 ''dat almal skater vir die wonder,'' (Reël 20)
Waarna verwys hierdie wonder? (1)
9.2.7 Met watter dier word die hanswors vergelyk? (1)
9.2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.8) neer.
Die funksie van die ellips aan die einde van reël 23 is om aan te
dui ...
A dat die hanswors baie hartseer was.
B dat die ruimte daarna gaan verander.
C watter dinge die hanswors alles gaan doen.
D dat die hanswors met die vroutjie gaan praat. (1)
9.2.9 Noem TWEE dinge waaruit ons kan aflei dat die vroutjie na wie
daar in die laaste strofe verwys word, die hanswors se ma is. (2)
9.2.10 Kies die begrip uit KOLOM B wat by die verwysing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(9.2.10(a) tot 9.2.10(c)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Reëls 17 tot 19 A Alliterasie
(b) ''Toe het 'n brief gekom eendag B Klanknabootsing
...''
C Inversie
(c) ''sag, sterwend''
D Bou momentum op
(3 x 1) (3)
9.2.11 Waarom is die gebruik van die direkte rede in die laaste strofe
effektief? (1)
9.2.12 Die hanswors se lewe is 'n goeie voorbeeld van ironie.
Waarom laat hierdie ironie jou jammer voel vir die hanswors? (2)
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo
%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Memorandum