SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
MEI/JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye en 4 rubrieke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)



%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2024, 22 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 649.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC June Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF (Klagtebrief)
VRAAG 2.3 HULDEBLYK
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit ook met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste vaardigheidsvlak.
5. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van
'n skryfstuk gebruik.
6. VRAAG 1.6 – 1.8
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens moet deur alle provinsies gebruik word:
VERDUIDELIKING SIMBOLE/TEKENS BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde:
- Standaardafrikaans bly die
norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies ✓ (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)
3. • Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
bv. KNAP hoog.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
Inhoud en Beplanning.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering
sowel as Struktuur gevolg.
• In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
Dis 'n hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
IB Knap (K) + 22 IBF Gemiddeld (G) 9
TSR Uitsonderlik (U) - 13 TSR Elementêr (E) 5
S Knap (K) 4 TOTAAL: 14
TOTAAL: 39
AFDELING C Kode Punt
IBF Gemiddeld (G) 7
TSR Elementêr (E) 3
TOTAAL: 10
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: OPSTEL
1.1 EK HET MY SELFOON VERLOOR!
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse dat hy/sy
sy/haar selfoon verloor het.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe
hy/sy gevoel het toe hy/sy die selfoon verloor het.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 DIÉ PERSOON SAL EK ALTYD ONTHOU
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n
persoon wat hy/sy altyd sal onthou.
o Verhalende opstel: Hier kan die kandidaat ook vertel van 'n episode/situasie/
gebeurtenis waarby 'n persoon betrokke was wat gemaak het dat die kandidaat
hierdie persoon altyd sal onthou.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die redes
waarom hy/sy 'n spesifieke persoon altyd sal onthou.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 EK WENS ...
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van dinge
waarvoor hy/sy wens/nie wens nie. Die kandidaat kan ook vertel van iets wat
gebeur het en dan aan die einde eers sê dat hy/sy wens dat dit nie gebeur het
nie/anders was.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse
waarvoor hy/sy wens.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die hele
gedagte van wens/hoe jou lewe anders sou wees as wense waar sou word.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
1.4 EK HET DIE REG OM TE SÊ WAT EK WIL
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n
standpunt in, nl. dat hy/sy die reg het om te sê wat hy/sy wil en motiveer die
standpunt.
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
opstel of hy/sy die reg het om te sê wat hy/sy wil. Die kandidaat mag uiteindelik
'n standpunt inneem.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van 'n
insident(e) waar hy/sy gesê het wat hy/sy wou en wat die gevolge daarvan was.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n
insident(e) waar hy/sy gesê het wat hy/sy wou en wat die gevolge daarvan was.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die idee van
vryheid van spraak.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 HELPENDE HANDE
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van hoe
mense mekaar help.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n interessante wyse 'n
insident(e) wat hom/haar laat besef dat ons mekaar se hulp nodig het.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die waarde
van mense wat mekaar help.
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
opstel of hulp aan ander altyd net 'n goeie ding is. Die kandidaat mag uiteindelik
'n standpunt inneem.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer
dit by die prikkel aansluit.
• Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• 'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
1.6 PRENTJIE: MENS OP 'N ROTS
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: iemand wat tot bo geklim het; bergklim vir
ontspanning/as tydverdryf; goeie oefening; fisiese oorwinning/eerste gekom,
ens.
o Figuurlike interpretasie: 'n oorwinning na terugslae/uitdagings oorkom; die
persoon sien homself as 'n wenner; my rots in die lewe; prestasie/sukses;
ekstase; ek het my doel bereik, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.7 PRENTJIE: BOS SLEUTELS
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: 'n bos sleutels; ons moet deesdae alles toesluit;
verskillende sleutels; hou jou sleutels bymekaar, ens.
o Figuurlike interpretasie: sleutels maak deure vir jou oop/ontsluit jou toekoms;
die sleutels na jou hart; ons kruip weg agter geslote deure; my hande is afgekap
sonder my sleutels; dit is wat die lewe geword het om veilig te bly, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.8 PRENTJIE: TWEE JONGMENSE MET 'N BALLON IN DIE VORM VAN 'N
HARTJIE
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word, byvoorbeeld:
o Letterlike interpretasie: jong liefde; danskompetisie; liefde; verrassing; 'n
spesiale oomblik/funksie, ens.
o Figuurlike interpretasie: liefde oorwin alles; ou liefde roes nie; geloof, hoop,
liefde; my hart klop in my keel; bloeiende harte; liefdessimbole, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouma om te vertel van die
werk wat die kandidaat gekry het en waarom hy/sy so gelukkig is daaroor.
KENMERKE
• Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om te vertel van die nuwe
werk, hoe die kandidaat daaroor voel en hoekom.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die informele brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit.
• 'n Gepaste groet.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2024.
Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of
nie.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
• Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou kleinkind/kleinseun/
kleindogter en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing, bv. Jou kleinkind/kleinseun/kleindogter voor die
briefskrywer se naam is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer met die ouma wil gesels oor die werk wat hy/sy gekry het
en dat hy/sy baie gelukkig is daaroor.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
vertel in detail van die werk en die redes waarom hy/sy gelukkig is.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik, dog hoflik.
• Die toon is vriendelik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2 FORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n klagtebrief aan die bestuurder van die supermark
waarin hy/sy kla oor dinge by die supermark waarvan hy/sy nie hou nie.
KENMERKE
• Die formele brief se formaat is herkenbaar.
• Die aanslag is formeel.
• Die doel van hierdie formele brief is om te kla oor dinge waarvan die
kandidaat nie by die supermark hou nie.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die formele brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die kern van die brief handel oor dinge by die supermark waarvan die
kandidaat nie hou nie.
• Die inhoud van die brief moet die fokus/kern ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee en dit sluit
aan by die feit dat sekere dinge by die supermark die kandidaat pla.
• Gepaste detail brei die idees uit.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees, daar moet twee adresse wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2024.
Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
• 'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger s'n
oopgelaat.
• 'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
brief oopgelaat.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.
• Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.
• Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken.
Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
• Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.
• Die hoedanigheid van die briefskrywer word onder die handtekening
uitgeskryf.
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die bestuurder van die
supermark word as ''u/jy'' aangespreek.
• Die toon is saaklik, bekommerd.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3 HULDEBLYK
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir 'n onderwyser wat jare lank ekstra klasse
in Afrikaans by sy/haar huis aangebied het en nou aftree.
KENMERKE
• Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is formeel en waarderend.
• Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die onderwyser se
lewe te vereer en die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te
lig.
• Die waardering moet in die verlede tyd geskryf word en die goeie wense
in die teenwoordige of toekomende tyd.
• Die mense wat die afskeidsfunksie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die
onderwyser kry.
• Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit:
o Bekendstelling van die onderwyser
o Oorsig oor die jare wat hy/sy ekstra klasse aangebied het
o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy baie leerders gehelp het
o Waardering vir die onderwyser se bydrae oor die jare
o Die onderwyser word voorspoed toegewens
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet
ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee
die rede vir die samekoms.
• Paragraaf 2
Die volgende besonderhede van die onderwyser kan gegee word: naam
en van, jare diens en oorsig oor sy/haar bydrae tot onderwys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Paragraaf 3 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en
staaltjies van die onderwyser se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker wens die onderwyser hier of in die
slotparagraaf voorspoed toe met sy/haar aftrede.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die onderwyser se
bydrae oor die jare. Die spreker moet die onderwyser hier of in een van die
ander paragrawe voorspoed toewens.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is formeel, dog vriendelik en waarderend.
• Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die huldeblyk vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma oor die
kandidaat se plan om sy/haar eie blyplek te kry.
KENMERKE
• Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
• Die aanslag is informeel, dog hoflik.
• Die doel van die dialoog is om te gesels oor die kandidaat se plan om
sy/haar eie blyplek te kry, terwyl die ma nie baie van die idee hou nie.
• Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.
• Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
o Wat die kandidaat se plan is
o Hoekom die kandidaat sy/haar eie blyplek wil kry
o Die kandidaat se ma se opinie oor die saak
o Die besluit waartoe die kandidaat en sy/haar ma kom
• Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word.
FORMAAT
• Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan
die linkerkantlyn.
• Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.
• Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.
• Spreekbeurte is in blokvorm.
• Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.
• Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde
geskryf, waar dit toepaslik is. Dit word nie met hoofletters geskryf nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon getuig van eerlikheid en openhartigheid.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat hierdie dialoog vereis.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne word korrek en/of funksioneel gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
teks.
o Vermy slordige taal, sleng en sms-taal. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT
FOKUS
Die kandidaat ontwerp 'n plakkaat om sy/haar dienste om mense se inkopies
te doen en af te lewer, te adverteer.
KENMERKE
• Die plakkaat het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is oorredend/manipulerend.
• Die doel van hierdie plakkaat is om mense te oorreed om die kandidaat se
dienste te gebruik.
• Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat nie self hulle inkopies
kan/wil doen nie.
• Die nodige inligting word in die plakkaat gegee.
• Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
• Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en
lettergroottes.
o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
o Hierdie plakkaat moet 'n begeerte by die leser wek om die kandidaat
se dienste te gebruik.
o As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die
kandidaat se dienste gebruik. Die plakkaat moet hierdie aksie
vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te
verskaf.
• Die plakkaat behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die plakkaat moet die fokus ondersteun.
• Die volgende inligting behoort in die plakkaat gegee te word:
o Wie is die teikengroep?
o Wie lewer die diens?
o Wat sluit die dienste in?
o Wanneer is die dienste beskikbaar?
o Hoeveel kos die dienste?
o Kontakbesonderhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Die plakkaat moet die indruk van 'n advertensie skep.
• Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik.
• Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
• Geen omslagtige paragrawe nie.
• Inligting kan puntsgewys gegee word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
van goeie woordeskat.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinsbou is funksioneel.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy met sy/haar
ouers praat om 'n goeie vriend en sy/haar gesin/familie te help.
• EEN inskrywing die aand vóór die kandidaat met die ouers gesels.
• EEN inskrywing die aand nádat die kandidaat vir die ouers gevra het om
die vriend se gesin/familie te help.
KENMERKE
• Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en
korrek moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om
persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.
• Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die
kandidaat se gevoelens/gedagtes voor- en nadat die kandidaat met die
ouers oor sy/haar maat se situasie gesels het.
• Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef is, word beskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
• Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is persoonlik: bekommerd/verlig/ontsteld/dankbaar/teleurgesteld,
ens.
• Die persoon skryf vir hom-/haarself.
• Die styl is informeel.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
en emosies met min woorde te beskryf.
• Beskrywende woorde word fyn gekies.
• Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinsbou is funksioneel.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.
LET WEL:
Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel
geassesseer word. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Jy gee vir jou vriende instruksies oor wat om te doen om te verseker dat die
partytjie ʹn sukses sal wees.
KENMERKE
• Hierdie instruksies het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel en informatief.
• Die doel van hierdie instruksies is om raad/advies/leiding te gee.
• Die instruksies se doel is om te verduidelik wat gedoen moet word.
• Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• In hierdie instruksies kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
stelsinne afgewissel word.
• Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.
• 'n Reeks verskillende idees word gegee.
• Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.
FORMAAT
• Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs
as sinne geskryf word.
• LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die
instruksies puntsgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is verduidelikend/instruktief.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Instruksies word in die teenwoordige tyd geskryf.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of ''Jy moet ...'' of
''Onthou om ...''
o Sinne word korrek gebou.
o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename.
o Lydende vorm mag gebruik word.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
Respons en idees en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks konteks
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie -Taal onverstaanbaar
konteks van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk
Woordkeuse indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om
Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte
punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat
grammatika en spelling
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie
gekonstrueer effens sin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
beplanning, doel, gehoor, -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
kenmerke, konvensies kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie
en konteks soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
-Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
18 PUNTE fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie
en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies, akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
woordkeuse, punktuasie en gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die
verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
vir beplanning, doel, -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
gehoor, kenmerke, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie
konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
12 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees ondersteun onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute
formaat begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor
woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie
doel en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
konvensies, gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
woordkeuse, punktuasie -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
-Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
8 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Question paper