You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 12202316 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10) AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4, en 5) (40) 2. Lees AL die instruksies deeglik deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 50 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: ARTIKEL Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A BAKEN VAN HOOP 1 Dis ʼn verhaal wat ʼn mens inspireer – ʼn skool op die Kaapse Vlakte wat twaalf jaar gelede as ‘disfunksioneel’ beskou is, maar deesdae ʼn baken van hoop in ʼn 5 arm gemeenskap is. Omdat die gemeenskap swak sosio- ekonomiese omstandighede het, word kinders by West End primêr in Lentegeur, Mitchells 10 Plain, van skoolgeld vrygestel. 2 Omdat die hoof ʼn visie gehad het en die onderwysers baie ekstra gedoen het, is die skool in 2022 gekies as een van die top tien skole in die wêreld wat moeilike omstandighede oorkom het. 3 Dis nie ʼn klein prestasie nie. Meer as 300 000 skole het ingeskryf vir hierdie 15 nuwe kompetisie, wat deur T4-Education aangebied word. Hier is die beste skole in die wêreld in vyf verskillende kategorieë aangewys. 4 West End primêr het sy deure in 1982 as die 22ste skool van 85 skole in Mitchells Plain oopgemaak. Teen 2010 was daar min of meer 1 100 leerders. Ten spyte van die baie uitdagings het dit oor die jare presteerders 20 op verskillende gebiede gehad – selfs ʼn NASA-wetenskaplike. 5 In 2010 is dit disfunksioneel verklaar omdat daar bakleiery onder ʼn klein groepie onderwysers was wat senior onderwysposte by die skool wou hê. 6 Mnr. Clive Arries het in dieselfde jaar skoolhoof geword. Die skool se finansies was so sleg dat hy selfs papier by ander skole moes ‘leen’ sodat 25 die leerders eksamen kon skryf. Die skoolterrein het ook soos sandduine by die see gelyk. 7 Al was daar ʼn donker skadu oor die skool, was die gemeenskap steeds lojaal teenoor die skool omdat die meeste onderwysers net hul werk wou doen. 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 8 Mnr. Arries het besef dat die onderwysers die belangrikste hulpbron is en hy het hulle begin inspireer. Hy sê: “Aan die einde van die dag het die kreatiwiteit en harde werk van my kollegas die disfunksionele skool in ’n top skool verander.” Deesdae wil mense weet of West End ʼn privaatskool is omdat dit so netjies is. Teen die heining is ʼn bord vasgesit wat sê: “Hierdie 35 is ʼn gemorsvrye skool,” en dit word streng toegepas. 9 Die skool het hard gewerk en fondse is ingesamel. Hiermee is vier addisionele klaskamers en ʼn rekenaarklas gebou. Die ou personeelkamer is in ʼn mediasentrum verander. Die nuwe personeelkamer word selfs deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir funksies gebruik. Dit word 40 naweke ook vir byvoorbeeld troues en verjaarsdae uitverhuur. 10 Daar is ook begin om die leerders op verskillende maniere buite die klas te stimuleer. Hulle word elke jaar na twee nuwe en vreemde plekke geneem waar hulle nog nie was nie. Só leer hulle die 45 Wes-Kaap ken. Onderwysers neem hulle saam om te gaan stap, berg te klim en selfs te snorkel. Hulle kan toneelspeel, in ʼn koor sing, kuns neem 50 en kodeer. 11 Daar word ook baie vir die gemeenskap gedoen. Van die programme wat aangebied word, is Grandparent Appreciation Day waar oumas en oupas ʼn maaltyd kry. Hulle kry ook ʼn gratis oogtoets en ʼn gratis bril in samewerking met ʼn gekwalifiseerde oogkundige. 55 12 Die Loukmaan en Emo Adams Show, ʼn konsertfees wat jaarliks oor 3 dae strek, word deur die skool aangebied. 13 Daar is ook individue en besighede wat al ʼn ruk lank die skool help. Read2Rise bied jaarliks die Cape Flats Book Festival by die skool aan. 14 Die afgelope paar jaar was daar geen ernstige dissiplinêre probleme by die 60 skool nie. “Ons het sommer op ʼn Saterdagoggend ʼn vergadering met die ouers as leerders se gedrag verswak,” sê mnr. Arries. Hy glo ook aan tweede kanse en sê hy kan sien dat leerders dit waardeer. Hulle sukses kan ook in hul uitslae gesien word en die slaagsyfer verbeter elke jaar. 15 Daar word ook nie opgehou droom nie. Vanaf hierdie jaar gaan West End 65 primêr saam met Wellington vaardigheidskool werk sodat leerders ook ander vakke en vaardighede (skills) kan leer. Leerders met leergestremdhede sal die nodige hulp kry. Maatskaplike ondersteuning sal ook beskikbaar wees. 16 Mnr. Arries voel ʼn gemeenskap se omstandighede hoef nie ʼn skool se 70 toekoms te bepaal nie. “Ons is die kaptein van ons eie skip. Elkeen van ons leerders verdien om die beste te kry.” [Saamgestel en verwerk uit Kuier, 19 Januarie 2023] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5 LET WEL: • Beantwoord AL die vrae. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 Waar is die West End primêre skool geleë? (1) 1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en antwoord neer. Die kinders word van skoolgeld vrygestel. Dit beteken (hulle betaal glad nie skoolfooie nie/hulle betaal min skoolfooie). (1) 1.3 Watter prestasie het West End primêre skool in 2022 behaal? (1) 1.4 Gee ʼn voorbeeld van moeilike omstandighede waarmee die skool gekonfronteer is. (Paragraaf 1) (1) 1.5 Wanneer, dink jy, is ʼn skool disfunksioneel? (1) 1.6 Teen 2010 was daar min of meer 1 100 leerders. Motiveer waarom hierdie stelling ʼn MENING is. (1) 1.7 Haal SES OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 5 aan om die volgende stelling as ONWAAR te bewys. In 2010 was daar baie bakleiery onder die kinders. (1) 1.8 Kies die korrekte datum uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.8.1 tot 1.8.4) neer, byvoorbeeld 1.8.5 F. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 Mnr. Arries word skoolhoof A 2010 1.8.2 West End primêr se eerste jaar B 2023 1.8.3 Die skool presteer C 1982 1.8.4 Die skool werk saam met D 2022 Wellington vaardigheidskool E 2020 (4 x 1) (4) 1.9 Noem TWEE probleme wat mnr. Arries gehad het toe hy by die skool aangestel is. Gebruik jou eie woorde. (Paragraaf 6) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.10 Al was daar ʼn donker skadu oor die skool was die gemeenskap steeds lojaal. (Paragraaf 7) 1.10.1 Word die onderstreepte gedeelte KONNOTATIEF of DENOTATIEF gebruik? (1) 1.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1. (1) 1.11 Hoekom, dink jy, is dit tot die skool se voordeel dat daar sulke goeie samewerking tussen West End primêr en die gemeenskap in Lentegeur is? (1) 1.12 Wat het die onderwysers gedoen om van die skool ’n modelskool te maak? Noem TWEE feite. (2) 1.13 West End primêr kan as ʼn goeie voorbeeld vir ander disfunksionele skole voorgehou word. Motiveer die stelling. (1) 1.14 Noem EEN positiewe verandering wat oor die jare aan die skoolgebou aangebring is. (1) 1.15 Read2Rise bied jaarliks die Cape Flats Book Festival by die skool aan. Waaroor gaan hierdie fees? (1) 1.16 “Leerders met leergestremdhede sal die nodige hulp kry.” (Paragraaf 15) Waarom is dit belangrik dat leerders wat akademies sukkel ekstra hulp moet ontvang? Gee TWEE moontlike redes. (2) 1.17 Watter les kan ander skoolhoofde in Suid-Afrika by mnr. Arries leer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7 TEKS B: VISUELE TEKS [Bron: https://rb.gy/tjam8y] 1.18 Watter produk het die tweede hoogste styging in prys gewys gedurende die periode wat gemeet is? (1) 1.19 Watter produk het die minste in daardie tyd opgegaan? (1) 1.20 In watter maand toon lemoene ʼn besonder hoë prysstyging? (1) 1.21 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Verbruikers wat geld wil bespaar, sal (bruinbrood/witbrood) koop. (1) 1.22 Hoekom word daar van prentjies in hierdie visuele teks gebruik gemaak? (1) 1.23 Suid-Afrikaners word moedeloos met die skerp stygings in kospryse. Dink jy hulle het rede om moedeloos te voel? Motiveer jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: OPSOMMING Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit. VRAAG 2 Jy wil graag minder krities teenoor jouself wees. • Skryf die SEWE maniere hoe om SELFKRITIEK TE BEHEER, puntsgewys neer. • Nommer die feite van 1 tot 7. • Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. • Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE. • Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C BEHEER SELFKRITIEK Ons móét oor ons lewe dink, maar onnodige selfkritiek breek jou selfbeeld af en kan selfs tot depressie lei. Die Kaapse sielkundige, Rosa Bredenkamp, sê jy het elke dag sowat 60 000 gedagtes en dus 60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of af te breek. Die Johannesburgse berader, Belinda Gruenbaum, sê jy moet jou binne- stemmetjie as ʼn vriend en nie ʼn vyand sien nie. Hier volg haar wenke. Baie mense gee nie om wat hulle sê nie. Jou familie en beste vriende gee jou baie raad. Aanvaar net positiewe raad en ignoreer die res. Wees voorbereid: leer ken jou innerlike kritikus sodat jy weet watter plek, tye of gebeure selfkritiek veroorsaak. As jy die patroon van negatiewe gedagtes ken, kan jy dit makliker beheer. Die oomblik dat jy bewus raak van negatiewe gedagtes behoort jy op iets anders te fokus. Negatiewe stellings soos: ‘Ek maak altyd droog’ of ‘Dit gebeur elke keer’ is nie goed vir jou gemoed nie. Vervang dit liefs met positiewe stellings soos: ‘As ek hard werk, kan ek slaag’. Wanneer jy voel dat jy deur ʼn situasie oorweldig word, is dit ʼn goeie idee om rasioneel na die situasie te kyk. Een manier om dít te doen, is om die bewyse, dat jy sal slaag of nie sal slaag nie, te vergelyk. Herinner jouself aan jou goeie eienskappe en wens jouself geluk as jy ʼn situasie of taak goed hanteer het. As jy nie jou binne-stemmetjie van negatiewe kritiek kan stilkry nie, oorweeg terapie. [Verwerk en aangepas uit Huisgenoot, 2 Junie 2022] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9 AFDELING C: TAALKONVENSIES EN -STRUKTURE VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. • Voer die instruksie by elke vraag uit. TEKS D [Bron: https://rb.gy/58chvu] 3.1 Wie is die teikenmark van hierdie advertensie? (1) 3.2 Watter verband is daar tussen die NAAM van die versekeringsmaatskappy, Paws24, en die INHOUD van die advertensie? (1) 3.3 Hoe verwys die adverteerder na die troeteldiere? Gee TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die teks as jou antwoord. (1) 3.4 “Neem die byt uit veeartsrekeninge” word FIGUURLIK gebruik. Motiveer hierdie stelling. (1) 3.5 Waarmee vergelyk die adverteerder Paws24-versekering? (1) 3.6 Watter dekking word deur al drie planne aangebied? (1) 3.7 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. As jou bankbalans beskerm word, word jou (diere/geld) beskerm. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.8 Gebruik die HOMONIEM van die onderstreepte woord in ʼn sin sodat die betekenis duidelik blyk. Net soos versekering mense beskerm, kan jou diere ook beskerm word. (1) 3.9 Is Paws24-troeteldierversekering net vir honde? Motiveer jou antwoord. (1) 3.10 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies. Skryf SLEGS die nommer en jou antwoord neer. Net soos (medies) versekering mense beskerm, beskerm troeteldier- versekering diere. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E [Bron: https://bit.ly/3ArOtSF] 4.1 Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE. Gebruik OF in jou antwoord. Het jy onlangs ʼn goeie boek gelees? Begin so: Mama Taxi vra vir haar suster … (1) 4.2 Verduidelik die funksie van die ellips in RAAMPIE 2. (1) 4.3 In RAAMPIE 1 tot 3 neem Mama Taxi aktief aan die gesprek deel, maar vanaf RAAMPIE 4 verander haar houding. Hoe wys die kunstenaar hierdie verandering visueel? (1) 4.4 Mama Taxi is ʼn woeste bestuurder. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.5 Identifiseer die HOOFWERKWOORD in die sin hieronder. Moet jy nie stadiger ry nie? (1) 4.6 Kyk weer na RAAMPIE 7. 4.6.1 Watter visuele teken is daar in RAAMPIE 7 dat Zandi baie bang en gestres is? (1) 4.6.2 Sou jy dieselfde as Zandi in RAAMPIE 7 reageer het? Motiveer jou antwoord. (1) 4.7 Hoe word die kleur van die robot in RAAMPIE 7 beklemtoon? (1) 4.8 Hoe dink jy verskil Mama Taxi en Zandi se opinies oor wat ʼn goeie boek is? Verwys na beide persone in jou antwoord. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer. • Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. • Opsetlike taalfoute kom voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. Lees die artikel en beantwoord die vrae. VRAAG 5.1 TEKS F: ARTIKEL SKOOL WAAR DIE LIGTE NIE WIL AFSKAKEL NIE ʼn Skool in Amerika se (5.1.1) (7 000) ligte brand al vir ʼn jaar en ʼn half lank dag en nag. (5.1.2) (Niemand kan dit afskakel nie.) ʼn (5.1.3) (Rekenaarfout) in Augustus 2021 het dit onmoontlik gemaak om die ligte by die Minnechaung Regional High School in Massachusetts af te skakel. Die (5.1.4) (begin) is dalk in sig. (5.1.5) Aaron Osborne, ʼn finansiesbeampte van die skool, sê: “Dit kos die belastingbetalers baie geld. Hy beraam die fout kos duisende dollar (5.1.6) (…) maand. (5.1.7) Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie, want die maatskappy is onder nuwe bestuur geplaas. Daar was ook ʼn probleem om die (5.1.8) (nodige) onderdele te bekom. Dié probleem is selfs op (5.1.9) (televisie) bespreek en het veral die aandag van die satiriese Saturday Night Live-televisieprogram getrek. Die (5.1.10) (aanbied) het gegrap: “Dit gaan goed met die skoliere, maar die klaskamer- hamster word mal.” (5.1.11) Onderwysers het gloeilampe in klaskamers verwyder. (5.1.12) Dit is ʼn poging (krag bespaar). Onderdele het uiteindelik opgedaag en ʼn ‘sagteware-oorskakeling’ is geskeduleer, maar dit gaan (5.1.13) (duur) wees om die krag af te skakel. Beamptes reken dit sal (5.1.14) (…) tussen R1,3 miljoen en R1,4 miljoen kos om die ligte te vervang. [Verwerk uit Maroela Media, 31 Januarie 2023] 5.1.1 Skryf die GETAL 7 000 uit as ʼn woord. (1) 5.1.2 Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD. Niemand kan dit afskakel nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.1.3 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE. ʼn (Rekenaarfout) in Augustus 2021 het dit onmoontlik gemaak om die ligte by die Minnechaung Regional High School af te skakel. (1) 5.1.4 Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies. Die (begin) is dalk in sig. (1) 5.1.5 Skryf die sin hieronder in die ONTKENNENDE VORM. Dit kos die belastingbetalers baie geld. (1) 5.1.6 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in. Hy beraam die fout kos duisende dollar … maand. (1) 5.1.7 Vervang die VOEGWOORD want met omdat en skryf die sin korrek oor. Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie, want die maatskappy is onder nuwe bestuur geplaas. (1) 5.1.8 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Daar was ook ʼn probleem om die (nodige) onderdele te bekom. (1) 5.1.9 Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies. Dié probleem is selfs op (televisie) bespreek. (1) 5.1.10 Vorm ʼn PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies. Die (aanbied) het gegrap: “Dit gaan goed met die skoliere, maar die klaskamer-hamster word mal.” (1) 5.1.11 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM. Onderwysers het gloeilampe in klaskamers verwyder. (1) 5.1.12 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF oor. Dit is ʼn poging (krag bespaar). (1) 5.1.13 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Onderdele het uiteindelik opgedaag, maar dit gaan (duur) wees om die krag af te skakel. (1) 5.1.14 Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Beamptes reken dit sal … tussen R1,3 miljoen en R1,4 miljoen kos om die ligte te vervang. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15 VRAAG 5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae. TEKS G [Bron: https://rb.gy/hpvj6q] 5.2.1 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die woord tussen hakies. Die (clown) het ʼn ballon in sy hand. (1) 5.2.2 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. Hy wil die toeskouers (welkom/verwelkom) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.2.3 Skryf die volgende sin oor en verbeter die WOORDORDE. Die kulkunstenaar het (vinnig)(ʼn haas)(vandag) uit sy hoed getrek. (1) 5.2.4 Vorm ʼn TEENWOORDIGE DEELWOORD van die werkwoord tussen hakies. Die mense klap hande vir die (spring) tier. (1) 5.2.5 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies. Die olifant balanseer homself op ʼn (bal). (1) 5.2.6 Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. Die (seeleeu/seeleu) wys vir die mense wat hy kan doen. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all