Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 1220236 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2023, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2023 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 11. Moenie in potlood skryf nie. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in VRAAG 1.1–1.8.  Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. By VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8 moet jy jou eie titel gee. Jou opstel moet met die prent verband hou. 1.1 Dit was 'n lekker vakansie [50] 1.2 My gunsteling televisieprogram(me) [50] 1.3 As my skoolskoene kon praat ... [50] 1.4 Vriende sal jou altyd help [50] 1.5 Tyd [50] 1.6 [Bron: www.shutterstock.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2023 NSS 1.7 [Bron: Die Burger, 31 Desember 2022] [50] 1.8 [Bron: jpg] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Jy sien op Facebook dat jou beste maat baie keer lelike dinge van ander mense sê. Jy is bang dat jou maat in die moeilikheid gaan beland. Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou maat en praat met hom/haar hieroor. [30] 2.2 E-POS Jy wil by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) aansoek doen om verder te gaan studeer. Skryf 'n E-POS aan die registrateur van die universiteit. Doen navraag oor alles wat jy graag wil weet omtrent die kursus waarin jy belangstel en die registrasieproses. [30] 2.3 NOTULE VAN VERGADERING Jy is die voorsitter van die komitee van leerders wat die afskeid moet reël van onderwysers wat julle skool gaan verlaat. Julle het 'n vergadering gehou om reëlings vir die afskeid te bespreek. Hieronder volg die AGENDA van hierdie vergadering. Skryf nou die NOTULE van die vergadering. AGENDA vir vergadering van die AFSKEIDSKOMITEE 1. Opening en verwelkoming 2. Presensielys 3. Vorige notule 4. Sake uit vorige notule 5. Nuwe sake: 5.1 Plek vir die afskeid 5.2 Tema vir die afskeid 5.3 Finansies 5.4 Wie doen wat 6. Algemeen 7. Afsluiting [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK Jy is 'n suksesvolle gebruiker van TikTok wat mense positief beïnvloed. Die skoolhoof wil graag hê jy moet die ander leerders motiveer om 'n verskil te maak. Hy het jou gevra om met die leerders oor die volgende onderwerp te praat: Ek wil 'n verskil maak ... My pad na TikTok-sukses! Skryf jou INFORMELE TOESPRAAK neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Julle klas wil hamburgers en vetkoeke by die skool verkoop om geld in te samel vir 'n Kersfeesete vir die oumense in julle gemeenskap. Jy is verantwoordelik vir die advertensie. Jy moet ook noem waarom dit so belangrik is om die oumense te help. Ontwerp die ADVERTENSIE. [20] 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) Jy het in julle skoolkoerant gelees dat twee van julle skool se leerders R5 000 in 'n leeskompetisie gewen het. Die redakteur van die skoolkoerant wil weet wat jý van hierdie storie dink. Skryf jou KORT TEKSBOODSKAP neer. [20] 3.3 RIGTINGAANWYSINGS Jou vriende wat op 'n ander dorp woon, kom by jou kuier. Gee vir hulle duidelike rigtingaanwysings hoe om van die garage buite jou dorp tot by jou huis te kom. Noem 'n paar straatname en bakens. Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys, onder mekaar en in volsinne neer. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all