Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2023 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202319 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye wat drie rubrieke insluit.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) SKRYF EN AANBIED ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VRAAG 2.2 KOERANTARTIKEL VRAAG 2.3 E-POS VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK AFDELING C: VRAAG 3.1 WHATSAPP BOODSKAP VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWING VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien. 4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens die laagste kode geassesseer. 5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk gebruik word. 6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum woorde gebruik nie. 7. Visuele tekste: VRAAG 1.6–1.8 • Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit. • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer. • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. 8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn afsonderlike woord(e) binne die konteks van die sin nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde (…) → Hakies/pyltjie Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, [ Begin van nuwe sin lomp sin Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord nie-funksionele/vreemde woorde • Standaardafrikaans bly die norm. • Gebruiksafrikaans moet vermy word. • Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. • Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse streekswoorde/ streeksuitdrukkings. Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep onverstaanbaar Saamgeflans uit die O Omkring vraestel Punktuasie Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte). AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte). AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). 3. • Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP. • Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP Hoog. • Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning. • Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel. 5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt I/B Knap + 22 T/S/R Uitsonderlik – 13 S Knap 4 TOTAAL: 39 AFDELING B Kode Punt I/B/F Gemiddeld 10 T/S/R Elementêr 5 TOTAAL: 15 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT- assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 ANALISE VAN VRAESTEL AFDELING A: OPSTEL 1.1 Is Suid-Afrika nog die land om in te bly? • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse waarom hy/sy dink dat Suid-Afrika nog die land is om in te bly. Die kandidaat kan in sy/haar vertelling die klem laat val op die redes waarom hy/sy glo dat dit voordelig is om nog in Suid-Afrika te bly. Die kandidaat kan ook redes aanvoer oor waarom Suid-Afrika nie meer die land is om in te bly nie. Die kandidaat kan ook stories van verskillende mense vertel wat meen dat Suid-Afrika nog die land is om in te bly, al dan nie. ➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor hoekom hy/sy dink Suid-Afrika nog die land is om in te bly of dat dit nie meer die land is om in te bly nie. Die kandidaat kan ook bespiegel oor die redes waarom hy/sy meen dat Suid-Afrika nog die land is om in te bly. Die kandidaat oordink sy/haar siening van Suid-Afrika en waarom hy/sy vir of teen Suid-Afrika as ʼn land om in te bly is. ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat Suid-Afrika as ʼn land en watter aspekte van die land hom/haar laat dink dat Suid- Afrika nog ʼn land is om in te bly of dat Suid-Afrika nie meer ʼn land is om in te bly nie. Die kandidaat kan ook uitbrei oor die talle geleenthede wat die land bied, al dan nie. ➢ Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af standpunt in, nl. Ja, Suid-Afrika is nog die land om in te bly, of Nee, Suid-Afrika is nie meer die land om in te bly nie. Die kandidaat brei volledig uit oor die redes vir sy/haar keuse. Geldige punte moet gelig word om sy/haar argumente te staaf. • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.2 Dis waarom ek vandag hier is ... • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse waarom hy/sy vandag is waar hy/sy is. Daar kan uitgebrei word op die aanloop tot nou en die kandidaat kan gebeure en insidente beskryf wat hom/haar tot hier gebring het. Die kandidaat kan ook beskryf wie hom/haar gehelp het om te kom tot waar hy/sy vandag is. ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante, lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waarom hy/sy vandag hier is. Daar kan uitgebrei word oor wat als die kandidaat deurgemaak het asook watter gevoelens hy/sy ervaar oor hoe ver hy/sy gekom het. Die kandidaat kan uitbrei oor sy/haar skoolloopbaan, plek, beroep asook sy/haar gevoelens hieroor. ➢ Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat aan gebeurtenisse en insidente wat hom/haar tot hier gebring het. Die kandidaat bespiegel oor dit wat hom/haar gebring het tot waar hy/sy vandag is. Die kandidaat kan bespiegel oor sy/haar skoolloopbaan, beroep en ook die emosionele sy van waar hy/sy vandag is. • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.3 Beurtkrag is nou deel van ons daaglikse bestaan. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat waarom hy/sy dink dat beurtkrag nou deel is van ons daaglikse bestaan. Die kandidaat kan fokus op die redes waarom hy/sy so dink en wat hy/sy dink moontlike oplossings vir beurtkrag is. ➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor beurtkrag en die impak wat dit op ons daaglikse bestaan het. Die kandidaat kan uitbrei oor die nadele van beurtkrag en wat moontlik gedoen kan word om dit te voorkom of te laat afneem. ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse ʼn storie oor mense of iemand wat nadelig deur beurtkrag getref is en wat die gevolge daarvan was. Die kandidaat se fokus kan op meer as een insident wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7 ➢ Argumenterende opstel: Die kandidaat neem reg van die begin af standpunt in, naamlik: “Beurtkrag is deel van ons daagikse bestaan”, of “Beurtkrag is nie deel van ons daaglikse bestaan nie” en dat dit binnekort iets van die verlede gaan wees. Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt deur voorbeelde en statistieke te noem. Die kandidaat gee ook grondige redes vir sy/haar standpunt. • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.4 Ek gaan skool mis. • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse ʼn storie oor hoekom hy/sy sê dat hy/sy skool gaan mis. Die kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor als wat hy/sy van skool gaan mis. Die fokus is op talle staaltjies wat skool lekker gemaak het en hoekom skool gemis gaan word. ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse hoekom hy/sy skool gaan mis en wat dit is wat skool lekker gemaak het. Die kandidaat kan uitbrei oor al die aktiwiteite van skool en hoekom hy/sy dit gaan mis. ➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor watter rol skool in jongmense se lewens speel en wat als oor skool gemis kan word. • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.5 Waarheen na matriek? • Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige wyse wat hy/sy van plan is om na matriek te doen, bv. om verder te studeer, dalk oorsee te gaan, te gaan werk, ens. Die kandidaat kan ook uitbrei oor sy/haar onsekerheid oor wat na matriek gedoen sal word. ➢ Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die kandidaat op ʼn interessante wyse ʼn storie oor wat hy/sy van plan is om na matriek te doen of wat dalk na matriek sal gebeur. Die kandidaat kan in die vertelling uitbrei oor sy/haar planne na matriek. Die kandidaat kan ook oor sy/haar onsekerheid van ʼn matriek laat deurskemer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) ➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die kandidaat die rigting wat hy/sy na matriek kan inslaan. Die kandidaat kan ook bepeins oor die moontlikhede of geleenthede na matriek. In die opstel kan die kandidaat sy/haar onsekerheid oor wat na matriek volg, laat deurskemer. • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] VISUELE PRIKKELS • Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels vir ʼn verskeidenheid interpretasies oop is. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word. • Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word. • ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6. PRENTJIE: SPORT • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Letterlike interpretasie: ʼn Sportmal nasie. Die voordele en nadele van sport. Die kandidaat se gunstelingsport, ens. • Figuurlike interpretasie: ʼn Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.7 PRENTJIE: HAND MET GELD • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Letterlike interpretasie: Iemand wat baie geld verdien of dalk gewen het. Die voordele en nadele van geld. Suid-Afrika se geld – hoe dit lyk en wat daarop staan, ens. • Figuurlike interpretasie: “geld wat stom is maak reg wat krom is.” Die waarde van geld vir mense en wat mense alles vir geld sal doen. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9 1.8 PRENTJIE: MENSE WAT MEKAAR HELP • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied. • Letterlike interpretasie: Mense wat mekaar in moeilike tye help. Ons het mekaar nodig. Jy’t ander mense nodig om bo uit te kom/spanwerk. • Figuurlike interpretasie: ʼn Helpende hand. Hande uitstrek om ander te help, ens. • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 INFORMELE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf ʼn Informele Brief aan sy/haar vriend/vriendin om hom/haar in te lig oor hoe jy oor sy/haar gedrag en drinkery voel. Die kandidaat kan uitbrei oor die gevaar of nadele van sulke gedrag asook die moontlikheid van verslawing. KENMERKE • Die brief is informeel, dog vriendelik, maar terselfdertyd teleurstellend van aard. • Die taal en styl van die brief is informeel. • Die kandidaat spreek die vriend/vriendin direk aan. • In die brief moet die kandidaat die vriend/vriendin vertel hoe teleurgesteld hy/sy is in die vriend/vriendin se gedrag en drinkery. • Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die kandidaat en die vriend/vriendin pas. • Vermy slordige taal, slengwoorde en SMS-taal. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees: Leestekens • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum • Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word. • Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word. • Die datum word voluit geskryf: 28 September 2023. • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Verwys na bladsy 11. Die aanhef, afsluiting en slot • Aanhef: “Beste of Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf. • Groete/Liefdegroete kry ʼn punt aan die einde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11 Die paragrawe • ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat. • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer die vriend/vriendin sê hoe teleurstellend die vriend/vriendin se gedrag en drinkery was. • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer brei uit oor waarom hy/sy dink dat die vriend/vriendin se drinkery ʼn probleem is. • Die slotparagraaf moet die brief saamvat. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende Laan 10 Of Pleknaam Westdene Sewendelaan10 Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bladsy 121). Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. [30] 2.2 KOERANTARTIKEL FOKUS Die kandidaat skryf ʼn KOERANTARTIKEL oor die toename in vandalisme en inbrake in sy/haar gemeenskap. KENMERKE • Die koerantartikel se formaat is duidelik herkenbaar. • Die aanslag is formeel en saaklik en die perspektief is objektief. • Dit doel van hierdie teks is om die toenemende vandalisme en inbrake in die gemeenskap uit te lig en die publiek se aandag daarop te vestig. • Die titel vat die onderwerp saam. • Die koerantartikel word in die teenwoordige tyd geskryf. • Die koerantartikel word in die derde persoon geskryf. • Feite of inligting moet korrek wees. • Dit is kort en bondig. • Die toon is saaklik en informatief. • Die idees/inligting is logies, geloofwaardig en duidelik uiteengesit. • Net die nodigste detail word gebruik om die idees uit te brei. • Die grammatika en spelling geniet aandag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) FORMAAT • Die koerantartikel het ʼn titel wat ʼn aanduiding van die inhoud gee. • Die joernalis se naam volg na die onderwerp. • Die artikel kan in paragrawe of kolomme aangebied word. • Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Die daaropvolgende paragrawe brei daarop uit. • Die slotparagraaf vat die artikel saam. [30] 2.3 E-POS FOKUS Die kandidaat skryf ʼn E-POS om oor die 60 minute diens van Checkers te kla. KENMERKE • Die e-pos het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. • Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies. • Die onderwerp gee ʼn aanduiding van die e-pos se inhoud. • Die doel van die e-pos moet duidelik wees, nl. om oor die 60 minute diens te kla. • Die e-pos behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL • Die inhoud van die e-pos moet die fokus ondersteun. • Gepaste detail brei die idees uit, nl. die swak diens, die lang wag, ens. FORMAAT • Die e-pos het geen leestekens in die aanhef en slot nie. Elemente van die e-pos AAN Ontvanger se e-posadres AA/CC Die ontvangers vir wie se aandag die e-pos ook gestuur word. ONDERWERP Dit is ʼn opsomming van die inhoud van die e-pos. Dit moet kort en kragtig wees. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13 AANHEF, DOEL EN AFSLUITING • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel. • Die doel van die e-pos moet duidelik blyk. • Geen leestekens word na “Die uwe” in die slot gebruik nie. • Die skrywer van die e-pos kan sy/haar naam/voorletters en van gee. • Die kandidaat hoef nie die e-pos te onderteken nie. Die paragrawe • ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat. • Die inleidingsparagraaf stel die doel vir die e-pos duidelik, nl. dat die skrywer ontevrede met die 60 minute diens van Checkers is. • Die liggaam van die e-pos brei uit oor die ontevredenheid van die skrywer. • Die slotparagraaf moet die e-pos saamvat en treffend wees – die kandidaat spreek die vertroue uit dat iets oor die probleem gedoen sal word. Die taal en styl • Die taal en styl is formeel. • Die toon is informatief om die skrywer se klagte te ondersteun. • Goeie grammatika en woordkeuse geniet aandag. • Vermy sleng, afkortings, emotikons en ander informele terminologie. 2.4 INFORMELE TOESPRAAK FOKUS Die kandidaat lewer ʼn TOESPRAAK by die partytjie vir sy/haar ouers se 25ste huweliksherdenking. KENMERKE • Die informele toespraak het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek is. • Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet, gestel, nl. gelukwensing van die ouers. • Die doel van hierdie toepsraak is om die ouers geluk met hulle 25ste huweliksherdenking te wens. • Gepaste detail en staaltjies uit die ouers se 25 jaar van hul huwelik word uitgelig. • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 WHATSAPP BOODSKAP FOKUS Die kandidaat skryf ʼn kort teksboodskap aan sy/haar onderwyser waarin hy/sy verduidelik waarom hy/sy die ekstra Afrikaansklasse gemis het. KENMERKE • Die kort teksboodskap het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. • Die aanslag is informeel. SMS-taal word nie aanvaar nie. • Die doel van die teksboodskap moet duidelik wees, nl. om te verduidelik waarom hy/sy die ekstra Akrikaansklasse gemis het. • Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL • Die inhoud moet die fokus ondersteun. • Die inhoud is persoonlik van aard. • Die kandidaat se redes vir afwesigheid moet duidelik wees. • Gevoelens en gedagtes word beskryf. FORMAAT • Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf. • Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees. • Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan in die regterkantste hoek geskryf. TAAL EN STYL • Die toon is persoonlik. • Die styl is informeel. • Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf. • Beskrywende woorde word fyn gekies. • Die persoon skryf in die teenwoordige / toekomende tyd. • Vermy SMS-taal en afkortings. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWING FOKUS Die kandidaat doen TWEE dagboekinskrywings oor die dag voor en die dag na die dissiplinêre komitee se verhoor. ➢ EEN inskrywing oor die dag voor die dissiplinêre verhoor. ➢ EEN inskrywing oor die dag na die dissiplinêre verhoor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15 KENMERKE • Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se ervaring toe hy/sy voor die dissiplinêre verhoor moet verskyn. • Gevoelens/ervarings word beskryf. • Die dagboek word in die eerste persoon geskryf. • Die inhoud ondersteun die kandidaat se gevoelens en ervarings tydens sy/haar verhoor. • Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun. FORMAAT • Die kandidaat moet TWEE inskrywings maak. • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/ of datum hê wat boaan geskryf word. • Dis nie nodig om Liewe Dagboek te skryf nie. • Skryf kort en bondig en fokus net op die nodige gedagtes en gevoelens. • Die styl kan informeel wees. • Die uiteensetting van die inskrywing mag in paragraafvorm wees. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die kandidaat gee SEWE (7) instruksies oor hoe om ʼn goeie vriend/in te wees. KENMERKE • Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word. • Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om ʼn goeie vriend te wees. • Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik en informatief wees. FORMAAT • Die uiteensetting mag soos volg aangebied word: ➢ Puntsgewys ➢ Reëls moet tussen-in oopgelaat word. ➢ Ander aanduiders soos koeëlpunte kan gebruik word. ➢ Paragraafvorm • Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê. • Die instruksies moet in volsinne aangebied word. • Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. Die instruksies kan met JY ... /Ek ..., ens. begin. TAAL EN STYL ➢ Die toon is verduidelikend. ➢ Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik. ➢ Die grammatika en spelling geniet aandag. ➢ Die kandidaat moet met die gebruik van min woorde inligting kan gee. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant. bo verwagting. vaardigheid. samehangend en respons. - Idees deurmekaar (Respons en idees) Organisering van - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend. - Idees onduidelik, nie en nie op volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie. Hoë vlak idees vir beplanning; onderwerp Bewustheid van leser tot nadenke. en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie. doel, gehoor en - Uitsonderlike volwassenheid. insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang. herhalend. samehang, goed en samevatting/slot. - Geen organisasie insluitend inleiding, samehangend, nie en is 30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend. samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot. 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 - Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant. ooreenstemming van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant, onduidelikheid. - Idees begin los met onderwerp te - Idees intelligent en interessant. - Idees redelik staan en kan wees nie. Lae vlak volwasse. - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees. - Heeltemal - Knap organisasie en samehangend, oortuigend. - Skaars ’n bewys irrelevant en samehang, insluitend insluitend inleiding, - ’n Mate van van organisasie ontoepaslik. inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang. - Deurmekaar en samevatting/slot. samevatting/slot. samehang, geen fokus nie. insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar. Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register, woordeskat is geskik en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks styl en Hoë vlak vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie. woordeskat konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas indrukwekkend gepaste toon word dra. basies. vir doel, gehoor Woordkeuse; - Toon retories treffend gebruik. - Toon is gepas. - Toon en en konteks. Taalgebruik en en effektief. - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so konvensies, - Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik. beperk dat dit punktuasie, spelling feitlik foutvry. foutvry. te versterk. - Baie beperkte onmoontlik is grammatika, spelling - Knap gedaan. - Baie goed gedoen. woordeskat. om sin te maak. 13 10 7 4 15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende. retories effektief. algemeen effektief. word opgemerk. - Weinig indien enige Lae vlak - Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid. spelling feitlik foutvry. effektief. gepas en beperkte - Woordeskat baie - Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk. gedaan. grammatika en middele. spelling. - Goed gedoen. STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 - Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel. geldig. punte ontbreek. Paragraafontwikkeling onderwerp. details. - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en - Uitsonderlike detail. - Samehangend goed gekonstrueer. paragrawe foutief. paragrawe foutief. en sinskonstruksie - Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie uitsonderlik paragrawe logies effens sin. sin. sin nie. 5 PUNTE gekonstrueer. en toon variasie. VERSPREIDING VAN - PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van verwagting. kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die - Idees intelligent en van die soort teks. kenmerke van die die soort teks soort teks nie Respons en idees; volwasse. - Behou fokus – geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie. - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking. beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings - Geen samehang in gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail en konteks fokus. wat die onderwerp in inhoud en idees nie. ondersteun die - Samehang in ondersteun. - Sommige detail - Min detail onderwerp. inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van 18 PUNTE - Idees behoorlik onbeduidende foute. onderwerp. onderwerp formaat nie uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie. wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg ondersteun. enkele foute. toegepas - Gepaste en - Kritiese foute akkurate formaat. begaan. TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en hoogs geskik gehoor en konteks. gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks. nie. en konteks. die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; - Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward Woordkeuse; akkuraat en gekonstrueer. woordeskat etlike foute. - Woordeskat nie Punktuasie en spelling goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie gekonstrueer. woordeskat betekenis nie. woordeskat - Betekenis ernstig 12 PUNTE - Feitlik foutloos. - Oorwegend - Betekenis belemmer. foutloos. belemmer. VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 19 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van - Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die Respons en idees; volwasse. van die soort teks. soort teks. die soort teks soort teks nie - Grondige kennis van - Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik Organisering van afwyking nie. nie – enkele afwykings fokus, maar met met groot afwyking idees; kenmerke van die soort teks. - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings - Geen samehang in Kenmerke/konvensies - Skryfwerk behou fokus. en idees; baie goed inhoud en idees - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie en konteks uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail - Samehang in inhoud die onderwerp ondersteun die nie ondersteun die en idees. 12 PUNTE ondersteun. onderwerp. - Min detail onderwerp - Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van uitgebrei met detail onbeduidende foute. gepas, maar met enkele onderwerp formaat nie toegepas wat die onderwerp foute. - Nodige reëls van nie ondersteun. formaat vaagweg - Gepaste en akkurate toegepas formaat. - Kritiese foute begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel, woordeskat geskik vir en konteks. konteks. - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute konteks nie Taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en - Feitlik foutloos goed gekonstrueer. - Foute belemmer nie onakkuraat met verward konvensies - Baie goeie woordeskat. betekenis nie etlike foute - Woordeskat nie Woordkeuse; - Basiese woordeskat geskik vir doel nie - Oorwegend foutloos. Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer - Betekenis ernstig 8 PUNTE belemmer VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all